SSPN Test Site

Blog

  • AHS Kroonstad – 1999

    Results

    AHS Kroonstad   5,  Witteberg 0
    AHS Kroonstad   3,  Ladysmith 5
    AHS Kroonstad 12,  Suid-Natal (Port Shepstone) 10
    AHS Kroonstad 17,  Durban-Noord 5
    AHS Kroonstad 12,  EG Jansen 10
    AHS Kroonstad   5,  Sentraal 11
    AHS Kroonstad 34,  Wilgerivier 7
    AHS Kroonstad 35,  Vrede 10
    AHS Kroonstad 19,  Piet Retief 0
    AHS Kroonstad 55,  Wessel Maree 0
    AHS Kroonstad   5,  Welkom Gimnasium 0
    AHS Kroonstad   8,  Sasolburg HS 0
    AHS Kroonstad 22,  Welkom THS 6
    AHS Kroonstad 36,  Sasolburg THS 8
    AHS Kroonstad 17,  Bothaville 15
    AHS Kroonstad 38,  Riebeeckstad 7
    AHS Kroonstad 31,  Goudveld 3
    AHS Kroonstad   5,  Hentie Cilliers 12
    AHS Kroonstad   8,  Kroonstad 11
    AHS Kroonstad 18,  Hentie Cilliers 21

    Players: Wessel van Niekerk, Gerrie Cilliers, Jaco van der Merwe, Frikkie Uys, Hennie Eybers, Kenny Schoeman, Jeffrey Jacobs, Izak Human and Shaun Coad.  

  • AHS Kroonstad – 1993

    Results 

    AHS Kroonstad 17,  Sasolburg THS 7
    AHS Kroonstad 25,  Pionier 15
    AHS Kroonstad   9,  Louis Botha 0
    AHS Kroonstad 22,  President Steyn 10
    AHS Kroonstad 19,  Landboudal 12
    AHS Kroonstad   3,  Welkom THS 3
    AHS Kroonstad 15,  Goudveld 3
    AHS Kroonstad 12,  Wessel Maree 8
    AHS Kroonstad   8,  Riebeeckstad 10
    AHS Kroonstad 44,  Hentie Cilliers 3
    AHS Kroonstad 31,  De Wet Nel THS 6
    AHS Kroonstad 20,  Welkom Gimnasium 11
    AHS Kroonstad 10,  Kroonstad Landbou 3
    AHS Kroonstad 34,  Kroonstad HS 3
    AHS Kroonstad 28,  Kroonstad Landbou 16
    AHS Kroonstad 25,  Welkom THS 10
    AHS Kroonstad 10,  Vrede 9
    AHS Kroonstad   5,  Sand du Plessis 19

    Players: Piet van Rensburg, Jannie van der Westhuizen, Thabo Swanepoel, Stephan Kriel, Koos de Wet, Riaan de Villiers, Buks Engelbrecht, Jaco Barnard, Albert Deetlefs, André Strydom, Jacques Claassen, Dirk van Niekerk, Charles Taljaard (captain), Arno Welgemoed, Henk Nieman.

  • Wildeklawer Fixtures for 2015 announced

    Menlopark of Pretoria will make its Wildeklawer debut in 2015, while Louis Botha from Bloemfontein will return after missing the last two years’ tournaments. The team from the City of Roses will be thoroughly tested in their first match back as they face Paarl Boys’ High. 

    Menlopark will make their debut at Diamantveld in Kimberley against Noord-Kaap. Their other match is against Boland Landbou.

    The only unbeaten school since the inception of the tournament in 2009 – Grey College of Bloemfontein – will face Waterkloof and Monument in their two matches. The team missing from the line-up is Paul Roos Gimnasium who will attend the annual Sanix International Tournament in Japan next year. Paarl Boys’ High lost in the final of Sanix this year and will take part at Wildeklawer again next year. Maritzburg College also won’t take part in the 2015 edition of Wildeklawer. 

    All matches on the second match day will be televised live on SuperSport.

    Saturday 25 April:

    Menlopark vs. Noord-Kaap
    Selborne College vs. Outeniqua
    Monument vs. Boland Landbou
    Paarl Gimnasium vs. HTS Middelburg
    Grey College vs. Waterkloof
    Affies vs. SARU XV
    Glenwood vs. EG Jansen
    Paarl Boys’ High vs. Louis Botha
    Diamantveld vs. Oakdale Landbou

    Monday 27 April

    Louis Botha vs. SARU XV
    Noord-Kaap vs. Glenwood
    EG Jansen vs. Paarl Boys’ High
    Oakdale Landbou vs. HTS Middelburg
    Diamantveld vs. Selborne College
    Waterkloof vs. Outeniqua
    Menlopark vs. Boland Landbou
    Affies vs. Paarl Gimnasium
    Monument vs Grey College

     

  • Tuks-reeks: Só pak hulle mekaar in 2015

    Die rugbykampioen van vanjaar se Tuks-reeks, EG Jansen van Boksburg, sal sy aanslag op volgende jaar se titel teen die Hoërskoon Centurion begin.

    Jansies se taaiste teenstand in sy groepwedstryde behoort van die Hoërskool Monument van Krugersdorp te kom. Die twee spanne pak mekaar boonop op die Ras van Rooyen-veld in
    Krugersdorp. Die ander span in Groep A is die Hoërskool Transvalia van Vanderbijlpark, wat in die eindstryd van die Beeldtrofee vir groot skole vroeër vanjaar die knie teen die Hoërskool Klerksdorp gebuig het.

    Benewens dié twee neem nog twee groot skole, Ermelo en die Hoërskool Pietersburg, ook aan die Tuks-reeks deel.

    Die HTS Middelburg, wat die knie in vanjaar se Tuks-reeks-eindstryd met 37-22 teen EG Jansen gebuig het, sal in sy drie groepwedstryde teen die Hoërskool Rustenburg, Klerksdorp en Eldoraigne te staan kom.

    In Groep B pak die Hoërskool Kempton Park, Garsfontein, Ermelo en Marais Viljoen mekaar.

    Die wenner van dié groep sal in die kwarteindronde te staan kom teen die naaswenner in die groep wat uit die Hoërskool Nelspruit, Pietersburg, Vereeniging Gimnasium en Florida bestaan.

    Die reeks is ’n o.17-kompetisie wat ook netbal en hokkie insluit, asook ’n atletiekbyeenkoms op 3 Maart in die Royal Bafokeng-stadion net buite
    Rustenburg.

    Die netbal- en hokkiespanne is in dieselfde groepe as die rugbyspanne geloot.

    Die bepalings is:

    7 Maart – Transvalia t. Monument; Centurion t. EG Jansen; Garsfontein t. Ermelo; HTS Middelburg t. Klerksdorp; Rustenburg t. Eldoraigne; Pietersburg t. Vereeniging Gimnasium.

    14 Maart – Monument t. Centurion; EG Jansen t. Transvalia; Ermelo t. Kempton Park; Marais Viljoen t. Garsfontein; Eldoraigne t. HTS Middelburg; Klerksdorp t. Rustenburg; Florida t. Pietersburg; Nelspruit t. Vereeniging Gimnasium.

    21 Maart – Monument t. EG Jansen; Transvalia t. Centurion; Kempton Park t. Garsfontein; Ermelo t. Marais Viljoen; HTS Middelburg t. Rustenburg; Klerksdorp t. Eldoraigne; Nelspruit t. Pietersburg; Vereeniging Gimnasium t. Florida.

    25 Maart – Marais Viljoen t. Kempton Park; Florida t. Nelspruit.

  • Noordvaal se bestuur herkies vir 2015

    Die Noordvaal-skolerugbyvereniging (NVSRV) se bestuur is onbestrede vir die volgende termyn op die vereniging se jaarvergadering verkies.

    Jackie Tredoux van die Hoërskool Tuine is vir sy tweede termyn van twee jaar as voorsitter van die NVSRV verkies. Ferdie Niemand, ondervoorsitter, Hans van Vreden, sekretaris, (albei van Midstream-kollege) en Jorrie Jordaan (Hoërskool Linden), tesourier, sal ook nog ’n termyn in hul poste dien.

    Elk van die Beeldtrofee se ligas het ook sy eie sekretaris wat op dié vereniging se bestuur dien. Dié sekretarisse is Van Vreden (makro), Marius Briers van die Hoërskool Schoonspruit in Klerksdorp (groot), Doom Gouws van die HTS Sasolburg (medium), Herbie Costen van Alberton High (middel) en Paul de Bruin van die HTS Tom Naudé (klein).

    ) Niemand is ook onbestrede vir sy vierde termyn as die Blou Bulle se voorsitter verkies. Sy ondervoorsitter vir volgende jaar se termyn is Gerhard Venter van Voortrekkerhoogte.

    Koos Venter (Akasia) en Manie Geldenhuys (Menlopark) sal weer onderskeidelik die poste as tesourier en sekretaris beklee.

    Die ander lede van die bestuur is Ofentse Moeng (Southdowns), Pieter Lombaard (Die Wilgers, skeidsregter-sake), Pieter van Wyk (Southdowns, afrigter-sake) en Jackie Tredoux (Tuine, addisionele lid).

    Johan Koekemoer (Centurion) is die sameroeper van die o.18-keurkomitee, terwyl Heinrich van Jaarsveldt (Affies) die pos op die o.16-keurkomitee sal vervul. Die Blou Bulle Skolevereniging vier volgende jaar sy 70ste bestaansjaar en het heelwat planne in werking gestel om die mylpaal te vier.

    ) Eben Lingenfelder is as voorsitter van die Limpopo Blou Bulle herkies. Hy het teenstand van Magnus Steyn (Merensky) vir die pos gehad.

    De Bruin is vir die 32ste agtereenvolgende jaar onbestrede as sekretaris herkies. Hy is waarskynlik die langsdienende bestuurslid op die bestuur van ’n skolevereniging in die geskiedenis van skolerugby in Suid-Afrika. De Bruin se vrou, Lena, is ook vir die 20ste agtereenvolgende jaar onbestrede as tesourier van die vereniging verkies.

    Johan Minnie van Louis Trichardt is as ondervoorsitter in die plek van Jas Hansen (Piet Potgieter) verkies. Hansen se pos was vakant omdat hy eersdaags aftree.

    Dawid Mathabatha is ’n addisionele lid.

  • Leeus, Valke en Luiperds in nuwe skoleliga

    Die skolerugbyspanne van die Leeus, Valke en Luiperds in die Makro-afdeling van die Beeldtrofee sal volgende jaar in ’n nuwe liga teen mekaar meeding om vir die kompetisie te kwalifiseer.

    Pennypinchers en Timbercity is medeborge van dié Beeldtrofee.

    Monument van Krugersdorp, EG Jansen van Boksburg, Hoërskool Kempton Park, Hoërskool Florida en Hoërskool Rustenburg sal mekaar in die A-afdeling van die nuwe liga pak. Daar sal geen eindstryd vir dié liga wees nie, met die twee voorste spanne op die puntelys wat direk tot die kwarteindronde van die Beeldtrofee deurdring.

    Die twee spanne wat in die derde en vierde posisie op die puntelys eindig, sal teen die twee voorste spanne van die B-afdeling sake uitspook om tot die kwalifiserende wedstryde van die Beeldtrofee deur te dring.

    In die B-afdeling sal Jeugland van Kempton Park, Marais Viljoen van Alberton, Die Anker van Brakpan en Vereeniging Gimnasium sake uitspook.

    Die nuwe liga sal ook teweegbring dat nie een van die drie unies in Makroskole-eindstryd sal hê wat hulle kampioene bepaal nie.

    Die Blou Bulle en die Pumas se Makro-skole kampioen sal steeds direk tot die kwarteindronde van die Beeldtrofee vorder.

    Die nuwe liga bied ook aan Hoërskool Rustenburg ’n geleentheid om meer wedstryde teen Makro-skole te speel. Die Rusties is die Luiperds se enigste Makro-skool en het voorheen jaarliks net teen HTS Tom Naudé van Polokwane in ’n uitspeelwedstryd gespeel om sy plek in die kwalifiserende ronde van die kompetisie te bepaal.

    Die Pumas het vier Makro-skole – vanjaar se Beeldtrofee-kampioen die Hoërskool Nelspruit, HTS Middelburg, Hoërskool Middelburg en HTS Witbank.

    Die Blou Bulle het vyf Marko-skole – Waterkloof, Garsfontein, Menlopark, Eldoraigne en Centurion in die A-afdeling van sy liga. In die B-afdeling spook Wonderboom, Montana, Zwartkop en HTS John Vorster sake uit.

    ) Die bepalings is (tuisspanne eerste vermeld):

    Afdeling A – 16 Mei 2015: Monument t. Hoërskool Rustenburg. 23 Mei 2015: EG Jansen t. Kempton Park; Monument t. Florida. 30 Mei 2015: EG Jansen t. Monument. 6 Junie 2015: Florida t. EG Jansen; Hoërskool Rustenburg t. Kempton Park. 13 Junie 2015: Kempton Park t. Florida; Hoërskool Rustenburg t. EG Jansen. 20 Junie 2015: Florida t. Hoërskool Rustenburg; Kempton Park t. Monument.

    B-afdeling – 23 Mei 2015: Jeugland t. Marais Viljoen. 20 Mei 2015: Die Anker t. Vereeniging Gimnasium. 6 Junie 2015: Marais Viljoen t. Die Anker; Jeugland t. Vereeniging Gimnasium. 20 Junie 2015: Die Anker t. Jeugland; Vereeniging Gimnasium t. Marais Viljoen.

  • Vodacom Blue Bulls Under-19 contracted group named

    Some of the country’s finest Under-19 rugby players are amongst the 35 that has been contracted by the Vodacom Blue Bulls for 2015. The list has been announced on Thursday.

    Amongst the group are six South African Schools representatives and one SA Schools Sevens player, but it is also important to note the high number of players from the Blue Bulls catchment area, Blue Bulls Company High Performance Manager, Xander Janse van Rensburg, indicated.

    “We manage to retain a big number of local schoolboys, something that is important to our vision and mission when contracting this group. It is a strong squad with a lot of depth in every position and we cannot wait to start working with the group next year,” Janse van Rensburg said.

    The group will assemble on January 5, 2015.

    The group is:

    Forwards (1-8): Gavin van den Berg (WP), DP du Plessis (BB), Madot Mabokela (Limpopo BB), Franco van den Berg (Lions), Jan-Henning Campher (BB)*, Allandre van Rooyen (EP), Wynand de Necker (SWD), Adrian Parsons (EP), Rohan Goosen (BB), Jacobus Holtzhauzen (Lions), Aston Fortuin (BB)*, JD Fourie (Griquas), Sam Mitchell (WP), Eli Snyman (Zimbabwe), Justin Meintjies (BB), Arnold Gerber (BB)*, Luigy van Jaarsveld (EP)**, Devon Henson (Lions), Maurice White (SWD).

    Backs (9-15): Keanen Tarentaal (SWD), Stephan Enslin (Pumas), Dale Hendricks (BB), Tinus de Beer (BB)*, Coneree Poole (BB), Jerry Danquah (Border)*, Andri Cooper (WP), Franco Naude (BB), JT Jackson (SWD)*, Ruan de Beer (BB), Divan Rossouw (Namibia), Curtley Prins (SWD), Chipisu Mahasa (Limpopo BB), Corne de Klerk (SWD), Brendan Owen (EP), Arno Maree (BB).

    *SA Schools
    **SA Schools Sevens

  • Noordvaal Fixtures – 2015

    f

    7 Maart 2015

    Transvalia vs. Monument
    Centurion vs. EG Jansen
    Garsfontein vs. Ermelo
    HTS Middelburg vs. Klerksdorp
    Rustenburg vs. Eldoraigne
    Pietersburg vs. Vereeniging Gimnasium.

    14 Maart 2015

    Monument vs. Centurion
    EG Jansen vs. Transvalia
    Ermelo vs. Kemptonpark
    Marais Viljoen vs. Garsfontein
    Eldoraigne vs. HTS Middelburg
    Klerksdorp vs. Rustenburg
    Florida vs. Pietersburg
    Nelspruit vs. Vereeniging Gimnasium.

    21 Maart 2015

    Monument vs. EG Jansen
    Transvalia vs. Centurion
    Kemptonpark vs. Garsfontein
    Ermelo vs. Marais Viljoen
    HTS Middelburg vs. Rustenburg
    Klerksdorp vs. Eldoraigne
    Nelspruit vs. Pietersburg
    Vereeniging Gimnasium vs. Florida.

    25 Maart 2015 

    Marais Viljoen vs. Kemptonpark
    Flordia t. Nelspruit.

  • Western Province Fixtures – 2015

    Western Province Fixtures – 2015

    18 April 2015

    Diocesan College vs. Paarl Gimnasium
    SACS vs. Boland Landbou
    Paarl Boys’ High vs. Outeniqua
    Paul Roos Gimnasium vs. Grey High School
    Wynberg Boys’ High vs. Rondebosch Boys’ High
    HTS Drostdy vs. Monumentpark
    Bellville HS vs. De Kuilen
    Strand HS vs. Bellville THS
    Brackenfell vs. President
    DF Malan vs. Durbanville
    Stellenberg vs. Tygerberg
    Primrose RFC vs. Trafalgar

    25 April 2015 

    Boland Landbou vs. Monument
    Paarl Gimnasium vs. HTS Middelburg
    Paarl Boys’ High vs. Louis Botha

    27 April 2015 

    Paarl Boys’ High vs. EG Jansen
    Boland Landbou vs. Menlopark
    Paarl Gimnasium vs. Affies

    2 May 2015 

    Paarl Boys’ High vs. Grey College
    HTS Drostdy vs. Outeniqua

    9 May 2015 

    Diocesan College vs. SACS
    Boland Landbou vs. Paarl Gimnasium
    Paarl Boys’ High vs. Rondebosch Boys’ High
    Paul Roos Gimnasium vs. Stellenberg
    Wynberg Boys’ High vs. Grey High School
    Bellville HS vs. Bellville THS
    Brackenfell vs. DF Malan
    De Kuilen vs. Swartland
    Durbanville vs. Hugenote
    Strand HS vs. Tygerberg
    Monumentpark vs. Paul Roos II
    Primrose RFC vs. Tygerberg RFC

    16 May 2015 

    Diocesan College vs. Brackenfell
    Boland Landbou vs. Paarl Boys’ High
    Paarl Gimnasium vs. Paul Roos Gimnasium
    Rondebosch Boys’ High vs. SACS
    Wynberg Boys’ High vs. Strand HS
    HTS Drostdy vs. Oakdale Landbou
    Bellville HS vs. Swartland
    Bellville THS vs. De Kuilen
    Durbanville vs. Tygerberg
    Stellenberg vs. Outeniqua
    Monumentpark vs. Primrose RFC

     23 May 2015 

    Diocesan College vs. Paarl Boys’ High
    Boland Landbou vs. Framesby
    Paarl Gimnasium vs. SACS
    Paul Roos Gimnasium vs. Wynberg Boys’ High
    Rondebosch Boys’ High vs. Tygerberg
    HTS Drostdy vs. Hugenote (Wellington)
    Bellville HS vs. Brackenfell
    Bellville THS vs. DF Malan
    De Kuilen vs. Durbanville
    Stellenberg vs. Primrose RFC
    Strand HS vs. Monumentpark

    30 May 2015 

    Diocesan College vs. Wynberg Boys’ High
    Paarl Boys’ High vs. Tygerberg
    Paul Roos Gimnasium vs. Rondebosch
    SACS vs. Durbanville
    Bellville HS vs. Worcester Gimnasium
    Bellville THS vs. Monumentpark
    Brackenfell vs. Strand HS
    DF Malan vs. Primrose RFC
    Stellenberg vs. Hottentots-Holland

    6 June 2015 

    Diocesan College vs. Boland Landbou
    Paarl Gimnasium vs. Rondebosch Boys’ High
    Paarl Boys’ High vs. Wynberg Boys’ High
    Paul Roos Gimnasium vs. SACS
    HTS Drostdy vs. Tygerberg
    Bellville HS vs. Durbanville
    Bellville THS vs. Tygerberg RFC
    Brackenfell vs. Milnerton
    De Kuilen vs. DF Malan
    Stellenberg vs. Hugenote
    Strand HS vs. Bellville South
    Monumentpark vs. JG Meiring

    20 June 2015 

    Diocesan College vs. Rondebosch Boys’ High
    Boland Landbou vs. Stellenberg|
    Paarl Gimnasium vs. Oakdale Landbou
    Paarl Boys’ High vs. Paul Roos Gimnasium
    SACS vs. Wynberg Boys’ High
    Bellville HS vs. Tygerberg
    Bellville THS vs. Kasselsvlei
    Brackenfell vs. Monumentpark
    DF Malan vs. President
    Strand HS vs. Hugenote

    25 July 2015 

    Diocesan College vs. HTS Drostdy
    Boland Landbou vs. Rondebosch Boys’ High
    Paarl Gimnasium vs. Wynberg Boys’ High
    Paarl Boys’ High vs. SACS
    Paul Roos Gimnasium vs. Oakdale Landbou
    Bellville HS vs. Milnerton
    Bellville THS vs. Jan van Riebeeck
    Brackenfell vs. Hermanus
    De Kuilen vs. Monumentpark
    DF Malan vs. Stellenberg
    Durbanville vs. Worcester Gimnasium
    Strand HS vs. Swartland
    Tygerberg vs. Hottentots-Holland

    1 August 2015 

    Diocesan College vs. Paul Roos Gimnasium
    Boland Landbou vs. Wynberg Boys’ High
    Paarl Gimnasium vs. Paarl Boys’ High
    Rondebosch Boys’ High vs. Bellville HS
    SACS vs. Stellenberg
    Bellville THS vs. JG Meiring
    Brackenfell vs. Durbanville
    De Kuilen vs. Strand HS
    DF Malan vs. Monumentpark
    Tygerberg vs. Swartland
    Primrose RFC vs. Kasselsvlei

    8 August 2015 

    Wynberg Boys’ High vs. Stellenberg
    Strand HS vs. Hermanus

    15 August 2015 

    Diocesan College vs. SACS
    Boland Landbou vs. Paul Roos Gimnasium
    Paarl Gimnasium vs. Outeniqua
    Paarl Boys’ High vs. Oakdale Landbou
    Rondebosch Boys’ High vs. Wynberg Boys’ High
    HTS Drostdy vs. HTS Daniël Pienaar
    Bellville HS vs. Stellenberg
    Bellville THS vs. Parel Vallei
    Brackenfell vs. Hugenote
    De Kuilen vs. Tygerberg
    DF Malan vs. Bellville South
    Durbanville vs. Milnerton
    Strand HS vs. Hottentots-Holland
    Monumentpark vs. Jan van Riebeeck
    Primrose RFC vs. President

    22 August 2015

    Diocesan College vs. Wynberg Boys’ High
    Boland Landbou vs. Oakdale Landbou
    Paarl Gimnasium vs. Tygerberg
    Paarl Boys’ High vs. HTS Drostdy
    Paul Roos Gimnasium vs. Grey College
    Rondebosch Boys’ High vs. SACS
    Bellville HS vs. DF Malan
    Bellville THS vs. Hottentots-Holland
    Brackenfell vs. De Kuilen
    Durbanville vs. Stellenberg
    Strand HS vs. Parel Vallei
    Monumentpark vs. Vredendal
    Primrose RFC vs. Bellville South

    29 August 2015 

    Diocesan College vs. Rondebosch Boys’ High
    SACS vs. Wynberg Boys’ High
    HTS Drostdy vs. Stellenberg
    Bellville HS vs. Monumentpark
    Bellville THS vs. Labori
    Brackenfell vs. Tygerberg
    De Kuilen vs. Worcester Gimnasium
    DF Malan vs. Parel Vallei
    Durbanville vs. Strand HS
    Primrose RFC vs. JG Meiring

  • ’n Stryd vir swart spelers

    ’n Stryd vir swart spelers

    NuusG ItembelihleveldMaatskaplik-ekonomiese agterstande veroorsaak dat nie genoeg jong swart rugbyspelers hul stempel in Suid-Afrika afdruk nie, skryf Hannes Nienaber.

    Baie swart spelers gaan ná skool vir die spel verlore. Die vernaamste rede daarvoor is die maatskaplik-ekonomiese agterstande waarmee hulle grootgeword het, sê verskeie afrigters.

    Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) erken ook dié feit.

    Saru het sy provinsiale unies vroeër vanjaar in e-pos gevra om talentvolle swart spelers te identifiseer wat na tradisionele rugbyskole gestuur kan word.

    Volgens Saru sal die regering beurse aan die spelers moet gee om “erkende rugbyskole” te kan bywoon.

    Dié spelers moet volgens Saru leerlinge wees wat kom van “klein, nuwe en nie-betalende skole en skole waar rugbyspelers al hoe minder word”.

    In die e-pos vra Saru ook dat die keurders in gedagte moet hou dat dié spelers goed genoeg moet wees om in hul o.18-jaar aan die Akademie-week of Cravenweek te kan deelneem.

    Goodman Ndaba, ’n administrateur van die departement van sport, het bevestig dat Saru die departement gevra het of sy keurders swart spelers kan identifiseer in die Suid-Afrikaanse Skole-kampioenskap vir o.16-spelers. Die departement organiseer die toernooi.

    Daar kan egter nie net van Saru verwag word om dié agterstand te probeer uitwis nie, meen die afrigters.

    Nuwe idees is nodig

    Jaarliks neem meer as 170 gekleurde spelers aan die Cravenweek vir hoërskole deel. Nog 275 is jaarliks in die Akademie-week in aksie. Dit wil sê ongeveer 400 gekleurde spelers van gehalte word jaarliks deur die skolestruktuur opgelewer.

    Saru se strategiese transformasieplan bepaal dat die helfte van die Springbokspan teen 2019 uit gekleurde spelers moet bestaan, terwyl 60% van dié spelers etnies swart moet wees.

    Daar sal dus op o.19- en o.21-vlak vir die volgende paar jaar met nuwe idees vorendag gekom moet word om sy teikens vir 2019 te kan behaal.

    ’n Afrigter wat lank by ’n skool was wat heelwat swart spelers opgelewer het, meen enige speler het die regte toerusting, geld, kos en ondersteuning nodig om professioneel te kan meeding – ongeag hul kleur.

    “Ek het fenomenale spelers by dié skool afgerig. Ek kan nie onderskei tussen wit en swart spelers nie.

    “Vir my is almal rugbyspelers,” het die afrigter gesê.

    Hy het gevra om anoniem te bly.

    Hy stel voor dat afrigters op provinsiale o.19- en o.21-vlak dalk nie volgens hul wenpersentasie beoordeel word nie.

    Hulle moet eerder die doel gestel word om byvoorbeeld elke jaar vier swart spelers op te lewer wat gereed is om op senior provinsiale vlak te speel.

    “As ’n afrigter onder druk is om te presteer op dié ouderdomsvlakke, gaan hy nie tyd bestee aan spelers se kondisionering en om toe te sien dat hulle reg eet nie. Hy gaan bloot die speler kies wat reeds gereed is om op daardie vlak mee te ding.

    “Ons het swart spelers gaan haal en help ontwikkel. Die ouens se skoolgeld word betaal, hulle kry aanvullings en eet ook reg. Dan breek die skoolvakansie aan en as die speler terugkom koshuis toe, is sy kondisionering weer nie na wens nie.

    “Baie van die spelers kry nie die regte kos by die huis nie en dit strem hul ontwikkeling.”

    Twee van Suid-Afrika se blinkste Springbokke, Oupa Mahoje en Trevor Nyakane, spog met die Nelson Mandela-trofee wat die Bokke in September teen die Wallabies op Nuweland gewen het. Foto: Gallo Images

    ​Voeding speel ‘n rol

    Itembelihle in Port Elizabeth is een van die tradisionele swart skole wat tot dusver ’n groot bydrae tot Suid-Afrikaanse rugby gelewer het.

    Theo Pieterse, die skool se afrigter, het die hulp van Supplements SA ingeroep.

    Volgens Pieterse het Ewan Kromhout, die grootbaas van Supplements SA, bevind dat spelers al van 12 jaar af nie kos met die regte voedingswaarde kry nie.

    “Ons het ’n plan ingestel om die spelers se voeding reg te stel,” sê Pieterse.

    Hy het al spelers soos die Springbok Solly Tyibilika en die Pumas se slot Giant Mtyanda by die skool onder hande gehad.

    Die plan sluit aanvullings en oefenprogramme in om die spelers van Itembelihle toe te rus om hul stempel ná skool op die rugbyveld af te druk.

    Die maatskaplik-ekonomiese agterstand “veroorsaak dat hulle nie so groot soos die wit spelers is wanneer hulle op o.19-, o.21- en senior vlak moet meeding nie.

    “Op skool kan hulle egter in ’n mate teen die wit kinders meeding, maar daarna word die gaping te groot,” sê Pieterse.

    Dit gaan soms so erg dat Pieterse die kinders voor oefeninge ’n droë broodrol gee om te eet.

    Boonop is die veld waarop gespeel word, byna sonder gras. Dié skool van die Baai het wel ’n gimnasium by Saru gekry om met die spelers se ontwikkeling te help.

    Ondersteuning is nodig

    Nog ’n afrigter wat baie vir swart spelers in Suid-Afrika doen, is André Hay van Ben Vorster in Tzaneen. Die Springbok-stut Trevor Nyakane is deur hom afgerig.

    Daar is volgens Hay oorgenoeg spelers met talent.

    “Hier is rondom ons in ’n radius van 30 km seker 600 swart skole. Die spelers moet geïdentifiseer word en ondersteuning kry.”

    Volgens hom het baie van die swart spelers wat kontrakte by unies gekry het, skielik ná skool “geld in hul hande” en weet dan ook nie hoe om dit te hanteer nie.

    Baie van dié spelers verval dan ’n kultuur van drankmisbruik wat hul ontwikkeling as rugbyspelers verder strem.

    “Hulle het dan nie meer die strukture van ’n skool om op te steun nie en oor naweke hang hulle in kuierplekke uit,” sê Hay.

    Nog ’n afrigter wat verkies het om anoniem te bly, het by ’n tradisionele wit skool afgerig waar besluit is om talentvolle swart spelers geleenthede te gee.

    Hy meen ook dat van die jong spelers se persoonlike agtergrond ’n rol speel.

    “Dié spelers se agtergrond tel teen hulle. Hulle kry geen ondersteuning by die huis nie en hul ouers maak hulle ook nie in ’n rugbykultuur groot nie.

    “Daar is ook nie ’n stelsel vir dié seuns wat nie skool klaargemaak het wat dit moontlik maak dat hulle verder kan gaan studeer nie,” sê hy.

    Dadels kom van Saru-beloftes

    ​Die rugbyveld van Itembelihle in Port Elizabeth is in ’n haglike toestand. Die veld se gras is kol-kol versprei. Daar is ook heelwat klippe oor die hele veld.

    Dit is slegs een van die verskeie probleme waarmee een van Suid-Afrika se voedingsbronne vir swart rugbyspelers sit.

    Dié skool het onder andere die Springbok Solly Tyibilika opgelewer. Theo Pieterse, afrigter van die skool se eerste span, is al sedert 1979 by die skool se rugby betrokke.

    In 2004 het Saru sy amptenare Edwin Ncula en Mike Stofile na die skool gestuur oor die veld se toestand. In die tien jaar sedert hul besoek het egter dadels gekom van hul beloftes.