SSPN Test Site

Blog

  • Coca-Cola Craven Week Results 2013 – Day 5

    Chris Arries inpspired a surprise 33-10 victory for Namibia over Zimbabwe in their junior test on the last day of the Coca-Cola Craven Week in Polokwane. Arries scored 23 of his side’s points via a try, three conversions and four penalties. Namibian inside centre, Justin Newman scored a brace of tries to give Namibia a 20-10 lead at the break of the junior test. 

    Scorers: 

    Namibia 33 (20) – Tries: Justin Newman (2), Chris Arries. Conversions: Chris Arries (3). Penalties: Arries (4). Zimababwe 10 (10) – Try: Brendon Mandivenga. Conversion: Mandivenga. Penalty: Mandivenga. 

    Griqualand West 94 (54) – Tries: Leon Becker (3), Jacques Nel (3), Dimitrio Tieties (2), Gerhard Holtzhausen (2), Ryan de Wee, GM Bruwer, Jacques van Zyl, Doctor Booysen. Conversions: Tieties (10), Holtzhausen, Kat Mabaleng. Border Country Districts 5 (0) – Try: Thabang Rixi.  

    Eastern Province Country Districts 39 (34) – Tries: Thomas Filmer (2), Tshepo Mabitsela, Sintu Manjezi, Jason Baggott. Conversions: Jason Vers (4). Penalties: Vers (2). Limpopo Blue Bulls 36 (12) – Tries: Toko Maebane (3), Floyd Ntimane, Jixie Molapo, Chris Durow. Conversions: Arno Maree (3).  

    KwaZulu-Natal 77 (42) – Tries: Marcell Coetzee (2), Jean-Luc du Preez (2), Akhona Nela, Tristan Tedder, Jaco Coetzee, Reece McHardy, Aaron Schramm, Daniel du Preez, Morne Joubert. Conversions: Tristan Tedder (8), Kurt Webster (3). Border 14 (7) – Tries: Kewan Gibb, Keegan Gray. Conversions: Gibb (2).

    Griffons 34 (20) – Tries: Shaun Reynolds, Shane Grobler, Gregan Hull, Andre Janse van Vuuren. Conversions: Reynolds (4). Penalties: Reynolds (2). Boland 27 (22) – Tries: Rohaan Adams (2), Warren Williams, Martin van Wyk. Conversions: Leolin Zas (2). Penalty: Zas. 

    Leopards 34 (19) – Tries: Gopolang Molefe, Beyers van Sittert, Freddie Pretorius, Michael Hurn, Gideon van der Merwe. Conversions: Markus Coetzer (3). Penalty: Coetzer. Griqualand West Country Districts 17 (17) – Tries: Jasper Wiese, Chris Opperman. Conversions: Clinton Toua (2). Penalty: Toau.  

    South Western Districts 37 (20) – Tries: Dewald Human, Geor Malan, Nemo Roelofse, Duhan van der Merwe. Conversions: Human (4). Penalties: Human (3). Blue Bulls 29 (24) – Tries: Hyron Andrews, Eduan Keyter, Justin Phillips, Jade Solomons, Ivan van Zyl. Conversions: Van Zyl (2).

    Eastern Province 29 (18) – Tries: Keanu Vers, Johann van Niekerk, Arno Lotter. Conversion: Ernst Stapelberg. Penalties: Stapelberg (4). Valke 18 (3) – Tries: Sampie Hearn, Ruan Potgieter. Conversion: Potgieter. Penalties: Potgieter (2). 

    Pumas 25 (16) – Try: Ruan du Plooy. Conversion: Brandon Thomson. Penalties: Thomson (6). Free State 22 (19) – Tries: EW Viljoen (2), Marius Louw. Conversions: Stephen Rautenbach (2). Penalty: Rautenbach.

    Western Province (23) – Tries: Thomas du Toit, Herschel Jantjies, Jacques Vermeulen, Dewald Naudé, Daniel du Plessis. Conversions: Grant Hermanus (4). Penalties: Hermanus (4). Lions 29 (0) – Tries: Erwin Harris, Johan Esterhuizen, Innocent Radebe, S’busiso Nkosi. Conversions: Erwin Harris (2), Innocent Radebe. Penalties: Harris.

     

  • Pretorius waarskynlik eerste Valk wat hoofwedstryd van Cravenweek blaas

    POLOKWANE. – Daar sal beslis in vandag se hoofwedstryd van die 50ste Cravenweek vir hoërskole hier “reg en geregtigheid” geskied met die skeidsregter en prokureur Lihan Pretorius in beheer van sake.

    Pretorius, van die Valke-unie, se vertonings tydens dié week het André Watson, die Suid-Afrikaanse skeidsregtersbaas, en sy paneel só beïndruk dat hy gevra is om in die nie-amptelike eindstryd van die toernooi te blaas. Die skeidsregter wat die beste op die week vertoon word hiervoor aangewys.

    Dit Pretorius se eerste jaar as blaser by die Cravenweek.

    “Ek het in my wildste drome nooit kon dink dat ek die hoofwedstryd by die Cravenweek sou blaas nie,” het Pretorius, wat oor twee weke sy 27 verjaarsdag vier, gesê.

    “Dit voel vir seker soos ‘n vroeë verjaarsdag geskenk”.

    Wanneer die Goue Leeus en die Westelike Provinsie vandag om 15:15 in die ou Peter Mokaba-stadion op die veld uitdraf sal Pretorius waarskynlik die eerste Valke-skeidsregter word wat die hoofwedstryd van dié week behartig.

    “Dit is die eerste Valke-skeidsregter waarvan ek weet wat in die hoofwedstryd van die Cravenweek blaas,” het Watson, self ‘n oud-Valke blaser.

    “Lihan het deur die week gewys dat hy op meriete verdien om in die hoofwedstryd te blaas. Daar was ander aanspraakmakers soos Jaco Kotze, maar Lihan se vertonings was die beste,” het Watson bygevoeg.

    “Hy het sommer met die intrapslag in die wedstryd tussen die Bulle en die WP twee geelkaarte gegee, wat albei geregverdig was.”

    Pretorius het benewens dié wedstryd ook die eerste kragmeting van dié toernooi tussen Griekwas en Zimbabwe behartig.

    “Die week was beslis nie maklik nie. Ek het gevoel ek moes die toon van die toernooi in daardie eerste wedstryd aangee. Ek was voorheen al self ‘n televisie-wedstrydbeampte gewees, maar ek het Maandag vir die eerste keer self met ‘n televisieskeidsregter gewerk,” het Pretorius gesê.
    Hy tree al vir die afgelope 15 jaar as skeidsregter op.

    “Ek het as 12-jarige geluister na ‘n radioprogram waar André Watson gesels het. Ek het ingebel en hom gevra hoe oud jy moet wees om te kan rugby blaas,” vertel Pretorius.

    Watson het Pretorius by sy huis kom besoek en hy is daarná ingeskryf as skeidsregter.

    Hy het vanjaar boonop in sy eerste Varsitybeker-wedstryd én sy eerste Vodacombeker-kragmeting geblaas.

    Albei tel onder sy hoogtepunte.

    Pretorius hoop om eendag as blaser in die plaaslike Curriebeker-reeks uit te draf.

    “Ek sal ook graag eendag ‘n ambassadeur vir Suid-Afrikaanse skeidsregters wil wees, deur byvoorbeeld ‘n toetsskeidsregter te word.”

     

  • Streeptruie en Leeus eerste keer sedert 1981 in hoofwedstryd van Cravenweek slaags

    Streeptruie en Leeus eerste keer sedert 1981 in hoofwedstryd van Cravenweek slaags

    Johan Momsen of Western Province during day 1 of the U18 Craven Week from Old POLOKWANE. – Die Westelike Provinsie en die Leeus sal vandag hier vir die eerste keer in 32 jaar mekaar weer in die hoofwedstryd van die jaarlikse Cravenweek-toernooi vir hoërskole pak.

    Die twee spanne het mekaar nog net twee keer in die hoofwedstryd die stryd aangesê sedert dié kragmeting in 1971 ingestel is. Die laaste van die twee kragmeting was in 1981 toe die Leeus as die destydse Transvaal die Streeptruie 11-7 getroef het. Die voormalige Springbok-flank Wahl Bartmann was in Transvaal se span, terwyl nog ‘n voormalige Bok die vleuel Kobus Burger vir Westelike Provinsie in aksie was.

    Die enigste ander keer wat die twee spanne in die hoofwedstryd teen mekaar gespeel het was in 1973 toe Westelike Provinsie 36-7 met die louere weggestap het.

    Die Streeptruie sal in vandag se stryd as die gunstelinge op die veld draf na hulle die Blou Bulle ‘n rekordnederlaag van 30-6 toegedien het. Die Leeus het die Vrystaat in die doodsnikke 20-19 geklop om die hoofwedstryd te haal.

    Albei spanne sal egter beter wil vaar as hulle vorige pogings in die hoofwedstryd. Die Leeus is verlede jaar 46-0 deur die Blou Bulle in Port Elizabeth gekarnuffel en vanjaar is hulle derde agtereenvolgende keer wat hulle in die hoofwedstryd in aksie sal wees.

    Die Streeptruie was laas in 2010 in Welkom in die hoofwedstryd en aan die ontvangkant teen die Vrystaat (42-21). Die tweestryd tussen die Streeptruie se binnesenter Daniel du Plessis en sy direkte teenstander Gerdus van der Walt kan een van die hoogtepunte in die wedstryd wees. Du Plessis is die seun van die voormalige Bok-senter Michael du Plessis. Sy naam behoort na afloop van die wedstryd uitgelees te word wanneer die nasionale skolespan aangekondig word. Sy oom die gewese Bok-vleuel, Carel du Plessis het in 1978 die SA Skole-span gehaal. Van der Walt se broer Jáko het in 2011 dié span gehaal, maar moes weens ‘n besering onttrek.

    Die Vrystaat en die Pumas pak mekaar in die vernaamste voorwedstryd. Eersgenoemde se heelagter EW Viljoen, stut Ox Nche en flank Refiloe Rampeta is van die sterkste aanspraakmakers van hulle span om die nasionale skolespan te haal. Die Pumas se flank Daniël Maartens en vaskopstut Conrad van Vuuren het ook hulle hande met sterk vertonings gedurende die week opgesteek. Dié spelers kan met sterk vertonings vandag hulle plekke in dié span verseker.

    Vandag se bepalings:

    A-veld: 09:15: Zimbabwe t. Namibië; 10:45: Grens t. KwaZulu-Natal; 12:15: Blou Bulle t. Suid-Westelike Distrikte; 13:45: Vrystaat t. Pumas; 15:15: Westelike Provinsie t. Leeus.

    B-veld: 09:15: Limpopo Blou Bulle t. Oostelike Provinsie-platteland; 10:45: Griffons t. Boland; 12:15: Oostelike Provinsie t. Valke.

    C-veld: 09:15: Griekwas t. Grens-platteland; 10:45: Griekwas-platteland t. Luiperds.

  • Referees in Main Matches

    Referees in Main Matches

    2022   Hanru van Rooyen (Leopards)
    2019   
    Griffin Colby (Free State)
    2018   
    Jaco Kotze (Free State)
    2017   
    Stephan Germishuys (Blue Bulls)
    2016  
    Ruhan Meiring (South Western Districts)
    2015  
    AJ Jacobs (Griffons)
    2014  
    Oregopotse Rametsi (Leopards)
    2013
       Lihan Pretorius (Valke)
    2012   Jaco Kotze (Free State)
    2011   Lusanda Jam (Border)
    2010   Marius van der Westhuizen (Western Province)
    2009   Archie Sehlako (KwaZulu-Natal)
    2008   Jason Jaftha (Western Province)
    2007   Petri Bosch (Griqualand West)
    2006   Marc van Zyl
    2005   Francois Veldsman (Boland)
    2004   Allister van Wyk 
    2003   Linston Manuels (Boland)
    2002   Marius Jonker
    2001   Brad Dickson (Golden Lions)
    1998   Carl Spangenberg
    1992   Albert Adams
    1987   Freek Burger

  • Westelike Provinsie en Leeus in hoofwedstryd van 50ste Cravenweek

    DIE Leeus sal vir die derde agtereenvolgende jaar in die hoofwedstryd van die Cravenweek-toernooi vir hoerskole in aksie wees. Hulle teenstander die Westelike Provinsie sal die eerste keer sedert 2010 in die hoofwedstryd in aksie wees.

    Die Leeus het hulle plek in die hoofwedstryd danksy ‘n strafdoel na speeltyd reeds verstreke was teen die Vrystaat deur sy heelagter, Erwin Harris om aan hulle ‘n naelskraapse sege van 20-19 te besorg.
    Harris het met die skop gewys dat hy nie vir die groot oomblik terugdeins nie. 

    Dit is jammer dat die skeidsregter, Daniel Fortuin se laaste twyfelagtige beslissing die wenner van die kragmeting bepaal het. Hy het deurgans swak beslissings gedurende die wedstryd na albei kante toe gemaak en daar moet dalk liewer gevra word hoe dit toegelaat is dat hy die hoofwedstryd hanteer het.

    Die Vrystaatse haker, Andrew du Plessis se ingooiwerk in die tweede helfte se lynstane het sy span duur te staan gekom. Die Leeus se senter, Fernando Kermis het die Vrystaters telkens op die verdediging onkant betrap.

    Die Suidwestelike Distrikte se SA Skole-vleuel, Duhan van der Merwe het sy vaart en krag teen Oostelike Provinsie ten toon gestel. Hy het twee van sy lopies in sy span se sege van 40-14 oor Oostelike Provinsie afgerond. Die wenspan se losskakel Dewald Human het ook sy kans om in die span ingesluit te word met sy vertoning verhoog.

    Die Griffons is steeds onoorwonne en een van slegs vyf onoorwonne spanne wat die laaste dag sal veg om die status te behou. Die Perses het Oostelike Provinsie-platteland 26-20 getroef. Die span van die Noord-Vrystaat kon laas in 2011 die week onoorwonne afsluit. Hulle losskakel Shaun Reynolds en flank Andre Janse van Vuuren was uitstaande.

    Griekwas-platteland se kantman, Junior Burger het die Valke se kalklig met sy vierkuns aan driee in hulle sege van 24-44 gesteel. Dit was Burger se vyfde driekuns aan driee die seisoen.

    Die Valke se losskakel, Ruan Potgieter het met sy 19 punte die grootste bydrae tot sy span se oorwinning gelewer.

    Die Luiperds het met sy gemaklike sege van 64-0 oor Grens-platteland die feit dat laasgenoemde uit hulle diepte op die week is beklemtoon. Die wenspan se senter, Markus Coetzer het ‘n persoonlike bydrae van 24 punte gelewer.

    More se bepalings:

    A-veld: 09:15: Zimbabwe t. Namibie; 10:45: Grens t. KwaZulu-Natal; 12:15: Blou Bulle t. Suid-Westelike Distrikte; 13:45: Vrystaat t. Pumas; 15:15: Westelike Provinsie t. Leeus.

    B-veld: 09:15: Limpopo Blou Bulle t. Oostelike Provinsie-platteland; 10:45: Griffons t. Boland; 12:15: Oostelike Provinsie t. Valke.

    C-veld: 09:15: Griekwas t. Grens-platteland; 10:45: Griekwas-platteland t. Luiperds.

  • Coca-Cola Craven Week Results 2013 – Day 4

    Scorers: 

    Leopards 64 (40) – Tries: Tiaan Bezuidenhout (2), Mick Carroll (2), Gopolang Molefe (2), Markus Coetzer, Paul Hurn, Thabo Chirwa. Conversions: Coetzer (8). Penalty:Coetzer. Border Country Districts 0

    Valke 44 (18) – Tries: Darren de Bruin, Eldron van Rooyen, Marco Holmes, Marco Janse van Vuuren, Pieter Jansen, Ruan Potgieter. Conversions: Potgieter (4). Penalties: Potgieter (2). Griqualand West Country Districts 24 (5) – Tries: Junior Burger (4). Conversions: Clinton Toua (2).

    Griffons 26 (17) – Tries: Eloff Scheepers, Andre Janse van Vuuren. Conversions: Shaun Reynolds (2). Penalties: Reynolds (4). Eastern Province Country Districts 20 (7) – Tries: Thomas Filmer, Robert Ball. Conversions: Jason Vers (2). Penalties: Vers (2). 

  • Coca-Cola Cravenweek volgende jaar na Middelburg

    DAAR is ‘n groot kans dat Griekwas slegs een span volgende jaar na die Cravenweek-toernooi vir hoërskole sal stuur.

    Die feit dat Griekwas en Griekwas-platteland nie so suksesvol soos gewoonlik is sedert die twee sedert 2008 as aparte spanne aan die Cravenweek deelneem nie, kan dalk ‘n agterdeur vir die Suid-Afrikaanse Skole-rugbyvereniging (SASRV) oopmaak om ‘n harde besluit oor Grens-platteland se deelname te neem. Indien Griekwas versoek om weer as een span aan die toernooi deel te neem sal Grens-platteland se dae op die toernooi getel wees.

    Die SASRV sal reeds ná die tweede dag van dié toernooi opnuut bekommerd wees oor die vertoning van Grens-platteland. Dié span was sedert 2004 se toernooi in Nelspruit nog net in drie van sy 28 wedstryde aan die wenkant. Sy laaste sege was in 2009 in Oos-Londen toe hy die SA LSOB-span (vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes) 17-5 geklop het. Die LSOB-span en die nasionale Akademie-span is as proefnemings daardie jaar by die toernooi betrek. Dit was albei spanne se laaste deelname aan dié toernooi.

    “Daar is nuwe planne rondom ontwikkeling in die toekoms wat deur SA Rugby beplan word. Hopelik sal Grens-platteland daarby baatvind,” het Thys Bezuidenhout, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skole-rugbyvereniging, gesê.

    Grens-platteland het in sy laaste 28 wedstryde 1155 punte afgestaan en 225 aangeteken vir ‘n gemiddelde nederlaag van 8-41.

    Die Suid-Afrikaanse Skole-rugbykeurders het vanjaar waarskynlik reeds ‘n meer deeglike taak gedoen om seker te maak dat hulle nie ‘n talentvolle speler vir die nasionale skolespan oor die hoof sien nie. Die keurders het vanjaar die Akademie-week bygewoon op soek na talent en boonop tydens die seisoen met mekaar gekommunikeer oor talentvolle spelers wat hulle by skolewedstryde sowel as op televisie-wedstryde gesien het.

    Dié Suid-Afrikaanse Skole-span sal vanjaar weer soos altyd na afloop van die hoofwedstryd van die Cravenweek-toernooi vir hoërskole bekend gemaak word.

    Daar sal Saterdag na afloop van die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole 28 spelers se name deur SA Rugby se vise-president James Stoffberg uitgelees word. Dié nasionale o.18-span sal in Augustus teen onderskeidelik teen sy eweknie van Engeland, Frankryk en Wallis te staan kom.

    Die wedstryd teen Engeland sal op 10 Augustus in Kaapstad gespeel word, waarna die span in George op 13 Augustus teen Frankryk sake sal uitspook. Die laaste wedstryd word op 17 Augustus teen Wallis in Wellington beslis.

    Intussen is daar ook bekend gemaak dat volgende jaar se toernooi deur HTS Middelburg in Middelburg aangebied gaan word. Die laerskole-toernooi word volgende jaar deur Durban gehuisves, terwyl die Grant Khomo-week (vir o.16-spanne) in Pretoria gehou word. Die Akademie-week se gasheer sal Wellington wees

  • Reynolds laat talentwerwers na tjekboeke gryp

    Reynolds laat talentwerwers na tjekboeke gryp

    Shaun ReynoldsPOLOKWANE. – . Geen van die talentwerwers hier het voor die Cravenweek- toernooi van die Griffons-losskakel Shaun Reynolds kennis geneem nie, maar hy het nou vir hom ‘n kontrak na die eerste twee wedstryde losgespeel.

    Die talentwerwers gebruik deesdae slegs die Cravenweek-toernooi vir hoerskole om vir oulaas bevestiging te kry dat hulle die regte kopies gemaak het en vir sigbaarheid vir spelers wat moontlik ook na hulle unie na skool wil verhuis. Reynolds het met sy spel in sy span se eerste wedstryd op die toernooi so beindruk dat feitlik al die talentwerwers op die toernooi sy handtekening wil bekom.

    Die Leeus het met hulle werwing eerstens daarop gefokus om plaaslike talent te behou. Van die unie se blinkste aanwinste vir volgende jaar is die losskakel Jameel Warnick (Blou Bulle), skrumskakel Johan Labuschagne, senter Sampie Hearn (albei Valke), senter Gerdus van der Walt en heelagter Abrie Reynolds (albei Leeus).

    Die Westelike Provinsie het sy Cravenweek-span se grootste sterre die senter Daniel du Plessis, agtsteman Rikus Bothma en flank Jaqcues Vermeulen se dienste vir die toekoms behou. Die SA Skole-slot JD Schickerling wat die toernooi weens ‘n besering misloop sal ook in die Kaap bly. Die Streeptruie se grootste aanwinste is sonder twyfel die Leeus se stut Frans van Wyk, die Bulle se SA Skole skrumskakel Justin Phillips en die Oostelike Provinsie se losskakel Ernst Stapelberg. Van Wyk is ook weens ‘n besering nie in Polokwane in aksie nie.

    Die Blou Bulle wat die afgelope paar jaar die meeste sterre opgeraap het die slot RG Snyman, haker Francois Steyn, slot Hyron Andrews, skrumskakel Ivan van Zyl en die stutte Xander and Johan van Wyk in Pretoria behou. Die vernaamste aanwinste is die SA Skole-vleuel Duhan van der Merwe, losskakel Dewald Human, senter Warrick Gelant (almal Suidwestelike Distrikte), senter Peet Schoeman (OP-platteland), vleuel Jixie Molapo (Limpopo) en senter Dimitrio Tieties (Griekwas).

    Die Vrystaat het vanjaar ‘n hele paar sterre opgeraap. Die voorste drie voorrymanne wat op die toernooi in aksie is die Vrystaat se Ox Nche, die Leeus se Gunther Janse van Vuuren en die Pumas se Conrad van Vuuren sal almal onder Os du Randt se wakende oog volgende jaar by die stutfabriek van Suid-Afrikaanse rugby hulle tande slyp.

    Ander aanwinste is die Valke se losskakel Ruan Potgieter, Griffons se heelagter Sechaba Matsoele, Pumas se flank Willandre Kotzenberg, SWD se vleuel Lorenzo Gordon, Vrystaat se Stephen Rautenbach, Blou Bulle se Nardus Erasmus en Vrystaat Akademie se Andre Swarts.

    Drie Vrystaters die flank Marius Louw en die twee voorrymanne Andrew du Plessis en Ruan Kramer sal na Durban verhuis. Die Sharks het die Du Preez-tweeling Daniel en Jean-Luc behou. Die Ligbloues se senter Jurie Linde het ook nog nie bevestig waar hy volgende jaar sy loopbaan sal voortsit nie.

    Die unie se onderskeie kopies: 

    Leeus: Jameel Warnick, George-Lee Erasmus, Arné van Rensburg, Richard Janse van Rensburg, Roelof Diedericks, Estiaan Enslin, Pieter Jansen, Morné Swart, Marco Holmes, Johan Labuschagné, Sampie Hearn, Xander Cronjé, Kobus Engelbrecht, Arnaut Malherbe, Clinton Theron, CJ Conradie, Dwayne Pienaar, Dylon Vlok, Gerdus van der Walt, Stefan le Roux, Abrie Reynolds, Erwin Harris, Godfrey Ramaboa, Jeandré Pitzer.

    Blou Bulle: Xander van Wyk, Johan van Wyk, Francois Steyn, RG Snyman, Hyron Andrews, Abongile Nontkwatane, Calvonn Allisson, Ivan van Zyl, José Shaw, Warrick Gelant, Stefaan Grundlingh, Remu Malan, Geor Malan, Dewald Human, Duhan van der Merwe, Jixie Molapo, Toko Maebane, Peet Schoeman, Kurt Webster, Simon Bolze, Vuyo Katide, Burger van Niekerk, Desmond Strauss, Jason Jenkins, Thys van Wyk, Phillip Orfer, Dimitrio Tieties. 

    Vrystaat: Ruan Potgieter, Sechaba Matsoele, Stephen Rautenbach, Ox Nche, Gunther Janse van Vuuren, Corné Vermaak, Conrad van Vuuren, WP Eloff, Reinach Venter, Casper Fourie, TJ Goddard, Lorenzo Gordon, Willandré Kotzenberg, Nardus Erasmus, André Swarts, Carel Durow.

    Westelike Provinsie: Daniël du Plessis, EW Viljoen, Rikus Bothma, Jacques Vermeulen, JD Schickerling, Johan Momsen, Jarryd Sage, Siya Alam, Charlton Jonas, Dewald Naudé, Frans van Wyk, Ernst Stapelberg, Justin Phillips, Brandon Thompson, Wian Jacobs, Daniël Koen.

     

     

  • Westelike Provinsie verneder Blou Bulle op derde dag van die Cravenweek

    POLOKWANE. – “Payback is lekker,” Dit is die woorde van Westelike Provinsie se afrigter Hein Kriek na afloop van sy span se oorwinning van 30-6 oor die Blou Bulle op die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoerskole hier. ‘n Ligblou-span is nog nooit so op die Cravenweek soos gister verneder nie.

    Die Streeptruie het die Blou Bulle sy grootste nederlaag nog ooit op ‘n Cravenweek-toernooi vir hoërskole met die sege toegedien. Wat die oorwinning soeter gemaak het is die feit dat die Blou Bulle die span van die Kaap verlede jaar 47-27 ‘n drag slae toegedien het.

    Die punteverskil is die grootste nog met die Ligbloues se nederlaag van 15-38 teen die Vrystaat in 2003 wat die vorige rekord was. Die span het in sy 149 wedstryde sedert die ontstaan van die toernooi in 1964 nog net sewe keer 30 of meer punte afgestaan.

    Die Blou Bulle is gister van hulle eie medisyne toegedien. Die Streeptruie het in die skrums die oorhand gehad en hulle stelskopper die vleuel Grant Hermanus het sy skopskoene aangehad. Die verloorspan se skrum was deurgans in tru-rat selfs toe die Streeptruie se kaptein en agtsteman Rikus Bothma vir tien minute in die koelkas was.

    Buiten Bothma het sy skrumskakel Herschel Jantjes ook tyd in die koelkas spandeer. Westelike Provinsie het vir ‘n hele ruk met slegs 13 manne gespeel. Die Bulle kon in hierdie tydperk nie daarin slaag om enige punte aan te teken nie.

    Die Pumas het hom onder die voorste spanne op die toernooi met sy sege van 40-18 oor KwaZulu-Natal gevestig. Die wenspan se flank, Daniel Maartens het met nog ‘n blink vertoning ‘n duidelike boodskap aan die nasionale skolekeurders gestuur.

    Grens het verras deur Boland 39-19 oortuigend ore aan te sit. Die wenspan se kantman, Jedwyn Harty het sy goeie vertoning in sy span se eerste wedstryd met nog ‘n uitmuntende een teen die Wynboere opgevolg. Hy is vir sy inklimspel beloon deur drie keer oor die doellyn te val.

    Griekwas se spelers het vir hulle self gespeel en die telbord het die gevolge daarvan weerspieel. Die Poubloues is deur Namibië 27-10 verslaan met laasgenoemde se losskakel Chris Arries wat weer met sy spel beindruk het.

    Die gasheer, die Limpopo Blou Bulle het sy rieme behoorlik teen Zimbabwe 5-43 styfgeloop.

    Vandag se bepalings:

    09:30: Luiperds t. Grens-platteland; 11:00: Valke t. Griekwas-platteland; 12:30: Griffons t. Oostelike Provinsie-platteland; 14:00: Oostelike Provinsie t. Suid-Westelike Distrikte; 15:30: Vrystaat t. Leeus.