SSPN Test Site

Blog

  • School of Rugby Rankings – 16 May 2016

    School of Rugby Rankings – 16 May 2016

    SOR NuusThe two top teams on School of Rugby’s rankings for the last couple of weeks, Grey College and Paarl Boys’ High, will lock horns in Paarl on Saturday. Boishaai extended their unbeaten streak to 30 wins in a row with an impressive 41-3 victory over Stellenberg on Saturday. 

    Grey College defeated Selborne College by 48-17 in Bloemfontein on Saturday. The clash between Grey and Boishaai will be broadcasted live on SuperSport from 13:50 on Saturday. Affies dropped out of our top five although they got back to their winning ways in style against King Edward VII (61-7). Oakdale Landbou’s victory of 23-20 over Paul Roos Gimnasium however saw them move up past Affies on the rankings. 

    It is important to take into consideration that School of Rugby’s ranking system only takes into account the performances each team produced thus far in the season and not the potential we might believe each team has.

    Please note that we don’t take matches against international opposition into consideration in our rankings. These games will however still be recorded and shown in our results. This rankings is not an official ranking as there is no official ranking on schoolboy level and this is only to get the discussion on school rugby on South Africa flowing. We however take our responsibilty on reporting school rugby very seriously.

    To see each team’s results so far this season click on their name in the rankings. If you see any results missing please don’t hesitate to contact Hannes Nienaber via e-mail on hannes@schooolofrugby.co.za – and please feel free to discuss and differ from us in the comments section.

    The Rankings: 

    Ranking Team Played Won Drawn Lost Points F Points A Ave Score
    1 Grey College 10 10 0 0 556 133 56-13
    2 Paarl Boys’ High 9 9 0 0 345 113 38-13
    3 Glenwood 7 7 0 0 230 50 33-7
    4 Paarl Gimnasium 10 9 0 1 371 144 37-14
    5 Oakdale Landbou 8 7 0 1 234 113 29-14
    6 Affies 10 8 0 2 444 149 44-15
    7 Jeppe High School for Boys’ 11 10 0 1 415 167 38-15
    8 Boland Landbou 10 8 0 2 385 175 39-18
    9 Grey High School 11 9 0 2 346 132 31-12
    10 EG Jansen 11 8 0 3 343 180 31-16
    11 Dale College 11 10 0 1 430 119 39-11
    12 Diamantveld 9 7 0 2 244 145 27-16
    13 Paul Roos Gimnasium 11 8 0 3 374 163 34-15
    14 Monument 11 7 1 3 343 155 31-14
    15 Helpmekaar 9 6 0 3 278 181 31-20
    16 Garsfontein  10 6 0 4 322 233 32-23
    17 Nelspruit  10 7 0 3 228 207 23-21
    18 Selborne College  12 7 2 3 371 188 31-16
    19 Outeniqua 9 6 0 3 263 149 29-17
    20 Ben Vorster 8 6 0 2 250 142 31-18
    21 Stellenberg 9 6 0 3  310 161 34-18
    22 Welkom Gimnasium 12 9 0 3 505 204 42-17
    23 SACS 12 7 2 3 417 214 35-18
    24 Rondebosch Boys’ High 6 3 1 2 171 144 29-24
    25 Voortrekker  10 7 0 3 332 137 33-14
    26 Rustenburg  10 7 0 3 236 193 24-19
    27 Kearsney College 9 6 0 3 278 200 31-22
    28 St. Andrew’s College 9 7 0 2 273 134 30-15
    29 Queen’s College 12 8 0 4 314 242 26-20
    30 Hilton College 8 6 0 2 154 162 19-20 

     

  • Al die uitslae Noord van die Vaal – 14 Mei 2016

    Al die uitslae Noord van die Vaal – 14 Mei 2016

    NewsG HTSMiddelburgMiddelburg sal vir die volgende jaar steeds rooi wees soos dit die afgelope ses jaar was.

    Die Hoër Tegniese Skool Middelburg se Rooi Bulle het die Hoërskool Middelburg ’n behoorlike rugbyles geleer met 67-6 in hul ENB Classic Clash. Die Rooi Bulle het teen rustyd reeds ’n stewige voorsprong van 25-3 opgebou. Dié is die Rooi Bulle se grootste sege nog oor Middelburg.

    Middies kon laas in 2009 met 33-10 as oorwinnaars van die veld stap. Die wedstryd staan steeds bekend in Middelburg as die een met die Nokia-telling. Dit was destyds Middies se eerste sege oor die Rooi Bulle in 26 jaar.

    Die wenspan se kaptein en flank, JC Pretorius, het vir die tweede agtereenvolgende jaar ’n driekuns aan drieë in die wedstryd behaal.

    HTS Middelburg se losskakel, Riekert Barnard, het ook ’n goeie wedstryd met die skopskoen beleef en 22 punte tot sy span se totaal bygedra. Hy het agt doelskoppe en twee strafdoele tussen deur die pale gejaag.

    Die Rooi Bulle se vleuel Japie Kleynhans was ook elke keer wat hy die bal gekry het ’n doring in Middies se vlees.
    Saterdag se kragmeting tussen die Rooi Bulle en die Hoërskool Nelspruit se Rhinos behoort te bepaal wie boaan die Pumas se puntelys vir makroskole in die Virseker Beeldtrofee gaan eindig.

    Zwartkop van Pretoria sal heelwat selfvertroue uit sy sege van 40-5 oor Montana neem. Zwarries se volgende kragmeting is sy jaarlikse Classic Clash teen Eldoraigne.

    In nog ’n makroskole-wedstryd in die Bulle-streek het Wonderboom vir Centurion met 20-5 getroef.

    Noordheuwel se losskakel, JC Fensham, was in gietende reën op sy tuisveld in Krugersdorp sy span se held in hul sege van 14-13 oor die Hoërskool Florida. Hy het al sy span se punte in die wedstryd aangeteken met ’n drie en drie strafdoele.

    Monument het ook op sy tuisveld in Krugersdorp beïndruk deur Waterkloof met 37-7 af te ransel in die modderbad wat die Ras van Rooyen-veld was.

    Dit was weer veral die span se haker en kaptein, PJ Botha, wat met sy inklimspel voor gevat het. Die slot Ruan Vermaak en die agtsteman, PJ Jacobs, het voorlangs ook goeie spel gelewer.

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het King Edward VII in Johannesburg met 61-7 kafgedraf.
    Affies was in verlede jaar se kragmeting tussen die twee spanne met 92-0 baas.

    BLOU BULLE

    MAKROSKOLE

    Wonderboom 20 – Drieë: Johan van Staden, Theuno Botha. Doelskoppe: Henry Nell (2). Strafdoele: Nell (2). Centurion 5 – Drie: Carl Wijburg.

    Zwartkop 40 – Drieë: Henco Venter (2), Phineas Zitha (2), Ivan Smit, Chris Vermaak. Doelskoppe: Miche Groenewald (5). Montana 5 – Drie Imele Meyer.

    Ander spanne:

    o.16: Centurion 32, Wonderboom 0; Montana 22, Zwartkop 10.
    o.15: Centurion 29, Wonderboom 5; Zwartkop 13, Montana 0.
    o.14: Wonderboom 24, Centurion 3; Montana 23, Zwartkop 21.

    GROOTSKOLE

    Oos-Moot 46 – Drieë: Dandré Nolte, Nico Huystek, Tiaan de Lange, Johan Marais, Michael Janse van Rensburg, Eddie Ludick, Emile Bester. Doelskoppe: Ludick (4). Strafdoel: Ludick. Hoërskool Tuine 7.

    Pretoria-Noord 29 – Drieë: Moosa Makunyane (2), Duncan Tack, Ruben Swarts, Rudi de Villiers. Doelskoppe: Vernon Blignaut (2). Wagpos 5.

    Midstream College 66 – Drieë: Heinro Kritzinger (2), Divan van Wyk (2), Jean-Louis Brand (2), Dehan Reynders, Drikus Greyling, Reinhardt Smit, Heinrich Botha. Doelskoppe: Botha (8). HTS Tuine 0.

    Ander spanne:

    Eerste spanne: Die Wilgers 24, Overkruin 17.
    o.16: Pretoria-Noord 30, Wagpos 17; Midstream College 25, HTS Tuine 6; Die Wilgers 34, Overkruin 0.
    o.15: Pretoria-Noord 26, Wagpos 5; Midstream College 66, HTS Tuine 0; Overkruin 37, Die Wilgers 7.
    o.14: Pretoria-Noord 19, Wagpos 7; Midstream College 52, HTS Tuine 0; Overkruin 54, Die Wilgers 7.

    MEDIUMSKOLE

    Curro Hazeldean 32 – Drieë: Rohan Breytenbach (2), Reynard Beukes (2). Doelskoppe: Ahren Smith (3). Strafdoele: Smith (2). FH Odendaal 14.

    Ander spanne:

    Eerstespanne: Erasmus 73, Akasia 0; Hendrik Verwoerd 52, Uitsig 19.
    o.16: Erasmus 43, Akasia 0; Hendrik Verwoerd 29, Uitsig 0; FH Odendaal 24, Curro Hazeldean 14.
    o.15: Akasia 14, Erasmus 0; Uitsig 17, Hendrik Verwoerd 12; FH Odendaal 19, Curro Hazeldean 17.
    o.14: Erasmus 24, Akasia 7; Uitsig 32, Hendrik Verwoerd 0; Curro Hazeldean 60, FH Odendaal 7.

    VRIENDSKAPLIK

    Affies 61 (28) – Drieë: Louritz van der Schyff (2), Marnus Potgieter (2), Carl Koch (2), Schalk Erasmus, Ruan de Swardt, Ruben Meiring, Phillip Krause. Doelskoppe: De Swardt (8). King Edward VII 7 (7) – Drie: Kenndey Mpeku. Doelskop: Mpeku.

    Southdowns College 34 – Drieë: Themba Mandlati (2), Mdu Nkosi, Richard Zulu, Thumelo Ntsi. Doelskoppe: Justin Visagie (3). Strafdoel: Visagie. Fourways 10.

    Diamantveld 24 (7) – Drieë: Timothy Harding (2), Jody Schmidt, De-an Ackermann. Doelskoppe: Charles Williams (2). Menlopark 3 (3) – Strafdoel: Brian Bouwer.

    Ander spanne:

    o.16: Affies 20, King Edward VII 3.
    o.15: King Edward VII 17, Affies 15.
    o.14: Affies 10, King Edward VII 7.

    LEEUS

    MAKROSKOLE

    Noordheuwel 14 – Drie: JC Fensham. Strafdoele: JC Fensham (3). Florida 3.

    Ander spanne:
    o.16: Florida 6, Noordheuwel 3.
    o.15: Florida 22, Noordheuwel 13.
    o.14: Florida 6, Noorheuwel 6.

    GROOTSKOLE

    Randburg 12 – Drieë: Karabo Afrika, Divan Bruwer. Doelskop: Schalk Schlebusch. Jan Viljoen 12.

    Hoërskool Linden 27 (0) – Drieë: Tyron Erasmus, Devaux Bakkes, Dwayne Vorster. Doelskoppe: Bakkes (3). Strafdoele: Bakkes (2). Bastion 10 (7).

    Hoërskool Linden 8 (5) – Drie: Tommy van Staden. Strafdoel: Ruan Marais. Dinamika 12 (5).

    Ander spanne:

    Eerstespanne: Hoërskool Alberton 31, Randburg 0.
    o.16: Randburg 45, Jan Viljoen 0; Linden 17, Dinamika 5; Randburg 46, Alberton 7 Linden 39, Bastion 7.
    o.15: Randburg 21, Jan Viljoen 19; Dinamika 10, Linden 6; Randburg 46, Alberton 3; Linden 15, Bastion 15.
    o.14: Randburg 27, Jan Viljoen 7; Linden 17, Dinamika 7; Randburg 12, Alberton 5; Linden 20, Bastion 19.

    MEDIUMSKOLE

    Fochville 24 – Drieë: Michael Jardine, Wayne Ferreira, Janrich Meyer, Jaco Vewas. Doelskoppe: Barend van Wyk (2). Bekker 17 – Drieë: JG Knoetze (2), Ernst Louw. Doelskop: Ewald Oberholzer.

    VRIENDSKAPLIK

    Monument 37 (15) – Drieë: PJ Botha (2), Tinus Combrinck, Jonathan Rabie, Kevin le Roux, PJ Jacobs, MJ Pelser. Doelskop: Jacobs. Waterkloof 7 (7) – Drie: Ruan Allers. Doelskop: Duan Gunther.

    Helpmekaar 52 – Drieë: Mark Snyman (3), Zandré Kruger (2), Tiaan Scholtz (2), David Cary, Luwan Ludick. Doelskoppe: Chuiner van Rooyen (2). Strafdoele: Van Rooyen, Tristan Oosthuizen. Hoërskool Pietersburg 3 – Strafdoel: Morné Venter.

    Jeppe Boys’ High 31 – Drieë: Wandisile Simelane (2), Hacjivah Dayimane (2), Mangaliso Ntimba. Doelskoppe: Simelane (3). St. Stithian’s College 3.

    Ander spanne:

    o.16: Monument 22, Waterkloof 16; Helpmekaar 13, Pietersburg 3.
    o.15: Monument 24, Waterkloof 10; Helpmekaar 32, Pietersburg 3.
    o.14: Monument 10, Waterkloof 5; Helpmekaar 33, Pietersburg 12.

    LIMPOPO

    KLEINSKOLE

    Curro Heuwelkruin 38 – Drieë: Wernich Kachelhoffer (2), Laffnie Jacobz, Jarrod Kenmuir, Divan Gerber, Nichardt van Niekerk. Doelskoppe: Kachelhoffer (4). Stanford Lake College 10.

    Ander spanne:

    o.17: Curro Heuwelkruin 51, Stanford Lake College 0.
    o.15: Curro Heuwelkruin 51, Stanford Lake College 0.

    MIDDELSKOLE

    Frans du Toit 45 – Drieë: Jonathan Mouton (2), Johann Scheepers (2), Johandré van der Sandt, Farai Pasipavunda, Dumi Hlungwane. Doelskoppe: Sheldon du Plooy (5). Eric Louw 12.

    VRIENDSKAPLIK

    Warmbad 62 – Drieë: Rickie Moulder (3), Ayden Dresse (2), Thegofatso Hlabe, Arno Kruger, Evan Henn, Jaco Vermeulen, Reino Bothma. Doelskoppe: Dresse (6). Capricorn 0.

    Piet Potgieter 25 – Drieë: Jacques du Toit, Zander Barnard, Ajay Willemse. Doelskoppe: Marnus Uys (2). Strafdoele: Uys (2). Frikkie Meyer 39.

    HTS Tom Naudé 13 – Drieë: Ivan Spann, Henco Swanevelder. Strafdoel: Reghardt Williams. Hans Strijdom 12 – Drieë: Juandré Visagie, Andries Pretorius. Doelskop: André du Plessis.

    Ander spanne:

    Eerste spanne: Ben Vorster II 52, Louis Trichardt 20.
    o.16: Warmbad 45, Capricorn 0; Piet Potgieter 14, Frikkie Meyer 7; Hans Strijdom 7, HTS Tom Naudé 7.
    o.15: Frikkie Meyer 38, Piet Potgieter 7; HTS Tom Naudé 13, Hans Strijdom 12.
    o.14: Piet Potgieter 14, Frikkie Meyer 5; HTS Tom Naudé 24, Hans Strijdom 12.

    LUIPERDS

    MAKROSKOLE

    Hoërskool Rustenburg 12 – Drieë: Rassie Breedt, André Bezuidenhout. Doelskop: Bezuidenhout. Marais Viljoen 0.

    Ander spanne:

    o.16: Rustenburg 22, Marais Viljoen 10.
    o.15: Rustenburg 12, Marais Viljoen 5.
    o.14: Rustenburg 33, Marais Viljoejn 7.

    GROOTSKOLE

    Potchefstroom Volkskool 19 – Drieë: Duardt Snyman, Lukie Pieterse, Jandré Olivier. Doelskoppe: Hanru van Rooyen (2). Lichtenburg 18 – Drieë: Henco Nel, Henk Venter. Doelskop: Mauritz Kotze. Strafdoele: Kotze (2).

    Potchefstroom Gimnasium 22 (5) – Drieë: Morné Marais, JM du Plooy, Jan Heenop. Doelskoppe: Marco van den Heever (2). Strafdoel: Van den Heever. Hoërskool Klerksdorp 3 – Strafdoel: Michael Venter.

    Ander spanne:

    o.16: Potch Volkies 34, Lichtenburg 0; Potch Gimmies 60, Klerksdorp 0.
    o.15: Potch Volkies 17, Lichtenburg 8; Klerksdorp 63, Potch Gimmies 0.
    o.14: Lichtenburg 27, Potch Volkies 0; Potch Gimmies 22, Klerksdorp 7.

    MEDIUMSKOLE

    Hoërskool Brits 14 – Drieë: Tristan Joubert, Corno Mostert. Doelskoppe: PW Venter (2). Bergsig Akademie 15.

    Vryburg 33 – Drieë: JW Lazenby (2), Chris Cloete, Cobus Oosthuizen, Francois Pelser. Doelskoppe: Johan Pelser (4). Hartbeespoort 3 – Strafdoel: Daniël Duncan.

    Ander spanne:

    o.16: Bergsig 19, Brits 5; Hartbeespoort 12, Vryburg 7.
    o.15: Bergsig 10, Brits 8; Vryburg 14, Hartbeespoort 0.
    o.14: Brits 27, Bergsig 20; Hartbeespoort 22, Vryburg 7.

    MIDDELSKOLE

    Zeerust 55 – Drieë: SP Vermaak (4), Marno Nel (2), Thebogo Rakate, Bowen van As, Karel Loots. Doelskoppe: Loots (5). HTS Rustenburg 5 – Drie: Lionel George.

    Ander spanne:

    o.16: Zeerust 22, HTS Rustenburg 5.
    o.15: Zeerust 29, HTS Rustenburg 0.

    PUMAS

    MAKROSKOLE

    HTS Middelburg 67 (25) – Drieë: JC Pretorius (3), Ruben Cross (2), Ryan Cloete, Waldo Conradie, Henco van Heerden, Ruvan Muller. Doelskoppe: Riekert Barnard (8). Strafdoele: Barnard (2). Hoërskool Middelburg 6 (3) – Strafdoele: Morné Sonnekus (2).

    Ander spanne:

    o.16: Middelburg 30, HTS Middelburg 0.
    o.15: HTS Middelburg 40, Middelburg 7.
    o.14: Middelburg 19, HTS Middelburg 7.

    GROOTSKOLE

    Ermelo 34 – Drieë: Jannie Eloff, Gift Ngwenya, Ruan Smit, Quniso Hailey. Doelskoppe: Ruan Grobler (4). Strafdoel: Grobler. Skepdoel: Grobler. Hoogenhout 35.

    Piet Retief 22 – Drieë: Percy Mkwanazi, Siphe Mthethwa, Bongumenzi Dlamini, Simon Terblanché. Doelskop: Terblanché. Standerton 15 – Drieë: Hloni Mputi, Wilco Pienaar. Doelskop: AJ Potgieter.

    Secunda 36 – Drieë: Steyn van den Heever (2), Nathan Carstens, Cobus Prinsloo, Steven Steyn. Doelskoppe: Steyn (4). Strafdoel: Steyn. Lydenburg 31 – Drieë: Duncan van Vuuren (2), Roelof Oelofse. Doelskoppe: Brady Theron (2). Strafdoele: Theron (3), Tristan Badenhorst.

    Rob Ferreira 23 – Drieë: Dewiko Loots, Victor Esqueno, Gregg Nel. Doelskop: Waldo van Tonder. Strafdoele: Van Tonder (2). Bergvlam 20 – Drieë: Igné Ferreira (2), Tristan Louw, Adrian Kasselman.

    Ligbron 29 – Drieë: Marnus Scheepers (2), Gert Cronjé, Calvin Clack. Doelskoppe: Nicky Janse van Rensburg (3). Strafdoel: Janse van Rensburg. Volksrust 8 – Drie: Themba Thabethe. Strafdoel: Bandile Zuma.

    Ander spanne:

    o.16: Rob Ferreira 27, Bergvlam 0; Volksrust 0, Ligbron 0 (slegs vriendskaplik); Hoogenhout 19, Ermelo 3; Secunda 20, Lydenburg 10; Standerton 25, Piet Retief 0.
    o.15: Rob Ferreira 34, Bergvlam 5; Ligbron 34, Volksrust 0; Ermelo 22, Hoogenhout 19; Secunda 46, Lydenburg 7; Piet Retief 10, Standerton 7.
    o.14: Rob Ferreira 100, Bergvlam 5; Volksrust 22, Ligbron 17; Ermelo 41, Hoogenhout 7; Secunda 28, Lydenburg 0; Piet Retief 38, Standerton 0.

    KLEINSKOLE

    Morgenzon Landbou 50 – Drieë: JD Ferreira (2), Xander Wehmeyer, Conrad van der Schyff, Dillan Delport, Ricky du Toit, Kyle Coetzee, Dehan Saaiman. Doelskoppe: Saaiman (5). Reynopark 0.

    VALKE

    MAKROSKOLE

    Kempton Park 22 – Drieë: Ewart Steyn, Jeandré Breytenbach, Lee Enslin. Doelskoppe: Francois Erasmus (2). Strafdoel: Erasmus. Jeugland 7.

    Ander spanne:

    o.16: Kempton Park 36, Jeugland 0.
    o.15: Kempton Park 10, Jeugland 8.
    o.14: Kempton Park 22, Jeugland 0.

    GROOTSKOLE

    Transvalia 27 – Drieë: Mpho Mtsane (2), Xander van der Walt, Elrich Louw. Doelskoppe: Van der Walt (2). Strafdoel: Van der Walt. Oosterlig 0.

    Benoni High 19 – Drieë: Fabio Zackey (2), Austin la Ros. Doelskoppe: Josh McCallum (2). Hans Moore 6 – Strafdoele: Justin Brink (2).

    Dr. Malan 21 – Drieë: Brandon Steyn, Wiets Neethling, Eben Fourie. Doelskoppe: Pieter van Vuuren (3). Springs Boys’ High 5.

    Vereeniging Gimnasium 30 – Drieë: Attie Bezuidenhout, Webster Swanepoel, Michael May. Doelskoppe: Dylan Schoeman (3). Strafdoele: Schoeman. Hugenote (Springs) 5 – Drie: Leander van Oort.

    Ander spanne:

    Eerstespanne: Driehoek 37, Birchleigh 0.
    o.16: Transvalia 45, Oosterlig 3; Hans Moore 24, Benoni High 0; Dr. Malan 33, Springs Boys’ High 12; Vereeniging Gimnasium 24, Hugenote 7; Driehoek 38, Birchleigh 0.
    o.15: Transvalia 47, Oosterlig 0; Benoni High 16, Hans Moore 12; Springs Boys’ high 15, Dr. Malan 8; Hugenote 31, Vereeniging Gimnasium 5; Birchleigh 24, Driehoek 10.
    o.14: Transvalia 43, Oosterlig 0; Hans Moore 22, Benoni High 0; Dr. Malan 30, Springs Boys’ High 12; Hugenote 8, Vereeniging Gimnasium 5; Driehoek 43, Birchleigh 0.

    MEDIUMSKOLE

    John Vorster (Nigel) 20 – Drieë: Ricardo Labuschagne, Ruben Fouché, Jarico van Niekerk, Johan Charmain. Delmas 28.

    Ander spanne:

    Eerstespanne: Overvaal 15, Carel de Wet 6.
    o.16: Overvaal 16, Carel de Wet 10; John Vorster 18, Delmas 15.
    o.15: Overvaal 20, Carel de Wet 7; Delmas 29, John Vorster 20.
    o.14: Carel de Wet 12, Overvaal 0; John Vorster 33, Delmas 24.

    MIDDELSKOLE

    Voortrekker (Boksburg) 43 – Drieë: Nkosana Shabalala (2), Salumu Benoi, Christopher Lottering, Thato Morie, Patrick Zwane, Kagiso Lekoane. Doelskoppe: Kelebogile Lemotlo (3), Nhlanhla Simelane. Johan Jurgens (Springs) 10.

    Ander spanne:

    Eerste spanne: Drie Riviere 0, Generaal Smuts 0; Die Ankerskool 22, Suiderlig 5.
    o.16: Voortrekker 24, Johan Jurgens 0; Generaal Smuts 15, Drie Riviere 10; Die Ankerskool 15, Suiderlig 0.
    o.15: Voortrekker 26, Johan Jurgens 0; Suiderlig 10, Die Ankerskool 7.
    o.14: Voortrekker 35, Johan Jurgens 7; Suiderlig 5, Die Ankerskool 0.

    VRIENDSKAPLIK

    Eerstespanne: Balfour 27, HTS Springs 7.

  • Western Cape Results – 14 May 2016

    Paarl Boys’ High recorded their 30th successive victory on the rugby field when they defeated Stellenberg convincingly by 41-3 on Saturday. Boishaai’s No. 8, Khanya Ncusane, crossed the try line four times in the match to round off a superb performance. Boishaai’s next encounter Saturday in Paarl against Grey College will be their toughest of the season. 

    SACS’s centre Nick Redelinghuys scored a hat-trick of tries against Rondebosch Boys’ High, but it was however not enough to secure his side victory. SACS and Rondebosch’s match ended in a stalemate of 28-all. Bosch’s flyhalf, Sam Cragg, kept his side in the match with his trusty boot as he converted to of his side’s three tries and also slotted three penalties.

    Just outside Riversdal, Oakdale Landbou, managed to defeat Paul Roos Gimnasium from Stellenbosch by 23-20. Outeniqua comforably defeated Oudtshoorn 50-7 in their annual FNB Classic Clash.  

    Scorers: 

    Diocesan College 31 (12) – Tries: JP Smith, Harry Makin, Lubelo Scott, Bran­don van der Westhuizen, Penalty Try. Conversions: Makin (3). HTS Drostdy 23 (13) – Tries: Bradley von Turha, Demitri Moffat, Romeo Eksteen. Conversion: Moffat. Penalties: Moffat (2).

    SACS 28 (7) – Tries: Nick Redelinghuys (3), James Brewer. Conversions: Jordy Hop (4). Rondebosch Boys’ High 28 (13) – Tries: Suhaib Ajmoodien, Robbie Davis, James van Rensburg. Conversions: Sam Cragg (2). Penalties: Cragg (3).

    Paarl Boys’ High 41 (17) – Tries: Khanya Ncusane (4), Da­niël Jooste, Michael Visser, Gianni Lombard. Conversions: Lombard, Gerbré Ferreira, Rayhan Lombaard. Stellenberg 3 (3) – Penalty: Ruben Scholtz.

    Paarl Gimnasium 38 (19) – Tries: Brian Buitendag (2), Wian van Zyl, Juvan Robinson, Sehan du Toit, Henco Martins. Conversions: Theo Boshoff (4). Brackenfell 24 (10) – Tries: Gerhard Swanepoel, Seya Ntuntwana, Sean-D van Binsbergen. Conversions: Branden de Kock (3). Penalty: De Kock.

    Durbanville 15 (10) – Tries: Irven Fredericks (2), Muller van der Westhuizen. De Kuilen 8 (0) – Try: Dylan Mawona. Penalty: Mawona.

    DF Malan 22 (8) – Tries: NJ Sidloyi, Heinrich van der Walt, Carlo Geyer. Conversions: Van der Walt (2). Penalty: Van der Walt. Tygerberg 19 (14) – Tries: Tiaan Henecke, Marco Whitmore, Oakley Conyers. Conversions: Henecke (2). 

    Strand 19 (7) – Tries: Merwil van der Merwe, Abdul Rhoda, Marnes Gouws. Conversions: Jano Brink (2). Parel Vallei 17 (9) – Try: Cameron Muller. Conversion: Emile Booyens. Penalties: Booyens (4).

    HTS Bellville 10 (0) – Try: Steve Mabengi. Conversion: Siphe Qolo. Penalty: Qolo. Hottentots-Holland 0.

    Jan van Riebeeck 13 (13) – Tries: Ricardo Thomas. Conversion: Helgard de Villiers. Penalties: De Villiers (2). Tygerberg RFC 10 (5) – Tries: Rosco Cyster, Lorenco Benjamin.

    Milnerton 10 (10) – Try: Keegan Boswell. Conversion: Dillon Smit. Penalty: Smit. Hamlets RFC 3 (3) – Penalty: Seth Parsons.

    Other Results:

    u19A: Kasselsvlei 41, Melkbosstrand 7; Vishoek 12, Primrose-klub 24; J.G. Meiring 8, Bellville-Suid 40; President 20, Reddam Constantia 14; Table View 13, Fairbairn 22; Fairmont 38, Somerset College 10; Groote Schuur 29, Norman Henshilwood 3; Scottsdene 14, Bernadino Heights 16; Excelsior 29, Eben Dönges 3.

    u16A: Bishops 26, Drostdy 33; SACS 24, Rondebosch 10; HJS Paarl 32, Stellenberg 8; Brackenfell 7, Paarl Gim 24; Durbanville 37, De Kuilen 7; HS Tygerberg 5, D.F. Malan 28; Parel Vallei 0, Strand 52; HTS Bellville 18, HHH 0; Milnerton 19, Hamlets-klub 7; Kasselsvlei 18, Melkbosstrand 14; Vishoek 17, Primrose-klub 12; Table View 22, Fairbairn 20; Fairmont 48, Somerset College 12; Scottsdene 10, Bernadino Heights 10; Excelsior 23, Eben Dönges 3.

    u15A: Bishops 17, Drostdy 22; SACS 3, Rondebosch 10; HJS Paarl 32, Stellenberg 10; Brackenfell 3, Paarl Gim 55; Durbanville 41, De Kuilen 0; HS Tygerberg 7, D.F. Malan 5; Parel Vallei 0, Strand 47; HTS Bellville 5, HHH 12; Tygerberg-klub 26, Jan van Riebeeck 19; Milnerton 12, Hamlets-klub 7; Kasselsvlei 5, Melkbosstrand 10; Vishoek 32, Primrose-klub 7; President 24, Reddam Constantia 10; Table View 7, Fairbairn 14; Fairmont 11, Somerset College 10; Groote Schuur 41, Norman Hen­shilwood 15; Scottsdene 0, Bernadino Heights 20; Excelsior 0, Eben Dönges 3.

    u14A: Bishops 24, Drostdy 19; SACS 26, Rondebosch 5; HJS Paarl 31, Stellenberg 7; Brackenfell 0, Paarl Gim 53; Durbanville 52, De Kuilen 0; HS Tygerberg 17, D.F. Malan 0; Parel Vallei 18, Strand 24; HTS Bellville 0, HHH 20; Tygerberg-klub 22, Jan van Riebeeck 19; Milnerton 24, Hamlets-klub 29; Kasselsvlei 5, Melkbosstrand 7; Vishoek 0, Primrose-klub 28; President 18, Reddam Constantia 19; Table View 5, Fairbairn 24; Fairmont 40, Somerset College 8; Groote Schuur 27, Norman Henshilwood 5; Scottsdene 19, Bernadino Heights 31; Excelsior 7, Eben Dönges 10.

    BOLAND

    Worcester Gimnasium 36 (24) – Tries: Sidney Jansen (2), Daniel van der Berg, Lukhanyo Magele, Lundi Msenge. Conversions: Curtley Deelman (4). Penalty: Deelman. Hugenote (Wellington) 32 (22) – Tries: Cohen Kiewiet, Michael Goodall, Kimo Davids, Stephan Theron. Conversions: Renaldo Fransman (2), Marcello Perrang. Penalties: Fransman, Perrang.

    Swartland 42 (13) – Tries: Cee-Jay Adonis, Fabian November, Antonio Muller, Breyten Henkeman, Pieter Hamman. Conversions: Anton du Toit (4), Penalties: Du Toit (3). Bellville HS 23 (16) – Tries: Alec Heydenrych, Le-roy Hugo. Conversions: Dan Aspeling (2). Penalties: Aspeling (3).

    Vredendal 20 (17) – Tries: Johan van der Merwe, Stiaan Basson, Rossouw Jordaan. Conversion: Jordaan. Penalty: Jordaan. Calvinia 12 (6) – Peanlties: Albert van Zyl (4).

    Montagu 30 (18) – Tries: Charl-Hein Saunders (2), Curlin Saunders, Penalty Try. Conversions: Maxwell Klaasen (2). Penalties: Klaasen (2). Hermanus 18 (13) – Tries: Tasco Carelse, Jade Cornelius, Kayno Lukas. Penalty: Lukas.

    Overberg 19 (13) – Try: Hugo Kriel. Conversion: Junior Spanellis. Penalties: Spanellis (4). Bredasdorp 9 (6) – Penalties: Helmuth Miskey (3).

    Other Results:

    u19A: Dirkie Uys 25, Labori 15; Montana 12, Porterville 26; Vredenburg 0, Stellenbosch 12; Hugenote 40, Bergrivier 12; HS Langenhoven 51, Albertinia 0; Hopefield 46, Steynville 0; Emil Weder 24, Albert Myburgh 0; Lutzville 22, Graafwater 6; Groendal 14, New Orleans 23; Robertson 10, Ashton 45; Stellenbosch 35, Charleston Hill 6; Hopefield 52, Kampsbaai 5.

    u16A: Worcester Gim 10, Hugenote 22; Swartland 5, Bellville 27; Montagu 14, Hermanus 14; Bredasdorp 24, Overberg 5.

    u15A: Worcester Gim 10, Hugenote 14; Swartland 5, Bellville 22; Montagu 0, Hermanus 17; Bredasdorp 50, Overberg 0.

    u14A: Worcester Gim 14, Hugenote 12; Swartland 5, Bellville 33; Montagu 27, Hermanus 26; Bredasdorp 24, Overberg 10.

    SWD

    Oakdale Landbou 23 (6) – Tries: Dian Bleuler, Zinedine Booysen. Conversions: Darren Adonis (2). Penalties: Adonis (3). Paul Roos Gimnasium 20 (15) – Tries: Hanré du Toit, Johan Joubert, Tiaan Coetzee. Conversion: Joshua Vermeulen. Penalty: Damian Willemse.

    Other Results:u16A: Oakdale 10, Paul Roos 46.

    u15A: Oakdale 12, Paul Roos 18.

    u14A: Oakdale 5, Paul Roos 41.

  • Tralies en JF deel louere in Classic Clash

    Tralies en JF deel louere in Classic Clash

    Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Sentraal het Saterdag in sy FNB Classic Clash teen Jim Fouche veggees gewys om uiteindelik die louere met 22-elk te deel. Tralies moes op ‘n stadium met 12 spelers op die veld klaarkom na die skeidsregter, Tiaan Steyn, met nog ongeveer 20 minute oor die kragmeting na ‘n geveg Tralies se losskakel, Jacques Mulder, en die agtsteman, Roche Roelofse, met ‘n geelkaart en ‘n rooikaart van die veld gestuur.

    Dit was Roelofse se tweede geelkaart van die wedstryd na hy ook vir ongeoorloofde spel in die tweede helfte ‘n kaart gekry het, wat beteken het dat dit in ‘n rooikaart verander het. JF se losskakel, Henco Venter, is ook tien minute koelkas toe gestuur. Sentraal se senter Dirk Cilliers was toe reeds in die strafkas na ‘n gevaarlike duikslag miinute voor die geveg. Tralies het dus vir ‘n geruime tyd met slegs 12 spelers teen JF se 14 gespeel. 

    Tralies se slot, Bubbles van der Walt, het met speeltyd reeds verstreke vir sy drie oorgeval om die telling gelyk te trek. Hy was soos nog die hele seisoen ook sy span se grootste staatmaker in die wedstryd. 

    Vir JF was sy slot Ernst Nebe en agtsteman, Andrew Voster, voorlangs ysters gewees. In die agterhoede het die buitesenter, Francois Maree, skitter spel gelewer.

    Die Hoërskool Fichardtpark se vaskopstut, Wandré Nortjé, het amper met sy driekuns aan drieë teen Louis Botha sake behoorlik deurmekaar in die Vrystaatse A-liga gekrap.

    Louis Botha het die wedstryd met 38-33 gewen na Fichies met die omdraaislag ’n voorsprong van 20-19 geniet het. Fichies se losskakel, Jevan Botes, het boonop ook ’n goeie dag met die skopskoen beleef. Hy het met al sy stelskoppe geslaag om al drie Nortjé se drieë te verdoel asook vier strafdoele tussen deur die pale te jaag.

    Sentraal sal nou weer vitr JF Saterdag in die halfeindstryd pak, terwyl Louis Botha en Fichies mekaar ook weer in die uitspeelronde sal ontmoet.

    Grey-kollege het op sy tuisveld in die Rosestad gewys dat daar niks met sy diepte skort nie.

    Grey het ondanks ’n lang krukkelys van spelers wat nie vir die wedstryd oorweeg kon word nie asook die skorsing van die flank, Juan Venter, steeds redelik gemaklik met Selborne College van Oos-Londen (48-17) afgereken.

    Die span se buitsenter, Janco van Heyningen, het ’n skitterende tweede helfte beleef en met sy vaart twee van sy span se drieë afgerond. Die agtsteman, Dian Schoonees, het ook twee keer ’n draai agter die doellyn gaan maak. Hy het vir sy eerste drie ongeveer 50 meter genael na hy die bal onderskep het.

    President Steyn se vleuel Johnny Khomisi en die buitesenter, Niel Smith, het elk ’n driekuns aan drieë in hul span se sege van 73-23 oor Hoërskool Bloemfontein behaal. Die wedstryd is tien minute in die tweede helfte gestop. Die Steyners se afrigter, Jannie Becket, sal nie tevrede met sy span se verdediging in die wedstryd wees nie.

    Op Reddersburg het die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter vir Sand du Plessis met 28-24 uitoorlê. Die span het hiermee gewys dat hy vanjaar een van die aanspraakmakers op die Vrystaatse B-liga titel is.

    St. Andrew en Brandfort is steeds die voorste spanne in dié liga. Saints het op sy tuisveld in die reën met 14-19 teen St. Alban’s College van Pretoria vasgeval. Die span van die Jakarandastad word deesdae deur die voormalige Cheetah-losskakel, Kennedy Tsimba gebrei.

    Brandfort het Zastron met 29-7 getroef.

    Puntemakers: 

    Grey-kollege 48 (31): Drieë: Janco van Heyningen (2), Dian Schoonees (2), PR Serfontein, David Kriel, Marnus Boshoff, Henk Cilliers. Doelskoppe: Rikus Pretorius (3), Christopher Schreuder. Selborne College 17 (10).

    Sentraal 22 (8): Drieë: Marko Rademeyer, Francois Pieterse, Bubbles van der Walt. Doelskoppe: Jacques Mulder (2). Strafdoel: Mulder. Jim Fouché 22 (10): Drieë: Andrew Vorster, Reino Coetzee, Francois Maree. Doelskoppe: Henco Venter (2). Strafdoel: Venter. 

    Louis Botha 38 (19): Drieë: Rallston Dreyer (2), Kyle Kermis (2), Mfezeko Moyo, Khanya Gela. Doelskop: Kermis. Strafdoele: Kermis (2). Fichardtpark 33 (20): Drieë: Wandré Nortjé (3). Doelskoppe: Jevan Botes (3). Strafdoele: Botes (4).

    President Steyn 73 (31): Drieë: Johnny Khomisi (3), Niel Smith (3), Ryno Nyce, Gailin Neels, Jeandré Atkinson, Raymond Kruger, Luandré Nel. Doelskoppe: Neels (8), Smith. Hoërskool Bloemfontein 23 (11).

    Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter 28: Drieë: Boeta Godbeer, Quinton Erasmus, Breyton Arends, Daniël Cilliers. Doelskoppe: Juandré Rautenbach (4). Sand du Plessis 24: Drieë: Timothy Jones, Katleho Moletsane, William Bloem. Doelskoppe: Bloem (3). Strafdoel: Bloem.

  • Velties baas in klipharde Klein Interjol

    Velties baas in klipharde Klein Interjol

    NewsG DuineveldDuineveld se eerste rugbyspan het vir die eerste keer in drie jaar rede gehad om fees te vier tydens die Klein Interjol teen die Hoërskool Upington. Velties was met 11-7 in ’n klipharde stryd op Uppies se veld in die jaarlikse Classic Clash baas.

    Die twee spanne het gaan rus sonder dat enige span punte kon aanteken. As die twee spanne mekaar pak tel geen van hul vorige wedstryde van die seisoen nie.

    Daar was veral ’n hewige stryd om die losbal by die afbreekpunte. Hier het Uppies se flank, Johannes Terblanche, verskeie kere daarin geslaag om omgekeerde besit te bewerkstellig.

    Uppies het ook in die eerste helfte meeste van die besit geniet, maar sy losskakel, Ivan Lombaard, kon nie met sy skopskoen sy span voor kry nie.

    Vir Velties was die slot Rudolph Oberholster, flank Ruan Visser, agtsteman Johan Geldenhuys en die stut Stefan Hanekom voorlangs ysters in die senutergende kragmeting. Agterlangs kan die senterpaar, Adri du Plessis en Jacques Page, saam met die vleuel Sebastiaan Jobb maar vandag breebors rondloop.

    In die Griffon-liga kon nie een van die wedstryde in Welkom weens die hoë reënval plaasvind nie. Die Sandveld-liga se wedstryde het ook uitgereën.

    Die twee voorste spanne in die liga, Welkom Gimnasium en Voortrekker van Bethlehem, kon egter op hul goeie vertonings tot dusver voortbou.

    Die Trekkers se vleuel, Pieter van Zyl, het drie keer die doellyn in sy span se sege van 71-17 oor Hoërskool Kroonstad oorgesteek. Hy was saam met die losskakel, Louis Viljoen, agterlangs hul span se staatmakers.

    Voorlangs het die stut Francois Klopper en die haker, Tiaan van Zyl, blink vertonings gelewer. Blouskool se troepe verdien egter lof vir die veggees wat hulle getoon het deur nooit handdoek in te gooi nie. Bloues se senter Katleho Makoea, die losvoorspelers Eben Bezuidenhout en Piet van der Merwe verdien veral vermelding vir hul veggees.

    Welkom Gimnasium het HTS Sasolburg met 60-10 verslaan voor die skeidsregter sake gestop het. Gimmies se agtsteman, Gift Dlamini, het vier van sy span se 12 drieë afgerond. Die span van Welkom het nie een doelskop waargeneem nie.

    Hentie Cilliers van Virginia het in Bethlehem teen Witteberg dalk die belangrikste sege van die naweek in die Griffon-liga behaal deur met 31-29 as oorwinnaars van die veld te stap. Henties het teen lemoentyd ’n voorsprong van 24-12 geniet, maar Witteberg het in die tweede helfte verwoed teruggeveg om amper die wedstryd te wen. Wittes het op ’n stadium met 29-26 die voortou geneem.

    Vir Henties het sy haker, Morné Mkwayi, stut Winrich Kennedy, slot Damian Karelse en die vleuel Dealin Jafta goed vertoon.

    Vir Wittes het die slot Johannes van Graan, flank Louis Oosthuizen en die agtsteman, Cronjé Meiring, voorlangs uitgeblink. Agter was die skakelpaar, Jason Roux en George Spershott, op hul stukke.

    Diamantveld van Kimberley het in Pretoria vir Menlopark met 24-3 kaf gedraf.

    Puntemakers: 

    Voortrekker 71: Drieë: Pieter van Zyl (3), Francois Klopper (2), Wessel van Huysteen, Tiaan van Zyl, Ruan van Niekerk, Sakkie Mollentze, Hennie du Plessis, Louis Viljoen. Doelskoppe: Viljoen (8). Hoërskool Kroonstad 17: Drieë: Hugo Schagen, Katleho Mokoena. Doelskoppe: Theo Roux, Joubert Rossouw. Strafdoel: Roux.

    Welkom Gimnasium 60: Drieë: Gift Dlamini (4), Andrew Kota (2), Duke Jantjies (2), Neo Mohapi, Lubabalo Mtyeshi, Virlyn van Vollenhoven, Kwagga van Staden. HTS Sasolburg 10.

    Hentie Cilliers 31: Drieë: Daelin Jafta (2), Damian Karelse, Calvin Meyer, Morné Mkwayi. Doelskoppe: Ruben Pretorius (3). Witteberg 29 (12): Drieë: Franco Victor, Cronjé Meiring, PJ Jonker. Doelskop: George Spershott. Strafdoele: Spershott (4).

    Hoërskool Reitz 24: Drieë: Janes van Coller (2), Marnus du Plooy. Doelskoppe: Neil van der Merwe (3). Strafdoel: Van der Merwe. Ladybrand 10

    Sandveld 49: Drieë: Johan Rall (3), Ettiene Verster (2), Francois van Heerden, David Marais, Christo Reynecke, Lucky Bob. Doelskoppe: Bob, Marais. Lesideng 0.

    Hoopstad 57: Drieë: Wayne Vorster (3), Jaco Burger (2), Rénard van Jaarsveld (2), Janus van Deventer (2). Doelskoppe: Burger (6). Welkom Sekondêr 19.

    Duineveld 11: Drie: Stefan Hanekom. Strafdoele: Connie Conradie (2). Hoërskool Upington 7: Drie: Janno Lategan. Doelskop: Iwan Lombard.

    Diamantveld 24 (7): Drieë: Timothy Harding (2), Jody Schmidt, De-an Ackermann. Doelskoppe: Charles Williams (2). Menlopark 3 (3): Strafdoel: Brian Bouwer.

  • School Profile – Ellisras

    School Profile – Ellisras

    Ellisras Founded:  
    Motto: Vasberade
    Website: www.rassies.com
    Teams: 2016, 2015, 2014, 1991.

    2019

    Craven Week Players: Jaco Coetzee (1988), P Human (1989), Frans Kemp (1991), Mof Venter (1992), Anton Roets (1992), Kobus Erasmus (1992), Hannes Human (1992), JJ Human (1993), Gys Greishaber (1994), Johan van Zyl (2004), JP Viljoen (2004), Stefan Koekemoer (2004), Johan Human (2007).

    South African Schools’ Player: Jaco Coetzee (1988).

  • Oakdale bobaas op die plaas teen Paul Roos

    Oakdale bobaas op die plaas teen Paul Roos

    NewsG Oakdale

    Dit was tydens die tradisionele Akkerfees op Riversdal dat Paul Roos met 25 rugbyspanne aan ʼn besige sportdag teen die Hoër Landbouskool Oakdale deelgeneem het.

    Die eerstespan wedstryd het aan alle verwagtinge van ʼn opwindende en aanskoulike o.19 skolewedstryd voldoen en was Paul Roos eerste op die telbord gevolg deur Darren Adonis, Oakdale se heelagter, met ʼn strafskop.

    Gedurende die eerste helfte het Oakdale twee strafskoppe aangeteken deur Darren Adonis terwyl Paul Roos twee keer agter die doellyn gaan kuier deur onderskeidelik, Johan Joubert no. 7 flank en Hanré du Toit, flank verdoel deur Joshua Vermeulen die heelagter. Damian Willemse, losskakel het ook met ʼn strafskop; geslaag.

    Na die halftyd telling 15-6 in die guns van Paul Roos het Oakdale vroeg in die tweede helfte teruggeslaan met loskopvoorry Dian Bleuler se drie wat verdoel is deur die heelagter Darren Adonis. ʼn Drie deur Tiaan Coetzee, skrumskakel van Paul Roos het na tien minute die telbord laat aanskuif na 20-13 vir Paul Roos.

    ʼn Vinnige drie deur die vleuel Zinedine Booysen en verdoel deur Darren Adonis het die telling op ʼn mespunt gebalanseer op 20 elk.

    Adonis het ʼn strafskop deur die pale gehaag om die wedstryd met 23-10 in Oakdale se guns te maak.

    Dit was veral ʼn begeesterde Oakdale-span wat in die tweede helfte die tempo verhoog het en die meeste op die aanval was. Vir Paul Roos het die slot Ben-Jason Dixon sake moeilik gemaak in die lynstaan. Oakdale se beste spelers op die dag was Dian Bleuler, loskopstut, wat ʼn barshou in die vastelos gespeel het en Nicolus van Eeden, buitesenter, wat die Paul Roosers aan die raai gehou het.

    Monument het op ’n sopnat Ras van Rooyen-veld in Krugersdorp teen Waterkloof nie veel probleme ondervind om met 37-7 as oorwinnaars van die veld te stap nie. Dit was weer Monnas se kaptein en haker, PJ Botha, wat met sy inklimspel voorlangs die grootste aandeel in sy span se sege behaal het. Botha het twee van sy span se sewe drieë gedruk.

    Die agtsteman, PJ Jacobs, het ook goed in die modderbad vertoon en met sy span se enigste doelskop geslaag toe hy naderby was en daar slegs 45 oor was om die doelskop waar te neem.

    HTS Middelburg se Rooi Bulle het sy grootste sege ooit oor sy aartsvyande die Hoërskool Middelburg in hul jaarlikse Classic Clash behaal. Die Rooi Bulle het op sy tuisveld vir Middies met 67-6 oorrompel.

    Die Rooi Bulle se kaptein en kantman, JC Pretorius, het soos verlede jaar drie keer Middelburg se doellyn oorgesteek. Pretorius was verlede jaar ook aan die voorpunt van sy span se sege van 41-26. Daar is nie ’n beter oopkantflank in Suid-Afrika op skolevlak as Pretorius nie. Hy is reeds verlede jaar ’n onreg aangedoen deur nie vir die SA Skole-span gekies te word nie.

    Die losskakel, Riekert Barnard, het 22 punte met sy skopskoen tot sy span se totaal bygedra. Hy het met agt doelskoppe en twee strafdoele geslaag.

    Grey-kollege het in Bloemfontein ’n indrukwekkende sege van 48-17 oor Selborne College behaal. Die span van die Rosestad moes sonder heelwat van sy eerstekeuse spelers weens beserings klaarkom. Dit was veral die buitsenter, Janco van Heyningen, wat met sy vaart in die tweede helfte vir Selborne probleme besorg het. Hy het twee keer die doellyn oorgesteek.

    Selborne se senter Sango Xamlashe het ook ’n paar goeie breekslae ingekry en een van sy lopies vir ’n uitstekende individuele drie afgerond.

    Die Hoër Jongenskool Paarl se agtsteman, Khayna Ncusane, het met vier drieë gesorg dat sy span hul 30ste oorwinning op ’n streep behaal. Boishaai het Stellenberg oortuigend met 41-3 die loef afgesteek.

    Die wedtryd tussen Boishaai en Grey volgende week in die Paarl beloof om een van die hoogtepunte van die skoleseisoen te wees.

    In die Rosestad se Classic Clash tussen Sentraal en Jim Fouché het die twee spanne die louere met 22-elk gedeel.

    Albei die ligawedstryde van die Griffon-liga in Welkom het uitgereën. Die twee onoorwonne spanne in die liga, Welkom Gimnasium en Voortrekker van Bethlehem, se wedstryde teen HTS Sasolburg (60-10) en die Hoërskool Kroonstad (71-17) het wel plaasgevind.

  • Werk le nog voor vir Jong Bokkies

    Daar is genoeg rede vir Dawie Theron om te glimlag, maar daar lê nog baie werk voor vir die Jong Bokkies indien hulle aanspraakmakers in vanjaar se o.20-Wêreldkampioenskap wil wees.

    Die Jong Bokkies het Vrydag tien drieë in hul oefenwedstryd by die Universiteit van die Witwatersrand teen ’n gemengde span van die Goue Leeus se o.19- en o.20-span ingeryg.

    Die span wat deur Theron afgerig word, het minstens nog vyf kanse om drieë aan te teken deur hul vingers laat glip.

    Die Jong Bokkies het uiteindelik gemaklik met 60-19 as oorwinnaars van die veld gestap.

    Die Wêreldkampioenskap vind volgende maand in Manchester, Engeland, plaas.

    Die Bokkies se haastige vleuel en vanjaar se Varsitybeker-Speler van die Jaar, Mosolwa Mafuma, het gewys dat hy nie te veel spasie gegun kan word nie. Mafuma het vier keer in die wedstryd die doellyn oorgesteek.

    Mafuma en sy vleuelmaat, S’busiso Nkosi, kan indien hulle genoeg gehaltebalbesit ontvang teen enige span skade aanrig.

    Die skrumskakel van die Hoërskool Garsfontein, Embrose Papier, het in sy helfte gewys dat daar nie ’n skrumskakel in Suid-Afrika op o.20-vlak is wat oor dieselfde aanvallende vermoë as hy beskik nie. Hy sal wel nog aandag aan sy taktiese skopwerk moet gee. Hy is rustyd deur Marko Janse van Vuren vervang wat self ’n goeie diens van agter die oond gegee het.

    “Ons kan nie te opgewonde oor die sege raak nie, daar is heelwat foute, maar ons kan die foute regstel en daar lê gewis nog werk vir ons as span voor. Ons moet beter na ons balbesit kyk, maar ek dink dit is dalk ’n bietjie oorgretigheid. Ek is wel baie tevrede oor ons skrumwerk, asook die dryfwerk van die lynstane af,” het Theron gesê.

    Die Jong Bokkies se lynstane het ook goed gelyk in die eerste helfte, maar die Leeus het in die tweede helfte ’n hele paar keer daarin geslaag om besit hier te steel, terwyl daar ook ’n paar ingooie nie op ’n tiekie was nie.

    “Elke jaar is daar ’n nuwe groep met nuwe karakter waarmee ons werk. Ek sou sê vanjaar se groep het nogal baie energie. Ons wil nie dié energie en ondernemingsgees, wat natuurlik vir die span kom, onderdruk nie, maar op die wêreldkampioenskap gaan ons toetsrugby speel. Die span het die vermoë om spasie vir die vleuels te skep en ons sal dit ook tot ons voordeel gebruik,” het Theron gesê.

    Die Jong Bokkies se loskopstut in die eerste helfte, Kwenzo Blose, het slegs vyf maande gelede eers na die voorry geskuif. Hy het verlede jaar nog op die Akademie-week vir KwaZulu-Natal op slot gesak. Die werk wat Stephan Jacobs by die Kovsies se Young Guns in Blose se skuif ingesit het, verdien vermelding.

  • Theron to test player combinations at Wits

    Theron to test player combinations at Wits

     

    NewsBabyBoksJunior Springbok coach Dawie Theron on Thursday named his team to face a combined Xerox Golden Lions Under-19 and Under-21 team in their first warm-up match.

    The match will take place on Friday at Wits University and is the Junior Boks’ first fully-fledged encounter in the lead-up to the World Rugby U20 Championship in Manchester, England, from 7 to 25 June.

    The starting line-up features the Vodacom Blue Bulls halfback combination of flyhalf Manie Libbok and scrumhalf Embrose Papier, while DHL Western Province locks Eduard Zandberg and Ruben de Villiers will join forces in the engine room.

    The loose trio, meanwhile, features flanks Zain Davids and Ernst van Rhyn and No 8 Junior Pokomela, while captain and centre, Jeremy Ward, will join forces with Franco Naude in a hard-running centre combination.

    In the front row hooker JH Campher will team up with props Kwenzo Blose and Nicolaas Oosthuizen, while the side also boasts firepower out wide with wings S’busiso Nkosi and Mosolwa Mafuma.

    “We had three contact sessions (against the Western Province Rugby Institute and Western Province Academy) respectively in the last few weeks and that offered us a fantastic opportunity to see what the players have to offer in a match situation,” said Theron.

    “We have now reached a stage where we want to test player combinations and hopefully develop a few key combinations in the process.

    “Embrose Papier and Ruben de Villiers joined the training squad later than the other players, so this is the first time they will be in action for us, and I am excited to see how they slot in.

    “We will play with a bench of 10 players, so we would like to give everyone a run with an eye on sharpening up our preparation and match fitness ahead of the showpiece.”

    Utility back Curwin Bosch (hamstring) and lock Eli Snyman (lower leg) will not participate in the match as they are nursing niggling injuries, while scrumhalf James Hall is on Vodacom Super Rugby duty.

    Theron said while the result of the match would be important, he was more focused on the implementation of their game plan against the Johannesburg side.

    “Preparing for a tournament is a process, so our main focus at this stage is to implement our structures effectively and to test ourselves under pressure,” said Theron.

    “One of the highlights of our first two contact sessions was that we did not concede any points, and I would like to see the players show the same commitment on defence, while at the same time capitalising on the chances we create on attack.”

    The Junior Springboks will return to Cape Town on Friday after the match. The team will face Maties in Stellenbosch on Tuesday, 17 May in their second warm-up match at 18h00, which will be followed by a clash against SWD in Oudtshoorn on Saturday, 21 May.

    Junior Springboks to face Xerox Golden Lions U19 and U21:

    15 Keanu Vers, 14 S’busiso Nkosi, 13 Jeremy Ward (captain), 12 Franco Naude, 11 Mosolwa Mafuma, 10 Manie Libbok, 9 Embrose Papier, 8 Junior Pokomela, 7 Ernst van Rhyn, 6 Zain Davids, 5 Eduard Zandberg, 4 Ruben de Villiers, 3 Nicolaas Oosthuizen, 2 Jan-Henning Campher, Kwenzo Blose. Replacements: 16 Tango Balekile, 17 Franco van den Berg, 18 Carlü Sadie, 19 Jaco Holtzhausen, 20 Cobus Wiese, 21 Denzel Hill, 22 Marco Janse van Vuren, 23
    JT Jackson, 24 Edwill van der Merwe, 25 Stedman Gans. 

    Issued by SA Rugby Corporate Affairs

     

  • Spelers word reeds op skolevlak gesmoor

    Spelers word reeds op skolevlak gesmoor

    Virseker Beeldtrofee logoDie talent van Suid-Afrikaanse rugby word reeds op skoolvlak gesmoor.

    Dit is die mening van die legendariese Springbok-losskakel Naas Botha.

    “Is dit nie miskien tyd vir ons afrigters om die kinders wat talent het te laat speel en die spelpatroon so bietjie weg te pak nie,” het Botha gesê.

    Botha was een van die gassprekers op die bekendstelling van die Virseker Beeldtrofee wat Dinsdag op die Bronberg-landgoed net buite Pretoria gehou is.

    “Ons het die naweek gesien hoe Grey-kollege vir Affies geklop het. Die gehalte van die rugby wat gespeel en die vaardighede wat die spelers ten toon gestel is, is net ongelooflik.”

    Grey-kollege het die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria met 53-29 op sy agterplaas verslaan.

    “Ek hoop hierdie is beste van al die seisoene wat daar nog in die kompetisie was. Dat die beter rugby vanjaar gespeel sal word.”

    Botha het self goeie herinneringe toe hy as leerling van die Hoërskool Hendrik Verwoerd in die 1970’s aan die Administrateursbeker, soos die kompetisie toe bekend gestaan het, deelgeneem het.

    Botha vertel ook dat die “koop” van spelers nie ’n nuwe ding is nie en dat die voormalige Springbok-skrumskakel Dirk de Vos hom genader het om Affies toe te kom.

    Botha was met sy skopskoen die grootste rede hoekom Hendrik Verwoerd vir Affies in 1975 uit die kompetisie geskakel het.

    Hy voel ook dat die verskoning dat die wenmotief te groot in kompetisie-rugby nie gronde het om op te staan nie.

    “Jy daag elke Saterdag op om iemand te klop of jy aan ’n kompetisie deelneem of nie. As jy nie opdaag om iemand te klop nie kan jy maar by die huis bly. Die kompetisie sou nie al vir solank oorleef het as dit nie goed was nie.”

    Daar word al sedert 1920 om die Virseker Beeldtrofee meegeding wat voorheen ook as die Beeld Noordvaal Trofee, Beeldtrofee, Administrateursbeker en die Direkteurstrofee bekend gestaan het.

    “Die manne in die Kaap dink anders en hou nie van kompetisies nie. En daar is niks fout daarmee nie, maar daar is ook niks daarmee fout om ’n kompetisie soos dié in plek te hê nie,” het Botha gesê.

    Volgens Botha is dié kompetisie die belangrikste kompetisie op skolevlak in Suid-Afrika.