SSPN Test Site

Blog

  • Junior Bok training squad kicks off preparations

    Junior Bok training squad kicks off preparations

    The Junior Springbok training squad kicked off their preparations for the World Rugby U20 Championship on a solid note on Monday with a jam-packed training day in Stellenbosch after getting together on Sunday.

    The squad, in the absence of players from the Vodacom Super Rugby franchises, Springbok Sevens squad and FNB Varsity Cup presented by Steinhoff International, started the two-week training camp with an early morning conditioning session before taking to the field for two skills sessions.

    They will complete the day’s training with a split session in which the forwards and backs will each have a late-afternoon gym and field session.

    Curwin Bosch and Benhard Janse van Rensburg are on Vodacom Super Rugby duty with the Cell C Sharks, while Zain Davids and Stedman Gans are in North America with the Blitzboks, where they won the HSBC Las Vegas Sevens in the early hours of Monday morning (SA time).

    Wikus Groenewald, Kwenzo Blose, Boan Venter, Ernst van Rhyn, Reinhard Nothnagel, Eduan Lubbe, Len Massyn, Manie Libbok, Wandisile Simelane, Manuel Rass and Gianni Lombard, meanwhile, will join the squad on Tuesday due to Varsity Cup commitments.

    The various Varsity Cup players will return to their teams again on Thursday afternoon, while the two Vodacom Super Rugby players will remain with the Cell C Sharks for the duration of the camp.

    Junior Springbok coach Chean Roux was pleased to get the preparations for the World Rugby U20 Championships underway and said the focus this week would be on assessing the players and putting their structures in place for the international spectacle.

    “We had a great start to the camp,” said Roux.

    “We pushed the players hard at training and they have reacted positively, which is very pleasing.

    “The main objective at this camp is to assess the state of the players physically and mentally because this is the first time we work with some of them. We need to lay the foundation now so that the players can improve in the required areas as quickly as possible.”

    Meanwhile, the venues and times for the team’s warm-up matches on their tour to the central unions from 26 March to 9 April were confirmed on Monday.

    They will face the Down Touch Griffons at the HT Pelatona Projects stadium in Welkom at 15h00 on Friday, 31 March, Tafel Lager Griquas in Kimberley at 18h00 on Wednesday, 5 April, and the Toyota Free State Cheetahs at 15h00 at Shimla Park in Bloemfontein on Saturday, 8 April.

    The Junior Springboks will play two further warm-up matches, against the Varsity Cup Dream Team on Tuesday, 25 April, and DHL Western Province on Tuesday, 9 May, in Stellenbosch during their third training camp, which runs from 18 April to 12 May. They will conclude their preparations for the tournament with a holding camp in Stellenbosch from 21 to 25 May.

    Issued by SA Rugby Communications

  • Fichies bo-baas teen Wesvalia op Clover Sportdag

    Fichies bo-baas teen Wesvalia op Clover Sportdag

    NewsG FichiesSportdagDie Hoërskool Fichardtpark se eerstespan het soos altyd in die hoofwedstryd van sy skool se jaarlikse Clover Sportdag gesorg dat die dag met feeslike rugby afgesluit word. Fichies het hulle kragmeting teen Wesvalia met 18-13 gewen. Die besoekers het met lemoentyd ‘n skrale voorsprong van 8-7 geniet. 

    Fichardtpark se afrigter Dirkie Groenewald het egter nie sy span in hul dop in die tweede helfte laat kruip nie. Fichies het steeds aanskoulike rugby probeer speel en hart gewys. Fichies se buksie-vleuel, Ronaldo Davids, het ‘n hele paar keer ondanks sy klein postuur onder groter spelers ingeseil en hulle in hul spore gestuit. 

    Fichies se rooikop skrumskakel, Andrew Fischer, het hope durf getoon. Hy het ook deurgans vra aan die besoekers se verdediging gevra. Hy het ook in die wedstryd gewys dat sy taktiese skopwerk van agter die oond dalk een van sy span se sterkpunte vanjaar kan wees. Fischer het ook sy span se rekening met ‘n drie geopen na ‘n goeie lopie deur die regtervleuel, Jannes de Jager.

    Sy skakelmaat, Jevan Botes, het verlede jaar al gewys dat hy oor ‘n geleerde skopskoen besit. Hy het vroeg in die hoofwedstryd reeds ‘n waarskuwing aan die besoekers gerig toe hy ‘n strafdoel van ongeveer 55 meter net links van die pale verby gejaag het. Hy het later in die wedstryd met ‘n strafdoel vanaf die middellyn geslaag om seker te maak dat sy span as oorwinnaars van die veld sal stap.

    Fichies se flank Estian de Klerk het deurgans hard gewerk. Hy was veral op verdediging goud werd vir sy span. 

    Wesvalia se aanslag in die wedstryd is ‘n knou toegedien toe sy losskakel, Johan Smit, met ‘n draagbaar na ‘n botsing met Fichies se binnesenter, Kobus Duvenhage, van die veld gedra is. Smit was die planmaker vir Wesvalia agterlangs hoewel die span van Klerksdorp se krag voorlangs gele het.   

    Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad het sy kragmeting op die grootste skole sportdag in Suid-Afrika met 14-3 oor Duineveld van Upington geseevier. Rooiskool het rustyd ‘n voorsprong van 7-3 geniet. 

    Daar was nie veel tussen die twee spanne te kies nie en dit was Rooiskool se vleuel Jaco Theron was met ‘n uitstekende lopie die aanvoorwerk vir die senter Wicus Buitendag se beslissende drie gedoen het, wat op die ou einde die verskil tussen die twee spanne was. 

    Velties het sonder sy haastige vleuel Sebastiaan Job gespeel wat die Junior Blitsbokke in Windhoek gehelp het om as kampioen van die Capricorn Group-toernooi gekroon te word. Duineveld se heelagter, Connie Conradie, het elke keer wat hy die bal ontvang het probleme vir die wenspan se verdedigers veroorsaak. Hy het met feitlik al sy aanvalle vanuit die laaste vesting oor die voordeellyn gekom. 

    Velties se agtsteman, Lourenco van der Merwe, het die veld volgespeel. Sy possisionele spel was van hoogstaande gehalte, terwyl hy ook die bal goed gedra het. Rooiskool se haker, Valie Wiggins, het drie vaskoppe in die skrums vir sy span verseker. 

    Puntemakers: 

    Fichardtpark 18 (7) – Drieë: Andrew Fischer, Stefan Pretorius. Doelskop: Jevan Botes. Strafdoele: Botes (2). Wesvalia 13 (8) – Drieë: Anton Fuller, Marnus Swart. Strafdoel: Justin Basson. 

    AHS Kroonstad 14 (7) – Drieë: Andre Grant, Wicus Buitendag. Doelskoppe: Chappies van der Walt (2). Duineveld 3 (3) – Strafdoel: Connie Conradie. 

  • Junior Blitsbokke kampioene in Windhoek

    Junior Blitsbokke kampioene in Windhoek

    NewsG JuniorBlitsbokkeDie Suid-Afrikaanse o.18-sewesspan het alle teenstand voor hom weggevee tydens die Capricorn Group-toernooi (vir o.19-spanne) wat die naweek in Windhoek, Namibië. Die Junior Blitsbokke het Namibië in die eindstryd van die toernooi op Windhoek Gimnasium se nuwe kunsmatige veld met 45-0 gekarnuffel. 

    Buiten die Junior Blitsbokke en Namibië het Zambië, SA All Stars, Botswana en Duitsland ook aan die toernooi deelgeneem. Die SA All Stars het seker gemaak dat die Suid-Afrikaners skoonskip maak deur Duitsland met 35-7 in die Plaat-eindstryd te klop. 

    Die Junior Blitsbokke het Namibië in hul groepwedstryd met 35-24 geklop. In die eindstryd was daar egter net een span op die veld. Die Blitsbokke het ook die All Stars (21-0), Botswana (58-0), Zambië (61-0) en Duitsland (48-0) uit die pad gestamp oppad na die titel. 

    Die Junior Blitsbokke is die verdedigende Statebond Jeugspele-kampioene. Vanjaar se Statebond-Jeugspele vind van 19 tot 23 Julie in die Bahamas plaas.

    Die Capricorn Group-toernooi was deur die bekende promotor Willem Strauss georganiseer. Die toernooi is op die eerste rugbyveld van kunsmatige gras in Afrika speel. Wat die toernooi ook absoluut uniek maak is die feit dat dit die inhuldiging sal wees van die eerste kunsmatige rugbyveld in Afrika. Die veld is soortgelyk aan die Engelse rugbyklub Saracens se kunsmatige oppervlak van hul tuisveld Allianz-park.

    “Die toernooi sal vir junior sewes spelers in Afrika ‘n baan skep na hul nasionale sewes spanne en wie weet, dalk kan dit die begin wees van ‘n aantal toekomstige Olimpiese spelers se loopbane,” het Strauss gese. Strauss het ook bygevoeg dat die toernooi beplan word om jaarliks plaas te vind en dat daar meer internasionale spanne in die toekoms genooi sal word.

    Die SA o.18-sewesspan was:

    Phedulani Buthelezi, Senele Nohamba (albei Durban High School), Janco van Heyningen, Rikus Pretorius, Henk Cilliers (almal Grey-kollege), Mark Snyman (Helpmekaar), Andrew Kota (Welkom Gimnasium), Muzi Nyakane (Ben Vorster), Angelo Davids (Stellenberg), Ruben Beytell (EG Jansen), Henco Martins (Paarl Gimnasium), Marnus Potgieter (Affies), Sebastiaan Jobb (Duineveld),

  • Menlopark bo in opwindende Tuks-stryd

    Menlopark bo in opwindende Tuks-stryd

    NewsG MarcelMombersMenlopark se eerste rugby span het sy aanslag in vanjaar se Tuks-reeks met naelskraapse sege van 40-36 in die opwindendste van die wedstryde in die openingsronde van die kompetisie oor Transvalia afgeskop. Die span van Pretoria se kantman Enrique Grobler het twee van sy span se ses drieë in die wedstryd gedruk.

    Transvalia is self ‘n span wat vanjaar nie ligtelik opgeneem kan word nie. Die span van Vanderbijlpark het in sy eerste wedstryd van die seisoen vir HTS Middelburg met 18-10 geklop. 

    Florida het sy aanslag ook op ‘n positiewe noot begin deur Hoërskool Klerksdorp met 33-19 kaf te draf. Klerksdorp het met die omdraaislag nog ‘n voorsprong van 12-5 geniet. 

    Vir die verloorspan het sy flank Leonard Moolman was sy span se beste speler op die dag. Die vaskopstut, Dirkie Kotze, kan ook meer as tevrede met sy vertoning voel. 

    EG Jansen van Boksburg het nie veel probleme ondervind om die Hoërskool Rustenburg met 38-7 te troef nie. Die span se losskakel, Dylan Schwartz, het nie net die span se gereelde losskakel Ruben Beytell se tokse volgestaan nie, het het sommer self 18 punte tot die sege bygedra. 

    Schwartz het in Beytell se afwesigheid twee keer agter die doellyn gaan kuier en ook vier van sy span se drieë verdoel. Beytell was Saterdag vir die Junior Blitsbokke in Windhoek in aksie.

    Eldoraigne sal tevrede voel met hul bonuspunt-sege van 26-10 oor die Hoërskool Pietersburg in sy eerste wedstryd van die seisoen. 

    Puntemakers: 

    Menlopark 40 – Drieë: Enrique Grobler (2), Marcel Mombers, Wikus Janse van Rensburg, Justin Sadie, Barnard van der Linde. Doelskoppe: Werner Nel (5). Transvalia 36 – Drieë: Reinhardt Marx (2), Reinhardt Nel (2), Brendon Nortje, Mpho Ntsane. Doelskoppe: JP Pieterse (4).

    Florida 33 (5) – Driee: Swanepoel (2), Coetzee, Van Louw, Benningfield. Doelskoppe: Swanepoel (4). Hoërskool Klerksdorp 19 (12) – Drieë: Phillip Kruger, HJ Jooste, Dieter Janse van Rensburg. Doelskoppe: Jooste (2). 

    EG Jansen 38 – Drieë: Dylan Schwartz (2), Dylan Engelbrecht, Janus Swanepoel, Wesley Noeth, Dian Coetzee. Doelskoppe: Schwartz (4). Hoërskool Rustenburg 7

    Eldoraigne 26 – Drieë: Riaan Vorster, Erik Calitz, Marcel Venter, Reynard Heymans. Doelskoppe: Calitz (3). Hoërskool Pietersburg 10 – Drie: Heinrich Schoeman. Doelskop: Martin Austen. Strafdoel: Austen.

    Ander spanne: 

    o.16: Menlopark 37, Transvalia 25; Klerksdorp 80, Florida 0; EG Jansen 36, Rustenburg 19; Pietersburg 58, Eldoraigne 0.

    o.15: Transvalia 29, Menlopark 27; Florida 24, Klerksdorp 22; EG Jansen 36, Rustenburg 26; Eldoraigne 29, Pietersburg 10. 

    o.14: Menlopark 27, Transvalia 12; Florida 31, Klerksdorp 14; Rustenburg 24, EG Jansen 10; Pietersburg 55, Eldoraigne 0.

  • School Rugby Results – 4 March 2017

    The 2017 school rugby season is officially underway. The biggest annual sports day in South Africa, the Fichardtpark Clover Sports Day, was held on Saturday in Bloemfontein. The first round of the Tuks Series was also played with the highlight of the first round being the match between Menlopark and Transvalia.

    Menlopark of Pretoria came out on top in a thrilling encounter with 40-36. Transvalia is definitely not a team to take lightly this year as they kicked of their season a week ago with a 18-10 victory over HTS Middelburg in a friendly match.

    Fichardtpark Clover Sports Day

    Fichardtpark 18 Wesvalia 13
    Noord-Kaap 17 Louis Botha 13
    Welkom Gimnasium 21 Jim Fouche 12
    AHS Kroonstad 14 Duineveld 3
    Marlow Landbou 24 Upington HS 9
    Landboudal 12 Hentie Cilliers 10
    Hendrik Potgieter 19 De Aar 18
    Sand du Plessis 19 Aliwal-Noord 12
    Brandfort Hennenman
    Zastron Retief (Kestell)
    President Steyn Ficksburg
    Riebeeckstad Middelburg

    Tuks Series

    Menlopark 40 Transvalia 36
    EG Jansen 38 Rustenburg 7
    Florida 33 Klerksdorp 19
    Eldoraigne 26 Pietersburg 10

    NWU-Pukke Prestige Series

           
           
           
           

    NWU-Pukke 16

    Pionier 35 Ferrum 10
    Stoffberg 35 Delmas 5
    Volksrust 15 Piet Retief 14
    Pretoria-Noord 37 Oosterland 12
           
           

    NWU-Pukke Sport Series

    Linden 26 Hans Moore 7
    Die Wilgers 30 Dinamika 10
    Tuine 23 Brandwag (Benoni) 5
           

     

    Friendlies

    Potchefstroom Gimnasium 20 Vereeniging Gimnasium 19
    Waterkloof 67 Montana 7
    Merensky 16 Ellisras 14
    Bothaville 26 Hoerskool Bloemfontein 12
    Steelcrest 40 Barberton 24
    Hugenote (SpringS) 27 Die Anker 10
           
           
           
           
  • Vryburg – 2017

    Results

    Vryburg 59,  Wolmaransstad 8

    Players: Leonard Grobbelaar, Hanu Heyns, RA Pretorius, Ryno Pienaar, Ryan Erasmus, Chris Cloete, Kobus Vermaak, Heinrich Jankowitz, Ridley Krieger, Obakeng Banda, JP Esterhuizen, Reinier Pienaar, MC van Rensburg, Andre Engelbrecht, JG Roux, Jurian Scholtz, Shaun Muller, Du Toit van Staden. 

    Coaches: Gerrie Coetzee and Herman Dames. 

  • Noord-Kaap – 2017

    Noord-Kaap – 2017

    Results 

    Noord-Kaap 82 Klerksdorp 0
    Noord-Kaap 17 Louis Botha 13
    Noord-Kaap 36 Menlopark 37
    Noord-Kaap 43 Upington HS 11
    Noord-Kaap 19 HTS Middelburg 21 KERF
    Noord-Kaap 31 Queen’s College 14 KERF
    Noord-Kaap 20 Glenwood 25 KERF
    Noord-Kaap 21 Outeniqua 28 Wildeklawer
    Noord-Kaap 20 EG Jansen 14 Wildekllawer
    Noord-Kaap 26 Diamantveld 19
    Noord-Kaap 40 Duineveld 22
    Noord-Kaap 22 HTS Drostdy 20
    Noord-Kaap
    Noord-Kaap

    Players: Cameron Hufke, Conrad van Aswegen,

    20 or more points in a match: 

    33 – Cameron Hufke vs. Klerksdorp (3 tries, 11 conversions)

    3 or more tries in a match: 

    3 – Cameron Hufke vs. Klerksdorp

  • Vier spelers in stryd om Papier se nr. 9-trui

    Vier spelers in stryd om Papier se nr. 9-trui

    GarsfonteinGarsfontein het ‘n goue twee jaar in 2015 en 2016 beleef deur albei jare as kampioen van die Beeldftrofee vir Makroskole gekroon te word. Die skool in die Ooste van Pretoria se eerstespan sal vanjaar hard moet werk indien hy sy onlangse voorgangers wil nadoen. 

    Garsies het vanjaar nie meer ‘n Embrose Papier in sy geledere wat wedstryde in ‘n oogwink in sy span se guns kan swaai nie. Die stryd om Papier se nr 9-trui is egter hewig met vier spelers wat vanjaar die trui met eer kan dra. Verlede jaar se tweede span skrumskakel, Divan de Clerk, is vanjaar in matriek en sal ‘n sterk aanspraakmaker wees om die trui oor sy kop te trek. 

    Boonop het Garsfontein twee aanwinste in Keagan Johannes (Swartland) en JJ van Zyl (Diamantveld) wat besluit het om hul skoolloopbane in Pretoria te kom voortsit. Johannes het verlede jaar die Boland se Akademie-span verteenwoordig. Raynard van Niekerk, wat een van Garsies se o.16-skrumskakels verlede jaar was, sal ook sy oog op die trui he. 

    Die Blou Bulle se Grant Khomo-skrumskakel (o.16) van verlede jaar, Jurich Claassens, is ook ‘n leerling van Garsfontein en sal vanjaar weer vir die o.16-span die oond skoonmaak. Garsies skop Saterdag hul seisoen teen Kemptonpark in ‘n vriendskaplike wedstryd af.

    Garsfontein het boonop ook die flank Ryno Pieterse (Blou Bulle) en die heelagter/senter Abner van Reenen (Paarl Boys’ High) verloor. Albei het verlede jaar die SA Skole A-span verteenwoordig. Albei is vanjaar o.19 en sal dus nie weer op die Cravenweek in aksie kan wees nie.

    Garsfontein – 2017
    4 Maart vs. Kemptonpark (W)
    7 Maart vs. Diamantveld (Loftus)
    11 Maart vs. Rustenburg (W)
    18 Maart vs. EG Jansen (W)
    25 Maart vs. Tuks Kwarteindstryde
    1 April vs. Paarl Gimnasium (N/Suid)
    4 April vs. Boland Landbou (N/Suid)
    22 April vs. Tuks Halfeindstryde
    29 April vs. Glenwood (WK)
    1 Mei vs. Oakdale Landbou (WK)
    6 Mei  vs. Tuks Eindstryde
    27 Mei vs. Menlopark (T)

    Pieterse, die halfbroer van die Afrikaanse sangers Bobby en Karlien van Jaarsveld, het besluit om nie sy matriek by Garsies se voltooi nie en liewer reeds sy rugbyloopbaan by die Blou Bulle te begin. Van Reenen is deur die Westelike Provinsie gekontrakteer en sal sy matriek by Boishaai voltooi.

    Garsfontein se nuwe hoofafrigter, Johan du Plessis, sal sy werk uitgeknip he. Du Plessis het Garsies saam met Tjaart van der Walt die afgelope twee jaar tot Beeldtrofee-kampioene gebrei. Van der Walt sal vanjaar by Monument in Krugersdorp die sweep klap.

    Du Plessis sal die span saam met Burger Lindeque afrig. Lindeque het verlede jaar van Waterkloof na Garsies geskuif. Hendre Marnitz sal die verdediging hanteer, terwyl Johan van Rooyen vir die span se kondisionering verantwoordelik is. Die voormalige Cheetah-kaptein, Ryno van der Merwe, is die Turkoois Bere direkteur van rugby. Gustav Theunissen is die Bere se spanbestuurder. 

    Hoewel dit dalk ‘n seisoen vir bou vir Du Plessis en sy bestuurspan is, sal hy steeds op die dienste van CJ Steinhobel (haker/stut), Jordan van Dyk (slot), Carl du Plessis (flank) en Wesley Thompson (senter) kan staatmaak. Boonop het Ettienne Terblanche (Glenwood) en Ruben Roodt (EG Jansen) besluit om terug te keer na Garsies na hul in graad agt hul hoërskoolloopbane hier begin het.

    Nog ‘n feit waaroor Du Plessis sal glimlag is die feit dat die skool se tweede span verlede jaar se Tuks-reeks se kampioene was en ook die Virseker Beeldtrofee onoorwonne afgesluit het.        

    Garsies se moeilikste wedstryd wat op hom sover vanjaar wag is sy herontmoeting met Paarl Gimnasium op die eerste dag van die Noord/Suid-toernooi. Garsies het vir ‘n opskudding verlede jaar gesorg met die twee skole se eerste ontmoeting toe hulle met 15-13 as oorwinnaars van die veld gestap het. 

    Die Bere sal vanjaar weer op die Wildeklawer-toernooi in Kimberley in aksie wees met stryde teen Glenwood van Durban en Oakdale Landbou wat op hulle wag. Buiten die wedstryd teen Paarl Gimnasium behoort die wedstryde teen EG Jansen in die Tuks-reeks en die Blou Bulle Makroskole-wedstryd teen Menlopark ook reuse toetse vir Garsies te wees. 

  • Vryburg bult spiere in eerste ronde van Pukke 16-reeks

    Vryburg bult spiere in eerste ronde van Pukke 16-reeks

    NWUPukkeRudie de Villiers, senter van Pretoria-Noord, het sy 2017-seisoen op die beste moontlike noot begin deur ‘n driekuns aan drieë in sy span se oorwinning van 27-14 oor Stoffberg van Brakpan in die eerste ronde van die NWU-Pukke 16-reeks te behaal. Pretoria-Noord se eerstes het verlede jaar vierde in die kompetisie geëindig.

    Die res van Pretoria-Noord se punte is deur sy losskakel, Duard Steyn, met die skopvoet aangeteken. 

    Fochville se eerste rugbyspan, wat verlede jaar derde in die reeks geeindig het, het sy aanslag in vanjaar se kompetisie met ‘n goeie sege van 34-0 oor Schoonspruit van Klerksdorp afgeskop. Die span se ster was sy agtsteman, Paul Cilliers, wat twee van sy kraglopies agter die doellyn gaan afrond het. 

    Die span se heelagter, Jaco Pretorius, het ook sy skopskoene aangehad. Hy het al vier sy span se driee verdoel asook twee strafdoele tussen deur die pale gejaag. 

    Vryburg wat die verdedigende kampioen is, het sy aanslag om sy titel te behou met ‘n oortuigende oorwinning van 59-8 oor Wolmaransstad afgeskop. Die wenspan se agtsteman, Ryan Erasmus, was sonder twyfel sy span se beste speler op die dag. Erasmus het boonop die doellyn twee keer oorgesteek. 

    Die verdedigende kampioen se losskakel, Leonard Grobbelaar, het 19 punte tot die oorwinning bygedra deur een van sy span se nege drieë te druk, terwyl hy sewe van die drieë vervyf het.

    Pionier moes hard werk om Volksrust op laasgenoemde se tuisveld met 18-12 te troef. Volksrust se haker, Andre Truter, het ‘n rooikaart gekry na ‘n vuishou en sy span moes die wedstryde met 14 spelers klaarmaak. Pionier se kaptein en senter, Jacques Lindeque, het een van sy span se drie drieë gedruk. 

    Delmas het Oosterland van Secunda met 33-0 die loef afgesteek.

    Die wedstryde tussen Piet Retief en Ferrum is tot 16 Maart uitgestel as gevolg van die hewige reen verlede week. Overvaal en Leeuwenhoff sal om dieselfde rede ook eers op 16 Maart sake uitspook. Die enigste ander eerste ronde wedstryde wat nog nie plaasgevind het nie was die tussen Bekker van Magaliesburg en Alberton High. Die twee skole sal nog ooreenkom wanneer die wedstryde gespeel sal word. 

    Puntemakers: 

    Vryburg 59 – Drieë: Ryan Erasmus (2), Kobus Vermaak, Heinrich Jankowitz, Ridley Krieger, Chris Cloete, Leonard Grobbelaar, Ryno Pienaar, Andre Engelbrecht. Doelskoppe: Grobbelaar (7). Wolmaransstad 8 – Drie: Phillip Young. Strafdoel: Johnré van Wyk.

    Pretoria-Noord 27 – Drieë: Rudie de Villiers (3). Doelskoppe: Duard Steyn (3). Strafdoele: Steyn (2). Stoffberg 14

    Fochville 34 – Drieë: Paul Cilliers (2), Anroux Steenkamp, Jaco Vemas. Doelskoppe: Jaco Pretorius (4). Strafdoele: Pretorius (2). Schoonspruit 0

    Pionier 18 – Drieë: Jacques Lindeque, Klopper Opperman, Marne Craythorne. Strafdoel: Christiaan Zietsman. Volksrust 12 – Strafdoele: Tiaan Els (4). 

    Ander spanne: 

    o.16: Pionier 32, Volksrust 12; Schoonspruit 24, Fochville 22; Pretoria-Noord 38, Stoffberg 3; Oosterland 41, Delmas 0; Wolmaransstad 20, Vryburg 6.

    o.15: Volksrust 36, Pionier 10; Fochville 53, Schoonspruit 5; Pretoria-Noord 17, Stoffberg 12; Oosterland 17, Delmas 0; Vryburg 29, Wolmaransstad 0. 

    o.14: Volksrust 33, Pionier 0; Fochville 25, Schoonspruit 5; Stoffberg 27, Pretoria-Noord 0; Oosterland 27, Delmas 5; Vryburg 59, Wolmaransstad 0.

  • Junior Springbok training squad announced

    Junior Springbok training squad announced

    News CurwinBoschCurwin Bosch, Zain Davids and Salmaan Moerat all feature in a 50-man Junior Springbok training squad named by SA Rugby on Tuesday as the preparations begin to take shape for the World Rugby U20 Championship in Georgia from 31 May to 18 June.

    Bosch and Davids are among nine players who participated in the tournament in Manchester last year, where the Junior Springboks finished in fourth place, while Moerat is one of six SA Schools team players from 2016 in the training squad.

    Stedman Gans, Manie Libbok, Benhard Janse van Rensburg, Embrose Papier, Cobus Wiese, Ruben de Villiers, Ernst van Rhyn and Carlű Sadie played for the Junior Boks with Bosch and Davids in 2016.

    Moerat, who captained the SA Schools side last year, will be joined by his 2016 team-mates Gianni Lombard, Manuel Rass, Wandisile Simelane, Damian Willemse and Muller Uys.

    A total of 86 players were invited to two assessment camps last month in Pretoria and Stellenbosch, where the players participated in a series of speed and strength tests and underwent medical screening. The first training camp will be in Stellenbosch from 5 to 17 March, whereafter the squad will be trimmed down to 28 players in April for the international showpiece, which kicks off in May.

    “This is a talented group of players, and we can’t wait to start the real hard work in the lead-up to the World Rugby U20 Championship,” said Junior Springbok coach Chean Roux.

    “The players who were selected really worked hard, which is very pleasing. They were aware of the fitness and strength standards required at this level of the game at the conclusion of the assessment camps, and we are proud of the work they put in to achieve that.

    “But that was only the first step in what will be a mentally and physically challenging journey to possibly secure a place in the final 28-man squad.

    “Over the next two months we will be working hard to put our structures and systems in place and to reach the desired fitness and strength requirements we would like to achieve as a team.

    “We have exactly three months to get the team ready before their opening match, which is not much time, especially if one considers that the U20 Six Nations teams are at an advanced stage of their season. But that said, we are excited about the challenge ahead and we believe the players will be up for it.”

    This camp will be followed by a tour to the central unions from 26 March to 9 April, which will feature warm-up matches against the Down Touch Griffons in Welkom on Friday, 31 March, Griquas in Kimberley on Wednesday, 5 April and Toyota Free State Cheetahs on Saturday, 8 April.

    The Junior Springboks will play another two further warm-up matches, against the Varsity Cup Dream Team on Tuesday, 25 April, and DHL Western Province on Tuesday, 9 May, in Stellenbosch during their third training camp, which runs from 18 April to 12 May. They will conclude their preparations for the tournament with a holding camp in Stellenbosch from 21 to 25 May.

    Junior Springbok training squad:

    Props: Kwenzo Blose (Toyota Free State Cheetahs), Wikus Groenewald (DHL Western Province), Leo Kruger (Xerox Golden Lions), Andrew Kuhn (Toyota Free State Cheetahs), Lee-Marvin Mazibuko (DHL Western Province), Khutu Mchunu (Cell C Sharks), Mashao Mukhari (Vodacom Blue Bulls), Carlu Sadie (DHL Western Province), Gerhard Steenekamp (Vodacom Blue Bulls), Abram Venter (Toyota Free State Cheetahs).

    Hookers: Abraham Coetzee (Toyota Free State Cheetahs), Johan Grobbelaar (Vodacom Blue Bulls), Marnus van der Merwe (Toyota Free State Cheetahs), HP van Schoor (Xerox Golden Lions).

    Locks: Ruben de Villers (DHL Western Province), Salmaan Moerat (DHL Western Province), Reinhard Nothnagel (Xerox Golden Lions), Hendre Stassen (Vodacom Blue Bulls), Ruben van Heerden (Vodacom Blue Bulls), Cobus Wiese (DHL Western Province).

    Loose forwards: Juarno Augustus (DHL Western Province), Jaco Bezuidenhout (Vodacom Blue Bulls), Hacjivah Dayimani (Xerox Golden Lions), Zain Davids (DHL Western Province), Eduan Lubbe (Vodacom Blue Bulls), Len Massyn (Xerox Golden Lions), Kuyenzeka Xaba (DHL Western Province), Muller Uys (DHL Western Province), Ernst van Rhyn (DHL Western Province).

    Scrumhalves: Francois de Villiers (Cell C Sharks), Embrose Papier (Vodacom Blue Bulls), Bradley Thain (Xerox Golden Lions), Wayne van der Bank (Xerox Golden Lions), Jondre Williams (DHL Western Province).

    Flyhalves: Curwin Bosch (Cell C Sharks), Benhard Janse van Rensburg (Cell C Sharks), Manie Libbok (Vodacom Blue Bulls), Damian Willemse (DHL Western Province).

    Centres: Irvin Ali (Vodacom Blue Bulls), Heino Bezuidenhout (Vodacom Blue Bulls), Stedman Gans (Vodacom Blue Bulls), Manuel Rass (Xerox Golden Lions), Wandisile Simelane (Xerox Golden Lions), Cornel Smit (DHL Western Province).

    Wingers: Ciaran Dayaram (Vodacom Blue Bulls), Ilunga Mukendi (Cell C Sharks), Mfundo Ndhlovu (Cell C Sharks), Michael Tambwe (Xerox Golden Lions).

    Fullbacks: Gianni Lombard (Xerox Golden Lions), Yaw Penxe (EP Kings).

    Issued by SA Rugby Communications