SSPN Test Site

Blog

  • Perses se Bezuidenhout gerat om SA Skolespan te slyp

    Perses se Bezuidenhout gerat om SA Skolespan te slyp

    WELKOM. – Die nuwe afrigter van die Suid-Afrikaanse Skole-rugbyspan, Roean Bezuidenhout is reeds besig om huiswerk op sy span se teenstanders volgende maand te doen. “Ek het verlede jaar al voor die onderhoud vir die pos begin om oor die Engelse en Franse spelers inligting in te samel. Ek het na dié nuus dat ek vanjaar die geleentheid gaan kry ook weer begin om inligting te bekom,” het Bezuidenhout gesê.

    Hy sou verlede jaar ook soos vanjaar saam met Chris October van die Westelike Provinsie die nasionale skolespan gebrei het. Bezuidenhout kon egter weens logistieke redes nie die pos vul nie. Hy het wel die geleentheid gekry om verlede jaar by die nasionale o.16-oefenkamp sy stempel as afrigter af te druk. “Ek sien baie uit na die nuwe uitdaging. Ek het baie by Kassie Kasselman en Jacques Juries geleer. Ek het ook baie respek vir Heyneke Meyer,” het Bezuidenhout oor die uitdaging en sy afrigtings-mentors gesê.

    Die SA Skole-span sal in drie kragmetings teen onderskeidelik Engeland, Frankryk en Wallis in Augustus in aksie wees.

    Die laaste afrigters uit die sentrale streek wat by die SA Skole-span betrokke was is Griekwas se Ezzard Alexander en Vrystaat se Jaco Swanepoel in 2007. Die span se spanbestuurder Elliot Fana het ook van die Griffons afgekom.

    Voor Bezuidenhout was die legendariese Dawie Crowther die laaste breier van die Noord-Vrystaat wat by die nasionale skolespan betrokke was. Laasgenoemde het dié span van 1992 tot en met 1994 afgerig.

    Die langsdienende SA Skole-breier is die legend van Grey-kollege wyle Stoney Steenkamp. Hy het die Suid-Afrikaanse Skolespan van 1974 tot 1983 afgerig. Die skolespan is in 1974 die eerste keer na die Cravenweek gekies.

    Indien Bezuidenhout se skoolspan Welkom-Gimnasium tot die uitkloprondes van die Griffons-liga deurdring sal sy verpligtinge by die nasionale span verhoed dat hy Gimmies in hierdie belangrike tydperk brei. Hy rig Gimmies saam met Piet van Vuuren af.

     

  • Grey College vs. Queen’s College – 1981

    Scorers:

    Grey College 46 – Tries: Leon Botha 4, Wimpie Burger 4, Tommy Truscott. Conversions: Scheepers Gouws 5. Queen’s College 6 (3) – Penalties: Gary Loëst 2.

    • This was Queen’s College’s biggest defeat since Dale College beat them 64-0 in 1927
    • Future Springbok Dick Muir played flyhalf for Queen’s College in this match

    1

  • Coca-Cola Craven Week – 2013

    {gallery}galleries/Coca_Cola_Craven_Week_2013{/gallery}

  • Mees ervare SA Skole-span nog gekies

    POLOKWANE. – Die Suid-Afrikaanse Skole-span van 2013 is die mees ervare nasionale skolespan ooit. Nie minder as nege spelers is gister op die laaste dag van die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole in dié span vir ingesluit wat al voorheen vir die span uitgedraf het nie.

    Die nege spelers is die senter Jurie Linde, skrumskakel Justin Phillips, slot Abongile Nonkontwana (almal Blou Bulle), stut Ox Nche (Vrystaat), die tweeling Jean-Luc en Daniel du Preez, vleuel Duhan van der Merwe, senter Warrick Gelant (albei Suidwestelike Distrikte) en slot JD Schickerling (Westelike Provinsie). Die gasheer die Limpopo Blou Bulle se vleuel Jixie Molapo was die enigste speler wat weer verkiesbaar was, wat nie die SA Skole-span gehaal het nie. 

    Twee van dié spelers Schickerling en Galant was nie vanjaar weens beserings op die toernooi in aksie nie. Hulle sal egter betyds herstel om teen Engeland, Frankryk en Wallis in Augustus uit te draf.

    Twee skole die Hoërskool Outeniqua in George en Paarl Gimnasium het elk vier verteenwoordigers in die span. Gelant, Van der Merwe, die skrumskakel Remu Malan en die losskakel Dewald Human is leerlinge aan Outeniqua.

    Die Streeptruie se agtsteman, Rikus Bothma is Paarl Gimnasium se vierde nasionale skolekaptein. Hy volg in die voetspore van Bernard Pienaar (1974), Frankel Engelbrecht (1986) en Jean-Jacques Rossouw (2006). Die ander drie spelers van Gimmies wat die span gehaal het is Schickerling, die vleuel Grant Hermanus en die flank Jacques Vermeulen.

    Die Du Preez-tweeling die flank Jean-Luc en slot Daniel is die seuns van die oud-Bok skrumskakel, Robert du Preez. Nog ‘n voormalige Springbok die senter Michael du Plessis se seun Daniel het as binnesenter ook die nasionale span gehaal.

    Die Westelike Provinsie wat as nie-amptelike kampioen gekroon is het sewe spelers in die groep van 28 opgelewer. Die Leeus wat teen hulle in die hoofwedstryd gespeel het, het slegs een speler die haker Joseph Dweba tot die SA Skole-span bygedra.

    Van die ongelukkige speler om nie die span te gemaak het nie was KwaZulu-Natal se agtsteman Ayron Schramm, die Pumas se flank Daniël Maartens en die Griffons se losskakel Shaun Reynolds.

    Die SA skolespan is:

    Voorspelers: Rikus Bothma, Daniel du Plessis (albei WP), Daniel du Preez , Jean-Luc du Preez (albei KwaZulu-Natal), Thomas du Toit (WP), Joseph Dweba (Leeus), Ruan Kramer (Vrystaat), Thabani Mtsi (Grens), Ox Nche (Vrystaat), Abongile Nonkontwana (Blou Bulle), Refuoe Rampeta (Vrystaat), JD Schickerling (WP), Francois Steyn, PJ Toerien (albei Blou Bulle), Jacques Vermeulen (WP), Conraad van Vuuren (Pumas).

    Agterspelers: Daniel du Plessis (WP), Remu Malan (SWD), Warrick Gelant (SWD), Grant Hermanus (WP), Dewald Human (SWD), Malcolm Jaer (Oostelike Provinsie), Jurie Linde, Justin Phillips (albei Blou Bulle), Brandon Thomson (Pumas), Duhan van der Merwe (SWD), EW Viljoen (Vrystaat), Leolin Zass (Boland).

  • WP welverdiend nie-amptelike kampioen

    POLOKWANE. – Dit is heel gepas dat die Westelike Provinsie se o.18-rugbyspan as die nie-amptelike kampioen tydens die geskiedkundige 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole in die ou Peter Mokaba-stadion hier gekroon is nie.

    Die Streeptruie is sedert die ontstaan van die toernooi in 1964 die suksesvolste span oor die jare heen. Die unie se span na die week het in die meeste hoofwedstryde naamlik 22 wedstryde sedert dié kragmeting ‘n instelling in 1971 geword het. In dié 22 hoofwedstryde was gister se oorwinning die Streeptruie se 12de keer dat hulle as nie-amptelike kampioene gekroon word.

    Al wat Saterdag se hoofwedstryd meer gepas sou gemaak het , is as die Streeptruie teen die Vrystaat te staan gekom het. Die Vrystaat was al sedert 1971 in 17 hoofwedstryde in aksie waarvan hy in agt aan die wenkant was. 

    Westelike Provinsie het Saterdag die Leeus 45-29 in die hoofwedstryd ore aangesit nah y teen rustyd reeds met die telling op 23-0 stewig in die saal was. Dit was die Leeus se derde agtereenvolgende verskyning in die hoofwedstryd. Die span van die Goudstad het die Vrystaat naelskraaps 20-19 op die vierde dag danksy ‘n strafdoel deur sy heelagter Erwin Harris uitgestof. Dit was self die Leeus se 12de keer wat hulle in die hoofwedstryd in aksie was. 

    Die Griffons het met ‘n oorwinning van 34-27 oor Boland verseker dat hulle die enigste ander span buiten die nie-amptelike kampioen is wat die toernooi onoorwonne afsluit. Die span het wel teen die Valke op die eerste dag 37-elk gelykop gespeel.

    Die Vrystaat het op die laaste dag weer met ‘n strafdoel in die doodsnikke van die wedstryd teen die Pumas 22-25 die knie gebuig. Die keer was die Pumas se nuwe SA Skole-losskakel, Brandon Thomson die held. Die Blou Bulle kon ook soos die Vrystaat slegs een oorwinning behaal na Suidwestelike Distrikte hulle 39-27 Saterdag verslaan het. 

    Die Westelike Provinsie het nie net sake op die Cravenweek oorheers nie. Die unie se spanne na die Grant Khomo-week (vir o.16-spanne) en Cravenweek vir laerskole (vir o.13-spanne) is ook as nie-amptelike kampioene na afloop van die twee toernooie gekroon. Suidwestelike Distrikte was die nie-amptelike kampioen op die nasionale Akademie-week.

  • Cravenweek Nabetragting – Sentrale Streek

    Cravenweek Nabetragting – Sentrale Streek

    POLOKWANE. – Die Griffons was die sentrale streek se suksesvolste span op die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole in die ou Peter Mokaba-stadion hier. Die Perses was die enigste span buiten die nie-amptelike kampioen, Westelike Provinsie wat die toernooi onoorwonne kon afsluit.

    Die Perses het wel op die eerste dag teen die Valke 37-elk gelykop gespeel. Die span moes egter die wedstryd ook gewen het, maar het die oorwinning laat glip. Die span se losskakel, Shaun Reynolds het in die kragmeting met sy balverspreiding en verdediging beïndruk. Hy het ook die toernooi as die voorste puntemaker met 57 punte afgesluit.

    Die Perses se kantman, André Janse van Vuuren het ook deurgans goeie spel gelewer. Die skrumskakel Eloff Scheepers het veral met sy spel in sy span se tweede kragmeting teen Oostelike Provinsie-platteland (26-20) goeie spel opgedis.

    Die Vrystaat kon slegs een oorwinning oor Oostelike Provinsie 32-21 in sy eerste wedstryd op die toernooi behaal. Die span se senter Ali Mgijima, stut Ox Nche, flank Refiloe Rampeta en stut Ruan Kramer het goeie toernooie beleef. Die heelagter EW Viljoen het in die laaste twee wedstryde goeie spel gelewer, terwyl die haker Andrew du Plessis veral in die laaste wedstryd teen die Pumas met sy lakwerk uitgestaan het.

    Die Vrystaat het teen die Leeus (19-20) en Pumas (22-25) verloor danksy strafdoele in die doodsnikke wat albei deur dieselfde skeidsregter Daniel Fortuin toegeken is.

    Griekwas-platteland se hoogtepunt van die toernooi was sy vertoning teen die Valke in sy tweede vwedstryd van die toernooi. Die kantman, Junior Burger het die eerste speler sedert Griekwas se Herman van Niekerk teen die Pumas in Welkom geword wat as speler van die wedstryd aangewys is al was hy in die verloorspan. Griekwa-platteland het 24-44 teen die Valke verloor, maar Burger het vier keer gaan druk. Dit was die vyfde keer die seisoen dat Burger drie of meer drieë in ‘n wedstryd gedruk het.

    Die span se senter, Jonathan Steenkamp het ook vier drieë in ‘n kragmeting gedruk. Hy het dit in sy span se enigste oorwinning op die week van 51-0 teen Grens-platteland behaal. Die span se agtsteman, Jasper Wiese het ook ‘n goeie toernooi op die veld beleef.

    Griekwas se span het in hulle eerste twee wedstryde nie na ‘n span gelyk nie. Die span het wel op die laaste dag die grootste oorwinning van die toernooi behaal deur Grens-platteland 94-5 te verniel. Die Poubloues moes egter nooit met die talent in sy geledere op die C-veld teen die swakste span op die toernooi in sy laaste wedstryd te staan gekom het nie.

    Die span se senter, Dimitrio Tieties het 30 van sy span se punte in die wegholsege aangeteken. Hy het twee drieë gedruk en ook tien van sy span se 14 drieë verdoel. Die binnesenter Jacques Nel en vleuel Leon Becker het elk driekunste in die kragmeting ingeryg.

    Griekwas het in sy eerste twee wedstryde teen ons buurlande Zimbabwe (17-35) en Namibië (10-27) die knie gebuig. Ter versagting moet genoem dat Zimbabwe sy beste span sedert 2007 na die Cravenweek gestuur het. Vir die Poubloues het die flank Nardus Bosman, skrumskakel GM Bruwer en senter Dimitrio Tieties bevredigende toernooie beleef. Bosman is die seun van die oud Griekwa-speler Dagga Bosman.

  • Bezuidenhout van Welkom Gimnasium nuwe SA Skole-breier

    POLOKWANE . – Sommige meen dat die Vrystaatse o.18-span eintlik in die hoofwedstryd van vanjaar se 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole in die ou Peter Mokaba-stadion eerder as die Leeus in aksie moes wees. Die feit dat die nasionale keurders vier spelers van die Vrystaat en slegs een speler van die Leeus in hulle Suid-Afrikaanse Skole-groep van 28 spelers ingesluit. Dié span sal in Augustus teen sy eweknie van Engeland, Frankryk en Wallis kragte meet.

    Die viertal van die Vrystaat wat die span gehaal het is die heelagter EW Viljoen, stut Ruan Kramer (albei Grey-kollege), flank Refuoe Rampeta en stut Ox Nche. Laasgenoemde was ook verlede jaar ‘n lid van dié span.

    Die Vrystaat sou in die hoofwedstryd gespeel het indien die skeidsregter Daniel Fortuin nie in sy tweede wedstryd ‘n twyfelagtige strafskop met speeltyd reeds verstreke aan die Leeus toegeken het nie.
    Die Griffons se afrigter Roaun Bezuidenhoudt sal ook die nasionale skolespan brei. Hoewel dit vanjaar Bezuidenhoudt se eerste Cravenweek was, sou hy ook verlede jaar by dié nasionale span betrokke gewees het. Logistieke probleme het hom egter verhoed om die pos te vul.

    Sy medeafrigter by die Perses Kassie Kasselman verdien egter ook ‘n reuse klop op die skouer. Die Griffons is onder hom as hoofafrigter die suksesvolste span op die Cravenweek die afgelope drie jaar. Die Noord Vrystaters het slegs een nederlaag in sy laaste nege wedstryde op die toernooi gely. Dit was verlede jaar teen die Pumas (24-48) in Port Elizabeth. Die span was na 2011 se toernooi in Kimberley ook onoorwonne.

    Die Perses se losskakel, Shaun Reynolds is seker die ongelukkigste speler om nie die SA Skole-span te haal nie. Hy het die Cravenweek-rekord vir die meeste punte op ‘n enkele toernooi van 57 punte geewenaar. Hy en Stefan Watermeyer wat dit in 2006 in Johannesburg vir die Blou Bulle vermag het is nou die gesamentlike houers van dié rekord.

    Die nasionale skolespan se kaptein, Rikus Bothma is ook ‘n produk van die streek. Hoewel Bothma Paarl Gimnasium se vierde SA Skole kaptein is woon sy ouers in Upington waar hy ook dan sy laerskool-loopbaan voltooi het. Interresant is dat een van Paarl Gimnasium se ander nasionale skole-kapteine, Frankel Engelbrecht wat in 1986 die span aangevoer het oorspronklik van Olifantshoek afkomstig is.

    Die span van die Paarl se ander twee SA Skole kapteine was Bernard Pienaar (1974) en Jean-Jacques Rossouw (2006).

  • WP die nie-amptelike kampioen van die Cravenweek

    POLOKWANE. – WP jou lekker ding! Dit is die uitroep wat van die paviljoen van die ou Peter Mokaba-stadion hier tydens die hoofwedstryd van die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole ge-ego het.

    Die Westelike Provinsie het met sy oorwinning van 45-29 oor die Leeus in dié kragmeting sy oorheersing op vanjaar se toernooi beklemtoon. Die Streeptruie het die Leeus behoorlik streepsuiker in die eerste helfte gegee en met lemoentyd 23-0 voorgeloop.

    Die nie-amptelike kampioen se pak voorspelers het in die eerste helfte hulle teenstanders oordonder. Die Leeus het in die tweede helfte eerste toegeslaan met hulle slot Rhyno Herbst steeds in die koelkas na hy in die eerste helfte weens ontoelaatbare spel afgejaag is.

    Dit is die eerste keer sedert 2009 in Oos-Londen dat Westelike Provinsie as die nie-amptelike kampioen gekroon word. Die Streeptruie se span van 2009 het die Bokke Eben Etzebeth en Frans Malherbe in sy geledere gehad.

    Die nie-amptelike kampioen se stelskopper en vleuel, Grant Hermanus het sy skopskoen gister aangehad. Hy het vier doelskoppe en vier strafdoele tussen deur die pale gejaag en daarmee gesorg dat die Leeus nooit binne trefafstand kon kom nie.

    Die Griffons se losskakel, Shaun Reynolds het die toernooi-rekord vir die meeste punte op ‘n toernooi geewenaar na hy 18 punte tot sy span se sege van 34-27 oor Boland bygedra het. Dié oorwinning beteken ook dat die Perses een van slegs twee spanne is wat die toernooi onoorwonne kon afsluit. Die Griffons was nou in agt van hulle laaste nege wedstryde op die Cravenweek aan die wenkant, ‘n beter rekord as enige ander span oor die afgelope drie jaar.

    Reynolds het Stefan Watermeyer van die Blou Bulle se rekord van 57 punte in 2005 op ‘n toernooi geewenaar.

    KwaZulu-Natal was veels te sterk vir Grens en het 77-14 as oorwinnaars van die veld gestap het. Die Suidwestelike Distrikte het die week met ‘n sege van 37-29 oor die Blou Bulle afgesluit.

    In die vernaamste voorwedstryd op die hoofveld het die Pumas danksy ‘n strafdoel net voor die eindfluitjie deur sy losskakel Brandon Thomson 25-22 oor die Vrystaat koning gekraai.

    Griekwas het Grens-platteland 94-5 gekarnuffel met sy buitesenter Dimitrio Tieties wat 30 van sy span se punte aangeteken het. Die span se ander senter Jacques Nel en vleuel Leon Becker het elk ‘n driekuns ingeryg.

  • SARU announces SA Schools squad

    The South African Rugby Union (SARU) on Saturday announced the 28-man Coca-Cola SA Schools squad that will feature in an Under-18 International series in August.

    The squad was chosen by a panel featuring national selectors Peter Jooste and Ian McIntosh, the SA Schools selectors led by convener Henkie Green, and SA under-20 coach Dawie Theron following the conclusion of the 50th Coca-Cola Craven Week in Polokwane.

    The team will meet England at City Park Stadium in Cape Town on August 9, followed by clashes against France in George on August 13 and Wales in Wellington on August 17. An Italian Under-18 squad will also feature in a series against the Western Province, Boland and SWD Coca-Cola Craven Week teams in August.

    Nine players in the squad named were part of the SA Schools class of 2012 that registered a clean-sweep of victories against their European counterparts. These players are Jurie Linde, Justin Phillips, Abongile Nonkontwana (Blue Bulls), Ox Nche (Free State), twins Jean-Luc du Preez and Daniel du Preez (KZN), Duhan van der Merwe, Warrik Galant (SWD) and JD Schickerling (WP).

    Schickerling and Galant, however, were forced to withdraw from their Craven Week teams due to injury, but will be available for selection for the international clashes.

    Chris October from Western Province will again assume the position of head coach, with the Griffon’s Roean Bezuidenhoudt assisting. David Coert from Boland has retained the position as team manager.

    “We are pleased with the quality of the squad selected,” said SARU’s convener of national selectors Peter Jooste.

    “That said I must admit it was tough selecting only 28 players because there were several other talented players in the mix. But unfortunately there will always be a few unlucky players.”

    Jooste also used the opportunity to praise the high quality of rugby played in the tournament this year.

    “The standard of the Coca-Cola Craven Week certainly improved this year,” said Jooste. “In terms of the quality of rugby played it was definitely one of the better tournaments, and it was particularly encouraging to see a few teams such as the Pumas, Zimbabwe and Namibia raise their game.”

    SA Schools squad 2013:

    Forwards: Rikus Bothma (Western Province), Daniel du Plessis (Western Province), Daniel du Preez (KZN), Jean-Luc du Preez (KZN), Thomas du Toit (Western Province), Joseph Dweba (Golden Lions), Ruan Kramer (Free State), Thabani Mtsi (Border), Ox Nche (Free State), Abongile Nonkontwana (Blue Bulls), Refuoe Rampeta (Free State), JD Schickerling (Western Province), Francois Steyn (Blue Bulls), PJ Toerien (Blue Bulls), Jacques Vermeulen (Western Province), Conraad van Vuuren (Mpumalanga)

    Backs: Daniel du Plessis (Western Province), Remu Malan (SWD), Warrik Galant (SWD), Grant Hermanus (Western Province), Dewald Human (SWD), Malcolm Jaer (Eastern Province), Jurie Linde (Blue Bulls), Justin Phillips (Blue Bulls), Brandon Thompson (Mpumalanga), Duhan van der Merwe (SWD), EW Viljoen (Free State), Leolin Zass (Boland).

    Issued by SARU Corporate Affairs

  • Results – ABSA u19 Competition – 13 July 2013

    The Blue Bulls kicked off their ABSA under 19 competition campaign with a convincing 61-14 victory over the Leopards at Olen Park in Potchefstroom. Their SA Schools’ players of last year prop Pierre Schoeman and fullback Jesse Kriel both bagged a brace of tries. 

    Scorers: 

    Blue Bulls u19 61 (26) – Tries: Pierre Schoeman (2), Jesse Kriel (2), Nico Janse van Rensburg, Leighton van Wyk, Daniel Kriel, Corne Els, Arno van Wyk. Conversions: Kobus Marais (7), Juan-Phillip Smith. Leopards u19 14 (7) – Tries: Courtney Cupido, Dean Stokes. Conversions: Corne Swart, Schalk Hugo.

    Free State 18 (3) – Tries: Len le Roux, Gilbert Chalmers. Conversion: Pieter Jordaan. Penalties: Jordaan (2). Western Province 18 (10) – Tries: Jason Worrall, Liam Hendricks. Conversion: Christopher Smith. Penalties: Smith, Worrall.