SSPN Test Site

Blog

  • Schreuder ryg dalk vinnigste driekuns in jare teen Louis Botha in

    Schreuder ryg dalk vinnigste driekuns in jare teen Louis Botha in

    NewsG GreyCollegeChristopher Schreuder, losskakel van Grey-kollege, het Vrydag op Jim Fouché se hoofveld teen Louis Botha waarskynlik die vinnigste driekuns aan drieë in ‘n hele paar jaar in skolerugby behaal.

    Grey-kollege het Louis Botha met 61-7 kaf gedraf. Die eerste helfte van die wedstryd is na slegs 14 minute se spel gestop. Schreuder het sy span se eerste drie drieë in die wedstryd gedruk en ook al drie vervyf. Hy het sy driekuns in minder as tien minute vanaf die afskop behaal.

    Schreuder het die wedstryd met 36 punte afgesluit. Hy het vier drieë gedruk en agt van sy span se nege drieë verdoel. Wedstryde in die Vrystaatse liga word vir rustyd op 35-0 gestop, terwyl spel in die tweede helfte gestaak word wanneer die punteverskil 50 is.

    Schreuder se skakelmaat, Ross Braude, het die doellyn ook twee keer oorgesteek. Die tweede helfte van die wedstryd was na 19 minute se spel gestaak. Die kragmeting was dus in totaal 33 minute lank.

    Vir Louis Botha het sy flank Teboho Rampai en senter Rallston Dreyer moedig probeer walgooi.

    Grey-kollege se naasbestes, die Cherries, het Sentraal met 55-0 verneder. Die wenspan se vleuel Hanno Rossouw het ‘n driekuns aan drieë behaal. Die kragmeting was slegs 39 minute lank.

    Jim Fouché was in ‘n wedstryd wat nie vir lank onthou sal word met 27-17 teen Fichardtpark baas. Dit was asof JF nie wou wen nie en Fichies kon nie wen nie.

    In die Vrystaatse B-liga het die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg en Brandfort oortuigende seges oor onderskeidelik Zastron (55-7) en President Steyn (53-19) behaal.

    Brandfort se oorwinning oor die Steyners is waarskynlik die grootste sege nog oor sy “ou vyand” behaal het. Die span se Christiaan Botha het vier keer ‘n draai agter die doellyn gemaak.

    Sand du Plessis het ook nie veel probleme ondervind om Hoërskool Bloemfontein met 39-15 uit te oorlê nie.

    Puntemakers:

    Grey-kollege 61 (35) – Drieë: Christopher Schreuder (4), Ross Braude (2), Richard Kriel, David Kriel, Pienaar van Niekerk. Doelskoppe: Schreuder (8). Louis Botha 7 (0) – Drie: Rallston Dreyer. Doelskop: Jaden Seekoei.

    Cherries 55 (36) – Drieë: Hanno Rossouw (3), Dylan Schultz (2), Duncan de Beer, Rocco Steyn, Zander du Plessis, Henro van der Merwe. Doelskoppe: Du Plessis (5). Sentraal 0.

    Jim Fouché 27 (13) – Drieë: Flippie Jonck (2), Jeandré van der Westhuizen, Stefan Coetzer. Doelskoppe: Henco Venter (2). Strafdoel: Venter. Fichardtpark 17 (0) – Drieë: Charles Vorster, Jannes de Jager. Doelskoppe: Jevon Botes (20). Strafdoel: Botes

    Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter 55 – Drieë: Breyten Arends (2), Daniel Cilliers (2), Giovanni Vlitoor (2), JJ Burger, Giben Lombaard, Pierre Parsons. Doelskoppe: Parsons (4), Cilliers. Zastron 7.

    Brandfort 53 – Drieë: Christiaan Botha (4), DS de Wet (2), Frans Lessing, Neo Mbangi, Heinrich Maree. Doelskoppe: De Wet (4). President Steyn 19.

  • Secunda kampioen van die NWU-Pukke Sportreeks

    Secunda kampioen van die NWU-Pukke Sportreeks

    NewsGSecundakampAan die einde kan daar net een span staande bly. Die Hoërskool Secunda se eerste rugbyspan het Saterdag in die eindstryd van die NWU-Pukke Sportreeks alleen staande in die reeks gebly deur die Hoërskool Alberton met 23-15 te troef. Albei spanne was voor die eindstryd onoorwonne wat op Dr. Malan se hoofveld in Meyerton beslis is. 

    Secunda behou met die sege ook hul onoorwonne status tot dusver vanjaar. Hy was ook die Pumas se Grootskole naaswenners in 2016 asook die kampioene in 2015.

    Alberton het aan die begin van die wedstryd meeste van die balbesit asook gebiedsvoordeel geniet. Hy kon egter nie deur die hardnekkige verdediging van Secunda dring nie en is telkemale in hulle voetspore gestuit. Alberton het in die tyd baie min van hulle agterlyn gebruik gemaak en het met hulle voorspelers gespeel.

    Secunda se verdediging rondom die losgemale was egter rotsvas. Indien Alberton meer van hulle agterlyn gebruik gemaak het in die tyd sou dit dalk meer vrugte afgewerp het.

    Die eerste punte in die wedstryd het eers na omtrent 25 minute se spel gekom danksy ‘n strafdoel deur Secunda se heelagter, Tyrone Ferreira. Oomblikke daarna was die telling gelykop na ‘n strafdoel deur Alberton.

    Alberton het daarna weer verwoed aangeval en die keer van hulle agterlyn gebruik gemaak. Die heelagter het ‘n pragtige lyn gehardloop en ingesny waar hy groot vaart en spoed gewys het om die eerste drie van die wedstryd aan te teken. Doelskop was oor en skielik was Alberton met 10-3 voor.

    Kort voor rustyd was Secunda op die aanval en sy losskakel, Larnus Steyn, slaag met ‘n goeie skepskop. Mens het dalk op daai oomblik gevoel hy kon sy agterlyn gebruik het maar in die konteks van die wedstryd was dit egter ‘n baie baie belangrike skepkop en goeie besluit deur die losskakel wat vanjaar nou al verskeie skepskoppe oorgeklits het

    Dit het nou al meer as een maal ‘n verskil gemaak in wedstryde. Hy was weer eens baie goed in die wedstryd met sy besluitneming en veral sy verdediging. Steyn is beslis nie net daar vir sy skopskoen nie en plaas sy lyf elke keer op die spel met skitter verdediging. 

    Die spanpraatjie halftyd deur Secunda se afrigters, JJ Hennop en George Matfield, moes beslis die gewenste uitwerking gehad het of dalk was dit die koue lafenis van water op die warm dag want Secunda begin die tweede helfte met meer dringendheid. Secunda teken dan ook die eerste punte van die tweede helfte aan toe hulle binne senter Nathan Carstens oorval net regs van die regter paal vir hulle eerste drie. Doelskop deur Tyrone Ferreira was suksesvol gewees en telling toe 13-10 vir Secunda.

    Telling het hierna wipplank gery en baie spannende wedstryd tot gevolg gehad. Alberton gaan druk toe weer nadat Secunda besluit het om van hulle eie doel lyn af te hardloop met die bal en nie eerder te skop vir beter veld posisie nie. Doelskop is onsuksesvol. 15-13 vir Alberton. Secunda het meer bal besit en speel in regte gebiede. Strafskop vir Secunda. Tyrone Ferreira is weer suksesvol. 16-15 vir Secunda. 

    Met slegs 17 minute se spel oor voor die einde van die wedstryd kom daar een van die drieë waaroor mens kan liries raak. Dis een van daai drieë wat mens lief maak vir die spel rugby en wat ‘n oupa een dag vir sy klein kind van vertel as hulle daar op huis Herfsblaar se stoep sit en tee drink.

    Secunda kry die bal in sy eie kwart gebied – Brandon Potgieter, die flank ontvang die bal en hy wys verbysterende vaart en voorgevoel. Hy klop etlike verdedigers en hardloop baie vêr om een van die beste en mees aanskoulike individuele drieë te gaan druk. Alhoewel hy nou maar eers in Graad 11 is speel hy week na week skitter rugby en sy vaart en visie op die veld is ongelooflik.Die doelskop deur Tyrone Ferreira is weer suksesvol en skielik is Secunda met 23-15 voor en Alberton sal moet twee keer punte aanteken om te wen.

    Alles word gegee maar Secunda se verdediging hou. Secunda se voorspelers het beheer geneem in tweede helfte en die name van die haker, Cobus Prinsloo, en veral die agtsteman, Evan Wessels, moet beslis genoem word in die verband.

    Wessels is dan ook as die Man van die Wedstryd vir sy uitmuntende spel aangewys. Albei het die X-faktor en speel week na week briljant. Secunda het al die druk in die eerste helfte geabsorbeer met skitter verdediging en in tweede helfte beheer geneem. Mens het gevoel gekry dat Secunda dalk net die meer fikser span was op die warm dag.

    Hans Moore se o.16-span is as kampioen van sy afdeling gekroon na hy Secunda met 21-17 in die eindstryd geklop het. 

    Puntemakers: 

    Secunda 23 (3) – Drieë: Nathan Carstens, Brandon Potgieter. Doelskoppe: Tyrone Ferreira (2). Strafdoele: Ferreira. Skepdoel: Larnus Steyn. Hoërskool Alberton 15

    Hans Moore 10 – Drieë: Ruan Beck, Theuns du Toit. Hoogenhout 33

    Ander spanne: 

    Eerstespanne: Hartbeespoort 26, Benoni High 7; President 17, Elspark 12; Bastion 44, Riebeeckrand 19; Standerton 42, Brits 10; Linden 15, Dr. Malan 9.

    o.16: Hans Moore 21, Secunda 17 (eindstryd); Bastion 19, Alberton 12; President 15, Elspark 5; Linden 39, Riebeeckrand 5; Dr. Malan 12, Standerton 7; Brits 14, Hoogenhout 12; 

    o.15: Hans Moore 24, Secunda 19; Brits 42, Hoogenhout 5; Alberton 20, Bastion 12; Linden 17, Dr. Malan 10; Riebeeckrand 28, Standerton 12; President 21, Benoni High 10; Birchleigh 22, Elspark 19.

    o.14: Standerton 14, Hans Moore 10; Bastion 31, Riebeeckrand 0; President 5, Elspark 5; Hartsbeespoort 22, Birchleigh 14; Brits 10, Dr. Malan 7; Secunda 26, Hoogenhout 5; Alberton 19, Linden 5. 

  • School of Rugby Rankings – 24 April 2017

    School of Rugby Rankings – 24 April 2017

    31392 VS SCHOOL OF RUGBY HEADER v1

    Paarl Gimnasium held on to the number one position on School of Rugby’s Rankings brought to you by Virseker. Gimmies defeated Paul Roos Gimnasium narrowly by 20-19 three minutes after the hooter in their annual Premier Interschools clash on the weekend. This ended Paul Roos’ unbeaten status. 

    The top four sides on our rankings Paarl Gimnasium, Grey College, Glenwood and SACS is still unbeaten. King Edward VII at position no. 8 also boast an unbeaten record after beating Waterkloof 28-25 on Saturday. This weekend is Wildeklawer in Kimberley and there will be no place to hide during the tournament. We believe that after this weekend there will be less unbeaten sides left in the country and our rankings will be a much truer reflection on the school rugby season thus far. 

    While Wildeklawer will see almost all of the top school teams from around the country in action – there is also the Grey High Festival in Port Elizabeth, Wynberg Boys’ High Festival as well as the Karoo Festival in Oudtshoorn. 

    We still haven’t taken our top team of 2016, Paarl Boys’ High in consideration as they have only played two matches thus far against teams we take into consideration for our rankings. They have beaten Affies (14-10) and Outeniqua (47-16) thus far and will have a full rating after Wildeklawer. 

    If they finish Wildeklawer unbeaten they will be a strong contender for the top spot. Boishaai will play Selborne College and Glenwood in Kimberley. Grey College will also make a strong case if they stay unbeaten as they have Boland Landbou and Paarl Gimnasium waiting on them in the City of Diamonds. Paarl Gim’s other match at Wildeklawer is against Waterkloof.

    Please note that we don’t take matches against international opposition into consideration in our rankings. These games will however still be recorded and shown in our results. This rankings is not an official ranking as there is no official ranking on schoolboy level and this is only to get the discussion on school rugby on South Africa flowing. We however take our responsibilty on reporting school rugby very seriously.

    To see each team’s results so far this season click on their name in the rankings. If you see any results missing please don’t hesitate to contact Hannes Nienaber via e-mail on hannes@schooolofrugby.co.za – and please feel free to discuss and differ from us in the comments section.

    The Rankings: 

    # Team Played Won Drawn Lost Points F Points A Ave Score
    1 Paarl Gimnasium 5 5 0 0 171 98 34-20
    2 Grey College 5 5 0 0 321 35 64-7
    3 Glenwood 5 5 0 0 142 66 28-13
    4 SACS 5 5 0 0 154 63 31-13
    5 Monument 7 6 0 1 258 109 37-16
    6 Paul Roos Gimnasium 6 5 0 1 237 87 40-15
    7 Affies 6 4 0 2 164 108 27-18
    8 King Edward VII 6 6 0 0 200 86 33-14
    9 Grey High School 4 3 1 0 115 55 29-14
    10 Oakdale Landbou 4 3 0 1 163 49 41-12
    11 Selborne College 6 5 0 1 178 61 30-10
    12 Waterkloof 9 7 0 2 339 250 38-28
    13 Menlopark 7 5 0 2 226 219 32-31
    14 Rondebosch Boys’ High 4 3 0 1 127 41 32-10
    15 Voortrekker (Bethlehem) 5 5 0 0 214 60 43-12
    16 Diocesan College 4 4 0 0 108 72 27-18
    17 HTS Drostdy 7 4 1 2 229 162 33-23
    18 Welkom Gimnasium 8 6 0 2 221 134 28-17
    19 Kearsney College 10 9 0 1 277 145 28-15
    20 Garsfontein 6 3 0 3 182 208 30-35
    21 Helpmekaar 6 3 0 3 186 98 31-16
    22 Framesby 5 3 0 2 71 87 14-17
    23 Eldoraigne 8 5 0 3 196 162 25-20
    24 Witteberg 5 4 0 1 232 90 46-18
    25 Noord-Kaap 7 4 0 3 248 121 35-17
    26 Nelspruit 7 4 0 3 178 211 25-30
    27 Transvalia 8 5 1 2 259 171 32-21
    28 Diamantveld 6 3 1 2 136 129 22-20
    29 EG Jansen 9 4 0 5 270 279 30-31
    30 Ben Vorster 6 4 0 2 173 108 29-18

    Notes on games that is not reflected in rankings:

    1. Boland Landbou also recorded a 77-5 victory over Windhoek High which are not counted towards our rankings.
    2. Oakdale Landbou played two matches against San Isidro of Argentina (17-15) and France u17 (22-31) which don’t count for our rankings. 
    3. The top schoolrugby team in South Africa the last two years, Paarl Boys’ High played four matches on tour in New Zealand against Sacred Heart (24-8), Gisborne Boys’ High (73-3), Nelson College (87-12) and Christchurch Boys’ High (36-38) that will not reflect on the rankings. They also played against Eye of the Tiger (57-0) and NSW Combined Schools which will not be taken into consideration.
    4. Diamantveld also played against Windhoek Gimnasium (17-43) during the Oakdale Rugby Week.
    5. Voortrekker of Bethlehem also played againts Windhoek Gimnasium (0-23).
  • Hosts Grey High prepare for fresh challenge

    Hosts Grey High prepare for fresh challenge

    NewsG GreyPEFresh from a successful St Stithians Easter tournament, Grey High are preparing themselves for a new challenge when the Standard Bank Grey Rugby Festival takes place in Port Elizabeth on Thursday and Saturday (April 27 and 29).

    Despite putting together three wins in the festival in Johannesburg, director of rugby Allan Miles says they know they need to switch their focus to the offensive they can expect from Jeppe and Parktown in their own tournament.

    As the hosts of the two-day event, Grey will have a mark on their backs and their Johannesburg opponents would love to take an opportunity to prove a point this week.

    Miles is preparing his squad for a full onslaught.

    “They are two traditional rugby schools with a lot of pride,” he said. “They will really come at us and they will leave everything out on the field.

    “We know that Jeppe have a strong group of grade 11s and they are capable of playing a fast and expansive game at the moment. If their approach to our game is the same it should prove to be an entertaining encounter.”

    Grey will open their programme with the feature match against Jeppe on Thursday and then round off their schedule against Parktown in Saturday’s final fixture.

    In the corresponding match last year they registered a solid 27-8 win over the Johannesburg team, but know that nothing can be taken for granted.

    “Parktown are a physical and committed side,” said Miles. “We may have had the better of them in our last few encounters, but we know they will be out to prove a point. We could not have asked for a better fixture for the Saturday.”

    Grey started their season with an 11-11 draw against the combative Marlow side in the Graeme Rugby Day last month, but Miles said the squad had shown much improvement since then.

    “We have been able to settle on some important combinations and this has allowed some of our new structures to come through,” he said.

    “The coaching team made up of Byron Schmidt (assistant coach – forwards), Jarryd Buys (backline coach), Francois Holder (biokineticist) and master in charge Fenner Barnard need to be commended for all of their efforts ensuring that the team was well prepared for the St Stithians Festival.

    “A testimony to the good work that Francois does with the boys is that we are relatively injury-free from that tournament. This has put us in a good position for the Grey festival.”

    Miles added they had used the rolling substitution to good effect at St Stithians, giving the whole squad plenty of exposure during the week.

    “Every player in the squad of 23 was involved in a minimum of 20 minutes per match,” he said. “We referred to the squad as starters and finishers.

    “Just before halftime we were able to put our full bench on. We could then rest our starters who would start the second half before being substituted again. The players bought into this idea which was very positive.”

    Despite their wins over Westville, Maritzburg College and Durban High School, Miles said they would be constantly looking for improvement.

    “I don’t think a team can ever be happy with where they are. There are still areas where we can make an improvement and these are being addressed continually.”

  • Drieë ingeryg op halfeindronde-dag van Tuks-reeks

    Drieë ingeryg op halfeindronde-dag van Tuks-reeks

    NewsG MarcelMombersMenlopark het Saterdag op sy tuisveld in die Tuks-reeks vir HTS Middelburg met 46-37 verslaan. Die tuisspan het ‘n voorsprong van 43-18 opgebou voordat die Rooi Bulle met ‘n reuse terugvegpoging vorendag gekom het.

    Die terugvegpoging was so goed dat Menlopark se skrumskakel, Bernard van der Linde, ‘n strafdoel laat in die wedstryd moes oorklits om seker te maak dat dit meer as twee verdoelde drieë sou verg om die sege van sy span weg te neem. Gepraat van Van der Linde, hy het sy skopstewels ingepak.
    Wat die Rooi Bulle se terugvegpoging nog meer merkwaardig maak is die feit dat hulle dit met slegs 14 spelers op die veld gedoen het. Die plaasvervanger Tjaart Kruger is met die telling op 26-18 in met ‘n rooikaart van die veld gejaag.

    Vir Menlopark het sy slot Justin Sadie, stut Barry Viljoen en agtsteman Divan Venter voorlangs goeie spel gelewer. Buiten Van der Linde het die senterpaar, Dylan Nysschen en Enrique Grobler ook goed vertoon.

    Eldoraigne het Kempton Park met 41-23 die loef afgesteek na hy teen rustyd reeds ‘n gerieflike voorsprong van 31-18 opgebou het. Kempies se breiers, Oupa van der Merwe en Kwagga Loubser, sal nie gelukkig oor die nederlaag wees nie, maar sal wel tevrede wees met die feit dat hul span nooit gaan lê het nie.

    Eldos se buitesenter, Riaan Burger, was ondanks die geelkaart wat hy ontvang het na hy ‘n speler in die lug gespeel het een van sy span se groot staatmakers in die kragmeting. Hy het met sy aggresiewe lakwerk ‘n hele paar van Kempies se spelers hard met moeder aarde laat kennis maak. Saam met sy sentermaat, Ruan Kotze, het hulle ook deurgans vra aan Kempies se verdediging gevra. Die vleuel Reynard van Biljon kan ook tevrede met sy vertoning voel.

    Eldoraigne het oor die afgelope paar jaar gehalte vaskopstutte opgelewer. Charl Bester het Saterdag gewys dat hy graag vanjaar sy naam by die van Sarel-Marco Smit en Mornay Smith wil voeg wat die afgelope paar jaar die nasionale skolespanne verteenwoordig het. Bester sal egter sy werk uitgeknip hê om die Blou Bulle se Cravenweek-span te haal.

    Kempies het in die skrums en lynstane gesukkel, maar in die vastelos het sy kaptein en flank, Leander du Plessis, agtsteman Xander Terblanche en die plaasvervanger-flank, John Anderson, vir Eldoraigne behoorlik besig gehou.

    Die Hoërskool Rustenburg het Hoërskool Pietersburg met 56-12 gekarnuffel. Die Rusties het teen die omdraaislag met 21-12 voorgeloop. Die span se haker, Gustav van Staden, het ‘n indrukwekkende vertoning opgedis.

    Van Staden het in die los gewoel en ook sy basiese take goed verrig. Die span se kaptein en agtsteman, André Fouché, sou ook ‘n sterk aanspraakmaker op die titel as Speler van die Wedstryd wees. Sy werksverrigting was ongelooflik en hy het heelwat meters met die bal onder die arm vasgeknyp vir sy span gewen.

    Agterlangs was die skrumskakel, Llewellyn Lubbe, uitmuntend. Lubbe het later na vleuel geskuif en sy plaasvervanger agter die oond, Estiaan Heynecke, het die Pieties met sy vinnige voetwerk behoorlik om die losgemale laat bontstaan. Hy het ook gewys dat hy oor ‘n akkurate skopskoen beskik.

    Rustenburg se flank Arno Strydom het ook die veld vol gespeel. Dan kan die naam van die heelagter, Nathan Fourie, nie uitgelaat word nie. Hy het elke keer wanneer hy ‘n teenaanval geloots het ‘n hele paar verdedigers na lug laat gryp.

    Transvalia van Vanderbijlpark het net oor te veel skietgoed vir Florida Saterdag op Menlopark in die Tuks-reeks beskik. Of dalk het die goeie vertoning deur Florida teen Affies tydens die St John’s College Paastoernooi net te veel uit die span van Roodepoort geneenm.

    Transvalia het oortuigend met 50-3 geseëvier. Florida se aanslag in die wedstryd is nie gehelp deur die feit dat sy vaskopstut, Juandré van der Merwe, ‘n rooikaart na ‘n vuishou in die eerste helfte ontvang het nie.

    Florida moes boonop vir tien minute in die tweede helfte met slegs 13 spelers klaarkom na sy flank Brink Bosman koelkas toe gestuur is. Transvalia se vaskopstot, Morné Stander, is ook na ongeoorloofde spel in die eerste helfte met ‘n geelkaart van die veld gestuur.

    Die wenspan se kaptein en slot, Elrich Louw, en sy slotmaat, Jacques Myburgh, het goeie wedstryde beleef. Myburgh is vir sy goeie spel met twee drieë beloon. Agterlangs het die losskakel, JP Pieterse, en vleuel, Mpho Ntsane, goed vertoon. Ntsane het wel twee geleenthede om te gaan druk verbrou, maar het ook twee keer wanneer Pieterse afgeskop het die bal voor Florida weggeraap.

    Transvalia kon veel verder gewen het indien die span nie soveel hanteerfoute began het nie. Die plaasvervanger-losskakel, Zian de Jager, het ook met sy spel beïndruk toe hy sy verskyning op die veld gemaak het. Hy het ook ‘n baie mooi drie gedruk. Vir Florida was sy heelagter, Tino Swanepoel, gevaarlik op die aanval.

    Monument van Krugersdorp is die enigste skool wat met ‘n span in elk van die vier A-liga eindstryde van die Tuks-reeks kan spog.

    Puntemakers:

    EG Jansen 69 (47) – Drieë: Dylan Schwartz (2), Ruben Beytell (2), Hugo Claassen (2), Carson Koekemoer, Dwayne Fourie, Ruan Kruger, Sheldon Rivabello. Doelskoppe: Schwartz (8). Strafdoel: Schwartz. Hoërskool Nelspruit 26 (14) – Drieë: Albie de Neysschen, Chris van der Merwe, Riehandré van der Merwe, Brandon Potgieter. Doelskoppe: Stephan van der Bank (3).

    Monument 45 (24) – Drieë: Morné Brandon, Stephan le Roux, Larko Lindes, PJ Jacobs, Luke Rossouw, Tristan Dullisear. Doelskoppe: Jonathan Viljoen (5). Strafdoel: Viljoen. Garsfontein 21 (21) – Drieë: Ruben Roodt, Wesley Thompson, Keanu Prinsloo. Doelskoppe: Barry Schoombee (3).

    Menlopark 46 (24) – Drieë: Dirk Thuynsma (2), Dylan Nysschen (2), Barry Viljoen, Arrie du Plessis. Doelskoppe: Bernard van der Linde (5). Strafdoele: Van der Linde (2). HTS Middelburg 37 (13) – Drieë: Brandon Pienaar, Ruvaan Muller, Bernard Janse van Rensburg, Dolf Rossouw, Armand Bester, Frans Mans. Doelskoppe: Morné Sonnekus (2). Strafdoel: Sonnekus.

    Eldoraigne 41 (31) – Drieë: Reynard van Biljon (2), Ruan Kotze, Shayne Bolton, Franco van Wyk, Reynard Heymans, De Wet Pretorius. Doelskoppe: Riaan Burger (3). Kempton Park 23 (18) – Drieë: Hilton Gie, Leander du Plessis, Werner Schoeman. Doelskop: Mikhail Blake. Strafdoele: Blake (2).

    Hoërskool Rustenburg 56 (21) – Drieë: Douw Scheepers, Gustav van Staden, Llewellyn Lubbe, Gideon Roodt, Estiaan Heynecke, Arno Strydom. Doelskoppe: Dwayne van Niekerk (3), Heynecke (5). Hoërskool Pietersburg 12 (12) – Drieë: Martin Austen, Kailan Ferreira. Doelskop: Austen.

    Transvalia 50 (15) – Drieë: Jacques Myburgh (2), Elrich Louw, Reinard Marx, Ian Herbst, Keanu Bosch, Zian de Jager. Doelskoppe: JP Pieterse (6). Strafdoel: Pieterse. Florida 3 (3) – Strafdoel: Tino Swanepoel.

    Ander uitslae:

    o.16: Monument 17, Transvalia 12; Menlopark 29, Klerksdorp 12; Garsfontein 36, Pietersburg 25; EG Jansen 41, HTS Middelburg 7; Rustenburg 26, Eldoraigne 7; Kempton Park 22, Florida 12.

    o.15: Monument 19, EG Jansen 12; Transvalia 27, Eldoraigne 5; Menlopark 61, Nelspruit 5; Rustenburg 26, Florida 5; Garsfontein 20, HTS Middelburg 15; Kempton Park 15, Klerksdorp 10.

    o.14: Monument 27, Rustenburg 7; Menlopark 71, Pietersburg 7; Transvalia 7, Nelspruit 3; EG Jansen 17, Florida 0; Garsfontein 38, Klerksdorp 17; HTS Middelburg 13, Kempton Park 7.

  • Pionier en Bekker deel louere in NWU-Pukke 16-reeks

    Pionier en Bekker deel louere in NWU-Pukke 16-reeks

    NewsG PionierkampDaar is vanjaar nie net ‘n nuwe kampioen in die NWU-Pukke 16-reeks gekroon nie, daar is twee nuwe kampioene gekroon na Bekker van Magaliesburg en Pionier van Vryheid met 17-elk gelykop in die eindstryd gespeel het.

    Pionier se losskakel, Christiaan Zietsman, het na die sirene reeds geloei het ‘n strafdoel oorgeklits om sake gelyk te trek. Hy is ook na afloop van die wedstryd op die Fanie du Toit-veld in Potchefstroom as die Speler van die Wedstryd aangewys. Bekker se slot FC Claassen het die toekenning met Zietsman gedeel.

    Pionier het die wedstryd goed begin en twee verdoelde drieë deur die die slot Divan Bezuidenhout en vleuel Eric Louw het aan die span ‘n voorsprong van 14-0 gegee. Bekker het nie gaan lê nie en ongeveer 15 minute voor die eindfluitjie die eerste keer sy rekening geopen. Slegs twee minute voor die eindfluitjie het Bekker vir die eerste keer met 17-14 die voortou geneem.

    Die span van Magaliesburg se losskakel, Ernst Louw, het self ‘n skitterende vertoning gelewer. Louw het met sy skerp breekslae twee keer die doellyn oorgesteek. Hy het ook in die tweede helfte goed takties geskop en Pionier in sy eie halfgebied vasgedruk.

    Bekker se kantman Brennie Grobler was ‘n yster op verdediging en het ‘n paar manne hard met moeder aarde laat kennis maak. Hy het ook ‘n hele paar keer omgekeerde besit by die afbreekpunte bewerkstellig.NewsG Bekker

    Bekker het ook ‘n stutfaktor gehad met sy drie voorrymanne André van der Merwe, Arno van Staden en Bernard Erasmus wat ook goeie spel gelewer het.
    Pionier se Bezuidenhout het in die vastelos ingeklim en is moeilik grond toe gebring wanneer hy in besit gestel is.

    Verlede jaar se kampioen, die Hoërskool Vryburg, moes met die derde plek tevrede wees na hy vir Pretoria-Noord met 28-7 verslaan het.

    Pionier het in die o.16-afdeling koning gekraai deur Overvaal van Vereeniging met 31-24 in die eindstryd te verslaan.

    In die o.15-eindstryd het Piet Retief met die louere weggestap na hy vir Leeuwenhoff met 43-5 in die eindstryd kaf gedraf het.

    In die o.14-afdeling het Leeuwenhoff die septer geswaai. Die span het Stoffberg van Brakpan in die eindstryd met 45-24 afgestof.

    Puntemakers:

    Pionier 17 – Drieë: Divan Bezuidenhout, Eric Louw. Doelskoppe: Christiaan Zietsman (2). Strafdoel: Zietsman. Bekker 17 – Drieë: Ernst Louw (2), Bernard Erasmus. Doelskop: Louw.

    Vryburg 28 – Drieë: MC Janse van Rensburg (2), Shaun Muller, RA Pretorius. Doelskoppe: Leonard Grobbelaar (4). Pretoria-Noord 7.

    Wolmaransstad 19 – Drieë: Johnre van Wyk, Pieter Visser, Joshua Appelgryn. Doelskoppe: TC Pretorius. Ferrum 48

    Piet Retief 52 – Drieë: Bongumenzi Dlamini (3), Lindelani Makhanya, Samkelo Ndlovu, Sphe Mthethwa, Mthobisi Johnson, Nkosinathi Mthethwa. Doelskoppe: Alwande Sangweni (6). Leeuwenhoff 13.

    Volksrust 15 – Drieë: Hennis Hattingh, Michael Vos. Doelskop: Tiaan Els. Strafdoel: Els. Leeuwenhoff 13

    Ander uitslae:

    Eerstespanne: Fochville 22, Stoffberg 19; Ferrum 48, Wolmaransstad 19; Piet Retief 52, Overvaal 12; Volksrust 15, Leeuwenhoff 13; Delmas 24, Schoonspruit 19; Alberton High 24, Oosterland 22.

    o.16: Pionier 31, Overvaal 24; Pretoria-Noord 65, Wolmaransstad 38; Piet Retief 20, Leeuwenhoff 14; Ferrum 26, Schoonspruit 17; Fochville 38, Oosterland 19; Stoffberg 22, Bekker 10; Vryburg 26, Volksrust 24; Alberton High 38, Delmas 15.

    o.15: Piet Retief 43, Leeuwenhoff 5; Pretoria-Noord 12, Fochville 5; Volksrust 27, Vryburg 13; Oosterland 19, Bekker 10; Wolmaransstad 31, Pionier 10; Alberton High 31, Stoffberg 19; Delmas 24, Overvaal 22; Ferrum 41, Schoonspruit 12.

    o.14: Leeuwenhoff 45, Stoffberg 24; Piet Retief 15, Fochville 10; Ferrum 17, Vryburg 14; Oosterland 15, Bekker 10; Alberton High 24, Delmas 15; Volksrust 24, Schoonspruit 5; Pretoria-Noord 20, Wolmaransstad 12; Pionier 31, Overvaal 5.

  • Trekkers en Welkom Gimmies skop Griffon-liga met klinkende seges af

    Trekkers en Welkom Gimmies skop Griffon-liga met klinkende seges af

    NewsG DJHattinghDie eerste rugbyspan van die Hoërskool Witteberg het sy spiere behoorlik in die tweede helfte van sy eerste ligawedstryd in vanjaar se Griffon-liga teen Hentie Cilliers van Virginia gebult.

    Witteberg het die wedstryd met 38-22 na hy teen rustyd met 12-17 agter geloop het. Die wenspan se buitesenter, Quinten Mostert, het uitmuntend vertoon en was sonder twyfel sy span se beste speler op die veld.

    Hy is goed agterlangs deur die skrumskakel, Erhard Bubb, bygestaan. Voorlangs kan die agtsteman, Louis Oosthuizen, flank ST Meiring en haker, Arno du Plessis, meer as hulk ant gebring.

    Witteberg het skitterend spel in die tweede helfte opgedis. Die span het sy vertoning se tempo gelig. Hy het ook heelwat geleenthede in die eerste helfte om te gaan druk verbrou. Die flank Theuns Filmalter verdien ook lof vir die spel wat hy in die tweede helfte gelewer het.

    Vir Hentie Cilliers het sy flank en kaptein, Jaco Vermeulen, asook die agtsteman, Jon-David Duthie, voorlangs uitgeblink. In die agterhoede verdien die losskakel, Dealin Jafta, en vleuel Heinke Meyer ‘n klop op die skouer. Meyer het twee van sy span se vier drieë afgerond.

    Die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad het op sy tuisveld teen Goudveld-Hoërskool gewys dat hy nie sommer afgeskryf kan word nie. Rooiskool het die kragmeting met 49-21 gewen.

    Die span het verlede jaar vir die eerste keer sedert 1992 teen Gouties vasgeval, maar het Saterdag die bordjies behoorlik verhang. Die Rooies se kaptein en flank, DJ Hattingh, het twee keer aggter die doellyn gaan kuier.
    In die agterhoede het die heelagter, Brendan van der Walt, en die binnesenter, Martin Heyns, uitstekend vertoon. Die haker, Valie Wiggens, was soos gewoontlik woelig, terwyl die agtsteman, Marius Liebenberg, ook die veld vol gespeel het.

    Rooiskool is tydens die skoolvakansie as kampioen van die Nashua-rugbyweek in Vryheid gekroon na hy Kingsway High met 44-8 verslaan het. Die span van Kroonstad het Maritzburg College XV-tal (24-18) en Affies van Pretoria (18-16) in sy ander twee wedstryde tydens die toernooi verslaan.

    Goudveld sal nie tevrede met hul vertoning teen Rooiskool wees nie. Daar kan dus verwag word dat die span veel sterker sal terugkom.

    Voortrekker van Bethlehem en Welkom-Gimnasium het albei weghol-seges in hulle onderskeie wedstryde teen HTS Welkom en HTS Sasolburg.

    Die Trekkers het die Tekkies van Welkom met 69-3 kaf gedraf. Die span van Bethlehem het teen die omdraaislag reeds ‘n stewige voorsprong van 33-3 opgebou.

    Die span buitesenter, Pieter van Zyl, het ‘n skitterende wedstryd beleef en ‘n driekuns aan drieë behaal. Die sterk voorryman Francois Klopper het gewys hoekom hy so hoog aangeslaan word. Klopper het reeds aanbiedinge van die Sharks asook die Bulle ontvang. Die slot Regard Smalberger en flank Stefan van Rooyen het ook goeie wedstryde beleef.

    Agterlangs het die binnsenter, Luan Kruger, ‘n hele paar manne in hul spore op verdediging gestuit, terwyl die vleuel Marcel Engelbrecht twee mooi drieë afgerond het.

    Die verdedigende kampioen, Welkom-Gimnasium, het geen genade vir die Spanners betoon nie en met die telbord op 72-5 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span se haker, Dillon Minnaar, en vleuel Francois Maree het albei drie keer agter HTS Sasolburg se doellyn gaan kuier. Gimmies het 14 drieë in die sege ingeryg.

    Puntemakers:

    Witteberg 38 (12) – Drieë: Quinten Mostert, Louis Oosthuizen, Theuns Filmalter, Shaun Lubbe, Erhard Bubb, Arno du Plessis. Doelskoppe: George Spershott (4). Hentie Cilliers 22 (17) – Drieë: Heinke Meyer (2), Sibabalwe Sooi, Austine Adams. Doelskop: Dealin Jafta.

    Voortrekker 69 (33) – Drieë: Pieter van Zyl (3), Marcel Engelbrecht (2), André Kirchner, Luan Kruger, Regard Smalberger, Mota Wessels, Pieter-Schalk Nel, Evan van der Merwe. Doelskoppe: Louis Viljoen (7). HTS Welkom 3 (3).

    Welkom-Gimnasium 72 (32) – Drieë: Dillon Minnaar (3), Francois Maree (3), Keith van Aswegen, Ulrich Stander, JW Viljoen, Georgen Kiewiet, Virlyn van Vollenhoven, Brandon Botha, Jason Wagman, Hoesein Banzi. Doelskop: Keith van Aswegen. HTS Sasolburg 5 (0) – Drie: JC Schultz.

    AHS Kroonstad 49 (21) – Drieë: DJ Hattingh (2), Lihan Potgieter, Marius Liebenberg, PC van Rooyen, Wayne Engelbrecht, André Grant. Doelskoppe: Brendan van der Walt (7). Goudveld 21 (7) – Drieë: Derick Prinsloo, Jubaren Adriaan, Luan van Heerden. Doelskoppe: Zane Vorster (3).

  • Rossouw breaks hearts of Paul Roos’ supporters after siren

    Rossouw breaks hearts of Paul Roos’ supporters after siren

    NewsG AdriaanLudickIt was a case from so close, but yet so far for Paul Roos Gimnasium in their Premier Interschools clash Saturday against Paarl Gimnasium in the Markotter Stadium in Stellenbosch.

    Gimmies bagged their third successive victory in this annual clash by 20-19 thanks to a try by hooker, Chris Rossouw, three minutes after the hooter sounded. Rossouw, the son of the former Springbok hooker with the same name, scored from a rolling maul in the 73rd minute of the match to secure the victory.

    The teams weighed each other up for the first 20 minutes before Paul Roos’ scrumhalf, Gerado Jaars, scored the opening try in the 21st minute of the match. Jaars dived over beneath the uprights after a counter attack started by fullback, Colia Louis. Both teams went into the epic clash unbeaten.

    Rossouw scored the first of his two tries in the match from a planned line-out move to open his side’s account. Paul Roos led 7-5 at the break. In the second half the the two teams took their supporters on a see-saw ride as the lead changed a few times.

    Paarl Gimnasium took the lead after Paul Roos’ lock Breyten Maritz was yellow carded after he brought down a rolling maul that saw Gim win about 22 meters. From the resulting penalty which Gimmies kicked to touch their lock Adriaan Ludick chrashed over after another rolling maul.

    The visitors most dangerous attacking method was their rolling mauls which Paul Roos had no answer to. Paul Roos took the lead again after their flyhalf, Juan Mostert, kept the defence guessing and outside centre, Brendan Venter, ran the perfect line to cross the tryline to give their side a 14-12 lead.

    Venter is like Rossouw the son of one of the World Cup Champion Springboks of 1995. Venter’s father also Brendan is also currently part in the Boks’ management team.

    Mostert and his halfback partner, Jaars, was the best players on the field for the home side. Paarl Gimnasium again took the lead after centre Ruben Scholtz slotted a penalty with only seven minutes left in the match.

    The narrow lead of 15-14 was however short lived as replacement Ryno Niemand caught the ball from the kick-off to score which gave Paul Roos a 19-15 lead.

    Scorers:

    Paarl Gimnasium 20 (5) – Tries: Chris Rossouw (2), Adriaan Ludick. Conversion: Ruben Scholtz. Penalty: Scholtz. Paul Roos Gimnasium 19 (7) – Tries: Gerado Jaars, Brendan Venter, Ryno Niemand. Conversions: Colia Louis (2).

  • Monnas sal Tuks-reeks titel teen EG Jansen verdedig

    Monnas sal Tuks-reeks titel teen EG Jansen verdedig

    NewsG DylanSchwartzDr. EG Jansen van Boksburg se eerste rugbyspan het Saterdag in die halfeindronde van die Tuks-reeks teen die Hoërskool Nelspruit op Menlopark se veld vlam gevat. EG Jansen het ‘n klinkende sege van 69-26 behaal.

    Die Jansen-bom het die Rhinos hard in die eerste helfte getref met die wenspan wat met die omdraaislag reeds ‘n meer as gerieflike voorsprong van 47-14 opgebou het. Die koël was dus lank voor rustyd reeds deur die kerk.

    Die Jansies se senter Dylan Schwartz was die groot held in die oorwinning. Hy het 29 van sy span se punte via twee drieë, agt doelskoppe en ‘n strafdoel aangeteken. Die losskakel, Ruben Beytell, asook die heelagter, Hugo Claassen, het elk ook dubbelle driedruk-plesier ervaar.

    EG Jansen met Schwartz, Beytell en Claassen aan die spits het net te veel vrae aan die Rhinos se verdediging gevra. Voorlangs het die slot Reinhardt Venter en agtsteman, Carson Koekemoer, ook skitterende vertonings opgedis. Nelspruit het in die tweede goed teruggeveg, maar dit was reeds te laat.

    Nelspruit se losskakel, Stephan van der Bank, kan tevrede met ‘n bestendige vertoning voel. Sy skakelmaat, Joao Christovam, was waarskynlik hul span se beste speler in die nederlaag.

    Monument van Krugerdorp sal sy titel as kampioen in die eindstryd verdedig na hy vir Garsfontein met 45-21 in die ander halfeindstryd verslaan het.

    Dit was ‘n uiters fisieke wedstryd waarin Monnas met sy agtsteman, PJ Jacobs, aan die spits die oorhand voorlangs gehad het. Die groot slot Stephan le Roux en flank Franco Schutte verdien ook ‘n klop op die skouer vir hul vertonings.

    NewsG MonnasGarsDie losskakel, Jonathan Viljoen, beskik oor ‘n kanonpoot. Hy het met sy lang lynskoppe vir Garsfontein etlike meters terug gejaag. Garsfontein moes vir elk van sy drieë veel harder as Monnas werk. Die span van Krugersdorp het ook elk van die geleenthede gebruik wat hy gekry het om punte aan te teken.

    Garsfontein se agttal het duidelik sy kaptein en slot, Jordan van Dyk, asook die loskopstut, CJ Steinhobel, se fisieke spel voorlangs gemis.

    Dit was ook die eerste keer dat Monnas se breier Tjaart van der Walt teen sy voormalige span te staan gekom het. Van der Walt het Garsfontein die vorige drie jaar tot die eindstryd van die Virseker Beeldtrofee saam met Johan du Plessis gebrei waarvan hulle die laaste twee jaar as kampioen gekroon is.

    Puntemakers:

    EG Jansen 69 (47) – Drieë: Dylan Schwartz (2), Ruben Beytell (2), Hugo Claassen (2), Carson Koekemoer, Dwayne Fourie, Ruan Kruger, Sheldon Rivabello. Doelskoppe: Schwartz (8). Strafdoel: Schwartz. Hoërskool Nelspruit 26 (14) – Drieë: Albie de Neysschen, Chris van der Merwe, Riehandré van der Merwe, Brandon Potgieter. Doelskoppe: Stephan van der Bank (3).

    Monument 45 (24) – Drieë: Morné Brandon, Stephan le Roux, Larko Lindes, PJ Jacobs, Luke Rossouw, Tristan Dullisear. Doelskoppe: Jonathan Viljoen (5). Strafdoel: Viljoen. Garsfontein 21 (21) – Drieë: Ruben Roodt, Wesley Thompson, Keanu Prinsloo. Doelskoppe: Barry Schoombee (3).

  • Gimmies bo in die Eikestad en Drostdy draf Oakdale kaf

    Gimmies bo in die Eikestad en Drostdy draf Oakdale kaf

    NewsGEGJAnsenPaul Roos Gimnasium se leerlinge het al gereed gemaak om die Jolla Bolla te doen, toe Paarl Gimnasium se haker, Chris Rossouw, hul harte met ‘n drie met speeltyd reeds verstreke gebreek het.

    Rossouw, die seun van die voormalige Bok-haker met dieselfde naam, het vanaf ‘n rolmaalbeweging drie minute na speeltyd reeds verstreke was oor die doellyn vir sy tweede drie om aan sy span die naelskraapste van seges van 20-19 oor Paul Roos te besorg.

    Paul Roos het laas in 2014 daarin geslaag om Paarl Gimnasium te verslaan.

    Nog ’n span wat vanmore met ’n swarigheid op die gemoed sou opstaan is die Hoërskool Stellenberg. Stellenberg het ’n droom eerste helfte op Piley Rees teen Bishops beleef. Die besoekers het met die omdraaislag ‘n stewige voorsprong van 28-3 opgebou net om op die ou einde met 28-29 die knie te buig.

    SACS het sy onoorwonne status behou deur Boland Landbou met 22-18 te troef. Die span van die Agter-Paarl sal nie tevrede met die nederlaag wees nie. Die span het baie belofte in sy eerste paar wedstryde getoon, maar in sy vorige wedstryd ook teen Garsfontein vasgeval. Boland Landbou sal sy sokkies moet optrek vir sy volgende kragmeting teen Grey-kollege tydens die Wildeklawer-toernooi.

    Die Hoër Jongenskool Paarl het sy onoorwonne status in Suid-Afrika na 40 wedstryde gerek na hy die Kwaggas van Outeniqua met 47-16 verslaan het. Die span se kaptein en flank, Francke Horn, het ’n driekuns aan drieë gedruk.

    HTS Drostdy se Donkies het hulle skitterende vertonings sover die seisoen voortgesit deur Oakdale Landbou sy eerste nederlaag van die seisoen toe te dien. Die Donkies was met 24-13 baas. Die wenspan se losskakel, Jasper Cohen, het met drie strafdoele teen rustyd seker gemaak dat sy span ‘n voorsprong van 9-3 geniet.

    Die Brandwag van Uitenhage het self ‘n indrukwekkende sege behaal toe hulle net buite Cradock vir Marlow Landbou met 22-20 verslaan het. Alle spanne wat al besoek aan die Wolramme se tuiste afgelê het, sal aan jou vertel dat jy nie sommer met ‘n sege van Cradock af weg ry nie.

    Monument van Krugersdorp sal sy titel as kampioen van die Tuks-reeks teen EG Jansen van Boksburg op 6 Mei verdedig. Monnas het gister op Menlopark se hoofveld vir Garsfontein oortuigend met 45-21 die loef afgesteek.
    Monnas se kaptein en agtsteman, PJ Jacobs, was uitstekend en het sy span se fisieke aanslag van voor gelei. Agterlangs het die losskakel, Jonathan Viljoen, met sy kanonpoot ook vir Garsies skade berokken.

    Die Jansies was nog meer in ‘n vernietigende bui deur die Hoërskool Nelspruit se Rhinos ’n rugbyles van 69-26 te leer. Die span van Boksburg het tot dusver nie ‘n goeie seisoen beleef nie, maar na die vertoning sal die span se teenstanders vir die res van die jaar hom nie ligtelik opneem nie. Nelspruit het in die tweede helfte wel beter vertoon.

    Grey-kollege het Vrydag vir Louis Botha met 61-7 kaf gedraf. Voortrekker van Bethlehem en Welkom Gimnasium het hulle aanslag in die Griffon-liga met klinkende seges onderskeidelik oor HTS Welkom (69-3) en HTS Sasolburg (72-5) afgeskop. Witteberg het Hentie Cilliers met 38-22 in ‘n opwindende wedstryd verslaan, terwyl die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad vir Goudveld met 48-21 geklop het.

    Al die uitslae: 

    Tuks-reeks: Monument 45, Garsfontein 21; EG Jansen 69, Nelspruit 26; Menlopark 46, HTS Middelburg 37; Eldoraigne 41, Kempton Park 23; Rustenburg 56, Pietersburg 12; Transvalia 50, Florida 3.

    Limpopo: Wonderboom 19, Frikkie Meyer 18; Centurion 27, Ben Vorster 22; Merensky 19, Rob Ferreira 15; Hans Strijdom 46, Louis Trichardt 3; Curro Heuwelkruin 39, Warmbad 24; Stanford Lake College 29, Eric Louw 7; Ben Viljoen 50, Ellisras 6; Tom Naudé 48, Frans du Toit 24; Piet Potgieter 60, Nylstroom 0.

    Vrystaat: Grey-kollege 61, Louis Botha 7; Jim Fouché 27, Fichardtpark 17; Cherries 55, Sentraal 0; Voortrekker 69, HTS Welkom 3; Witteberg 38, Hentie Cilliers 22; Welkom Gimnasium 72, HTS Sasolburg 5; AHS Kroonstad 48, Gouveld-Hoërskool 21; Brandfort 53, President Steyn 19; Sand du Plessis 39, Hoërskool Bloemfontein 15; Reddersburg 55, Zastron 7; Vrede 66, Ladybrand 5; Bultfontein 68, Harmony High 7; Hoopstad 82, Sandveld 0; Ficksburg 34, Paul Erasmus (Senekal) 14.

    Wes-Kaap: Paarl Gimnasium 20, Paul Roos Gimnasium 19; SACS 22, Boland Landbou 15; Bishops 29, Stellenberg 28; Hoër Jongenskool Paarl 47, Outeniqua 16; HTS Drostdy 24, Oakdale Landbou 13; Rondebosch Boys’ High 34, Wynberg Boys’ High 13; Durbanville 39, Monumentpark 17; Swartland 15, Worcester Gimnasium 10; Bellville-Suid 59, President 28; Brackenfell 71, Hottentots-Holland 7; DF Malan 18, Parel Vallei 11.

    Oos-Kaap/KwaZulu-Natal: Brandwag (Uitenhage) 22, Marlow Landbou 20; Kearsney College 13, Hilton College 10; Glenwood 38, Westville Boys’ High 12; Queen’s College 25, Dale College 24; Durban High School 29, Michaelhouse 17; St. Charles College 47, Voortrekker (Pietermaritzburg) 16; Maritzburg College 36, Pretoria Boys’ High 24; Jeppe High School for Boys’ 41, Northwood 14.

    Pukke Prestige: Hugenote (Springs) 56, Randburg 3; Montana 50, Oosterlig 0.

    Noordvaal: Secunda 23, Hoërskool Alberton 15; King Edward VII 28, Waterkloof 25; Schweizer-Reneke 32, HTS Potchefstroom 15; Standerton 42, Brits 10; Hoogenhout 33, Hans Moore 10; Linden 15, Dr. Malan 9; President 17, Elspark 12; Bastion 44, Riebeeckrand 19; Hartbeespoort 26, Benoni High 7; Brandwag (Benoni) 43, John Vorster (Nigel) 7Evander 22, Patriot 19; Uplands College 26, Barberton 7; Akasia 29, Eden Glen 0; Ligbron 54, Dinamika 5; Vryburg 28, Pretoria-Noord 7; Piet Retief 52, Overvaal 15.