SSPN Test Site

Blog

  • Klofies bo in doodsnikke

    Waterkloof het Centurion in die laaste asemteug van sy wedstryd naelskraap met 36-31 geklop.

    Met speeltyd wat reeds verby was, het die Klofies se senter, Janneman Malan, in die hoek oorgeduik om die wedstryd vir sy span te beklink.

    In nog ’n wedstryd vir makro-skole in Pretoria, was Garsfontein in ’n omgekrapte bui en het hy die Eldodrake met 75-20 afgeslag.

    Waterkloof se besluit om die bal in die tweede helfte van hierdie opwindende wedstryd meer lug te gee, het goeie vrugte afgewerp en hy het vier drieë gedruk om die oorwinning te verseker.

    Malan het twee drieë gedruk.

    Centurion het die eerste helfte danksy die skopvoet van sy losskakel, Hendrik Mulder, oorheers en het teen rustyd met 23-12 voorgeloop.

    Die Woeries het vroeg toegeslaan toe sy slot, Marko Hartzenberg, binne die eerste minuut deur die verdediging van Waterkloof gebars het. Hendrik Mulder het met die doelskop en later weer met ’n strafdoel die Woeries se voorsprong gerek.

    Waterkloof het kort hierna teruggeslaan toe sy vleuel, Ruan Venter, gaan druk het.

    Centurion het die lynstane heeltemal oorheers.

    Centurion het met nog ’n strafdoel deur Mulder sy telling verder gerek.

    ’n Geelkaart vir Centurion se vleuel, is goed deur Waterkloof uitgebuit en in hierdie tyd het sy agsteman, JP Snyman, ná ’n breekslag deur die losskakel, Tinus de Beer, gaan afrond om Waterkloof weer binne trefafstand te bring.

    Mulder het egter van die afskop af met ’n allemintige strafdoel van die halflyn af geslaag om Centurion se voorsprong weer te rek.

    Kort voor rustyd het Centurion se woelige haker, Riku Rossouw, ’n beweging wat in Centurion se halfgebied begin is met sy drie in die hoek afgerond.

    Mulder het met die doelskop die rustydtelling op 23-12 te staan gebring. Ná rustyd het die Klofies hul spelpatroon gewysig en die bal baie meer lug begin gee.

    Sy kookwater-flank, Juandré Michau, het binne die eerste minuut gaan druk.

    Centurion het egter kort hierna weer toegeslaan toe Rossouw ná ’n goeie beweging sy tweede drie gaan druk het.

    Hierna was die vet in die vuur en het Waterkloof weer toegeslaan toe Malan sy eerste drie gaan druk het ná vinnige spel van ’n strafskop af.

    Mulder het die Woeries se voorsprong verder gerek toe hy hierna nog ’n strafdoel deur die pale gejaag het.

    Met nog tien minute se spel oor, het die Kloof die krane behoorlik oopgedraai met sy hardlooprugby en het hy met sy vinnige spel nog twee drieë gaan druk om die wedstryd te beklink.

    Eers het die vleuel, Dewald Lindeque, in die hoek oorgegaan waarna Malan die die wendrie gaan druk het. De Beer het met albei doelskoppe geslaag.

    Vir Centurion het sy agsteman, Cornel Jacobs, en die flank, Denver Robbertzon, ’n barshou gespeel terwyl Waterkloof se Michau en De Beer veral in die tweede helfte uitgeblink.

    ) BLOU BULLE

    Affies 23: Drieë: Eduan Keyter (2), Jan van der Merwe. Doelskop: Eddie Fouché. Strafdoele: Fouché (2). Jeppe 11: Drie: S’busiso Nkosi. Strafdoele: Bradley van Waardhuizen, Bradley Robbins.

    Zwartkop 13: Drieë: Raymond Yssel, Josia Gerber. Strafdoel: Stuart Anderson. Montana 41.

    Makro skole – o.16: Waterkloof 57, Centurion 0; Garsfontein 24, Eldoraigne 10; Zwartkop 41, Montana 7. o.15: Waterkloof 34, Centurion 15; Garsfontein 15, Eldoraigne 12; Zwartkop 19, Montana 3. o.14: Waterkloof 50, Centurion 5; Garsfontein 65, Eldoraigne 10; Zwartkop 10, Montana 10.

    Groot skole – Eerste spanne: Tuine 14, Overkruin 10. o.16: Overkruin 30, Tuine 12. o.15: Tuine 34, Overkruin 24. o.14: Overkruin 17, Tuine 12.

    Medium skole – Eerste spanne: Midstream-kollege 36, Hendrik Verwoerd 10. o.16: Midstream College 53, Hendrik Verwoerd 7.

    Ander – Eerste spanne: Pretoria-Noord 34, Gerrit Maritz 0; Wonderboom 16, HTS John Vorster 14; Oos-Moot 88, HTS Tuine 0. o.16: Pretoria-Noord 27, Gerrit Maritz 3; Wonderboom 79, HTS John Vorster 0; Oos-Moot 93, HTS Tuine 0; Zwartkop 41, Montana 7. o.15: Pretoria-Noord 46, Gerrit Maritz 3; Wonderboom 21, HTS John Vorster 20; Oos-Moot 76, HTS Tuine 0; Zwartkop 19, Montana 3. o.14: Pretoria-Noord 57, Gerrit Maritz 0; Wonderboom 24, HTS John Vorster 14; Oos-Moot 33, HTS Tuine 0; Zwartkop 10, Montana 10.

    ) LEEUS

    Groot skole – Eerste spanne: Linden 24, Alberton 8. o.16: Alberton 15, Linden 10. o.15: Alberton 7, Linden 3. o.14: Linden 22, Alberton 5.

    Ander – Eerste spanne: Monument 30, Glenwood 19; Bekker 22, Fochville 14. o.16: Bekker 23, Fochville 15. o.15: Fochville 8, Bekker 7. o.14: Fochville 52, Bekker 0.

    ) LIMPOPO

    Hans Strijdom 41: Drieë: Pierre Janse van Vuuren (2), Willem Dreyer, Neels Prinsloo, Renier Botes, Richard van der Westhuizen. Doelskoppe: Conrad Engelbrecht (3). Nylstroom 7: Drie: Jarrik van der Walt. Doelskop: Van der Walt.

    Ander – Eerste spanne: Ben Viljoen 26, Ellisras 15; Louis Trichardt 54, Stanford Lake 14; Frikkie Meyer 45, Piet Potgieter 25; Tom Naudé 28, Warmbad 5; Merensky 48, Eric Louw 0; Hoërskool Pietersburg 33, Ben Vorster 25. o.16: Ellisras 20, Ben Viljoen 10; Louis Trichardt 28, Stanford Lake 19; Frikkie Meyer 24, Piet Potgieter 5; Tom Naudé 18, Warmbad 5; Hans Strijdom 36, Nylstroom 0; Merensky 17, Eric Louw 14; Hoërskool Pietersburg 31, Ben Vorster 22. o.15: Ben Viljoen 60, Ellisras 5; Louis Trichardt 42, Stanford Lake 7; Frikkie Meyer 41, Piet Potgieter 5; Tom Naudé 17, Warmbad 0; Hans Strijdom 40, Nylstroom 0; Merensky 32, Eric Louw 0; Ben Vorster 41, Hoërskool Pietersburg 12. o.14: Ben Viljoen 22, Ellisras 0; Frikkie Meyer 29, Piet Potgieter 5; Tom Naudé 22, Warmbad 10; Hans Strijdom 19, Nylstroom 12; Ben Vorster 20, Hoërskool Pietersburg 15.

    )LUIPERDS

    Hoërskool Klerksdorp 48 (29): Drieë: Riaan Scholtz (3), Michael Steinberg (2), Edmund Rheeder, Adriaan Snyman, Phillip Barlow-Jones. Doelskoppe: Eric Hough (4). Potchefstroom Volkskool 7 (0).

    Groot skole – Eerste spanne: Lichtenburg 32, Potchefstroom Gimnasium 31. o.16: Lichtenburg 14, Potch Gimmies 12; Potch Volkies 17, KHS 12. o.15: Potch Gimmies 17, Lichtenburg 17; KHS 22. Potch Volkies 6. o.14: Potch Gimmies 24, Lichtenburg 5; Potch Volkies 53, KHS 7.

    ) PUMAS

    Secunda 59: Drieë: Dillen Erasmus (3), Ammi Windt, George Weilbagh, Christiaan Wessels, Righ Potgieter, JP Janse van Rensburg, Bongeka Mahlanga. Doelskoppe: Christiaan Naudé (5), Weilbagh (2). Lydenburg 0.

    Ligbron 13: Drieë: Ruan Viljoen, Nthokozisi Hlubi. Strafdoel: Carl Jacobsz. Ermelo 0.

    Hoërskool Middelburg 11: Drie: Bennie Mashabane. Strafdoele: Chris Hanekom (2). Hoërskool Nelspruit 10: Drieë: Lukas de Kock, Werner Visser.

    Makro Skole – Eerste spanne: HTS Middelburg 24, HTS Witbank 22. o.16: HTS Middelburg 23, HTS Witbank 15; Nelspruit 81, Hoërskool Middelburg 12. o.15: HTS Middelburg 34, HTS Witbank 9; Nelspruit 22, Hoërskool Middelburg 12. o.14: HTS Middelburg 29, HTS Witbank 7; Nelspruit 34, Hoërskool Middelburg 7.

    Groot skole – Eerste spanne: Piet Retief 78, Rob Ferreira 0; Volksrust 44, Hoogenhout 12. o.16: Secunda 42, Lydenburg 12; Piet Retief 34, Rob Ferreira 5; Hoogenhout 31, Volksrust 3; Ligbron 15, Ermelo 7. o.15: Secunda 19, Lydenburg 7; Piet Retief 32, Rob Ferreira 7; Hoogenhout 48, Volksrust 0; Ligbron 22, Ermelo 19.

    o.14: Secunda 60, Lydenburg 0; Rob Ferreira 7, Piet Retief 0; Hoogenhout 50, Volksrust 12; Ligbron 10, Ermelo 7.

    ) VALKE

    Kemptonpark 89: Drieë: Daniël Terblanche (3), Michael Collins (2), Marnus Liebenberg (2), Hanno van Tonder (2), Marnus Gruber (2), Dean Koch, Thinus Grundlingh, Stefan Martignalia, Joe Meyer. Doelskoppe: Gruber (7). Noordheuwel 13.

    Makro-skole – o.16: EG Jansen 77, Die Anker 0; Kemptonpark 23, Noordheuwel 18. o.15: EG Jansen 38, Die Anker 3; Kemptonpark 22, Noordheuwel 3. o.14: Die Anker 19, EG Jansen 7; Kemptonpark 10, Noordheuwel 7.

    Groot Skole – Eerste spanne: Hugenote 24, Oosterlig 22; Hans Moore 43, Benoni High 9, Springs Boys’ High 18, Elspark 13. o.16: Hugenote 43, Oosterlig 22; Hans Moore 37, Benoni High 10; Springs Boys’ High 26, Elspark 26. o.15: Hugenote 19, Oosterlig 19; Hans Moore 50, Benoni High 3; Springs Boys’ High 42, Elspark 12. o.14: Hugenote 14, Oosterlig 5; Hans Moore 26, Benoni High 3; Springs Boys’ High 8, Elspark 7.

    Medium skole – Eerste spanne: Brandwag 17, Stoffberg 3; Heilbron 46, Die Ankerskool 8. o.16: Brandwag 20, Stoffberg 17. o.15: Brandwag 31, Stoffberg 12. o.14: Stoffberg 12, Brandwag 7.

     

  • Garsies sê oor ‘huursoldate’

    Die Hoërskool Garsfontein het gister teruggeslaan op beweringe deur die Afrikaanse Hoër Seunskool Pretoria dat hulle van sogenaamde “huursoldate” en post-matrieks gebruik maak.

    Dit is luidens ’n verklaring wat gister deur Garsfontein uitgereik is. Affies het aan sy interskole teen Garsfontein onttrek weens sy beleid dat hy nie teen skole speel wat sogenaamde post-matrieks of huursoldate gebruik inspan nie. Affies se skoolhoof, dr. Pierre Edwards het dit as vernaamste rede voorgehou hoekom die twee skole se wedstryde afgelas is.

    “Daar is geen post-matriek in Garsfontein se span nie, soos beweer word. Die persepsie word geskep dat Garsfontein leerders doelbewus een akademiese jaar terughou ten einde “ouer” spelers in spanne te hê – dit is van alle waarheid ontbloot en ons rekords kan dit staaf. Voorts, Affies het onlangs teen ander bekende skole gespeel, wat 19-jariges in hul span gehad het. Affies het selfs ook al met 19-jarige seuns gespeel.” lui die verklaring deur Garsfontein.

    Affies het gister gese dat hulle nie verdere kommentaar oor die aangeleentheid sal gee nie. Dié skool voel hulle het reeds hulle redes vir die afstelling van die wedstryd verskaf en het niks om daarby te voeg nie.

    “Dit is vreemd dat die eksamen nou skielik voorgehou word as rede vir die onttrekking. Toe die wedstryde geskeduleer is, was albei skole bewus dat dit in die eksamen sou gebeur. Garsfontein het gevolglik pro-aktief planne gemaak om die seuns te akkommodeer. Dit laat mens wonder oor die werklike redes vir hul onttrekking aan die wedstryde teen twee topskole, Menlopark en Garsfontein. Dr. Edwards is geen verduideliking aan Garsfontein verskuldig nie – net aan sy eie skool se kinders en ouers,”

    “Dit is betreurenswaardig dat dr. Edwards na leerders in ’n skool as “huursoldate” verwys en is ook hoegenaamd nie ter ondersteuning van die wyer transformasie-inisiatiewe in ons land nie,”

    Volgens Edwards gaan dit ook oor die deelname van Affies se seuns. Interskole-byeenkomste waar al die spanne van die skool speelkans kry, kry voorrang bo ander geleenthede.

    Volgens Garsfontein is hulle nie ’n seunsskool wat soveel spanne in die veld kan stoot nie. Die skool se aantal rugbyspanne het egter die afgelope vier jaar van tien tot 15 spanne toegeneem. Die skool se leerlinge was glo so entoesiaties dat hulle selfs in ’n posisie was om 16 spanne teen Affies te laat speel.

    Garsies kom vandag op sy tuisveld teen Eldoraigne in ’n Beeldtrofee-wedstryd te staan. Affies speel teen Jeppe Boys’ High op laasgenoemde se tuisveld in Johannesburg om 13:30.

    Die Hoërskool Garsfontein se volledige verklaring: 

    REAKSIE OP BERIG IN BEELD VAN 29 MEI 2014

    Dit is nie die beleid van Hoërskool Garsfontein om in die openbaar in oor en weer bewerings met ander skole betrokke te raak nie, maar wanneer onwaarhede en verdraaide opinies versprei en kinders en ouers daarmee verneder word, is ‘n sterk reaksie nodig, nie net ter wille van die integriteit van ons kinders en ouers nie, maar ook ter wille van die waarheid. Gevolglik volstaan Hoërskool Garsfontein met die onderstaande verklaring, terwyl ander sensitiewe aspekte regstreeks met die Afrikaanse Hoër Seunskool opgeneem sal word.

    Stelling: In Beeld van 29 Mei, bladsy 3 staan geskryf: “Affies het ’n beleid dat ons nie teen skole speel wat sogenaamde post-matrieks of huursoldate gebruik nie,” het dr. Pierre Edwards, hoof van Affies, gesê. 

    Antwoord 1: Eerstens, akademie is die belangrikste prioriteit by Hoërskool Garsfontein en dit sal altyd so bly (ons top-posisie as akademiese skool in Gauteng is voldoende bewys hiervan). Tweedens, daar is geen post-matriek in
    Garsfontein se span nie, soos beweer word. Die persepsie word geskep dat Garsfontein leerders doelbewus een akademiese jaar terughou ten einde “ouer” spelers in spanne te hê – dit is van alle waarheid ontbloot en ons rekords kan dit staaf. Voorts, die Afrikaanse Hoër Seunskool het onlangs teen ander bekende skole gespeel, wat 19-jariges in hul span gehad het. Die Afrikaanse Hoër Seunskool het selfs ook al met 19-jarige seuns gespeel. Bowenal was die
    Beeldreeks sedert sy ontstaan ‘n o.19-reeks.

    Antwoord 2: Garsfontein se beheerliggaam het in 2011 besluit dat ontwikkeling, transformasie en integrasie op alle vlakke van skool moet gebeur. As top Afrikaanse skool in Pretoria het ons die leiding op die gebied geneem. Gevolglik word geleenthede vir leerders van dieselfde kulture en taal op verskeie vlakke geskep, nie net op sportgebied nie, maar ook op die gebied van kultuur, akademie en sorg. Die huidige leerders in die eerste rugbyspan is dus nie soos beweer word huursoldate nie, maar is deel van die stelsel wat nou in sy vierde jaar is. 

    Verskeie van die oud-leerders het reeds verlede jaar matriek met groot sukses geslaag in ‘n jaar waar Garsfontein as top akademiese skool in Gauteng aangewys is deur die Gauteng departement van onderwys. Dit is
    betreurenswaardig dat dr. Edwards na leerders in ‘n skool as “huursoldate” verwys en is ook hoegenaamd nie ter ondersteuning van die wyer transformasie- inisiatiewe in ons land nie. Die geleenthede wat geskep word vir hierdie leerders word ongelukkig totaal misken deur die bewerings.

    In verskeie gevalle is Hoërskool Garsfontein deur die leerders en ouers genader, waarna die versoek deeglik evalueer is voor ‘n besluit geneem is. Talle sosiale faktore word in so ‘n besluit in ag geneem en deeglike kommunikasie en terugvoering oor die leerders se totale vordering word gereeld aan ouers verskaf. 

    Stelling: Volgens Edwards gaan dit ook oor die deelname van Affies se seuns. 

    Antwoord 1: Garsfontein is nie ‘n seunskool nie en die oorhoofse doel is om totale opvoeding te verskaf aan alle leerders. Deelname aan ‘n aktiwiteit is uiters belangrik vir Garsfontein. Sedert Garsfontein vier jaar gelede met die ontwikkelings- en transformasieproses begin het, het die aantal rugbyspanne van 10 tot 15 toegeneem. Dit is dus nie ‘n “wenmotief ten alle koste” aspek nie, maar van groter belang is om geleentheid vir deelname aan soveel as moonlik leerders te bied. Dieselfde geld ander sportoorte en op die vlak van kultuur waar deelname sterk gegroei het. Dit toon dat indien ‘n projek reg aangepak word, sukses moontlik is. So entoesiasties was die leerders om te speel dat Garsfontein in ‘n posisie was om 16 spanne teen die Afrikaanse Hoër Seunskool te laat deelneem – meer as wat in die vermoë van baie ander gemengde skole is. 

    Antwoord2: Dit is vreemd dat die eksamen nou skielik voorgehou word as rede vir die onttrekking. Toe die wedstryde geskeduleer is, was albei skole bewus dat dit in die eksamen sou gebeur. Garsfontein het gevolglik pro-aktief planne gemaak om die seuns te akkommodeer. Dit laat mens wonder oor die werklike redes vir hul onttrekking aan die wedstryde teen twee topskole, Menlopark en Garsfontein, albei op hulle voorstoep. Dr Edwards is geen verduideliking aan Garsfontein verskuldig nie – net aan sy eie skool se kinders en ouers.

  • Junior Boks hit the turf in Auckland

    Junior Boks hit the turf in Auckland

    The Junior Springboks rugby team completed their first two training sessions on Thursday in Auckland since arriving earlier in the week in New Zealand for the IRB Junior World Championship (JWC).

    The JWC2014 takes place from 2 to 20 June in Auckland and surrounding areas, with the Junior Boks up against Scotland on 2 June in their opening fixture.

    Cell C Sharks prop Thomas du Toit was especially glad to be part of the training session after he joined up with his SA Under-20 team mates on Tuesday. The front ranker did not attend the training camp back home in Stellenbosch because of Vodacom Super Rugby commitments with the Durban franchise.

    On finally meeting up with his Junior Springbok team mates, Du Toit said: “I was really looking forward to meet the guys and I’ve heard that there was a very good spirit in the camp. I know quite a few of the boys and they all made me feel welcome and I felt at home from the start,” enthused Du Toit.

    He added: “It was a good feeling to finally run onto the training field with the guys. Now we are all looking forward to a few more good training sessions before the tournament kicks off,” according to Du Toit.

    The South Africans have settled in quickly into their local surroundings since their arrival. On Wednesday, they spent much of the day busy with recovery activities, which included separate gym sessions for the forward and backs as well as a swimming session.

    On Thursday the team had two field sessions at the Cornwall Park fields.

    #JWC2014 set for record TV audiences

    The seventh annual IRB Junior World Championship kicks off next Monday, June 2 and according to the organisers is set to become the most televised since the tournament began in 2008.

    Teams are arriving in New Zealand this week ahead of kick off at the under 20 championship in Auckland.
    The pool stages will be played in in Pukekohe and North Harbour Stadium, with the final held in Eden Park on Friday, June 20.

    The premier age-grade tournament will be beamed to over 262 million homes across the globe, with a whopping 436 hours of live Rugby shown in over 140 countries.

    The under 20 tournament kicks off next Monday, with England out to retain their crown after beating Wales to win the JWC trophy last year.

    South Africa won the trophy on home soil in 2012 and this year’s hosts New Zealand won the coveted prize four times between 2008 and 2011.

    Issued by SARU Corporate Affairs

  • ‘Gehuurde’ spelers dryf Affies uit

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het besluit dat vanjaar se rugby-kragmetings met onderskeidelik Garsfontein en Menlopark nie dié jaar sal plaasvind nie.

    “Ek het die redes vir ons besluit persoonlik aan mnr. Leon Bantjes (hoof van Garsfontein) oorgedra. Affies het ’n beleid dat ons nie teen skole sal speel wat van sogenaamde post-matrieks of huursoldate gebruik maak nie,” het dr. Pierre Edwards, hoof van Affies, gesê.

    Volgens Edwards gaan dit ook suiwer oor die deelname van Affies se seuns. Interskole-byeenkomste waar al die spanne van die skool speelkans kry, geniet voorrang bo ander geleenthede.

    “Dit is hoekom ons jaarliks teen skole soos Grey Kollege, Boys High, Maritzburg College en Waterkloof speel.”

    “Ons groot probleem is die feit dat o.19-spelers van die hele land (deur sekere skole) bymekaar gemaak word. Skole vanuit die Kaap waarmee ons ’n goeie verhouding het, is woedend oor van hul spelers wat afgerokkel is,” het Edwards gesê.

    Francois de Kock, Garsfontein se hoof van rugby, het gesê dat hoewel hulle teleurgesteld is, eerbiedig hulle Affies se besluit.

    Tesame daarmee dat die wedstryde boonop in die eksamentyd sou plaasvind, is daar volgens dié voormalige Springbok-heelager te veel op die spel.

    Die wedstryd teen Menlopark sou aanvanklik op 15 Maart beslis gewees het, dit is egter geskuif na 4 Junie omdat Affies weens die hoë reënval destyds nog nie proewe kon hou nie. Dié wedstryd van 4 Junie is afgestel oor dit in eksamentyd sou plaasvind. “Ons interskole met Menlopark is nie af nie. Ons sal volgende jaar teen hulle speel,” het Edwards gesê.

    Hoewel Affies se eerstespan nie vanjaar die krag is wat hy verlede jaar was nie, tel die skool se juniorspanne onder die voorstes in die land.

    “Die wedstryde teen Affies was veral vir ons junior-spanne belangrik ter voorbereiding vir die Beeld-trofee. Hulle sou ons junior-spanne se grootste toets in die liga gewees het,” het Dean van der Watt, rugbyhoof van Menlopark, gesê.

    Edwards sê voorts ook dat gerugte wat die ronde doen dat hulle bang is, van alle waarheid ontbloot is. “As ons bang was, sou ons nie teen skole soos Grey-kollege gespeel het nie,” het Edwards gesê.

    Affies het verlede Saterdag ’n naelskraapse sege van 21-20 oor Centurion behaal.

    Centurion het Menlopark vroeër vanjaar met 35-32 getroef. Affies se onttrekking teen Menlopark het waarskynlik die span se kanse om bo Centurion op die puntelys te eindig beïnvloed.

    Menlopark se nederlae teen Waterkloof (55-30) en Garsfontein (41-29) beteken dat die span se kragmeting met Eldoraigne op 21 Junie nou waarskynlik sal bepaal wie die Blou Bulle se vierde span in die Makro-afdeling van die Beeldtrofee sal wees.

    Die span wat vierde in die Bulle se liga eindig, speel uit teen die wenner van die afdeling waarin Wonderboom, Montana, Zwartkop en HTS John Vorster meeding.

    Dit maak dié span se pad in die Beeldtrofee aansienlik moeiliker as die voortste drie spanne in die liga.

    Nadat verskeie skole in die verlede teen Affies onttrek het, het dié skool verlede jaar gevra dat dit op die Blou Bulle se hoërskole-vereniging se jaarvergadering bespreek word. Daar is besluit dat ’n skool al sy sal verbeur as hy onttrek.

    Die besluit raak Affies egter nie omdat hulle nie aan die Beeldtrofee deelneem nie.

  • School of Rugby Rankings – 26 May 2014

     

    The Rankings: 

    Rank Team Avg
    1 Grey College 4.28
    2 Paul Roos 3.58
    3 Paarl Gimnasium 3.58
    4 Garsfontein 3.53
    5 Glenwood 3.46
    6 Paarl Boys’ High 3.31
    7 Monument 3.24
    8 HTS Middelburg 3.15
    9 EG Jansen 3.08
    10 Selborne College 3.02
    11 Waterkloof 2.96
    12 Oakdale 2.94
    13 Maritzburg College 2.83
    14 Wynberg BHS 2.82
    15 Grey PE 2.77
    16 Outeniqua 2.66
    17 Michaelhouse 2.65
    18 Tygerberg 2.59
    19 Louis Botha 2.58
    20 Transvalia 2.58

  • Griffons kies voorlopige span vir die Cravenweek

    DIE Griffons het vier spelers in sy voorlopige rugbyspan vir die 51ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole in Middelburg (Mpumalanga) ingesluit, wat verlede jaar ook vir die span in aksie was.

    Die viertal is die vleuels Jonathan April en Nazo Nkala, agtsteman Francois Stemmet en plaasvervanger-haker Nick Fortuin.

    April en Nkala is twee van die gevaarlikste spelers op die aanval in Suid-Afrika. Die Perses behoort dus die bal hope lug te gee om die duo soveel as moontlik in besit van die bal tydens die toernooi te plaas.

    Die keurders het besluit om die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad se lostrio as kombinasie in die span te behou. Stemmet sal saam met Henry Searle en JP Kalp die span se losvoorspelers wees. Interresant is dat Stemmet vanjaar op buitesenter vir Rooiskool uitdraf.

    Hentie Cilliers van Virginia het soos gewoontlik die meeste verteenwoordigers in die span met agt spelers wat die voorlopige span gemaak het.

    Die Perses sal op 14 Junie op die Vrystaat se jaarlikse Bondedag teen Griekwas kragte meet, terwyl die jaarlikse kragmeting teen Vrystaat die volgende Saterdag gespeel sal word.

    Bothaville se vaskopstut, Armand van Wyk kry die kans om sy krag teen van die voorste spelers te meet. Van Wyk is die anker van Bothaville se skrum wat vanjaar alle teenstand in die afdeling van die spel verwoes het. Die vorige voorryman van Bothaville wat vir die Perses op die Cravenweek uitgedraf het was die voormalige Springbok-stut, Wessel Roux. Hy was lid van die Noord-Vrystaatse span wat aan die toernooi in 1993 deelgeneem het.

    Die Griffons pak Grens op die tweede dag van vanjaar se toernooi op die velde van HTS Middelburg in sy eerste wedstryd van die week.

    Die Griffons is die suksesvolste span op die Cravenweek die afgelope drie jaar. Die Noord- Vrystaters het slegs een nederlaag in sy laaste nege wedstryde op die toernooi gely. Dit was in 2012 teen die Pumas (24-48) in Port Elizabeth.

    Die span word weer vanjaar deur Kassie Kasselman (Wessel Maree) en Roean Bezuidenhout (Welkom-Gimnasium) gebrei.

    Die span is:

    Ezrick Alexander (Hentie Cilliers), Nazo Nkala (Welkom-Gimnasium), Siyamamkela Ngxesha (Hentie Cilliers), Boeta Vermaak (Voortrekker), Jonathan April, Luan James, Jaywinn Juries (almal Hentie Cilliers), Francois Stemmet, Henry Searle, JP Kalp, Erik Knoetze (almal AHS Kroonstad), Wesley McMaster (Welkom-Gimnasium), Armand van Wyk (Bothaville), Toffie van Zyl (Voortrekker), Fanie Vermaak (Welkom-Gimnasium). Plaasvervangers: Nick Fortuin (Welkom-Gimnasium), Neo Mohapi (Hentie Cilliers), Niel Janse van Rensburg (Voortrekker), Nathan Kemp, Jason Olivier (albei Hentie Cilliers), Kobus Kleyn (AHS Kroonstad), Tokkie van Zyl (Voortrekker).

  • SA Under-18 Sevens win Gold in African Youth Games

    SA Under-18 Sevens win Gold in African Youth Games

    AfricaThe South African Under-18 Sevens team did the country proud on the weekend by winning the gold medal at the African Youth Games in Botswana, but it was the way in which it was achieved that was particularly pleasing.

    This was the opinion of Marius Schoeman, the SARU Sevens Academy Manager, after the schoolboy side returned home from Gaborone with a second gold medal in as many years. The team also won gold in the 2013 Australian Youth Olympics.

    In Gaborone the South Africans coached by Gavin Beresford, scored 183 points without conceding any.

    “Our defence was very good and that says a lot about the team’s attitude,” Schoeman reflected.

    “The boys really played well, considering we only had four field sessions with them prior to the tournament.”

    On day one, South Africa beat Kenya 30-0 and Madagascar 52-0, with Ivory Coast forfeiting their fixture. This placed South Africa in the semifinals on day two against Namibia, and to Schoeman’s delight the team continued their fine form to earn a 41-0 victory and a final berth against Kenya. With form and confidence counting in the team’s favour, they finished the tournament with their best result of the weekend, a 60-0 victory against Kenya.

    “Kenya will be the African representative at the Junior Olympics later this year, so we wanted to make a statement when we faced them. The players did exactly what was asked of them in terms of implementing our game plan and that resulted in some great tries. What impressed me the most, however, was the fact that we did not concede any tries or points for that matter. We pride ourselves on our defensive system and the players can be very proud of themselves,” Schoeman said.

    The gold medal winners are: Edrich Venter (Paul Roos Gym), Herschelle Jantjies (Paul Roos Gym), Edwill van der Merwe (Paul Roos Gym), Jaco Coetzee (Glenwood), Morne Joubert (Glenwood), Tshepiso Mahasa (Ben Vorster), Luigy van Jaarsveld (Marlow Landbou), Ivan Kunz (Tygerberg), Eduan Kuyter (Afrikaans Seuns), Grant Williams (Paarl Gym), PJ Toerien (Garsfontein), Marco Janse van Vuuren (Transvalia). Coach: Gavin Beresford (Tygerberg).

    Issued by SARU Corporate Affairs

     

  • Louis Botha te sterk vir JF

    DIE eerste rugbyspan van Louis Botha gaan moeilik in die Vrystaatse A1-liga gestuit word.

    Dit was Saterdag op sy tuisveld duidelik in sy kliniese oorwinning met 57-32 oor die Hoërskool Jim Fouché.

    Die tuisspan het van meet af aan sy stem dik gemaak en het vroeg ’n drie onder die pale gaan druk.

    JF het egter geantwoord met ’n drie deur sy losskakel, Tiaan Schutte.

    Schutte was by verre die besoekers se beste speler en hy het sy agterlyn ’n hele paar keer momentum probeer gee. JF kon egter nie daaruit munt slaan nie en klipharde verdediging van die tuisspan het sy agterlyn dikwels op die agtervoet gehad.

    JF het nog ’n drie gaan druk ná ‘n slim steekskoppie deur Schutte.

    Dit tuisspan het weer gaan druk en Schutte het twee reuse strafdoele, van agter sy eie halflyn, deur die pale geklits.

    Daarna was dit egter eenrigtingverkeer met Louis Botha wat soos ’n rooi stoomroller begin lyk het.

    Die rustydtelling van 21-18 het gou vir Louis Botha gerek ná lemoentyd.

    Met die skrumskakel, Shirwin Cupido, wat sake soos ’n poppemeester beheer het, het die tuisspan onstuitbaar begin lyk. Sy flank Gopolang Molefe, senter Ali Mgijima en heelagter, Jeandré Christian, het uitgeblink.

    Dit was veral Molefe se vaart wat die oog gevang het. Hy het twee drieë gedruk na sterk lopies die verdedigers raadop gehad het. Die balvaardigheid van die tuisspan was vertommend goed en die intensiteit waarmee hulle gespeel het baie hoog.

    JF het nooit gaan lê nie en het tot aan die einde vir nog drieë bly veg. Die besoekers was met tye hul eie grootste vyand. Doelloose hangskoppe het slegs balbesit aan Louis Botha se gevaarlike agterlyn terugbesorg.

    Vir JF het sy flank Petri Kleynhans en haker, Hanno Spies, goed verdedig.

    ) Sentraal het weer op die wenpad teen Sand du Plessis gekom, berig Hannes Nienaber. Tralies moes egter sweet om Sannies met 29-24 die onderspit te laat delf/

    Die span se flank Ben Kok en slot Fanie du Randt het die noemenswaardigste bydraes tot die sege gelewer.

    ) In die Vrystaatse B1-afdeling het President Steyn dit duidelik gemaak dat hy vanjaar nie sommer gestuit gaan word nie.

    Hy het sy naaste teenstander in die liga, St. Andrew, met 37-0 gekarnuffel.

    Die Steyners se vleuel, Lee-hane Ontong het ’n driekuns aan drieë behaal.

    Die grondslag vir die sege is egter deur die wenspan se verdediging gelê. Saints kon net nie gapings in Steyners se verdediging vind nie.

    Brandfort het te veel skietgoed vir Hoërskool Bloemfontein gehad en 63-7 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span se loskopstut, Hanno Terblanché het met sy kraglopies verdedigers uit die pad geloop. Hy is vir sy goeie spel met ’n driekuns aan drieë beloon.

    Die skakelpaar van Zandré Groenewald en Henco de Wet het ook goed vertoon. Groenewald se diens aan De Wet was van hoogstaande gehalte en die losskakel het met sy balverspreiding op die goeie besit voortgebou.

    Fichardtpark het sy rieme teen Duineveld met 17-12 vasgeloop. Vir die wenspan het die losskakel Etienne Kruger, flank Adriaan Burger en skrumskakel Marius Ellis puik vertonings in die sege gelewer.

    Puntemakers:

    Louis Botha 57 (21) – Drieë: Gopolang Molefe (2), Jeandré Christiaan, Ali Mgijima, Shirwin Cupido, Patrick Mbangi, Yamnkelani Ngodwana, Victor Maruping. Doelskoppe: Christiaan (7). Skepdoel: Cupido. Jim Fouché 32 (18) – Drieë: JP Steyn, Hanno Spies, Ian Trollip, Tiaan Schutte. Doelskoppe: Schutte (3). Strafdoele: Schutte (2).

    Sentraal 29 (19) – Drieë: SJ Fourie, Kobus Lombard, AJ Page, Brendan Snyman. Doelskoppe: DP de Lange (3). Strafdoel: De Lange. Sand du Plessis 24 (10).

    Duineveld 17 (10) – Drieë: Bart Saayman, Marius Ellis. Doelskoppe: Ruan Matthews (2). Strafdoel: Matthews. Fichardtpark 12 (5) – Drieë: Luan Louw, Emile Cloete. Doelskop: Stefan Klopper.

    President Steyn 37 – Drieë: Lee-hane Ontong (3), Kobus van Tonder, Fanie Griesel, Niel Smith, Lukas Smith. Doelskop: Niel Smith. St. Andrew 0.

    Brandfort 63 – Drieë: Hanno Terblanché (3), Pieter Reynecke (2), Berto Janse van Rensburg, Henco Pieterse, Henco de Wet, Zandré Groenewald. Doelskoppe: De Wet (9). Hoërskool Bloemfontein 7.

    Hendrik Potgieter 31 – Drieë: Danie Muller (2), Charl Coetzee, Hans van Schalkwyk, William Casselman. Doelskoppe: Muller (3). Martie du Plessis 5.

  • Henties en Rooiskool vertewig kanse vir uitspeelrondes

    DIE Afrikaanse Hoërskool Kroonstad en Hentie Cilliers van Virginia het albei Saterdag met seges hulle aanspraak versterk om die uitkloprondes van die Griffon-liga te haal.

    Rooiskool het Goudveld-Hoërskool met 25-18 die loef afgesteek. Dit was ’n klipharde wedstryd en die wenspan het slegs die druk beter as sy teenstanders verwerk.

    Vir die span van Kroonstad het Francois Stemmet op buitesenter sy stempel op die kragmeting afgedruk. Voorlangs het die flank Henry Searle, agtsteman Johan Steyn en slot Erik Knoetze met hulle inklimspel beïndruk.

    Gouties se senter Carlton Coeries, skrumskakel Albert Bezuidenhout en slot Pietman Kotze het goeie vertonings vir hul span gelewer.

    ) Hentie Cilliers se agtsteman, Nathan Kemp, was die sleutelspeler in sy span se sege van 38-29 oor Witteberg in Bethlehem.

    Die span van Virginia het na Bethlehem gereis met die hoop om te minste ’n bonuspunt-sege te behaal, wat hy ook vermag het.

    Kemp was rotsvas op die verdediging en het ook elke keer as hy die bal onder die arm vasgeknyp het meters ver veld vir sy span gewen.

    Die kantman Damain May het sy fisieke teenwoordig by die afbreekpunte, sowel as op die aanval, laat geld.

    Die span se losskakel, Luan James, verdien ook lof. Hy het as spelskepper verskeie geleenthede op die aanval geskep en sy spanmaats in gapings gesit.

    ) Daar is geen keer aan Hoërskool Voortrekker van Bethlehem in vanjaar se liga nie.

    Die Trekkers het die Hoërskool Kroonstad 71-3 gestoomroller.

    Die eerste helfte van die wedstryd was slegs 21 minute lank, terwyl die eindfluitjie na net 24 minute se spel in die tweede helfte geblaas het.

    Die Trekkers se losskakel, Tokkie van Zyl, stapel die punte behoorlik in die liga op. Hy het Saterdag weer 21 punte tot sy span se sege bygedra. Hy het deurgedraf vir ’n drie, asook agt doelskoppe oorgeklits.

    Die slot Henko Naudé, vaskopstut Niel Janse van Rensburg en agtsteman Junior Oosthuizen het voorlangs die grondslag vir die sege gelê.

    ) Welkom-Gimnasium was in ’n minder aanskoulike kragmeting teen HTS Welkom met 34-0 baas.

    Die Tekkies het Gimmies by die afbreekpunte probleme besorg.

    Die wenspan se agtsteman, SJ Malherbe, was uitmuntend op die verdediging. Gimmies was rustyd net 12-0 voor.

    Puntemakers:

    Voortrekker 71 – Drieë: Junior Oosthuizen (2), Lethole Mokoena (2), Tiisetso Madonsela, Apin Odendaal, Edrich Victor, Etienne Becker, Tokkie van Zyl, Donovan Bouwer. Doelskoppe: Van Zyl (8). Hoërskool Kroonstad 3 – Strafdoel: Reinhardt Kleinhans.

    Hentie Cilliers 38 – Drieë: Benji Muller (2), Siyamamkela Nxgesha (2), Ezrick Alexander. Doelskoppe: Jaywinn Juries (4), Luan James. Strafdoel: Juries. Witteberg 29.

    AHS Kroonstad 25 (10) – Drieë: Herholdt Hills, Francois Stemmet, Louis Steyn. Doelskoppe: Ruben Aucamp (2). Strafdoele: Aucamp (2). Goudveld-Hoërskool 18 (10) – Drieë: Carlton Coeries, Pietman Kotze. Doelskop: Malcolm Britz. Strafdoele: Britz (2).

    Welkom-Gimnasium 34 – Drieë: Nick Fortuin, Richard Earle, Morena Mofokeng, SJ Malherbe, Nazo Nkala, Tristan Rothman. Doelskoppe: JL Carry-Smith (2). HTS Welkom 0.

  • Vrystaatse Cravenweek-proefspanne vir 2014 bekend

    Die Vrystaatse Hoërskole-rugbyvereniging het sy proefspanne vir more se Cravenweek-proewe op Hoërskool Fichardtpark se hoofveld bekend gemaak.

    Dié spelers moet hulle stiptelik om 13:00 hier aanmeld.

    ) Die proefspanne is (Grey-kollege tensy anders vermeld):

    Corné Erasmus-span: Louwtjie Steenkamp, O. Oerson (Heatherdale), JP Steyn (JF), Denzill Fiff (Sentraal), PR Serfontein, Reinhardt de Villiers (Sannies), CJ Lotter, JP van der Westhuizen (JF), Andile Stai-Stai (LB), Hugo Maartens (FHP), Yamnkelani Ngodwana (LB), Eckhart Khun (FHP), Tame Lixhanti (LB), JC Janse van Rensburg, Pieter Kotze (Sentraal).

    Dirkie Groenewald-span: Danneel Stone (JF), Zirk Kok (Sentraal), Emile Cloete (FHP), AJ Barkhuizen, D. Nel (Sannies), Stefan Klopper (FHP), Qhama Masiza (LB), Kieran Hartley (Saints), Jean Curlewis (FHP), Daniel Caku-Caku, Kian Skippers (albei LB), Tabo Maree, IG Prinsloo, Hanno Spies (JF), Jaco Potgieter (FHP).

    Jimmy Jimlongwe-span: Jeandré Christian (LB), Thiardt Ingram (JF), Dawid Snyman, Dewalt Coetzee (FHP), Sheldon Meyer (LB), Tiaan Schutte (JF), Luan Louw (FHP), B. Phalatsane (LB), Cornelius Botha (JF), Schalk Lombard, Jabulani Mtshatsheni (LB), Jurie Burger, Lyle Heilbron (Saints), Hennie du Plessis (Sentraal), Ruben Terblanché.

    Deon van Wyk-span: Glenn Erickson, Monama Molefe (LB), Julian Jordaan, Ruan Wasserman (JF), T. Khokhele (Sentraal), Dwayne Wessels, Shirwin Cupido (LB), Alex Jonker, Victor Maruping (LB), EP Nel (Sentraal), Kassel Rothman, Brandon Terblanché (Sannies), Janu Botha, Rudo Peens (Sannies), G. Kanya.

    Roelf Meyer-span: Francois van Rooyen (FHP), Patrick Mbangi, Dale Koopman (albei LB), Niell Stannard, G. Semilani, Tokkie Kasselman, Marco Vermeulen (JF), JB la Cock (Sannies), Werner Roberts, De Wet Bezuidenhout, R. Schoeman, A. de Bruin (LB), Anton Noordman (JF), Daniel Rust, Raynard Esterhuizen.

    Rashied Isaacs-span: S. Lehoko, Albert Verwey, B. Mokhomo (LB), Mike Andrade, Llewellyn Hein (LB), DP de Lange (Sentraal), Dian Badenhorst, Jacques du Preez, Henry Slabbert, Jeandré Dorfling (Sannies), SJ Wessels (Sentraal), Janco van Tonder, Mondli Jonase, Greydon Wenn (albei LB), A. Moolman (Sannies).

    Die volgende spelers moet ook aanmeld: T. Heyns, Nkosinathi Bob, William Hogo (almal LB), Ian Trollip, Jandré Briedenhann, Keith Malemo, Brendon Peyper, Marco Coetzer, Tumi Phuroe, S. Jansen (almal JF), K. Lombard, Stefno Eckhard, Ben Kok (almal Sentraal), Wandré Nortjé, Jacques van Heerden, Jade Plaatjies, Wieghardt Hattingh (almal FHP), Wayne van Heerden (Sannies), M. du Toit, J. Grobler, Marius Kruger, Niel Durow.

    Pieter Swanepoel-span: Abraham Nkuku (Steyners), Henco Pieterse, Zandré Groenewald (albei Brandfort), Max Mitchell (Saints), Lee-hane Ontong (Steyners), Carl Fitzpatrick (Saints), Berto van Rensburg (Brandfort), Kobus van Tonder, Fanie Griesel (Steyners), Carl Diedericks (Saints), Janco Nel (Steyners), G. Aaron (Saints), Gideon Hendricks (Steyners), BD van der Vyver (Brandfort), Anthony Senekal (Steyners).

    Jannie Beket-span: Kevin Pretorius (Saints), A. Roux (Hoërskool Bloemfontein), Sam Lin (Saints), D. Pretorius (Hoërskool Bloemfontein), M. Brown (Saints), Henco de Wet (Brandfort), B. Mosala (Saints), Ian Alberts (Hoërskool Bloemfontein), M . Leach (Saints), N. de Bruyn (Heatherdale), G. Manthe (Saints), W. van Rensburg (Brandfort), B. Alexander (Hoërskool Bloemfontein), Marnus Steyn (Steyners), M. Minnaar (Saints).

    Ander spelers wat ook die proewe moet bywoon is: A. Visagie, R. Springkaan (albei Petunia), Eugene Strydom (Steyners), M. Botha (Hoërskool Bloemfontein), JR de Bruin, Devon Ashby (albei Saints), A. Beukes, R. de Lange (albei Heatherdale).