SSPN Test Site

Blog

  • Bosch beklink nog ‘n sege met skop

    MIDDELBURG. – Oostelike Provinsie se heelagter Curwin Bosch het sy en sy span se ondersteuners in die Baai met bree glimlagte na gister tweede dag van die 51ste Cravenweek-rugbytoernooi vir hoërskole hier gelaat.

    Toe Bosch, vir die beslissende doelskop in sy span se sege van 26-25 oor die Blou Bulle vanaf die kantlyn aantree was dit nie vir hom ’n vreemde ervaring nie.

    Hy het vroeër vanjaar ook Paul Roos Gimnasium se ondersteuners se harte gebreek toe hy met ’n doelskop in die doodsnikke aan sy skoolspan, Grey PE, ’n sege van 27-26 besorg het. “My span het voor die skop gese dat hulle by my staan of hy oor of mis is, wat ’n bietjie van die druk verlig het,” het Bosch gese.

    Bosch, wat eintlik sy span se losskakel is, het boonop die drie met vlugvloetige voetwerk gaan druk, wat vroeër in die tweede helfte sy span terug in die wedstryd gebring het.

    Die vleuel, Athi Mayinje, het die drie in die hoek met speeltyd reeds verstreke gaan druk, waarna Bosch die held kon wees.

    Hoewel die Libloues se losskakel, Tinus de Beer, ook sy skopskoene ingepak het en 20 van sy span se punte aangeteken het, was dit nie genoeg nie.

    ) Die skrumskakel, Shirwin Cupido, het Vrystaters se harte warm laat klop met sy vertoning in die hoofwedstryd van van die dag teen die Leeus.

    Cupido het nie net die oond skoongemaak nie, het het ook die vuur gestook in sy span se oorwinning van 33-20. Hy het deurgans vrae aan die Leeus se verdedigers om die losskrums gevra en sy diens aan die agterlyn was suiwer. Hy het egter aan die einde van die wedstryd die veld weens ’n besering verlaat.

    Die Vrystaat sal hoop dat die besering nie te ernstig is nie.

    Die Vrystaatse lostrio met kaptein en agtsteman, Alex Jonker, aan die spits het ook ’n leeue-aandeel in die sege gehad. Die flanke, De Wet Bezuidenhout en Victor Maruping, vorm saam met Jonker ’n gedugte kombinasie.

    Die Leeus sal nie tevrede met hulle vertoning in dié kragmeting wees nie.

    ) Griekwas het sy grootste sege in die geskiedenis van die Cravenweek behaal toe hy Grens-platteland met 96-0 oorrompel het. Die Poubloues se losskakel, Gerco Nortjé, het met sy amper foutlose skopvertoning amper daarin geslaag om die rekord vir die meeste punte in ’n enkele wedstryd van die Cravenweek te ewenaar. Hy het 36 punte aangeteken deur twee drieë te druk en 13 van sy span se 14 drieë te verdoel. Indien hy met die ander doelskop geslaag het sou hy die rekord van 38 punte deur André Esterhuizen (Luiperds) teen Grens-platteland tydens 2011 se toernooi in Kimberley geëwenaar het.

    ) Die Valke se skakelpaar, Marco Janse van Vuren en Forrest Roos, het belangrike bydraes tot hulle span se sege van 30-26 oor die Boland gelewer. Die SA Skole-skrumskakel, Janse van Vuren, se drie het die uitslag beklink, terwyl Roos daar min fout met Roos se akkurate skopskoen en balverspreiding gevind kon word.

    Voorlangs het die slot Hendré Stassen en kantman Juandré van der Walt ingeklim.

    ) Die Luiperds se buitesenter, Markus Coetzer, het sy span tot ’n klinkende sege van 53-13 oor Namibië aangevuur. Coetzer is welverdiend as speler van die wedstryd aangewys. Hy het 23 van sy span se punte aangeteken wat twee drieë ingesluit het. Hy en sy sentermaat, Stefan van Vuuren, het goed in die middelveld gekombineer.

    Die Luiperds se agtsteman, Gerhard Steenekamp, het met sy kraglopies ook ’n bydrae van twee drieë gelewer.

    ) Vandag se bepalings is:

    10:10: Zimbabwe t. Griekwa-platteland; 11:30: Limpopo Blou Bulle t. Grens; 12:50: Griffons t. OP-platteland; 14:10: Pumas t. KwaZulu-Natal; 15:30: Westelike Provinsie t. Suidwestelike Distrikte.

  • Griekwas ontevrede oor hulle in ander truie moes speel

    MIDDELBURG. ¬ Griekwas se skolerugby-span is ontevrede nadat die span na slegs drie minute se spel in sy eerste wedstryd van die 51ste Cravenweek vir hoërskole sy truie vir ‘n stel truie van HTS Middelburg moes ruil. Griekwas het sy grootste sege sedert die ontstaan van die toernooi in 1964 met die oorwinning van 96-0 oor Grens-platteland behaal.

    SA Rugby se skeidsregtersbaas, André Watson, het die spelers van die Poubloues na hulle eerste drie deur die senter, JD Swanepoel, nader geroep en hulle moes HTS Middelburg se o.16B-span se truie aantrek. Dié besluit is geneem omdat daar gemeen is dat die skeidsregter, Archie Sehlako, dalk sou sukkel om tussen die twee spanne se truie te onderskei.

    “Ons is nie tevrede met die besluit wat geneem is nie. Dit het gevolge met ons borgskap en ons het nie ‘n sê in die saak gehad nie. Ons het ook nie gevoel die truie bots met mekaar nie,” het Danie Slabbert, voorsitter van Griekwas se skolerugby-vereniging (GSRV), gesê.

    Griekwas se borg, GWK, sou daarop gereken het dat hulle minstens twee televisie-wedstryde se blootstelling uit sy borgskap aan die span sou ontvang. Nou het HTS Middelburg se o.16B-span se borg, Electronic Mining Systems, onverwagse TV-blootstelling ontvang.

    Boonop moes die Poubloues se afrigter, Shaun Huygen, Sondag op die vooraand van die toernooi inderhaas self moes inspring en dié truie was na ‘n verwarring oor die bepalings wat verkeerd in die amptelike program van die toernooi gedruk is. Huygen se werk was egter pure verniet dat die oorspronklike bepalings reg was en dat sy gewaste truie slegs drie minute se speeltyd ontvang het.

    Die SuperSport-kommentator, Ockert van Schalkwyk, het tydens die regstreekste beeldsending van die wedstryd genome dat hy nie ‘n rede kan sien hoekom die truie geruil moet word nie.

    Dié truie het egter nie die spelers afgesit nie en hulle het amper daarin geslaag om die grootste sege ooit in die geskiedenis van die Cravenweek te behaal. Die rekord word deur Boland Akademie gehou wat in 1995 in Bloemfontein op die laaste dag vir Transkei met 105-5 getrap het.

    Die Poubloues het verlede jaar op die laaste dag die einste Grens-platteland met 94-5 afgeransel.

  • Pumas grom, maar WP is te sterk

    MIDDELBURG. – Die nie-amptelike kampioen van die Cravenweek-rugbytoernooi vir hoërskole, die Westelike Provinsie, moes harder sweet as verwag om die gasheer, die Pumas, Maandag hier met 33-32 te troef.

    Dié oorwinning was die WP se sesde op ’n streep op die Cravenweek. Hy het ná ’n kliniese vertoning in die eerste helfte met 30-15 voorgeloop en ’n mens kon sien hoekom dié span se afrigter, Hein Kriek, as vanjaar se Suid-Afrikaanse Skole-afrigter aangewys is. KwaZulu-Natal (KZN) se Dean Moodley is die spanbestuurder.

    Die WP se slot Ruben de Villiers en stut Gavin van den Berg het die bal sterk gedra, terwyl die kaptein en senter, Edrich Venter, die planmaker in die agterlyn was.

    Die verskil tussen die twee spanne was die skopskoen van die heelagter, Tiaan Swanepoel, wat met al sewe sy pogings na die pale suksesvol was vir ’n bydrae van 18 punte.

    Die Pumas se agtsteman, Oscar Schuld, en slot Driaan Bester het albei in die eerste helfte tien minute in die koelkas deurgebring.

    * Suidwestelike Distrikte (SWD) het die eerste verrassing gelewer toe hy KZN welverdiend met 18-13 die loef afgesteek het.

    SWD se senter JT Jackson en KZN se heelagter, Morné Joubert, se vertonings was waarskynlik die beste van die dag.

    Jackson het amper na willekeur gapings in KZN se verdediging gevind, terwyl sy skopskoen ook ’n bate was. Joubert se vermoë op die aanval is sy sterkpunt.

    * Miskien verdien die Griffons om op die derde dag in die hoofwedstryd te speel ná hul sege van 47-20 oor die Grens. Die Perses het sedert 2011 se toernooi in Kimberley nog net een keer verloor.

    Die span het wel ’n insinking in die tweede helfte beleef nadat hy teen rustyd stewig met 42-6 in die saal was.

    Die heelagter, Ezrick Alexander, se drie vanuit sy eie halfgebied was ongetwyfeld die beste op die eerste dag. Alexander en die slot Erik Knoetze het elk twee keer gaan druk. Knoetze het sy tweede drie gedruk nadat ’n strafdoel van Jaywinn Juries die regoppaal getref het. Knoetze het met albei sy drieë die verdediging met fopaangeë geflous.

    * Toe die Oostelike Provinsie-platteland met nog drie minute se spel in die eerste helfte met 39-3 teen Zimbabwe voorgeloop het, sou ’n mens gedink het ons Noordelike bure gaan ’n drag slae kry. Hulle het egter ander planne gehad, maar steeds uiteindelik met 54-43 in ’n opwindende wedstryd verloor.

    * Die Limpopo Blou Bulle en Griekwas-platteland het die toeskouers op een van die opwindendste openings-wedstryde in jare trakteer.

    Albei spanne was nie bang om die bal lug te gee nie en Limpopo het met 25-19 gewen. Griekwas het met die omdraaislag met 19-13 voorgeloop.

  • Skole speel ook te veel wedstryde

    Die meeste van die groot rugbyskole in Suid-Afrika speel te veel rugby.

    Die Hoër Jongenskool Paarl het vanjaar al 20 wedstryde gespeel. Die hoofrede vir dié syfer is die feit dat hy vanjaar Suid-Afrika op die jaarlikse Sanix-toernooi in Japan verteenwoordig het. Boishaai sal vanjaar nog vier wedstryde speel met die moontlikheid vir nóg twee wedstryde as hy tot in Die Burger-kompetisie se eindstryd vorder.

    “Ons het al 20 wedstryde gespeel en van ons seuns wat aan proewe, die Cravenweek en ander provinsiale weke gaan deelneem, sal amper 40 speel. Nie eens professionele spelers speel so baie wedstryde in ’n seisoen nie,” het Sean Erasmus, hoof van rugby by Boishaai, gesê.

    Erasmus is ná die eerste jaar van die Jake White-afrigtings-kursus, wat landwyd aangebied is, as die voorste breier aangewys wat die kursus bygewoon het. “Ons spandokter, dr. Kobus Uys, het self gesê die getal wedstryde is swaar op ons seuns se lywe. Dit is ook moeilik om die kondisionering reg te hou met dié getal kragmetings,” het Erasmus gesê.

    Dries van der Wal, voormalige hoof van rugby by Grey-kollege en voormalige Suid-Afrikaanse skolekeurder, het Erasmus se gevoelens beaam oor die hoeveelheid rugby wat die seuns speel.

    “Ek dink dit raak te veel. Daar is ook soveel ekstra druk op dié skole, spelers en afrigters om te presteer. Die gehalte van skolerugby is baie hoog. Die seuns speel buiten proewe nog drie opwarmingswedstryde voor die Cravenweek en dan nog drie wedstryde tydens die Cravenweek. As jy die SA Skole-span haal, speel jy nóg drie wedstryde,” het Van der Wal gesê.

    Grey het vanjaar 21 wedstryde op sy program. Spanne wat vanjaar soos Grey die Kearsney-kollege-Paastoernooi en die Wildeklawer-toernooi bygewoon het, het binne 11 dae vyf wedstryde teen die voorste rugbyskole in Suid-Afrika gespeel.

    Dan is daar ook ’n skool soos die Hoërskool Noord-Kaap in Kimberley wat sukkel om genoeg wedstryde te kry. Die span kon tot dusver nog net 11 wedstryde speel, met nog vyf wedstryde wat vir die span in dié seisoen voorlê as hy tot die eindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie deurdring.

    “Ons sukkel om genoeg wedstryde te kry. Ons het nou weer gevra dat daar gekyk sal word om die Griekwa-liga weer te begin speel. Ek dink 20 wedstryde ’n seisoen vir ’n skoolspan is genoeg,” het Shaun Huygen, hoofafrigter van Noord-Kaap, gesê.

    Affies in Pretoria speel die afgelope twee jaar net 15 wedstryde per seisoen. “Daar moet dalk gekyk word om die seisoen se tydsduur te verleng en nog dieselfde getal wedstryde te speel. Ons moet die seuns beter bestuur,” het Erasmus gesê.

  • 7 bielies en 2 buksies by Cravenweek 2014

    Middelburg. – Daar is vanjaar vier spelers by die 51ste jaarlikse Cravenweek vir hoërskole wat so effens moet buk wanneer hulle by ’n vertrek instap.

    Reinhard Nothnagel (Leeus), Eli Snyman (Zimbabwe), Eduard Zandberg en Adré Smith (albei Suidwestelike Distrikte) staan almal 2,01 m in hul sokkies.

    Hulle is die langste spelers op vanjaar se Cravenweek-toernooi. Hulle is wel ietwat korter as R.G. Snijman van die Blou Bulle (2,05 m) wat verlede jaar in Polokwane die langste speler was.

    Buiten die vier is daar net drie ander slotte wat 2 m lank is. Twee van hulle, Jaco Willemse en Ruben de Villiers, draf vir Westelike Provinsie uit. Die ander slot is die Valke se Hendré Stassen.

    Willemse laat die skaal ook nog op 126 kg kreun wat hom ’n bielie in die fisieke dele van die spel maak. Dit is slegs 4 kg ligter as die swaarste speler op vanjaar se toernooi – Thabiso Khanya (130 kg), vaskopstut van die Luiperds.

    Die kortste speler op die toernooi by die HTS Middelburg is Monde Zizile (1,50 m), buitesenter van Grens-platteland.

    Hy is net ’n raps langer as André Share van Griekwas (1,56 m).

  • Griffons – 2006

    Results

    Griffons 31,  Valke 43
    Griffons 31,  Namibia 17
    Griffons 36,  SWD 41

    Players: 15 Cecil Afrika (Harmony Sportacademy), 14 Maxwell Andrews (Griffons), 13 Arno van Zyl (Welkom Gimnasium), 12 Neil Treurnicht (Harmony Sportacademy), 11 Jaco Saayman (AHS Kroonstad), 10 Wynand Pienaar (Welkom Gimnasium), 9 Boela Abrahams (Harmony Sportacademy), 8 Alfred Khoza (Harmony Sportacademy), 7 Jan du Toit (AHS Kroonstad), 6 Johan Wessels (AHS Kroonstad), 5 JP Jonker (Kroonstad HS), 4 Jaccie van Niekerk (AHS Kroonstad), 3 Alvin George (Harmony Sportacademy), 2 Hannes Snyman (AHS Kroonstad), 1 Rudie Brits (Hentie Cilliers). Replacements: 16 Herson Amill (Harmony Sportacademy), 17 Danie van der Merwe (Wilgerivier), 18 Jacobus Kriel (Kroonstad HS), 19 Bruce Scheepers (Harmony Sportacademy), 20 Wilco Esterhuizen (Hentie Cilliers), 21 Shannon Robertson (Harmony Sportacademy), 22 Deon Slabbert (Kroonstad HS).

  • Referees for the Coca-Cola Craven Week of 2014

     

     

    The appointments for the first two days are: 

    Monday, 14 July 2014 

    Limpopo Blue Bulls vs. Griqualand West Country Districts – Cwengile Jadezwani
    Eastern Province Country Districts vs. Zimbabwe – Oregopotse Rametsi 
    Griffons vs. Border – Francois Pretorius
    South Western Districts vs. KwaZulu-Natal – Tahla Ntshakaza
    Western Province vs. Pumas – Jaco Kotze

    Tuesday, 

  • Craven Week Results – 2014

    Day 1 

    Limpopo Blue Bulls 25 (13) – Tries: Madot Makobela (2), Match Mametsa, Diederik Oberholzer. Conversion: Oberholzer. Penalty: Oberholzer. Griqualand West Country Districts 19 (19) – Tries: Elmo Jantjes, André Share, Dian Dry. Conversions: Coenie Lamprecht (2).

    Eastern Province Country Districts 54 – Tries: Bradley Christian (2), Nicolas Oosthuizen, Ethan September, Joshua Shelly, Xandré Vos, Craig Williams. Conversions: Cameron Hertz (5). Penalties: Hertz (3). Zimbabwe 43 – Tries: Tawanda Ngosi (2), Matthew Ushewokunze (2), Tinashe Gonese, Brian Mhuriyengwe. Conversions: Campbell Nyakudya (5). Penalty: Nyakudya.  

    Griffons 47 (42) – Tries: Erik Knoetze (2), Ezrick Alexander (2), Francois Stemmet, Jaywinn Juries, Boeta Vermaak. Conversions: Juries (6). Border 20 (6) – Tries: Courtney Winnaar, Jerry Danquah. Conversions: Morgan Steyn (2). Penalties: Steyn (2).

    South Western Districts 18 (12) – Tries: Ruan Barnard, Shadward Fillies. Conversion: JT Jackson. Penalties: Jackson (2). KwaZulu-Natal 13 (13) – Tries: Morné Joubert. Conversion: Tristan Tedder. Penalties: Tedder (2).

    Western Province 33 (30) – Tries: Duncan Saal (2), Jaco Willemse. Conversions: Tiaan Swanepoel (3). Penalties: Swanepoel (4). Pumas 30 (15) – Tries: Stephan Enslin, Mfundo Ndlovu, Barend Smit, Driaan Bester. Conversions: Muller Joubert (3). Penalties: Joubert (2).

    Day 2 

    Griqualand West 96 (49) – Tries: Leon Becker (2), JP Abrahams (2), JD Swanepoel (2), Gerco Nortjé (2), Brandon de Melim, Gloucester Hugo, Keaton Gordon, Rikus Swarts. Conversions: Nortjé (13). Border Country Districts 0.

    Leopards 53 (15) – Tries: Markus Coetzer (2), Gerhard Steenekamp (2), Edmund Rheeder, Thabang Phatudi, Garran Kriek. Conversions: Coetzer (5). Penalty: Coetzer. Namibia 13 (6) – Try: Armondo van Wyk. Doelskop: PW Steenkamp. Strafdoele: Steenkamp (2). 

    Day 3 

    Griqualand West Country Districts 26 (14) – Tries: Cobus Wiese, Coenie Lamprecht, Dillon Magerman, Denvill Jospeh. Doelskoppe: Lamprecht (3). Zimbabwe 20 (20) – Tries: Stephen Bashara, Brian Muntanga, Daniel Nyamugama. Doelskop: Shaun Snyder. Strafdoel: Snyder.

    Border 78 (54): Tries: Michael Brink (3), David Brits (3), Jerry Danquah (3), Reinhardt Engelbrecht, Robert Lyons, Yamkela Nyalambisa. Conversions: Morgan Steyn (9). Limpopo Blue Bulls 17 (0) – Tries: Diederik Oberholzer, Armand Davies, Dumisani Mushwana. Conversion: Benhard Janse van Rensburg.

    Griffons 33 (19)- Tries: xesha (2), Boeta Vermaak (2), Francois Stemmet. Doelskoppe: Tokkie van Zyl (4). OP-platteland 15 (3): Drieë: Bradley Christian, Davron Cameron. Doelskop: Cameron Hertz. Strafdoel: Hertz.

    KwaZulu-Natal 38 (24): Drieë: Morné Joubert (2), Jaco Coetzee (2), Curtis Jonas. Doelskoppe: Jonas (5). Strafdoel: Jonas. Pumas 27 (5): Drieë: Chrisjan Steynberg (2), Mfundo Ndlovu, Siya Masuku, Barend Smit. Doelskop: Smit.

    Suidwestelike Distrikte 38 (5): Drieë: Shadward Fillies (2), JT Jackson (2), Le Roux Baard, Niven Langdown. Doelskoppe: Jackson (4). Westelike Provinsie 23 (6): Drieë: Aidynn Cupido, Mervano da Silva. Doelskoppe: Tiaan Swanepoel (2). Strafdoele: Cupido (2), Jondré Williams.

    Day 4 

    Namibië 69 (24): Adriaan Booysen (3), Divan Rossouw (2), Milaan van Wyk (2), Janry du Toit, PW Steenkamp, Stefan Potgieter, Unamasa Kavita. Doelskoppe: Steenkamp (4), Stiaan van der Merwe (2), Booysen. Grens-platteland 0.

    Griekwas 38 (20): Drieë: Brandon de Melim, Gerhard Holtzhausen, JP Abrahams, Robbie Petzer. Doelskoppe: Petzer (3). Strafdoele: Petzer (4). Boland 27 (10): Drieë: Iver Aanhuizen, Handré Ontong, Conal Brown, André Gouws. Doelskoppe: Adriaan van der Bank (2). Strafdoel: Van der Bank.

    Leopards 26 (13): Drieë: Markus Coetzer, Brenden Esterhuizen. Doelskoppe: Coetzer (2). Strafdoele: Coetzer (4). Valke 20 (20): Drieë: Martin van Wyk, Darren de Bruin. Doelskoppe: Forrest Roos (2). Strafdoele: Roos (2).

    Blou Bulle 21 (21): Drieë: Ruan de Beer, Juandré Michau, Stedman Gans. Doelskoppe: Tinus de Beer (3). Goue Leeus 10 (3): Drie: Constant Beckerling. Doelskop: Ralton October. Strafdoel: Wikus van Biljon.

    Oostelike Province 19 (19): Drieë: Keanu Vers, Athi Mayinje, Darren Lottering. Doelskoppe: Curwin Bosch (2). Vrystaat 5 (0): Drie: Julian Jordaan.

    Day 5 

    Grens 55 (29): Drieë: David Brits (2), Henning Coetzee, Jason Steyn, Jerry Danquah, Michael Brink, Morgan Steyn, Pierre Bester, Reinhardt Engelbrecht. Doelskoppe: Morgan Steyn (5). Griekwas 26 (26): Drieë: Wilfred Bowers, Robbie Petzer, Keaton Gordon, Geo Davel. Doelskoppe: Petzer (3).

    Namibië 38 (15): Jandré van Wyk (2), Divan Rossouw (2), Herlé Otto, Hans Breedt. Doelskoppe: PW Steenkamp (2), Stiaan van der Merwe (2). Zimbabwe 25 (9): Drieë: Matthew Ushewokunze, Daniel Nyamugama, Bradley Crause, Ackim Sibanda. Doelskop: Ngoni Zinyama. Strafdoel: Shaun Snyder

    Griffons 44 (27): Drieë: Boeta Vermaak (2), Ezrick Alexander, Jaywinn Juries, Tokkie van Zyl. Doelskoppe: Juries (5). Strafdoele: Juries (3). Luiperds 24 (12): Drieë: Douglas Bruce-Smith, Jana Smith, Keanu van der Merwe, Roodt van Zyl. Doelskoppe: Markus Coetzer (2).

    Westelike Provinsie 37 (22): Drieë: Duncan Saal (2), Zain Davids, Justin Heunis, Jondré Williams. Doelskoppe: Tiaan Swanepoel (3). Strafdoele: Swanepoel (2). Vrystaat 29 (10): Drieë: Julian Jordaan (2), De Wet Bezuidenhout, Shirwin Cupido. Doelskoppe: Jeandré Christian (3). Strafdoel: Christian.

    Blou Bulle 36 (15): Drieë: Tinus de Beer (2), Embrose Papier, Eduan Keyter, Aston Fortuin. Doelskoppe: Tinus de Beer (4). Strafdoel: De Beer. KwaZulu-Natal 15 (10): Drieë: James Hall, Jaco Coetzee. Doelskop: Curtis Jonas. Strafdoel: Tristan Tedder.

    Boland 56 (15): Drieë: Jaydrin Kotze (3), Earl Dowrie, Handré Ontong, Iver Aanhuizen, Robert Hunt, Morné van Wyk, Ray Philander. Doelskoppe: André Gouws (2), Adriaan van der Bank, Ontong. Strafdoel: Ontong. Limpopo Blou Bulle 24 (17): Drieë: Jan van der Kolff (2), Thapelo Molapo, Diederik Oberholzer. Doelskoppe: Benhard Janse van Rensburg (2).

    Griekwa-platteland 60 (17): Drieë: Denvill Joseph (2), Erik Jordaan (2), Reinhard Hayes (2), Coby Willemse, David du Toit, Gert Nel, Ettienne Kruger. Doelskoppe: Coenie Lamprecht (5). Grens-platteland 21 (14): Drieë: Chuma Tukela, Mpumelelo Velem, Phelane Macingwane. Doelskoppe: Siya Mxhaka (3).

    Valke 35 (14): Drieë: Martin van Wyk (3), Forrest Roos, Ntshepe Kokong. Doelskoppe: Roos (5). OP-platteland 13 (8): Drieë: Arno le Roux, Josiah Twum-Boafo. Strafdoel: Cameron Hertz.

  • Cravenweek sal weer kwota Springbokke oplewer

    MIDDELBURG. – Die Cravenweek is steeds ’n belangrikste voedingsbron vir Springbok-rugby, al het drie van die sewe nuwe Springbokke van 2014 nie Cravenweek-rugby gespeel nie.

    Die drie Bokke wat nie goed genoeg op skool vir dié toernooi geag is nie, is Lood de Jager, Cornal Hendricks en Stephan Lewies.

    Die 51ste Cravenweek vir hoërskole, wat Maandag hier by HTS Middelburg in Mpumalanga afskop, sal weer sy gebruiklike kwota Springbokke oplewer.

    Toe die toernooi laas in 1978 hier aangebied is, het die Westelike Provinsie die Vrystaat in die hoofwedstryd met 12-3 geklop.

    Twee Springbok-vleuels, Carel du Plessis en Jaco Reinach, was in dié wedstryd regstreekse teenstanders.

    Die Goue Leeus is vanjaar een van die vroeë gunstelinge.

    Dié span mik daarna om vir die vierde agtereenvolgende jaar in die hoofwedstryd in aksie te wees, hoewel die Leeus nie daarin kon slaag om in enige van die vorige drie jaar ’n sege in die hoofwedstryd te behaal nie.

    Die Westelike Provinsie behoort ook een van die voorste spanne te wees.

    Die kern van vanjaar se groep het die Vrystaat met 10-7 in die Grant Khomo-week (vir o.16-spelers) se hoofwedstryd in 2012 geklop.

    Die Streeptruie draf Maandag in die hoofwedstryd teen die gasheer, die Pumas, uit.

    KwaZulu-Natal, die Vrystaat en die Blou Bulle behoort vanjaar ook sterk aanspraakmakers te wees om Saterdag in die hoofwedstryd te speel.

    Die KwaZulu-Natallers was laas in 1990 in die hoofwedstryd te sien.

    Die Griffons sal hul trotse rekord die laaste paar jaar wil behou. Die Perses draf teen Grens uit en was sedert 2011 se toernooi in Kimberley slegs een keer aan die verloorkant.

    Miskien sal hulle ook inspirasie uit die vorige Cravenweek hier wil put. Tóé was die Springbokke Gert Smal en Christo Ferreira in die Noord-Vrystaatse span.

    Toeskouers wat die eerste keer rugby op HTS Middelburg se hoofveld kyk, sal die rugbypale op die hoofveld meer as een kyk gee, want hulle is ’n allemintige 25 m hoog – ’n volle 9 m langer as die norm.

    Dié pale is verleng ná ’n omstrede strafdoel in die derby tussen die Rooi Bulle en die Hoërskool Middelburg in 1984.

  • DP is die Vrystaat se nuwe generaal

    MIDDELBURG. – ’n Yslike-terugslag het die Vrystaat getref voor die 51ste Cravenweek-rugbytoernooi vir hoërskole wat vandag hier begin.

    Die losskakel Dwayne Wessels kon nie betyds van ’n besering herstel het wat hy onlangs in die Vrystaat se sege van 31-21 oor die Blou Bulle op die jaarlikse Noordvaal Bondedag in Sasolburg opgedoen het nie.

    Hy word deur die ewe belowende DP de Lange vervang.

    Die Vrystaters moet reeds sonder die blitsige vleuel Llewellyn Hein (enkel) klaarkom wat ook beseer is.

    Wessels, wat vanjaar goeie spel vir Grey gelewer het, het tot Donderdag kans gekry om van sy besering te herstel voordat Sentraal se De Lange nadergeroep is.

    De Lange het in 2012 die nasionale o.16-oefengroep gehaal. Hy was ook verlede week in Worcester vir die Vrystaters op die nasionale Akademie-week in aksie.

    • Gelukkig vir die Vrystaters kan hulle die week steun op die 17-jarige Louwtjie Steenkamp se skopskoen.

    Sy skopafrigter Bertus Pretorius het aan Volksblad gesê hy verwag dat Steenkamp binnekort met ’n poging van 60m sal slaag. “Sy skopwerk is baie afgerond en gedissiplineerd. Hy oefen ook baie hard en deeglik en hy sal daardie 60m skop sink,” het Pretorius gesê.

    Steenkamp se vinnige opsomming van waar ruimte op die veld is, vaart en vaardighede maak hom volgens Pretorius ’n giftige aanvaller.

    “Daar is baie min van hulle. Op heelagter is hy eenvoudig net opwindend, maar hy is ook ’n betroubare losskakel. Hy word gemotiveer deur prestasie, en sal altyd baklei teen die “odds”.

    “Ek weet want ek rig hom al vier jaar af. Hy sal nooit ophou om beter te word nie – en dit is wat hom so opwindend maak.

    “Hy is so ingesteld op ektra en meer … partykeer moet ’n mens hom briek.”