SSPN Test Site

Blog

  • Paarl Gimnasium vs. Paarl Boys’ High – 2008

    Paarl Gimnasium’s victory of 35-8 is the biggest since the interschools started in 1929. 

    The teams: 

    Paarl Gimnasium: 15 14 Jaco Pretorius, 11 Ryan Nell, 10 JH Potgieter, 9 Louis Schreuder (captain), 8 Helmut Lehmann, 7 Petrus Theart, 6 Jacquin Rodgers

    Paarl Boys’ High: 15 Lincoln Heugh, 14 Johan Wilken, 9 Neville Adams, 3 Frans Malherbe, 2 , 1 Marcel van der Merwe. 

    Scorers: 

    Paarl Gimnasium 35 (19) – Tries: Jacquin Rodgers, Jaco Pretorius, Ryan Nell, JH Potgieter. Conversions: Potgieter (3). Penalties: Potgieter (3). Paarl Boys’ High 8 (3) – Try: Johan Wilken. Penalty: Neville Adams. 

  • School of Rugby Rankings – 1 August 2016

    School of Rugby Rankings – 1 August 2016

    SOR NuusThe biggest school rugby derby in the world gets even bigger this week as Paarl Boys’ High and Paarl Gimnasium is ranked number one and number two on School of Rugby’s latest rankings. Gim moved into second position by a small margin to Grey College of Bloemfontein as they had a busier schedule after the national week. 

    A defeat in the interschool in Paarl will see them drop to third again. Boishaai is still unbeaten and is also looking to secure their 37th succesive victory on the rugby field. 

    It is important to take into consideration that School of Rugby’s ranking system only takes into account the performances each team produced thus far in the season and not the potential we might believe each team has.

    Please note that we don’t take matches against international opposition into consideration in our rankings. These games will however still be recorded and shown in our results. This rankings is not an official ranking as there is no official ranking on schoolboy level and this is only to get the discussion on school rugby on South Africa flowing. We however take our responsibilty on reporting school rugby very seriously.

    To see each team’s results so far this season click on their name in the rankings. If you see any results missing please don’t hesitate to contact Hannes Nienaber via e-mail on hannes@schooolofrugby.co.za – and please feel free to discuss and differ from us in the comments section.

    The Rankings:

    Ranking Team Played Won Drawn Lost Points F Points A Ave Score
    1 Paarl Boys’ High 15 15 0 0  520 185  
    2 Paarl Gimnasium 14 13 0 1 552 209  
    3 Grey College 12 11 0 1 607 168  
    4 Affies 14 12 0 2 666 202  
    5 Monument 17 13 1 3      
    6 Oakdale Landbou 13 10 0 3  411 207  
    7 Dale College 15 14 0 1 601 197  
    8 EG Jansen 15 11 0 4      
    9 Boland Landbou 15 11 0 4 635 289  
    10 Helpmekaar 14 11 0 3      
    11 Diamantveld  12 10 0 2 381 182   
    12 Paul Roos Gimnasium 15 11 0 4 507 254  
    13 Grey High School 16 12 0 4 532 229  
    14 Welkom Gimnasium 16 13 0 675 251  
    15 Jeppe High School for Boys’ 17 13 0 4      
    16 Nelspruit 13 9 0 4      
    17 Selborne College 17 12 2 3 622 242  
    18 Glenwood  11 9 0 2 295 179  
    19 SACS  16 9 2 5 634 326  
    20 Garsfontein  14 8 0 6 450 314  
    21 Kearsney College  14 11 0 3 516 257  
    22 Outeniqua  13 9 0 4 445 221  
    23 Ben Vorster  14 11 0 3 515 262  
    24 Rondebosch Boys’ High  12 7 1 4 298 262  
    25 Duineveld  13 10 1 2 348 183  
    26 Voortrekker 14 10 0 4 510 180  
    27 HTS Middelburg 16 9 0 7      
    28 Kingswood College  16 14 0 2      
    29 Pietersburg  15 11 0 4      
    30 HTS Drostdy  15 10 0 5      
  • Welkom Gim sluit liga onoorwonne met sege oor Gouties af

    Welkom Gim sluit liga onoorwonne met sege oor Gouties af

    NewsG WillieNaudeWelkom Gimnasium se eerste rugbyspan het Saterdag in sy jaarlikse interskole gesorg dat dit ’n swart dag vir sy aartsvyand Goudveld-Hoërskool was.

    Gimmies het die derby met ’n rekordtelling van 71-0 gewen. Die wedstryd is boonop ’n paar minute vroeg gestop. Gouties het net nie antwoorde vir die vlugvoetige agterhoede van Gimmies gehad nie.

    Gouties het wel in die skrums die bo-toon gevoer, maar in die lynstane het Gimmies se agtsteman, Gift Dlamini, en die flank JJ Scheepers probleme vir die besoekers besorg.

    Gimmies se agterlyn was op hul stukke met veral die losskakel, Byron Smith en vleuel Kwagga van Staden wat uitgestaan het. Van Staden het soos die senter Lubabalo Mtyeshi en die heelagter, Andrew Kota, twee keer die doellyn oorgesteek. Dit was ook duidelik dat Gimmies se SA Skole-skrumskakel, Richman Gora, in die uitspeelrondes van die Griffon-liga gaan mis.

    Gimmies sal Vrydag in die halfeindstryd nog van sy dienste teen Witteberg gebruik kan maak. In die ander halfeindstryd sal Voortrekker en Goudveld mekaar die stryd aansê.

    Voortrekker het ratte in die tweede helfte verwissel om Wilgerivier in Frankfort met 57-18 te verslaan. Die Trekkers het met die omdraaislag ’n skrale voorsprong van 17-13 geniet.

    Die Trekkers se regtervleuel, Pieter van Zyl, het ’n driekuns aan drieë behaal. Wilgies se kantman Corjan Muller is vir sy goeie spel met twee drieë beloon.

    Ander uitblinkers vir die wenspan was sy agtsteman, Michael Janse van Rensburg, en die slot Hercu Breitenbach.

    Daar was lanklaas in die Griffon-liga so hewige stryd om die houtlepel as die een tussen HTS Sasolburg en die Hoërskool Kroonstad Saterdag in Sasolburg. Die twee spanne het albei die laaste ronde sonder ’n sege betree en hoe die twee spanne se voorspelers onder mekaar ingeklim het was dit duidelik dat albei graag ’n sege wou behaal.

    Blouskool het uiteindelik na ’n fisieke kragmeting met 26-24 as oorwinnaars van die veld gestap. Die wenspan se flank Danie Meiring en vleuel Boitumelo Maleka kan trots oor hul vertonings voel, Maleka het die wendrie in die doodsnikke van die wedstryd gaan druk.

    Vir die Spanners was sy flank JC Schultz en skrumskakel James Mofokeng uitstaande.

    Witteberg het danksy sy bonuspunt-sege van 32-22 oor die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad sy plek in die halfeindronde verseker. Soos verwag was dit egter nie maklik nie. Die twee spanne het met die telling op 22-elk gaan rus.

    Witteberg het veral in die skrums druk op Rooiskool geplaas. Vir die verloorspan verdien sy flank At van der Berg, slot DJ Hattingh en senter Zak van Niekerk ’n klop op die skouer.

    Hentie Cilliers van Virginia het ook ’n bonuspunt in sy oorwinning van 46-12 oor HTS Welkom verdien. Dit was op die ou einde te min om sy plek in die uitspeelrondes te bespreek.

    Puntemakers: 

    Welkom Gimnasium 71 (36): Drieë: Lubabalo Mtyeshi (2), Andrew Kota (2), Kwagga van Staden (2), Richman Gora, Duke Jantjies, Ronaldo Fortuin, David Eyssen, Byron Smith. Doelskoppe: Kota (5), Eyssen (2), Van Staden. Goudveld-Hoërskool 0

    Voortrekker 57 (17): Drieë: Pieter van Zyl (3), Hercu Breitenbach (2), Michael Janse van Rensburg, Francois Klopper, Abri Pretorius, Ruan van Niekerk. Doelskoppe: Louis Viljoen (6). Wilgeriver 18 (13): Drieë: Corjan Muller (2). Doelskop: Cobus Erasmus. Strafdoele: Erasmus (2). 

    Hentie Cilliers 46: Drieë: Thebe Letsholo (2), Winrich Kennedy, Dealin Jafta, Jovanian du Preez, Jaco Vermeulen. Doelskoppe: CJ Sheppard, Ruben Pretorius, Heinke van der Merwe, Jafta. Strafdoel: Du Preez. HTS Welkom 12: Drieë: Adrian Olivier, Tshepo Raseboka. Doelskop: Stompie Hanaba.  

    Hoërskool Kroonstad 26: Drieë: Mervin Touzel, Lesego Malangue, Boitumelo Maleka. Doelskop: Vincent McPherson. Strafdoele: McPherson. HTS Sasolburg 24: Drieë: Cheslin Jafta, Naigan Wolmarans, JC Schultz, Thato Mofokeng. Doelskoppe: Sherwin October (2).

    Witteberg 32 (22): Drieë: PJ Jonker, Louis Oosthuizen, Jan-Herman van Straaten, Johannes van Graan, Erhard Bubb. Doelskoppe: George Spershott (2). Strafdoel: Spershott. AHS Kroonstad 22 (22): Drieë: Wikus Buitendag, Brendan van der Walt, Dylan Stiemmie. Doelskoppe: Van der Walt (2). Strafdoel: Van der Walt. 

    Welkom Gimnasium 71 (36): Drieë: Lubabalo Mtyeshi (2), Andrew Kota (2), Kwagga van Staden (2), Richman Gora, Duke Jantjies, Ronaldo Fortuin, David Eyssen, Byron Smith. Doelskoppe: Kota (5), Eyssen (2), Van Staden. Goudveld-Hoërskool 0.

    Voortrekker 57 (17): Drieë: Pieter van Zyl (3), Hercu Breitenbach (2), Michael Janse van Rensburg, Francois Klopper, Abri Pretorius, Ruan van Niekerk. Doelskoppe: Louis Viljoen (6). Wilgeriver 18 (13): Drieë: Corjan Muller (2). Doelskop: Cobus Erasmus. Strafdoele: Erasmus (2).

    Hentie Cilliers 46: Drieë: Thebe Letsholo (2), Winrich Kennedy, Dealin Jafta, Jovanian du Preez, Jaco Vermeulen. Doelskoppe: CJ Sheppard, Ruben Pretorius, Heinke van der Merwe, Jafta. Strafdoel: Du Preez. HTS Welkom 12: Drieë: Adrian Olivier, Tshepo Raseboka. Doelskop: Stompie Hanaba. 

    Hoërskool Kroonstad 26: Drieë: Mervin Touzel, Lesego Malangue, Boitumelo Maleka. Doelskop: Vincent McPherson. Strafdoele: McPherson. HTS Sasolburg 24: Drieë: Cheslin Jafta, Naigan Wolmarans, JC Schultz, Thato Mofokeng. Doelskoppe: Sherwin October (2).

    Witteberg 32 (22): Drieë: PJ Jonker, Louis Oosthuizen, Jan-Herman van Straaten, Johannes van Graan, Erhard Bubb. Doelskoppe: George Spershott (2). Strafdoel: Spershott. AHS Kroonstad 22 (22): Drieë: Wikus Buitendag, Brendan van der Walt, Dylan Stiemmie. Doelskoppe: Van der Walt (2). Strafdoel: Van der Walt. 

  • Harrismith verbreek droogte van 28 jaar in Riemland

    Harrismith verbreek droogte van 28 jaar in Riemland

    Harrismith se eerste rugbyspan het Saterdag ’n droogte van 28 jaar in die Riemland verbreek. 

    Die span het in die eindstryd van die Oos-Vrystaatse liga op sy tuisveld, die Platberg-stadion, vir Reitz met 26-20 getroef om vir die eerste keer sedert 1988 die trofee omhoof te hou. 

    Die nuwe kampioen se kaptein en losskakel, Chi-Chi Chickwe, was aan die voorpunt van die roemryke sege. Eben van Wyk het as agtsteman Harrismith destyds in 1988 tot die titel gelei. Harrismith het daardie jaar in die eindstryd van die destydse Vrystaatse Direkteurstrofee teen Wessel Maree van Odendaalsrus die knie gebuig. 

    Reitz het hope durf getoon deur terug te veg na hy op ’n stadium met 5-19 agter was. Hy het met slegs twee minute oor in die kragmeting met 20-19 voorgeloop, maar Harrismith se heelagter, Tobatsie Monareng, het hul harte in die doodsnikke met sy drie gebreek. 

    Harrismith se flank Wessel Badenhorst was ook ’n doring in Reitz se vlees. Wilgerivier van Frankfort wat die vorige vyf jaar kampioen van die Riemland was het vanjaar in die Griffon-liga saam die groot honde gedraf. 

    Harrismith kom nou in die Vrystaatse Platteland se halfeindronde teen Hennenman te staan. Bothaville en Reitz sal mekaar in die ander halfeindstryd pak. 

    Albei wenners van die wedstryde sal tot die halfeindronde van die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) deurdring. Volksblad is ’n medeborg van die kompetisie. 

    In die Oos-Vrystaatse B-liga eindstryd het Kestell in ’n taai stryd vir Winburg met 12-5 uitoorlê. 

    Bothaville is vir die vyfde agtereenvolgende jaar as kampioen van die Sandveld-liga gekroon. Hy  was met 22-20 bo in ’n naelbyt-eindstryd om die kroon teen Hennenman in die HT Pelatona-stadion in Welkom. 

    Die kampioen se vleuel Reinhardt Grobler het Hennenman se losskakel, Albé Venter, se laaste doelskop-poging vier minute voor die einde afgestorm om seker te maak sy span dra die kroon. Indien die skop oor was sou Hennenman as kampioen gekroon gewees het omdat hulle die eerste drie van die wedstryd gedruk het. 

    Bothaville se groot en sterk senter, Carlo Kleynhans, was soos altyd weer meer as ’n handvol om in toom te hou. Die losskakel, Bertram Crawthorne, en die agtesteman, Charl de Waal, was op die verdediging goud werd vir hul span. 

    Die vleuel Morné Dodds was gevaarlik elke keer wat hy in besit gestel is, terwyl die voorryman Hanco van Aswegen ook ’n uitstaande wedstryd beleef het. 

    Puntemakers: 

    Bothaville 22 (19): Drieë: Marnus Klopper, Willem van der Merwe, Stefan Bester. Doelskoppe: Carlo Kleynhans (2). Strafdoel: Kleynhans. Henneman 20 (15): Drieë: Fanie Pretorius (2), Thinus Claassen, Albé Venter. 

    Harrismith 26: Drieë: Chi-Chi Chickwe (2), Tobatsie Monareng, Francois Taljaard. Doelskoppe: Siza Mthembu (3). Reitz 20: Drieë: Neil van der Merwe, Janes van Coller, Geyer Terblanché. Doelskop: Van der Merwe. Strafdoel: Van der Merwe. 

  • Menlopark en Rustenburg dring deur tot kwarteindronde

    Menlopark en Rustenburg dring deur tot kwarteindronde

    Virseker Beeldtrofee logoDie Hoërskool Menlopark en Hoërskool Rustenburg het gister hul plekke in die kwarteindronde van die Virseker Beeldtrofee vir Makroskole bespreek.

    Menlopark het op sy tuisveld in Pretoria vir Kempton Park met 38-17 geklop om ’n afspraak met EG Jansen van Boksburg te maak.

    Rustenburg het Eldoraigne met 24-15 geklop om tot die kwarteindronde deur te dring. Hy sal teen die verdedigende kampioen, Garsfontein, in dié ronde te staan kom.

    Oos-Moot het gister net-net oor die eerste hekkie in vanjaar se Beeldtrofee vir Grootskole geseil. Die span van Pretoria het in Potchefstroom danksy ’n strafdoel laat in die wedstryd deur sy binnesenter, Edmund Ludick, ’n naelskraapse sege van 22-19 oor Potch Volkskool behaal.

    Oos-Moot sal nou in die kwarteindronde van die kompetisie teen die gunsteling en verdedigende kampioen, Helpmekaar-kollege, te staan kom. Helpies het gister vir Parktown Boys’ High met 57-5 kaf gedraf. Die span van die Goudstad is sonder twyfel die beste skolespan in die Leeus-streek.

    Ben Vorster van Tzaneen het met rukke en stote gespeel, maar dit was steeds goed genoeg om Transvalia op sy tuisveld in Vanderbijlpark met 27-20 die loef af te steek. Die Vossies se Cravenweek-flank en kaptein, Stefan Engelbrecht, het met sy spel voorgevat.

    Dit het Transvalia nie gehelp dat sy losskakel, JP Pieterse, sy skopskoene by die huis vergeet het nie. Pieterse kon nie met een stelskop pale toe slaag nie. Sy algemene spel was egter soos gewoontlik puik.

    Ben Vorster sal na Ermelo reis vir die kwarteindronde waar hy vir Ligbron die stryd sal aansê.

    Hoërskool Pietersburg en Linden het ook met seges tot die kwarteindronde deurgedring deur onderskeidelik met Pretoria-Noord (44-0) en Secunda (26-12) klaar te speel.

    Zeerust het op sy tuisveld ’n klinkende sege van 55-0 oor Pretoria THS in die Middelskole-afdeling behaal. Pretoria THS was verlede jaar die naaswenners van die streekkompetisie.

    Zeerust sal teen die verdedigende kampioen, President van Johannesburg, in die kwarteindronde te staan kom. Die span het gewis een van die moeilikste lotings van al die spanne in die kompetisie, maar sal sy tuisveld as bondgenoot in al die wedstryde in die uitkloprondes hê.

  • Modderbad Boelies!

    Grey-kollege het sy naamgenoot van Port Elizabeth in die Baai in ’n modderbad met 33-7 geboelie. Die span van die Rosestad het teen die omdraaislag reeds gemaklik met 19-0 voorgeloop.

    Dit was veral sy SA Skole-skrumskakel, Rewan Kruger, en die agtsteman, Dian Schoonees, wat in die haglike omstandighede waarin die wedstryd gespeel die meeste op hul gemak gelyk het.

    Schoonees het van voor gelei en ook goeie ondersteuning van die twee flanke, Juan Venter en Wihan Kloppers, gekry wat gehelp het dat Grey die kragmeting fisiek oorheers het.

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria was ook in ’n vernietigende bui. Hy het Glenwood, wat vanjaar as “wêreldkampioen” in Japan gekroon is met 63-0 op sy tuisveld in Pretoria gekarnuffel.

    Affies se SA Skole-losskakel, Ruan de Swart, het 23 punte bygedra. Hy het een van sy span se nege drieë gedruk en almal verdoel.

    Waterkloof was in ’n opwindende wipplankstryd met 54-43 oor Jeppe High School for Boys’ baas. Jeppe se losskakel, Tyrone Green, het vier keer in die wedstryd die doellyn oorgesteek.

    Welkom Gimnasium het heeltemal te veel skietgoed vir Goudveld-Hoërskool in die twee spanne se jaarlikse derby gehad. Gimmies het die wedstryd met ’n rekordtelling van 71-0 gewen.

    Harrismith het vir die eerste keer sedert 1988 daarin geslaag om as kampioen van die Oos-Vrystaat gekroon te word. Hy het op sy tuisveld die Platberg-stadion vir Reitz met 26-20 in die eindstryd verslaan.

    Die span van Harrismith van 1988 het in die destydse Vrystaatse direkteurstrofee se eindstryd teen Wessel Maree van Odendaalsrus met 22-4 die knie gebuig.

    Wilgerivier van Frankfort wat die vorige vyf jaar kampioen van die Riemland was het vanjaar in die Griffon-liga saam die groot honde gedraf.

    Bothaville was met 22-20 bo in ’n naelbyt-eindstryd om die kroon van die Sandveld-liga teen Hennenman in die HT Pelatona-stadion in Welkom. Die kampioen se vleuel Reinhardt Grobler het Hennenman se losskakel, Albé Venter, se laaste doelskop-poging vier minute voor die einde afgestorm om seker te maak sy span dra die kroon. Indien die skop oor was sou Hennenman as kampioen gekroon gewees het omdat hulle die eerste drie van die wedstryd gedruk het.

    Dit is die vyfde agtereenvolgende jaar wat Bothaville as kampioen van Sandveld gekroon is.

    Die Hoër Jongenskool Paarl het sy 36ste agtereenvolgende sege op die rugbyveld behaal, maar SACS het hom behoorlik die skrik op die lyf gejaag. Boishaai het karakter in die tweede helfte gewys om die wedstryd uiteindelik met 28-13 te wen. SACS het met rustyd ’n skrale voorsprong van 10-9 geniet.

    Boishaai se senter Manuel Rass en vleuel Thakier Abrahams het agterlangs goeie spel gelewer. Voorlangs was die stut Reece Bezuidenhout en kantman Francke Horn uitstaande.

    Oakdale Landbou se Wit Bulle het vir die sewende jaar in ’n ry vir Marlow Landbou met hul wolkouse oor die kop huis toe gestuur. Die Wit Bulle het die Wolramme op hulle tuisveld in Riversdal met 50-12 getroef.

    Dit was veral die spel van die senterpaar, Jay-Cee Nel en Nicolus van Eeden, waarvoor die besoekers nie antwoorde gehad het nie.

    Al die uitslae: 

    VIRSEKER BEELDTROFEE

    Makroskole: Menlopark 38, Kempton Park 17; Hoërskool Rustenburg 24, Eldoraigne 15.

    Grootskole: Oos-Moot 21, Potchefstroom Volkskool 19; Ben Vorster 27, Transvalia 20; Linden 26, Secunda 12; Hoërskool Pietersburg 44, Pretoria-Noord 0.

    Mediumskole: Ben Viljoen 59, Stoffberg 0; Merensky 15, Erasmus (Bronkhorstspruit) 13; Bekker 43, Kanonkop 22; Die Wilgers 29, Bergsig 17.

    Middelskole: Frans du Toit 29, Die Ankerskool 9; Zeerust 55, Pretoria THS 0; Eric Louw 31, Cullinan 10; Carletonville 69, Kriel 0.

    NOORDVAAL

    Affies 63, Glenwood 0; Helpmekaar 57, Parktown Boys’ High 5; Waterkloof 52, Jeppe High School for Boys’ 43; Maritzburg College 24, Pretoria Boys’ High 22.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Grey-kollege 33, Grey PE 7; Welkom Gimnasium 71, Goudveld-Hoërskool 0; Witteberg 32, AHS Kroonstad 22; Voortrekker 57, Wilgerivier 18; Hentie Cilliers 34, HTS Welkom 12; Hoërskool Kroonstad 26, HTS Sasolburg 24; Bothaville 22, Hennenman 20; Harrismith 26, Reitz 20; Hendrik Potgieter (Reddersburg) 31, President Steyn 18; Hoërskool Upington 24, Landboudal 7; Duineveld 38, Fichardtpark 16.

    OOS-KAAP

    Selborne College 33, Queen’s College 7; Dale College 41, St. Andrew’s College 28; Kingswood College 26, Graeme College 19; Brandwag (Uitenhage) 18, Oudtshoorn 9; Cillie 20, Itembelihle 15; Despatch 19, Muir College 7; Burgersdorp 12, Hangklip 5.

    WES-KAAP

    Hoër Jongenskool 28, SACS 13; Paarl Gimnasium 47, Stellenberg 17; Oakdale Landbou 50, Marlow Landbou 12; Paul Roos Gimnasium 46, Bishops 24; Brackenfell 46, Milnerton 0; HTS Drostdy 25, Noord-Kaap 22; JG Meiring 18, President 16; Parel Vallei 26, Worcester Gimnasium 8; Durbanville 21, Hoërskool Bellville 8; Rondebosch Boys’ High 39, Tygerberg 21; Wynberg Boys’ High 37, Boland Landbou 34; DF Malan 25, Strand 7; De Kuilen 33, Kasselsvlei 0; Outeniqua 51, Framesby 17.

  • Bekker se Ruvo ryg die driee in

    Keer hom!

    Dit is waarskynlik die uitroepe wat die meeste langs die rugbyveld uit die teenstanders van Bekker se afrigters en ondersteuners se monde kom wanneer die vleuel Ruvo du Preez aan die bal vat.

    Dié linkervleuel benodig slegs drie drieë vir ’n ongelooflike mylpaal van 50 drieë vir sy hoërskool se eerstespan. Du Preez het vanjaar reeds 28 keer ’n draai agter die doellyn gemaak.

    Sy span se sukses in die Virseker Beeldtrofee vir Mediumskole sal bepaal of hy die mylpaal bereik.

    Bekker kom Saterdag in Middelburg teen die Hoërskool Kanonkop in ’n uitspeelwedstryd in die streekkompetisie te staan. As hy die wedstryd verloor, sal dit Du Preez se laaste kans wees om die drieë in te ryg.

    ’n Sege sal beteken dat hy in die kwarteindronde teen Brandwag van Benoni nog ’n drieë-kans sal kry.

    Du Preez se gevaarlikste wapen is volgens sy afrigter, Johan Wandrag, sy vaartversnelling. Hy het tot dusver al in 45 wedstryde vir sy skoolspan uitgedraf en het nog nooit enige van die Goue Leeus se verteenwoordigende spanne gehaal nie.

    Bekker was in 2000 die eerste houers van die Beeldtrofee vir Mediumskole. Destyds het die Leeus se Cravenweek-skrumskakel, Willie Kok, ’n sleutelrol in dié span se aanslag gespeel.

    Ben Viljoen van Groblersdal is die verdedigende kam­pioen in die Beeldtrofee vir Mediumskole. Hy sal waarskynlik al sy wedstryde weg van die huis moet wen as hy sy titel wil behou.

    Slegs die Blou Bulle is laer as Limpopo op die kompetisie se prioriteitslys.

    Ben Viljoen sal Saterdag teen Stoffberg in Brakpan in ’n uitspeelwedstryd te staan kom. Die wenner sal in die kwarteindronde teen Penryn College van Nelspruit sake uitspook.

    Buiten Ben Viljoen behoort Vryburg en Fochville ook sterk aanspraakmakers te wees om die trofee as kampioen op 27 Augustus omhoog te hou.

    Vryburg kom in die kwarteindronde teen die wenner van die uitspeelwedstryd tussen Erasmus van Bronkhorstspruit en Merensky van Tzaneen te staan.

    Fochville het ook direk tot die kwarteindronde deurgedring danksy sy oorwinning van 36-7 oor Bekker in die Leeus-eindstryd. Die wenner van Saterdag se uitspeelwedstryd tussen Die Wilgers en Bergsig Akademie sal Fochville in die volgende ronde pak.

  • Preview – Oakdale Landbou vs. Marlow Landbou

    The two agricultural schools – Oakdale of Riversdale and Marlow of Cradock – get on really well. It’s always a fun meeting with lots of serious rugby.

    The Marlow teams arrive on Thursday night. When Marlow comes to Oakdale, the two staffs – a big band of men for ten rugby teams and so on – go fishing together down at the sea at Jongensfontein. Next year when Oakdale go up to Marlow, the Marlow staff will take them hunting.

    That’s fun, but then comes Saturday and the serious business of rugby, the sport which has both these comparatively small schools in thrall.

    This is a match that Oakdale would be expected to win, not just because they are at home.

    Season So Far

    Oakdale have won 12 of their 16 matches, Marlow six of their 13 matches. Marlow have not played any team currently ranked on the FNB Top 20, Oakdale seven. Marlow’s best result was probably drawing – last week – with St Andrew’s of Grahamstown, Oakdale’s beating Paul Roos. Oakdale have also beaten Outeniqua, Diamantveld and Welkom Gim.

    History

    History is not on the side of the Wolramme either. The last time they won was in 2009. Oakdale have now won six in a row. Last year, in Cradock, Oakdale won 51-15.

    Achievers

    Marlow’s players are eligible to play for Eastern Province Country Districts, Oakdale’s for South Western Districts>

    Craven Week

    Marlow: Keanan Murray, Stefanus Mentz, Vaughen Isaacs, JJ Human
    Oakdale: Zinedine Booysen, WP van Heerden, Xavier Swartbooi, Jay-Cee Nel, Alex Wallace, Nicolus van Eeden, Darren Adonis, Nicolai Weber, Jacobus Smit, Daniël Victor, Diane Bleuler, André Posthumus

    Academy Week

    Marlow: Rechard Engelbrecht, CJ Vorster, Nelus van Wyk, Enrico Saptoe, JH Swart, Nevaldo Fleurs, Ruan Pretorius.
    Oakdale: Marko van der Merwe, Ruan Lamprecht, JC Lourens, Stiaan Wasserman, Mikyle Roelofse

    Some of the players on those lists will not be playing on Saturday

    The teams:

    Oakdale Landbou: 15 Pietie Uys, 14 Alex Wallace, 13 Nicolus van Eeden, 12 Jay-Cee Nel, 11 Luke Hertz, 10 Xavier Swartbooi, 9 Zinedine Booysen, 8 WP van Heerden (captain), 7 Janu Krause, 6 Stiaan Wasserman, 5 JC Lourens, 4 Daniël Victor, 3 André Posthumus, 2 Marko van der Merwe, 1 Dian Bleuler

    Marlow Landbou: 15 Enrico Saptoe, 14 Shawn Snyman, 13 Nelus van Wyk, 12 Ruan Pretorius, 11 Vivian Kapp, 10 Vaughen Isaacs (captain), 9 André Smith, 8 Dirkie Ferreira, 7 Lourens Oosthuizen, 6 JJ Human, 5 Herman Greeff, 4 Keanan Murray, 3 Marno Beyl, 2 Awalde Grobler, 1 Rechard Engelbrecht

    Rugby Programme, 30 July 2016

    De Eike

    08.30: Under-15A
    09.30: Under-16A
    10.35: 3rd XV
    11.40: 2nd XV
    13.00: 1st XV

    Populierbos

    08.30: Under-16B
    09.30: 4th XV
    10.35: Under-15B

    Donkerbos

    08.30: Under-14B
    10.00: Under-14A

     

  • Paarl Gimnasium vs. Paarl Boys’ High – 2012

    The teams: 

    Paarl Gimnasium: 15 Dawie Dyason, 14 Grant Hermanus, 13 Wesley Cupido, 12 Altus Momsen, 11 Loek van der Merwe, 10 Handré Pollard (captain), 9 Lotter Pretorius, 8 Rikus Bothma, 7 Corné Cooper, 6 Jacques Vermeulen, 5 Hennie Botha (vice-captain), 4 JD Schickerling, 3 Stephan Morkel, 2 Evan Macdonald, 1 Ollie Regue. 

    Paarl Boys’ High: 15 Darian Hock, 14 Tiaan Mouton, 13 Dewald Naudé, 12 Henri Nimb, 11 Dante van der Merwe, 10 Jean-Luc du Plessis, 9 Pieter Schoonraad, 8 Johan Botha, 7 Jeandré Brink, 6 Derek Taylor, 5 Sebastian Ferreira, 4 Burger van Niekerk, 3 Liam Hendricks, 2 Craig Corbett (captain), 1 Wesley Adonis.

    Scorers: 

    Paarl Gimnasium 16 (13) – Try: Rikus Bothma. Conversion: Handre Pollard. Penalties: Pollard (3). Paarl Boys’ High 9 (3) – Penalties: Tiaan Mouton (3). 

  • Rooiskool bo met rekordtelling

    Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad het seker gemaak dat indien Saterdag die laaste interskole tussen Rooi en Blou was dat dit een sal wees wat hulle vir altyd sal onthou.

    Rooiskool het die grootste interskole in die sentrale streek met ’n rekordtelling van 80-10 gewen. Die span se losskakel, Chappies van der Walt, het 35 punte opgestapel. Hy het ’n driekuns aan drieë behaal en ook al tien sy doelskop-pogings tussen deur die pale gejaag. Rooies het besluit om sy ander twee drieë nie pale toe te korrel nie.

    Die wenspan se agtsteman, Dian de Beer, het ook vier keer oor die doellyn geskuif. Die span se flank At van der Berg, slot CJ Jordaan en binnesenter, Martin Heyns, het ook goeie vertonings gelewer.

    Daar is sprake dat Blouskool volgende jaar na die Sandveld-liga wil afskuif. Dit is nie bekend hoe dié skuif die jaarlikse interskole tussen die twee skole sal beinvloed nie.

    Welkom Gimnasium se skrumskakel, Richman Gora, het in sy span se sege van 22-10 oor Voortrekker op laasgenoemde se tuisveld in Bethlehem gewys hoekom hy in die SA Skole-span ingesluit is.

    Gora was met sy twee drieë die grootste doring in die Trekkers se vlees. Hy sal gewis deur Gimmies in die uitkloprondes gemis word. Die Trekkers se haker, Tiaan van Zyl, het met sy inklimspel beindruk.

    HTS Welkom het Goudveld-Hoërskool behoorlik die skrik op die lyf in hulle kragmeting gejaag. Gouties het die wedstryd uiteindelik met 29-19 gewen.

    Die Tekkies het met die omdraaislag ’n voorsprong van 12-5 geniet.

    Gouties se agttal het die oorhand in die tweede helfte bewerkstellig, maar die Tekkies het genoeg kanse gehad om vir ’n opskudding te sorg.

    Die wenspan se heelagter, AJ Jacobs, het twee keer in die tweede helfte gaan druk om sy span van ’n sege te verseker.

    Hentie Cilliers het met 59-12 teen HTS Sasolburg oortuigend as wenners van die veld gestap. Die span van Virginia se stut CJ Sheppard en flank Damian Karelse het voorlangs die pap dik aangemaak, terwyl die senter Ruben Pretorius die span se beste agterspeler op die dag was.

    Witteberg en Wilgerivier van Frankfort was in ’n hewige stryd gewikkel. Die Wittes het uiteindelik met 28-25 geseëvier. Wilgerivier het ’n paar minute na rustyd ’n voorsprong van 25-7 opgebou.

    Voorlangs het die slot Johannes van Graan en stut JW Meades goeie spel vir die wenspan gelewer. Agterlangs kan die vleuel Jan-Herman van Straaten, heelagter, PJ Jonker, en die losskakel, George Spershott, tevrede met hul vertonings voel.

    Harrismith en Reitz sal mekaar in die Oos-Vrystaatse eindstryd pak. Harrismith het Ficksburg met 17-12 in die halfeindronde geklop. Reitz het sy halfeindstryd teen Vrede met 12-10 gewen.

    Hennenman het Wessel Maree van Odendaalsrus in ’n klipharde wedstryd met 12-10 getroef om sy plek in die Sandveld-liga se eindstryd te bespreek. Hennenman sal teen Bothaville in die eindstryd te staan kom.

    Puntemakers: 

    AHS Kroonstad 80 (35): Drieë: Dian de Beer (4), Chappies van der Walt (3), Marinus Aucamp (2), Martin Heyns (2), Ivan Otto. Doelskoppe: Van der Walt (10). Hoërskool Kroonstad 10 (0). 

    Welkom Gimnasium 22: Drieë: Richman Gora (2), Duke Jantjies. Doelskoppe: Andrew Kota (2). Strafdoel: Kota. Voortrekker 10: Drieë: Michael Janse van Rensburg, Tiaan van Zyl.

    Witteberg 28 (6): Drieë: Jason Roux, Johannes van Graan, Louis Oosthuizen, Quintin Mostert. Doelskoppe: George Spershott (4). Wilgerivier 25 (7): Drieë: Corjan Muller, Juan Jordaan, Christiaan Jooste. Doelskoppe: Cobus Erasmus (2). Strafdoele: Erasmus (2). 

    Goudveld-Hoërskool 29 (5): Drieë: AJ Jacobs (2), Leon van der Walt, Triumph Baloyi, Craig Colby. Doelskoppe: Jacobs (2). HTS Welkom 17 (12): Drieë: Adrian Olivier, Vusi Khanyawa, Slate Douse. Doelskoppe: Stompie Hanaba (2).

    Hentie Cilliers 59: Drieë: Jovanian du Preez (2), Calvin Meyer, William Hendricks, Dealin Jafta, Damian Karelse, CJ Sheppard, Morné Mkwayi, Winrich Kennedy. Doelskoppe: Du Preez (4), Jafta (2), Hendricks. HTS Sasolburg 12: Drieë: Carel Haasbroek, JC Schultz. Doelskop: Sherwin October.

    Hennenman 12 (7): Drieë: Armand van der Walt, Neels Pretorius. Doelskop: Albé Venter. Wessel Maree 10 (3): Drie: Tian Potgieter. Doelskop: Potgieter. Strafdoel: Potgieter.

    Reitz 12: Drieë: Janes van Coller, Ruben Kriel. Doelskop: Neil van der Merwe. Vrede 10. 

    Harrismith 17: Drieë: Tobatsie Monareng (2), Wayden Ruiters. Doelskoppe: Siza Mthembu (2). Ficksburg 12.

    Sandveld 26: Drieë: Chris Marais, David Marais, Christo Reyneke, Strafdrie. Doelskoppe: David Marais (3). Welkom Sekondêr 12.