SSPN Test Site

Blog

  • Bepalings vir die 50ste Cravenweek

    DIE enigste twee onoorwonne spanne van die Grant Khomo-week vir o.16-spanne in 2011, die Vrystaat en Oostelike Provinsie sal mekaar in die hoofwedstryde van die tweede dag van die Cravenweek-toernooi vir hoërskole later vanjaar pak. Die Cravenweek vir o.18-spanne sal vanjaar vir die 50ste keer van 8 tot 13 Julie gehou word met Polokwane as die gasheer.

    Vanjaar se o.18 jaargroep was in 2011 op die Grant Khomo-week in aksie. Oostelike Provinsie was dié nie-amptelike kampioen na hy Suid-Westelike Distrikte 34-12 in die hoofwedstryd verslaan het. Verlede jaar het dié twee gunstelinge om mekaar in die hoofwedstryd van die Cravenweek te pak die Blou Bulle en Westelike Provinsie mekaar ook reeds op die tweede dag in die hoofwedstryd mekaar die stryd aangesê. Dit het dalk tyd geword vir SA Rugby om die stelsel waarvolgens hulle dié bepalings uitwerk te heroorweeg.

    Die Blou Bulle wat verlede jaar die nie-amptelike kampioen was, sal op die eerste dag van vanjaar se toernooi teen KwaZulu-Natal te staan kom. Die wenspan van dié kragmeting sal waarskynlik teen die wenner van die kragmeting tussen die Westelike Provinsie en die Pumas in sy tweede wedstryd in Polokwane te staan kom.

    Die Ligbloues, die Streeptruie, die Pumas en Suid-Westelike Distrikte is van die spanne wat verwag word dat hulle onder die voorste spanne op die week sal wees. Die Pumas se twee grootste voederspanne HTS Middelburg en Hoërskool Nelspruit het mekaar in die NuPower/Tuks-reeks se eindstryd die stryd aangesê. Die Rooi Bulle is nog onoorwonne vanjaar.

    SWD se twee vernaamste voederspanne Hoërskool Outeniqua en Oakdale Landbou was elk nog net een keer aan die verloorkant vanjaar. Die Kwaggas teen Paarl Gimnasium en die boere van Riversdal teen Grey-kollege onderskeidelik.

    Die wenner van die wedstryd op die tweede dag tussen Vrystaat en Oostelike Provinsie behoort op die vierde dag teen die wenner van die stryd tussen SWD en die Leeus te staan te kom.

    Die gasheer, die Limpopo Blou Bulle speel op die eerste dag in die hoofwedstryd teen Boland.

    Bepalings vir die toernooi:

    8 Julie – 09:20: Griekwaland-Wes t. Zimbabwe; 10:40: Grens t. Namibië; 12:00: Westelike Provinsie t. Pumas; 13:20: Blou Bulle t. KwaZulu-Natal; 15:40: Limpopo Blou Bulle t. Boland. 9 Julie – 10:10: Oostelike Provinsie-platteland t. Luiperds; 11:30: Griekwa-platteland t. Grens-platteland; 12:50: Valke t. Griffons; 14:10: Leeus t. Suid-Westelike Distrikte; 15:30: Oostelike Provinsie t. Vrystaat.

  • Skeidsregters vir vanjaar se Cravenweek bekend

    DIE eerste en enigste Vrystaatse skeidsregter wat nog ooit ‘n hoofwedstryd op die Cravenweek vir hoërskole hanteer het, Jaco Kotzé sal vanjaar ook op die 50ste weergawe van dié toernooi in aksie wees. Dié toernooi vind van 8 tot 13 Julie in Polokwane plaas.

    Kotzé het verlede jaar die eerste Vrystater geword in die toernooi se hoofwedstryd te blaas toe hy dié kragmeting tussen die Blou Bulle en Leeus in Port Elizabeth hanteer het. Die Vrystaatse Cravenweek-span se sukses sedert die ontstaan van dié toernooi in 1964 het grootliks daartoe bygedra dat geen Vrystater nog voor Kotzé die eer gehad het om die fluitjie in ‘n hoofwedstryd te dra nie.

    “Ek sien dit as ‘n groot geleentheid vir my om weer vir SA Rugby op die Cravenweek te blaas. ‘n Ou kan nie jou doelwit maak om weer die hoofwedstryd te blaas nie omdat daar soveel faktore ‘n rol tot so ‘n aanstelling speel. My doelwit vir die toernooi is om elke wedstryd waarin ek betrokke is ‘n vertoning van hoë gehalte te lewer,” het Kotzé gesê.

    Kotzé het vanjaar reeds goeie ondervinding bygedoen. Hy het die moeilike ENB Classic Clash tussen Hoërskool Noord-Kaap en Diamantveld op GWK-park geblaas. Hy was ook die skeidsregter in die Classich Clash tussen Grey-kollege en Affies verlede week. Affies het in die kragmeting vir Grey hulle eerste nederlaag in Bloemfontein sedert 2006 toegedien.

    Kotze is egter nie al skeidsregter wat om vanjaar se toernooi sal blaas wat al ‘n hoofwedstryd hanteer het nie. Archie Sehlako het 2009 se hoofwedstryd tussen die Vrystaat en Westelike Provinsie in Oos-Londen hanteer. Die Streeptruie het die kragmeting 19-17 gewen met die Springbok-slot Eben Etzebeth wat as speler van die wedstryd aangewys is.

    Matt Kemp het in 2006 se hoofwedstryd in Johannesburg tussen die Leeus en die Blou Bulle as lynregter diens gedoen.

    Die enigste ander Vrystater wat op die nasionale skoleweke in aksie sal wees is Marlize Jordaan wat die Akademieweek in Durban gaan bywoon. Twee van die Griffons se skeidsregters, AJ Jacobs en Enrico van Rooyen sal op die Grant Khomo-week vir o.16-spanne diens doen. ‘n Voormalige skeidsregter van die Perses, Wilco Esterhuizen sal ook op dié week in aksie wees. Hy val egter deesdae onder die Blou Bulle se structure. Griekwas se Nico Schmahl sal ook na dié week as ‘n beampte gaan.

    Die skeidsregters vir vanjaar se 50ste Cravenweek is:
    Jaco Kotzé (Vrystaat), Cwengile Jadezweni, Daniël Fortuin, Francois Pretorius, Matt Kemp (almal Westelike Provinsie), Lihan Pretorius (Valke), Oregpotse Rametsi (Luiperds), Eduan Nel, Tahla Ntshakaza (albei Leeus) en Archie Sehlako (Sharks).

  • WP-speelstyl het Grey se EW na Kaap gelok

    DIE speelstyl van die Westelike Provinsie was die groot trekpleister vir Grey-kollege se heelagter, EW Viljoen en daarom het hy besluit om sy loopbaan volgende jaar in Kaapstad voort te sit.

    “Ek hou van die soort rugby wat hulle speel en die Westelike Provinsie was altyd nog my tweede span wat ek ondersteun het. Ek is nog altyd ‘n Cheetah-ondersteuner gewees,” het Viljoen oor sy skuif gesê.

    Viljoen sal ook heel moontlik kans kry om sy vaardighede in sewesrugby aan te vul. Viljoen sou reeds deel van die nasionale o.18-sewesspan gewees het, wat vroër vanjaar die goue medalje op die Australiese Jeug Olimpiese-fees verower het. Hy moes hom egter kort voor die span se vertrek weens siekte aan die span onttrek.

    Viljoen kan indien hy op sy goeie vertonings voortbou ‘n sterk aanspraakmaker op ‘n plek in die Suid-Afrikaanse Skole-span wees. Die span word na afloop van die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole gekies wat van 7 tot 13 Julie in Polokwane aangebied word.

    Hoewel die Vrystaat-span nog nie gekies is nie, behoort Viljoen die laaste vesting vir dié span te beman. Vrystaat kom op die tweede dag van dié toernooi teen Oostelike Provinsie in sy eerste wedstryd te staan.
    Viljoen was met 43 punte die voorste puntemaker op die Grant Khomo-week vir o.16-spanne in 2011. Dié Vrystaat het dié toernooi onoorwonne afgesluit.

    “Ek hou baie van die manier hoe die Waratahs se heelagter Israel Folau en die Reds se losskakel Quade Cooper speel,” het Viljoen oor sy rolmodelle vertel.

    Viljoen is boonop ‘n begaafde krieketspeler. Hy was in 2011 die vinnigste snelbouler op die nasionale o.17-krieketweek in Bloemfontein. Hy was op dié week die Vrystaat se voorste bouler sowel as kolwer.

    Hy sou verlede jaar op die Khaya Majola-week in Potchefstroom gespeel het, maar oor sy verpligtinge met die nasionale skole-sewesspan het hy weer aan die o.17-krieketweek deelgeneem.

    “Ek glo ek gaan nog krieket speel omdat ek dit geniet, maar net vir die lekkerte,” het Viljoen gesê.

  • Schools boys given the opportunity to train with a rugby legend

    Schools boys given the opportunity to train with a rugby legend

    John Mitchell, ex-All Blacks player and coach who is famous for guiding the Lions to Currie Cup Victory, will teach approximately 2 400 rugby players from 40 schools around South Africa about what it takes to ‘Power Through’ from schoolboy rugby to Super Rugby and beyond. He will be demonstrating new techniques, drills and give guidance on other performance-related aspects of training, like hydration, before, during and after matches.

    Powerade, the official hydration sponsor of the Vodacom Super Rugby, commissioned John Mitchell to devise a programme to help both school coaches and players to excel in the competitive – and exciting – game of rugby. He will impart his wealth of rugby knowledge and experience on coaches and players via the Powerade Performance Sessions.

    The 40 Schools, from a total of 100, won a Powerade Performance Session with Mitchell after collecting the most Powerade caps in the ‘Powerade Collect a Cap’ competition that ran in March and April 2013.

    “We could not have won a Powerade Performance Session with John Mitchell without the support of the entire school,” said Kurt Nero, coach of Amanzimtoti High School, KwaZulu-Natal. “When our principal found out about the competition he announced it in assembly, we erected posters all over the school and had support from the Tuck Shop.”

    When asked what he would like to get out of the Session he said: “I want John to talk about performance factors like the importance of good nutrition and adequate hydration as well as mental strength, but most importantly I want him to stress that rugby is a game of skill and it is not about how big you are and one can score a try without brute force. Rugby is not just a contact sport.”

    Mitchell’s program is designed with Powerade’s ‘Power Through’ philosophy in mind giving coaches the necessary tools to develop their athletes. The philosophy focuses on finding strength, conviction and belief in those moments of low performance, self-doubt or discouragement. It is the role of a coach to motivate, and inspire as well as provide useful information on training regimes to assist their athletes when facing challenges, which they will do at every level in their sport.

    “We want to inspire and motivate young individuals to make sure they maintain their forward momentum and achieve their goals. We know that coaches also play the role of mentor and guidance counselor and we want to empower coaches who will in turn inspire the players,” said Trivern Chetty, Brand Manager- Sports and Energy at The Coca-Cola Company.

    Coaches that come into contact with Mitchell during these campaigns will also be able to stay up to date with peak performance by means of signing up for the communications, developed by the ex-All Blacks and Lions coach himself. A select group of coaches will receive a training tips newsletter twice a month from John. This communication will take the form of skills training content, pictures and links to video demonstrations from the Powerade Performance Sessions as well as great competitions to participate in.

    But the Powerade Schools Programme is far from over. The schools can continue to collect Powerade caps until 14 June. The school that collects the most caps will get tickets for the entire school to go and watch a Super Rugby game in their province.

    Next weeks will all start at 15:00 and finish at 17:00 and will be held at the following schools:

    1. 20 May: Hoërskool Wonderboom – Pretoria
    2. 21 May: Hoërskool Jeugland – Kempton Park
    3. 23 May: Hoërskool Pretoria Noord – Pretoria

  • Vyf spanne nog kans om uitkloprondes in Oos-Vrystaat te haal

    DIE eersterugbyspan van die Hoërskool Reitz het Saterdag die sake in die Oos-Vrystaatse liga behoorlik deurmekaar gekrap. Reitz het Paul Erasmus van Senekal sy eerste nederlaag toegedien. Reitz het die kragmeting op sy tuisveld tussen die twee spanne 19-12 gewen.

    Daar is nou vyf spanne wat met slegs drie ronde liga-wedstryde vir die vier plekke in die halfeindstryde van die liga sal veg. Veral die kragmeting op 25 Mei tussen Reitz en Ladybrand kan bepalend wees wie van hierdie twee spanne tot die uitkloprondes deurdring.

    Die verdedigende kampioen, Wilgerivier van Frankfort beklee die boonste posisie op die puntelys met 15 punte na drie wedstryde. Die span van Frankfort het sover vir Vrede (52-12), Ficksburg (54-0) en Harrismith (55-0) verslaan.

    Paul Erasmus beklee met 14 ligapunte die tweede posisie na vier wedstryde. Die span van Senekal het eerskomende naweek ‘n loslootjie. Die span se laaste twee wedstryde is teen Wilgerivier en Vrede. Dit sal waarskynlik ook sy twee moeilikste wedstryde van die liga wees.

    Ladybrand het met sy oorwinning van 17-14 oor Ficksburg vir homself in ‘n goeie posisie geplaas. Dié span beklee die vierde posisie met nege punte op die puntelys. Ladybrand se laaste twee wedstryde is teen Wilgerivier en Reitz. Die span het met die laaste ronde wedstryde ‘n loslootjie.

    Reitz beklee die vyfde posisie met agt punte. Die span se enigste nederlaag tot dusver was teen Vrede (0-39).
    Dié span kom in die laaste ronde teen Wilgerivier te staan. Hy sal dus reeds sy plek in die halfeindstryde na sy volgende twee wedstryde teen onderskeidelik Harrismith en Ladybrand bepreek wil hê.

    Vrede beklee die derde posisie en pak Ficksburg, Harrismith en Paul Erasmus is sy oorblywende wedstryde.

    Puntemakers: 

    Reitz 19 (5) – Drieë: Jaco Pretorius, Pieter Henn, Hannes Aucamp. Doelskoppe: Henn (2). Paul Erasmus 12 (12) – Drieë: Reirotele Mosia, Edwin Gower. Doelskop: Gower. 

    Wilgerivier 55 (31) – Drieë: Jacques van Rensburg, Phillip du Pisanie, Jahn Workel, Alré van Heerden, Gerrie Muller, Stephan Venter, Dana Janse van Rensburg, Jan-Hendrik Muller, Schalk Wilkinson. Doelskoppe: SF Meyer (5). Harrismith 0

    Ladybrand 17 – Drieë: Thabiso Tau, Thinus Schoeman, Riaan Duvenhage. Doelskop: Schoeman. Ficksburg 14.

  • Preview – SACS vs. Rondebosch Boys’ High

    Rondebosch Boy’s High, coming off a 50-point demolition of Tygerberg, host a SACS side coming off a morale boosting win over fierce rivals Bishops. The weather is predicted to be great and everything is set up perfectly for a spirited contest on the Rugby A-Field at noon on Saturday.
    Rondebosch have started the season really well and have a well-balanced team that has the ability to ask a variety of questions of opposition defences. They have a number of big, powerful ball-carriers in the pack, most notably their skipper and No. 8 Ronnie Melck and powerhouse prop Kyle White. The rest of their pack have a sound work ethic and provide a good platform for their backs who have produced some magic in recent weeks.
    Rondebosch are not scared to give the ball air and have scored an impressive total of 132-points in their last three games. Tyren Lee has been a revelation since moving one-out to inside centre and has been the catalyst for most of Rondebosch’s attacking play. Never to be outdone is fullback Khanyo Ngcukana who has the size, speed and ability to attack from anywhere on the park.
    Rondebosch lost to Monument at the Maritzburg College 150th Festival but bounced back to convincingly beat a good Jeppe side on the final day. On their return they drew with Wynberg Boy’s High first up but have since gone unbeaten for three games.
    Rondebosch have been steadily building up a head of steam and look ready, after a week off for a bye, to really kickstart their season with the business end of the term approaching.
    SACS started the season dismally but have bounced back with two impressive performances. Having watched their first two outings only their most ardent supporters would have bet anything on them upsetting both Boland Landbou and Bishops.
    Their team worked hard in defence last week against Bishops and made a huge number of tackles (131 in total). It was enough to see them win the game relatively comfortably on the scoreboard but it may have taken its toll physically. SACS will be looking to get their hands on the ball more on Saturday in order to impose themselves on their more fancied opponents.
    SACS have lost to Pretoria Boy’s High and Paul Roos but having beaten Rondebosch twice last year won’t want to let their close rivals get back on top of them without a fight. SACS skipper Keagan Wheeler is in fine form and his battle with Tyren Lee should be well worth watching. His centre partner Richard Rodgers scored the winning try last week but will have his hands full trying to mark his opposite number, Clyde Martch, while keeping an eye on the dangerous Ngcukana.

    It is going to take another monumental team effort from SACS to sneak a win against this Rondebosch team that was always going to be formidable given that they have thirteen players back from 2012.
    Teams:
    Rondebosch Boy’s High
    TBC
    SACS
    15. Seb Roodt 14. Aidan Deary 13. Richard Rodgers 12. Keagan Wheeler (C) 11. Matthew Wadling 10. Shane Fourie 9. Michael Henning 8. Devon Barnard 7. Justin Williams 6. Yandisa Maqenukana (VC) 5. Justin Joubert 4. Dean Basson 3. Alexander Duckitt 2. Travis Raa 1. Joel MacQuene
    Venue: Rugby A-Field (Rondebosch)
    Time: 12pm
    Referee: Marc van Zyl (WP Referees Society)
    Weather: 13/20 °C Wind: 20km/h SE 0% Chance of Rain

  • Die Brandwag (Uitenhage) – 2013

    Results 

    Brandwag 66,  Graaff-Reinet Volkskool 6
    Brandwag 46,  Solomon Mhlangu 0
    Brandwag 21,  Queen’s College 19 
    Brandwag 33,  Grens HS 0
    Brandwag 24,  Marlow Landbou 20 
    Brandwag 40,  Muir College 3
    Brandwag 69,  Itembelihle 0
    Brandwag 18,  St. Andrew’s College 19 
    Brandwag 51,  Kingswood College 14
    Brandwag 26,  Framesby 29 

    Players: Malcolm Jaer, Nicholas Lourens, Elandré van der Merwe, Brandon O’Neill, Stefan Janse van Vuuren, Erich de Jager, Derick du Toit, Jacques Hayward, Carlo Buchner, Mornay Moos, Lezo Fortuin, F-Jay Scholtz, Jeandré Swartz, Elroy Adams. 

    20 or more points in a match: 

    39 – Malcolm Jaer vs. Itembelihle  
    24 –
     Malcolm Jaer vs. Marlow Landbou

    Three or more tries in a match:

    5 – Malcolm Jaer vs. Itembelihle  
    3 – Malcolm Jaer vs. Kingswood College 

  • Paul Erasmus – 2013

    Results 

    Paul Erasmus 38,  Hendrik Potgieter (Reddersburg) 12
    Paul Erasmus 18,  Ladybrand 3 
    Paul Erasmus 19,  Ficksburg 7
    Paul Erasmus 29,  Harrismith 5
    Paul Erasmus 12,  Reitz 19 
    Paul Erasmus 17,  Wilgerivier 43

    Players: Edwin Gower, Erwin Japhta, Jerry Leseka, Gerrie van der Merwe, Bernard de Klerk, Michael Brown, Dabatsi Moloi, Reirotele Mosia, Katleho Moahloli, Thabo Lekoro, Martin Deysel, Retsipele Ramoko. 

     

  • School Profile – Paul Erasmus (Senekal)

    School Profile – Paul Erasmus (Senekal)

    Paul Erasmus Founded:
    Motto: Standsvastig en Diensvaardig
    Website: www.pehs.co.za
    Teams: 2013, 2012, 2011, 1986

    First Class Players: Jacques Jonker, Albert “Toks” van der Linde and Stephen Brink. 

    Springbok Player: Albert “Toks” van der Linde. 

  • School of Rugby Rankings – 13 May 2013

    School of Rugby Rankings – 13 May 2013

    Affies moved to second place on the latest rankings of School of Rugby after they defeated Grey College 37-31 for only the second time in history in Bloemfontein. It was Affies’ second succesive victory over Grey College and their fifth in total since 1953. It was the first time since 2006 (Paul Roos Gimnasiums 16-10) that Grey College was defeated in the City of Roses. 

    Outeniqua drop a spot to third place. The top placed team Paarl Gimnasium and Affies won’t face each other this season. Both teams are still unbeaten and only a slip-up from one of these teams will see them lose their current positions.

    HTS Middelburg was crowned champions of the NuPower/Tuks Series with a victory over Nelspruit and moves to position six on the rankings. If they were invited to Wildeklawer SuperSchools they might have been placed higher at the moment. The Rooi Bulle defeated fifth placed EG Jansen earlier this season in a NuPower/Tuks match. 

    The Rankings:

    Rank Team Avg Points Per Game
    1 Paarl Gimnasium 4.60
    2 Affies 4.15
    3 Outeniqua 4.09
    4 Grey College 3.63
    5 EG Jansen 3.01
    6 HTS Middelburg 2.92
    7 Kearsney College 2.87
    8 Glenwood 2.83
    9 Nelspruit 2.76
    10 Pretoria Boys High 2.74
    11 St. Andrew’s College 2.73
    12 Westville Boys’ High 2.72
    13 Paarl Boys’ High 2.60
    14 Oakdale Landbou 2.54
    15 Noord-Kaap 2.38
    16 Rondebosch 2.36
    17 Garsfontein 2.23
    18 HTS Drostdy 2.20
    19 Maritzburg College 2.16
    20 Grey PE 2.14
    21 Paul Roos Gimnasium 2.13
    22 Monument 2.12
    23 Waterkloof 2.09
    24 Die Brandwag 2.08
    25 Marlow 2.04
    26 Menlopark 1.97
    27 Voortrekker (Bethlehem) 1.88
    28 Kempton Park 1.75
    29 SACS 1.72
    30 Centurion 1.71
    31 Hugenote (Well) 1.70
    32 Eldoraigne 1.69
    33 Jim Fouche 1.69
    34 Bishops 1.66
    35 Boland Landbou 1.62
    36 Jeppe 1.59
    37 Wynberg Boys’ High 1.56
    38 Stellenberg 1.48
    39 Ben Vorster 1.47
    40 Durbanville 1.43
    41 Nico Malan 1.39
    42 Framesby 1.28
    43 Daniel Pienaar 1.25
    44 Tygerberg 1.25
    45 Bellville 1.18
    46 Hentie Cilliers 1.16
    47 Brackenfell 1.15
    48 Sentraal 1.11
    49 Selborne 1.08
    50 Diamantveld 1.05