SSPN Test Site

Blog

  • Noord-Kaap – 2008

    Results

    Noord-Kaap 24,  Harmony Sportacademy 38
    Noord-Kaap 25,  Marlow Landbou 20
    Noord-Kaap 11,  Grey College 22
    Noord-Kaap   0,  Paarl Gimnasium 26
    Noord-Kaap 10,  St. Alban’s College 7
    Noord-Kaap 13,  Outeniqua High 17
    Noord-Kaap 17,  Landboudal (Jacobsdal) 22 
    Noord-Kaap 21,  Upington High 42
    Noord-Kaap 15,  Duineveld 3
    Noord-Kaap 27,  Fichardtpark 3
    Noord-Kaap 30,  Schoonspruit 20
    Noord-Kaap 27,  Diamantveld 24
    Noord-Kaap 64,  Taunton College 5
    Noord-Kaap 14,  Landboudal 34
    Noord-Kaap 22,  Harmony Sportacademy 66

    Players: Paul Erasmus, Darren Koopman, Peet Saaiman, Johan de Haast, Frankel Engelbrecht, Junior Cornellisen, Gert Gagiano, Johandré van der Walt, Divan Strauss, Marshall Sass, Deon Carney, Wikus Pretorius, Stefan Ras, Anton Vosloo, Thabisho Mnogomozulu, Zehan Gerrits, Peet Saaiman and Francois Henning.  

    Coach: Frankel Engelbrecht and Dale Adam.

  • Noord-Kaap – 2007

    Results  

    Noord-Kaap   7,  Marlow Landbou 11
    Noord-Kaap 29,  St. Stithian’s College XV 32
    Noord-Kaap   3,  Golden Lions Emerging 19
    Noord-Kaap   6,  St. Stithian’s College 10
    Noord-Kaap   3,  Landboudal (Jacobsdal) 27
    Noord-Kaap 10,  St. Alban’s College 7
    Noord-Kaap   0,  St. John’s College 14
    Noord-Kaap 21,  Upington High 17
    Noord-Kaap 11,  Diamantveld 17
    Noord-Kaap   0,  Diamantveld 25

    Players: Divan Strauss, Hendrik Beets, Jaco Henning, Johandré van der Walt, Gert Gagiano and Robbie Heuer.    

  • De Beer sal beskikbaar vir eerste SA Skole-wedstryd wees

    De Beer sal beskikbaar vir eerste SA Skole-wedstryd wees

    NuusG FloridaDie Suid-Afrikaanse Skole-losskakel Tinus de Beer is in ’n tugverhoor vrygespreek nadat hy tydens Waterkloof se Beeldtrofee-uitspeelwedstryd teen Kempton Park ’n rooikaart ontvang het.

    As hy skuldig bevind is, sou hy outomaties vir ’n wedstryd geskors gewees het. Klofies het die uitspeelwedstryd met 22-20 verloor en De Beer se volgende wedstryd sou dus die nasionale skolespan se kragmeting teen Frankryk op 15 Augustus in Kaapstad gewees het.

    De Beer het twee keer ’n geelkaart gekry omdat hy Kempies se losgemale glo onwettig gestuit het. De Beer is in die sesde minuut van die kragmeting die eerste keer koelkas toe gestuur. Ná slegs drie minute in die tweede helfte het hy sy tweede geelkaart ontvang, wat beteken dat hy met ’n rooikaart van die veld gejaag is. Hy was tydens die Cravenweek in Middelburg (Mpumalanga) die akkuraatste stelskopper en sy afwesigheid op die veld het sy span gewis gekos.

    In die Groot-skole uitspeelwedstryd tussen Frikkie Meyer van Thabazimbi en Hugenote van Springs het laasgenoemde se stut André Janse van Rensburg ’n rooikaart gekry nadat hy die tuisspan se agtsteman, Hendrik du Plessis, met die vuis bygedam het.

    Du Plessis was bewusteloos ná die hou en is Maandag uit die Medihelp-kliniek in Thabazimbi ontslaan. Hy was een van die Limpopo Blou Bulle se staatmakers tydens die Cravenweek.

    Janse van Rensburg het gereageer nadat Du Plessis hom met die elmboog op die keel getref het. Hy sal Hugenote se kwarteindstryd môre 10:00 teen Hoërskool Standerton misloop.

    Die ander rooikaart tussen die uitspeelwedstryde is aan Florida se kantman, Willie Bronkhorst, in sy span se nederlaag van 25-17 teen Centurion gewys. Bronkhorst het ook gereageer nadat Woeries se agtsteman, Cornel Jacobs, eerste op hom ’n hou ingekry het. Jacobs moes self na die voorval tien minute in die koelkas spandeer.

    Die Beeldtrofee se onderskeie afdelings se kwarteindstryde vind more plaas. Die verdedigende kampioen van die Makro-skole, EG Jansen, sê op sy tuisveld in Boksburg vir Menlopark die stryd om 12:15 aan. Kempton Park pak Hoërskool Nelspruit se Rhinos om 10:15 op sy tuisveld.

    Monument moet na Middelburg reis waar HTS Middelburg om 10:15 op hom wag. Die ander Makro-skole kwarteindstryd word tussen Garsfontein en Centurion om 11:00 op eersgenoemde se tuisveld beslis.

    ) Pennypinchers en Timbercity is medeborge van dié reeks.

  • Wilgerivier vir die vierde jaar in ‘n ry kampioen

    DIE Hoërskool Wilgerivier van Frankfort se eerste rugbyspan is vir die vierde agtereenvolgende jaar die Oos-Vrystaatse kampioenspan.

    Die span van die kaptein en flank, Gerrie Muller, het Vrede met 46-14 op sy tuisveld verslaan.

    Hoewel Muller ’n driekuns aan drieë behaal het, het die hele span met ’n poging vorendag gekom om die sege moontlik te maak.

    “Die span het verlede week vir Gerrie al die werk gelos, maar ek kan eerlikwaar vir jou sê dat elkeen meer as sy deel in die eindstryd gedoen het,” het Frans Crous, afrigter van die span gesê.

    Muller het in die eindstryd 26 van sy span se punte aangeteken. Buiten sy drie drieë het hy ook met vier doelskoppe en ’n strafdoel geslaag.

    Die wenspan se vaste vyf met die vaskopstut Jan-Hendrik Muller en slot Luan Strydom aan die spits het die grondslag vir die sege gelê.

    Agterlangs verdien die losskakel Alré van Heerden en die senter Jahn Workel om genoem te word. Van Heerden se taktiese skopwerk was van hoogstaande gehalte, terwyl Workel wat van ’n besering sy terugkeer gemaak het na willekeur bresse in Vrede verdediging geslaan het.

    Vir Vrede was sy heelagter Johan Esterhuizen en flank Michael Podges sy staatmakers.

    Wilgerivier kom nou teen Hennenman in die een halfeindstryd van die Vrystaatse plattelandse liga te staan, terwyl Bothaville en Vrede mekaar in die ander halfeindstryd pak.

    Die wenner van dié liga sal die Griffons in die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) die stryd aansê. Volksblad is ’n medeborg van die kompetisie.

    Die Hoërskool Retief van Kestell het Marquard met 29-5 in hulle eindstryd uitgestof. Die span van Kestell sal nou teen Sandveld van Wesselsbron te staan kom, terwyl Bultfontein vir Marquard inwag. Die wenner van die liga sal die Griffons in die Colt-liga verteenwoordig. Bultfontein is die verdedigende kampioen.

    Bulties het verlede week vir Lesideng (68-7) en Welkom High (64-5) uit die pad gevee.

    Duineveld van Upington het bo in ’n taai kragmeting teen Sentraal geëindig. Die Velties het die jaarlikse interskole tussen die twee spanne met 15-12 gewen.

    Wilgerivier 46 (17) – Drieë: Gerrie Muller (3), Jandré Labuschagné, Jahn Workel, Willem Coetzee, Stephan Bierman. Doelskoppe: Muller (4). Strafdoel: Muller. Vrede 14 (8) – Drie: JS de Villiers. Strafdoele: Johan Esterhuizen (3).

    Bultfontein 68 – Drieë: Guilliam Viljoen (3), Erik Helm (3), Tefello Ramathello (2), Arno Taljaard, Marnes van Staden, Frikkie du Plessis, Joepie Taljaard. Doelskoppe: GJ van Eeden (2), Taljaard (2). Lesideng 7.

    Bultfontein 64 – Drieë: Erik Helm (2), Bernard Fourie (2), Arno Taljaard, Guilliam Viljoen, Frikkie du Plessis, Tefelo Ramathello, Stefan van Aswegen, Desmond Grobler. Doelskoppe: GJ van Eeden (5), Bernard Fourie (2). Welkom High 5.

    Theunissen 33 (26) – Drieë: Braam Fourie (2), Michael Taylor, Ethean Kok, Sylvester Seseane. Doelskoppe: Seseane (4). Harmony High 7 (0).

    Hoopstad 51 – Drieë: Stefan Roos (2), Hubert Roux, MJ Griessel, Mar-Jean Victor, Adriaan Meintjies, Franco Schoonraad, Frans-Willem van Beeck, Gerrit Smit. Doelskoppe: Schoonraad (3). Lesideng 0.

    Hoopstad 19 – Drieë: Wayne Vorster, Wian Visser, Strafdrie. Doelskoppe: Franco Schoonraad (2). Theunissen 13.

    Sandveld 47 – Drieë: Johan Fick (2), Michael Marx (2), Jaco Groenewald, Nyakalo Motseki, Spyker Potsoane. Doelskoppe: Fick (6). St. Dominic-kollege 7.

    Sandveld 46 – Drieë: Wian le Roux (2), Lourens van der Westhuizen, Naledi Madungwa, Jaco Groenewald, Johan Fick, Lucky Bob, Michael Marx. Doelskoppe: Fick (2), Bob. Welkom High 26.

    ) GRIEKWAS

    Landboudal 27: Drieë: Teubes Brits, André Cornelissen, Idriaan Burger, Strafdrie. Doelskoppe: Guillaume Oberholster (2). Strafdoel: Oberholster. Sand du Plessis 12

  • Rooiskool oorrompel Blouskool 52-0

    GOUDVELD-HOËRSKOOL se eerste rugbyspan het met sy sege van 36-18 oor Welkom-Gimnasium in hul jaarlikse derby ook sy aartsvyand uit die uitklopwedstryde geboender.

    Gouties buitesenter, Carlton Coeries en losskakel Shakille Adams, het albei skitterende vertonings opgedis. Die span se kaptein en flank, Michael Herbert, het self in die los gewoel. Sy flankmaat, Malcolm Britz, het ook ’n waardevolle bydrae tot die sege gelewer. Adams het twee van die wenspan se drieë gedruk.

    Voortrekker, Hentie Cilliers, die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad en Goudveld het tot die halfeindstryde van die Griffon-liga deurgedring.

    ) Die AHS Kroonstad het sy grootste oorwinning nog oor Hoërskool Kroonstad in die skole se derby Saterdag behaal.

    Rooiskool was 52-0 baas met sy Cravenweek-kaptein en senter, Francois Stemmet, wat twee keer die doellyn oorgesteek het.

    Hy was ook sy span se beste speler in die kragmeting.

    Die slot, Erik Knoetze, het baie van Blouskool se besit in die lynstane afgeneem wanneer hulle die bal grond toe gebring het. Hy het ook elke keer wat hy die bal in die hand gehad het meters ver veld gewen.

    Die agtsteman Johan Steyn en skrumskakel Duncan Horak verdien ook elk ’n klop op die skouer vir hulle spel in die wedstryd. Horak het onder moeilike omstandighede sy agterlyn van gehalte diens voorsien.

    Die vleuel, Louis Steyn, het met sy lopies ook probleme vir Blouskool se verdediging besorg.

    Blouskool kon nog nie sedert 2007 se interskole ’n sege oor Rooiskool te behaal nie.

    ) Voortrekker het sy interskole teen Witteberg op sy tuisveld in Bethlehem ook op ’n drafstap gewen.

    Die span se skrumskakel Phillip Maré en agtsteman Junior Oosthuizen het elk ’n driekuns aan drieë in dié sege van 57-14 behaal.

    Die span se losskakel, Tokkie van Zyl, het 17 punte tot die totaal bygedra. Hy het een van sy span se nege drieë gedruk en ook met ses van die doelskoppe geslaag.

    Die span se flank, Clinton Moloi, het ook ’n uitstaande vertoning gelewer.

    ) Hentie Cilliers se skrumskakel, Jaywinn Juries, het op die beste manier moontlik op sy weglating uit die Suid-Afrikaanse Skole-span gereageer.

    Juries het drie keer in sy span se oorwinning van 60-3 oor HTS Welkom gaan druk.

    Sy bydrae tot die oorwinning was 25 punte. Hy het ook vyf doelskoppe oorgeklits.

    AHS Kroonstad 52 (17) – Drieë: Francois Stemmet (2), Kobus Kleyn, JP Kalp, Jeandré Uys, Louis Steyn, Burnett Staal. Doelskoppe: Reuben Aucamp (7). Strafdoel: Aucamp. Hoërskool Kroonstad 0.

    Voortrekker 57 – Drieë: Phillip Maré (3), Junior Oosthuizen (3), Clinton Moloi, Boeta Vermaak, Tokkie van Zyl. Doelskoppe: Van Zyl (6). Witteberg 14.

    Goudveld-Hoërskool 36 (19) – Drieë: Shakille Adams (2), Carlton Coeries, Gregan Hull, Jaco Conradie, Aldo van Zyl. Doelskoppe: Adams (3). Welkom-Gimnasium 18 (8) – Drieë: SJ Malherbe, Byron Ferreira, Tristan Rothman. Strafdoel: Bernard Erasmus.

    Hentie Cilliers 60 – Drieë: Jaywinn Juries (3), Benji Muller (2), Luan James, Urzill Speelman, Melton Wentzel, Ezrick Alexander. Doelskoppe: Juries 5. HTS Welkom 3.

  • Grey PE klop Grey-kollege eerste keer sedert 2004

    Die eerste rugbyspan van Grey-kollege het Saterdag in Port Elizabeth vir die eerste keer sedert 2004 teen sy naamgenoot van die Baai sy rieme styfgeloop.

    Grey PE was met 27-20 baas en was op die datg sonder twyfel die beste span.

    Dit was ook Grey se eerste nederlaag van die seisoen. Geen van die voorste 20 spanne in die land kan vanjaar met ‘n onoorwonne rekord spog nie. 

    Grey se heelagter, Henry Immelman, het sy skopskoen by die huis vergeet, maar die skuld kan nie voor sy deur gelê word nie.

    Die tuisspan met sy flank en kaptein, Johan van Niekerk, aan die spits het voorlangs by die afbreekpunte vir die span van die Rosestad hoofbrekens besorg. Sy flankmaat, Junior Pokomela, het ’n paar harde duikslae uitgevoer en ook meters ver veld met die bal in die hand gewen.

    Die span van Bloemfontein het in die skrums die oorhand gehad.

    ) Immelman het vroeër in die week ’n driekuns aan drieë in sy span se oorwinning van 64-12 oor Fichardtpark behaal. Grey het teen rustyd reeds ’n voorsprong van 45-12 opgebou.

    Die Cherries het Jim Fouché met 25-13 getroef. JF was met die omdraaislag met 10-8 voor.

    ) Hoërskool Fichardtpark het ’n oortuigende sege van 66-10 Saterdag oor Aliwal-Noord behaal.

    Die span se senterpaar, Emile Cloete en Dewalt Coetzee, het albei twee keer agter die doellyn gaan kuier. Die vaskopstut, Pieter Coetzee, het ook dubbelle driedruk-plesier ervaar.

    ) Die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg is die enigste onoorwonne span oor in die Vrystaatse B1-liga.

    Die span het Hoërskool Koffiefontein se onoorwonne status in die liga met ’n sege van 24-5 op Martie du Plessis se veld in Bloemfontein beëindig. Reddersburg se puntemasjien, Danie Muller, het nog 14 punte tot sy seisoen se totaal gevoeg.

    ) Landboudal van Jacobsdal het op sy tuisveld, Landboupark, vir Sand du Plessis met 27-12 getroef. Lanties het in die skrums die oorhand gehad, maar ’n sterk wind het ’n groot invloed op die kragmeting gehad.

    Die span se slot Teubes Brits en heelagter André Cornelissen het blink vertonings gelewer.

    Puntemakers:

    Grey-kollege 20 (10) – Drieë: Julian Jordaan, Alex Jonker, Henry Slabbert. Doelskop: Henry Immelman. Strafdoel: Immelman. Grey PE 27 (20).

    Grey-kollege 64 (45) – Drieë: Henry Immelman (3), Glenn Erickson (2), Sentle Lehoko, Werner Roberts, Milan du Toit, Callie Janse van Vuuren, Julian Jordaan. Doelskoppe: Tokkie Kasselman (7). Fichardtpark 12 (12) – Strafdoele: Stefan Klopper (3). Skepdoel: Klopper.

    Cherries 25 (8) – Drieë: Lourens Schreuder, Francois Aggenbag, JD Steyn. Doelskoppe: Christiaan Troskie (2). Strafdoele: Troskie (2). Jim Fouché 13 (10) – Drie: Ruan Wasserman. Doelskop: Tiaan Schutte. Strafdoele: Schutte (2).

    Fichardtpark 66 (31) – Drieë: Emile Cloete (2), Dewalt Coetzee (2), Riaan Coetzee (2), Jacques van Heerden, Francois van Rooyen, Wieghardt Hattingh, Juan Curlewis. Doelskoppe: Stefan Klopper (8). Aliwal-Noord 10 (5).

    Hendrik Potgieter 24 – Drieë: Danie Muller, Lukas Muller, William Kasselman. Doelskoppe: Danie Muller (3). Strafdoel: Muller. Hoërskool Koffiefontein 5 – Drie: Ulrich Vogel.

  • Centurion sweet vir sege

    Die eerste rugbyspan van Centurion moes teen ’n 14-man-Florida sweet om ’n sege van 25-17 in hul Beeldtrofee-uitspeelwedstryd te behaal. Pennypinchers en Timbercity is medeborge van dié reeks.

    Willie Bronkhorst, Florida se kantman, is vroeg in die kragmeting op sy span se tuisveld met ’n rooi kaart van die veld gejaag ná ’n onderonsie met Cornel Jacobs, Centurion se agtsteman. Jacobs het slegs ’n geel kaart vir sy aandeel in die onderonsie ontvang.

    Ralton October, Florries se losskakel, het verby verdedigers gedans om die aanvoorwerk te doen vir sy span se enigste drie in die eerste helfte deur die stut Henré Saayman.

    October se besluitneming op losskakel was egter een van sy span se swakpunte dié dag.

    Vir Woeries het sy flank Denver Robertson geen losbal laat rondlê nie en verskeie

    kere besit by afbreekpunte omgekeer.

    Die span se vleuel Shane Erasmus en senter SJ Esterhuizen het ook goeie vertonings gelewer.

    Vir die verloorspan was die senter Preston Karstens sy beste speler.

    ) Menlopark het nie veel probleme ondervind om sy plek in die kwarteindstryd te bespreek nie. Die span van die Jakarandastad het die Hoërskool Rustenburg met 72-12 gekarnuffel.

    Andell Loubser, die span se SA Skole-vleuel, het twee van die span se 11 drieë gedruk.

    Marco Dönges, losskakel, het self ’n bydrae van 20 punte gelewer. Hy het gaan druk, ses drieë verdoel en ook ’n strafdoel tussen deur die pale gejaag.

    ) In die afdeling vir groot skole het Helpmekaar in sy kragmeting teen Lichtenburg danksy ’n drie in die doodsnikke deur sy flank Constant Beckerling sy plek in die kwarteindstryd bespreek.

    Helpies was 19-15 baas op Lichtenburg se tuisveld. Die wenspan het die loot gewen en verkies om met die wind in sy rug die eerste helfte te pak. Dit het egter nie vir hulle uitgewerk nie, met die tuisspan wat met lemoentyd 10-7 voorgeloop het.

    ) Die Hoërskool Nelspruit se Rhinos het Dinsdag die HTS Middelburg met 14-12 geklop om vir die tweede agtereenvolgende jaar as Puma-kampioen gekroon te word.

    ) Makroskole:

    Kempton Park 22 (10): Drieë: Juandré van der Walt, Pieter Prinsloo, Strafdrie. Doelskoppe: Marnus Gruber (2). Strafdoel: Gruber. Waterkloof 20 (15): Drieë: JP Snyman, Wilbri Gunter, Dewald Lindeque. Doelskop: Stedman Gans. Strafdoel: Tinus de Beer.

    Menlopark 72 (46): Drieë: Andell Loubser (2), Wayne van der Bank (2), Arnold Gerber, Willem Hofmeyr, Justin Meintjies, Marco Dönges, Ruan de Beer, Arno van Heerden, Armand Buys. Doelskoppe: Dönges (6), Loubser. Strafdoel: Dönges. Hoërskool Rustenburg 12 (0): Drieë: Christopher Coetzee (2). Doelskop: Tokkie Visser.

    Centurion 25 (8): Drieë: Shane Erasmus, Hannes van Wyk, Gavin Pienaar. Doelskoppe: Hendrik Mulder (2). Strafdoele: Mulder (2). Florida 17 (5): Drieë: Henré Saayman, Preston Karstens, Robin de Jager. Doelskop: Ralton October.

    o.16: Garsfontein 25, Kempton Park 3; Vereeniging Gimnasium 13, HTS Middelburg 12; Florida 17, Wonderboom 13; Waterkloof 9, Rustenburg 6. o.15: Eldoraigne 25, Rustenburg 12; Garsfontein 30, Vereeniging Gimnasium 5; Nelspruit 24, Kempton Park 17; Waterkloof 27, Marais Viljoen 10. o.14: Garsfontein 43, Rustenburg 0; Kempton Park 6, Waterkloof 5; Hoërskool Middelburg 8, Die Anker 5; Florida 27, Zwartkop 17.

    ) Groot skole

    Helpmekaar 19 (7): Drieë: Constant Beckerling (2), Tiaan Schutte. Doelskoppe: Justin Taylor (2). Lichtenburg 15 (10): Drieë: Erik van Zyl, Tiny Maree. Doelskop: Jan-Wessel Meyer. Strafdoel: Meyer.

    Oos-Moot 24: Drieë: JP Alberts (2), Delaney du Plessis, Dee Steynberg. Doelskoppe: Alberts, Runald van der Wetering. Linden 0.

    Hugenote (Springs) 25 (12): Drieë: Edrich du Preez, Bevan du Preez, Jaco van Dyk. Doelskoppe: Van Dyk (2). Strafdoele: Van Dyk (2). Frikkie Meyer 20 (3): Drieë: Benhard van Rensburg, Johan Harmzen. Doelskoppe: Van Rensburg (2). Strafdoele: Van Rensburg (2).

    Transvalia 28: Drieë: Wernich Human, Marko Janse van Vuren, Corné van Schalkwyk, Delmond Venske. Doelskoppe: Human (4). Volksrust 22.

    o.16: Helpmekaar 27, Lichtenburg 12; Piet Retief 24, Oosterlig 8; Linden 16, Pretoria-Noord 10; Ben Vorster 41, Heidelberg Volkskool 10. o.15: Hugenote 12, Secunda 8; Transvalia 18, Frikkie Meyer 5; Tuine 12, Riebeeckrand 7; Helpmekaar 48, Potch Gimmies 0. o.14: Hugenote 27, Standerton 21; Helpmekaar 43, Lichtenburg 5; Randburg 30, Pretoria-Noord 14; Ben Vorster 10, Transvalia 6.

    ) Mediumskole

    Bekker 24: Drieë: Henning Buitendag, Sandile Makhaza, Milton Fulane, Byron Lottering. Doelskoppe: Buitendag (2). Erasmus 22.

    Eerste spanne: Stoffberg 30, Penryn College 0; Wesvalia 18, Trinity House College 14; Brandwag 14, Ben Viljoen 13. o.16: Penryn College 27, HTS Sasolburg 18; Leeuwenhof 19, Midstream College 15; Bekker 26, Wesvalia 16; Ben Viljoen 36, Brandwag 15. o.15: Trinity House College 8, Erasmus 7; Vryburg 38, Leeuwenhof 3; Overvaal 5, Hans Strijdom 0. o.14: Brandwag 33, Penryn College 12; Erasmus 32, Leeuwenhof 10; HTS Rustenburg 22, Fochville 10; Ben Viljoen 29, Stoffberg 12.

    ) Klein skole

    Eerste spanne: Morgenzon 14, Balfour 7.

    ) Middelskole

    Eerste spanne: Belvedere 36, Steelcrest 8; Alberton High 27, Pretoria THS 7. o.16: Parys 10, Evander 7; Queens 38, Voortrekkerhoogte 5. o.15: Voortrekker 9, Kriel 7; Alberton High 31, Cullinan 7. o.14: Parys 34, Kriel 17;

    Queens 35, Pretoria THS 0

    )  Ander:

    Hoërskool Nelspruit 14 (6): Drie: Nico van Rooyen. Strafdoele: Wessel Muller (2). Skepdoel: Renoux de Beer. HTS Middelburg 12 (12): Drieë: Barend Smit, Jan Rens. Doelskop: Lohan Bennett.

    Monument 24 (7): Drieë: Gavin Delport (2), Rhyno Herbst, Stefan Fitzgerald. Doelskoppe: Wikus van Biljon (2). Jeppe Boys’ High 22 (8): Drieë: Josh Allen, Andile Ngobe, Sibusiso Mngomezulu. Doelskoppe: Bradley van Waardhuizen (2). Strafdoel: Van Waardhuizen.

    Monument 24: Drieë: Odwa Nkunjane (2), Gavin Delport. Doelskoppe: Wikus van Biljon (3). Strafdoel: Van Biljon. Sedburgh (Engeland) 14.

    Affies 22: Drieë: Eduan Keyter, Dale Hendricks, Gavin Foster. Doelskoppe: Eddie Fouché (2). Strafdoel: Fouché. Glenwood 36.

    Ander: o.16: Affies 34, Glenwood 21. o.15: Affies 19, Glenwood 15. o.14: Affies 25, Glenwood 22.

  • Beeldtrofee se kwarteindstryd bepalings vir 2014

    Kempton Park se eerste span het wéér Waterkloof se Beeldtrofee-drome gekelder.

    Soos verlede jaar in die halfeindronde van die Beeldtrofee het Kempies op sy tuisveld met sy sterk verdediging die swaarder pak voorspelers van Waterkloof gestuit en die wedstryd ná ’n dramatiese tweede helfte met 22-20 gewen.

    Kempton Park kom nou in die kwarteindronde teen die Puma-kampioen, Nelspruit, te staan. Pennypinchers en Timbercity is medeborge van dié reeks.

    Kempton Park was agterlangs baie gevaarlik, maar moes met krummels balbesit oor die weg kom, met Waterkloof se voorspelers wat een meedoënlose aanval ná die ander geloods het.

    Die flank en kaptein van Kempton Park, Juandre van der Walt, was uitstaande op die verdediging en het telkemale balbesit by die afbreekpunte gekry.

    Waterkloof se knaende aanval is beloon met ’n strafdoel deur sy SA Skole-losskakel, Tinus de Beer. Dit het sy span se rekening in die kragmeting geopen.

    Kempies, wat in die lynstane gesukkel het om die bal te kry, kon hierdie keer met ’n dryfbeweging begin.

    Met die Kempies op pad doellyn toe het De Beer die dryfbeweging laat val en is hy vir hierdie sonde met ’n geelkaart en ’n strafdrie teen sy span gestraf.

    Kempies het ná rustyd sy aanvallende spel voortgesit, en die keerpunt van die wedstryd het gekom toe De Beer met ’n tweede geelkaart vir ’n professionele oortreding gestraf en afgestuur is.

    De Beer, wat die wedstryd met sy geleerde skopvoet begin dikteer het, moes die res van hierdie helfte toekyk hoe sy span se drome verydel word.

    Kempies moes ook vir ’n tyd weens ’n geelkaart sonder sy ­haker, Thinus Grundlingh, klaarkom.

    ​Bepalings vir die kwarteindstryde
    Makroskole

    Eerste spanne: EG Jansen t. Menlopark; Kempton Park t. Nelspruit; HTS Middelburg t. Monnas; Garsfontein t. Centurion.

    o.16: EG Jansen t. Waterkloof; Nelspruit t. Garsfontein; Vereeniging Gimnasium t. Monnas; Florida t. Menlopark.

    o.15: EG Jansen t. Eldoraigne; HTS Middelburg t. Garsfontein; Nelspruit t. Monnas; Menlopark t. Waterkloof.

    o.14: EG Jansen t. Garsfontein; Kempton Park t. Nelspruit; HTS Middelburg t. Monnas; Florida t. Menlopark.

    Groot skole

    Eerste spanne: Pietersburg t. Transvalia; KHS t. Oos-Moot; Tuine t. Helpmekaar; Standerton t. Hugenote.

    o.16: Pietersburg t. Piet Retief; Potch Volkies t. Linden; Oos-Moot t. Helpmekaar; Ben Vorster t. Ermelo.

    o.15: Ben Vorster t. Hugenote; Lichtenburg t. Tuine; Oos-Moot t. Helpmekaar; Hoogenhout t. Transvalia.

  • Plattelandse skolespanne kry lae hou

    Die Cravenweek vir hoërskole is vanjaar die 51ste keer in Middelburg, Mpumalanga, aangebied en ná die gesogste skolerugby-toernooi ter wêreld kan ’n mens nie help om te wonder wat Dok Craven daarvan sou gedink het nie.

    Die toernooi is na hom genoem en het eers die Danie Craven-week geheet. Die toernooi het sedert sy ontstaan, in 1964, baie gegroei en die beroepsera het gewis ’n reuse-impak daarop gehad.

    Die idee van die hoofwedstryd van die Cravenweek het ontstaan om die twee spanne wat die opwindendste hardlooprugby gespeel het, te beloon. Dié kragmeting sou ook jaarliks as ’n vertoonvenster dien vir die goeie stand van Suid-Afrikaanse skolerugby.

    Hoewel die uiteindelike nie-amptelike kampioen vanjaar, die Oostelike Provinsie, en sy teenstander in die hoofwedstryd, die Suidwestelike Distrikte, opwindende rugby in die toernooi opgedis het, sou die Griffons waarskynlik in die ou dae naby aan die hoofwedstryd gekom het.

    Die Griffons het die toernooi die tweede jaar agtereenvolgens onoorwonne afgesluit.

    Dié span van die Noord-Vrystaat het vanjaar 17 drieë in sy drie wedstryde gedruk. Die OP het 8 keer gaan druk en net ’n drie in elk van sy drie wedstryde afgestaan. Die span van die Baai se sukses was dus meer op sy verdediging geskoei.

    Die vraag ontstaan egter wie dan vanjaar in die hoofwedstryd sou gespeel het as die ou waardes van die Cravenweek in ag geneem is.

    En watter van dié twee modelle dra die meeste by tot die opvoeding van die spelers en hoe groot invloed het dit om die toekoms van ons rugby te bepaal?

    Die feit dat die Cravenweek deesdae eintlik uit kwarteindstryde, halfeindstryde en ’n eindstryd bestaan, het ’n groter impak op skolerugby as wat op die oog af gesien kan word. Die feit dat spanne soos die Griffons, die Luiperds, die Pumas en Griekwas nie sommer maklik meer in die hoofwedstryd kan speel nie, het ’n invloed op spelers in die streke se besluit om liewer elders by die sogenaamde groter unies hul skolerugby te gaan speel.

    Spelers wat in die hoofwedstryd gespeel of in die groter spanne en by tradisionele sterk rugbyskole skoolgegaan het, het vanweë dié tendens ’n groter kans om die SA Skolespan te haal en ook dan om ná skool ’n loopbaan uit die spel te maak.

    Ons is vinnig besig om ons grootste voedingsbron van rugby, die platteland, se spelersgetalle ’n knou toe te dien en sodoende krimp die getal rugbyspelers in die land ook ál meer. Al hoe meer van die groter skole is besig om hul diepte uit die platteland aan te vul, met die skole op die platteland wat ál swaarder kry.

    Dit is dalk maar net een van die uitwerkings wat beroepsrugby op die spel het.

  • Western Cape Results – 2 August 2014

    Western Cape Results – 2 August 2014

     

    Saud Abrahams gets tackled during day 1 of the Coca-Cola Craven Week U18 at HTS Middelburg 3The Western Cape’s school rugby results for 2 August 2014 is.

    Scorers: 

    Paarl Gimnasium 16 (3) – Try: Grant Williams. Conversion: Grant Hermanus. Penalties: Hermanus (3). Paarl Boys’ High 15 (0) – Tries: Rayhaan Lombaard, Tristan Solomons. Conversion: Stefan Gouws. Penalty: Gouws.

    Paul Roos Gimnasium 36 (17) – Tries: Nico Leonard (2), Barend Smith, Aidynn Cupido, Edwill van der Merwe. Conversions: Cupido (4). Penalty: Cupido. Diocesan College 14 (7) – Tries: Cornel Smit, Sam Mitchell. Conversions: Smit (2).

    Wynberg Boys’ High 15 (3) – Tries: Bevan Barnard (2). Conversion: Karl Martin. Penalty: Martin. Rondebosch Boys’ High 0

    Boland Landbou 17 (10) – Tries: Hugo Vlok, Gerhard du Toit. Conversions: Jondré Williams (2). Penalty: Williams. SACS 17 (0) – Tries: Jordan Chait, Tommy Posen. Conversions: Chait (2). Penalty: Chait.

    Durbanville 22 (5) – Tries: Darren Ruiters (2), Philip Jacobs. Conversions: Ruiters (2). Penalty: Ruiters. Bellville HS 21 (18) – Tries: Luan Fouché, Ryan Muller. Conversion: Marlo Weich. Penalties: Weich (3).

    Stellenberg 30 (10) – Tries: Tiaan Swanepoel, Lance Jurgens, Nicholas Potgieter, Sidney Bantom. Conversions: Swanepoel (2). Penalties: Swanepoel (2). DF Malan 6 (6) – Penalties: Luhan Boshoff (2).

    HTS Drostdy 41 (24) – Tries: Robert Hunt (2), Earl Douwrie, Carl Kotze, Gevin Scheepers, Willem Augustyn, Jurie Fick. Conversions: Scheepers (3). Brackenfell 7 (0) – Try: Damion Carolissen. Conversion: Rohan Conradie.

    JG Meiring 27 (13) – Tries: Marcelino Hansen, Wade Ruskin, Jaden Petersen. Conversions: Hansen (3). Penalties: Hansen (2). President 17 (5) – Tries: Austin Pepper, Gideon Andrews, Dillon Titties. Conversion: Gary Diedericks. 

    Milnerton 22 (17) – Tries: Alroy Brandt (2), Tyrone Milne. Conversions: Brandt (2). Penalty: Brandt. Bellville-Suid 17 (10) – Tries: Nzondelelo Zayedwa, Chad Williams. Conversions: John-Ray Cornelius (2). Penalty: Cornelius.

    Other Results:

    u19A: Jan van Riebeeck 12, De Kuilen 22; Primrose-klub 27, HTS Bellville 21; Parel Vallei 10, Montana 8; Table View 18, Edgemead 17; Somerset-kollege 15, Westerford 24; Tygerberg-klub 42, Parow 0; Scottsdene 18, Bernadino Heights 7; Eben Donges 41, Zwaanswyk 17.

    u19B: Bishops 5, Paul Roos 28; Wynberg 3, Rondebosch 5; Landbouskool Boland 14, SACS 0; HS Bellville 15, Durbanville 6; Brackenfell 0, Drostdy 22; Stellenberg 65, D.F.Malan 0; J.G.Meiring 3, President 44; Jan van Riebeeck 10, De Kuilen 22; Primrose-klub 28, HTS Bellville 0; Parel valley 17, Montana 5; Table View 0, Bosmansdam 6; Somerset-kollege 5, Westerford 10; Tygerberg-klub 25, Parow 0.

    u16A: Bishops 14, Paul Roos 35; Wynberg 13, Rondebosch 10; Landbouskool Boland 34, SACS 6; HS Bellville 3, Durbanville 32; Brackenfell 13, Drostdy 10; Stellenberg 34, D.F.Malan 8; J.G.Meiring 14, President 22; Milnerton 5, Wes-Kaapse Sportskool 28; Jan van Riebeeck 0, De Kuilen 27; Primrose-klub 3, HTS Bellville 14; Table View 7, Edgemead 25; Somerset-kollege 22, Westerford 12; Tygerberg-klub 17, Parow 12; Scottsdene 8, Bernadino Heights 13.

    u15A: Bishops 3, Paul Roos 42; Wynberg 10, Rondebosch 7; Landbouskool Boland 9, SACS 0; HS Bellville 13, Durbanville 8; Brackennfell 13, Drostdy 15; Stellenberg 27, D.F.Malan 0; J.G.Meiring 10, President 0; Milnerton 17, Bellville-Suid 12; Jan van Riebeeck 10, De Kuilen 7; Primrose-klub 21, HTS Bellville 0; Parel Vallei 53, Montana 0; Somerset-kollege 14, Westerford 15; Tygerberg-klub 17, Parow 3; Scottsdene 12, Bernadino Heights 22; Eben Donges 0, Zwaanswyk 14.

    u14A: Bishops 7, Paul Roos 32; Wynberg 15, Rondebosch 7; Landbouskool Boland 8, SACS 10; HS Bellville 7, Durbanville 24; Brackenfell 18, Drostdy 31; Stellenberg 40, D.F.Malan 5; J.G.Meiring 15, President 14; Milnerton 0, Bellville-Suid 12; Jan van Riebeeck 0, De Kuilen 34; Primrose-klub 5, HTS Bellville 14; Parel Vallei 10, Montana 5; Table View 14, Edgemead 7; Somerset-kollege 12, Westerford 14; Tygerberg-klub 12, Parow 7; Scottsdene 17, Bernadino Heights 12; Eben Donges 17, Zwaanswyk 10.

    BOLAND

    Hugenote 18, HS Strand 3: HUGENOTE – Drieë: Janus Heystek (skrumskakel), Dillon Feast (vleuel). Doelskop: Feast. Strafdoele: Feast (2). STRAND – Strafdoel: Anant Swart (senter).

    Overberg 44 (27), Robertson 7 (0): OVERBERG – Drieë: Clarence van Wyk (stut), Ben-Louis Kriel (skrumskakel), Deuston Oliver (vleuel, 2), Keanu Makka (senter), Breslyn Januarie (vleuel). Doelskoppe: Oliver (2). Strafdoel: Oliver. ROBERTSON – Drie: Almo Brewis (flank). Doelskop: Juandré Burger (senter).

    Hermanus 31 (12), Hottentots-Holland 10 (3): HERMANUS – Drieë: Jaco Abel (agsteman), Nelius de Villiers, Jade Cornelius (vleuels), André Pierre Gouws (senter), Keanu Opperman (skrumskakel). Doelskoppe: Opperman (3). HHH – Drie: Keenin Brinkhuis (heelagter). Doelskop: Dylan Scholtz (losskakel). Strafdoel: Scholtz.

    Bredasdorp 6 (6), Charlie Hofmeyr 17 (12): CHARLIES – Drieë: Marco Manus (skrumskakel, 2). Doelskoppe: Wynand du Toit (losskakel, 2). Skepdoel: JC Vergotine (senter). BREDASDORP – Strafdoele: Jandré Arends (heelagter, 2).

    HS Swartland 14 (9), HS Tygerberg 40 (14): TYGERBERG – Drieë: Sherwin Eyman (vleuel), Robin Kuys (senter, 2), Mark Weir (skrumskakel), Juan Esterhuizen (flank, 2). Doelskoppe: Wynand MacLachlan (losskakel, 5). SWARTLAND – Drie: Marnus Niemand (slot). Strafdoele: Austin Benneke (heelagter, 2). Skepdoel: Dylan Nel (losskakel).

    Other Results:

    u19A: Dirkie Uys 19, Piketberg 17; Landbougimnasium Augsburg 31, Schoonspruit 5; Hugenote 19, Klein Nederburg 17; Ashton 24, Swellendam Sek. 18; Schoonspruit 13, New Orleans 16; Bredasdorp 0, Eastbourne College (Engeland) 14; Labori 25, Paulus Joubert 7; Noorder Paarl 28, HS Stellenbosch 26; Labori 23, Monumentpark 0; Bonnievale 26, HS Stellenbosch 14.

    u19B: Overberg 32, Robertson 3; Hermanus 20, HHH 8; Bredasdorp 7, Charlie Hofmeyr 7; Swartland 12, Tygerberg 38; Schoonspruit 13, New Orleans 15; Noorder paarl 10, Stellenbosch 17.

    u16A: Overberg 31, Robertson 5; Hermanus 30, HHH 5; Bredasdorp 15, Charlie Hofmeyr 5; Swartland 10, HS Tygerberg 17; Schoonspruit 0, New Orleans 7; Noorder Paarl 0, Stellenbosch 12.

    u15A: Overberg 5, Robertson 19; Hermanus 28, HHH 24; Bredasdorp 0, Charlie Hofmeyr 26; Schoonspruit 5, New Orleans 0; Noorder Paarl 0, Stellenbosch 47.

    u14A: Overberg 15, Robertson 8; Hermanus 29, HHH 5; Bredasdorp 17, Charlie Hofmeyr 0; Swartland 5, Tygerberg 3; Schoonspruit 5, New Orleans 26.

    SWD 

    Oakdale Landbou 34 (27) – Tries: Eckard Leicher, Boeta Hamman, JT Jackson, Kurt Eybers. Conversions: Jackson (4). Penalties: Jackson (2). Marlow Landbou 8 (3) – Try: Nelius van Heerden. Penalty: Gerhard Potgieter.

    Other Results:

    u19A: HS Langenhoven 38, Corfe Hill Academy (Engeland) 0.

    u16A: Oakdale 29, Marlow 15.

    u15A: Oakdale 22, Marlow 3.

    u14A: Oakdale 43, Marlow 0.