SSPN Test Site

Blog

  • Dit Garsies of Jansies in Beeldtrofee vir Makroskole

    Indien Dr. EG Jansen van Boksburg vandag in die eindstryd van die Virseker Beeldtrofee vir Makroskole (o.19) daarin slaag om die Hoërskool Garsfontein te weerhou om sy titel te verdedig sal dit ’n geval van derde keer is skeepsreg wees.

    Die Jansies het vanjaar al twee keer met die Bere van Garsfontein afgereken. Albei kere was tydens die Tuks-reeks (o.18) waarin EG Jansen die opwindende tweestryde met onderskeidelik 40-33 en 39-26 gewen het. Die eindstryd vandag op Berepark in die Jakarandastad beloof dus om ’n skouspel te wees.

    Garsfontein het Dinsdag sy plek in die eindstryd vir ’n derde agtereenvolgende jaar met ’n indrukwekkende sege van 35-20 oor Monument bespreek. Die span het ’n duur prys vir dié sege behaal omdat hy nou sonder sy general, Austin Davids, moet speel. Die losskakel het ’n rooikoort vir ’n kopstamp gekry en is vir ’n week geskors.

    Garsfontein en Davids het appel teen die skorsing aangeteken na die speler wat hy glo na bewering met die kop geslaan het, Reyno Potgieter, in ’n boodskap gesê het dat dit nie die geval was nie. Die tugkomitee van die Blou Bulle se Skolevereniging kon op videomateriaal geen bewyse van die oortreding sien nie, maar het ook beslis dat hy ook nie kan sien op die beeldmateriaal dat dit wel nie die geval was nie.

    Die Blou Bulle se plaasvervanger-skrumskakel tydens die Cravenweek, Calderon Levens, sal Davids se toks in die eindstryd moet volstaan. Levens was wel in die Tuks-reeks saam met die manjifieke Embrose Papier Garsies se tweedespan se skakelpaar. Papier het in 2014 en 2015 die nasionale skolespan verteenwoordig en het vanjaar die Jong Bokkies (o.20) in die Wêreldkampioenskap verteenwoordig.

    Garsies se twee SA Skole-spelers, Emillio Adonis en PJ Steenkamp, is wel weer terug na beserings. Steenkamp sal ook die span vanaf slot aanvoer. Hy het laas vir die Turkoois Bere tydens die Wildeklawer-toernooi teen Grey-kollege gespeel.

    Jansies se losskakel, Ruben Beytell, sal fyn deur die tuisspan dopgehou moet word. Beytell het vanjaar al 28 keer die doellyn vir sy skoolspan oorgesteek. Sy skakelmaat en onderkaptein van die span, Ginter Smuts, het vanjaar al 211 punte opgestapel. Hy het ook tien keer die doellyn oorgesteek.

    As Garsies se agttal met sy hardebaarde soos die haker Bees Ferreira, stut Hendré Eloff, agtsteman Luke Fortuin en flank Ryno Pieterse hul span op voorvoet kan kry behoort Garsies se titel te behou. Jansies sal hoop dat sy skakelpaar genoeg beweegruimte deur Garsies se verdediging gegun word sodat hul die spel kan dikteer. Die besoekers het in sy buitesenter, Lee-Irvin Anderies, ’n uitstekende aanvallende speler.

    Die spanne is:

    Garsfontein: Shaun Williams, Emelio Adonis, Abner van Reenen, Wesley Thompson, Henk de Leeuw, Calderon Levens, Embrose Papier, Luke Fortuin, Ryno Pieterse, Stephan Smit, PJ Steenkamp (k), Jordan van Dyk, CJ Steinhöbel, Bees Ferreira, Hendré Eloff. PLAASVERVANGERS: Dristen Bezuidenhout, Adriaan Pretorius, Keanu Prinsloo, Wickus Opperman, Carl du Plessis, Divan de Clerk, Tiaan Thysse, Bjorgan Hendricks.

    EG Jansen: Franco van Eeden, Quinton Beaton, Lee-Irven Anderies, Henry Pike, Dwayne Fourie, Ruben Beytell, Ginter Smuts, André Meyer, Dylan Engelbrecht, Ruben Roodt, Francois du Preez, Dominic McArthur, André van der Merwe, Werner Fourie (k), Rehann Baumann. PLAASVERVANGERS: Werner Landman, Janus Venter, Johan Botes, Reinhard Venter, Ruann Kruger, Keenan Oelofse, Dylan Jordaan, Franklin Wagner, Carsen Koekemoer, Laurandt Pepler.

    Skeidsregter: Gerrie de Bruin.

  • Helpies kan reuse aanslag van Lichtenburg te wagte wees

    Die eindstryd van die Virseker Beeldtrofee vir Grootskole vandag in Lichtenburg is Helpmekaar-kollege van Johannesburg sin om te verloor.

    Helpies is die verdedigende kampioen en het boonop twee keer vanjaar met die Hoërskool Garsfontein, wat vandag sy titel as kampioen vir Makroskole verdedig, met 24-17 en 23-22 afgereken. Die span van die Goudstad het ook vir Monument van Krugersdorp vanjaar met 30-15 geklop. Monnas het in die halfeindstryd van die Makroskole-afdeling teen Garsfontein (20-35) vasgeval.

    Die Hoërskool Lichtenburg se blou masjien is egter ’n meer as waardige teenstander in die eindstryd en kan nie gering deur Helpies geskat word nie. Die Liggies is vanjaar as kampioen van die Pukke se Prestige-reeks gekroon toe hy Noordheuwel in die eindstryd met 37-3 gekarnuffel het.

    Buiten die tuisveldvoordeel wat in Liggies se guns tel het die span boonop in die kwarteindronde en halfeindronde belangrike momentum in sy sege oor die Hoërskool Pietersburg (43-36) en Vereeniging Gimnasium (48-17) opgebou.

    Dit terwyl Helpmekaar teen Oos-Moot (30-18) en Ligbron (27-15) harder vir sy seges moes werk as wat die tellings aandui.

    Helpies se SA Skole A-flank, Mark Snyman, het ’n trotse rekord in eindstryde van die Beeldtrofee wat hy graag in Lichtenburg lewend wil hou.

    Snyman het van 2013 tot 2014 nog elke keer in die eindstryd van die Beeldtrofee vir die o.14-, o.15- en o.16-eindstryde as Speler van die Wedstryd aangewys. Helpies is mos hom in sy geledere nog elke keer as kampioen gekroon.

    Snyman het sy span se seges in die kwarteindronde en halfeindronde teen onderskeidelik Oos-Moot (30-18) en Ligbron (27-15) weens sy verpligtinge saam met die nasionale skolespan se naasbestes misgeloop.

    Snyman is ondanks dié feit steeds met 13 drieë sy span se voorste driedrukker. Die stryd tussen Snyman en Liggies se kaptein en flank, Gerhard Meyer, behoort een van die hoogtepunte van die wedstryd te wees.

    Helpies se Cravenweek-heelagter, Chuiner van Rooyen, is op die aanval een van die mees opwindendste speler op skolevlak in die land.

    Van Rooyen het vanjaar reeds 205 punte in sy skoolspan se 18 wedstryde aangeteken.

    Liggies se agterste driehoek is net so gevaarlik. Die heelagter, Donovan Serfontein, en twee vleuels, Henk Venter en Bertru Jones, het saam al 33 keer ’n draai agter die doellyn vanjaar gemaak.

    Hoewel Helpies se oorspronklike kaptein en verlede jaar se Cravenweek-haker van die Leeus, Tiaan van der Merwe, meeste van die tyd langs die kantlyn moes deurbring het die skool in Dameon Venter ’n speler wat sy kaptein se nommer twee trui met ywer dra. Die flank Tiaan Scholtz het die span ook in Van der Merwe se afwesigheid met onderskeiding gelei.

    Die spanne is:

    Lichtenburg: Donovan Serfontein, Bertru Jones, Boeshie van der Walt, Lohann Jahns, Henk Venter, Evardi Boshoff, Rabie van Zyl, Anthony Keen, Gerhard Meyer (k), Henco Nel, Johann Kotze, Corno Lubbe, Craivian Smith, Christo Badenhorst, Pieter Caroll. PLAASVERVANGERS: Marcu Swart, Dian Pretorius, SW Conradie, Christopher Zandberg, Liam Rothmann, Janco Schickerling, Renco van Huysteen, Dries Rall.

    Helpmekaar: Chuiner van Rooyen, Jeremy Randell, Keegan Hamman, Zandré Kruger, David Cary, Tristan Oosthuizen, Ruhan Viviers, Liam van den Berg, Tiaan Scholtz (k), Mark Snyman, Robbie Slabbert, Luwan Ludick, Michael Long, Dameon Venter, Marco Sharp. PLAASVERVANGERS: Triston Venter, Deon Gelderblom, Lehan du Toit, Chris Pietersen, Daniel Coetzee, Dylan Meyer, Sherman Rayners, Tommy van Tonder.

  • Niks klein aan Beeldtrofee vir Kleinskole-eindstryd

    Niks klein aan Beeldtrofee vir Kleinskole-eindstryd

    Daar is niks klein aan die eindstryd van die Virseker Beeldtrofee vir Kleinskole nie. Die gasheer, Koster, het vanjaar nog nie op sy neus gekyk nie en Curro Heuwelkruin is ’n span met twee Cravenweek-spelers in sy geledere.

    Koster het sy plek in die eindstryd met ’n maklike sege van 43-3 oor Curro Roodeplaat bespreek. Hy het ook nie veel probleme ondervind om Balfour met 56-12 in die kwarteindronde uit te skakel nie. Heuwelkruin het ook redelik gemaklik verby Morgenzon Landbou (64-12) en Stella (31-6) in die onderskeidelik die kwart- en halfeindronde van die reeks gekom.

    Morgezon Landbou het verlede jaar in die eindstryd van die Kleinskole teen Christiana met 10-20 vasgeval.

    Curro Heuwelkruin het in sy 14 wedstryde tot dusver vanjaar nog net teen Ben Vorster se tweedespan verloor. Sy losskakel, Wernich Kachelhoffer, en buitesenter, Stefan Nel, het die Limpopo Blou Bulle die afgelope twee jaar op die gesogte Cravenweek verteenwoordig. Kachelhoffer was sonder twyfel een van Limpopo se voorste spelers tydens vanjaar se toernooi in Durban.

    Sy skakelmaat by Curro Heuwelkruin, Renier Gerber, sal ook fyn deur Koster dopgehou moet word. Gerber was in Durban op die nasionale Akademie-week vanjaar in aksie en behoort volgende jaar Limpopo se oond op die Cravenweek skoon te maak.

    Heuwelkruin het vanjaar ook ’n toer deur Frankryk onderneem.

    Interresant is dat albei spanne se regtervleuels, Nichardt van Niekerk (Heuwelkruin) en Anton Roets (Koster) hul spanne se voorste driedrukkers in die reeks is. Buiten Roets sal Koster se skakelpaar, JP Williamson en Eon White, ook fyn deur die besoekers dopgehou word.

    Dit sal die derde keer wee swat Koster in die eindstryd vir Kleinskole in aksie sal wees. Die span het in 2013 die titel as kampioen verower toe hy vir Komatipoort met 24-22 verslaan het. Hy het in 2014 in die eindstryd teen Schweizer-Reneke met 10-27 vasgeval.

    Curro Heuwelkruin het nog net een keer vantevore die eindstryd gehaal en het toe teen Leeuwenhof Akademie met 22-45 sy rieme styfgeloop. Die jaargroep van Heuwelkruin het wel in hul o.16-jaar die titel as kampioen gedra toe hy vir Schweizer-Reneke met 22-16 destyds in 2014 verslaan het.

    Die spanne is:

    Koster: Rujean Roos, Anton Roets, Stiaan Verster, JG Kotze, Basil Swanepoel, JP Williamson, Eon White, Zane Venter, Heinrich Venter, Francois Retief, Sybrand Liebenberg, Gert Muller, Casey Dicks, Johan Venter, Ernst Hall. PLAASVERVANGERS: Manie Briedenhann, Gerhard du Toit, Nikki de Klerk, Nico Hough, Zander Grundlingh.

    Curro Heuwelkruin: Derick Booyens, Nichardt van Niekerk, Stefan Nel, Divan Gerber, Mauritz Pretorius, Wernich Kachelhoffer (k), Renier Gerber, JJ de Beer, Ross Pretorius, Ruben Nieuwoudt, Laffnie de Jager, James Scott, Gustav Lambrechts, Divan de Bruin, Hanco van Staden. PLAASVERVANGERS: Leon Venter, Agu Ferrer-Rojas, De Wet de Bruin, Louw Claassens, Zandré de Vos, Arno Horn, Jaco van Wyk.

     

  • Wie gaan kroon in Beeldtrofee vir Middelskole dra?

    Wanneer Schweizer-Reneke en Zeerust se eerstespanne vandag in die eindstryd van die Virseker Beeldtrofee vir Middelskole op die veld draf kan die toeskouers en ondersteuners hul gereed maak vir ’n rillerstryd.

    Die gasheer, Schweizer-Reneke, het Zeerust sy enigste nederlaag vanjaar toegedien toe hy hom met 22-15 in die eindstryd van die Luiperd-liga verras het. Zeerust het die ligawedstryd tussen die twee spanne met 36-28 gewen.

    Zeerust het in sy 15 wedstryde tot dusver 689 punte opgestapel en slegs 107 afgestaan. Dit is ’n gemiddelde sege van 46-7. Die span se agtsteman, SP Vermaak, sal fyn deur die tuisspan dopgehou word. Hy het vanjaar al 19 keer in 15 wedstryde oor die doellyn geskuif. Die binnesenter, Karel Loots, beleef self ’n uitstekende seisoen. Loots het vanjaar al 212 punte opgestapel wat 12 drieë insluit. Hy vorm boonop saam met Casper Fick ’n gedugte kombinasie in die middelveld. Fick het vanjaar al 16 keer ’n draai agter die doellyn gemaak.

    Schweizer-Reneke het ’n skoppende haker in Eugene van Rensburg. Hy het as stut saam met sy vaskopstut, Lombard Joubert, na afloop van die jaarlikse VKB-week in Reitz die “nasionale platteland-span” gehaal. Die span sal later vanjaar deur Wallis toer. Die kantman Dané van den Berg het ook dié span gehaal. Van den Berg en die agtsteman, Marco Botha, se taak sal wees om Vermaak te tem. Zeerust se woelige haker, Conor O’Brien sal ook saam na Wallis toer.

    ’n Verdere drie seuns van Schweizer-Reneke LJ Mulder (kaptein en skrumskakel), Tshepiso Mokwatsi (heelagter) en Katlego Mokhuthu (slot) het ook die Luiperds op die nasionale Akademie-week in Durban verteenwoordig.

    Zeerust het in sy uitspeelwedstryde van die reeks slegs teen die verdedigende kampioen, President van Johannesburg (25-7), in die kwarteindronde punte afgestaan. Hy het ook verlede jaar se naaswenner van die reeks Pretoria THS (55-0) in ’n uitspeelwedstryd uitgeskakel. Zeerust was in die halfeindstryd in nog ’n vernietigender bui toe hy Steelcrest van Middelburg met 62-0 afgeransel het.

    Schweizer-Reneke het sy plek in die eindstryd met ’n oorwinning van 24-12 oor Carletonville bespreek. In die kwarteindronde het hy vir Eric Louw van Musina (46-22) uitgeskakel.

    Die spanne is:

    Schweizer-Reneke: Tshepitso Mokwatsi, Ru-han de Bruin, JP Becker, Armandt Naudé, WP Einkamerer, Hercu Strydom, LJ Mulder (k), Marco Botha, Dané van den Berg, Shawn van Jaarsveld, Katlego Mokhuthu, Janco Maass, Lombard Joubert, Eugene van Rensburg, Kobus Fourie. PLAASVERVANGERS: Pieter van Zyl, Dries Badenhorst, NJ Niemann, Braam Jacobs, Hernus Nel, Tebogo Sebolai, Fanie Cloete, Quintus Nel.

    Zeerust: Hansie Nortjé, Heydran Jaegers, Casper Fick, Karel Loots, Panatshego Mashabe, Michael Taljaard, Marno Nel, SP Vermaak, Ryan Kassanga, Tshepang Ratshikana, Roux Dreyer, Andries Knoetze, Thebogo Rakate, Conor O’Brien (k), Tshepo Ratshikana. PLAASVERVANGERS: Adrian Theodossi, CJ Kirstein, Shaun Smit, Tshiamo Makgokgoa, Tlotlo Motale, Bowen van As, Donovan Cordier.

  • Ben Viljoen verdedig titel teen Vryburg

    Ben Viljoen verdedig titel teen Vryburg

    Dit is altyd makliker om ’n titel te verower as om hom te behou.

    Die sêding in die sportwêreld is heel gepas om die aanslag van die Hoërskool Ben Viljoen se eerstespan te beskryf om sy titel as kampioen van die Virseker Beeldtrofee vir Mediumskole vandag teen die Hoërskool Vryburg te behou.

    Ben Viljoen het verlede jaar vir Piet Potgieter van Potgietersrus met 32-22 in die eindstryd verslaan.

    Die span van Vryburg is vanjaar omgesukkel en sal nie maklik op sy tuisveld geklop word nie. Ben Viljoen se agtsteman, Phil Joubert, en haker, Thato Maseko, sal soos verlede jaar weer sleutelrolle in hul span se aanslag speel. Joubert is ’n sterk baldraer wat weer hoe om die doellyn te oorkruis.

    Vryburg se skrumskakel, Francois Pelser, sal vandag die 49ste keer sy skool se eerstespan-trui oor die kop trek. Hy het die Luiperds se laaste vesting op verlede jaar se Cravenweek in Stellenbosch beman. Hy behoort dus op die dekverdediging ’n hele paar manne plat te trek. Sy tweelingbroer, Johan, is die span se stelskopper en beman die middelveld saam met Dian Bester. Hy sal self in sy 42ste wedstryd vir Vryburg se eerstes uitdraf.

    Johan Pelser en Gert Jonker het die afgelope twee jaar ’n gedugte kombinasie in die middelveld gevorm. Jonker sal in die eindstryd vanaf die plaasvervangersbank gewis ’n impak op die wedstryd hê.

    Vryburg het vanjaar nog net een keer teen Kathu (5-10) die knie gebuig. Hy is boonop vroeër as kampioen van die Pukke 16-reeks gekroon toe hy Pionier met 57-5 in die eindstryd in Potchefstroom verslaan het.

    Vryburg is in die geskiedenis van die Beeldtrofee vir Mediumskole asook Kleinskole een van die mees suksesvolste spanne. Die skool se eerstespan was in 2009 en 2014 as kampioen van die Mediumskole-afdeling gekroon, terwyl hy ook tussen 2002 en 2005 elke jaar die kroon in die Kleinskole-afdeling gedra het. Die titel van 2005 het hy wel met Parys gedeel.

    In die o.14-eindstryd sal Ellisras en Merensky mekaar die stryd aansê. Ellisras het in die Limpopo-eindstryd vir Merensky met 16-5 verslaan. Die Limpopo-kampioen is nog onoorwonne vanjaar en het in sy 14 wedstryde 531 punte opgestapel en slegs 73 afgestaan.

    Die spanne is:

    Vryburg: Kobus Vermaak, Chris Cloete, Dian Bester, Johan Pelser, Lezano McCarthy, André Kock, Francois Pelser, Jonan van den Berg, Adolf Reyneke, Hermi Potgieter, Henning Stols, RA Pretorius, JW Lazenby, Hanu Heins, Wilhelm van der Merwe. PLAASVERVANGERS: Renier Pienaar, Kobus Meyer, William Janse van Rensburg, MC Janse van Rensburg, Heinrich Jankowitz, Marlon McGuier, Gert Jonker, Zech Esterhuizen.

    Ben Viljoen: MJ Koekemoer, Wynand du Preez, Vincent Roos, Ruben-John Meiring, Gideon Visser,, Ludwigh Lubcker, Sias Morkel, Phil Joubert, WJ du Plessis, Braam de Beer, Jaco Blignaut, Francois Bronn, Heinrich Grobler, Thato Maseko, Armand Engelbrecht. PLAASVERVANGERS: Alex Paissopoulos, Bryan Jovner, Jaco Röntgen, Hendrik Stander, Mondré Jansen van Vuuren, Ruan Human, Jason la Cock, Conrad Scholtz, Hennie Botha.

  • Garsfontein vir die derde jaar in ry in Beeldtrofee eindstryd

    Garsfontein se eerste rugbyspan sal vir die derde agtereenvolgende jaar in die eindstryd van die Virseker Beeldtrofee vir Makroskole in aksie wees.

    Garsies het Monument op die Ras van Rooyen-veld hier met 35-20 in die halfeindstryd van die reeks verslaan. Die besoekers het teen rustyd reeds ’n voorsprong van 22-8 opgebou.

    Monnas het lusteloos vertoon en die SA Skole-wedstryde het duidelik baie uit sy kaptein en haker, PJ Botha, en loskopstut, Nathan McBeth, geneem. Die twee het nie dieselfde spel opgedis wat aan hulle nasionale skolebaadjies in die kas besorg het nie. Dit was die legendariese skoleafrigter, Hans Coetzee, se laaste wedstryd as Monnas se breier.  

    Garsies sal Saterdag op sy tuisveld in Pretoria sy titel as kampioen van die Makroskole teen EG Jansen van Boksburg verdedig.

    Bees Ferreira, haker van Garsfontein, het die veld vol gespeel. Hy het met goeie opvolgwerk die aanvoorwerk vir die vaskopstut, Hendré Eloff, se drie gedoen. Steinhöbel en Garsies se kaptein en agtsteman, Luke Fortuin, was saam met Ferreira die beste voorspelers op die dag.

    Agterlangs was niemand beter as Garsies se binnesenter, Wesley Thompson, nie. Hy het amper na willekeur bresse in Monnas se verdediging geslaan. Hoewel die SA Skole-skrumskakel, Embrose Papier, een van sy stilste wedstryde beleef het, het hy die aanvoorwerk vir Thompson se drie met ’n skitterende breekslag gedoen.

    Vir Monnas kan sy plaasvervanger-heelagter, Bakkies Potgieter, en die slot, Ruan Vermaak, tevrede met hul vertonings voel.

    Garsfontein se twee junior-spanne (o.14 en o.16) het ook hul plekke in die eindstryd bespreek. Garsies  se o.14-span het sy eweknie van Monnas naelskraaps met 15-14 geklop. In die o.16-halfeindstryd het Garsfontein ook die sege met 15-12 van Monnas af gegaps.

    In die halfeindstryd tussen EG Jansen en Waterkloof se o.15-spanne het eersgenoemde met 29-18 sy plek in die eindstryd bespreek. Die twee spanne moes hul wedstryd oorspeel na hul Saterdag met gelykop gespeel het sonder dat enige van hulle punte kon aanteken.

    Puntemakers:

    Garsfontein 35 (22) – Drieë: Austin Davids, Luke Fortuin, Wesley Thompson, Hendré Eloff. Doelskoppe: Davids (2), Thompson. Strafdoele: Davids (3). Monument 20 (8) – Drieë: Bakkies Potgieter (2), PJ Botha. Doelskop: Xander Kruger. Strafdoel: Kruger.  

  • Steinhoff Maties Rugby Tournament for Schools 2016

    In 2015 the Danie Craven Stadium played host to the first edition of the Steinhoff Maties Rugby Top Schools Tournament. The tournament was formerly known as Die Burger Rugby Competition for High Schools and had been played between schools from the Boland, Western Province, South Western Districts and Eastern Province.

    The tournament will have a new format for 2016. It will be an invitational tournament, with 10 teams in action in five action packed matches. The date will be Saturday 27 August and the venue will be the world famous Danie Craven Stadium in Stellenbosch.

    The aim for the day is the following:

    • Introducing a new generation of players to the Matie experience;
    • Building a strong relationship with locally based schools to facilitate the Club’s goal of keeping the best players in the province;
    • Identifying grade 11 learners who can be assisted with academic guidance and tracked throughout their matric year, both in terms of rugby and application status;
    • Gathering the information of matric pupils who have applied to the University, so that they can be included in the planning for the subsequent season.

    Fixtures:

    09:30 Danie Craven Stadium – New Orleans vs Worcester Gim;
    09:30 B Field – Stellenbosch High vs Groenberg
    10:45 Danie Craven Stadium – Augsburg vs Overberg
    10:45 B Field – Vredendal vs Klein Nederburg
    12:00 Danie Craven Stadium – Drostdy vs Brandwag

  • Grey behaal rekordsege in Shimla-liga

    Grey behaal rekordsege in Shimla-liga

    NewsG GreyTrekkersGrey-kollege se eerste rugbyspan het gister met ’n rekordsege van 90-17 vir Voortrekker in Bethlehem in die halfeindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) afgeslag. Volksblad is ’n medeborg van die kompetisie.

    Geen span van die Vrystaat kon nog sedert die onstaan van die reeks in 2007 nog daarin slaag om as kampioen van die Shimla-liga (vir mediumskole) gekroon te word nie. Die verdedigende kampioen, Welkom Gimnasium, sal egter ’n spreekwoordelike has uit die hoed moet pluk indien hulle Grey in die eindstryd wil verras. Die twee spanne sal Saterdag op Shimlapark in die eindstryd sake uitspook.

    Grey het Gimmies vroeër vanjaar in sy eerste wedstryd van die seisoen met 54-24 uit die pad gevee. Die skool van die Rosestad was in die voorganger van die Kovsiestreek-kompetisie die Vrystaatbeker (ook voorheen Administrateursbeker en Direkteurs-trofee) nog nooit aan die verloorkant nie. Grey het in die reeks van 1983 tot 1987 en weer van 1997 tot 2000 die titel verower. Hy het van 1988 tot 1996 nie aan die kompetisie deelgeneem nie.

    Grey het teen die Trekkers slegs twee van sy SA Skole-spelers, Rikus Pretorius (senter) en Rewan Kruger (skrumskakel), ingespan. Grey het teen rustyd met 38-12 voorgeloop met sy vleuel Henk Cilliers wat reeds in die helfte ’n driekuns aan drieë behaal het. Kruger en Pretorius het ’n reuse verskil vir die wenspan gemaak. Grey moes Saterdag sweet om sonder sy SA Skole-spelers vir Paul Roos Gimnasium met 34-32 te troef.

    Pretorius en die kaptein en voorryman, Gideo Beukes, is van die spelers wat na 60 minute deur Grey vervang is toe hul die voet so ietwat van die versneller gehaal het. Die SA Skole A-span losvoorspeler, Dian Schoonees, het op die bank gesit, maar is nie opgestuur nie.

    Grey se twee ander nasionale skolespelers die senter Janco van Heyningen (enkel) en slot Jaco van Tonder (harsingskudding) het die wedstryd as gevolg van beserings misgeloop.

    Die vorige grootste nederlaag in die Shimla-liga was in 2008 toe die Harmony Sportakademie vir Noord-Kaap in Welkom met 66-22 verniel het.

    Voortrekker se verdediging het hom veral in die tweede helfte sleg in die steek gelaat. Daar was slegs een speler van die Trekkers wat kon kers by Grey vashou. Dit was die loskopstut, Francois Klopper. Elke keer wat hy die bal in die hand gekry het, het dit ’n hele paar verdedigers gekos om hom te stuit. Hy het ook in die skrums homself deeglik laat geld. Die skrumskakel, George Badenhorst, en vaskopstut, André Claasse, het ook moedig probeer.

    Puntemakers:

    Voortrekker 90 (38): Drieë: Henk Cilliers (3), Marnus Boshoff (2), Rewan Kruger (2), Naudé Naudé, Francois Grobbelaar, Philip Visser, Hanno Rossouw, Hendro van der Merwe, Arno Nieuwoudt, Michiel Burger. Doelskoppe: Mario Vieira (10). Voortrekker 17 (12): Drieë: Willie Naudé, George Badenhorst, Pieter van Zyl. Doelskop: Louis Viljoen.

     

  • School of Rugby Rankings – 22 August 2016

    School of Rugby Rankings – 22 August 2016

    SOR NuusPaarl Boys’ High managed to finish their second succesive season unbeaten finishing their year with a 52-15 victory over HTS Drostdy at Brugstreet in the Paarl. 

    Grey College cemented their place in second position with three victories since last week’s rankings. A last-gasp controversial victory over Paul Roos Gimnasium (34-32). They also defeated Louis Botha (48-20) and Voortrekker (90-17) in play-off matches in the Kovsie Championship’s Shimla-league. 

    Garsfontein was the big movers as they booked their place in the Beeldtrofee’s final for Macro Schools for the third succesive year with a convincing victory over Monument in the semi-finals on Tuesday. Monnas hold on to their fifth position, but could move down the rankings if EG Jansen manage to take the title from Garsies.

    It is important to take into consideration that School of Rugby’s ranking system only takes into account the performances each team produced thus far in the season and not the potential we might believe each team has.

    Please note that we don’t take matches against international opposition into consideration in our rankings. These games will however still be recorded and shown in our results. This rankings is not an official ranking as there is no official ranking on schoolboy level and this is only to get the discussion on school rugby on South Africa flowing. We however take our responsibilty on reporting school rugby very seriously.

    To see each team’s results so far this season click on their name in the rankings. If you see any results missing please don’t hesitate to contact Hannes Nienaber via e-mail on hannes@schooolofrugby.co.za – and please feel free to discuss and differ from us in the comments section.

    The Rankings: 

    Rankings Team Played Won Drawn Lost Points F Points A Ave Score
    1 Paarl Boys’ High 17 17 0 0      
    2 Grey College 16 15 0 1      
    3 Paarl Gimnasium 17 15 0 2      
    4 Affies 15 13 0 2 733 228 49-15
    5 Monument 19 14 1 4      
    6 EG Jansen 17 13 0 4      
    7 Oakdale Landbou 15 11 0 4      
    8 Boland Landbou 17 13 0 4      
    9 Helpmekaar 16 13 0 3      
    10 Dale College 18 15 1 2      
    11 Welkom Gimnasium 19 16 0 3      
    12 Diamantveld 13 10 0 3      
    13 Jeppe High School for Boys 18 14 0 4 618 357 34-20
    14 Selborne College 19 14 2 3      
    15 Paul Roos Gimnasium 17 11 0 6      
    16 Glenwood 13 10 0 3      
    17 Garsfontein 16 10 0 6      
    18 Outeniqua 15 10 0 5      
    19 Kearsney College 14 11 0 3 516 257 37-18
    20 Grey High School 18 13 0 5      
    21 SACS 18 10 2 6      
    22 Nelspruit 14 9 0 5      
    23 Ben Vorster 15 11 0 4      
    24 Rondebosch Boys’ High 14 8 1 5      
    25 Duineveld 14 11 1 2      
    26 Lichtenburg              
    27 Stellenberg              
    28 Voortrekker 17 11 0 6      
    29 HTS Drostdy 17 11 0 6      
    30 Pietersburg              
  • Ben Viljoen sal sy Virseker Beeldtrofee-titel teen Vryburg verdedig

    Ben Viljoen sal sy Virseker Beeldtrofee-titel teen Vryburg verdedig

    NewsG BenViljoenBen Viljoen van Groblersdal se eerste rugbyspan sy spelpeil moet lig indien hy sy titel as kampioen van die Virseker Beeldtrofee vir Mediumskole wil behou. Hy het Saterdag vir Die Wilgers van Pretoria op sy tuisveld met 29-21 met die kous oor die kop huis toe gestuur.

    Ben Viljoen sal nou na Vryburg moet reis om die aanslag van Vryburg op sy titel af te weer. Die span se agtsteman, Phil Joubert, het sy goeie vertoningslys die seisoen voortgesit en met sy kragtige lopies twee keer die doellyn teen Die Wilgers oorgesteek.

    Vryburg is vroeër as kampioen van die Pukke 16-reeks gekroon na hy Pionier met 57-5 in die eindstryd in Potchefstroom verslaan het. Dit is dus duidelik dat die span weet hoe om die druk wat met die speel van ’n eindstryd gepaardgaan.

    Vryburg het sy plek in die eindstryd met ’n kliniese sege van 44-8 oor Brandwag van Benoni bespreek. Die wenspan het teen rustyd reeds ’n voorsprong van 18-3 geniet.

    Die span se binnesenter, Johan Pelser, het 24 punte tot die oorwinning bygedra. Hy het een van sy span se vyf drieë gedruk, al vyf hiervan verdoel en ook drie strafdoele tussen deur die pale gejaag. Sy tweelingbroer, Francois, het ook ’n goeie wedstryd agter die oond beleef. Hy het Brandwag om die losskrums en losgemale besig gehou.

    Sy samespel met die agtsteman, Jonan van der Berg, was ook baie goed. Van der Berg het met sy lopies ook telke male oor die voordeellyn gekom.

    Die flank Hermi Potgieter het ook in die los gewoel.

    Ellisras se o.14-span spog nog met ’n onoorwonne record vanjaar en het nie veel genade vir Leeuwenhof Akademie betoon nie deur gemaklik met 58-0 as oorwinnaars in die halfeindronde van die veld te stap. Hy sal in die eindstryd van die Beeldtrofee teen Merensky van Tzaneen te staan kom.

    In die o.16-eindstryd sal Ellisras teen Schoonpruit van Klerksdorp om die titel sake uitspook. Ellisras het Leeuwenhof met 48-17 in die halfeindronde geklop, terwyl Schoonspruit ietwat harder moes werk om Brandwag van Benoni met 25-22 uit te skakel.

    Ben Viljoen se o.15-span sal ook na Vryburg vir die eindstryd reis na hy vir Overvaal met 7-5 uitoorlê het. In die ander halfeindstryd het Piet Potgieter van Potgietersrus vir Leeuwenhof met 50-7 kaf gedraf. 

    Puntemakers: 

    Vryburg 44 (18) – Drieë: Francois Pelser (2), JW Lazenby, MC van Rensburg, Johan Pelser. Doelskoppe: Pelser (5). Strafdoele: Pelser (3). Brandwag (Benoni) 8 (3) – Drie: Sheldon Botha. Strafdoel: Martin Steyn.

    Ben Viljoen 29 – Drieë: Phil Joubert (2), Jaco Blignaut, Braam de Beer, Armand Engelbrecht. Doelskoppe: Gideon Visser (2). Die Wilgers 21

    Ander spanne:

    o.16: Ellisras 48, Leeuwenhof 17; Schoonspruit 25, Brandwag 22.

    o.15: Ben Viljoen 7, Overvaal 5; Piet Potgieter 50, Leeuwenhof 7.

    o.14: Merensky 15, Hoërskool Sasolburg 12; Ellisras 58, Leeuwenhof 0. 

     

     

    Vryburg 44 (18) – Drieë: Francois Pelser (2), JW Lazenby, MC van Rensburg, Johan Pelser. Doelskoppe: Pelser (5). Strafdoele: Pelser (3). Brandwag (Benoni) 8 3) – Drie:

    Ben Viljoen 29 – Drieë: Phil Joubert (2), Jaco Blignaut, Braam de Beer, Armand Engelbrecht. Doelskoppe: Gideon Visser (2). Die Wilgers 21.

     

    Ander spanne:

    o.16: Ellisras 48, Leeuwenhof 17; Schoonspruit 25, Brandwag 22.

    o.15: Ben Viljoen 7, Overvaal 5; Piet Potgieter 50, Leeuwenhof 7.

    o.14: Merensky 15, Hoërskool Sasolburg 12; Ellisras 58, Leeuwenhof 0.