SSPN Test Site

Blog

  • Paar weglatings uit SA Skole-proewe laat wenkbroue lig

    Die weglating van Athi Mayinje (Oostelike Provinsie), S’busiso Nkosi (Leeus), PJ Toerien (Blou Bulle) en Shirwin Cupido (Vrystaat) uit die groep van 55 spelers wat Saterdag aan die Suid-Afrikaanse Skole-proefwedstryde deelneem sal die meeste wenkbroue laat lig.

    Buiten die feit dat al vier spelers van kleur is, was hulle dié beste en van die beste spelers vir hulle onderskeie unies op die 51ste Cravenweek vir hoërskole verlede week in Middelburg (Mpumalanga).

    Die proewe word Saterdag in die Barnard-stadion in Kemptonpark gehou.

    Spanne se vertonings tydens die Cravenweek het ook nie ‘n invloed op die spelers se kanse om die groep te haal gehad nie. Die Blou Bulle het dieselfde aantal spelers wat na die proewe genooi is, as wat die twee spanne wat in die hoofwedstryd betrokke was, die Oostelike Provinsie (6) en Suidwestelike Distrikte (4), saam in die span het.

    Toerien wat verlede jaar die nasionale skolespan gemaak het, het vanjaar nie eers die proefwedstryde gehaal nie. Dit terwyl verlede jaar se SA Skole-skrumskakel, Marco Janse van Vuuren (Valke) duidelik die groep op sy reputasie gehaal het. Cupido het ‘n veel beter week agter die oond beleef.

    Die keurders het ook Griekwa-platteland se slot Cobus Wiese as flank na die proewe genooi, terwyl die span se stut Stefan Hanekom ook nog ‘n kans gaan kry om hulle te beindruk. Die Griffons wat vir die tweede jaar agtereenvolgens die toernooi onoorwonne afgesluit het se skrumskakel, Jaywinn Juries, is saam met die vleuel Nazo Nkala die enigste spelers van die Noord-Vrystaat wat goed genoeg geag is om aan die proewe deel te neem.

    Twee spelers wat nie op vanjaar se Cravenweek in Middelburg in aksie was nie, Jurie Fick en Hacjivah Dayimani, is na die proewe uitgenooi. Fick was Boland se flank op die Akademie-week in Worcester, terwyl Dayimani die Leeus se agtsteman op die toernooi was.

    Nie een speler van die twee voroste skolespanne tot dusver vanjaar in Suid-Afrika volgens School of Rugby se ranglys, Grey-kollege of Paul Roos Gimnasium, het die groep gehaal nie. Grey-kollege se tweedespan vaskopstut, IG Prinsloo, is die enigste speler van dié skool wat die groep gehaal het.

    Die keurders behoort egter steeds ‘n sterk SA Skole-span uit die groep te kan kies wat op dié span se onoorwonne rekord sedert 2010 kan voortbou. Die nasionale skolespan speel teen sy eweknie van Frankryk (15 Augustus), Wallis (19 Augustus) en Engeland (23 Augustus) volgende maand.

    Die groep is: 

    Agterspelers: 

    Morné Joubert Heelagter Glenwood KwaZulu-Natal
    Eduan Keyter Heelagter Affies Blou Bulle
    Keanu Vers Heelagter Grey PE Oostelike Provinsie
    Nazo Nkala Regtervleuel Welkom-Gimnasium Griffons
    Duncan Saal Regtervleuel Kasselsvlei  Westelike Provinsie
    Manie Libbok Regtervleuel Outeniqua SWD
    Jerry Danquah Linkervleuel Queens-kollege  Grens
    Conree Poole Linkervleuel Garsfontein  Blou Bulle
    Andell Loubser Linkervleuel Menlopark Blou Bulle
    Barend Smit Buitesenter HTS Middelburg Pumas
    Cyprian Nkomo Buitesenter Hoërskool Middelburg  Pumas
    Markus Coetzer Buitesenter Bergsig Luiperds
    JT Jackson Binnesenter Oakdale Landbou SWD
    Tshepo Thulo Binnesenter Jeppe  Goue Leeus
    Heino Bezuidenhout Binnesenter HTS Daniël Pienaar Oostelike Provinsie
    Franco Naudé Binnesenter Garsfontein Blou Bulle
    Tinus de Beer  Losskakel  Waterkloof  Blou Bulle 
    Curwin Bosch  Losskakel  Grey PE  Oostelike Provinsie 
    Tristan Tedder  Losskakel  Kearsney-kollege  KwaZulu-Natal 
    Jaywinn Juries Skrumskakel Hentie Cilliers Griffons
    Stephan Enslin Skrumskakel HTS Middelburg Pumas
    Marko Janse van Vuuren Skrumskakel Transvalia Valke
    Embrose Papier Skrumskakel Garsfontein Blou Bulle

    Voorspelers

    Jaco Coetzee Agtsteman Glenwood KwaZulu-Natal
    Junior Pokomela Agtsteman Grey PE Oostelike Provinsie
    Edmund Rheeder Agtsteman Hoërskool Klerksdorp Luiperds
    Hacjivah Dayimani Agtsteman Jeppe Goue Leeus
    Cobus Wiese Flank Hoërskool Upington Griekwa-platteland
    Conal Brown Flank Klein Nederburg  Boland
    Victor Maruping Flank Louis Botha Vrystaat
    Arnold Gerber Flank Menlopark Blou Bulle
    Saud Abrahams Flank Bishops  Westelike Provinsie
    Len Massyn Flank Monument Goue Leeus
    Luigy van Jaarsveld Flank Marlow Landbou OP-platteland
    Jurie Fick Flank HTS Drostdy Boland
    Eduard Zandberg Slot Outeniqua SWD
    Ruben de Villiers Slot Paarl BHS Westelike Provinsie
    Hendré Stassen Slot EG Jansen Valke
    Teubes Brits Slot Landboudal Griekwas
    Jaco Willemse Slot Paarl Gimnasium Westelike Provinsie
    Rhyno Herbst Slot Monument Goue Leeus
    Rikus Swarts Slot Noord-Kaap Griekwas
    Ashton Fortuin Slot Southdowns-kollege  Blou Bulle
    IG Prinsloo Vaskopstut Grey-kollege Vrystaat
    Sarel-Marco Smit Vaskopstut Eldoraigne Blou Bulle
    Stefan Hanekom Vaskopstut Duineveld  Griekwa-platteland
    Koos Tredoux Vaskopstut Glenwood KwaZulu-Natal
    Jan-Henning Campher Haker Garsfontein Blou Bulle
    Le Roux Baard Haker Outeniqua SWD
    Alandré van Rooyen Haker Nico Malan  Oostelike Provinsie
    Nico Peyper Haker EG Jansen Valke
    Kenny van Niekerk Loskopstut Glenwood  KwaZulu-Natal
    Ngonidzashe Chidoma Loskopstut Northwood  KwaZulu-Natal
    Michael Kumbirai Loskopstut St. Alban-kollege  Blou Bulle
    Lupumlo Mguca Loskopstut HTS Daniël Pienaar  Oostelike Provinsie
  • SARU announce large group for SA Schools trials

    SARU has announced a squad of 55 school boy rugby players to attend the SA Schools trials on Saturday, 26 July at the Barnard Stadium in Kempton Park, Johannesburg.

    The SA Schools trial squad was selected by the national selectors following the conclusion of the Under-18 Coca-Cola Craven Week in Middelburg. The trials in Kempton Park will assist the national selectors to finalise the 28-man SA Schools squad for next month’s series of international matches featuring France, Wales and England.

    In the last four years the SA Schools team, which is sponsored by Coca-Cola, participated in the series with great success by remaining unbeaten.

    With a healthy rugby development system in SA, they will look to repeat this feat for the fifth time in August following the decision by the English, French and Welsh Under-18 teams to return to SA this year.

    The SA Schools team will face France in their first match of the series at the City Park Stadium in Cape Town on August 15, Wales at Outeniqua Park in George on August 19, and England at the Paul Roos Markötter ground in Stellenbosch on August 23.

    The trial group consists of 23 backs and 33 forwards and includes two players who starred at the Under-18 Academy Week in Worcester recently, Boland flanker Jurie Fick and Lions number eight Hacjivah Dayimani.

    “This large group of players caught the attention with their exciting skills during another excellent Under-18 Coca-Cola Craven Week.

    All of them now have a final chance to impress the selectors, who have the difficult task to select just 28 players for the upcoming youth internationals,” said SARU CEO Jurie Roux.

    Roux added: “Over the years we have seen many players graduate from the Coca-Cola Youth Weeks to the SA Schools team and then to either to our provincial unions or the Springbok team. We believe this tough competition for our school players will ensure that they are adequately prepared for the demands and challenges of international rugby in future.”

    The following players will attend the SA Schools trials on Saturday in Kempton Park, Johannesburg:

    Fullbacks: Morne Joubert (KZN), Eduan Keyter (Blue Bulls), Keanu Vers (Eastern Province);

    Right wings: Nazo Nkala (Griffons), Duncan Saal (WP), Manie Libbok (SWD);

    Outside centres: Barend Smit (Pumas), Cyprian Nkomo (Pumas), Markus Coetzer (Leopards);

    Inside centres: JT Jackson (SWD), Tshepo Thulo (Lions), Heino Bezuidenhout (Eastern Province), Franco Naude (Blue Bulls);

    Left wings: Jerry Danquah (Border), Conree Poole (Blue Bulls), Andell Loubsher (Blue Bulls).

    Fly halves: Curwin Bosch (Eastern Province), Thinus de Beer (Blue Bulls), Tristian Tedder (KZN).

    Scrumhalves: Marko Janse van Vuuren (Valke), Embrose Papier (Blue Bulls), Stephan Enslin (Pumas), Jaywinn Juries (Griffons);

    Number eights: Jaco Coetzee (KZN), Junior Pokomela (Eastern Province), Edmund Rheeder (Leopards), Hacjivah Dayimani (Lions).

    No 7 flankers: Cobus Wiese (Griquas Country Districts), Conal Brown (Boland), Victor Maruping (Free State), Arnold Gerber (Blue Bulls).

    No 6 flankers: Saud Abrahams (Western Province), Willem Massyn (Lions), Luigy van Jaarsveld (Eastern Province CD), Jurie Fick (Boland);

    No 5 locks: Eduard Zandberg (SWD), Ruben de Villiers (Western Province), Hendré Stassen (Valke), Teubus Brits (Griquas).

    No 4 Locks: Jaco Willemse (Western Province), Rhyno Herbst (Lions), Rikus Swart (Griquas), Ashton Fortuin (Blue Bulls).

    Tighthead props: Ignatius Prinsloo (Free State), Sarel-Marco Smit (Blue Bulls), Stefan Hanekom (Griquas CD), Jakobus Tredoux (KwaZulu-Natal)

    Hookers: Jan-Henning Campher (Blue Bulls), Le Roux Baard (SWD), Alandre van Rooyen (Eastern Province), Nico Peyper (Valke).

    Loosehead props: Kenneth van Niekerk (KwaZulu-Natal), Ngonidzashe Chidoma (KwaZulu-Natal), Michael Kumbirai (Blue Bulls), Lupumlo Mguca (Eastern Province).

  • Kings hóórt tussen grotes, sê breier

     

    MIDDELBURG. – “Ons het dit gedoen om te wys dat die Oostelike Provinsie Kings in Superrugby hoort.”

    Dit was die woorde van die OP se Cravenweek-span se hoofafrigter, Louis Gerber, ná sy span die eerste keer sedert 1977 daarin geslaag het om as nie-amptelike kampioen van die week gekroon te word.

    Die OP het sy bure, die Suidwestelike Distrikte, met 25-7 in die hoofwedstryd van die 51ste Cravenweek vir hoërskole in Middelburg verslaan.

    “Daar was van ons eerste oefening ’n samehorigheid onder die spelers. Ons spangees was uitstekend en al die seuns was voor die tyd reeds pêlle,” het Gerber gesê.

    Dié span het slegs drie drieë tydens die toernooi afgestaan. Die Volstruisboere se skrumskakel Dominic Smit, die Vrystaat se senter Julian Jordaan en die Blou Bulle se slot Ettienne Matthys is die spelers wat die span van die Baai se doellyn kon oorsteek.

    “Ons is baie trots op ons verdediging en het voor die toernooi gesê dat as ons net drie drieë afstaan, ons die week kan wen.

    “Daar was baie beplanning. Ons het geweet as ons die Blou Bulle klop, sou ons moontlik teen die Vrystaat speel. Al die spelers het vooraf geweet teen wie hulle sou speel en wat hul rol sou wees,” het Gerber gesê.

    ’n Paar van die spelers in vanjaar se groep het in 2009 ook op die Cravenweek vir laerskole met die kroon weggestap.

    Saterdag was die kaptein en flank, Johann van Niekerk, die vleuel Athi Mayinje en heelagter, Keanu Vers die enigste oorblywende lede van 2009 se span. Jordaan was in dié hoofwedstryd Speler van die Wedstryd.

    Ook vir Curwin Bosch het die week ’n persoonlike hoogtepunt opgelewer. Toe Bosch in sy span se eerste wedstryd teen die Blou Bulle in die doodsnikke ’n doelskop van die kantlyn oorgeskop het vir ’n sege van 26-25, het hy wraak op die Pretorianers geneem. Hy was verlede jaar in die OP se o.16-span wat in die doodsnikke met 30-26 teen die Ligbloues verloor het.

    Die Griffons is die enigste ander span wat die toernooi onoorwonne kon afsluit. Dié span het die derde keer die afgelope vier jaar daarin geslaag om al hul Cravenweek-wedstryde te wen.

     

  • OP verbreek droogte van 37 jaar op die Cravenweek

    OP verbreek droogte van 37 jaar op die Cravenweek

    Die Oostelike Provinsie is gister – vir die eerste keer sedert 1977 – as die nie-amptelike kampioen van die Cravenweek vir hoërskole gekroon.

    Die span van die Baai het SWD oortuigend met 25-7 afgeransel in die hoofwedstryd van die 51ste jaarlikse toernooi in Middelburg, Mpumalanga.

    In die OP-span van 1977 was sterre soos Danie Gerber, Tino Kankowski, Boelie Serfontein en Pote Human.

    Hulle het die Westelike Provinsie daardie jaar in die hoofwedstryd in Oudtshoorn met 19-17 geklop.

    Serfontein was ook die SA Skole-kaptein toe die Cravenweek laas in 1978 in Middelburg gedraai het.

    Gister het die Oos-Kapenaars se pak voorspelers – met kaptein Johann van Niekerk en sy flankmaat SF Nieuwoudt aan die spits – die Volstruisboere by die afbreekpunte hoofbrekens besorg.

    Van Niekerk se agttal het deurgaans onder die spreekwoordelike kombers gespeel.

    Die skrif was reeds teen rustyd aan die muur, met die telling 20-0 in die wenspan se guns.

    Die span van die Baai se verdediging was ook een van sy grootste bondgenote. Hy het slegs drie drieë tydens die hele week afgestaan.

    Dié jaargroep het ook in 2009 die o.13-Cravenweek se hoofwedstryd teen WP met 12-0 gewen.

    ) Vroeër is die Vrystaat met 37-29 ore aangesit deur die WP.

    Die jong Blikore se senter en kaptein, Julian Jordaan, is boonop weens swak gedrag van die veld gejaag.

    ) Die Blou Bulle het hul beste vertoning vir laaste gelos, deur KwaZulu-Natal met 36-15 die loef af te steek.

    Die Ligbloues se losskakel, ­Tinus de Beer, was saam met sy skakelmaat, Embrose Papier, op hul stukke.

    De Beer het 21 van sy span se punte aangeteken – wat twee drieë ingesluit het.

    Die Piesangboere se agtsteman, Jaco Coetzee, was weer uitmuntend voordat hy die veld met ’n besering moes verlaat.

    ) Die Leeus se flank Len ­Massyn het ’n driekuns aan drieë aangeteken in sy span se oorwinning van 39-24 oor die gasheer, die Pumas.

    Die Pumas kon nie een van hul drie wedstryde in vanjaar se toernooi wen nie.

  • School of Rugby’s SA Schools team for 2014

    MIDDELBURG. – Daar word nou wel nie vanjaar ’n Suid-Afrikaanse Skole-span net na afloop van vandag se hoofwedstryd van die 51ste Cravenweek vir hoërskole hier bekend gemaak nie, maar School of Rugby het besluit om self ’n nasionale skolespan te kies.

    Daar word wel na afloop van die hoofwedstryd ’n groep van 50 spelers bekend gemaak, wat op 26 Julie in Kemptonpark aan die nasionale skoleproewe sal deelneem.

    Die hoofwedstryd word vanjaar tussen die Oostelike Provinsie en Suidwestelike Distrikte beslis.

    School of Rugby se span is grootliks op vertonings tydens die week gekies. Van die ongelukkigstes om nie ons 22-tal te haal nie is Grens se vleuel Jerry Danquah, Vrystaat se skrumskakel Shirwin Cupido, Oostelike Provinsie se agtsteman Junior Pokomela, die Blou Bulle se senter Franco Naudé en ook hulle kantman Justin Meintjies.

    Ons het ook nie vertonings tydens vanjaar se Akademie-week in ag geneem nie, wat deur die SA Skole-keurders dopgehou is.

    Die Luiperds se buitesenter, Markus Coetzer, speel vir sy skoolspan op losskakel, maar het op vanjaar se toernooi met sy spel op buitesenter beïndruk. Hoewel Naudé van die Ligbloues dalk die meer afgronde speler vir die posisie is, het ons op Coetzer besluit.

    Hy is boonop ook tot dusver met sy 44 punte die voorste puntemaker op die toernooi.

    Die twee grootste kragte oor al die jare op die Cravenweek, die Vrystaat en Westelike Provinsie, het elk net een speler, Victor Maruping (Vrystaat) en Gavin van den Berg (WP) wat ’n plek in die verkose span kon kry. Maruping was van die kant van die skrum af in albei sy span se wedstryde ’n staatmaker.

    Verlede jaar se SA Skole-skrumskakel, Marco Janse van Vuren, haal nie vanjaar ons span nie. Die voorste vertoning deur ’n skrumskakel op die toernooi tot dusver was ongetwyfeld deur Jaywinn Juries van die Griffons.

    ) School of Rugby se SA Skole-span sal so lyk:

    15 Morné Joubert (KwaZulu-Natal), 14 Athi Mayinje (Oostelike Provinsie), 13 Markus Coetzer (Luiperds), 12 JT Jackson (SWD), 11 S’busiso Nkosi (Leeus), 10 Tinus de Beer (Blou Bulle), 9 Jaywinn Juries (Griffons), 8 Jaco Coetzee (KwaZulu-Natal), 7 Victor Maruping (Vrystaat), 6 PJ Toerien (Blou Bulle), 5 Eduard Zandberg (SWD), 4 Hendré Stassen (Valke), 3 Wynand de Necker (SWD), 2 Alandré van Rooyen (Oostelike Provinsie), 1 Gavin van den Berg (Westelike Provinsie). Plaasvervangers: 16 Jan-Henning Campher (Blou Bulle), 17 Madot Makombela (Limpopo Blou Bulle), 18 Ashton Fortuin (Blou Bulle), 19 McMillan Muller (KwaZulu-Natal), 20 Embrose Papier (Blou Bulle), 21 Curwin Bosch (Oostelike Provinsie), 22 Keanu Vers (Oostelike Provinsie).

  • Agtstemanne hou sleutel in vandag se hoofwedstryd

    MIDDELBURG. – Met albei unies wat mekaar vandag in die hoofwedstryd van die 51ste Cravenweek vir hoërskole op HTS Middelburg se hoofveld pak se laaste verskynings in die gesogte wedstryd het hulle sterk op die leierskap van hulle agtstemanne gesteun.

    Oostelike Provinsie en Suidwestelike Distrikte se mekaar om 12:45 in die hoofwedstryd die stryd aan.

    Die Voltruisboere was laas in 2008 in Pretoria teen die Vrystaat in die hoofwedstryd met sy agtsteman en kaptein, CJ Stander, wat hulle tot ’n sege van 31-25 geinspireer het.

    Die span van die Baai se kaptein en agtsteman met hulle laaste verskyning in die hoofwedstryd in 2005 was die Springbok Dewald Potgieter. Oostelike Provinsie het op dié dag met 38-15 teen die Leeus die knie in Bloemfontein gebuig.

    Oostelike Provinsie was laas in 1979 aan die wenkant in die hoofwedstryd. Die span se agtsteman, Junior Pokomela, kan met nog ’n stewige vertoning sy span se lang droogte verbreek. Die Voltruisboere se agtsteman is, Navada Jacobs.

    Dit is die eerste keer sedert 2000 dat nie een van Suid-Afrika se sogenaamde Groot Vyf unies in dié wedstryd in aksie is nie.

    Toe was dit die stryd van die losskakels met Derick Hougaard (Boland) en Nel Fourie (Pumas) wat in ’n stryd gewikkel was. Die Pumas het die naelbyt-stryd met 19-18 gewen.

    Dit is ook die eerste eindstryd sedert 2010 in Welkom waarin die Leeus nie te sien sal wees nie.

    Drie spanne sal na afloop van vanjaar se toernooi met ’n onoorwonne rekord kan spog. Buiten die wenner van die hoofwedstryd sal die Griffons, Luiperds en Griekwas almal vandag veg om hulle onoorwonne statusse te behou.

    Die Perses het sedert die 2011-toernooi nog net een keer verloor. Hulle kom teen die Luiperds in die hoofwedstryd van die tweede veld, Hoërskool Middelburg se hoofveld, te staan.

    Hulle sal egter nie gelukkig met die bepalings wees nie. Met dié wedstryd is hulle ontneem daarvan om vir hulself ’n beter posisie op SA Rugby se rangorde vir volgende jaar se toernooi in Durban te verwerf, maar ook om hulself behoorlik te toets. Die Griffons was verlede jaar ook onoorwonne en verdien eintlik om vandag op die hoofveld te speel.

    In die vroeëre dae van die Cravenweek toe die spanne wat die opwindendste rugby tydens die toernooi opgedis het, beloon is om in die hoofwedstryd of op die hoofveld te speel sou die Griffons, Luiperds en Griekwas dalk vandag op die hoofveld te sien gewees het.

    Die Perses en Poubloues is boonop die enigste twee spanne op die toernooi wat nog onoorwonne is, wat vier om meer drieë in albei hulle kragmetings tot dusver gedruk het.

    ) Vandag se bepalings is:

    HTS Middelburg A-veld – 08:30: Pumas t. Leeus; 09:50: Westelike Provinsie t. Vrystaat; 11:10: KwaZulu-Natal t. Blou Bulle; 12:45: Suidwestelike Distrikte t. Oostelike Provinsie.

    Hoërskool Middelburg A-veld – 08:30: Zimbabwe t. Namibië; 09:50: Griekwas t. Grens; 11:10: Griffons t. Luiperds.

    Hoërskool Middelburg B-veld – 08:30: Griekwa-platteland t. Grens-platteland; 09:50: Boland t. Limpopo Blou Bulle; 11:10: OP-platteland t. Valke.

     

  • ‘Bokke sal identiteit behou’

    Die Springbokke sal tradisionele Bok-rugby speel en nie probeer om die All Blacks, Wallabies of Engeland na te boots nie.

    Só het Jurie Roux, uitvoerende hoof van SA Rugby, tydens sy besoek aan die 51ste Cravenweek vir hoërskole in Middelburg (Mpumalanga) gesê.

    “Suid-Afrika het ’n trotste rugby-erfenis en geskiedenis en Suid-Afrikaanse spanne en ook die Springbokke se manier van speel is wyd bekend. Dit is geskoei op al die vernaamste beginsels van rugby soos krag, vaart, spanwerk, fiksheid en taktiese akkuraatheid.

    “Deesdae is dit ook belangrik om professionaliteit by die lys te voeg,” het Roux gesê.

    Die Springbokke gaan volgens Roux ook nie om verskoning vra omdat hulle tradisionele Springbok-rugby speel pleks van om die spel van die All Blacks, Wallabies of Engeland na te boots nie.

    “Dit is baie belangrik dat die Springbokke hul eie identiteit in hul spelpatroon behou. Suid-Afrika het reeds twee keer die Webb Ellis-trofee gewen en daar is redes daarvoor. Die grondslag van sukses is geskep, ons moet seker maak ons bly ons teenstanders een voor in die uitvoering daarvan.”

    Die Springbokke het in 1995 en 2007 die Wêreldbeker verower. Die meeste van die spelers van albei dié spanne het hul tande op die jaarlikse Cravenweek geslyp.

    “Die Cravenweek is uniek en iets waarop ons by Saru geweldig trots is. Die weke betrek die totale spektrum van skolerugbyspelers, van o.13 tot o.18. Dit beteken ons gee speelkans aan die beste provinsiale spelers in alle ouderdomsgroepe, wat baie belangrik is vir die ontwikkeling van die spelers.

    “Hulle kan hulself teen die beste in hul ouderdomgroepe meet. Soos jy weet, word ’n groot groep spelers ná die week gekies, wat dan proewe speel, waarna die SA Skolespan gekies word. Dit gee ook die keurders die beste kans om al die talent in een plek op verskillende dae in aksie te sien.”

    Roux het ook die onderwysers wat as afrigters en administrateurs by skolerugby betrokke is vir hul bydraes tot Springbok-rugby geloof.

    Suid-Afrikaanse skolerugby speel ’n groot rol om die Springbokke een van die voorste spanne in wêreldrugby te hou.

    “Elke speler wat ’n Springbok geword het, het op skolevlak begin, so die belangrikheid van skolerugby kan nie genoeg beklemtoon word nie. Skolerugby is baie belangrik vir die ontwikkeling en behoud van die spel in Suid-Afrika.”

  • SWD en OP pak mekaar in die hoofwedstryd van #Cravenweek2014

    MIDDELBURG. – Oostelike Provinsie het met sy eerste sege oor die Vrystaat sedert 1991 op die Cravenweek vir die eerste keer sedert 2005 sy plek in die hoofwedstryd van die toernooi bespreek.

    Dié sege van 19-5 op die 51ste Cravenweek op HTS Middelburg se veld is ook die span van die Baai se grootste nog oor die Vrystaters sedert die onstaan van die toernooi in 1964.

    OP en Suidwestelike Distrikte sal mekaar more in die hoofwedstryd van die toernooi pak. Dit sal die eerste keer sedert 2000 wees wat albei spanne wat in dié kragmeting betrokke is nie een van die Groot Vyf unies is nie.

    In 2000 het die Pumas vir Boland met 19-18 in die hoofwedstryd geklop.

    Die span van die Baai se binnesenter, Heino Bezuidenhout, het die Vrystaat met sy kraglopies hoofbrekens besorg. Die heelagter Keanu Vers, vleuel Athi Mayinje en losskakel Curwin Bosch het almal bygedra tot opwindende agterspel deur die wenspan.

    Voor die senter, Julian Jordaan met sy drie sy span se enigste punte aangeteken het, het dit geblyk of die Vrystaters vir die eerste keer sedert 1994 nie daarin sou slaag om punte in ’n wedstryd aan te teken nie.

    ) Die Jukskei-derby is deur die Blou Bulle met 21-10 gewen. Hulle het die sege beklink omdat hulle daarin geslaag het om dié druk wat die Leeus op hulle in die tweede helfte geplaas het suksesvol te verwerk.

    Die Leeus het die oorhand in die tweede helfte gehad en die Ligbloues kon nie ’n enkele punt in dié helfte aanteken nie. Die Rooibontes kon egter net een drie deur die kantman, Constant Beckerling, vir al hulle moeite in dié helfte wys.

    ) Griekwas het sy onoorwonne status op vanjaar se toernooi behou deur Boland met 38-27 die loef af te steek. Albei spanne het vier drieë gedruk met die skopskoen van die Poubloues se losskakel, Robbie Petzer. Hy het onder andere met die langste poging van sy loopbaan ’n strafdoel van 57 meter geslaag.

    Die Poubloues is een van vyf spanne wat die laaste dag onoorwonne sal ingaan. Die ander vyf is Oostelike Provinsie, Suidwestelike Distrikte, die Griffons en die Luiperds.

    Petzer het waarskynlik met sy vertoning in dié wedstryd vir hom ’n plek in die groep vir die SA Skole-proewe bespreek. Sy skakelmaat, Brandon de Melim, het self ’n uitstaande vertoning gelewer.

    ) Die Luiperds se buitesenter, Markus Coetzer, het met nog ’n kragtige vertoning gewis ’n paar regmerkies van die nasionale skolekeurders ontvang. Hy het 21 van sy span se punte in sy oorwinning van 26-20 oor die Valke aangeteken. Sy sentermaat, Stefan van Vuuren, het ook weer uistaande spel gelewer.

    Vir die Valke het die heelagter, Martin van Wyk, ’n hele paar keer op die aanval gevaarlike lopies geloots.

    ) Namibië was stadig uit die blokke teen Grens-platteland en het teen rustyd slegs 24-0 voorgeloop, maar in die tweede helfte na ’n hoër rat oorgeskakel om uiteindelik met 69-0 te wen.

    Die Biltongboere se agtsteman, Adriaan Booysen, het ’n driekuns aan drieë behaal. Grens-platteland het nou 165 punte in sy twee wedstryde afgestaan en nog nie ’n enkele punt aangeteken nie.

    ) More se bepalings is:

    HTS Middelburg A-veld – 08:30: Pumas t. Leeus; 09:50: Westelike Provinsie t. Vrystaat; 11:10: KwaZulu-Natal t. Blou Bulle; 12:45: Suidwestelike Distrikte t. Oostelike Provinsie.

    Hoërskool Middelburg A-veld – 08:30: Zimbabwe t. Namibië; 09:50: Griekwas t. Grens; 11:10: Griffons t. Luiperds.

    Hoërskool Middelburg B-veld – 08:30: Griekwa-platteland t. Grens-platteland; 09:50: Boland t. Limpopo Blou Bulle; 11:10: OP-platteland t. Valke.

     

     

     

     

     

  • Grens-platteland in die sop oor onwettige spelers

    MIDDELBURG. – As dit nie vir Grens-platteland erg genoeg is dat hulle die melkkoeie van die Cravenweek is nie, is die span se bestuurspan gister deur die Suid-Afrikaanse Skole-rugbyvereniging (SASRV) oor die vingers getik.

    Grens-platteland het gister twee spelers onwettig in hulle loesing van 69-0 teen Namibië op die vierde dag van 51ste Cravenweek vir hoërskole op die hoofveld van HTS Middelburg gebruik.

    Hy het Yawo Penxe en Lukhanyo Matshoba van Queens-kollege laat invlieg om hulle by die span aan te sluit. Dit nadat daar nie geld beskikbaar was om vir die spelers slaapplek voor die Cravenweek met hulle busrit te betaal nie. Die bus het op Ladysmith en iewers in Mpumalanga in die nag gestop sodat die spelers en dis busdrywer kon slaap.

    Volgens die span se hulpafrigter, Richard Pretorius, moes die seuns boonop ook vir twee ure in die koue in die nag buite die bus staan, nadat die busdrywer aan hulle gese het hy kan nie slaap nie want hulle raas te veel en hulle deur hom uitgestuur is.

    “Die spelers moes buite in die koue staan sodat hy kon slaap. Ek het ook nie saam met die besluit gestem om dié twee spelers in te bring nie, maar is gese om my mond te hou. Nie een van die twee spelers van deel van ons aanvanklike keuringsproses nie,” het Pretorius gesê.

    Die Cravenweek se toernooi-reëls meld dat slegs spelers wat deur die toernooi-dokter ondersoek is en deur hom onfiks verklaar is om verder aan die toernooi deel te neem vervang mag word. “Nie eers as die speler se pa ’n dokter is, mag hy hom onfiks verklaar om verder aan die toernooi deel te neem nie. Slegs die toernooi-dokter kan daardie besluit neem. Dit was ’n swak keuse deur die bestuurspan en dit is nie opvoedkundig vir die seuns nie. Dié twee spelers het onwettig aan die toernooi deelgeneem en mag nie verder betrokke by die toernooi wees nie,” het Thys Bezuidenhout, voorsitter van die SASRV, gesê.

    Daar is ook vrywarings vorms wat vooraf deur die spelers se ouers voltooi moes word, voor hulle aan die toernooi kon deelneem wat glad nie gedoen is nie.

    Penxe en Matshoba het as plaasvervangers op die veld verskyn. Die twee het onderskeidelik die heelagter Vuyisanani Ntshengulana en senter Onele Nogoxo in die groep vir ’n wyle vervang.

    Grens-platteland kon laas in 2009 teen die SA LSOB-span (vir leerlinge met spesiale behoeftes) ’n sege op die Cravenweek behaal.

  • ‘Kampioen’ kry pak

    MIDDELBURG. – Daar sal vanjaar ’n nuwe nie-amptelike kampioen op die 51ste Cravenweek vir hoërskole hier by die HTS Middelburg gekroon word.

    Suidwestelike Distrikte het die Westelike Provinsie met 38-23 in die hoofwedstryd van die derde dag die loef afgesteek om waarskynlik sy plek in die hoofwedstryd van die toernooi te bespreek.

    Shadward Fillies, vleuel van SWD, het met twee drieë in slegs drie minute die Streeptruie teen die toue gehad. Net voor Fillies se eerste drie, het WP-flank Mervano de Silva oorgeval om die wenspan se voorsprong tot net 19-14 te krimp.

    Fillies het van die afskop af die bal gevang en gaan druk. Net daarna het hy ’n aangee van die WP-skrumskakel, Jondré Williams, onderskep om sy tweede te gaan druk.

    Die SWD-binnesenter, JT Jackson, se vertoning sal waarskynlik die langste onthou word. Hy het ’n hele paar keer soos ’n warm mes deur botter deur die Streeptruie se verdediging gesny. Hy het self twee keer gaan druk.

    Hy het wel vier pogings na die pale verbrou. Jackson sal volgende jaar sy loopbaan by die Blou Bulle voortsit.

    * KwaZulu-Natal het die Pumas met 38-27 verslaan en met sy vertoning gewys dat hy ’n span van gehalte is. Die agtsteman, Jaco Coetzee, en heelagter, Morné Joubert, het uitmuntend vertoon. Die losskakel, Curtis Jonas, het ook ’n goeie wedstryd beleef.

    Coetzee se posisionele spel was van hoogstaande gehalte en elke keer as hy die bal onder die arm vasgeknyp het, het hy ver veld gewen.

    Die Pumas se heelagter en kaptein, Barend Smit, het ook weer op sy skool se tuisveld meer as sy deel bygedra.

    * Die Griffons het met hul sege van 33-15 oor Oostelike Provinsie-platteland hul onoorwonne vertoningslys op die toernooi tot agt wedstryde gerek.

    Dié rekord word deur die Westelike Provinsie gehou wat in 14 agtereenvolgende wedstryde tussen 1970 en 1974 onoorwonne was.

    Die Perses het sedert 2011 se toernooi in Kimberley nog net een keer verloor: teen die Pumas in 2012 in Port Elizabeth.

    Die Noord-Vrystaters het dus slegs een van hul laaste 11 wedstryde verloor.

    Hul senterpaar, Boeta Vermaak en Siya Ngxesha, was aan die voorpunt van die sege.

    * Drie driekunste deur Grens-spelers het aan hul span ’n oorwinning van 78-17 oor die Limpopo Blou Bulle besorg. Die een vleuel Jerry Danquah en die twee senters, David Brits en Michael Brink, het elk drie drieë gedruk.

    Grens was rustyd reeds met 54-0 voor.

    * Die vleuel Denvill Joseph het in die laaste beweging ’n drie gedruk om Griekwas-platteland se sege van 26-20 oor Zimbabwe te verseker. Dit was ook die eerste keer in die wedstryd dat Griekwas voorgeloop het.

    Die wenspan se slot, Cobus Wiese, is as Speler van die Wedstryd aangewys. Sy twee ouer broers, Japie (2005) en Jasper (2012-13), het Griekwas ook op die Cravenweek verteenwoordig.

     Vandag se bepalings is: 10:10: Namibië t. Grens-platteland; 11:30: Boland t. Griekwas; 12:50: Valke t. Luiperds; 14:10: Blou Bulle t. Leeus; 15:30: Oostelike Provinsie t. Vrystaat.