DIE rugbyspan van HoĂ«rskool Reitz moes vir die ander Oos-Vrystaatse spanne die water teen Harrismith toets en het diĂ© toets geslaag asof hulle met ân boot oor die water gegaan het.
Reitz het die kragmeting tussen die twee spanne 39-22 gewen met sy senter NP Linde wat ân driekuns aan drieĂ« behaal het. Linde en Hannes Aucamp het in die middelveld ân skrikbewind gevoer en te veel vrae aan Harrismith se verdediging gevra.
Harrismith was vanjaar ân onbekende faktor vir die ander spanne in die liga na die skool heelwat Grant Khomo-spelers van buite die provinsie gelok het. Die span het daarna kans gesien om Waterkloof en Menlopark aan te vat. Harrismith het teen Menlopark (0-98) en Waterkloof (0-94) lelik op hulle neus gekry.
Voorlangs was Reitz se agtsteman, Paul Terblanche ân yster. Die wenspan 39-8 voorgeloop met nog vyf minute se speeltyd oor toe hy al sy plaasvervangers speelkans gegee het en toe twee vinnige drieĂ« afgestaan het.
Wilgerivier van Frankfort het nie veel probleme ondervind om Ladybrand in 44 minute 53-0 te troef nie. Vrede moes heelwat harder werk vir sy oorwinning van 27-23 in die ander wedstryd van die Oos-Vrystaatse liga. Vrede se agtsteman Michael Podges, losskakel Johan Loock en senter Stefan de Villiers was die sterre vir die wenspan.
Die HoĂ«r Landbouskool Hendrik Potgieter se losskakel, Danie Muller het 27 punte in sy span se oorwinning van 56-0 oor Dewetsdorp aangeteken. Muller het ân driekuns aan drieĂ« behaal en ses doelskoppe oorgeklits. Martie du Plessis het Boshof 26-18 uitoorlĂȘ.
Hoërskool Bloemfontein het op Jim Fouché se veld 17-5 teen Sehunelo koning gekraai. Bloemies se kaptein en agtsteman, Ian Alberts was uitstaande. Die stut Barend Alexander en losskakel Eugene Maddocks kan ook tevrede met hulle vertonings voel. Maddocks het Sehunelo se verdediging deurgans aan die raai gehou.
Puntemakers:
Reitz 39 â DrieĂ«: NP Linde (3), Hannes Aucamp, Vleis Rossouw, Jaco Pretorius, Paul Terblanche. Doelskoppe: Pieter Henn (2). Harrismith 22.
Wilgerivier 53 (31) â DrieĂ«: Luan Strydom (2), Chris Meyer, MonrĂ© Venter, JandrĂ© Labuschagne, Alre van Heerden, GJ Janse van Rensburg, Stean Marais, Stephan Bierman. Doelskoppe: Gerrie Muller (4). Ladybrand 0.
Vrede 27 (10) â DrieĂ«: Michael Podges (2), Johan Loock, Marius Broodryk. Doelskoppe: Loock, Broodryk. Strafdoel: Loock. Ficksburg 23 â DrieĂ«: DanrĂ© Smit, AndrĂ© du Toit, Thato Lieta. Doelskop: Lionel Pietersen. Strafdoele: Pietersen (2).
Hendrik Potgieter 56 â DrieĂ«: Danie Muller (3), PJ Thiart, Danie Hattingh, Charl Coetzee, Erwin Jafta, William Casselman. Doelskoppe: Muller (6), Jafta, Pieter van der Merwe. Dewetsdorp 0.




Die rugbyspan van die Hoer Landbouskool Oakdale het sy jaarlikse Mutual & Federal toernooi net buite Riversdal onoorwonne afgesluit deur Sentraal van Bloemfontein 12-3 in die hoofwedstryd van die laaste dag op die Eike-veld te troef. Die eindtelling was ook die rustyd-telling van die kragmeting.



