SSPN Test Site

Blog

  • Wessies baas in Klerksorp-derby, Zwarries hol weg met Die Anker

    Wessies baas in Klerksorp-derby, Zwarries hol weg met Die Anker

    FOTO: Marnus Prinsloo

    Dit het soos verwag ‘n klipharde en senutergende stryd afgegee tussen Hoërskool Wesvalia en Hoërskool Klerksdorp in die kwarteindronde van die NWU Prestige-reeks.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Die toeskouers in Klerksdorp was vir die volle 70 minute vasgenael aan hul sitplekke, met dié derby wat tot die bittereinde vir hope opwinding gesorg het.

    Dit was so hittete of Klerksdorp het as oorwinnaar getree uit die stryd tussen dié twee rugbyreuse van die dorp.

    Dit was egter nie hoe die draaiboek geskryf was nie en die span in bruinrooi kon uiteindelik ‘n sug van verligting slaak na die swaarverdiende oorwinning van 16-12 waarmee Wessies gevorder het tot die halfeindronde van die Prestige-reeks . Die tuisspan se se pak het hand opgesteek om sy stempel af te druk in die vaste fasette en het ook op die verdediging dikwels die besoekers se besit omvergegooi.

    Dit was egter weer die skopskoen van losskakel, Eduard Dreyer, wat die laaste sê gehad het. Dreyer se drie strafdoele en een doelskop het uiteindelik ‘n deurslaggewende rol in sy span se sege gespeel.

    Klerksdorp se agsteman en kaptein, Tiaan Koen, het vir die soveelste keer met sy fisieke spel op die aanval beïndruk om sy span deurentyd op die voorvoet te plaas.

    Hoërskool Zwartkop het ‘n kliniese vertoning teen Hoërskool Die Anker gelewer om ‘n wegholsege van 42-3 te behaal. Die span van Centurion, wat opslae maak met sy aantreklike hardlooprugby, se aanslag is gelei deur regtervleuel, Luan Isaacs, wat ‘n driekuns behaal het. Binnesenter, David van Jaarsveld, het self twee keer agter die span van Brakpan se doellyn gaan kuier.

    Die Zwarries het sy man teen Die Anker se pak gestaan en volgens hul sterkpunte gespeel, naamlik om die bal so vinnig moontlik by die snellers op die punte te kry. Hulle het voorts omgekeerde besit uitstekend benut en gevaarlike teenaanvalle geloods, waarvoor die Die Anker nie ‘n antwoord gehad het nie.

    Heidelberg Volkskool se Tyrone Munro en Reuben Bothma het elkeen ‘n tweekuns aan drieë behaal in die Volkies se oortuigende sege van 43-25 oor Hoërskool Jeugland. Die span van Heidelberg is beslis besig om ritme te vind, wat moeilikheid voorspel vir toekomstige teenstanders.

    Puntemakers:

    Wesvalia 16 (3) – Drie: Fafa Calitz. Doelskop: Eduard Dreyer. Strafdoele: Dreyer (3). Hoërskool Klerksdorp 12 (5) – Drieë: Tiaan Koen, Dorian Isaacs. Doelskop: Brendin Matthyse.

    Zwartkop 42 (25) – Drieë: Luan Isaacs (3), David van Jaarsveld (2), Zulu Mona. Doelskoppe: Tilon Baron (3). Strafdoele: Baron (2). Die Anker 3 (3) – Strafdoel: Edrick Pienaar.

    Ander wedstryde:

    Heidelberg Volkskool 43 (26) – Drieë: Tyrone Munro (2), Reuben Bothma (2), Henru Coetzer, Jeandré Pretorius, Pieter Greyling. Doelskoppe: Hein Oelofse (4). Jeugland 25 (10).

    Hugenote (Springs) 24 (5) – Drieë: Zander van Vuuren, Dylan Podges, Thanyani Mokiri, Luan Pretorius. Doelskoppe: Yovan Prinsloo (2). Wagpos 22 (12).

  • Marais Viljoen té sterk vir Pieties, Volkies skok Montana

    Marais Viljoen té sterk vir Pieties, Volkies skok Montana

    FOTO: Hoërskool Marais Viljoen op Facebook.

    Hoërskool Marais Viljoen was Vrydagmiddag in Alberton té sterk vir die besoekende Hoërskool Pietersburg in die kwarteindronde van die NWU Prestige-reeks.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Alhoewel die Pieties hul man gestaan het teen die “groter hond”, was dit duidelik dat die span van Alberton oor meer ondervinding beskik vir die groot oomblikke en weet hoe om te wen wanneer dit saak maak. Hy het uiteindelik, na ‘n fisieke stryd teen die Pieties, met 27-23 koning gekraai.

    Losskakel, Claude de Couto, was sy gevaarlike self en het nie geskroom om die Pieties se verdediging aan te vat nie, waarvoor hy met een van sy span se vier drieë beloon is. Hy het verder uitstekende diens aan sy agterlyn gelewer, wat gelei het tot drieë deur linkervleuel, Kabelo Tlhoaele, en binnesenter, Jonno Morkol, wat uiteindelik die uitklophou toegedien het.

    Zhian Lombaard, die span van Polokwane se haker, was nietemin voorlangs ‘n doring in die vlees van die tuisspan, terwyl heelagter, Ryno Mienie, in die kol was met twee doelskoppe en twee strafdoele.

    Potchefstroom Volkskool het vir die tweede agtereenvolgende week met ‘n sege van een punt huiswaarts gekeer, om vir die gevaarlike Hoërskool Montana met 20-19 te skok Die Volkies se heelagter, Anro Nel, was, nes verlede week, die groot uitblinker met sy venynige teenaanvalle en het dikwels die Montie-verdediging gefnuik.

    Alhoewel die Monties die onderspit gedelf het, het haker, Aiden Vorster, steeds uithalerspel gelewer. Dit is altyd spesiaal as ‘n voorspeler, en meer spesifiek ‘n voorryman, ‘n driekuns aan drieë behaal, en dit is presies wat Vorster vermag het.

    Bergsig Akademie se geluk het einde ten laaste gedraai, met die span van Rustenburg wat uiteindelik sy rekening geopen het met ‘n oorwinning van 26-25 oor Hoërskool Lichtenburg. Losskakel, Carlo de Jager, was grootliks verantwoordelik vir dié sege met ‘n drie en drie strafdoele vir ‘n peroonlike bydrae van 14 punte .

    Puntemakers: 

    Marais Viljoen 27 (13) – Drieë: Claude de Couto, Juan van den Heever, Kabelo Tlhoaele, Jonno Morkol. Doelskoppe: Raynhardt Kruger (2). Strafdoel Kruger. Hoërskool Pietersburg 23 (11) – Drieë: Zhian Lombaard, Elardus Erasmus, Andru de Beer. Doelskoppe: Ryno Mienie (2). Strafdoele: Mienie (2)

    Potchefstroom Volkskool 20 (12) – Drieë: Hennie Pretorius, Anro Nel, Lorenzo Louw. Doelskop: Juhan Redelinghuys. Strafdoel: Redelinghuys. Montana 19 (12) – Drieë: Aiden Vorster (3). Doelskoppe: Hendrew Schoeman (2).

    Bergsig Akademie 26 (13) – Drieë: Carlo de Jager, Heinrich Krugel, Garth Hofsta. Doelskop: Bradley Stonehouse. Strafdoele: Carlo de Jager (3), Bradley Stonehouse (2). Hoërskool Lichtenburg 25 (15) – Drieë: Darius Lombaard (2), Aidan Stimie. Doelskoppe: Luan Snyman (2). Strafdoele: Snyman (2).

  • Bastiaanse Klofies se halfeind-held

    Bastiaanse Klofies se halfeind-held

    Hoërskool Waterkloof se heelagter en kaptein, Ronan Bastiaanse, druk die wendrie in sy span se halfeindstryd teen HTS Middelburg. FOTO: Tap Light Edits.

    Klofies se kaptein, Ronan Bastiaanse, het die kastaiings uit die vuur gekrap om sy span se plek in die eindstryd van die NWU Sportreeks te bespreek. Wie dan anders?

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(www.supersportschools.com)

    Hoërskool Waterkloof het Vrydag in Middelburg bewys gelewer dat hy ‘n span is wat weet hoe om te wen deur vir Hoër Tegniese Skool Middelburg met 26-22 te troef in ‘n naelbytstryd, danksy Bastiaanse se drie in die doodsnikke. Dit was ook die Rooi Bulle se eerste nederlaag vanjaar.

    Die Klofies se heelagter het, met minder as vyf minute oor, oorgeduik  vir die wendrie, nadat sy span vir ‘n geruime tyd met die rug teen die muur was. Bastiaanse was ook weer ‘n staatmaker vanaf die skopkegel en sy drie doelskoppe was van deurslaggewende belang.

    Vir die tuisspan, het buitesenter, Jacques Greyling, in dié beslissende stryd selfs nóg beter vertoon as gewoonlik, terwyl agsteman, Tercuis Bezuidenhout, die Klofies voorlangs geroer het.

    Die Pretorianers se pak het stelselmatig, deur middel van slot, Heinrich Naudé, en steelkantflank, Phillip Mans, die oorhand begin bewerk voorlangs. Hulle was altwee ongenaakbaar met bal in hand en het ook massiewe duikslae uitgevoer.

    Hoërskool Nelspruit en Hoërskool Oos-Moot het vir ‘n aanskoulike stryd gesorg, waarin die twee pakke voorspelers mekaar opdraande gegee het. Die Nellies se agsteman, Vaughn van Zyl, was sy besielende self en is met twee drieë beloon, terwyl stut, Gert Cloete, sy indrukwekkendste vertoning van die jaar gelewer het.

    Die Oosies se Clayton du Bruyn en David Joubert het ook elk twee keer die doellyn oorgesteek om hul span in die wedloop te hou.

    Hoërskool Dr EG Jansen se regtervleuel en puntemasjien, Jaydon du Preez, het Hoërskool Ben Vorster laat les opsê met sy vermoë om die spasie aan die buitekant uit te buit en het sodoende ‘n skitterende driekuns behaal.

    Puntemakers:

    Waterkloof 26 (14) – Drieë: Ruan Jacobs, Phillip Mans, Heinrich Naudé, Ronan Bastiaanse. Doelskoppe: Bastiaanse (3). HTS Middelburg 22 (12) – Drieë: Jacques Greyling, Tercius Bezuidenhout, ongeïdentifiseerd. Doelskoppe: WJ Enslin (2). Strafdoel: Enslin.

    Hoërskool Nelspruit 40 (21) – Drieë: Vaughn van Zyl (2), Tinyiko Silubane, Gert Cloete, Kamo Monkwe. Doelskoppe: John Duncan (5). Oos-Moot 32 (8) – Drieë: Clayton du Bruyn (2), David Joubert (2), Jaydon Botha. Doelskoppe: Royston Arendse (2). Strafdoel: David Joubert.

    EG Jansen 43 (19) – Drieë: Jaydon du Preez (2), Deshean Pietersen, Christopher Combrink, Otlatleng Zulu, Jacques van Tonder, Marco Ventura. Doelskoppe: Ziain Uekermann (4). Ben Vorster 25 (13) – Drieë: Ruben Pohl, Joshua vsn der Mescht, Lethabo Sejake. Doelskoppe: Shelton Primo (2). Strafdoele: Shelton Primo (2).

  • Pelser, Parkies bespreek nóg ‘n eindstryd teen Klofies

    Pelser, Parkies bespreek nóg ‘n eindstryd teen Klofies

    FOTO: Frans Lombard

    Die Hoërskool Menlopark se haker, Declan Pelser, het twee keer oor die doellyn gebars om vir sy span ‘n tweede agtereenvolgende jaar ‘n plek in die eindstryd van die NWU Sportreeks teen Hoërskool Waterkloof te bespreek.

    Herleef al die aksie op SuperSport Schools(ww.supersportschools.com)

    Pelser se tweekuns het die Pretorianers tot ‘n puik oorwinning van 29-17 oor ‘n sterk Hoërskool Transvalia aangevuur.

    Die Parkies se dryfmaalbeweging was oudergewoonte een van hul vernaamste wapens en het die grondslag vir die sege reeds in die eerste helfte gelê. Buiten Pelser was loskopstut, Mattheus Prinsloo, ook ‘n doring in die stryd tussen die voorspelers.

    Agterlangs het losskakel en kaptein, Andru Keun, met sy voorbeeld gelei. Hy was hy oudergewoonte koel en kalm onder druk, en het met fyn voorgevoel Parkies se agterlyn op die voorvoet gehou.

    Valia se pak het nietemin in die tweede helfte meer ritme begin vind en vir die Parkies ‘n paar keer van hul eie medisyne gegee met ‘n paar kragtige dryfmale, wat twee drieë meegebring het. Flank en kaptein, Juan Bisschof, en sy flankmaat, Daniel Kazambo, het vuurgemaak onder die tuisspan se pak, maar die rustydagterstand van 14 punte was uiteindelik net té veel.

    Hoewel die telling dit nie weergee nie, het Hoërskool Eldoraigne vir Hoërskool Middelburg laat sweet vir sy sege van 45-24. Teen halftyd was daar nog niks te kies tussen die twee spanne nie en, met die telling 24-24, het ‘n reuse opskudding moontlik gelyk. Die Middies het in die tweede skof egter gewys waarom hulle vanjaar ‘n groot bedreiging in die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling inhou.

    Haker, Roux Grobler, klop hard aan vanjaar se Cravenweek-deur, is ‘n yster in die vastelos en het in elke wedstryd tot dusver vanjaar ten minste een keer agter die doellyn gaan kuier.

    Hoërskool Kempton Park het sy stem dik gemaak met ‘n oorwinning van 23-10 oor Hoërskool Piet Retief, tuis in Kempton Park. Regtervleuel, Guilaume Botha, het die kollig gesteel met sy vaart en vermoë om af te rond wanneer hy spasie gebied word, terwyl steelkantflank, Marko van der Walt, deurgaans daarin geslaag het om sy span oor die voordeellyn te kry.

    Puntemakers:

    Menlopark 29 (14) – Drieë: Declan Pelser (2), Mattheus Prinsloo, Lucian Read. Doelskoppe: Anru Keun (3). Strafdoel: Keun. Transvalia 17 (0) – Drieë: Juan Bisschof, Kyle Maartens, Daniel Kazambo. Doelskop: Jayden van Eden.

    Hoërskool Middelburg 45 (24) – Drieë: Roux Grobler, Siya Matgoajana, Jaco Truter, Dewald du Toit, Choek Jansen van Rensburg, Zanempilo Mahlangu. Doelskoppe: Matthew Abbey (6). Strafdoel: Abbey. Eldoraigne 24 (24) – Drieë: Tristan Lee, Justin Meintjies, Chase Wessels, Hanno Jacobs. Doelskoppe: Damian Elferink (2).

    Hoërskool Kempton Park 23 (10) – Drieë: Juan Olivier, Guillaume Botha, Ettiene Stroebel, Ethan Botha. Strafdoel: Stian de Villiers. Hoërskool Piet Retief 10 (3) – Drieë: Sfundo Mayisa. Doelskop: Gilles van der Meulen. Strafdoel: Van der Meulen.

    Ander spanne:

    o.16: Menlopark 20, Transvalia 13; Hoërskool Middelburg 22, Hoërskool Piet Retief 7;

    o.15: Menlopark 16, Transvalia 13; Hoërskool Piet Retief 12, Hoërskool Kempton Park 12;

    o.14: Hoërskool Middelburg 10, Menlopark 3; Hoërskool Kempton Park 12, Hoërskool Piet Retief 7;

  • Pretoria Boys High and St Stithians bag thrilling victories

    Pretoria Boys High and St Stithians bag thrilling victories

    Pretoria Boys High School (PBHS)  hosted Parktown Boys’ High and Springs Boys’ High on Friday for a full load of hockey matches across all age groups.

    Last weekend, Pretoria Boys High went down against Jeppe, losing a tight game 0-1, but on Friday they came out on the right end of the result, defeating Parktown 2-0.

    Across the age groups, Boys High sparkled, with their junior sides also producing strong results.

    The clash of the 1st XIs featured quick movement and strong defensive play from both teams, but PBHS, with some superb saves from their goalkeeper, kept a clean sheet and claimed the win.

    The other PBHS open age group teams also recorded victories, with the 2nd XI winning 2-0, while the 3rd XI ran out 4-0 winners, and the 4th XI eased to a 6-0 win.

    The clash of the u16A teams ended in a stalemate, while Parktown’s u16B side was the only visiting team to win, claiming a 2-1 success.

    The Springs Boys’ High 1st XI took on Pretoria Boys High’s 6th side and picked up a 3-0 victory.

    In Johannesburg,  St Stithians College and St Benedict’s College duelled on Thursday.

    In a lively contest, there was plenty to keep the fans entertained and their nerves on edge. After an even start, Saints began to assert control and slowly started to dictate play. It brought them a 3-1 win after a tight tussle.

    “Saints dominated in the first half. [They were] a lot more confident, a lot more calm, [with] good defenders at the back.” Bennies‘ head coach Owen Mvimbi said.

    “Saints’ defenders were calm on the ball, and they tried to manipulate the press. Sometimes it went well, sometimes we turned them over, but they were a lot calmer and more confident and holistic as a team. Therefore, they created more chances.”

    Despite being kept on the back foot, St Benedict’s stuck manfully to their task, making St Stithians work hard for their goals and the win. It was a game of high intensity, said Mvimbi.

    “The energy from both teams was quite high. I think they controlled more of the game. Our boys wanted to play but were quite frustrated, and they kept giving the ball away, sometimes not knowing where to pass, sometimes not knowing how to defend against the St Stithians’ outlet.

    “That made it made it difficult in the second half. When you are chasing the game, you have to give your all and fight through it so that the confidence comes back.

    After Saints scored their third, Bennies forced a couple of penalty corners, but St Stithians remained composed to ensure the result went their way.

    RESULTS

    Friday, 21 March

    1st – PBHS 2-0 Parktown
    2nd – PBHS 2-0 Parktown
    3rd – PBHS 5-0 Parktown
    4th- PBHS 6-0 Parktown
    5th – PBHS 4-0 Parktown
    6th – PBHS 0-3 Springs’ Boys High 1st

    u16A – PBHS 0-0 Parktown
    u16B – PBHS 1-2 Parktown
    u16C – PBHS 2-0 Parktown
    u16D – PBHS 2-0 Parktown
    u16E – PBHS 7-1 Parktown
    u16F: PBHS 4-0 Parktown

    Thursday, 20 March

    St Stithians 3-1 St Benedict’s

  • School Rugby Results – 22 March 2025

    School Rugby Results – 22 March 2025

    Catch all the action live from around the country on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.

    If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results, please email us via e-mail at rugby@ssschoolsplus.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.

    You can also submit a result via our website – Submit Result.

    All the results: 

    NWU SPORT SERIES 

    [ninja_tables id=”67823″]

    NWU PRESTIGE SERIES 

    [ninja_tables id=”67820″]

    NWU INTERSCHOOLS SERIES 

    [ninja_tables id=”67819″]

    FREE STATE/GRIQUALAND WEST

    [ninja_tables id=”67813″]

    KWAZULU-NATAL 

    [ninja_tables id=”67815″]

    NOORDVAAL 

    [ninja_tables id=”67816″]

    WESTERN CAPE

    [ninja_tables id=”67824″]

  • Grey-kollege bo in stiergeveg met die Wit Bulle

    Grey-kollege bo in stiergeveg met die Wit Bulle

    SHERWIN BUYS (met bal), skrumskakel van Grey-kollege sit hier voet in die hoek op die aanval. FOTO: Marius Nortjé

    Grey-kollege se eerstespan het soos ‘n wafferse matador in ‘n stiergeveg die Hoërskool Monument se Wit Bulle tot ‘n slagting van 47-8 gestier.

    Die kragmeting het voor ‘n volgepakte Ras van Rooyen-veld in Krugersdorp afgespeel. Dit was ook deel van die King Price Derby Series.

    Die telling kon veel groter in Grey se guns gewees het indien sy stelskoppers nie hul skopskoene in die Rosestad vergeet het nie.

    Die span se stelskoppers het agt doelskoppe verbrou wat nog ‘n moontlike 16 punte tot die span se totaal kon byvoeg.

    Die Wit Bulle het egter nie net vir die volle 70 minute agter die Grey-stiervegter se rooi lap aangestorm nie.

    Die tuisspan het meeste van die balbesit asook die gebiedsvoordeel in die eerste helfte geniet. Hy kon egter nie genoeg fases aanmekaar slaan om Grey se verdediging te genoegsaam te beproef nie.

    Die besoekers van die Rosestad het teen die omdraaislag ‘n voorsprong van 27-3 geniet. Sy skrumskakel, Sherwin Buys, het twee van sy span se vyf drieë in die eerste helfte na skerp breekslae afgerond.

    Grey se heelagter, Lamla Mgedezi, het ook elke keer wat hy in besit geplaas is gevaarlik op die aanval gelyk.

    Grey se enjinkamer het vanjaar twee vonkproppe op slot in Alexi Tyropolis en Claude Steyn wat weet hoe om die vonk voorlangs te verskaf. Die twee het met talle duikslae gesorg dat Monnas gesukkel het om voorlangs oor die voordeellyn te kom.

    Boonop moet Grey se Cravenweek-slot, AJ Meyer, ook nog sy terugkeer na die NMI Toyota Noord/Suid-toernooi vir die span van Bloemfontein maak.

    Grey se senterpaar, Toriq Schambreel en Ethan Adams, was soos verwag ook vuurwarm. Hulle het deurgans ondernemingsgees aan die dag gelê om Monnas se verdediging behoorlik te beproef.

    Die Wit Bulle se losskakel, Jaydon Viljoen, het ook gewys dat hy vanjaar nog ‘n staatmaker vir sy span sal wees.

    Monnas het se plaasvervanger Ryno van der Westhuizen het met speeltyd reeds verstreke ‘n troosdrie vir sy span gedruk. Die feit dat die Wit Bulle veggees tot teen die einde getoon het, is ‘n positief wat die span uit die kragmeting kan neem.

    Sy volgende twee wedstryde is tydens die Noord/Suid-toernooi in Stellenbosch teen die Hoërskool Durbanville en Paarl Gimnasium.

    Puntemakers:

    Grey-kollege 47 (27) – Drieë: Sherwin Buys (2), Thristan Maree (2), Ethan Adams, Lamla Mgedezi, Toriq Schambreel, Xander Smit, Bernard Wessels. Doelskop: Jan-Hendrik van der Linden. Monument 8 (3) – Drie: Ryno van der Westhuizen. Strafdoel: Jaydon Viljoen.

    Ander tellings: 

    o.19A: Riebeeckrand 0, Grey Playboys 24; Bastion 7, Grey Packs 33; Krugersdorp High 15, Grey Pigs 57.

    o.19B: Cherries 45, Kwaggas 5. o.19C: Peaches 48, Sables 7.

    o.16A: Grey-kollege 31, Monument 16.

    o.15A: Grey-kollege 30, Monument 12.

    o.14A: Monument 27, Grey-kollege 25.

  • Rhenish dominates at Synsport Greg Beling Festival

    Rhenish dominates at Synsport Greg Beling Festival

    The Rhenish Girls' High 1st XI, with three emphatic victories, has proved itself to be the team to beat. Photo: Shot by Shani Photography.
    The Rhenish Girls’ High 1st XI, with three emphatic victories, has proved itself to be the team to beat. Photo: Shot by Shani Photography.

    A smattering of games on Thursday set the table for a full menu of exciting girls’ hockey at the Synsport Greg Beling Hockey Festival on Friday, in East London.

    When the dust had settled on a day filled with entertaining action, Rhenish Girls’ High School, the winners of the 2024 Fairtree Super 12 title, who began their year with a spotless record at the Greg Beling Festival, had again made their mark.

    Last year, it was a 5-1 win over Eunice that caught that eye. This time, Rhenish overpowered Eunice’s Bloemfontein rivals, Oranje, 3-0.

    After recently making a remarkable 150th appearance for the Rhenish 1st XI, Leah du Plessis led the way by putting them in front with a superb field goal in the first chukka.

    With most of their team of last year returning, big things are expected of the Stellenbosch girls and they went big in their first outing, overrunning Voortrekker, of Bethlehem, 6-0.

    Those wins followed up a 4-0 defeat of Clarendon High School for Girls on Thursday, where goals from Frankie Henn, Emma Lurie, Ruby Cilliers, and Grace Hobbs, set them up for two outstanding wins on Friday.

    The action began early in the morning with Hudson Park High School taking on Paarl Vallei at Clarendon, and it was the Western Cape school that enjoyed the better of the clash, coming away with a convincing 4-0 victory.

    At Selborne, Hoёrskool Sasolburg met Queenstown Girls’ High School (GHS). In a tight contest, Sasolburg claimed a narrow 2-1 win.

    Union High, from Graaff-Reinet, after romping to an 8-1 win over Cambridge High on Thursday, was involved in a back-and-forth tussle with GHS on Friday. The sides produced six goals between them but had to settle for a 3-3 draw.

    In other outings, Eunice High School came out on top against Parel Vallei, scoring a 3-1 victory, St Anne’s Diocesan College edged out Gqeberha’s Pearson High School 1-0, and Kingsridge shared 10 goals with Westering in a thrilling 5-5 draw.

    RESULTS

    Friday, 21 March

    Hudson Park 0-4 Parel Vallei
    Queenstown GHS 1-2 Sasolburg
    Kingsridge 6-1 Cradock
    Rhenish 6-0 Voortrekker
    Duineveld 3-1 Lilyfontein
    Merrifield 3-0 Montana
    Stirling 3-0 Framesby
    Cambridge 2-0 Hoër Volkskool Graaff-Reinet
    Kingswood College 0-1 Witteberg
    Kingsridge 5-5 Westering
    Pearson 5-1 Hoërskool Middelburg
    Hudson Park 0-5 Collegiate
    Queenstown GHS 3-3 Union High
    Lilyfontein 2-1 Brandwag
    Framesby 0-2 Duineveld
    St Anne’s 5-0 Voortrekker
    Eunice 3-1 Parel Vallei
    Cambridge 1-0 Curro Waterstone
    Merrifield 3-0 Alexander Road
    Clarendon 2-0 Glenwood House
    Stirling 1-1 Woodridge
    Pearson 0-1 St Anne’s
    Rhenish 3-0 Oranje

  • Goals galore at Tony Godding Festival

    Goals galore at Tony Godding Festival

    Kingswood’s hockey team at the Tony Godding festival. Photo: Kingswood College on Facebook.

    Grey High School, St Andrew’s College, and Cambridge High School were among the highest goal-scorers on Friday, the second day of the Synsport Tony Godding Festival, in East London.

    The festival kicked off on Thursday and finishes on Sunday. Matches are being played at Stirling High, Merrifield College, Cambridge High, and Selborne College.

    Pearson and Grey High kicked off the festival with comprehensive victories.

    Pearson played first and registered a comprehensive 6-1 win over Stirling on Thursday. Then, on Friday morning, they continued their good form with a 3-0 win over St Andrew’s School. Pearson’s run of victories came to a halt in the afternoon, however, when Grey College handed them a 4-2 defeat

    Grey High went one better than their Gqeberha neighbours and won all three of their matches.

    On Thursday night, they opened with a commanding 6-0 win over Cambridge. Coach Andrew Benyon’s side faced Jim Fouché on Friday morning and shrugged off the determined challenge of the Bloemfontein side, winning 3-1. They maintained that momentum in their game against Hudson Park, whom they defeated 3-0.

    St Andrew’s College recorded the joint-highest margin of victory with a 9-1 walloping of Glenwood House on Friday morning. Cambridge matched that when they overwhelmed Curro Waterstone 8-0 on Friday afternoon. Earlier in the day, the East London school scored a narrow 1-0 win over Montana in their first outing of the festival.

    Grey College was one of the teams with a single match under their belt, they went up against Pearson and beat them 4-2. Coach Dallan Phillips’ side is one of the outfits to look out for in the festival.

    Saturday promises another day of entertaining hockey action. Some of the matches to look forward to are Grey High’s duel with St Andrew’s School, Queen’s College‘s clash with Grey College, and Pearson’s showdown with Queen’s.

    RESULTS

    Thursday

    Pearson 6-1 Stirling
    Grey High 6-0 Cambridge High

    Friday

    Cambridge 1-0 Montana
    Pearson 3-0 St Andrew’s School
    St Andrew’s College 9-1 Glenwood House
    Grey High 3-1 Jim Fouché
    Queen’s College 1-1 Kingswood
    Dale College 3-6 Middelburg Hoërskool
    Hudson Park 1-1 Alexander Rd
    Framesby 2-1 Duinveld
    Montana 2-1 Witteberg
    Merrifield 2-1 Sasolburg
    Pearson 2-4 Grey College
    Stirling 0-2 Woodridge
    Dale College 5-0 Westering
    Cambridge 8-0 Curro Waterstone
    Hudson Park 0-3 Grey High
    Selborne College 4-2 Jim Fouché

    FIXTURES

    Saturday

    07:00 – Montana vs Duineveld, 07:00 – Stirling vs Westering, 08:15 – Alex Rd vs Glenwood House, 09:30 – Witteberg vs Curro Waterstone, 09:30 – Cambridge vs Framesby, 09:30 – Kingswood vs Sasolburg, 10:45 – Selborne College vs Woodridge, 10:45 – Merrifield vs Middelburg, 12:00 – St Andrew’s College vs Grey College, 13:15 – Grey High vs St Andrew’s School, 13:15 – Queen’s College vs Pearson, 14:30 – Framesby vs Witteberg, 15:45 – Dale College vs Alex Rd, 15:45 – Kingswood vs Jim Fouché, 15:45 – Curro Waterstone vs Duineveld Boys, 15:45 – Merrifield vs Woodridge, 17:00 – Hudson Park vs St Andrew’s College, 17:00 – Westering vs Sasolburg, 18:15 – Queen’s College vs Grey College, 18:15 – Stirling vs Middelburg, 19:30 – Selborne College vs St Andrew’s School, 19:30 – Montana vs Glenwood House.

  • Northwood edges out Maritzburg College in a thriller on Pape’s Astro

    Northwood edges out Maritzburg College in a thriller on Pape’s Astro

    The Northwood 1st XI celebrates a rare victory over Maritzburg College on Pape’s Astro. Photo: Northwood School on Facebook.

    Northwood were 4-3 victors over Maritzburg College in a thrilling encounter on the Pape’s Astro in Pietermaritzburg on Friday afternoon.

    Coach Justin Collins’ charges bounced back in style following their 4-5 loss to Michaelhouse on Wednesday. However, they were also guilty of committing the same mistakes they made in the midweek tie.

    Friday’s win was only the second time that the Knights had beaten College on Pape’s. The first time was in 2023, and Collins was also the coach in that encounter.

    “I am concerned about the way we are starting games. We fell behind against Michaelhouse and we did the same against Maritzburg College. But the boys showed character. I am proud of the way they handled themselves,” Collins said afterwards.

    The Red, Black, and White drew first blood after a flowing move down the left flank, which brought them the opener early in the first chukka. Five minutes into the second quarter, they successfully converted a penalty corner to go two goals clear.

    What had looked like a comfortable lead quickly evaporated when Luke Allen and Aidan Potgieter executed a quick one-two punch to level matters before halftime.

    Allen struck first, just two minutes before the interval, when he fired in a shot at goal after a tidy build-up from the back. Potgieter then converted a penalty corner on the stroke of halftime.

    Northwood’s persistent attacks on College’s goal put the home side under pressure and the visitors were rewarded when they forced a penalty stroke. Ryan Herselman stepped up to the spot and converted the chance into a goal to put the visitors in front for the first time in the contest.

    College chased an equaliser. Instead of scoring, they were caught out when the Knights turned over possession and launched a swift counterattack. Kyle White finished it off as the third chukka ended, and Northwood led 4-3.

    Maritzburg College kept fighting to the end and it was a back-and-forth affair in the last chukka. With 10 minutes to play, coach Mark Sanders’ charges were rewarded for their valiant effort with a third goal. However, they couldn’t find another, and the visitors from Durban took the win.