SSPN Test Site

Blog

  • Player Profile – Cameron Hufke (Noord-Kaap)

    Player Profile – Cameron Hufke (Noord-Kaap)

    NuusG CameronHufkeDaar bestaan geen twyfel dat die Hoërskool Noord-Kaap se Cameron Hufke vanjaar weer spanne se verdedigers behoorlik op die rugbyveld gaan laat bontstaan nie. Hufke het verlede jaar met sy 18 drieë in 15 wedstryde vir die skool van Kimberley se eerste rugbyspan onder die voorste driedrukkers in die land getel. 

    Dit was veral verlede jaar met sy feesviering na een van sy vier drieë in sy span se kragmeting op die Wildeklawer-toernooi teen Menlopark wat Hufke die oog gevang het. Hy het na die drie ‘n indrukwekkende bollemakiesie gemaak.

    “Dit was nie iets wat ek vooraf beplan of geoefen het nie. Ek het dit net spontaan na die een drie gedoen. Dit is maar iets wat ek al van kleintyd af al kan doen,” het Hufke gesê. 

    Noord-Kaap woon vanjaar oor Paasnaweek die Kearsney College Paas-toernooi by. Hufke glo sy span se wedstryd teen EG Jansen van Boksburg op dié toernooi kan dalk sy hardste van die seisoen wees. Hy sien ook uit na sy skool se FNB Classic Clash teen Diamantveld wat in Augustus plaasvind. 

    Diamantveld het verlede jaar vir die eerste keer sedert 2007 daarin geslaag om vir Noord-Kaap op sy tuisveld Pirates in die jaarlikse interskolewedstryd te klop. Diamonds was ondanks ‘n drie deur Hufke met 16-10 baas. Hy hoop om vanjaar sy span te help om weer in dié wedstryd as oorwinnaars van die veld te stap. 

    Hufke se vermoë om af te rond het van hom een van die gevaarlikste vleuels in Suid-Afrikaanse skolerugby verlede jaar gemaak. Hy kon egter nie sy goeie vertoning vir sy skoolspan, die Hoërskool Noord-Kaap, vir Griekwas op die Coca-Cola Cravenweek in Stellenbosch voortsit nie. Hy het wel in die Poubloues se enigste nederlaag van die toernooi in sy tweede wedstryd teen die Valke (21-34) twee keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak. 

    Cameron Hufke se drieë vir 2015
    # Wedstryd Drieë Totaal
    1 t. Klerksdorp 1 1
    2 t. Lichtenburg 2 3
    3 t. Welkom Gimnasium 2 5
    4 t. Marlow Landbou 2 7
    5 t. Kearsney College 1 8
    6 t. Transvalia 2 10
    7 t. Outeniqua 10
    8 t. Tygerberg 10
    9 t. Landboudal 1 11
    11 t. Menlopark 4 15
    12 t. Glenwood 1 16
    13 t. Upington 16
    14 t. Duineveld 1 17
    15 t. Diamantveld 1 18

    Griekwas het in sy ander twee wedstryde die Luiperds (28-17) en OP-platteland (51-10) verslaan. Hy behoort vanjaar een van die Poubloues se sleutelspelers op die Cravenweek in Durban te wees. Die Cravenweek is laas in 1990 in Durban aangebied. “Ek was baie teleurgesteld dat ek nie een van die nasionale skolespanne kon haal nie, maar ek werk baie hard om die SA Skole-span vanjaar te haal,” het Hufke gesê.

    Verrassend was verlede jaar se Cravenweek in die Eikestad die haastige vleuel se eerste verteenwoordigende nasionale toernooi wat hy as speler bygewoon het. Hufke, oorspronklik van Ceres, het hom in die derde kwartaal van 2014 vanaf die Hoërskool Charlie Hofmeyr van sy tuisdorp na Noord-Kaap geskuif.

    Hufke het vanjaar hakskene op die jaarlikse Hartswater Top20-atletiekbyeenkoms vir sy teenstanders in die 100m en 200m naellope gewys. Hy het die 100 m (10.91) en 200 m (22.66) vir seuns o.19 in haastige tye gewen. Sy beste tyd sover in die 100m is ‘n blitsige 10.36 wat hy verlede jaar behaal het. 

    Hoërskool Noord-Kaap skop sy seisoen Saterdag in Klerksdorp teen Hoërskool Klerksdorp af. Northerns het met 33-5 in die kragmetings tussen die twee spanne verlede jaar koning gekraai. 

    [powr-comments id=”aab41834_1586164049800″]

  • Diamantveld – 2016

    Results 

    Diamantveld 10,  Jim Fouche 3
    Diamantveld 61,  Goudveld 5
    Diamantveld 40,  Sentraal 0
    Diamantveld 38,  Potchefstroom Gimnasium 12
    Diamantveld   3,  Oakdale Landbou 17
    Diamantveld 35,  Windhoek Gimnasium 27
    Diamantveld 22,  Duineveld 15
    Diamantveld 17,  Affies 64
    Diamantveld 17,  Boland Landbou 12
    Diamantveld 22,  HTS Middelburg 17
    Diamantveld 24,  Menlopark 3
    Diamantveld 52,  Upington HS 9
    Diamantveld 49,  Landboudal 0
    Diamantveld 36,  Fichardtpark 28
    Diamantveld 17,  Noord-Kaap 32

    Players: Charles Williams, Etdeon Greyvenstein, De-an Ackermann, Jacques Ackerman, Lambert Cronjé, Allan Joubert, 

    Coach: Jaco Dames.

  • School Rugby Statistics – 2016

    Top Point Scorers: 

     

    Top Try Scorers:

    3 – Bradley van Thura (HTS Drostdy)

    20 or more points in a match: 

    31 – Ginter Smuts EG Jansen vs. Rustenburg (3 tries, 8 con)
    27 –
    Marnus Uys Piet Potgieter vs. HTS Tom Naude (3 tries, 6 con)
    26 –
    Ginter Smuts EG Jansen vs. Marais Viljoen (Tuks Series, 66-17 – 2 tries, 8 con)
    26 – Riekert Barnard HTS Middelburg vs. Kemptonpark (2 tries, 8 con)
    22 – Riekert Barnard HTS Middelburg vs. Middelburg (8 con, 2 pen)
    21 – Morne Sonnekus Middelburg HS vs. Hugenote (Springs) (1 try, 5 con, 2 pen)
    21 – Ruan de Swardt Affies vs. King Edward VII (1 try, 8 con)
    20 – Austin Davids Garsfontein vs. Outeniqua (1 try, 3 con, 3 pen)

    3 or more tries in a match: 

    4 – Dwayne Fourie EG Jansen vs. Kemptonpark
    4 –
    Louritz van der Schyff Affies vs. Diamantveld
    3 – Boet Heyl HTS Middelburg vs. Nelspruit
    3 –
    Bradley van Turha HTS Drostdy vs. Champagnat (ARG) 
    3 – Dandre Prinsloo Monument vs. Viadana (ITA)
    3 – Dewald Maritz Nelspruit vs. Rustenburg
    3 – Ginter Smuts EG Jansen vs. Rustenburg
    3 – JC Pretorius HTS Middelburg vs. Middelburg (67-6)
    3 – JV Coertze Pietersburg vs. Florida 
    3 – Mark Snyman Helpmekaar vs. Pietersburg
    3 – Marnus Uys Piet Potgieter vs. HTS Tom Naude
    3 – Rickie Moulder Warmbad vs. Capricorn
    3 – Ruben Beytell EG Jansen vs. Kemptonpark
    3 – Ruben Beytell EG Jansen vs. Marais Viljoen (Tuks Series, 66-17)
    3 – Ruben Beytell EG Jansen vs. Marais Viljoen (59-10)
    3 – Ruben Beytell EG Jansen vs. Menlopark
    3 – Ryan Phiri Middelburg HS vs. Hugenote (Springs)
    3 – Timothy van Dieman Benoni High vs. AHS Sasolburg
    3 – Vincent Roos Ben Viljoen vs. Frikkie Meyer

     

     

     

  • HTS Drostdy – 2016

    Results 

    HTS Drostdy 17,  Champagnat (ARG) 10
    HTS Drostdy   0,  Paarl Gimnasium 52
    HTS Drostdy 12,  Marais Viljoen 14
    HTS Drostdy 36,  Transvalia 12
    HTS Drostdy 44,  Potchefstroom Volkskool 0
    HTS Drostdy 13,  Oakdale Landbou 26
    HTS Drostdy   8,  Outeniqua 17
    HTS Drostdy 36,  Hermanus 30
    HTS Drostdy 34,  Jim Fouche 18
    HTS Drostdy 26,  Helpmekaar 24
    HTS Drostdy 13,  Worcester Gimnasium 8

    Players: Bradley van Thuren, Lynthen Barties. 

    Coach: Renier de Villiers.

    HTS Drostdy vs. Champagnat (ARG) – 2016

  • HTS Drostdy vs. Champagnat (ARG) – 2016

    Scorers: 

    HTS Drostdy 17 – Tries: Bradley van Turha (3). Conversion: Lynthen Barties. Champagnat RFC (Argentina) 10

  • Bepalings vir die Pieter Swanepoel Sportdag van 2016

    Bepalings vir die Pieter Swanepoel Sportdag van 2016

    BrandfortDie Pieter Swanepoel Sportdag word vanjaar vir die 17de keer op Page-park deur die Hoërskool Staatspresident Swart op Brandfort aangebied. Die gasheer sal in die hoofwedstryd van die dag teen Wessel Maree van Odendaalrus te staan kom. Die sportdag is verlede jaar na die afsterwe van die geliefde skoolhoof, Pieter Swanepoel, vernoem.  

    Die vernaamste voorwedstryd tussen Louis Botha en Bloemfontein en Welkom Gimnasium beloof om die hoogtepunt van die dag te wees. Gimmies is die Griffon-kampioen en sal sy seisoen op ‘n hoë noot wil begin. 

    Die bepalings is: 

    Page-park

    09:40 – Hendrik Potgieter (Reddersburg) vs. Riebeeckstad
    10:50 – Sand du Plessis vs. Kalahari (Kuruman)
    12:00 – Ficksburg vs. President Steyn
    13:10 – Landboudal vs. Goudveld-Hoërskool 
    14:20 – Fichardtpark vs. Goudveld-Hoërskool
    15:30 – Louis Botha vs. Welkom-Gimnasium
    16:40 – Brandfort vs. Wessel Maree 

    B-veld 

    15:00 – Parys vs. Theunissen

  • Geen Louis Botha Rugbydag vir 2016 nie

    Geen Louis Botha Rugbydag vir 2016 nie

    2015-05-26   107 1424Die oudste skolerugbydag in die land, die een van Louis Botha in Bloemfontein, sal vanjaar weens ’n gebrek aan belangstelling nie plaasvind nie. Die skool beplan om volgende jaar weer die dag aan te bied.

    Dié rugbydag is in 1983 die eerste keer gehou toe Louis Botha nog as die HTS Bloemfontein bekend was. Dit was ook die laaste jaar waarin dié skool Grey-kollege geklop het. In 2014 is die dag weens swaar reënval afgestel en in 2001 was reën ook die oorsaak dat net die A-veld se wedstryde kon plaasvind.

    Die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort sal Saterdag op Pagepark sy 16de Pieter Swanepoel-sportdag aanbied. Die grootste sportdag in die land, Hoërskool Fichardtpark se Clover-sportdag, vind vanjaar op 5 Maart plaas.

    Die Goudveld-Hoërskool van Welkom en Diamantveld van Kimberley sal op 12 Maart ook sportdae aanbied. Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad het besluit om sy dag vanjaar te skrap en aan Goudveld se dag deel te neem. Die Rooiskool beplan wel om volgende jaar weer sy dag aan te bied.

    Welkom-Gimnasium en Diamantveld sal op 3 Maart op Loftus Versfeld aan die Blou Bulle se Prestige-hoërskolerugbyaand deelneem. Die Gimmies sal in die hoofwedstryd teen Waterkloof van Pretoria te staan kom.

    Die kragmeting tussen Monument van Krugersdorp (Monnas), die Leeus se voorste skolespan van 2015, en die voorste span uit Griekwaland-Wes, Diamantveld, sal die belangrikste voorwedstryd vir die hoofmaal van die dag wees. Monnas het verlede jaar in die halfeindstryd van die Beeldtrofee vir makroskole teen die eindelike kampioen, Garsfontein, vasgeval.

    Die dag sal dus op dieselfde grondslag as die jaarlikse Nuweland-rugbydag vir skole in die Wes-Kaap gespeel word. Die Nuweland-rugbydag vind vanjaar op 15 Maart plaas.

    Die Hoërskool Koffiefontein het Saterdag sy jaarlikse sewestoernooi aangebied met Goudveld wat as kampioen gekroon is. Die Gouties het Hartswater in die eindstryd oortuigend met 31-7 verslaan. Die span van Welkom was ’n welverdiende wenner nadat hy deurentyd die toon aangegee het.

    In die o.16-eindstryd het Da-niëlskuil Hartswater met 24-22 uitoorlê.

    In die plaatafdeling vir o.19-spanne het President Steyn van Bloemfontein Koffiefontein met 19-7 geklop.

    In die plaatafdeling vir o.16-spanne het Hendrik Potgieter van Reddersburg Jagersfontein met 29-7 verslaan.

  • Bok-breier deel sy kennis by Monnas se kursus

    Bok-breier deel sy kennis by Monnas se kursus

    Master CoachAs jy jou kennis van rugby-afrigting wil verbeter, is Monument se jaarlikse Mastercoach Vrydag en Saterdag beslis die regte geleentheid om jou kennis te verbreed.

    Die hoogtepunt van dié kursus sal waarskynlik die sessie Vrydag om 14:00 wees wat deur die Springbokke se voorspeler-afrigter, Johann van Graan, gelei word.

    Van Graan is tot dusver die enigste afrigter van Heyneke Meyer se afrigtingspan wie se kontrak deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) verleng is.

    Saru se Nico Serfontein en Warren Adams sal onderskeidelik sessies oor die unie se hoë-prestasie-program en kondisionering hou.

    ’n Voormalige Springbok-stut Attie Strauss sal vanjaar skrumwerk hanteer.

    Kobus Neethling en die legendariese Springbok-losskakel Naas Botha sal oor kreatiewe rugby gesels en nog ’n oud-Boklosskakel Braam van Straaten sal verdediging bespreek.

    Die kursus se fokus is op die praktiese toepassing van basiese beginsels, sowel as nuwe tendense in rugby.

    Dit sal ook ’n ideale geleentheid bied aan afrigters om hulself voor te brei en op te skerp vir die 2016-seisoen.

    Slegs ’n beperkte aantal afrigters kan die kursus bywoon. Die koste beloop R 1700 per persoon en sluit tee/koffie, alle etes, ’n gholfhemp en ’n DVD oor kursus in.

    Vir meer besonderhede kontak vir Hans Coetzee per e-pos by hans@monnas.co.za of by 083-459-0903.

     

  • SA Rugby makes changes to concussion protocols in age-group rugby

    SA Rugby has made significant changes to its concussion protocols in age-group rugby in an attempt to limit the potential risk of long-term effects sustained by players.

    The changes are designed to allow players a greater opportunity to participate safely in the game of rugby for longer, and to reap the health, physical, and social benefits of playing the game.

    The protocol changes involve distinguishing between only two age-group categories, players 18 years old or younger and those who are 19 years-old or older; having a stipulated stand-down period for players to rest; and mandatory visits to a medical doctor before taking to the field following a concussion diagnosis.

    “The changes to the concussion protocols have been aligned with World Rugby’s procedures, and we believe it will play a significant role in preventing any potential long-term effects sustained as a result of concussion,” said SA Rugby CEO Jurie Roux.

    “It is important that participating schools and clubs, and the players themselves, understand the significance of these protocols and ensure that every step is implemented correctly, as the players’ well-being is paramount and should always be placed first.

    “For these procedures to have the desired effects, however, the players, coaches, parents, teachers and school principals have to understand the benefits of the BokSmart programme and take the matter of concussion seriously.

    “It is essentially an invisible injury and it could have serious consequences if it is not treated correctly from the outset. However, if recognised and managed appropriately, no concussion injury should ever end up catastrophic in nature or with any long-term debilitating outcomes,” explained Roux.

    Under the new SA Rugby regulations, players 18 years old or younger who are diagnosed with concussion or who have concussion signs or symptoms, need to stand down from rugby for a minimum period of two weeks and have to be cleared by a medical doctor to enter the graduated Return-to-Play Protocol.

    The Return-to-Play Protocol is a supervised and progressive stepwise re-introduction to playing rugby, and is dependent on the player being symptom-free throughout this process. Once they have fully recovered and have passed the first three physical activity stages of the process, and only if they have been symptom-free throughout, they would have to be cleared again by a medical doctor to participate in contact training. Only once they come through this final phase symptom-free, can they be reintroduced to match-play.

    For players aged 19 and older, the same process applies, but with a stand-down period of a minimum of one week before the prescribed medical assessment and Return-to-Play Protocol.

    It has also been recommended that schools establish a concussion register to ensure that the players who have suffered concussions are monitored and managed properly, and are returned safely to learning and to the game.

    More information on Concussion and its management is available here: http://boksmart.sarugby.co.za/content/concussion

    Issued by SA Rugby Corporate Affairs

  • Fichardtpark se Clover-sportdag bepalings vir 2016

    Fichardtpark se Clover-sportdag bepalings vir 2016

    NuusG LionelMapoeDie Hoërskool Fichardtpark sal op sy jaarlikse sportdag in die hoofwedstryd van die dag teen Landboudal van Jacobsdal kragte meet. Fichies se Clover Sportdag is die grootste skolesportdag in Suid-Afrika. Nie minder as 32 skole se eerste rugbyspanne sal op 5 Maart in die Rosestad op die dag in aksie wees nie. 

    Dit sal vanjaar die 15de keer wees wat Fichardtpark die sportdag aanbied. Die eerste sportdag is in 2002 gehou. Fichies het verlede jaar met 24-elk gelykop in die hoofwedstryd teen Hentie Cilliers van Virginia gespeel. 

    In die vernaamste voorwedstryd vir die hoofgereg het Sentraal ‘n appeltjie met Marlow Landbou van net buite Cradock te skil. Die laaste keer wat die twee spanne mekaar in Bloemfontein ontmoet het was in 2008 op die Hoërskool President Steyn se sportdag op ‘n dag wat die Bloktruie liefs wil vergeet. 

    Marlow Landbou het op daardie dag met sy losskakel, Gouws Prinsloo, aan die spits vir Sentraal ‘n loesing van 94-14 toegedien. Prinsloo, wat deesdae heelagter vir Griekwas se seniorspan speel, het 37 van sy span se punte via ‘n driekuns aan drieë en 12 doelskoppe aangeteken.  

    Die twee spanne het mekaar ook verlede jaar op die Hoërskool Oudtshoorn se TopSkole-toernooi die stryd aangese. Hier was Marlow Landbou met 14-12 baas.

    Een van die hoogtepunte van die sportdag behoort die kragmeting teen die Griffon-kampioen, Welkom-Gimnasium, en die Hoërskool Noord-Kaap van Kimberley te wees. Gimmies se Richman Gora behoort sy span se oond skoon te maak na hy verlede jaar meestal op vleuel diens gedoen het. Hy was die groot doring in die Vrystaat se vlees vir die Perses op verlede jaar se Cravenweek in Stellenbosch. Noord-Kaap het in sy geledere een van die voorste driedrukkers op skolevlak verlede jaar in Suid-Afrika in die haastige vleuel Cameron Hufke. 

    Die bepalings is: 

    A-veld

    08:00 – Hentie Cilliers vs. Kalahari 
    09:10 – Diamantveld vs. Goudveld-Hoërskool
    10:20 – AHS Kroonstad vs. Hoerskool Upington
    11:30 – Welkom Gimnasium vs. Noord-Kaap
    12:40 – Louis Botha vs. Witteberg
    13:50 – Jim Fouche vs. Duineveld
    15:00 – Sentraal vs. Marlow Landbou
    16:10 – Dynamic Diesel Fichardtpark vs. Landboudal 

    B-veld 

    08:00 – Koffiefontein vs. De Aar II
    09:10 – Ficksburg vs. Hopetown
    10:20 – Hoërskool Middelburg (Oos-Kaap) vs. Hoopstad
    11:30 – Aliwal-Noord vs. Hendrik Potgieter (Reddersburg)
    12:40 – Burgersdorp vs. Hennenman
    13:50 – Hangklip vs. Zastron
    15:00 – President Steyn vs. De Aar
    16:10 – Sand du Plessis vs. HTS Welkom