SSPN Test Site

Blog

  • Klerksdorp – 2016

    Results 

    Klerksdorp 19,  Noord-Kaap 22

  • Noord-Kaap – 2016

    Results 

    Noord-Kaap 22,  Klerksdorp 19
    Noord-Kaap   5,  Welkom Gimnasium 32
    Noord-Kaap 20,  Kemptonpark 17
    Noord-Kaap 24,  Duineveld 24
    Noord-Kaap 22,  HTS Drostdy 25

    Players: Cameron Hufke, Rian Kotze, Ruan Schultz, Chadwyn November, Gladwin Nieuwenhuizen, Edrich Brand, 

  • HTS Middelburg – 2016

    Results 

    HTS Middelburg 17 Transvalia 0  
    HTS Middelburg 33 Klerksdorp 8  
    HTS Middelburg 33 Centurion 3  
    HTS Middelburg 14 Selborne College 22 KERF
    HTS Middelburg 6 Glenwood 17 KERF
    HTS Middelburg 24 Kearsney College 10 KERF
    HTS Middelburg 22 Eldoraigne 28  
    HTS Middelburg 21 EG Jansen 24  
    HTS Middelburg 54 Kempton Park 12  
    HTS Middelburg 12 Paul Roos Gimnasium 31 Wildeklawer
    HTS Middelburg 17 Diamantveld 22 Wildeklawer
    HTS Middelburg 25 Rustenburg 19  
    HTS Middelburg 67 Hoerskool Middelburg 6  
    HTS Middelburg 29 Hoerskool Nelspruit 43  
    HTS Middelburg 67 Hoerskool Middelburg 20  
    HTS Middelburg 26 Hoerskool Nelspruit 20  
    HTS Middelburg 39 Waterkloof 43 Beeld QF

    Players: 

  • The SuperRugby debutants and their schools

    The power of South African schoolboy rugby laid without a doubt within the Western Cape in 2015, but it seems that schools North of the Vaalriver had the upperhand in the opening round of SuperRugby in 2016. Or at least within the group of players who undertook their maiden voyage in the competition over the weekend.

    No less than 21 players made their SuperRugby debuts for the five South African franchises over the weekend. Six of this 21 players completed their school careers in Pretoria. Three of them Jannes Kirsten, RG Snyman and Juan Schoeman attended Affies, while two is products from the new rugby powerhouse of Pretoria and Beeld Trophy champions, Garsfontein. Snyman represented the South African Schools’ side in 2013.

    Player School
    Warrick Gelant Outeniqua
    Jannes Kirsten Affies
    RG Snyman Affies
    Lizo Gqoboka Ntabankulu
    JD Schickerling Paarl Gimnasium
    Leolin Zas Hermanus
    Hyron Andrews Garsfontein
    Jean-Luc du Preez Kearsney College
    Juan Schoeman Affies
    Garth April Bergrivier/Florida
    Dylan Smith King Edward VII
    Nic de Jager St. John’s College
    Ruan Ackermann Garsfontein
    Rohan Janse van Rensburg Waterkloof
    CJ Velleman Grey High School
    Leighton Eksteen Outeniqua
    Louis Albertse Michaelhouse
    Uzair Cassiem Strand
    Ox Nche Louis Botha
    Paul Schoeman Marlow Landbou
    Reniel Hugo Paul Roos

    Sharks’ lock Hyron Andrews and the Lions’ replacements loose forward Ruan Ackermann both attended Garsies. Ackermann captained them to the Beeld Trophy final for Macro Schools in 2014 which they lost 19-20 to Nelspruit. The other player from the Jacaranda City is Rohan Janse van Rensburg of the Lions who attended Waterkloof. He was part of the Klofie’s team of 2011 which was one of the top school teams in the country.

    Janse van Rensburg was also the standout player at the Coca-Cola Craven Week of 2012 in Port Elizabeth. Grey High School and the Toyota Cheetahs’ winger Sergeal Petersen was however named Player of the Tournament by the South African Rugby Union.

    The Kwaggas from George also had reason to celebrate this weekend with to old boys, Warrick Gelant (Bulls) and Leighton Eksteen (Kings), making the step-up to SuperRugby. Garth April of the Sharks was one of Boland’s star players at the Craven Week of 2008 in Pretoria. He attended Bergrivier, but moved to Roodepoort for 2009 where he attended Florida. 

    The Boland can also celebrate the debuts of Cheetahs’ flanker Uzair Cassiem (Strand) and Stormers winger Leolin Zas (Hermanus). And also the two locks JD Schickerling (Paarl Gimnasium) and Reniel Hugo (Paul Roos Gimnasium) to some extend. Schools from Paarl and Stellenbosch fall under Boland in all sports except for in rugby where they are part of the Western Province system. 

     

  • Pionier en Vryheid bult spiere in Puk 16-reeks

    Die kampioen van die Pukke 16-reeks, die Hoërskool Pionier van Vryheid, het die verdediging van sy titel met ’n klinkende sege van 28-0 oor Ferrum afgeskop. Die span van Vryheid is vanjaar weer een van die gunstelinge om as kampioen gekroon te word.

    Vryburg wat verlede jaar in die eindstryd teen Pionier afstand van sy titel gedoen het, het sy aanslag Vrydag in Klerksdorp teen Schoonspruit afgeskop.

    Vryburg was met 32-0 baas, maar moes ondanks die telling hard werk vir die oorwinning. Schoonspruit se agttal het die botoon voorlangs gevoer en sake vir die besoekers bemoeilik.

    Agterlangs was dit egter ’n perd van ’n ander kleur met die tweeling, Francois en Johan Pelser, wat ’n skrikbewind op die aanval gevoer het. Die span se Cravenweek-losskakel, André Kock, en die buitesenter, Gert Jonker, het ook puik vertoon. Voorlangs het die kantman Adolf Reynecke en slot RA Pretorius inklimspel vir die wenspan gelewer. 

    Bekker was in ’n verwoestende bui op sy tuisveld net buite Magaliesburg teen Alberton High. Sy vleuel Ruvo du Preez het ’n driekuns aan drieë in sy span se oortuigende sege van 60-3 ingeryg.

    Die heelagter, Herman Roesch, en buitesenter, Waldo Botha, het elk ook twee keer die doellyn oorgesteek.  Bekker het Carletonville vroeër vanjaar in ’n vriendskaplike wedstryd met 29-0 verslaan, maar met 5-7 teen Jan Viljoen vasgeval.

    Delmas se Tiaan le Roux het ’n driekuns aan drieë in sy span se oorwinning van 28-19 oor Oosterland van Secunda behaal.

    Piet Retief het ’n belangrike sege van 17-9 weg van die huis teen Volksrust behaal. Die span sal in sy volgende wedstryd teen Pionier te staan kom.

    Die kragmeting tussen Schweizer-Reneke en Wolmaransstad is na 16 Maart geskuif, terwyl Overvaal en Fochville mekaar more die stryd sal aansê.

    Hoewel die Hoërskool Klerksdorp se wedstryd teen Noord-Kaap van Kimberley vir hom as proewe gedien het, sal sy afrigters tevrede met die vertoning voel. Noord-Kaap het nou wel met 22-19 as oorwinnaars uit die stryd getree, maar dit was ’n veel beter vertoning deur Klerksdorp as in sy nederlaag van 5-33 in die wedstryd verlede jaar.

    Die telling tussen HTS Middelburg en Transvalia sal wel sorg dat Klerksdorp nie te gerus sal wees voor sy kragmeting met Transvalia Saterdag in die Tuks-reeks nie.  Die Rooi Bulle van HTS Middelburg was met 17-0 in die wedstryd in Vanderbijlpark baas nadat die rustyd-telling 0-0 was.

    Die Rooi Bulle se haker, Ruben Cross, slot Trevor Swanepoel en flank Marco Koch het voorlangs hul kant gebring. In die agterhoede kan die vleuel Japie Kleynhans en die losskakel, Riekert Barnard kop omhoog loop. 

    Benoni High het sy seisoen ook op ’n hoë noot begin deur FH Odendaal van Pretoria met 44-3 te troef.

    Puntemakers: 

    NWU-PUKKE 16-REEKS

    Pionier 28 – Drieë: Marco Fuhri, Eugene Nortjé, Ewart Potgieter. Doelskoppe: Jean Aucamp (2). Strafdoele: Aucamp (2), Fuhri. Ferrum 0

    Vryburg 32 (15) – Drieë: Gert Jonker (2), Lozano McCarthy, Dian Bester, JP Esterhuizen. Doelskoppe: André Kock (2). Strafdoel: Kock. Schoonspruit 0.

    Pretoria-Noord 15 – Drieë: Kayl Arrow, Duncan Tack. Doelskop: Vernon Blignaut. Strafdoel: Blignaut. Stoffberg 9 – Strafdoele: Gerhard du Preez (2), Francois Blaauw. 

    Bekker 60 (12) – Drieë: Ruvo du Preez (3), Herman Roesch (2), Waldo Botha (2), Ewald Oberholzer, Karel Oberholzer, Duandre Joubert. Doelskoppe: Oberholzer (5). Alberton High 3 – Strafdoel: Julian Carr. 

    Delmas 28 – Drieë: Tiaan le Roux (3). Doelskoppe: Luan Schult (2). Strafdoele: Schult (3). Oosterland 19 – Drieë – Erick Liebenberg, Jaco Rautenbach, Jurie Wessels. Doelskoppe: Richard McFadden (2). 

    Piet Retief 17 – Drieë: Samkelo Ndlovu (2), Percy Mkwanazi. Doelskop: Morné Badenhorst. Volksrust 9 – Strafdoele: Tiaan Els (3).

    Ander spanne: 

    o.16: Pretoria-Noord 17, Stoffberg 3; Ferrum 21, Pionier 10; Schoonspruit 29, Vryburg 19; Bekker 32, Alberton High 0; Delmas 24, Oosterland 5; Piet Retief 48, Volksrust 0.

    o.15: Pretoria-Noord 57, Stoffberg 5; Pionier 43, Ferrum 8; Vryburg 39, Schoonspruit 8; Bekker 59, Alberton High 12; Oosterland 20, Delmas 7; Piet Retief 57, Volksrust 0.

    o.14: Pretoria-Noord 29, Stoffberg 5; Ferrum 19, Pionier 14; Vryburg 17, Schoonspruit 7; Bekker 25, Alberton High 10; Oosterland 34, Delmas 5; Piet Retief 34, Volksrust 0.

    VRIENDSKAPLIK

    HTS Middelburg 17 (0) – Drieë: Japie Kleynhans, Riekert Barnard. Doelskoppe: Barnard (2). Strafdoel: Barnard. Transvalia 0

    Benoni High 46 – Drieë: Kyle Newman (2), Justin Herbert (2), Timothy van Dieman, Grant Foley, Kevin O’Connor, Strafdrie. Doelskoppe: Brandon Harwood (3). FH Odendaal 3.

    Noord-Kaap 22 (12) – Drieë: Cameron Hufke, Rian Kotze, Edrich Brand. Doelskoppe: Hufke (2). Strafdoel: Hufke. Hoërskool Klerksdorp 19 (5) – Drieë: Fanie Maree, Michael Venter, Jacques Swanepoel. Doelskoppe: Venter (2). 

    Bekker 29 – Drieë: Bernard Erasmus, Reo du Preez, JJ Knoetze, Brenie Grobler. Doelskoppe: Ewald Oberholzer (2). Carletonville 0

    Jan Viljoen 7 – Drie: Vincent de Bruyn. Doelskop: Victor Esterhuizen. Bekker 5 – Drie: Ewald Oberholzer.

    Ander spanne: 

    o.16: Noord-Kaap 82, Klerksdorp 3.

    o.15: Klerksdorp 12, Noord-Kaap 10. 

    o.14: Klerksdorp 19, Noord-Kaap 14.

  • Brandfort bobaas op 17de sportdag

    Brandfort. – Die Hoërskool Staatspresident Swart se agterhoede het in die hoofwedstryd van sy jaarlikse Pieter Swanepoel sportdag hier op Pagepark hier teen Wessel Maree van Odendaalsrus gewys dat indien hulle vanjaar genoeg balbesit ontvang hul amok kan maak. Die gasheer het met 33-5 gemaklik as oorwinnaars uit die stryd getree.

    Veral die buitesenter, André Janse van Rensburg het amper na willekeur bresse in die besoekers se verdediging geslaan. Hy was sonder twyfel die grootste doring in Wessel Maree se vlees. Brandfort se kaptein en losskakel, Francois Fourie, was die planmaker agterlangs, terwyl hy ook met sy taktiese skopwerk sy span op die voorvoet gehou het.

    Toe Wessel Maree se haker, Reinard van der Vyver, is die laaste minute van die wedstryd vir sy span se enigste drie oorval was dit welverdiend. Die span van Odendaalsrus het nie ‘n nulletjie op die telbord vir hul vertoning verdien nie. Dit was slegs swak ingooiwerk by die lynstane en onnodige foute wat die span duur te staan gekom het.

    Voorlangs het die slot Kamo Tlale, wat later na agtsteman geskuif het, en die plaasvervanger-slot Johan Marks kragtige vertonings gelewer. Nie eers geelkaarte deur die skeidsregter, Marlize van der Merwe, aan Tlale en die binnesenter, Heinrich Maree, kon die Brandforters se momentum stuit nie.
    Wessel Maree se heelagter, Mpho Moretlo, het ‘n hele paar keer belowende aanvalle vanuit die laaste vesting geloots.

    Die Kalahari Leeus van Kuruman gaan vanjaar weer hard brul. Die span het vir Sand du Plessis van Bloemfontein met 15-3 op die sportdag verslaan. Daar moet egter bygevoeg word dat Sannies ‘n veel beter span is, as wat die telbord vertel. Kalahari het met die omdraaislag ‘n voorsprong van 5-3 geniet.

    Dit was duidelik te sien in die eerste helfte dat Sannies ‘n goed afgerigte span is. Die span se insinking in die tweede helfte kan grootliks aan wedstryd-fiksheid toegeskryf word.

    Die Leeus het sake in die skrums oorheers met die hele voorry bestaande uit Heinrich Fourie, Gerhard Gregory en Brajon Haumann wat lof verdien. Fourie en Gregory was ook met hul kragtige lopies in die vastelos ‘n groot kopseer vir Sannies. Die verloorspan se Timothy Jones het deurgans hard gewerk, maar hy kon naby die einde maklik al sy harde werk weens ongeoorloofde spel ongedaan gemaak het.

    Die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg het Riebeeckstad met 8-5 verslaan. Die span van Reddersburg het ‘n jong span, maar daar is tekens dat hy vanjaar nog gehalte rugby kan opdis. Die span se afrigter, Dawie Pretorius, sal egter nie tevrede met die span se hope hanteerfoute in die wedstryd wees nie.

    Reddersburg se buitesenter, Given Lombard, en die agtsteman, Boeta Godbeer, het goed vertoon. Vir Riebies was niemand beter as sy kaptein en skrumskakel, Lipoko Majoe, nie. Hy het ook welverdiend met ‘n skitterende breekslag sy span se enigste drie gedruk.

    Theunissen en Parys het met 10-elk gelykop gespeel.

    Puntemakers:

    PIETER SWANEPOEL SPORTDAG

    Brandfort 33 (14) – Drieë: André Janse van Rensburg (2), Marcus Botha, Quintin Fourie, Janco Tukker. Doelskoppe: Francois Fourie (4). Wessel Maree 5 (0) – Drie: Reinard van der Vyver.

    Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter (Redddersburg) 8 (8) – Drie: Ruaan Cloete. Strafdoel: Juandré Rautenbach. Riebeeckstad 5 (5) – Drie: Lipoko Majoe.

    Kalahari 15 (5) – Drieë: Wian Diergaardt (2), Heinrich Fourie. Sand du Plessis 3 (3) – Strafdoel: William Bloem.

    Parys 10 – Drie: Johan Bruwer. Doelskop: Hannu Benadie. Strafdoel: Benadie. Theunissen 10.

  • Goudveld en Gimmies beindruk op Brandfort-sportdag

    Brandfort. – Die vonke gaan vanjaar behoorlik in die Goudveld spat. Na die Griffon-kampioen, Welkom Gimnasium, en Goudveld-Hoërskool se eerste rugbywedstryde van die seisoen op die 17de jaarlikse Pieter Swanepoel sportdag kan ondersteuners van die twee skole hulle lippe vir vanjaar se ENB Classic Clash tussen die twee spanne aflek.

    Gimmies het Louis Botha met 23-8 getroef in ‘n wedstryd waar hulle feitlik die hele tyd in beheer was. Die wedstryd was soos vooraf beloof kliphard met albei spanne wat ook nie bang was om die bal lug te gee nie. Die wenspan se vleuel David Eyssen het al sy span se punte in die eerste helfte aangeteken om met ‘n voorsprong van 13-5 te gaan rus. Eyssen het verlede jaar nog vir Goudveld uitgedraf.

    Voorlangs het die Cravenweek-agtsteman, Gift Dlamini, met eer uit sy stryd met Louis Botha se losvoorspelers Jabulani Mtshatsheni en Siyabonga Luwaca getree. Die duo van Louis Botha verdien ook elk ‘n klop op die skouer vir hulle vertonings. Albei het fisiek hul lyf op die spel geplaas en ook ‘n hele paar harde duikslae uitgevoer.

    Goudveld se losskakel, Tristan September, was aan die spits van sy span se oorwinning van 31-17 oor Landboudal van Jacobsdal. Hy het nie net twee keer in die eerste helfte gaan druk nie, maar ook die aanvoorwerk vir die vleuel Ricky Frieslaar gedoen. Hy het met vlytige voetwerk telkemale Lanties se verdedigers op die verkeerde voet betrap.

    Vir Landboudal het sy agtsteman, Ricus Jonck, met eer uit die stryd getree. Lanties het in die tweede helfte met ‘n terugvegpoging begin, maar September vir Frieslaar oorgestuur het, was die skrif reeds teen die muur. Na die kragmeting bestaan daar geen twyfel dat Goudveld vanjaar oor die skietgoed agterlangs beskik asook die agttal om een van die voorste spanne in die sentrale streek die seisoen te wees nie.

    President Steyn van Bloemfontein het vir Ficksburg met 36-14 geklop. Die Steyners het reeds teen lemoentyd ‘n stewige voorsprong van 29-7 geniet waarna die span sy voet van die pedaal in die tweede helfte gehaal het. Die Steyners se agterlyn het in die eerste helfte lus vir hardloop gewees. Veral die senter Niel Smith, heelagter Ryno Nyce en losskakel, Fanie van Heerden, het vir opwindende stukkies spel gesorg.

    Voorlangs het die agtsteman, Janco Nel, en slot Andor van Brakel blink vertonings gelewer. Vir Ficksburg was niemand beter as sy losskakel, Ranny Nolan, nie.

    Jim Fouche het op sy tuisveld vir Witteberg van Bethlehem met 44-8 ore aangesit. JF het ses drieë ingeryg. Die langeraat slot Ernst Nebe en die flank Tiaan Trollip het met hul inklimspel voorlangs vir die wenspan uitgeblink. Agterlangs het die skrumskakel, Stefan Coetzer, en die heelagter, Joshua Albertse, goed vertoon.

    Noord-Kaap het teen Hoërskool Klerksdorp op laasgenoemde se tuisveld hard gewerk om uiteindelik met 22-19 as oorwinnaars van die veld te stap. Northerns se beste speler op die dag was sy buitesenter, Ruan Schultz. Hy was ‘n rots vir sy span op die verdediging, terwyl hy ook ‘n hele paar gevaarlike lopies op die aanval ingekry het.

    Puntemakers: 

    Welkom Gimnasium 23 (13) – Drieë: David Eysen, Gift Dlamini. Doelskoppe: Eysen (2). Strafdoele: Eysen (3). Louis Botha 8 (5) – Drie: Jabulani Mtshatsheni. Strafdoel: Rallston Dreyer.

    Goudveld-Hoërskool 31 (19) – Drieë: Tristan September (2), Zane Vorster, Ricky Frieslaar, Ruben Breedt. Doelskoppe: September (3). Landboudal 17 (5) – Drieë: Willem Scholtz, Ricus Jonck, JL Pretorius. Doelskop: CA Menezes.

    President Steyn 36 (29) – Drieë: Ryno Nyce, Johnny Khomisi, Luandre Nel, Tienie Meiring, Janco Nel, Jeandre Atkinson. Doelskoppe: Niel Smith (2), Gailin Neels. Ficksburg 14 (7) – Drieë: Ranny Nolan, Athi Konza. Doelskoppe: Nolan (2).

    VRIENDSKAPLIK

    Jim Fouché 44 – Drieë: Joshua Albertse, Tiaan Trollip, Miles Woolley, Stefan Coetzer, Francois Maree, Flippie Jonck. Doelskoppe: Henco Venter (4). Strafdoele: Venter (2). Witteberg 8.

    Noord-Kaap 22 (12) – Drieë: Cameron Hufke, Rian Kotze, Edrich Brand. Doelskoppe: Hufke (2). Strafdoel: Hufke. Hoërskool Klerksdorp 19 (5) – Drieë: Fanie Maree, Michael Venter, Jacques Swanepoel. Doelskoppe: Venter (2).

  • School Rugby Results – 27 February 2016

     

    Pieter Swanepoel Rugby Day – Brandfort

    Brandfort 33 Wessel Maree 5 Scorers
    Louis Botha 8 Welkom Gimnasium 23 Scorers
    Goudveld 31 Landboudal 17 Scorers
    President Steyn 36 Ficksburg 14 Scorers
    Sand du Plessis 3 Kalahari (Kuruman) 15 Scorers
    Hendrik Potgieter 8 Riebeeckstad 5 Scorers
    Parys 10 Theunissen 10 Scorers

    NWU-Pukke 16 Series

    Pretoria-Noord 15 Stoffberg 9 Scorers
    Delmas 28 Oosterland 19 Scorers
    Bekker 58 Alberton High 3 Scorers
    Volksrust 9 Piet Retief 17 Scorers
    Pionier 28 Ferrum 0 Scorers
    Vryburg 32 Schoonspruit 0 Scorers

    Other Friendlies

    HTS Drostdy 17 Champagnat (Argentina) 10 Scorers
    Jan Viljoen 7 Bekker 0 Scorers
    Diamantveld 10 Jim Fouche 3 Scorers
    HTS Middelburg 17 Transvalia 0  
    Noord-Kaap 22 Klerksdorp 19  
  • Sentraal – 1991

    Results 

    Sentraal 18,  Welkom Gimnasium 9

    Players: Stephen Brink (captain), IR van der Merwe, Willem van Wyk, Riaan Wiese, Corné Powell, Dirkie Britz, Dawid Durandt, Carl Neethling, Theo Kruger, Tommie van Straaten, 

  • Jim Fouché – 2016

    Results 

    Jim Fouché   3,  Diamantveld 10
    Jim Fouché 44,  Witteberg 8
    Jim Fouché 19,  Duineveld 17
    Jim Fouche 24,  Voortrekker 29
    Jim Fouche 12,  Wesvalia 28
    Jim Fouche 12,  Die Anker 8
    Jim Fouche 19,  Noordheuwel 13
    Jim Fouché 48,  Fichardtpark 7
    Jim Fouche 17,  Cherries 62
    Jim Fouche 18,  HTS Drostdy 32
    Jim Fouche 26,  Nico Malan 17
    Jim Fouche   7,  Marlow Landbou 8

    Players: Stefan Coetzer, Tiaan Trollip, Werner Stofberg, Ernst Nebe, Charl Steyl, Jami Visagie, Henco Venter, Francois Maree, Willie van der Berg, Miles Wooley, Josua Albertse.