SSPN Test Site

Blog

  • Vrystaat bo in wedstryd van twee helftes

    SASOLBURG. – Uit vorige wedstryde tussen die Vrystaat en die Blou Bulle op die jaarlikse Noordvaal-bondedag weet ons dat die uitslag van dié wedstryd nie noodwendig die twee spanne se sukses in die jaarlikse Cravenweek bepaal nie.

    Albei spanne sal egter ná Saterdag se kragmeting van twee helftes in die D.P. de Villiers-stadion weet waaraan hulle nog voor die toernooi moet werk.

    Die Vrystaters het met 31-21 koning gekraai nadat hulle teen rustyd reeds ’n stewige voorsprong van 24-0 opgebou het.

    Die tweede helfte van die kragmeting het egter aan die span van die Jakarandastad behoort. Veral die kaptein en haker, Jan-Henning Campher, het met sy verskyning van die plaasvervangersbank sy span tot ’n reuse-terugvegpoging aangevuur.

    Die eerste vonk is egter verskaf deur die span se SA Skole-flank, PJ Toerien, wat op agtsteman in die wedstryd gespeel het. Hy het kort ná rustyd ’n kraglopie ingekry waarna sy kaptein met nog so ’n lopie gaan afrond het.

    Die Ligbloues kon egter met die telling op 24-21 in die Vrystaters se guns sake met ’n strafdoel gelyk trek. Die skrumskakel, Embrose Papier, en Cam­pher het egter besluit om nie pale toe aan te lê nie.

    Toe die Vrystaatse plaasvervanger-skrumskakel, Dian Badenhorst, saam met sy kaptein, Alex Jonker, kort daarna laat in die wedstryd ná ’n rolmaalbeweging oorval, was die skrif aan die muur.

    Die Ligbloues se vleuel Ruan de Beer en heelagter, Eduan Keyter, was uitstekend voordat Cam­pher en Toerien die tweede helfte met hul spel in die Bulle se guns laat swaai het.

    Die Vrystaat het drie beserings opgedoen wat die bestuurspan bekommerd sal hê. Die span se drie vleuels, Llewellyn Hein (enkel), Patrick Mbangi (knie) en Dale Koopman (enkel), moes die veld weens beserings verlaat.

    As enigeen van hulle drie nie Cravenweek toe kan gaan nie, kan die span probleme hê.

    Hein het met sy twee drieë vroeg in die wedstryd gewys dat hy ongetwyfeld die vinnigste speler op skolevlak in Suid-Afrika is.

    Sy tweede drie het gekom nadat Keyter ’n hangskop op sy direkte teenstander, Louwtjie Steenkamp, geloods het.

    Steenkamp het in sy eie kwartgebied twee verdedigers gesystap voordat hy sy senter Mike Andrade in besit gestel het.

    Andrade het in die duikslag ’n aangee à la Sonny Bill Wil­liams na Hein uitgekry, waarna die vleuel hakskene vir die verdedigers gewys het.

    Steenkamp het kort daarna ’n strafdoel van ongeveer 60 m tussen die pale deurgejaag om die telling na 24-0 op te skuif.

  • Tedder red KwaZulu-Natal van nederlaag

    SASOLBURG. – Die Leeus se o.18-rugbyspan sal nie te bekommerd wees ná sy naelskraapse nederlaag van 22-20 teen sy eweknie van KwaZulu-Natal op die jaarlikse Noordvaal-bondedag nie.

    Een ding wat seker is uit die Piesangboere se vertoning is dat hulle vanjaar gewis ook ’n aanspraakma-

    ker sal wees om in die hoofwedstryd van die 51ste Cravenweek vir hoërskole in Middelburg (Mpumalanga)

    te speel.

    Die toernooi vind van 14 tot 19 Julie by die HTS Middelburg plaas.

    KwaZulu-Natal het die wedstryd in die doodsnikke gewen danksy ’n strafdoel deur Tristan Tedder, sy kaptein en losskakel, van feitlik reg voor die pale.

    ’n Strafdoel kort tevore deur James Hall, skrumskakel van KwaZulu-Natal, vanuit ’n moeilike hoek omtrent op die tientree-stippellyn dra waarskynlik net soveel gewig in die uitslag as Tedder s’n.

    Hall se strafdoel het die wenspan se voorsprong tot 19-13 gerek voordat die vleuel Justin Bhana die Leeus met sy drie die geleentheid gegee het om met 20-19 voor te loop.

    Nadat Tedder in die tweede helfte in Curtis Jonas se plek op die veld verskyn het, het KwaZulu-Natal se span met meer ywer begin speel.

    Tedder se taktiese skopwerk en

    balverspreiding was van hoogstaande gehalte.

    Jonas het in die eerste helfte ook goed op die aanval gevaar.

    Wikus van Biljon, losskakel van die Leeus, kon ook nie ’n voet verkeerd sit nie. Hy het sy skopskoene aangehad en sy agterlyn ook seepglad weggestuur.

    Juan Lemmer, Leeu-agtsteman, het in die tweede helfte ’n paar kragtige lopies ingekry.

    Die Leeus se flank Gavin Delport het die enigste drie van die eerste helfte gedruk nadat die Piesangboere die fout begaan het om Ralton October, skrum­skakel, nie behoorlik dop te hou nie.

    Hy het van ’n skrum net binne die Leeus se gebied gebreek om die aanvoorwerk vir die drie te doen.

    As die Leeus soos Saterdag in die D.P. de Villiers-stadion in die Cravenweek verdedig, sal die span nie baie drieë afstaan nie.

    Die wenspan kon slegs een drie deur sy flank McMillan Muller druk nadat sy flankmaat, James Venter,

    ’n bal wat losgespat het, bemeester het en Tedder in besit gestel het voordat laasgenoemde Muller weggestuur het.

    Die wenspan se agtsteman, Jaco Coetzee, en heelagter, Morné Joubert, het deurgaans puik vertonings gelewer.

    Joubert was nooit uit posisie nie en het ’n hele paar gevaarlike teenaanvalle vanuit die laaste vesting geloods.

    Coetzee het die bal goed gedra en sy posisionele spel was uit die handboek vir agtsteman-spel.

  • Valke spring vinning weg op Noordvaal Bondedag

    SASOLBURG. – Die Valke se o.18-rugbyspan was vinnig uit die wegspringblokke in sy sege van 36-30 oor sy eweknie van die Pumas op die jaarlikse Sasol Noordvaal Bondedag in die DP de Villiers-stadion hier.

    Die Valke het twee vinnige drieë deur sy flank Jandré van der Walt en heelagter Martin van Wyk gedruk. Die span se beste speler in die kragmeting die agtsteman, Warren Brits, was albei kere die speler wat die laaste aangee gegee het met dié twee drieë.

    Hy het die bal sterk gedra en sy tweestryd met sy direkte teenstander, Oscar Schuld, was die hoogtepunt van die wedstryd.

    Schuld het self ’n paar puik lopies ingekry. Hy het met die haker, Marnus van der Merwe se drie kort voort rustyd ver langs die kantlyn met die bal onder die arm genael voordat hy laasgenoemde afgerond het. Schuld het self na rustyd gaan druk om die telling op 24-23 in die guns van die Valke te staan te bring. Die heelagter, Marnus Gruber kon die Pumas met die doelskop vir die eerste keer laat voorloop, maar het hom skeefgetrek.

    Die Valke se losskakel, Forrest Roos en Van Wyk was agterlangs hulle span se beste spelers op die dag. Roos het 17 punte tot die sege bygedra. Hy het ’n hele paar bresse in die Pumas se verdediging geslaan.

    Vir die Pumas het hulle losskakel, Muller Joubert, gewys dat hy oor ’n geleerde skopskoen beskik. Hy het nou wel ’n paar stelskoppe skeef gekorrel, maar hy kan die bal myle ver skop.

    ) Die Limpopo Blou Bulle het glad nie oortuig in hulle nederlaag van 48-20 teen die Griffons nie. Die verloorspan se verdediging het hulle op die dag lelik in die steek gelaat.

    Limpopo se skrumskakel Diederik Oberholzer en heelagter Vandre Rolls het goeie vertonings gelewer. Hulle het ’n hele paar vrae aan die Perses se verdediging gevra. Die span se agtsteman, Hendrik du Plessis, het voorlangs moedig probeer.

    Vir die Perses was sy vleuel, Nazo Nkala, gevaarlik op die aanval. Hy het twee keer gaan druk en was ’n hele paar keer naby om ’n driekuns te voltooi.

    Die Perses se plaasvervanger-skrumskakel Jason Olivier sowel as skrumskakel Jaywinn Juries het ook puik vertonings gelewer. Juries het die wedstryd op heelagter as proefneming begin.

    ) Die Luiperds het ’n loesing van 34-7 teen Griekwaland-Wes op die lyf geloop. Die verloorspan het binne die eerste vyf minute gaan druk met die agtsteman, Edmund Rheeder, wat die afrondingswerk gaan doen het.

    Die span was seker nog nie tien minute in die kragmeting in die enigste op die veld. Toe Griekwas se skrumskakel Brandon de Melim die Poubloues se vuur aangesteek het toe kon die Luiperds nie meer kers by sy teenstanders vashou nie.

    Die Luiperds se heelagter, Charl le Roux het moedig probeer walgooi.

  • Spanne beindruk op Sasol Noordvaal Bondedag

    SASOLBURG. – Twee blitsige drieë en ’n reuse strafdoel van ongeveer 60 meter deur die Vrystaatse o.18-rugbyspan het die wind in die eerste helfte uit die seile van sy eweknie van die Blou Bulle geneem.

    Die twee spanne het mekaar in die vernaamste voorwedstryd van die jaarlikse Noordvaal Bondedag in die DP de Villiers-stadion hier gepak.

    Die vinnigste speler wat nog ooit deur SA Rugby oor 40 meter getoets is, Llewellyn Hein, het met sy eerste van twee drieë die toeskouers om die paviljoen behoorlik na hulle asems oor sy ongelooflike vaart laat snak. Die Vrystaatse vleuel het kort daarna weer hakskene vir die Ligbloues gewys.

    Die Vrystaat het die kragmeting met 31-21 gewen. 

    Toe die wenspan se heelagter, Louwtjie Steenkamp met ’n strafdoel vanuit sy eie halfgebied slaag om sy span ’n voorsprong van 24-0 met die omdraaislag te gee, was die Blou Bulle met hulle rue teen die muur.

    Die Ligbloues se SA Skole-flank, PJ Toerien het egter in die tweede helfte die vonk verskaf wat nodig was. Die Bulle was ongetwyfeld die beste span op die veld in die tweede helfte.

    Die Vrystaat het boonop Hein (enkel) en die ander vleuel Patrick Mbangi (knie) vroeg in die tweede helfte aan beserings verloor.

    ) Die span van KwaZulu-Natal het danksy ’n strafdoel deur sy kaptein, Tristan Tedder, met die laaste aksie van sy kragmeting teen die Leeus met 22-20 as oorwinnaars uit die stryd getree.

    Die twee spanne het mekaar behoorlik opgekuil en die Leeus se verdediging het amper die sege aan hulle besorg. Toe Tedder van die plaasvervangerbank op die veld in die tweede helfte gekom het, het sy besluitneming ’n reuse verskil in sy span se vertoning teweeg gebring.

    Hoewel Curtis Jonas self ’n goeie vertoning in die eerste helfte op losskakel opgedis het. Die Piesangboere se heelagter Morné Joubert, agtsteman Jaco Coetzee en flank James Venter het ook gewys dat hulle spelers is om dop te hou tydens vanjaar se Cravenweek in Middelburg (Mpumalanga).

    Die Leeus se Wikus van Biljon het met sy taktiese skopwerk beïndruk, sowel die manier hoe hy sy agterlyn seepglad weggestuur het.

    ) In die hoofwedstryd van die dag het die gasheer, die Valke die Pumas met 36-30 verslaan.

    Die Valke se agtsteman, Warren Brits, was aan die spits van sy span se sege. Hy het die aanvoorwerk vir sy span se eerste twee drieë gedoen. Die Pumas se agtsteman, Oscar Schuld, was self ’n yster.

    ) Die vleuel van die Griffons, Nazo Nkala, is ‘n speler om dop te hou tydens vanjaar se Cravenweek. Nkala het op die aanval verwoesting in sy span se sege van 48-20 oor die Limpopo Blou Bulle gesaai. Hy het twee drieë gedruk en telkens gaan werk soek.

    Die Perses is ook die volgende wys dat hulle plaasvervanger-skrumskakel, Jason Olivier, soos sy eerstekeuse in dié posisie Jaywinn Juries ’n speler van gehalte is. Olivier het die verloorspan se verdedigers om die losskrums besig gehou. Die proefneming of hulle Juries ook as heelagter kan inspan was ook geslaagd.

    Limpopo se heelagter, Vandre Rolls, was sy span se beste speler in die kragmeting.

    ) Griekwas het gesukkel in die begin van sy kragmeting teen die Luiperds, maar toe die span eers sy ritme vind hy hy gemaklik met 34-7 as oorwinnaars van die veld gestap.

    Die Luiperds het vroeg met 7-0 voorgeloop en dit het gelyk of die Poubloues ‘n lang dag in Sasolburg kan beleef. Die span se skrumskakel, Brandon de Melim, het egter die vonk verskaf wat die gang van die wedstryd in sy span se guns geswaai het. Buiten De Melim was die span se vleuel, Wilfred Bowers, met sy vaart en vermoë om verdedigers met sy voetwerk te klop ‘n doring in die Luiperds se vlees.

  • Vrystaat, Griffons en Griekwas reg vir Noordvaal Bondedag

    Die Noordvaal-Bondedag in die DP de Villiers-stadion in Sasolburg sal moontlik vandag ’n hele paar vrae vir die Vrystaatse o.18-span beantwoord.

    Die Vrystaat kom in die vernaamste voorwedstryd vir die hoofwedstryd van die dag teen die Blou Bulle te staan. Die gasheer, die Valke, en die Pumas pak mekaar in die hoofwedstryd.

    “Ons gaan nog ’n paar kombinasies in die wedstryd teen die Bulle toets. Dit is ’n lekker tawwe stryd om die proefnemings te doen en te sien of dit sal werk,” het Dirkie Groenewald, afrigter van die Vrystaat, gesê.

    Die Vrystaat sal ook die wedstryd voor hul kragmeting tussen die Leeus en KwaZulu-Natal met belangstelling dophou. Die Vrystaat kom in sy eerste wedstryd teen die Leeus op die 51ste Cravenweek vir hoërskole in Middelburg (Mpumalanga) van 14 tot 19 Julie te staan.

    As die span dié wedstryd wen, sal hy heel moontlik in sy tweede wedstryd teen die Blou Bulle te staan kom. “Ons sal gewis iets uit ons wedstryd teen die Bulle leer wat ons dalk moontlik in die Cravenweek kan inspan,” het Groenewald gesê.

    Die Ligbloues het ’n gedugte agterlyn gekies wat die Vrystaters behoorlik kan laat bontstaan.

    Die skrumskakel Embrose Papier, buitesenter Franco Naudé en heelagter Eduan Keyter is almal sterk aanspraakmakers om later vanjaar die Suid-Afrikaanse Skole-span te haal. Die span se losskakel Tinus de Beer se taktiese skopwerk behoort een van dié span se bondgenote in die Cravenweek te wees.

    Die Griffons sal hul kragmeting vandag teen die Limpopo Blou Bulle gebruik om nog ’n paar proefnemings voor die Cravenweek te doen.

    Jaywinn Juries sal byvoorbeeld op heelagter in die wedstryd uitdraf, terwyl die heelagter Ezrick Alexander op vleuel sal speel. Jason Olivier sal in Juries se plek die oond skoonmaak.

    Juries was in 2012 in die nasionale o.16-oefengroep.

    Griekwaland-Wes sal sonder Nardus Bosman, wat die span teen die Vrystaat van die kant van die skrum aangevoer het, moet klaarkom. Bosman loop die wedstryd weens ’n eksamen mis.

    Die Poubloues kom teen die Luiperds te staan wat vroeër vanjaar teen die Leeus met 28-0 verloor het. Die span se afrigter, Shaun Huygen, sê die span is redelik gevestig en dat hulle vandag sal gebruik om hul ritme vir die Cravenweek te vind.

    Die span van die Noord-Kaap se losskakel Robbie Petzer en vleuel Wilfred Bowers behoort staatmakers te wees.

    •  Die Noordvaal-Bondedag se bepalings is:

    09:00: Luiperds t. Griekwaland-Wes; 10:20: Limpopo Blou Bulle t. Griffons; 11:40: Leeus t. KwaZulu-Natal; 13:00: Blou Bulle t. Vrystaat; 14:20: Valke t. Pumas.

  • Skole onttrek oor ‘beginsel’

    Die drie Groot-skole van die Goue Leeus se besluit om aan die onderskeie eindstryde teen Helpmekaar-kollege te onttrek is ‘n beginselsaak, meer as wat dit ‘n geval is dat hulle net boedel oorgee.

    “Ons het daarna gekyk dat ons die kinders van ‘n geleentheid ontneem om in ‘n eindstryd te speel, maar ons drie skole het uit beginsel die besluit geneem om nie die wedstryde te speel nie. Ons sien dit as die beste besluit vir ons skolespanne,” het Dr. Jorrie Jordaan, hoof van Hoërskool Linden gesê. Linden, Hoërskool Randburg en Hoërskool Riebeeckrand is die drie skole wat aan die Leeus se eindstryd onttrek het.

    Helpmekaar is dus die Leeus se Groot-skole kampioen in die vier betrokke ligas en sal tot die Beeldtrofee as die Leeus se voorste spanne deurdring. Die skole het glo reeds verlede jaar hulle ontevredenheid dat hulle nie teen Helpmekaar wil speel nie aan die Goue Leeus se Hoërskole-rugbyvereniging (GLHRV) te kenne gegee.

    Helpmekaar se werwing van spelers is glo ook een van die redes wat tot die ongelukkigheid bygedra het.

    “Helpmekaar se groei is vir ons verblydend. Hulle het ongeveer tien jaar terug as ‘n klein skool aan die ligas deelgeneem en tot ‘n groot skool gegroei. Hulle spelers se verteenwoordiging in die provinsiale spanne getuig daarvan dat hulle groei vir ons as unie baie beteken. Ek sien dat hulle in die toekoms as makro-skool sal deelneem en so ons as unie versterk,” het Tinus Diedericks, voorsitter van die GLHRV gesê.

    “Daar is vir verskeie jare reeds `n onwilligheid van die groot skole om teen Helpmekaar te speel as gevolg van die feit dat Helpmekaar as privaatskool baie meer vermoënd is en ander voordele het wat openbare skole nie het nie. Die gevolg is dat hulle heeltemal te sterk geraak het vir die liga en dat skole begin weier het om teen hulle te speel,” lui ‘n verklaring van dié drie skole oor hulle ontrekking.

    “Ek vra om verskoning dat die matriekseuns nie ingelig is dat ons nie teen Helpmekaar in die eindstryd sal speel nie,” het Jordaan gesê.

    Linden se eerstespan se breiers, Francois Vosloo en Gert van den Berg, was Donderdag nie by die span se oefening omdat hulle by van die Goue Leeus se verteenwoordigende spanne as breiers betrokke is. Die span se kondisionerings afrigter, Stefan van Deventer, was wel by die oefening. Hy was egter nie ingelig oor die besluit nie.

    “Die Leeus se bestuur moet die aangeleentheid volgens hulle grondwet hanteer. Daar is niks volgens die reels van die Beeldtrofee wat Helpmekaar oortree het nie. Ons as Noordvaal se bestuur kan slegs intree as so geval gebeur wanneer dit die Beeldtrofee se wedstryde behels,” het Jackie Tredoux, voorsitter van die Noordvaal se bestuur gesê.

  • Coca-Cola Weeks kick off in Durban

    The annual Coca-Cola Rugby Youth Weeks festivals kick off a month of the best in schoolboy rugby, with the first tournament, the U13 Coca-Cola Craven Week, taking place at Glenwood High School in Durban from Monday, 30 June – Friday, 4 July.

    The Coca-Cola Rugby Youth Weeks take place annually and comprises of four age categorised rugby tournaments, namely the U13 Coca-Cola Craven Week, the U16 Coca-Cola Grant Khomo Week, the U18 Coca-Cola Academy Week and the U18 Coca-Cola Craven Week, in which schoolboys representing their respective regions, compete against one another.

    Now in its 51st year, the Coca-Cola Craven Week has become synonymous as the platform for showcasing the best in South African, up and coming, youth rugby talent and is the hunting ground for both national and provincial scouts.

    Fetsi Mbele, Coca-Cola South Africa Marketing Assets Manager comments, “Coca-Cola South Africa is proud to once again be partnering with SARU on the Coca-Cola Rugby Youth Weeks. This will be the 29th year of our sponsorship and we have had the privilege of witnessing first-hand the success of the Coca-Cola Youth Weeks and the incredible foundation it has created for schoolboy rugby in South Africa. The Coca-Cola Craven Weeks also signifies the importance of getting the youth active and living an active healthy lifestyle through sport participation.”

    Mbele continues, “The Coca-Cola Craven Week creates an environment where natural talent, player skill, hard work, dedication and team work meet and the future heroes of South African rugby are made. For many Springboks, the Coca-Cola Rugby Youth Weeks have been the springboard for their future careers in professional rugby and we are very excited to see what new talent this year’s tournaments unveil.”

    The schedule for the Coca-Cola Rugby Youth Weeks rugby tournaments is as follows:

    U13 Coca-Cola Craven Week: Monday, 30 June – Friday, 4 July, at Glenwood High School, Durban, Kwazulu-Natal.
    U16 Coca-Cola Grant Khomo Week: Monday, 7 July – Thursday, 10 July, at Tshwane University of Technology (TUT), Pretoria, Gauteng.
    U18 Coca-Cola Academy Week: Monday, 7 July – Thursday, 10 July, HTS Drostdy, Worcester, Western Cape.
    U18 Coca-Cola Craven Week: Monday, 14 July – Friday, 19 July, at HTS Middelburg, Middelburg, Mpumalanga.

  • Drie skole onttrek teen Helpmekaar

    “Ons gevoel is dat Helpmekaar se rugbykrag te sterk vir ons skole is,”

    Dit is hoe Hoërskool Linden se skoolhoof, Dr. Jorrie Jordaan, sy skool asook Hoërskool Randburg en Hoërskool Riebeeckrand se besluit om nie teen Helpmekaar in die onderskeie eindstryde van die Leeus se Groot-skoleliga verduidelik.

    “Die Groot-skole voel dat Helpmekaar nie in ons liga behoort te speel nie. Die afgelope Saterdag se uitslae bewys dit. Helpmekaar het al sy wedstryde met meer as 50 punte gewen, terwyl ons week na week teen mekaar mededingede wedstryde speel. Al die skole voel op grond van Saterdag se uitslae dat dit vir hulle seuns ’n vernedering gaan wees om met groot tellings in die finaal te verloor,” is van die redes in ’n brief deur die Leeus se Groot-skole aan die voorsitter van die Leeus se Hoërskolerugby-vereniging (LHRV), Tinus Diedericks.

    Helpies se spanne sal nou tot die Beeldtrofee as die Leeus se voorste spanne in die Groot-skole afdeling deurdring.

    Helpmekaar se eerstespan wat teen Linden in die eindstryd sou meeding op 26 Julie, het Randburg met 52-15 in die halfeindstryd van die liga verslaan. Linden sou ook die teenstanders in die eindstryd van die o.16-liga gewees het. Helpies het in sy halfeindstryd van dié liga vir Dinamika met 59-8 uit die pad gevee.

    In die o.14-liga waar Helpmekaar met ’n sege van 53-0 oor Alberton tot die eindstryd deurgedring het, sou hy teen Randburg te staan gekom het. Riebeeckrand sou in die o.15-eindstryd vir Helpmekaar ontmoet het. Helpies het tot dié eindstryd met ’n sege van 53-0 oor Jan Viljoen deurgedring.

    Die Groot-skole voer ook aan dat Helpmekaar teen Makro-skole soos Affies, Waterkloof en Menlopark meeding en dit is dalk die afdeling waar die skool hoort.

    “Ons het laas jaar die voorstel op die LHRV se jaarvergadering gemaak dat ons eers in die halfeindstryde tot die liga toetree. Die voorstel is toe aanvaar. Ons oorweeg dit en sal in die toekoms na die liga vir Makro-skole skuif,” het Eugene Meyer, hoof van rugby by Helpmekaar, gesê.

    Helpmekaar het reeds vriendskaplike kragmetings vir sy spanne teen Garsfontein vir die datum van die eindstryde gereël.

    “Dit was reg toe ons in die vorige tien jaar gereeld teen dié skole verloor het, insluitend ons o.16-span van verlede jaar teen Linden in die eindstryd. Ons moes dit aanvaar en maar op die ken gevat het. Nou is hulle nie bereid om teen ons te verloor nie,” het Marais gesê.

    Linden het 350 seuns in die skool wat beteken dat hy eintlik ’n mediumskool volgens die Beeldtrofee se getalle is. Dié skool het in 2012 laas as mediumskool meegeding en boks dus bo sy gewig. Helpmekaar het 480 seuns in die skool wat heelwat minder as die Makro-skole vereiste van 600 of meer seuns is.

    “Die Beeldtrofee is vir ons belangrik en ons sou ook ’n kans gehad het om beserings teen ’n sterker span in die eindstryd op te doen. As dit gebeur dat ons en Helpmekaar tot die eindstryd van die kompetisie deurdring sal ons speel,” het Jordaan gesê.

    Affies het vroeër vanjaar van sy kragmetings teen Garsfontein en Menlopark onttrek. Die verdedigende kampioen van die Beeldtrofee vir Makro-skole, EG Jansen van Boksburg, was self vanjaar in ’n moeilike posisie na Jeugland en Die Anker teen hom onttrek het en die span nie belangrike wedstryd-oefening gekry het nie.

    Daar is ook nie vanjaar ’n eindstryd om die Leeus se Makro-skole kampioen te bepaal nie. Weens die Suid-Afrikaanse Skole-proewe wat op 26 Julie in Kemptonpark gaan plaasvind het Monument en Florida besluit dat hulle die eindstryd gaan aflas oor die moontlikheid dat van hulle spelers by dié proewe betrokke sal wees.

     

  • Saturday’s Springboks against Scotland and their schools

    The Springbok team for Saturday’s test match against Scotland in the Nelson Mandela Bay Stadium in Port Elizabeth has been named and Handre Pollard is set to become Paarl Gimnasium’s next Springbok. Pollard is the only uncapped player named in the starting XV. 

    Pollard captained the South African u20-side to the final of this year IRB Junior World Championship (JWC) in New Zealand. He was also named IRB Player of the Year at the conclusion of the tournament. Pollard represented Western Province at the 2011 and 2012 Coca-Cola Craven Weeks. He was on the bench at the 2011 tournament in Kimberley with Tim Swiel being the first flyhalf of Bishops to don the Western Province number 10 jersey since Herschelle Gibbs had the honor in 1992. 

    At the 2012 tournament in the same stadium as Saturday’s test, Pollard got injured in his side’s first match against the Blue Bulls. Pollard however struggled through the match as his side lost 47-27 against the eventual unofficial champions of the week. He was replaced by former Springbok wing, Carel du Plessis’ son Jean-Luc du Plessis in the Western Province squad after the match. 

    Interesting is the fact that the two former Paul Roos Gimnasium pupils in the squad, Willie le Roux and Francois Hougaard, wasn’t rated good enough by the Western Province selectors to represent them at the pretigious Coca-Cola Craven Week. 

    For the first time ever two players for Nelspruit HS will be on the field if replacement flyhalf, Marnitz Boshoff gets a run with eightman Duane Vermeulen still on the pitch. Boshoff will become the Rhinos, as they like to call themselves, fourth Springbok after Nico Wegner, Schutte Bekker and Vermeulen. 

    Three other players on the bench will be waiting anxiously to make their test debuts. They are Oupa Mahoje, Marcel van der Merwe and Stephan Lewies. Mahoje will become Louis Botha in Bloemfontein’s fourth Springbok after AJ Venter, Daan Human and Raymond Rhule if he gets his chance. 

    Van der Merwe is a curious case as he matriculated at Grey College in Bloemfontein, but he also played for Paarl Boys’ High first XV before making the move to the City of Roses after his grade 11 year. School of Rugby will credit both schools with his rise to becoming a Springbok. But with Boishaai having a reputation and record to boost in producing props of high quality, there might be a more than valid argument that they had the most influence on his development as rugby player on school level. 

    Talking about the Springbok Factory in Bloemfontein the whole front row of Jannie du Plessis, Biscmarck du Plessis and Coenie Oosthuizen is former pupils of Grey College. And on the bench Van der Merwe and Adriaan Strauss is also players who went to the school in the City of Roses. 

    Lewies will become Eldoraigne first Springbok player if he sets foot onto the field. He also never made the Blue Bulls Craven Week side. 

     

    The Springbok team to face Scotland in Port Elizabeth is:

    Position

    Name

    Schools

    15

    Willie le Roux

    Paul Roos Gimnasium

    14

    Cornal Hendricks

    Bergrivier

    13

    JP Pietersen

    General Hertzog

    12

    Jan Serfontein

    Grey College

    11

    Lwazi Mvovo

    Maria Louw

    10

    Handré Pollard

    Paarl Gimnasium

    9

    Fourie du Preez (vice-captain)

    Affies

    8

    Duane Vermeulen

    Nelspruit

    7

    Schalk Burger

    Paarl Gimnasium

    6

    Marcell Coetzee

    Port Natal

    5

    Victor Matfield (captain)

    Pietersburg HS

    4

    Lood de Jager

    Hugenote, Springs

    3

    Jannie du Plessis

    Grey College

    2

    Bismarck du Plessis (vice-captain)

    Grey College

    1

    Coenie Oosthuizen

    Grey College

    Replacements:

    16

    Adriaan Strauss

    Grey College 

    17

    Trevor Nyakane

    Ben Vorster

    18

    Marcel van der Merwe

    Grey College/Paarl Boys’ High

    19

    Stephan Lewies

    Eldoraigne

    20

    Teboho “Oupa” Mohoje

    Louis Botha

    21

    Francois Hougaard

    Paul Roos Gimnasium

    22

    Marnitz Boshoff

    Nelspruit

    23

    Zane Kirchner

    PW Botha College

     

  • School of Rugby Rankings – 26 June 2014

    School of Rugby Rankings – 26 June 2014

     

    The Rankings: 

    Rank Team Avg
    1 Grey College 4.28
    2 Paul Roos 3.69
    3 Garsfontein 3.58
    4 Paarl Gimnasium 3.51
    5 Glenwood 3.30
    6 Monument 3.29
    7 Oakdale Landbou 3.22
    8 HJS Paarl 3.21
    9 EG Jansen 3.21
    10 HTS Middelburg 3.12
    11 Waterkloof 3.11
    12 Selborne 3.07
    13 Wynberg BHS 3.00
    14 Maritzburg College 2.97
    15 Outeniqua 2.90
    16 Grey PE 2.88
    17 Bishops 2.69
    18 Michaelhouse 2.65
    19 Westville BHS 2.61
    20 HTS Louis Botha 2.58
    21 Menlopark 2.58
    22 Transvalia 2.53
    23 Tygerberg 2.51
    24 Kempton Park 2.39
    25 Stellenberg 2.38
    26 Voortrekker (Bethlehem) 2.35
    27 Nelspruit 2.32
    28 Affies 2.25
    29 KES 2.24
    30 Die Brandwag 2.21
    31 Jeppe 2.08
    32 Dale College 2.07
    33 Jim Fouche 2.04
    34 Diamantveld 2.03
    35 St Andrews 1.99
    36 Kearsney 1.96
    37 Helpmekaar 1.95
    38 Sentraal 1.93
    39 Marlow 1.86
    40 Boland Landbou 1.83
    41 Framesby 1.82
    42 Klerksdorp 1.81
    43 Queens College 1.77
    44 Nico Malan 1.70
    45 Noord-Kaap 1.60
    46 Eldoraigne 1.57
    47 Hugenote (Well) 1.49
    48 Fichardtpark 1.48
    49 Linden 1.47
    50 Centurion 1.39