SSPN Test Site

Blog

  • Monnas teen Rusties vandag

    DIE Hoërskool Monument van Krugersdorp se eerste rugbyspan draf vandag met ‘n jong span teen Hoërskool Rustenburg in die twee spanne se Tuks-reeks wedstryd in Rustenburg uit. Monnas het nie minder as agt spelers in sy begin vyftiental wat vanjaar nog as o.17-spelers tel nie.

    Die agttal is die stut Dylan Wood, haker Justin Brandon, slot Len Massyn, agtsteman Henro Liebenberg, losskakel Ivan Smit, heelagter Stian Joubert en die senters Ernst Beumer en Elmar du Plessis.
    Boonop is die span se oorblywende Cravenweek-speler van verlede jaar, Rhyno Herbst op die krukkelys. Die slot was in Polokwane een van die Leeus se uitstaande spelers op die hoërskole-toernooi.

    Vir Rustenburg sal sy binnesenter, Brenden Esterhuizen ‘n sleutelspeler wees.

    Die Hoërskool Klerksdorp sluit sy groepwedstryde op sy tuisveld om 13:30 teen Kemptonpark af. Klerksdorp het ‘n tawwe week agter die rug. Die span het verlede Saterdag teen Monnas 17-46 die knie gebuig, voordat hy Maandag in Bloemfontein teen Grey-kollege ‘n drag slae van 0-85 op die lyf geloop het.

    Boonop moet die span nog na more se kragmeting na Kroonstad reis waar hy op die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad se jaarlikse sportdag teen Welkom-Gimnasium sake sal uitspook. Klerksdorp het in sy eerste kragmeting van die Tuks-reeks vir Rustenburg 22-20 uitoorlê.

    Intussen het EG Jansen van Boksburg sy spiere behoorlik in die reeks gebult. Hy het in die eerste ronde vir Vereeniging Gimnasium 84-14 ‘n les geleer. Die span het Woensdag die verdedigende kampioen HTS Middelburg 38-27 die loef afgesteek.

    Die span van Boksburg wat verlede jaar die Beeld-trofee se kampioen vir makroskole was het ‘n voorsprong van 38-0 opgebou met nog net 12 minute se speeltyd in die kragmeting oor. Die Rooi Bulle se afrigter, Alec Strydom het sy manne aangevuur om in die laaste 12 minute terug te veg en 27 punte aan te teken sonder om ‘n enkele punt af te staan.

  • Brackenfell Sportdag 2014

    Daar sal vandag op die Hoërskool Brackenfell se jaarlikse sportdag uitgevind word of die Donkie se byt of die Kwagga se skop die seerste is. Die groot trekpleister op die dag is ongetwyfeld die stryd tussen die Hoërskool Outeniqua (Kwaggas) van George en HTS Drostdty (Donkies) van Worcester.

    Veral die tweestryd tussen die Kwaggas se Eduard Zandberg en Drostdy se kaptein Willem Augustyn op slot behoort vir opwinding te sorg. Zandberg staan 2.01m in sy sokkies en laat die skaal op 113kg kreun. Hy is in 2012 in die nasionale o.16-oefengroep opgeneem, terwyl hy ook Suidwestelike Distrikte op verlede jaar se 50ste Cravenweek-toernooi in Polokwane verteenwoordig het. 

    Augustyn kan nou wel nie met die lengte van Zandberg spog nie, maar is ‘n fisieke speler wat nie ‘n millimeter vir die fisieke aspek van die spel terugdeins nie.

    Daar is ook heelwat afwagting om te sien wat die voormalige Griekwa-afriger, Abré Minnie as tegniese adviseur met die Kwaggas se agterlyn sover kon uitrig. Die span het in Keenan Tarentaal ‘n opwindende skrumskakel, terwyl die heelagter Corné de Klerk en vleuel Niven Langdown ook oor hope vermoë op die aanval beskik.

    Drostdy se voorry sal vanjaar sterk aanspraakmakers wees om in dieselfde formasie ook vir Boland op die Cravenweek in Middelburg die skrum te anker. Die vaskopstut Roy Brink, haker Tiaan Smuts en loskopstut Robert Hunt vorm ‘n gedugte kombinasie. Die span se losskakel Wynand Roets en flank Jurie Fick kan ook problem vir die Kwaggas besorg.

    Die span van George se vaskopstut, Wynand de Necker is self ‘n stewige kragman. Hy weeg 122kg. Die vaste vyf van Outeniqua vir vandag se wedstryd weeg ‘n allemintige 545kg.

    In die hoofwedstryd van die dag sal die loskopstut, Cabous Voges die gasheer op die veld lei teen HTS Bellville. Die wedstryd tussen Tygerberg en DF Malan behoort ook vir hope opwinding te sorg.

    Vandag se skolerugby bepalings is:

    Brackenfell Sportdag – Pieter Rossouw-veld: 09:40: President t. Fairmont; 10:40: Settlers t. Martin Oosthuizen (Kakamas); 11:40: Strand vs. Piketberg; 12:40: Durbanville t. Jan van Riebeeck; 13:40: Hoërskool Bellville t. Milnerton; 14:40: HTS Drostdy t. Outeniqua; 15:50: Tygerberg t. DF Malan; 15:50: Brackenfell t. HTS Bellville

  • Preview – Graeme College Rugby Day 2014

    Graeme College will host their sixteenth Rugby Day on Friday 21 March 2014. This is a unique one-day schoolboy rugby festival, bringing together eighteen 1st XV teams from the Eastern Cape and Border regions. The Graeme College Rugby Day continues to grow in excellence and we expect to witness great talent on the fields, as well as provide an opportunity for all participants to enjoy the special camaraderie and fellowship that goes with a rugby contest played in the right spirit.

    Much time, dedication and hard work goes into organising a rugby festival of this magnitude and Mr Peter Reed, Graeme College Headmaster, would like to take this opportunity to commend the organising committee, under the enthusiastic leadership of our Head of Sport, Nico van der Meulen on what is sure to be another outstanding day. A special welcome and warm Graemian gratitude is extended to Pam Golding (Grahamstown) for their enormous contribution and organisation of sponsorship. Thank you, Daphne Timm, and Pam Golding! In addition, Graeme College has a special guest referee officiating the game between host Graeme College and Dale College. Mr Jonathan Kaplan, a former international rugby union referee, holds the record for the most international matches (sixty-eight) as referee has kindly agreed to assist Graeme College.

    Mr Kaplan began refereeing in 1984, while still a high school student, and made his first-class debut in 1991. He was appointed to South Africa’s national panel of referees in 1993 and on 4 May 1996 he made his international debut in a match between Namibia and Zimbabwe in Harare. Mr Kaplan was appointed as a touch judge for the 1999 Rugby World Cup, and as a referee for the 2003 Rugby World Cup in Australia – where he took charge of three pool games and the quarter-final between France and Ireland – and was one of the twelve referees appointed to officiate at the 2007 Rugby World Cup in France – taking charge of four pool games and the semi-final between England and France – becoming the first South African to officiate at three World Cups.

    Some of Mr Kaplan’s other notable games in charge include the first ever game in the Six Nations Championship, between Italy and Scotland in 2000, the second test between the British and Irish Lions and Australia in 2001 and the third test between the Lions and New Zealand in 2005. In October 2008 he took charge of the final of South Africa’s premier domestic competition, the Currie Cup, for the fourth time, and was the referee again for the 2009 final. On 12 February 2013, Mr Kaplan announced his retirement from refereeing.

    A comment from Mr Reed: “On behalf of all at Graeme College, I extend a hearty welcome to all players, officials, supporters, spectators and friends, and I hope that you will leave Graeme with only happy memories.”

    A comment from Daphne Timm, Pam Golding Properties, Grahamstown: “We are extremely thrilled to have been given the opportunity to work so closely with Graeme College, putting this popular rugby Derby together. Being the 16th year that schools from Eastern Cape will be attending, we are excited and look forward to seeing and meeting many old and new faces. We would like to thank all the other sponsors for their generous support, without which a day like this cannot happen. We are especially delighted to have Pam Golding Properties East London, Port Elizabeth, Jeffries Bay and Uitenhage all on board with the sponsorship of schools in their home towns, for this big day. Friday 21 March promises to be an action-packed day, do come and join all from our office and support Graeme College on this day.”

     

    Grey Boys’ High School vs. Marlow Landbou at 

    Grey Boys’ High School: 15 Keanu Vers, 14 Athi Mayinje, 13 Richie Bryant, 12 Jeremy Ward, 11 Dylan Vermaak, 10 Curwin Bosch, 9 Brody van Goevreden, 8 Lamond Bouwer, 7 Josh Mudrovcic, 6 Johann van Niekerk (captain), 5 Junior Pokomela, 4 Michael de Marco, 3 Keegan Branford, 2 Robin Stevens, 1 Matthew Howes.

    Marlow Landbou: 15 Hannes Botha, 14 Hendrik Venter, 13 Tiaan Smit, 12 Gerhard Potgieter, 11 Dewald de Ridder, 10 Jayden Lourens, 9 Jordaan Schoeman, 8 Luigy van Jaarsveld, 7 Lourens Oosthuizen, 6 Nelius van Heerden (captain), 5 Jandre van Niekerk, 4 Hannes Viljoen, 3 MJ Oosthuizen, 2 Arno le Roux, 1 Martin Ferreira.

    Selborne College vs. Framesby at

    Selborne College: 15 Liam McLoughlin, 14 Milani Lubelwana, 13 Jacinto da Silva, 12 David Brits, 11 Tristian Coetzer, 10 Morgan Steyn, 9 Ryan Boy, 8 Jason Steyn, 7 Skye Bawden, 6 Adrian Greig, 5 Robert Lyons, 4 Daniel Froneman, 3 Daniel Voigt, 2 Grant Venter, 1 Tango Balekile. 

    Framesby: 15 Rikus Zaayman, 14 Dillon Carr, 13 Tiaan Goosen, 12 Malan Marais, 11 Mfundo Ndawo, 10 Tiaan Stander, 9 Rouche Nel, 8 Neal Brophy, 7 Ruben Pretorius, 6 SF Nieuwoudt, 5 Wihan Coetzer, 4 Ludwig Liebenberg, 3 Roche van Zyl, 2 Gerhard van As, 1 Wessel Strydom. 

    Brandwag (Uitenhage) vs. St. Andrew’s College at 

    Brandwag (Uitenhage): 15 Jeandre van Ghent, 14 Davian Swanepoel, 13 Derick du Toit, 12 Wian Engelbrecht, 11 Brandon Fouche, 10 Shevan Hendricks, 9 Brandon O’Neill, 8 Bernardus Coetzee, 7 Stefan Janse van Vuuren, 6 Morney Moos, 5 Rio Kriel, 4 Frankie Fourie, 3 Erich de Jager, 2 Dandre Delport, 1 Kaden Prince. 

    St. Andrew’s College: 15 Courtney Archer, 14 Grant Dixie, 13 Ben Dovey, 12 Robert Ball (captain), 11 Brendan Owen, 10 Hugo de la Fargue, 9 Camran MacFarlane, 8 Matt Andrews, 7 Gordon Everard, 6 Peter Kroon, 5 Jono More, 4 Zach Melvill, 3 Adrian Parsons, 2 Brian Ferguson, 1 Michael Strever. 

     

     

     

     

     Graeme College vs. Dale College at 

    Graeme College: 15 Bradley Christian, 14 Fabio Mapaling, 13 Siyamthanda Siaw, 12 Josiah Twum-Boafo, 11 Yiva Ndwandwa, 10 Siphosethu Pinini (captain), 9 Craig Williams, 8 Odwa Xonxa, 7 Lwazi Baleni, 6 Ryan Calitz, 5 Heino Gaiser, 4 Robert Pearson, 3 Justin Danckwerts, 2 Siyamthanda Zita, 1 Xandre Vos. 

    Dale College: 15 Justerino Davids, 14 Luyolo Khuse, 13 Yamkela Nyalambisa, 12 Siyamthanda Mgubo, 11 Luzuko Mase, 10 Courtney Winnaar, 9 Sibusiso Ngcokovane (captain), 8 Ronald Jiri, 7 Bunono Sindi, 6 Buntu Ponono, 5 Lwazi Poswayo, 4 Johan Loubser, 3 Zimi Ngqongqwana, 2 Sange Mtotywa, 1 Kuhle Mohkoabane. 

  • Die skole kan op nr. 1 plek meeding

    SKOLERUGBY RANGLYSTE is kontroversieël en kan weens die feit dat elke span nie teen elke span jaarliks meeding nie ook misleidend wees. Daar bestaan egter geen twyfel dat dié onderwerp ongetwyfeld die meeste reaksie onder skolerugby ondersteuners op sosiale netwerke en ook webtuistes ontlok.

    Ek gaan my nek uitsit deur so vroeg in die seisoen reeds te voorspel wie die vyf voorste spanne in die land vir 2014 gaan wees.

    Die onbestwiste rugbyfabriek van Suid-Afrika, Grey-kollege se eerstespan gaan vanjaar nie maklik geklop word nie. Die span se heelagter, Henry Immelman is een van die mees opwindendste aanvallende spelers op skolevlak en die skool se sleutelspeler vir 2014. Dié skool het soos verskeie ander ook ‘n nuwe afrigterskorps met Wessel du Plessis en Tewis de Bruin aan die stuur van sake.

    Op my webtuiste, School of Rugby se ranglys van 2013 het Grey die jaar op die derde posisie afgesluit.
    Grey Boys’ High School van Port Elizabeth is ook ‘n span wat vanjaar onder die voorstes behoort te tel. Die span het ‘n opwindende losskakel in Curwin Bosch, terwyl die span ook met in nuwe afrigter in Brian Matthews spog.

    Paarl Gimnasium behoort vanjaar ook weer ‘n krag te wees. Gimmies het verlede jaar die voorste posisie op School of Rugby se ranglys beklee. Die skool stoot jaarliks soos Affies van Pretoria ‘n gedugte span in die veld.

    In die Noorde van die land behoort Monument van Krugersdorp die span wees om te klop. Monnas het in Hans Coetzee een van die beste skolebreiers in Suid-Afrika.

    Die Hoërskool Outeniqua van George het verlede jaar seker sy beste span in die skool se geskiedenis in die veld gestoot. Die Kwaggas behoort egter vanjaar ook onder die voorste vyf spanne te tel. Die span se sleutelspeler behoort sy skrumskakel Keenan Tarentaal te wees. Die span het ook die dienste van een van die land se beste agterlyn afrigters, Abré Minnie as tegniese adviseur bekom.

    Soos elke jaar is daar ook buiteperde en ek sou ‘n fout began om buiten my voorspelling vir die voorste vyf spanne die volgende spanne se name nie te noem nie. Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch sowel as die Hoër Jongenskool Paarl het die dienste van Brendan Venter en Sean Erasmus onderskeidelik bekom. Albei behoort die spanne se vertonings te lig.

    Dan is daar nog die buiteperd van die seisoen, Maritzburg-kollege van Pietermaritzburg. Die matriek-jaargroep van die skool het nie op o.15 of o.16-vlak verloor nie. Boonop is die span versterk deur veral die vleuel Xolisa Guma van Swartland. Die span het ook die dienste van die nasionale skolekeurder, Kevin Smith voorheen van Kearsney College bekom, wat die span saam met Ryan Strudwick sal afrig.

  • Noord-Kaap – 2014

    Results 

    Noord-Kaap 12,  Sentraal 20
    Noord-Kaap 27,  Marlow Landbou 16
    Noord-Kaap 43,  Upington HS 6
    Noord-Kaap 19,  Paarl Boys’ High 19
    Noord-Kaap 17,  Wynberg Boys’ High 21
    Noord-Kaap 40,  Hentie Cilliers 12
    Noord-Kaap 30,  Oakdale Landbou 39
    Noord-Kaap 12,  King Edward VII 13

    Players: Gerhard Holtzhausen, Qama Hina, AD van Zyl, Bradley Leijdekkers, Rikus Zwart, Pieter Oosthuizen, Thulani Njenje, Hannes Jacobs, Doctor Booysen, Brandon de Melim, Robbie Petzer, Siyambuka Lawu, Leon Becker, Wilfred Bowers, Austen Jooste, Donovan de Beer, Geo Davel, Cheswin de Vries. 

    Coaches: Shaun Huygen 

  • Oakdale Landbou Rugbyweek bepalings

    Oakdale Landbou se eerste rugbyspan sal teen Voortrekker van Bethlehem in die hoofwedstryd van sy jaarlikse rugbyweek in Riversdal op die eerste dag te staan kom. Die volgende twee dae se bepalings word na elke dag se wedstryde uitgewerk. 

    Die gasheer behoort gewis weer teen Diamantveld van Kimberley te staan te kom. Sy ander wedstryd sal heel moontlik teen Kemptonpark of Hoerskool Sentraal van Bloemfontein wees. Die vier spanne is ongetwyfeld die sterkstes wat die rugbyweek bywoon. Brandwag van Uitenhage het ook ‘n gedugte span. 

    Die bepalings: 

    De Eike-veld

    08:45 – Strand HS vs. Diamantveld
    09:55 – Aliwal-Noord vs. Vredendal
    11:05 – Durbanville vs. Ligbron
    12:15 – Montagu vs. Upington HS
    14:00 – Stellenbosch vs. Brackenfell
    15:10 – Sentraal (Bloemfontein) vs. Hugenote (Wellington)
    16:20 – Brandwag (Uitenhage) vs. Pietersburg HS
    18:00 – Kemptonpark vs. Bellville HS
    19:10 – Oakdale Landbou vs. Voortrekker (Bethlehem)

    Populierbos-veld 

    11:05 – Oververb vs. Monumentpark
    14:00 – De Aar vs. Knysna
    15:10 – Augsburg Landbou vs. Bredasdorp
    16:20 – Mutual & Federal Invitation vs. Hermanus

  • Marlow Landbou – 2014

    Results 

    Marlow Landbou 16,  Noord-Kaap 27
    Marlow Landbou 69,  Oudtshoorn HS 7

  • School Rugby Results – 15 March 2014

    School Rugby Results – 15 March 2014

    Eastern Cape 

    Cambridge 17,  Hangklip 7
    Dale College 14,  Hudson Park 8
    Daniel Pienaar THS 30,  St. Andrew’s College 8
    Gill College 27,  Westering 10
    Grens HS 22,  Queen’s College 15
    Kirkwood 23,  DF Malherbe 0
    Marlow Landbou 69,  Oudtshoorn HS 7
    Nico Malan 41,  Punt HS 8
    Selborne College 85,  Stirling 0
    Graaff-Reinet Volkskool 15, Andrew Rabie 10
    Nico Malan 41,  Punt HS 8 

    Free State

    Grey College 60,  Hentie Cilliers 14
    Sentraal 35,  Waterkloof 21
    St. Andrews 6,  St. Charles College 37
    Koffiefontein 5,  Adamantia 10

    Griffons 

    Hentie Cilliers 14,  Grey College 60
    Wilgerivier 20,  HTS Carel de Wet 18

    Griqualand West 

    Diamantveld 27,  Landboudal 6
    Noord-Kaap 43,  Upington HS 6
    Duineveld 10,  Helpmekaar 50
    Adamantia 10, Koffiefontein 5

    KwaZulu-Natal

    George Campbell 40,  Hillcrest 0
    George Campbell 17,  Pinetown 0
    Glenwood 32,  Westville Boys’ High 15
    Kearsney College 19,  Northwood 11
    Pionier 18,  Tuine THS 8
    Port Natal 12,  Durban High School 10
    Ladysmith 19,  Durban North Academy 9
    Port Shepstone 25,  Clifton 12
    Sarel Cilliers 40,  Weston 7
    St. Charles College 37,  St. Andrews (Bloemfontein) 6

    Northvaal

    EG Jansen 84,  Vereeniging Gimnasium 14
    HTS Middelburg 26,  Centurion 0
    Garsfontein 25,  Nelspruit 19
    Marais Viljoen 27,  Florida 26
    Kemptonpark 27,  Rustenburg HS 0
    Waterkloof 21,  Sentraal (Bloemfontein) 35
    Monument 46,  Klerksdorp H 17
    Ben Vorster 42,  Montana 22
    Bekker 38,  Overvaal 20
    Bastion 16,  Zwartkop 13
    AHS Germiston 19,  HTS Nic Diedericks 10
    Alberton 22,  President 10
    Menlopark 22,  St. John’s College 0

  • Diamantveld baas op sportdag

    GERCO NORTJÉ se skopskoen het die meeste van die praatwerk in Hoërskool Diamantveld se rugbyspan se sege van 27-6 oor Landboudal van Jacobsdal in die hoofwedstryd van sy jaarlikse sportdag in Kimberley.
    Nortjé het vyf strafdoele tussen die pale deurgejaag en ook een van sy span se twee drieë verdoel vir ‘n persoonlike bydrae van 17 punte.

    Noord-Kaap se rugbyspan het ‘n klinkende sege van 43-6 oor Hoërskool Upington behaal. Northerns se losskakel Robbie Petzer het 18 van sy span se punte aangeteken. Hy was verlede jaar nog vir die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad in aksie en sou ‘n sterk aanspraakmaker op ‘n plek in die Griffons se Cravenweek-span gewees het. Petzer het sy 18 punte met ‘n drie, vyf doelskoppe en ‘n strafdoel aangeteken. Hy het in Northerns se eerste twee wedstryde op binnesenter uitgedraf.

    Die span se afrigter, Shaun Huygen het sy agsteman en kaptein Gerhard Holtzhausen op binnesenter vir die wedstryd ingespan. Holtzhausen is deel van die nasionale o.18-sewesgroep. Holtzhausen het een van Noord-Kaap se drieë gedruk. Die span se linkervleuel, Austen Jooste het twee keer agter Uppies se doellyn gaan kuier.

    Duineveld van Upington het hom teen Helpmekaar van Johannesburg 10-50 vasgeloop. Hopetown het ‘n goeie sege van 41-12 oor NJ Heyns behaal. Adamantia was bo 10-5 in sy kragmeting teen Koffiefontein.
    Diamantveld se netbalspan het in sy eerste wedstryd op die sportdag teen Eunice van Bloemfontein 24-27 vasgeval. Die span het daarna egter goeie seges oor Jim Fouché (25-17) en Hoër Meisieskool Oranje (7-5) behaal. Die span sal egter nie tevrede met sy vertoning teen die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria wees nie. Die span van die Jakarandastad was wel die voorste span in die land verlede jaar, maar die nederlaag van 11-49 sal nie die span van Kimberley tevrede laat nie.

    Noord-Kaap wat verlede jaar as kampioene van die Noord-Kaap gekroon is, het 11-24 teen Affies die knie gebuig. Die span het ook seges oor Hoërskool Upington (25-13) en Oranje (29-19) behaal.

    Puntemakers: 

    Diamantveld 27 – Drieë: JD Fourie, Etdeon Greyvenstein. Doelskop: Gerco Nortjé. Strafdoele: Nortjé (5). Landboudal 6.

    Noord-Kaap 43 – Drieë: Austen Jooste (2), Gerhard Holtzhausen, Leon Becker, Wilfred Bowers, Robbie Petzer. Doelskoppe: Petzer (5). Strafdoel: Petzer. Hoërskool Upington 6.

  • Grey plettervat Hentie Cilliers

    GREY-KOLLEGE se eerste rugbyspan het Saterdag in Virginia nog ‘n rat oorgeskakel deur Hentie Cilliers 60-14 te verslaan. Die span van die Rosestad het al teen rustyd ‘n stewige voorsprong van 38-0 opgebou.

    Grey se vleuel, Charl Pretorius het ‘n driekuns aan drieë behaal. Hy spog nou reeds met agt drieë in drie wedstryde vanjaar. Hy het vier keer vir Grey se XV-tal teen Goudveld agter die doellyn gaan kuier en ook teen Potchefstroom Gimnasium vir die eerstespan ‘n drie gedruk.

    Grey se slot Kassel Rothman en vaskopstut Callie Janse van Vuuren het blink vertonings voorlangs opgedis. Agterlangs was die senter Julian Jordaan en skrumskakel Dian Badenhorst uitstaande. Jordaan het twee keer gaan druk. Badenhorst het teen sy direkte teenstander wat hoog aangeslaan word, Jaywinn Juries met sy spel beindruk.

    Grey het sy spelers op die plaasvervangersbank heelwat speelkans in die wedstryd gegun na hulle reeds rustyd die goeie voorsprong geniet het.

    Die span van die Rosestad is vandag om 14:30 teen Hoërskool Klerksdorp op Shimlapark in die vernaamste voorwedstryd van die Varsitybeker-kragmeting tussen Shimlas en die Madibaz. Grey sou aanvanklik teen Witteberg van Bethlehem in die kragmeting sake uitgespook het. Daar word verwag dat Grey meeste van sy spelers wat op die plaasvervangerbank vir die kragmetings teen Potchefstroom Gimnasium en Hentie Cilliers gesit het in die beginspan kans vir vandag se kragmeting sal gee.

    Wilgerivier van Frankfort moes hard werk om HTS Carel de Wet 20-18 te klop. Die span se kaptein en flank, Gerrie Muller het twee keer in die sege agter die doellyn ‘n draai gaan maak en ook met ‘n doelskop en ‘n strafdoel geslaag.

    Die span se loskopstut, Chris Meyer kan meer as tevrede met sy vertoning voel. Die binnesenter, JJ Bekker het ook met sy spel in sy eerste wedstryd vir die span van Frankfort beindruk.
    Paul Erasmus van Senekal het vir Hennenman 33-17 geklop. Die wenspan se losskakel, Edwin Gower het ‘n goeie vertoning gelewer.

    Puntemakers: 

    Grey-kollege 60 (38) – Drieë: Charl Pretorius (3), Julian Jordaan (2), Alex Jonker, Albert Verwey, Niel Stannard, Dwayne Wessels. Doelskoppe: Henry Immelman (3), Jordaan, Louwtjie Steenkamp. Strafdoel: Immelman. Hentie Cilliers 14 (0) – Drieë: Nathan Kemp, Jonathan April. Doelskoppe: Jaywinn Juries.

    Wilgerivier 20 (5) – Drieë: Gerrie Muller (2), Chris Meyer. Doelskop: Muller. Strafdoel: Muller. HTS Carel de Wet 18 (11).