SSPN Test Site

Blog

  • Perses kies voorlopig vir Cravenweek

    Perses kies voorlopig vir Cravenweek

    GriffonsDie Griffons het vyf spelers in sy voorlopige span vir die 53ste Cravenweek vir hoërskole in Durban ingesluit wat verlede jaar ook die unie op die toernooi verteenwoordig het.

    Hulle is die twee hakers, Reinard van der Vyver en Duke Jantjies, die skrumskakel, Richman Gora, die heelagter Marco Labuschagné, en die agtsteman, Gift Dlamini.

    Die Perses het verlede jaar ’n geskiedkundige sege van 41-27 oor die Vrystaat op die eerste dag van die toernooi in Stellenbosch behaal. Dit was sy eerste sege op die toernooi sedert 1979 se hoofwedstryd teen sy bure.

    Die voorloper in die Griffon-liga, Welkom Gimnasium, het met elf spelers die grootste verteenwoordiging in die span. Gimmies en Voortrekker van Bethlehem is die enigste twee onoorwonne spanne in die Griffon-liga. Die Trekkers het drie spelers wat die span gehaal het.

    Die Griffons kom op die eerste dag van die Cravenweek op Kearsney College se hoofveld teen die Pumas te staan. Die Cravenweek word vanjaar vir die eerste keer sedert 1990 in Durban aangebied.

    Die Griffons se onderskeie spanne speel more (Dinsdag) teen die Valke in Kroonstad op die velde van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad in hulle eerste oefenwedstryde. Die wedstryde dien ook nog as proewe vir die onderskeie nasionale weke. Die Cravenweek-spanne pak mekaar om 16:50.

    Die Griffons se twee breiers, Kassie Kasselman en Roean Bezuidenhout, behoort na more se wedstryd ’n goeie idee te hê waaraan hulle moet skaaf voor die nasionale toernooi. Die Valke se span bestaan grootliks uit spelers van EG Jansen wat vanjaar onder die voorste tien spanne in Suid-Afrika tel.

    Die Perses sal ook teen Griekwas en die Vrystaat in oefenwedstryde speel asook die jaarlikse Noordvaal Bondedag op Loftus Versfeld in Pretoria bywoon.

    As daar een skool se spelers is wat so ietwat verontreg kan voel is dit die Hoërskool Wilgerivier van Frankfort. Wilgies beklee met nog net twee rondes oor in die Griffon-liga die vierde posisie op die puntelys, maar nie een van die spelers is deur die keurders as goed genoeg vir een van die Griffons se spanne na die onderskeie weke geag nie.

    Drie spelers die flanke, Corjan Muller en Juan Jordaan, en die slot Kobus Erasmus is wel in die voorlopige Griffons XV-tal ingesluit. Die span woon egter nie enige toernooi by nie. Die spelers van Wilgerivier is ook nie vanjaar soos in die verlede vir die plattelandse Akademie-span of die Oos-Vrystaatse span vir die jaarlikse VKB-week weens hul deelname aan die Griffon-liga verkiesbaar nie.

    Die spanne is:

    Cravenweek: Marco Labuschagné (Voortrekker), Andrew Kota, Lubabalo Mtyeshi, Jason Wagman, Wian van Staden (almal Welkom Gim), Tristan September (Goudveld), Richman Gora, Gift Dlamini, JJ Scheepers, Kyle Els, Pieter van der Westhuizen (almal Welkom Gim), DJ Hattingh (AHS Kroonstad), Francois Klopper (Voortrekker), Reinard van der Vyver (Wessel Maree), Winrich Kennedy (Hentie Cilliers). Plaasvervangers: Duke Jantjies (Welkom Gim), Ruben Breedt (Goudveld), JW Meades (Witteberg), Dian de Beer (AHS Kroonstad), Michael Janse van Rensburg (Voortrekker), Jason Roux (Witteberg), Triumph Baloyi (Goudveld), David Eyssen (Welkom Gim).

     

  • Griekwas kies voorlopige spanne vir nasionale weke

    Griekwas kies voorlopige spanne vir nasionale weke

    Griqualand WestGriekwaland-Wes se keurders kon slegs vier spelers in sy voorlopige span vir die 53ste Cravenweek-rugbytoernooi vir hoërskole in Durban insluit.

    Slegs die haastige vleuel Cameron Hufke, die senter De-an Ackerman, flank Rian Kotze en die slot Bernard Jansen het die Poubloues ook verlede jaar op die toernooi in Stellenbosch verteenwoordig.

    Hufke, Jansen en Ackerman behoort indien hulle stewige vertonings op die toernooi lewer sterk aanspraakmakers vir plekke in die nasionale skolespanne te wees.

    Die grootste verrassing in die voorlopige span is die weglating van Diamantveld se losskakel, Charles Williams. Hy was tot dusver een van sy skoolspan se sterre die seisoen, maar die keurders ag na die proewe Vaalharts se Petri du Plessis hoër as Williams.

    Diamantveld het nege spelers in die span, terwyl Noord-Kaap agt spelers in het.

    In die vaskopstut, Byron du Plooy, sal die Hoërskool Douglas sy eerste hoërskool Cravenweek-speler sedert Dries Scholtz en Dolf Swiegers in 1997 oplewer. Scholtz het wel in 1998 ook vir Griekwas op die Cravenweek verteenwoordig, maar dit was tydens ’n post-matriekjaar vir die Hoërskool Vaalharts.

    Die keurders van Griekwa-platteland het daarin geslaag om ’n goeie balans tussen ’n ervare en jongspan te kies. Die span het vyf spelers Heinrich Fourie, Talie Dick, Ettienne le Roux, Jacques Page en Mpho Molaolwa in sy geldere wat verlede jaar ook vir die span op die toernooi in Stellenbosch gespeel het.

    Sewe spelers het verlede jaar die unie op die Grant Khomo-week vir o.16-spelers verteenwoordig. Die streek se twee groot skole, Duineveld en die Hoërskool Upington, het elk agt spelers in die voorlopige span. Daar is 24 spelers in die voorlopige span so daar moet nog een speler uit die groep gelaat word.

    Die span word deur Fillip Venter, J-Ell Slabbert en Stefan van Wyk afgerig. Die span se eerste wedstryd in Durban sal op die eerste dag teen Zimbabwe wees.

    Die spanne is:

    Griekwas: Ashwin Botha (Diamantveld), Gladwin Nieuwenhuizen (Noord-Kaap), De-an Ackerman (Diamantveld), Ruan Scholtz, Cameron Hufke (Noord-Kaap), Petri du Plessis (Vaalharts), Chad Adams (Noord-Kaap), Jacques Ackerman (Diamantveld), Rian Kotze, Jeffrey Muzazza (albei Noord-Kaap), Bernard Jansen (Diamantveld), Heinrich Klopper (Hartswater), Byron du Plooy (Douglas), Anton van Romburg, André du Toit (albei Diamantveld). Plaasvervangers: WS Coetzer (Diamantveld), Justin Murphy (Noord-Kaap), Edwill Speelman, Edrich Brand (albei Noord-Kaap), Jody Schmidt (Diamantveld), Niel Coetzee (Hartswater), Dihan du Plessis (Diamantveld), Chadwyn November (Noord-Kaap).

    Griekwa-platteland: Mpho Molaolwa (Kalahari), Sebastiaan Jobb, Jacques Page (albei Duineveld), Devan Walters (Upington), Oscar van Wyk (Kathu), Iwan Lombaard (Upington), Ettienne le Roux, Johan Geldenhuys (albei Duineveld), Johannes Terblanche (Upington), Ruan Visser, Rudolph Oberholzer, Jovan Oosthuizen (almal Duineveld), Gerhard Gregory (Kalahari), Talie Dick (Concordia), Zean Augustyn (Duineveld). Plaasvervangers: Waylen Cloete (Upington), Wilfred Saunderson (Saul Damon), Theuns van Zyl, Hanlu Kotze (albei Upington), Wayne Ventura (Concordia), Delron Speelman (Daniëlskuil), Connie de Jager, Byron Coetzee (albei Upington), Heinrich Fourie (Kalahari).

  • Al die skolerugby uitslae – 5 Junie 2016

    Al die skolerugby uitslae – 5 Junie 2016

    NewsG RynoPieterseDie Turkoois Bere van die Hoërskool Garsfontein het dit gister drie uit drie gemaak deur die Blou Bulle se titel vir Makro skole om die Virseker Beeldtrofee vir ’n derde agtereenvolgende jaar te verower.

    Die verdedigende kampioen van die Virseker Beeldtrofee het met sy oortuigende sege van 50-10 oor Waterkloof seker gemaak dat hy skeepsreg met ’n derde agtereenvolgende Bul-titel maak. Garsies het met dié sege ook seker gemaak van sy plek in die kwarteindronde van die Beeldtrofee.

    Dit was die wenspan se haker, Bees Ferreira, en sy agteman, Luke Fortuin, wat deurgans gesorg het dat hul span voorlangs die oorhand het. Ferreira het boonop die laaste sout in Klofies se wonde gevryf deurdat hy vir die doelskop verantwoordelik was wat 50 punte op die telbord gesit het.

    Eldoraigne sal na sy oorwinning gister van 41-14 oor Wonderboom sy aartsvyand Zwartkop in die uitspeelwedstryd pak om te bepaal wie die vierde span van die Blou Bulle is wat vanjaar aan die Beeltrofee gaan deelneem.

    HTS Middelburg het sy plek in die eindstryd van die Pumas se liga vir Makroskole asook ’n plek in die Beeldtrofee met ’n oortuigende sege van 67-20 oor Hoërskool Middelburg bespreek. Die Rooi Bulle se vleuel Waldo Conradie het vier van sy span se 11 drieë afgerond.

    HTS Middelburg sal in die eindstryd van die Puma-liga teen die Hoërskool Nelspruit se Rhinos koppe stamp.

    Monument het met ’n indrukwekkende sege van 40-15 oor Glenwood die span van Durban se onoorwonne rekord vanjaar tot ’n einde gebring.

    Monnas het in die skrums en die lynstane vir Glenwood ’n rugbyles geleer. Glenwood het glad nie soos ’n span gelyk wat vanjaar die Sanix-toernooi in Japan gewen het of tot gister met ’n onoorwonne rekord gespog het nie.

    Boland Landbou het nie veel genade vir DF Malan in hulle kragmeting getoon nie. Die span van die Agter-Paarl het oor te veel vaart vir DF Malan beskik en 17 drieë in sy kuikenmoord van 111-5 gedruk.

    Die span se skitterende skrumskakel, Deon Carstens, het 36 van sy span se punte met twee drieë en 13 doelskoppe aangeteken. Die span se vleuel Adriaan Stander is die enigste speler wat daarin kon slaag om ’n driekuns aan drieë in die drieëfees te behaal.

    Paul Roos Gimnasium het gesukkel om SACS met 38-34 onder te kry. Nog ’n span wat harder gesweet het vir sy oorwinning as verwag is Jeppe wat hard moes werk om Pretoria Boys’ High met 36-22 onder te kry.

    Pretoria Boys’ High se afrigter, Ryno van der Merwe, is as Garsfontein se nuwe hoof van rugby aangestel. Die span van die Jakarandastad het die afgelope twee jaar op die rugbyveld nie goed gevaar nie.

    Paarl Gimnasium stoom steeds voort en het gister vir Rondebosch Boys’ High met 48-19 uit die pad gestamp. Gimmies het vanjaar nog net teen Garsies die knie gebuig. Die Hoër Jongenskool Paarl het sy onoorwonne status behou deur op sy tuisveld met Oakdale Landbou (35-21) af te reken. Dit was slegs die besoekers van Riversdal se tweede nederlaag van die seisoen.

    Stellenberg se strawwe lys bepalings van die afgelope sewe weke het hom ingehaal deurdat hy naelskraaps met 15-16 teen ’n onderskatte Brackenfell vasgeval het.

    HTS Drostdy het met sy oorwinning van 25-15 oor Hugenote van Wellington sy plek in Die Burger se streekkompetisie bespreek.

    Al die uitslae: 

    NOORDVAAL

    Blou Bulle: Garsfontein 50, Waterkloof 10; Eldoraigne 41, Wonderboom 14; Zwartkop 57, HTS John Vorster 0; Centurion 41, Montana 27; Oos-Moot 94, HTS Tuine 6; Pretoria-Noord 50, Die Wilgers 17; Midstream College 38, Wagpos 7; Erasmus 26, Gerrit Maritz 8; Pretoria THS 47, Akasia 5; FH Odendaal 27, Uitsig 12; Cullinan 41, Curro Hazeldean 31; Pretoria THS 36, Voortrekkerhoogte 5; Southdowns College 71, Cornwall Hill College 5.

    Leeus: Monument 40, Glenwood 15; Noordheuwel 22, Jeugland 8; Helpmekaar 31, St. Benedict’s College 16; Jeppe High School for Boys’ 36, Pretoria Boys’ High 22; King Edward VII 59, St. John’s College 10; Riebeeckrand 32, Randburg 19; Hoërskool Alberton 39, Bastion 5; Fochville 32, Bekker 7; Carletonville 27, Bracken 13; AHS Germiston 22, Alberton High 20; Parktown Boys’ High 30, St. Alban’s College 26.

    Limpopo: Hoërskool Pietersburg 39, Frikkie Meyer 34; Ben Vorster 63, HTS Tom Naudé 3; Ben Viljoen 15, Nylstroom 9.

    Luiperds: Hoërskool Rustenburg 27, Kempton Park 10; Potchefstroom Volkskool 22, Hoërskool Klerksdorp 13; Lichtenburg 20, Wesvalia 13; Hartbeespoort 27, Schoonspruit 7; Vryburg 29, Brits 11; Schweizer-Reneke 42, Wolmaransstad 5.

    Pumas: HTS Middelburg 67, Hoërskool Middelburg 20; Secunda 33, Piet Retief 17; HTS Witbank 22, Hoogenhout 19; Ermelo 42, Lydenburg 20; Ligbron 60, Rob Ferreira 3; Penryn College 89, Pecanwood 14; Steelcrest 51, Kriel 13.

    Valke: EG Jansen 59, Marais Viljoen 10; Dr. Malan 48, Birchleigh 14; Hugenote (Springs) 60, Oosterlig 29; Springs Boys’ High 14, Hans Moore 10; Driehoek 40, Benoni High 7; Brandwag (Benoni) 48, John Vorster (Nigel) 7; Stoffberg 39, Delmas 14.

    OOS-KAAP/KWAZULU-NATAL

    Brandwag (Uitenhage) 22, Framesby 21; Kearsney College 20, Hilton College 8; Dale College 26, Grey PE 21; Maritzburg College 26, Durban High School 19; Westville Boys’ High 20, Michaelhouse 3; St. Andrew’s College 31, Queen’s College 23; Kingswood College 46, Stirling 10; Pearson 29, Otto du Plessis 17.

    WES-KAAP

    Hoër Jongenskool Paarl 35, Oakdale Landbou 21; Paarl Gimnasium 48, Rondebosch Boys’ High 19; HTS Drostdy 25, Hugenote 15; Paul Roos Gimnasium 38, SACS 34; Durbanville 28, Tygerberg 0; Hoërskool Bellville 27, Tygerberg-klub 12; Bishops 38, Wynberg Boys’ High 7; Boland Landbou 111, DF Malan 5; De Kuilen 23, Strand 22; Hottentots-Holland 47, Monumentpark 14; HTS Bellville 32, Milnerton 0; Parel Vallei 22, Fairmont 18.

  • Bosch hopes his birthday will be lucky charm

    Bosch hopes his birthday will be lucky charm

    Junior Springbok utility back Curwin Bosch hopes that his birthday on 25 June, the same day as the World Rugby Under-20 Championship final, will be a lucky charm for the team in the international showpiece in Manchester, England.

    The last time South Africa lifted the trophy was in 2012 on home soil, and Bosch, who is making his first appearance for the Junior Springboks in the tournament at the age of 18, is hopeful that they could repeat that feat in exactly three weeks.

    “We are determined to reach the final of the tournament, and hopefully the fact that the match will be played on the same day as my birthday will be a lucky charm,” said Bosch. “If we achieve our goal of lifting the trophy it would certainly be the best birthday present ever.”

    Bosch and his team mates arrived in Manchester on Friday afternoon. He said sharing a hotel with defending champions, New Zealand, and the knowledge that their opening match against Japan was only three days away, triggered a series of emotions among the players.

    “We are all very excited about the tournament, but being here has also triggered some nerves among the players,” said Bosch. “I have represented the SA Schools team before in the Under-18 International Series, but this is a very different experience and there is a lot more pressure. The Junior Springboks have also been one of the top contenders for the title in the last few years, and that adds to the pressure to deliver on the expectations on us.

    “However, I cannot wait to pull the green and gold jersey over my head and to represent my country.”

    Bosch expected Japan to present a tough challenge in their opening match and said: “The Japan Under-20 team will draw a lot of motivation from their senior counterparts that defeated South Africa in the 2015 Rugby World Cup in England,” said Bosch. “Personally I believe there will be more pressure on us in this match than there will be on them.”

    With the team’s blazer presentation ceremony now over and their opening match drawing closer, Bosch, who was the 2014 Coca-Cola Craven Week Player of the Tournament, said being selected for the Junior Springboks was the highlight of his rugby career so far.

    “It is very special to be selected for the team at the age of 18,” said Bosch. “This is without doubt the best moment of my career so far. That said, our objective is to win the trophy, and that is what we are here to do. So it would make it particularly special if we could win the trophy.”

    Issued by SA Rugby Corporate Affairs

  • Garsfontein vir derde jaar in ‘n ry kampioen

    Die Hoërskool Garsfontein se eersterugbyspan is vir die derde agtereenvolgende jaar die Makro-kampioen van die Blou Bulle. Die Turkoois Bere van Garsies het die Hoërskool Waterkloof met 50-10 gebere om die titel te beklink.

    Garsfontein het met dié sege dit ook beklemtoon dat hy nie maklik afstand van sy titel as kampioen van die Virseker Beeldtrofee gaan doen nie. Garsies het danksy dié sege direk tot die kwarteindronde van die kompetisie deurgedring.

    Garsies het reeds vroeg in die wedstryd dit duidelik gemaak dat hy nie veel van sy balbesit gaan wegskop nie. Hulle het met feitlik al hul balbesit in hul eie kwartgebied teenaanvalle geloods.

    Klofies het op sy tuisveld nie so goed na sy balbesit omgesien soos wat hy graag sou wou nie. Die span het ook nie die voordeellyn aangeval nie, wat sy deurdringensvermoë ingeperk het. Die span se senterpaar, Sean du Plooy en Lund Roos, het wel ’n paar keer daarin geslaag om gapings in die besoekers se verdediging te vind.

    Die twee spanne het met die telling op 17-5 in Garsies se guns gaan rus. Dit was eers in die tweede helfte wat Garsfontein tot ’n hoër rat oorgeskakel het. Dit was die wenspan se haker, Bees Ferreira, en sy agteman, Luke Fortuin, wat deurgans gesorg het dat hul span voorlangs die oorhand het.

    Agterlangs het die senter Lincoln Daniels en die vleuel Shaun Williams goeie wedstryde beleef. Garsies het boonop sonder sy Junior Bok-skrumskakel, Embrose Papier, en sy SA Skole A-span slot en heelagter, PJ Steenkamp en Abner van Reenen, gespeel. Al drie behoort terug in die Bere se geledere te wees wanneer die Virseker Beeldtrofee se uitspeelwedstryde begin.

    Puntemakers:

    Garsfontein 50 (17): Drieë: Wesley Thompson (2), Hendré Eloff, Lincoln Daniels, Emillio Adonis, Austin Davids, Henk de Leeuw, Shaun Williams. Doelskoppe: Davids (4), Bees Ferreira. Waterkloof 10 (10): Drieë: Duhann Gunter, Eduard Pretorius.

  • Theisinger kry tweede kans by Duitsland

    Theisinger kry tweede kans by Duitsland

    Adriaan TheisingerVyf operasies op dieselfde knie sou meeste rugbyspelers hul tokse finaal laat wegbêre het. Adriaan Theisinger het eers ná dié handvol operasies sy droom verwesenlik om internasionale rugby te speel.

    Theisinger het reeds twee keer vir Duitsland uitgedraf.

    “Ek het altyd daarvan gedroom om internasionale rugby te speel. Ek het nooit gedink my kans sal eers kom ná ek feitlik ophou speel het en my op my sakebelange toegespits het nie,” het Theisinger gesê.

    Destyds in 2008 met die 45ste Cravenweek vir hoërskole in Pretoria, sou niemand die voorspelling gewaag het dat die drie voorste agtstemanne op die toernooi eendag internasionale rugby vir drie verskillende lande sou speel nie.

    Agt jaar later en CJ Stander (Suidwestelike Distrikte), Siya Kolisi (Oostelike Provinsie) en Adriaan Theisinger (Vrystaat) het reeds hul staal vir onderskeidelik Ierland, die Springbokke en Duitsland getoon.

    Theisinger en Stander, daardie jaar ook die SA Skole-kaptein, het hul onderskeie unies aangevoer toe hulle mekaar in die hoofwedstryd die stryd aangesê het.

    Die Volstruisboere was op daardie dag met 31-25 baas en Theisinger is met ’n kniebesering af.

    “ ’n Ou dink maar baie daaraan hoe jou loopbaan sou gewees het as dinge anders verloop het. Die beserings het dit maar moeilik gemaak.”

    Die agtsteman se herinneringe van die Cravenweek is nie net sleg nie. Hy was ’n lid van die Vrystaatse span wat in 2007 die Westelike Provinsie met ’n rekordtelling van 52-3 in Stellenbosch in die hoofwedstryd verneder het.

    “Daardie span was ongelooflik.”

    Duitsland se nasionale span het ’n sterk Suid-Afrikaanse geur. Die afrigter, Kobus Potgieter, en sy hulpafrigter, Pieter Jordaan, staan sedert 2013 aan stuur van sake van die Duitse span.

    Ander Suid-Afrikaners wat gereeld vir die Duitsers uitdraf, is die senter Paul Bosch (Stormers en WP), flank Jaco Otto (Madibaz), vleuel Hendrik van der Merwe, slot Michael Poppmeier en die losskakel, Raynor Parkinson.
    Theisinger kwalifiseer om vir Duitsland te speel omdat sy pa, Dean, daar gebore is.

    “Een van my twee vriende wat reeds vir hulle gespeel het, Hendrik, het my eendag gebel en gevra of ek nie sou belangstel om vir Duitsland te speel nie. Ek is aanvanklik net oor om saam te oefen en het toe speelkans gekry.”

    Volgens Theisinger was die ervaring om in sy tweede toets in Keulen teen Spanje voor ’n skare van 45 000 toeskouers te speel ’n ongelooflike ervaring. “Veral omdat rugby nie een van die groot sportsoorte in Duitsland is nie.”
    Van der Merwe is ook soos Theisinger ’n oudleerling van Grey-kollege in Bloemfontein. Otto het saam met Theisinger vir die Sharks-akademie gespeel.

    Adriaan was, interessant genoeg, ook in die laaste span van ’n skool van die Rosestad wat nie die knie teen Grey gebuig het nie.

    Hy was in 2006 in Jim Fouché se eerstespan wat met 5-5 gelykop teen Grey gespeel het. Die vorige keer wat JF daarin kon slaag om nie teen Grey te verloor nie, was in 1968 toe hy met 14-5 in die destydse Vrystaat-stadion baas was.
    Jim Fouché, na wie die skool vernoem is, is ook dié jaar as tweede Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika ingehuldig.

    Adriaan se broer, Bernd, het die Vrystaat as losskakel op 2005 se Cravenweek in die Rosestad verteenwoordig. Hy het ook senior provinsiale rugby vir die Luiperds, Griffons en Vrystaat gespeel.

    Adriaan het ook vir die Vrystaat in 2011 gespeel, maar het die afgelope drie jaar sy rugbyloopbaan op die agtergrond geskuif.

    Hy sal waarskynlik ’n rol speel in Duitsland se aanslag om vir 2016 se Wêreldbeker in Japan te kwalifiseer.
    “Ek probeer maar elke dag in die gimnasium oefen en hulle het ook vir my ’n fiksheidsprogram gegee wat ek moet volg,” het Theisinger gesê.

  • Secunda betree Puma kwarteindronde onoorwonne

    Secunda betree Puma kwarteindronde onoorwonne

    SecundaVier spanne sal na Saterdag ‘n tree nader aan vanjaar se Virseker Beeldtrofee vir Grootskole gee. Die kwarteindronde van die Puma-liga vir Grootskole vind Saterdag om die velde van die Hoërskool Standerton plaas. 

    In die streekkompetisie is daar nie ‘n groter liga in die Grootskole-afdeling as die van die Pumas nie. Daar is 12 skole wat aan die liga deelneem. Die Hoërskool Secunda is die verdedigende kampioen na hy vir Piet Retief met 27-3 in verlede jaar se eindstryd verslaan het.

    Secunda en Piet Retief pak mekaar Saterdag reeds in die kwarteindronde van die liga. Verlede jaar se kampioen het bo-aan sy groep geëindig. Secunda is ook die enigste span wat van al 12 eerstespanne wat met ‘n onoorwonne status kan spog. Die span het wel met 10-elk gelykop teen HTS Witbank gespeel.

    HTS Witbank het teen Lydenburg met 10-12 vasgeval. Die Tekkies sal in Standerton teen Hoogenhout om ‘n plek in die halfeindronde uitspook. Hoogenhout het slegs teen Ligbron (3-32) vasgeval. Ligbron het bo-aan sy groep geëindig, maar het teen Ermelo met 14-19 die knie gebuig.

    Lydenburg kom teen Ermelo in die halfeindronde te staan. Die span se kaptein en losskakel, Brady Theron, sal sy span se sleutelspeler wees. Met die twee sterk derduiwels Cornu Cross en JC Beetge op vaskopstut en haker behoort Theron genoeg balbesit te kry. Ermelo sal dus druk op hom moet plaas indien hulle volgende week in die halfeindstryd wil speel.  

    Die spanne is: 

    HTS Witbank vs. Hoogenhout om 10:55: 

    HTS Witbank: 15 Ruan Vorster, 14 Jacques Westermann, 13 Ronewa Banda, 12 Du Preez van der Merwe, 11 Edrich van der Merwe, 10 Andrew McDermaid, 9 Christiaan Glaeser, 8 Johan Badenhorst, 7 Mikhail van Wieling, 6 Marius Janse van Rensburg, 5 Ethan Erasmus, 4 Diek Prinsloo, 3 Jean Coetzee, 2 Johandré Botes, 1 Jacques Peens. Plaasvervangers: 16 Ducan Verwey, 17 Dylan du Toit, 18 Reinhardt Mulder, 19 Herchelle Mocke, 20 Clyde McDougall, 21 Adriaan Botes, 22 Simon Cloete, 23 Thomas Cane, 24 Elandre Truter. 

    Hoogenhout: TBA. 

    Secunda vs. Piet Retief om 12:10: 

    Secunda: 15 Erick Lowe, 14 Rudie Odendaal, 13 Nathan Carstens, 12 Larnus Steyn, 11 Jacobus Beyleveldt, 10 Steven Steyn, 9 Danny Hanger, 8 Kevin Malan, 7 Ewan Wessels, 6 Steyn van der Heever, 5 Stephan Erasmus, 4 Willie Pretorius, 3 Hanco Nel, 2 Cobus Prinsloo, 1 Estiaan Olivier. Plaasvervangers: 16 Siwe Veleman, 17 Lieburt Meintjes, 18 Ruban van Breda, 19 Jacques Cloete, 20 Laurens Weibach, 21 Elardus Greeff, 22 Juan Kotze.

    Piet Retief: 15 Simon Terblanche, 14 Bongumenzi Dlamini, 13 Percy Mkhwanazi, 12 Louis Murray, 11 James Fourie, 10 Thabiso Mbatha, 9 Mthobisi Johnson, 8 Lindelani Makhanya, 7 Tsakane Motllholoe, 6 Xolani Mavundla, 5 Mongezi Mcube, 4 Sibusiso Madonsela, 3 Sicelo Zulu, 2 Herman Schlebusch (kaptein), 1 Nkosinathi Mthethwa. Plaasvervangers: 16 Thuba Mbokazi, 17 Thabiso Johnson, 18 Morné Badenhorst, 19 Wian Beukes, 20 Sphe Mthethwa, 21 Samkelo Ndlovu, 22 Steve Scheepers, 23 Freedom Maphilela.

    Ermelo vs. Lydenburg om 13:25: 

    Ermelo: 15 Ruan Grobler, 14 Gift Ngwenya, 13 Hans Greyling, 12 Henko Louw, 11 Arno Oosthuizen, 10 Jannie Eloff, 9 Stefan van der Merwe, 8 Ruan Smit, 7 Qiniso Habile, 6 Marius Klopper, 5 Vuzi Mkhonza, 4 Ernst de Waal, 3 Ivan Vilankulo, 2 Ivan Steyn, 1 Daniël Cilliers. Plaasvervangers: 16 Ferdie Martins, 17 Molatia Philileni, 18 Nico Kotze, 19 Chris Delport, 20 Jan-Hendrik Swart, 21 Jean-Jacques Janse van Rensburg, 22 Phelelani Khumalo.

    Lydenburg: 15 Tristen Badenhorst, 14 Vian Grace, 13 Duncan van Vuuren, 12 Robbie Mhlari, 11 Roelof Oelofse, 10 Brady Theron (kaptein), 9 Jeandré Combrink, 8 Marnes Meyer, 7 Gert Burger, 6 Hannes Opperman, 5 Zandré Volschenk, 4 Hein van Zyl, 3 Cornu Cross, 2 JC Beetge, 1 Hannes Cronjé. Plaasvervangers: 16 Johann Reynecke, 17 Samkelo Luthuli, 18 Conference Mokoena, 19 Branden Kruger, 20 Karl Buitendach, 21 Jean Stimmie, 22 Innocent Masinga. 

    Ligbron vs. Rob Ferreira om 14:40:

    Rob Ferreira: 15 Dewiko Loots, 14 Charl Jacobs, 13 Raynard Jacobs, 12 Paul Steenberg, 11 Milo Ferreira, 10 Waldo van Tonder, 9 Boetha Botha, 8 Janco Lourens, 7 Luhan Venter, 6 Victor Esqino, 5 Gregory Nel, 4 Jacques de Kok, 3 Fred Lundy, 2 Reinhard Botha, 1 Edrich Kotze. Plaasvervangers:  16 Justin Ferreira, 17 Ntsako Mhlarie, 18 Juan van Wyk, 19 Kobus Coetzee, 20 Joel Ritson, 21 Carlo van Deventer, 22 Andy Bierman.

    Ligbron: Dié skool was nie bereid om hulle eerstespan aan te stuur nie. 

  • Junior Boks depart for England with high hopes

    Junior Boks depart for England with high hopes

    NewsG JuniorBoks2016The Junior Springboks on Thursday departed for the World Rugby Under-20 Championship in Manchester, England, with high hopes of winning the title following an intense two-month training camp in Cape Town.

    The team will meet Japan in their opening pool match on Tuesday, 7 June, followed by clashes against Argentina on Saturday, 11 June, and France on Wednesday, 15 June.

    The semi-final will be hosted on Monday, 20 June, with the final on Saturday, 25 June.

    “We have worked very hard in the last two months to put the structures and systems in place for the tournament, and it is now time for us to implement that on the field in Manchester,” said Junior Springbok captain Jeremy Ward.

    “The tempo of our last four training sessions in South Africa on Monday and Tuesday were very high and hopefully we can replicate that urgency and focus during our matches.

    “As a team we are excited about the opportunity ahead, but we also realise that we will enter the tournament with huge expectations. That said, we are determined to do well and make our country proud.”

    The team wrapped up their training camp in Cape Town on Wednesday night with their blazer presentation ceremony in the presence of family, friends, SA Rugby CEO Jurie Roux and SA Rugby Executive members, and Ward said it was a special send-off for the team.

    “It was very special to celebrate our selection with family and friends, and we now know what expectations are on us after being addressed by SA Rugby CEO Mr. Jurie Roux,” said Ward.

    “We are leaving South Africa with a heavy weight on our shoulders to win the trophy, but I believe if we play to our potential, we have what it takes to lift the trophy, and we will certainly do our best to achieve that.”

    The team departed for London on Thursday via Johannesburg. They will take the short flight to Manchester on arrival in London.

    Issued by SA Rugby Corporate Affairs

     

  • Ligbloues kies groep vir Cravenweek in Durban

    Die Blou Bulle behoort ‘n gedugte span op die 53ste Coca-Cola Cravenweek vir hoërskole in Durban te wees. Die gesogte toernooi vind vanjaar van 11 tot 16 Julie in die Hawestad plaas.

    Die Ligbloues het 11 spelers in sy span gekies wat verlede jaar ook vir hom op dié toernooi in Stellenbosch in aksie was. In die Blou Bulle se agttal is dit slegs Eldoraigne se vaskopstut, Mornay Smit, en Garsfontein se agtsteman, Luke Fortuin, wat nie verlede jaar vir die Ligbloues in die Eikestad in aksie was nie.

    Van dei agttal het die losskopstut, Cabous Eloff, die Suid-Afrikaanse Skole-span gehaal, terwyl die slot PJ Steenkamp en die flank Phillip Krause die SA Skole se naasbestes verteenwoordig het. Krause is die seun van die voormalige Blou Bul- en Griekwa-kantman, Phillip Krause.

    Krause sr. het in 1991 die SA Skole-span gehaal vanuit die HTS Sasolburg en die Vaaldriehoek. Die Ligbloues se heelagter, Abner van Reenen, het ook verlede jaar die SA Skole se naasbestes verteenwoordig. Dit was egter verlede jaar as ‘n senter.

    Die losskakel, Ruan de Swardt, was verlede jaar met 57 punte die voorste puntemaker op die nasionale Akademie-week. Die Blou Bulle se Akademie-span het in die hoofwedstryd van dié toernooi teen die Westelike Provinsie met 24-36 in Vanderbijlpark vasgeval.

    Die veelsydige Ryno Pieterse is die halfbroer van die Afrikaanse sangers Bobby en Karlien van Jaarsveld. Pieterse is ewe gemaklik om op slot of langs die kant van die skrum te sak. 

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria en die Hoërskool Garsfontein het elk nege spelers tot die Cravenweek-span bygedra. Die Blou Bulle kom in sy eerste wedstryd van die Cravenweek op die tweede dag van die toernooi teen Grens te staan.  

    Die Ligbloues het sy eweknie van die Goue Leeus (23-20) en die Pumas (17-14) in sy twee oefenwedstryde tot dusver verslaan. 

    Die spanne is: 

    Cravenweek (o.18): 15 Abner van Reenen (Garsfontein), 14 Emillio Adonis (Garsfontein), 13 Marnus Potgieter (Affies), 12 Louritz van der Schyff (Affies), 11 Snowy Zondani (Southdowns College), 10 Ruan de Swardt (Affies), 9 Shaun Williams (Garsfontein), 8 Luke Fortuin (Garsfontein), 7 Phillip Krause (Affies), 6 Regardt du Plessis (Affies), 5 Henk Pretorius (Affies), 4 PJ Steenkamp (Garsfontein), 3 Mornay Smit (Eldoraigne), 2 Schalk Erasmus (Affies), 1 Cabous Eloff (Affies). Plaasvervangers: 16 Carl Wijburg (Centurion), 17 Wernich Barnard (Waterkloof), 18 Arno van Wyk (Affies), 19 Ryno Pieterse (Garsfontein), 20 Junior Nonyukala (Southdowns College), 21 Calderen Levens (Garsfontein), 22 Lincoln Daniels (Garsfontein), 23 Austin Davids (Garsfontein). 

    Akademie-week (o.18): 15 Themba Mandlati (Southdowns College), 14 Ndu Nkosi (Southdowns College), 13 Christiaan Strydom (Affies), 12 Bjorgan Hendriks (Garsfontein), 11 Sean Tshungu (Affies), 10 Ulrich Maritz (Waterkloof), 9 Jack Hart (Affies), 8 Jaco Labuschagne (Affies), 7 Gerald Louw (Menlopark), 6 Katlego Mushi (Southdowns College), 5 Ruan Nortjé (Wonderboom), 4 Areteng Koukayging (St. Alban’s College), 3 Thando Kambule (St. Alban’s College), 2 Xhabiso Mtumtum (Pretoria THS), 1 Hendré Eloff (Garsfontein). Plaasvervangers: 16 Danie Rossouw (Menlopark), 17 Goalaona Mokane (Pretoria THS), 18 Gerhard Visser (Waterkloof), 19 Xlolo Mlodi (Pretoria THS), 20 Ruan Straeuli (Menlopark), 21 Duhan Gunther (Waterkloof), 22 Stephan Ndaya (Overkruin), 23 Phineas Zitha (Zwartkop). 

    Grant Khomo-week (o.16): 15 Juandré Scheepers (Garsfontein), 14 Juandré Sabbat (Garsfontein), 13 Julian Bogner (Waterkloof), 12 Diego Apollis (Garsfontein), 11 Adam Mayo (Waterkloof), 10 Regard Roets (Affies), 9 Jurich Claassens (Garsfontein), 8 Wikus Lindeque (Waterkloof), 7 Marcell Momberg (Menlopark), 6 Landi Mashanglu (Affies), 5 Aldo Landsberg (Garsfontein, kaptein), 4 Kgala Mothomogolo (Pretoria Boys’ High), 3 Tapiwanahe Katete (St. Alban’s College), 2 Warren Nkobane (Cornwall Hill College), 1 Dewald Donald (Affies). Plaasvervangers: 16 Janco Uys (Affies), 17 Tafadzwa Kumbirai (St. Alban’s College), 18 Ruan Struwig (Menlopark), 19 Divan Venter (Menlopark), 20 Kahanda Jada (Pretoria Boys’ High), 21 Steyn van der Spuy (Affies), 22 Alberto Maarman (Zwartkop), 23 Mihlali Bam (Southdowns College). 

  • School of Rugby Rankings – 30 May 2016

    School of Rugby Rankings – 30 May 2016

    SOR NuusPaarl Boys’ High extended their unbeaten streak to 32 matches with an impressive 28-3 victory over Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch. Affies had to work hard to down Jeppe High School for Boys by 52-32, while Oakdale Landbou came out on top by 22-3 against Outeniqua in their annual clash.

     

    Glenwood held on to the narrowest of 24-23 in their FNB Classic Clash over Durban High School. The Grasshoppers will be tested thoroughly when they meet Monument in a Premier Interschools clash on Saturday.

    It is important to take into consideration that School of Rugby’s ranking system only takes into account the performances each team produced thus far in the season and not the potential we might believe each team has.

    Please note that we don’t take matches against international opposition into consideration in our rankings. These games will however still be recorded and shown in our results. This rankings is not an official ranking as there is no official ranking on schoolboy level and this is only to get the discussion on school rugby on South Africa flowing. We however take our responsibilty on reporting school rugby very seriously.

    To see each team’s results so far this season click on their name in the rankings. If you see any results missing please don’t hesitate to contact Hannes Nienaber via e-mail on hannes@schooolofrugby.co.za – and please feel free to discuss and differ from us in the comments section.

    The Rankings:

    Ranking Team Played Won Drawn Lost Points F Points A Ave Score
    1 Paarl Boys’ High 12 12 0 0 401 134 33-11
    2 Grey College 10 9 0 1 574 161 57-16
    3 Glenwood 8 8 0 0 254 73 32-9
    4 Paarl Gimnasium 11 10 0 1 416 154 38-14
    5 Oakdale Landbou 10 9 0 1 321 119 32-12
    6 Affies 12 10 0 2 544 195 45-16
    7 Boland Landbou 11 9 0 2 419 197 38-18
    8 EG Jansen 13 10 0 3 497 214 38-16
    9 Dale College 13 12 0 1 465 148 36-11
    10 Monument 13 9 1 3 419 165 38-13
    11 Grey High School 13 11 0 2 459 153 35-12
    12 Jeppe High School for Boys 13 11 0 2 486 229 37-18
    13 Diamantveld 11 9 0 2 345 154 31-14
    14 Helpmekaar 11 8 0 3 338 218 31-20
    15 Nelspruit 12 9 0 3 294 246 25-21
    16 Paul Roos Gimnasium 12 8 0 4 377 191 31-16
    17 Selborne College 14 9 2 3 446 218 32-16
    18 Garsfontein 12 7 0 5 378 281 32-23
    19 Welkom Gimnasium 14 11 0 3 582 241 42-17
    20 Rondebosch Boys’ High 8 5 1 2 219 159 27-20
    21 SACS 14 9 2 3 516 241 37-17
    22 Ben Vorster 10 7 0 3 351 187 35-19
    23 Outeniqua 11 7 0 4 300 198 27-18
    24 Kearsney College 11 8 0 3 391 219 36-20
    25 Stellenberg 11 6 0 5 359 229  33-21
    26 Duineveld              
    27 Voortrekker 12 9 0 3 443 140 37-12 
    28 Pietersburg              
    29 Diocesan College 12 6 1 5 300 356 25-30
    30 Queen’s College 12 8 0 4      
    31 Hilton College 9 7 0 2      
    32 HTS Daniel Pienaar              
    33 HTS Drostdy              
    34 Lichtenburg              
    35 Kingswood College              
    36 Rustenburg 12 7 0 5      
    37 Oos-Moot 9 8 0 1 250 52 28-6
    38 Durban High School              
    39 HTS Middelburg              
    40 Zwartkop