SSPN Test Site

Blog

  • Afrika-kampioen deel van Vrystaatse afrigtingspan

    Afrika-kampioen deel van Vrystaatse afrigtingspan

    VS afrigtersDie Vrystaatse Cravenweek-rugbyspan vir hoërskole se agterlyn word vanjaar deur ’n voormalige Afrika-stoeikampioen Corné Erasmus afgerig.

    Hy is ook die breier van Louis Botha se eerste span en het in 2003 die Afrika-titel in Kairo, Egipte verower.

    Erasmus en Grey-kollege se Wessel du Plessis sal vanjaar onderskeidelik as agter- en voorspeler-breier by die Vrystaatse o.18-span betrokke wees.

    Erasmus het in sy stoeiloopbaan ook ’n derde plek op 2005 se Statebondspele behaal. Hy rig al vier jaar Louis Botha se eerstespan af, waarvan die laaste twee jaar as hoofafrigter is.

    Dirkie Groenewald, wie aanvanklik Erasmus se hoofafrigter by Louis Botha was, is vanjaar die Vrystaters se hoofafrigter by die nasionale week wat in Middelburg plaasvind.

    Groenewald is al die afgelope vyf jaar by die Vrystaatse Cravenweek-span se afrigting betrokke en is ’n gewese Vrystaat-voorryman.

    Erasmus en Du Plessis neem die plek van Roelf Meyer in wat verlede jaar as ’n Suid-Afrikaanse Skole-keurder verkies is.

    Hy mag nie meer by die afrigting van die Vrystaatse span betrokke wees nie. Erasmus het die vorige drie jaar die Vrystaatse Akademie-span afgerig.

    “Dit is ’n hoogtepunt as skoleafrigter om na die Cravenweek te gaan,” het Erasmus gesê.

    Du Plessis sal vanjaar vir die eerste keer amptelik by ’n verteenwoordigende afrigtingspan betrokke wees wat ’n nasionale toernooi bywoon.

    Hy was as speler lid van die Vrystaatse Cravenweek-span wat in 2002 teen die Westelike Provinsie in die hoofwedstryd van die toernooi met 16-31 die knie gebuig het.

    Springbokke soos Bismarck du Plessis, Ruan Pienaar, Andries Strauss en Morné Steyn was saam met Du Plessis in daardie span.

    Wessel rig al die afgelope twee jaar Grey se eerste span af.

    “Ek sien baie uit na die Cravenweek. Dit is maar ’n leerproses. Ek dink dit is ’n baie goeie geleentheid vir die spelers,” het Du Plessis gesê.

    Groenewald het self vir die Vrystaat op die gesogte toernooi uitgedraf. Hy was lid van die span na die toernooi in 1989 en 1990.

    Hy rig die afgelope twee jaar Hoërskool Fichardtpark se span af.

     

  • Free State – 2002

    Results

    Free State 41,  Eastern Province 10
    Free State 22,  KwaZulu Natal 9
    Free State 16,  Western Province 31

    Free State: Jan-Toit van Jaarsveld (Grey College), Bismarck du Plessis (Grey College), Riaan Vermeulen (Grey College), Reinhard Rall (Grey College), Frans Mortlock (Louis Botha THS), Wessel du Plessis (Grey College), Lance Andrews (Dr. Viljoen), Johan Botha (Grey College), Ruan Pienaar (Grey College), Albert Keuris (Grey College), Dirk Froneman (Grey College), Bramwell Douw (Batho), Andries Strauss (Grey College), Shagan Windvogel (Grey College), Johan Pietersen (Grey College), Raoul Larson (Grey College), Thato Ntechane (Louis Botha THS), Riaan Swanepoel (Grey College), Teboho Dlamini (Louis Botha THS), Bradley Saaiman (Dr. Viljoen), André Ferreira (Grey College) and Morné Steyn (Sand du Plessis).  

  • Jong Bokkies wen ondanks verspeelde kanse

     

    Hoewel die Suid-Afrikaanse o.20-rugbyspan se sege van 21-8 oor Samoa in die Ecolight-stadion in Pukekohe beteken dat die span as die voorste gekeurde span tot die halfeindstryde deurdring, sal die wedstryd onthou word vir die verspeelde kanse deur die Jong Bokkies.

    Suid-Afrika het ‘n hele paar kere gulde geleenthede om te gaan druk laat verbygaan deur oordeelfoute sowel as hanteerfoute. Die Suid-Afrikaners het in die eerste helfte in die koue en nat toestande besluit om van die dryfmaalbeweging van hulle lynstane gebruik te maak. Die span se kaptein en losskakel, Handré Pollard, het met sy lang lynskoppe vir Samoa in toom gehou.

    Die reusagtige slot van Samoa, Cameron Skelton het die Jong Bokkies se dryfmale van lynstane af ‘n hele paar keer gestuit. Die 19-jarige reus wat nog volgende jaar ook aan dié toernooi mag deelneem staan ‘n allemintige 2.07m in sy sokkies en laat die skaal op 135kg kreun. Hy het egter ook twee keer strafskoppe afgestaan in sy pogings om die Suid-Afrikaners te stuit. Samoa se agtsteman, Richard Mariota het toe die prys daarvoor betaal toe hy vir herhaalde oortredings by die afdeling van die spel koelkas toe gestuur is.

    Die Jong Bokkies se agtsteman, Aidon Davis vanaf ‘n skrum sy span se eerste drie gedruk kort na Mariota koelkas toe is. Dit het aan die Jong Bokkies ‘n voorsprong van 7-5 gegee, maar dit het nie lank geduur nie. Samoa se losskakel, William Talataina Mu, het kort daarna en net voor rustyd met ‘n strafdoel sy span met 8-7 laat voorloop.

    Samoa het na 30 minute se spel die eerste drie in die wedstryd gedruk nadat Harry Luteru ‘n skop van die Jong Bokkies se heelagter, Jesse Kriel, afgestorm het. Die senter, Nathaniel Apa, het die bal deurgeskop en opgepik om te gaan druk. Apa het in die tweede helfte ook tyd in die koelkas deurgebring na ‘n hoogvat op die Suid-Afrikaanse vleuel, Sergeal Petersen.

    Vir die Jong Bokkies het sy binnesenter, André Esterhuizen oorgestorm vir ‘n drie om sy span vir die eerste keer te laat voorloop in die tweede helfte. Die sege is verseël toe Petersen ‘n welverdiende drie aan die einde van die wedstryd gaan druk het.

    Puntemakers:

    Suid-Afrika 21 (7) – Drieë: Aidon Davis, André Esterhuizen, Sergeal Petersen. Doelskoppe: Handré Pollard (3). Samoa 8 (8) – Drie: Nathaniel Apa. Strafdoel: William Talataina Mu.

     

  • Selborne College – 2014

    Results 

    Selborne College 85,  Stirling HS 0
    Selborne College 33,  Framesby 29
    Selborne College 20,  King Edward VII 11
    Selborne College 55,  Pearson 10
    Selborne College 58,  Queen’s College 11
    Selborne College 12,  Affies 34
    Selborne College 21,  Framesby 13
    Selborne College 20,  Westville Boys’ High 14
    Selborne College 19,  Drostdy THS 10
    Selborne College 23,  Monument 23
    Selborne College 16,  Grey College 34
    Selborne College 28,  St. Andrew’s College 21
    Selborne College 74,  Cambridge 10
    Selborne College 92,  Port Rex THS 0

  • Junior Boks pick strongest line-up for Samoa

    Junior Boks pick strongest line-up for Samoa

    Junior Springboks coach Dawie Theron has selected his strongest available starting line-up for the final Pool C Junior World Championship match against Samoa on Tuesday in Pukekohe.

    The match at the Ecolight Stadium will kick off at 07h35 SA time and will be televised live on SuperSport.
    Theron has again shuffled his match 23 and retained only six players who outplayed New Zealand 33-24 last Friday in Albany, Auckland.

    Hooker Corniel Els, locks JD Schickerling and Nico Janse van Rensburg and number 8 Aidon Davis all played against the NZ Under-20’s and will also start against Samoa.

    Amongst the backs, the halfback pairing of JP Smith (scrumhalf) and Handré Pollard (flyhalf and captain) were kept intact while Sergeal Petersen (rightwing) is the only other outside back who will start.

    Pierre Schoeman and Wilco Louw return as props, Thabo Mabuza is given a first start at no 6 flank while a fit again Jacques Vermeulen returns at no 7 flank after missing the NZ match with an ankle injury.
    Duhan van Merwe will play left wing, Andre Esterhuizen is fully fit again after his head knock against Scotland and therefore starts in the no 12 jersey while Dan Kriel moves from inside centre to no play in the no 13 jersey.

    His twin brother, Jesse, moves from outside centre to fullback.

    The Junior Boks currently sit in first place with maximum points (10) on top of the Pool C standings after two convincing victories over Scotland and New Zealand. A point from their final pools fixture against the powerful Samoan outfit will guarantee them qualification for the semi-finals on 15 June.

    Theron said the threat of Samoa cannot be taken lightly. “They showed against New Zealand and Scotland they can be dangerous and we have prepared very well for this match. We want to make sure we qualify for the semi-finals and will play our best team because this is now out most important match,” said Theron.
    The Junior Springbok coach said his side will be looking to keep maintain the momentum his side has managed to gather during their previous two pool matches.

    “We have done our homework very thoroughly and will leave nothing to chance. This is a very tough tournament to compete in so you have to be at your best in each match,” explains Theron.

    The Junior Springboks team vs Samoa in Pukekohe is:

    15. Jesse Kriel (Vodacom Blue Bulls)
    14. Sergeal Petersen (EP Kings)
    13. Dan Kriel (Vodacom Blue Bulls)
    12. Andre Esterhuizen (Cell C Sharks)
    11. Duhan van der Merwe (SA Sevens contracted)
    10. Handré Pollard (Vodacom Blue Bulls, captain)
    9. JP Smith (Vodacom Blue Bulls)
    8. Aidon Davis (EP Kings)
    7. Jacques Vermeulen (DHL Western Province)
    6. Thabo Mabuza (Golden Lions)
    5. Nico Janse van Rensburg (Vodacom Blue Bulls)
    4. JD Schickerling (DHL Western Province)
    3. Wilco Louw (Vodacom Blue Bulls)
    2. Corniel Els (Vodacom Blue Bulls)
    1. Pierre Schoeman (Vodacom Blue Bulls)

    Replacements
    16. Joseph Dweba (Toyota Free State Cheetahs)
    17. Mox Mxoli (Vodacom Blue Bulls)
    18. Dayan van der Westhuizen (Vodacom Blue Bulls)
    19. Victor Sekekete (Golden Lions)
    20. Cyle Brink (Golden Lions)
    21. Zee Mkhabela (Toyota Free State Cheetahs)
    22. Jean-Luc du Plessis (Cell C Sharks)
    23. Warrick Gelant (Vodacom Blue Bulls)

    Pool C Match
    Venue: ECOLight Stadium, Pukekohe
    Kick-off: 07h35 (SA time)

    Match officials
    Referee: Ben O’Keeffe (New Zealand)
    Assistant Referee 1: Federico Anselmi (Argentina)
    Assistant Referee 2: Shane McDermott (New Zealand)
    TV Match Official: Ben Skeen (New Zealand)

    Issued by SARU Corporate Affairs

     

  • EG Jansen vs. Rustenburg – 2014

    EG Jansen vs. Rustenburg – 2014

    Scorers: 

    EG Jansen 57 (33) – Tries: Juan Botha (4), Martin van Wyk (3), Eben Buitendach, Xander Crause. Conversions: Delano Kotze (6). Rustenburg HS 15 (8) – Tries: Joggie Jansen, Carl Richter. Conversion: Trevor Visser. Penalty: Visser.

  • Noordvaal se uitslae van 7 Junie 2014

    Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Nelspruit het die bordjies teen die Hoërskool Middelburg in die halfeindstryd van die Pumas se afdeling vir makro-skole verhang om tot die eindstryd teen die HTS Middelburg deur te dring.

    Nelspruit se Rhinos het Middelburg met 27-12 uitoorlê nadat hy die vorige week teen die einste span met 11-10 die knie moes buig.

    Wessel Muller, die Rhinos se puik losskakel, het 17 van sy span se punte aangeteken. Hy het een van sy span se drie drieë gedruk, al die drieë verdoel en ook twee strafdoele deur die pale gejaag.

    Die Rhinos is met die oorwinning ook verseker van sy plek in die hooftrekking van die Beeldtrofee vir makro-skole. Pennypinchers en Timbercity is medeborge van dié reeks.

    ) Garsfontein se eerste span is vir die eerste keer in sy geskiedenis as provinsiale kam-

    pioen van die Blou Bulle gekroon. Die span het Saterdag vir Centurion met 64-28 kafgedraf.

    JP Wegner, Garsies se losskakel, het nie minder nie as 26 punte in die oorwinning aangeteken. Hy het twee keer agter Centurion se doellyn gaan kuier en ook met agt van die nege doelskoppe na die pale geslaag.

    Affies het Eldoraigne met

    44-18 geklop, maar sake het nie so vlot verloop in die eerste helfte vir die wenspan nie. DP du Plessis, Affies se vaskopstut, het drie keer agter Eldoraigne se doellyn gaan kuier.

    ) EG Jansen van Boksburg was Saterdag te sterk vir die Hoërskool Rustenburg en was met 57-15 in die twee spanne se kragmeting baas.

    Martin van Wyk, die wenspan se heelagter, het met sy aanvallende spel beïndruk. Hy het telke male te veel vaart vir Rustenburg se verdedigers gehad en hulle aan die buitekant geklop.

    Van Wyk het ook die aanvoorwerk vir twee van die vleuel

    Juan Botha se vier drieë gedoen.

    Van Wyk het self ’n driekuns aan drieë behaal. Sy derde drie was sy 100ste vir die skool van Boksburg sedert o.14-vlak, wat hy ook gepas met ’n bollemakiesie gevier het.

    Voorlangs was Quinton van der Schyff, slot en kaptein, en Nico Peyper, haker, uitblinkers.

    Rustenburg se troepe verdien egter lof vir hul veggees. Die span het nooit gaan lê nie en Danick Pheiffer, senter, Brenden Esterhuyse, flank, en Tokkie Visser, skrumskakel, het met hul spel beïndruk.

    ) Christopher Schimper, losskakel van Kemptonpark, was in ’n vernietigende bui in sy span se wedstryd teen Die Anker. Hy het 26 van sy span se punte in sy sege van 66-12 aangeteken. Schimper het dubbele driedruk-plesier ervaar en ook agt doelskoppe deur die pale gejaag.

    ) Bekker van Magaliesburg het op sy tuisveld met ’n naelbyt-sege van 17-15 oor Goudrif gesorg dat hy in die afdeling vir medium-skole tweede in die Leeus-streek op die puntelys eindig.

    Monument het sy oorheersing in die Leeus se makro-skole bevestig deur Marais Viljoen gemaklik met 77-26 af te ransel. Armandt Grobler, Monnas se vleuel, en Gavin Delport, flank, het elk drie keer Marais Viljoen se doellyn oorgesteek.

    S’busiso Nkosi, die Leeus se Cravenweek-senter, was aan die spits van Jeppe se sege van 47-7 oor die St. Alban-kollege met ’n driekuns aan drieë.

    ) Die Hoërskool Klerksdorp en Lichtenburg het met klinkende seges oor onderskeidelik Potchefstroom Gimnasium (60-27) en Potchefstroom Volkskool

    (58-14) hul posisies in die Luiperds se grootskole-afdeling versterk. Lichtenburg is nog onoorwonne in die liga.

    ) BLOU BULLE

    Garsfontein 64: Drieë: JP Wegner (2), Franco Naudé, Hencu Smit, Jaco Bezuidenhout, Lyle Maart, Embrose Papier, Conree Poole, Shakeel Fredericks. Doelskoppe: Wegner (8). Skepdoel: Arno Maree. Centurion 28.

    Affies 44: Drieë: DP du Plessis (3), Eduan Keyter (2), Rohan Roelofse (2). Doelskoppe: Eddie Fouché (3). Strafdoel: Fouché. Eldoraigne 18: Drieë: Awie Smal, Jeandté de Kock. Doelskop: Tristan van Schalkwyk. Strafdoele: Van Schalkwyk (2).

    Makro skole – o.16: Garsfontein 64, Centurion 13; Affies 71, Eldoraigne 7. o.15: Garsfontein 73, Centurion 3; Affies 29, Eldo­raigne 3. o.14: Garsfontein 36, Centurion 0; Affies 44, Eldoraigne 0.

    Groot skole – Eerste spanne: Tuine 49, Wagpos 11; Oos-Moot 30, Pretoria-Noord 18; Overkruin 27, HTS Tuine 6. o.16: Wagpos 20, Tuine 18; Oos-Moot 20, Pretoria-Noord 7; Overkruin 72, HTS Tuine 0. o.15: Tuine 35, Wagpos 7; Oos-Moot 50, Pretoria-Noord 5; HTS Tuine 19, Overkruin 15. o.14: Wagpos 38, Tuine 0; Oos-Moot 29, Pretoria-Noord 22; HTS Tuine 26, Overkruin 5.

    Medium skole – Eerste spanne: Wilgers 17, Midstream-kollege 11; Erasmus 47, Southdowns-kollege 28. o.16: Southdowns-kollege 29, Midstream-kollege 19. o.15: Midstream-kollege 41, Southdowns-kollege 12; Erasmus 29, Wilgers 15. o.14: Midstream-39, Akasia 5; Erasmus 37, Wilgers 31.

    ) LEEUS

    Monument 77: Drieë: Armandt Grobler (3), Gavin Delport (3), Jacques Joubert, Vean Roodt, Juan Lemmer, Stefan Fitzgerald, Jaco Holtzhausen, Len Massyn, Odwa Nkunjane. Doelskoppe: Grobler (4), Delport, Rhyno Herbst. Marais Viljoen 26.

    Bekker 17: Ruan le Grange, Sandile Makhaza, Dirk Erlank. Doelskop: Willem Koegelenberg. Goudrif 15: Drieë: Jaco Lubbe, Gareth Campbell. Doelskop: Damian Britz. Strafdoel: Britz.

    Jeppe Boys’ High 47: Drieë: S’busiso Nkosi (3), Emanuel Marowane (2), Robbie Hartly, Hachiva Dayimani, Sibusiso Mngomezulu. Doelskoppe: Bradley van Waardhuizen. St. Alban-kollege 7.

    Makro skole – o.15: Monnas 77, Marais Viljoen 0. o.14: Monnas 41, Marais Viljoen 0.

    Groot skole – Eerste spanne: Riebeeckrand 33, Dinamika 19; Randburg 43, Alberton 0; Bastion 44, Jan Viljoen 12. o.16: Dinamika 33, Riebeeckrand 3; Randburg 13, Alberton 13; Jan Viljoen 40, Bastion 12. o.15: Rie­beeck­rand 33, Dinamika 5; Alberton 28, Randburg 13; Jan Viljoen 19, Bastion 18. o.14: Riebeeckrand 21, Dinamika 14; Alberton 24, Randburg 5; Jan Viljoen 39, Bastion 5.

    Medium skole – Eerste spanne: President 19, Carletonville 17; Leeuwenhof 21, Fochville 17. o.16: Bekker 41, Goudrif 7; President 14, Carletonville 14; Leeuwenhof 15, Fochville 15. o.15: Bekker 36, Goudrif 10; Carletonville 14, President 10; Leeuwenhof. 22, Fochville 21. o.14: Bekker 34, Goudrif 5; President 36, Carletonville 12; Fochville 15, Leeuwenhof 10.

    Ander – Eerste spanne: Florida 38, Noordheuwel 11; King Edward VII 26, Pretoria Boys’ High 19; o.16: Noordheuwel 22, Florida 10; KES 34, Pretoria Boys’ High 14; Jeppe 40, St. Alban-kollege 16. o.15: Noordheuwel 24, Florida 19; KES 16, Pretoria Boys’ High 3; Jeppe 12, St. Alban-kollege 0. o.14: Noordheuwel 22, Florida 10; KES 17, St. Alban-kollege 0; Jeppe B 26, St. Alban-kollege A 0.

    ) LIMPOPO

    Eerste spanne – Tom Naudé 35, Piet Potgieter 7; Ellisras 31, Warmbad 10; Hans Strij­dom 29, Ben Viljoen 17; Frikkie Meyer 40, Affies III 7. o.16: Tom Naudé 20, Piet Potgieter 15; Ellisras 63, Warmbad 7; Ben Viljoen 34, Hans Strijdom 30; Frikkie Meyer 22, Affies C 15. o.15: Tom Naudé 24, Piet Potgieter 24; Ellisras 29, Warmbad 5; Ben Viljoen 7, Hans Strijdom 5; Frikkie Meyer 21, Affies D 0. o.14: Piet Potgieter 69, Tom Naudé 0; Ellisras 65, Warmbad 0; Ben Viljoen 26, Hans Strijdom 19; Frikkie Meyer 22, Affies B 0.

    ) LUIPERDS

    Hoërskool Klerksdorp 60: Phillip Barlow-Jones (2), Des Waldeck, Thabang Pathidi, Adriaan Snyman, Ameru van Wyk, Edmund Rheeder, Paul Maluleke. Doelskoppe: Erick Hougaard (7). Strafdoele: Hougaard (2). Potchefstroom Gimnasium 27.

    Vryburg 54: Drieë: Francois Pelser (2), Joe van Huysteen (2), Johan Meyer, BF van Staden, André Cloete, TD van den Berg. Doelskoppe: Van Staden (4). Strafdoel: Van Staden. Schoonspruit 5.

    Schweizer-Reneke 36: Drieë: Freddie Botha, Wian Gagiano, Jaco Swanepoel, Johann Ekkerd, Benjamin Maass, Jano Smith. Doelskoppe: Hanno Smith (3). Zeerust 7.

    Ander – Eerste spanne: Lichtenburg 58, Potchefstroomse Volkskool 14; Bergsig 50, Grenswag 0; St. David-kollege 44, Potchefstroom Boys’ High 14. o.17: Schweizer-Reneke 31, Zeerust 3. o.16: Potch Volkies 10, Lichtenburg 8; Bergsig 12, Grenswag 10; Zeerust 20, Schweizer-Reneke 11; Potchefstroom Boys’ High 28, St. David-kollege 28. o.15: Lichtenburg 43, Potch Volkies 0; Bergsig 24, Grenswag 12; Potchefstroom Boys’ High 22, St. David-kollege 20. o.14: Lichtenburg 20, Potch Volkies 17; Potchefstroom Boys’ High 17, St. David-kollege 14.

    ) PUMAS

    Hoërskool Nelspruit 27: Georg Muller, Wessel Muller, Riaan le Roux. Doelskoppe: Wessel Muller (3). Strafdoele: Wessel Muller (2). Hoërskool Middelburg 12: Drieë: Chris Hanekom (2). Doelskop: Hanekom.

    Secunda 43: Drieë: Bongeka Mahlangu (3), Dylan Erasmus, Christiaan Wessels, Mark Jacobs, Dalton Smit. Doelskoppe: Christiaan Naudé (4). Oosterland 19.

    Groot skole – Eerste spanne: Piet Retief 29, Generaal Hertzog 20; Volksrust 22, Ermelo 12; Ligbron 29, Standerton 27; Lydenburg 26, Rob Ferreira 12. o.16: Secunda 78, Oosterland 3; Piet Retief 36, Generaal Hertzog 5; Ermelo 68, Volksrust 0; Ligbron 19, Standerton 17; Rob Ferreira 27, Lydenburg 19. o.15: Secunda 78, Oosterland 0; Piet Retief 69, Generaal Hertzog 0; Ermelo 45, Volksrust 5; Ligbron 40, Standerton 0; Lydenburg 25, Rob Ferreira 15. o.14: Secunda 81, Oosterland 0; Piet Retief 40, Generaal Hertzog 5; Standerton 17, Ligbron 10; Rob Ferreira 17, Lydenburg 5.

    ) VALKE

    Kempton Park 66: Drieë: Christopher Schimper (2), Juandré van der Walt (2), Thinus Grundlingh, Marco Carstens, Hanno van Tonder, Stefan Martignalia, Daniël Ter­blanche, Michael Collins. Doelskoppe: Schimper (8). Die Anker 12.

    EG Jansen 57 (33): Drieë: Juan Botha (4), Martin van Wyk (3), Eben Buitendach, Xander Crause. Doelskoppe: Delano Kotze (6). Hoërskool Rustenburg 15 (8): Drieë: Joggie Jansen, Carl Richter. Doelskop: Trevor Visser. Strafdoel: Visser.

    Makroskole – o.16: Kempton Park 25, Die Anker 19. o.15: Kempton Park 26, Die Anker 12. o.14: Kempton Park 15, Die Anker 10.

    Groot skole – Eerste spanne: Hugenote 74, Benoni High 7; Oosterlig 45, Springs Boys’ High 16; Hans Moore 68, Elspark 0; Transvalia 79, Dr. Malan 0. o.16: Hugenote 57, Benoni High 9; Oosterlig 78, Springs Boys’ High 5; Hans Moore 43, Elspark 0; Transvalia 31, Dr Malan 0. o.15: Hugenote 71, Benoni High 0; Oosterlig 41, Springs Boys’ High 3; Hans Moore 52, Elspark 0; Transvalia 20, Dr Malan 15. o.14: Hugenote 57, Benoni High 0; Oosterlig 32, Springs Boys’ High 5; Hans Moore 51, Elspark 0; Transvalia 68, Dr Malan 3.

    Mediumskole – Eerste spanne: Brandwag 52, Birchleigh 0; Die Ankerskool 29, Drie Riviere 18. o.16: Birchleigh 12, Brandwag 10. o.15: Brandwag 62, Birchleigh 29; Drie Riviere 57, Die Ankerskool 12. o.14: Brandwag 39, Birchleigh 14.

  • Griffons se voorlopige verteenwoordigende spanne

    Cravenweek: Ezrick Alexander (Hentie Cilliers), Nazo Nkala (Welkom-Gimnasium), Siyamamkela Ngxesha (Hentie Cilliers), Boeta Vermaak (Voortrekker), Jonathan April, Luan James, Jaywinn Juries (almal Hentie Cilliers), Francois Stemmet, Henry Searle, JP Kalp, Erik Knoetze (almal AHS Kroonstad), Wesley McMaster (Welkom-Gimnasium), Armand van Wyk (Bothaville), Toffie van Zyl (Voortrekker), Fanie Vermaak (Welkom-Gimnasium). PLAASVERVANGERS: Nick Fortuin (Welkom-Gimnasium), Neo Mohapi (Hentie Cilliers), Niel Janse van Rensburg (Voortrekker), Nathan Kemp, Jason Olivier (albei Hentie Cilliers), Kobus Kleyn (AHS Kroonstad), Tokkie van Zyl (Voortrekker).

    Akademiespan: Francois Kuipers (Welkom-Gimnasium), Tiisetso Madonsela (Voortrekker), Danie Hendricks (Welkom-Gimnasium), Louis Spershott (Witteberg), Benji Muller (Hentie Cilliers), Gerbrand de Bruin (Hoërskool Kroonstad), Mahemu Mahemu (HTS Welkom), Jerome Lottering, Siyabonga Luwaca (albei Hentie Cilliers), Clinton Moloi (Voortrekker), Melton Wentzel (Hentie Cilliers), Ettienne O’Donovan (AHS Kroonstad), Justin Williams (Hentie Cilliers), Harold Hills (AHS Kroonstad), Helgard van Heerden (Voortrekker). PLAASVERVANGERS: Zandré Karelse (Hentie Cilliers), Corné Cooper (AHS Kroonstad), Lincoln Jordaan (Welkom-Gimnasium), Reitometsi Mofokeng, Phillip Maré (albei Voortrekker), Bernard Erasmus (Welkom-Gimnasium), Ronaldo Fortuin (Hentie Cilliers).

    Plattelandse Akademiespan: Charl Banthers (Harrismith), Bongani Makuma (Welkom High), JS de Villiers (Vrede), NP Linde (Reitz), Phillip Aril (Harrismith), Angelo Pienaar (Hennenman), Tinus Schoeman (Ladybrand), Gerrie Muller (Wilgerivier), Tefelo Ramathello (Bultfontein), Sakkie Bester (Bothaville), Charl du Toit (Vrede), Thato Mojaki (Bothaville), James Luvo (Harrismith), Ricus Alkema (Bothaville), Lebo Sekhobo (Wessel Maree). PLAASVERVANGERS: Jan-Hendrik Muller (Wilgerivier), Thato Lieta (Ficksburg), Michael Fulton (Sandveld), Retsipele Kammoko (Paul Erasmus), Danré Smit (Ficksburg), Hannes Aucamp (Reitz), Kofi Yinkah (Ficksburg).

    Griffons o.19: Jeandré Uys (AHS Kroonstad), Johan Engelbrecht (Sandveld), Charlton Coeries (Goudveld), Johan Esterhuizen (Vrede), Lethole Mokoena (Voortrekker), Sylvester Lewis (Hentie Cilliers), Albert Bezuidenhout, Gregan Hull (albei Goudveld), Damian May (Hentie Cilliers), Innocent Valashiya (HTS Welkom), Jacques Henning (Welkom-Gimnasium), Michiel Bosman, Leon van der Westhuizen (albei AHS Kroonstad), Emile Seconds (Hentie Cilliers), Reinhardt Kleinhans (Hoërskool Kroonstad). PLAASVERVANGERS: Erion Badenhorst (Welkom-Gimnasium), Pietman Kotze, Michael Herbert, Jaco Conradie (almal Goudveld), Marnus Odendaal (Hoërskool Kroonstad), Shaqville Adams (Goudveld).

  • Vrystaat kies sy span vir Cravenweek 2014

    Die Vrystaat het sy voorlopige Cravenweek-span bekend gemaak wat Saterdag op Grey se hoofveld teen sy eweknie van Griekwas te staan kom.

    Mike Andrade is op senter terug in die span, ná Charl Pretorius sy dyspier beseer het.

    Julian Jordaan sukkel ook steeds met ’n besering, maar sal Saterdag teen die jong Poubloues ’n helfte speelkans kry om te wys dat hy gereed vir die Cravenweek sal wees.

    Die Vrystaat en die Griffons se verteenwoordigende spanne is:

    Die spanne is: (Grey, tensy anders vermeld)

    Cravenweek:

    Louwtjie Steenkamp, Patrick Mbangi (Louis Botha), Niell Stannard, Mike Andrade, Dale Koopman (Louis Botha), Dwayne Wessels, Shirwin Cupido (Louis Botha), Alex Jonker, Victor Maruping (Louis Botha), De Wet Bezuidenhout, Ruben Schoeman, Jurie Burger, Janu Botha, JC Janse van Vuuren, Ruben Terblanche. PLAASVERVANGERS: Greydon Wenn, Gela Khanya, IG Prinsloo, Kian Skippers, Dian Badenhorst, Llewellyn Hein, Jeandré Christian, Julian Jordaan.

    Akdemiespan: Sentle Lehoko, Baholo Mokhomo (LB), JP Steyn, Ruan Wasserman (albei JF), Sheldon Meyer (LB), DP de Lange (Sentraal), Qhama Masiza (LB), Henry Slabbert, Yamnkelani Ngodwana (LB), Cornelius Botha (JF), Kassel Rothman, SJ Wessels (Sentraal), Tame Lixhanti, Daniel Caku-Caku (albei LB), Jaco Potgieter (FHP). PLAASVERVANGERS: Daniel Rust, Anton Noordman (JF), Raynard Esterhuizen, A de Bruin (LB), Tumi Phuroe (|JF), Monama Molefe (LB), Tiaan Schutte (JF).

    Vrystaat Arende: Danneel Stone, Thiardt Ingram (albei JF), Emile Cloete (FHP), Ali Mgijima (LB), J. Grobler, Ewan Adams (LB), Marco Vermeulen, JP van der Westhuizen (albei JF), Gopolang Molefe (LB), Juandré Dorfling (Sannies), Wieghardt Kuhn (FHP), Tabo Maree, Lafras Bekker (Sentraal), Hanno Spies (JF), Conrad de Bruin (Sannies). PLAASVERVANGERS: Marco Coetzer (JF), Rudo Peens (Sannies), Pieter Kotze (Sentraal), Pieter Coetzee (FHP), Niel Durow, R. Peyper (JF), Glenn Erickson.

  • Wilgerivier en Vrede in rillerstryd in die Oos-Vrystaat

    DIE Hoërskool Wilgerivier van Frankfort sal ná sy vasbyt-sege van 24-20 oor die Hoërskool Vrede nou in die halfeindstryd van die Oos-Vrystaatse liga teen Ficksburg te staan kom.

    Die halfeindstryde van dié liga vind volgende kwartaal in Frankfort plaas. Vrede sal in die ander halfeindstryd vir Reitz die stryd aansê.

    Wilgerivier het teen die omdraaislag reeds 24-6 teen Vrede voorgeloop.

    Die tuisspan het egter in die tweede helfte verwoed terug geveg en die verdedigende kampioen behoorlik die skrik op die lyf gejaag.

    Volgens Wilgerivier se afrigter, Frans Crous, het sy span in die eerste helfte van sy beste spel nog die seisoen opgelewer, maar in die tweede helfte het die besoekers heeltemal te veel hanteerfoute begaan. Die span se verdediging was ook nie van goeie gehalte in die tweede helfte nie.

    Vrede se pak voorspelers het die oorhand in die tweede helfte gehad.

    Reitz se senter, NP Linde, het twee keer in sy span se oorwinning van 26-21 oor Ficksburg gaan druk.

    Paul Erasmus van Senekal het Ladybrand met 29-7 geklop.

    Bothaville het ’n vriendskaplike wedstryd teen ’n vyftiental van Wesvalia van Klerksdorp gespeel en ’n oortuigende sege van 61-8 behaal.

    Die span se flank, Drikus Klopper, is as speler van die wedstryd aangewys.

    Die losskakel, WJ Crous, kon maklik met sy goeie vertoning ook met die toekenning weggestap het.

    Die senterpaar, Derek Beeslaar en Merwe Snyman, het soos altyd ook goeie spel gelewer.

    Voorlangs het die kaptein en agtsteman, Sakkie Bester, ook goed vertoon.

    Die voorryman, Vuysili Pika wat in sy span se Cravenweek-stut, Armand van Wyk, se plek gespeel het, verdien ook ’n klop op die skouer vir sy vertoning.

    • Puntemakers:

    Wilgerivier 24 (24) – Drieë: Jan-Hendrik Muller, Gerrie Muller, Ricardo Frade, Stean Marais. Doelskoppe: Gerrie Muller (2). Vrede 20 (6).

    Reitz 26 – Drieë: NP Linde (2), Morné Spies, Driaan Scheepers. Doelskoppe: Pieter Henn (3). Ficksburg 21.

    St. Andrew 43 – Drieë: Sam Lin, JR de Bruin, Mark Brown, Kyle Hartley, Mel Pienaar, Petri le Grange. Doelskoppe: Kevin Pretorius (5). Strafdoel: Pretorius. Bryanston 3.

    Sandveld 33 – Drieë: Michael Fulton (2), Michael Marx, Johan Fick, Spyker Potsane. Doelskoppe: Lucky Bobb (4). Salomon Senekal 27.

    Bothaville 61 (28) – Drieë: Sakkie Bester (2), Merwe Snyman (2), Donovan van Wyk, Ricus Alkema, Drikus Kloppers, WJ Crous, Armand van der Merwe. Doelskoppe: Crous (8). Wesvalia 8 (8).