Die kampioenskool van die Wesgrow-reeks, Bethlehem Voortrekker, sê vandag op sy tuisveld die naaswenner van die Virsekerbeker se Beker-kompetisie, Helpmekaar-kollege, in albei spanne se openingswedstryd van die seisoen die stryd aan. Die Trekkers het ‘n gedugte span, maar hul deugde sal behoorlik deur Helpies op die proef gestel moet word.
Al die wedstryde op die A-veld word regstreeks op TrekkerTV via die DigiTV.co.za platform uitgesaai. Die eerstespanne draf om 14:00 op.
Die twee spanne het mekaar ses jaar gelede laas gepak met Voortrekker wat op daardie dag baas was. Helpies beskik vanjaar weer oor ‘n span wat nie sonder handskoene aangepak kan word nie. Die span se linkervleuel, Christiaan Bezuidenhout, sal graag op sy vertonings van verlede jaar wil voortbou. Hy het verlede jaar die rekord vir die meeste drieë in ‘n seisoen vir die skool se eerstespan agter sy naam geskryf.
Bezuidenhout beskik oor hope vaart en weet net hoe om teenstanders se verdedigers te vermy.
Helpies se binnesenter, Frans Weideman, en die losskakel, Tiaan Botes, sal die planmakers agterlangs wees. Weideman sal deur die Trekkers se senterpaar, Duncan Amsterdam en Frans Postma, fyn dopgehou moet word. Amsterdam en Postma het verlede jaar reeds Voortrekker se middelveld beman.
Die twee spanne se losskakels, Cammi Roux (Voortrekker) en Botes, sal ook in ‘n hewige tweestryd gewikkel wees. Botes was verlede jaar reeds een van Helpies se staatmakers, terwyl Roux hom ook self al as sy span se generaal bewys het.
Die spanne is:
Voortrekker: 15 Jan du Toit, 14 Robin Fredericks, 13 Frans Postma,12 Duncan Amsterdam, 11 Peter Motloung, 10 Cammi Roux, 9 Eddie Jackson, 8 Beast Mofokeng, 7 Estian Louw, 6 JP Bertram, 5 Terches Linde, 4 Steyl Barnard 3 Warren Louw, 2 Daniel Maeder, 1 Kamshen Moss.
Helpmekaar: 15 Melbirt van der Spuy, 14 Emillo Bento, 13 Divan Esterhuizen, 12 Frans Weideman, 11 Christiaan Bezuidenhout, 10 Tiaan Botes, 9 Kuene Kirkham, 8 Zander du Toit, 7 Nicholas Jordaan, 6 Tyler Skudder, 5 Jean Slabbert, 4 Brink Marx, 3 Luke Underhay, 2 Ricardo van der Merwe, 1 Brandon Bouwer.
[powr-comments id=”a321cbc7_1551502384077″]



Die Hoërskool Fichardtpark sal in die hoofwedstryd van sy jaarlikse McDonalds Sportdag in Bloemfontein poog om die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad vir die tweede agtereenvolgende jaar met die kous oor die kop huis toe te stuur.
Die Hoërskool Brackenfell is besig om sy vere reg te skud vir die 27ste jaarlikse Brakkies Sportnaweek wat vanjaar op 8 en 9 Maart plaasvind. Die Brakkies se eerste rugbyspan sal teen die Kwaggas van die Hoërskool Outeniqua in die hoofwedstryd op 9 Maart te staan kom.
Die Oos-Vrystaatse rugbyspanne het laaste op die Hoërskool President Steyn se jaarlikse Sportdag in Bainsvlei net buite Bloemfontein gelag.
Die Hoërskool Hartbeespoort is oor die eerste hekkie van die NWU-Pukke Sportreeks. Harties was met 22-18 bo in die openingswedstryd van die reeks. 
Dit blyk of Pionier en Leeuwenhof weer vanjaar die pas in die NWU-Pukke 16-reeks sal aangee. 
The NWU-Pukke 16-series kicked off this weekend with Pionier and Leeuwenhof leading the charge. Pionier came out 37-19 victors over Piet Retief, while Leeuwenhof didn’t experience too much trouble in downing Bekker of Magaliesburg by 31-12.
Die Hoërskool Fichardtpark se eerste rugbyspan sal teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad in die hoofwedstryd van sy jaarlikse sportdag te staan kom.