SSPN Test Site

Blog

  • Cravenweek vir laerskole eerste keer in die Laeveld

    WITRIVIER. – Die Cravenweek vir laerskole word vir die eerste keer in die Laeveld aangebied word. Dit is die 44ste keer wat die laerskole-toernooi gehou word. 

    Die laerskole-toernooi is vir die eerste keer in 1972 saam met die hoërskole in Potchefstroom aangebied. 

    Die jongspan van die Westelike Provinsie mik vanjaar daarna om vir die derde agtereenvolgende jaar in die nie-amptelike eindstryd van die toernooi te speel. As daar na hulle spanlys gekyk word gaan hulle nie maklik van die mikpunt weggehou word nie. 

    Die span se vaskopstut, Nizaar Nazier, van Wynberg laat die skaal op ‘n allemintige 110kg kreun. Hy sal naby aan die swaarste speler op die toernooi wees. Die span se slot, Connor Evans, kan met sy 1.87m wat hy in sy sokkies staan ook waarskynlik die langste speler op die toernooi wees. Die swaarste speler uit die sentrale streek is die Griffons se vaskopstut, Connie Campher, wat die skaal se wyser op 99kg laat staan. 

    Die gasheer, die Pumas, was laas in 2008 in die hoofwedstryd van die week in aksie. Een van die spelers van daardie span die vaskopstut, Dewald Maritz, sal vanjaar op die Cravenweek vir hoërskole in Stellenbosch ook die Pumas se skrum anker. Die gasheer speel in die hoofwedstryd van die eerste dag teen KwaZulu-Natal.

    Die Vrystaatse o.13-rugbyspan kan inspirasie put vir die Cravenweek vir laerskole wat vandag in Witrivier afskop uit die unie se o.12-span se goeie vertoning op die interprovinsiale o.12-toernooi verlede week in Vryheid.

    Die span se Jean Smith, seun van die oud Springbok-losskakel en huidige afrigter van die Cheetahs Franco Smith, is na afloop van die toernooi in Vryheid as speler van die toernooi aangewys.

    Die ander twee spanne van die sentrale streek, die Griffons en Griekwaland-Wes, moet hulle aanslag vanaf die B-veld vandag loots.

    Die Cravenweek vir laerskole sal volgende jaar in die Paarl aangebied word. Die Suid-Afrikaanse Skole-vereniging het besluit om volgende jaar die Cravenweek vir laerskole en die Grant Khomo-week (vir o.16-spanne) dieselfde week saam in die Paarl aan te bied.

    Die Cravenweek vir hoerskole en die Akademie-week (vir o.18-spanne) sal ook dieselfde tyd deur Durban gehuisves word.

    Vandag se bepalings is:

    A-veld: 08:30: Vrystaat t. Suidwestelike Distrikte; 09:30: Oostelike Provinsie t. Goue Leeus; 10:30: Boland t. Luiperds; 11:30: Westelike Provinsie t. Valke; 12:30: Limpopo Blou Bulle t. Grens; 14:30: Pumas t. KwaZulu-Natal. B-veld – 08:30: Griffons t. Grens-platteland; 09:30: Griekwaland-Wes t. Namibië; 10:30: Blou Bulle t. Zimbabwe.

  • Vrystaat bo teen Piesangboere op Bondedag

    Vrystaat bo teen Piesangboere op Bondedag

    NuusG VrystaatSASOLBURG. – Die Vrystaatse o.18-rugbyspan se oorwinning van 31-19 oor KwaZulu-Natal op die jaarlikse Noordval Bondedag in die DP de Villiers-stadion hier het nie van die mooiste rugby opgelewer nie, maar die span het daardeur sy voorbereiding vir die Cravenweek onoorwonne afgesluit.

    Daar is duidelik nog skaafwerk voor die 52ste Cravenweek vir hoërskole van 13 tot 18 Julie in Stellenbosch plaasvind, maar niks wat die span se afrigters, Wessel du Plessis en Corné Erasmus, nie tydens die span se oefenkamp kan uitsorteer nie.

    Die agterlyn het nie so seepglad hanteer soos daar van ‘n Vrystaatse agterhoede verwag word nie. Dit het hulle egter nie verhinder om steeds agterlangs gapings in die Piesangboere se verdediging te vind nie. Daar moet wel vermeld word dat die Vrystaatse agttal nie op die voorvoet in die kragmeting was nie en dat dit ‘n invloed op die agterlyn se spel gehad het.

    Veral die senter Luciano Jones het op die aanval vir die besoeker van KwaZulu-Natal probleme besorg. Jones het die kragmeting op vleuel begin, maar later na die middelveld geskuif. Die vleuel Godfrey Simelane het veral in die tweede helfte op die aanval meters ver veld met sy lopies gewen. Hy is met twee drieë vir sy goeie spel beloon. Die heelagter, Niel Durow, verdien ook ‘n klop op die skouer.

    Voorlangs was niemand beter as die agtsteman, Hardus Nel nie. Hy het goeie ondersteuning van die flank Jabulani Mtshatsheni en Dian Schoonees gekry. Die haker, Daniël Rust, verdien ook lof vir sy ingooiwerk in die lynstane.

    Die Piesangboere het in die eerste helfte danksy twee skitterende drieë deur sy skrumskakel, Matthew Jon Dahl, ‘n voorsprong van 19-7 opgebou. Die span se ander drie deur sy vleuel Khuthazani Mchunu het gekom na die heelagter, Victor Foster, ‘n teenaanval vanuit sy eie kwartgebied begin het. Die Piesangboere het met ‘n voorsprong van 19-14 gaan rus.

    Foster het egter sy span duur gekos toe hy met die telling op 19-elk in die tweede helfte die bal agter die doellyn laat val het. Indien hy hier gedruk het, kon hy dalk die gang van die wedstryd in sy span se guns geswaai het. Hy het ook ‘n hele paar keer uit posisie betrap.

    Puntemakers: 

    Vrystaat 31 (14) – Drieë: Godfrey Simelane (2), Niel Durow, Jurie Burger, Jabulani Mtshasheni. Doelskoppe: Tiaan Schutte (3). KwaZulu-Natal 19 (19) – Drieë: Matthew Jon Dahl (2), Khuthazani Mchunu. Doelskoppe: Werner-Bader Pretorius (2).

  • VKB-week skop vandag in Reitz vir 18de keer af

    VKB-week skop vandag in Reitz vir 18de keer af

    VKBREITZ. – Daar is nie veel vooraf te kies tussen die voorste spanne op vanjaar se 18de VKB-week hier nie. Die sentrale streek se aanslag sal na verwagting deur die Vrystaatse Kiewiete gelei word.

    Die Kiewiete het egter gesweet om vir Sandveld en die Oos-Vrystaat in hulle opwarmingswedstryde te verslaan. Die Kiewiete sal reeds vandag behoorlik deur die Lynx getoets word.

    Die gasheer, Oos-Vrystaat, kom in die hoofwedstryd van die eerste dag teen Suid-Natal te staan. Sandveld pak die Rooikatte in sy eerste stryd op die toernooi.

    Daar word vanjaar weer ’n sogenaamde Suid-Afrikaanse platteland-span na afloop van die week gekies wat later vanjaar deur Italië sal toer.

    Die Valke is in 2013 tot kampioen gekroon, maar is verlede jaar onttroon deur Noord-Natal se Lammergeiers, wat die Valke met 17-3 in die eindstryd in die eindstryd verslaan het.

    Die verdedigende kampioen behoort vanjaar weer een van die aanspraakmakers op dié titel te wees en begin sy aanslag teen Suid-Vrystaat. Daar is egter vanjaar min te kies tussen die meeste van die spanne op die toernooi.

    Dit was gister heel gepas dat die Cheetahs se haker, Elandré Hugget, die gasspreker by die opening van die toernooi was. Hugget het in 2009 vir die Lammergeiers uitgedraf. Die Springbokke Juan Smith (Vrystaatse Kiewiete) en Deon Stegmann (Vrystaatse Arende) was ook in die week in aksie.

    Die Lynx se Mpo Moiloa is die swaarste speler wat op vanjaar se toernooi in aksie sal wees. Hy laat die skaal op ’n allemintige 142 kg kreun. Hy staan ook 1.91 m in sy sokkies. Die Lynx is ’n span wat uit skole vanuit die Leeus-streek saamgestel word.

    Die Lynx se slot, Eben Vorster, het verlede jaar al die verteenwoordigende span gehaal. Die Rooikatte (Pretoria Privaatskole) se loskopstut, Bruce McCarthy, behoort indien hy goed op die week vertoon ook weer die span te haal.

    Vandag se bepalings:

    09:00 – Rooikatte t. Sandveld; 10:20 – Lynx t. Vrystaat Kiewiete; 11:40 – Valke t. Luiperds; 13:00 – Noord-Natal t. Suid-Vrystaat; 14:20 – Oos-Vrystaat t. Suid-Natal.

     

  • Griffons vat vlam in tweede helfte danksy Gift

    Griffons vat vlam in tweede helfte danksy Gift

    NuusG GriffonsSASOLBURG. – Indien iemand gewonder het of die Griffons se o.18-rugbyspan hulle goeie vertonings op die Cravenweek oor die afgelope paar jaar vanjaar in Stellenbosch kan voortsit is hulle Saterdag in die DP de Villiers-stadion op die jaarlikse Noordval Bondedag beantwoord.

    Die Perses het die Luiperds met 33-19 danksy ‘n indrukwekkende tweede helfte verslaan. Die verloorspan het met die omdraaislag met 9-5 danksy drie strafdoele deur sy losskakel, André Kock, voorgeloop. Die Luiperds het in die eerste helfte meeste van die balbesit en gebiedsvoordeel geniet, maar kon nie daarin slaag om dit in punte te omskep nie.

    Die span se Suid-Afrikaanse Skole-speler die agtsteman, Edmund Rheeder, het ook nie soos gewoontlik ver ente veld met sy kraglopies gewen nie. Die stut van die Griffons Neo Mohapi se harde duikslag op hom vroeg in die wedstryd het dalk ’n invloed daarop gehad. Mohapi het ook by die afbreekpunte met sy fisiekheid baie vir sy span beteken.

    Die Perses se losskakel, Luan James, het ook gesukkel om teen die wind verligting met die skopskoen in die eerste helfte te bring. Die wenspan het in die tweede helfte besluit om liewer die bal in die hand te hou en dit het vrugte afgewerp.

    Veral die flank Gift Dlamini het verskeie kere bresse in die Luiperds se verdediging geslaan. Hy het reeds laat in die eerste helfte ook met so ’n breekslag die vonk verskaf wat die Griffons aan die gang gekry het. Die kantman se hardlooplyne wat presies en sy besluitneming na hy deur die gapings is, was ook van hoogstaande gehalte.

    Die skrumskakel, Jason Olivier, wat in die tweede helfte gespeel het, het ook met sy diens agter die oond die span se tempo gelig. Daar moet ook genoem word dat Marco Labuschagne wat op vleuel gespeel het ook skitterend op die aanval was wanneer hy bal in die hand gekry het.

    Die senter, Donovan Bouwer, was egter agterlangs sy span se beste op die dag. Hy was rotsvas op die verdediging en het ook op die aanval die Luiperds se verdediging aan flarde gehardloop. Hy het die bal geonderskep en vir Labuschagne vir die Perses se enigste drie in die eerste helfte weggesit. Bouwer het met sy eie drie die Luiperds so gesystap dat daar steeds ‘n paar spelers is wat wonder watter kant hy verby is.

    In die Luiperds se span het die vaskopstut, Douglas Bruce-Smith, uitstekende werk by die afbreekpunte verrig. Hy het ook ’n hele paar keer oor die voordeellyn met sy stormlopies gekom.

    Agterlangs kan die senterpaar, Johan Pelser en Inus Vermeulen, ook tevrede met hulle vertonings voel.

    Puntemakers: 

     

  • Simelane en Pretorius sterre van Noordvaal Bondedag

    NuusG pumasSASOLBURG. – As daar twee spelers op die jaarlikse Noordvaal Bondedag in die DP de Villiers-stadion hier in aksie was, wat gewis die nasionale keurders se aandag getrek het, was dit sonder twyfel die Goue Leeus se Wandile Simelane en die Pumas se JC Pretorius.

    Simelane het in ‘n verloorstryd van 35-29 teen die Pumas kop en skouers bo al die agterspelers op die Bondedag met sy vertoning uitgestaan. Hy het op die aanval ‘n hele paar keer soos ‘n warm mes deur botter deur die Pumas se verdediging gesny.

    Pretorius is die volgende Kwagga Smith. Hopelik gaan die keurders nie soos in 2011 met Smith vir Pretorius vir die nasionale span oor die hoof sien nie. Hy was by die afbreekpunte ‘n yster en het ook in die vastelos gewoel. Hy is goed deur sy flankmaat, Chrisjan Steynberg, bygestaan.

    Simelane en Pretorius is albei nog o.17, maar indien hulle dié vertonings op die Cravenweek kan dupliseer verdien albei plekke in die nasionale span. Daar word boonop na afloop van vanjaar se Cravenweek in Stellenbosch twee nasionale spanne gekies.

    Die Blou Bulle het die Valke in die hoofwedstryd van die Bondedag met 30-17 verslaan. Die Valke was danksy ‘n drie deur sy losvoorspeler Damian Karelse met die telling op 20-17 terug in die wedstryd.

    ‘n Geelkaart aan die Ligbloues se SA Skole skrumskakel, Embrose Papier, het egter die vuur terug in die Bulle gesit. Eers het die vleuel Runan Venter die doellyn oorgesteek, met die ander vleuel Snowy Zondani wat kort na hom ook in die doelgebied oorgeval het.

    Die Vrystaat sal tevrede met sy sege van 31-19 oor KwaZulu-Natal wees, maar daar lê nog skaafwerk voor die Cravenweek voor. Die Piesangboere het danksy twee mooi drieë deur sy skrumskakel, Matthew Jon Dahl, ‘n voorsprong van 19-14 teen die omdraaislag geniet.

    Die Vrystaters het in die tweede helfte met meer ywer gespeel en veral die vleuel Godfrey Simelane was op die aanval ‘n doring in KwaZulu-Natal se vlees. Die vleuel Niel Durow en flank Jabulani Mtshatsheni het ook blink vertonings vir die wenspan gelewer.

    Die Griffons se flank Gift Dlamini het die vonk verskaf vir sy span se sege van 33-16 oor die Luiperds. Dlamini het ‘n hele paar keer met sy lopies die Perses op die voorvoet gekry.

    Daar moet ook melding gemaak word van die stut Neo Mohapi wat by die afbreekpunte met sy fisieke spel die Luiperds probleme besorg het. Sy harde duikslag op die verloorspan se SA Skole-agtsteman, Edmund Rheeder, vroeg in die wedstryd was dalk die grootste rede dat Rheeder nie veel van sy kenmerkende lopies ingekry het nie.

    As daar een span is wat nie veel wyser is na hulle kragmeting in Sasolburg nie, is dit die Limpopo Blou Bulle. Die span van die destydse Verre Noord het gemaklik met 48-7 teen Eye of the Tiger koning gekraai. Die Eye of the Tiger is ‘n akademie van Johannesburg se span.

    Limpopo sou teen Griekwaland-Wes gespeel het, maar dié het onttrek. Die wenspan se vleuel, Pule Molokomme, was sy span se beste speler op die dag.

    Puntemakers:

    Blou Bulle 30 (20) – Driee: Schalk Erasmus, Louritz van der Schyff, Runan Venter, Snowy Zondani. Doelskoppe: Andell Loubser (2). Strafdoele: Loubser (2). Valke 17 (3) – Driee: Xander Crause, Damian Karelse. Doelskop: Crause. Strafdoel: Crause.

    Pumas 35 (14) – Drieë: Mlondi Mnisi, Marnus van der Merwe, Fana Ngwenya. Doelskop: Wessel Muller. Strafdoele: Muller (6). Goue Leeus 29 (10) – Drieë: Justin Brandon, Lwazi Monakali, Michael Tambwe, Hacjivah Dayimani, Wandile Simelane. Doelskoppe: Simelane (2). 

    Vrystaat 31 (14) – Drieë: Godfrey Simelane (2), Niel Durow, Jurie Burger, Jabulani Mtshasheni. Doelskoppe: Tiaan Schutte (3). KwaZulu-Natal 19 (19) – Drieë: Matthew Jon Dahl (2), Khuthazani Mchunu. Doelskoppe: Werner-Bader Pretorius (2). 

    Griffons 33 (5) – Drieë: Fanie Vermaak, Gift Dlamini, Marco Labuschagne, Donovan Bouwer, Luan James. Doelskoppe: James (4). Luiperds 16 (9) – Drie: Thabanchu Katleho. Doelskop: André Kock. Strafdoele: Kock (3). 

    Limpopo Blou Bulle 48 (38) – Drieë: Stephan Nel (2), Pule Molokomme (2), JV Coertze, Franco van der Watt, Salie Vermaak, Matinu Manganyi. Doelskoppe: Wernick Kachelhoffer (4). Eye of the Tiger 7 (0) – Drie: Chadwin November. Doelskop: November.

     

  • Junior Boks team named for bronze playoff

    Junior Boks team named for bronze playoff

    The Junior Springboks have freshened up their starting fifteen to play France on Saturday by making five changes to the run-on team that will play in the World Rugby Under-20 Championship bronze medal play-off in Cremona, Italy.

    Coach Dawie Theron on Friday announced four changes upfront and one change in the backline. Mzamo Majola gets a start in place of Ox Nche, hooker Jan van der Merwe will pull on the No 2 jersey while Joseph Dweba moves to the bench, Jacques Vermeulen comes in at No 6 for Rikus Bothma and flanker Dan du Preez swop places with his twin brother Jean-Luc.

    In the backline, Malcolm Jaer takes over the right wing duties from Khanyo Ngcukana. No 8 Hanro Liebenberg will captain the South Africans in their fifth and last tournament outing before the squad return to South Africa on Monday morning.

    Liebenberg, who has led his team in exemplary manner during the tournament, said the team is motivated and looking forward to play against France. (audio clip in English attached)

    “There is no hiding from the fact that the result against England was a huge disappoint. However, we will take that as a motivation to finish the tournament hopefully on a positive note with a win in our last match.

    “Overall we had a good time together as a squad. We grew as a close knit unit during our extensive training camp in Stellenbosch, the Argentina tour right and the past three weeks here at the tournament in Italy. We have one match left to do our country proud and we are highly motivated to play France on Saturday,” explained Liebenberg.

    The Junior Boks team to face France Under-20 Saturday in Cremona, Italy:

    15. Warrick Gelant (Vodacom Blue Bulls)
    14. Malcolm Jaer (EP Kings)
    13. EW Viljoen (DHL Western Province)
    12. Daniel du Plessis (DHL Western Province)
    11. Leolin Zas (DHL Western Province)
    10 Brandon Thomson (DHL Western Province)
    9. Ivan van Zyl (Vodacom Blue Bulls)
    8. Hanro Liebenberg (captain, Vodacom Blue Bulls)
    7. Dan du Preez (Cell C Sharks)
    6. Jacques Vermeulen (DHL Western Province)
    5. RG Snyman (Vodacom Blue Bulls)
    4. Jason Jenkins (Vodacom Blue Bulls)
    3. Thomas du Toit (Cell C Sharks
    2. Jan van der Merwe (Vodacom Blue Bulls)
    1. Mzamo Majola (Cell C Sharks)
    Replacements:
    16. Joseph Dweba (Toyota Free State Cheetahs)
    17. Ox Nche (Toyota Free State Cheetahs)
    18. Frans van Wyk (DHL Western Province)
    19. Abongile Nonkontwana (Vodacom Blue Bulls)
    20. Jean-Luc du Preez (Cell C Sharks)
    21. Marco Jansen van Vuren (Xerox Golden Lions)
    22. Tinus de Beer (Vodacom Blue Bulls)
    23. Grant Hermanus (DHL Western Province)

    SuperSport will broadcast the match live at 18h30

    Issued by SARU Corporate Affairs

  • Dis van nou af reg of weg

    Ná vandag se halfeindstryde in die onderskeie streke se ligas vir grootskole, sal die vernaamste rolspelers in vanjaar se Beeld Noordvaal Trofee bekend wees.

    Die Hoërskool Klerksdorp, verlede jaar se kampioen, moet Potchefstroom Volkskool op sy tuisveld troef om sy plek in die uitspeelwedstryde te verseker.

    In die Luiperds se ander uitspeelwedstryd draf die onoorwonne Potchefstroom Gimna­sium, teen Lichtenburg uit. Gimmies het Liggies verlede week in die laaste ronde van die liga met 44-28 verslaan.

    ■ Oos-Moot, die gunsteling om as kampioen van die Blou Bulle gekroon te word, moet eers oor sy voorlaaste hekkie teen Pretoria-Noord kom. Oos-Moot was met 29-14 baas in die twee spanne se ligawedstryd.

    Die Hoërskool Tuine het ’n appeltjie met Overkruin in die ander halfeindstryd te skil. Die ligawedstryd tussen die twee spanne was op ’n mespunt gebalanseer toe Tuine tien minute voor die einde ’n geelkaart gekry en Overkruin met 24-11 geseëvier het.

    ■ Die Valke se halfeindronde vind op Dr. Malan in Meyerton se veld plaas. Transvalia van Vanderbijlpark het die moeilike taak en sê Hugenote van Springs die stryd aan. Transvalia het verlede jaar in die Beeldtrofee-eindstryd teen Klerksdorp die knie gebuig.

    In die Valke se ander halfeindstryd pak Heidelberg Volkskool en Oosterlig mekaar.

    ■ In die Pumas se liga sal daar vanjaar ’n nuwe kampioen gekroon word. Ligbron van Ermelo, wat die gasheer van die halfeindronde is, sê Secunda die stryd aan, terwyl Volksrust en Piet Retief mekaar in die ander halfeindstryd pak.

    ■ Frikkie Meyer pak op sy tuisveld in Thabazimbi vir Ben Vorster van Tzaneen, terwyl HTS Tom Naudé die Hoërskool Pietersburg pak.

    ■ In die Leeus se liga is daar net een halfeindstryd. Die Hoërskool Randburg pak Dinamika in dié kragmeting op sy tuisveld. Dit beloof om ’n klipharde stryd te wees met Randburg wat die wedstryd tussen die twee spanne vroeër vanjaar met 15-6 gewen het.

    Die wenner sal teen Linden in die eindstryd speel. Helpmekaar het reeds as die Leeus se naaswenner deurgedring.

    ■ Bepalings:

    Blou Bulle by Oos-Moot – 11:10: Hoërskool Tuine t. Overkruin; 12:30: Oos-Moot t. Pretoria-Noord.

    Leeus by Hoërskool Randburg: 11:15: Randburg t. Dinamika.

    Limpopo by Frikkie Meyer (Thabazimbi) – 13:40: HTS Tom Naudé t. Hoërskool Pietersburg; 15:00: Frikkie Meyer t. Ben Vorster.

    Luiperds by Potchefstroom Gimnasium – 14:20: Hoërskool Klerksdorp t. Potchefstroom Volkskool; 15:45: Potchefstroom Gimnasium t. Lichtenburg. Pumas by Ligbron – 13:20: Volksrust t. Piet Retief; 14:40: Ligbron t. Secunda.

    Valke by Dr, Malan (Meyerton) – 12:20: Hugenote (Springs) t. Transvalia; 13:40: Heidelberg Volkskool t. Oosterlig.

  • Vryburg, Ben Viljoen in binnebaan

    Vryburg, Ben Viljoen in binnebaan

    Die Hoërskool Vryburg sal soos gewoonlik weer vanjaar een van die vroeë aanspraakmakers wees op die titel as kampioen van die Beeld Noordvaal Trofee vir mediumskole.

    Vryburg is reeds as die Luiperds se kampioen gekroon, met die Hoërskool Brits wat as die naaswenner die uitspeelwedstryde betree.

    Vryburg sal die Blou Bulle se naaswenner pak.

    Die Wilgers en Midstream College sal op 25 Julie sake in die eindstryd van die Blou Bulle uitspook.

    Die kampioen van die Blou Bulle sal regstreeks tot die kwarteindronde van die Beeld Noordvaal Trofee deurdring. Hy sal die wenner van Brits en die Pumas se naaswenner in die kwarteindstryd pak.

    In die Pumas se halfeindstryde is Penryn College gasheer vir Bergvlam en Oosterland sê op sy tuisveld in Secunda Barbertondie die stryd aan.

    ■ Ben Viljoen van Tzaneen sal vanjaar ook nie maklik gestuit word nie. Die skool is gasheer van Limpopo se halfeindronde. Sy eerste span kom te staan teen Hans Strijdom, wat self nie sonder handskoene gepak kan word nie.

    In die ander halfeindstryd sal Piet Potgieter en Louis Trichardt veg om ’n plek in die eindstryd.

    ■ Brandwag van Benoni sal op Stoffberg se veld in Brakpan probeer om vir John Vorster van Nigel die derde keer vanjaar met die kous oor die kop huis toe te stuur.

    In die ander halfeindstryd sal die gasheer en Delmas mekaar die stryd aansê.

    ■ In die Leeus se liga is Trinityhouse reeds in die eindstryd met Fochville en Bekker van Magaliesburg wat sake teen mekaar sal uitspook om ’n plek in die eindstryd.

    ■ Vryburg is die verdedigende kampioen van die Beeld Noordvaal Trofee.

    Hy het Hans Strijdom van Mookgophong (Naboomspruit) verlede jaar met 29-21 in die eindstryd getroef.

    Die span was vanjaar nog net een keer teen Pionier van Vryheid aan die verloorkant. Dit was in die eindstryd van die Pukke 16-reeks.

    Vryburg sal, as hy sy titel wil behou, volgens die prioriteitslys al vier sy wedstryde in die uitkloprondes weg van die huis moet wen.

    Bepalings:

    11:15: Fochville t. Bekker; 12:00: Penryn College t. Bergvlam; 12:00: Oosterland t. Barberton;

    Limpopo by Ben Viljoen (Groblersdal) – 11:40: Piet Potgieter t. Louis Trichardt; 15:00: Ben Viljoen t. Hans Strijdom.

    Valke by Stoffberg (Brakpan) – 13:00: Stoffberg t. Delmas; 14:20: John Vorster (Nigel) t. Brandwag (Benoni).

    ■ Tuisspanne eerste genoem, tensy anders vermeld.

  • Vrystaat sal sterker teenstand van Poubloues kry

    In die Vrystaatse Cravenweek-span is daar nie plaasvervangers nie, slegs impakspelers.

    Dit is om dié rede dat dié span se twee breiers, Wessel du Plessis en Corné Erasmus, probeer om elke speler in hulle groep soveel speelkans as moontlik tydens sy drie opwarmingswedstryde te gun. Dié kragmetings se telling maak in elk geval nie meer sin as die doel wat dit dien as voorbereiding vir die 52ste Cravenweek vir hoërskole in Stellenbosch nie.

    Die Vrystaat kom vandag in sy tweede opwarmingstryd van die seisoen teen sy eweknie van Griekwaland-Wes in die hoofwedstryd van die jaarlikse Konica Minolta Bondedag op Grey-kollege se hoofveld te staan. Die jong Blikore kan veel sterker teenstand vandag verwag as in sy sege van 43-3 oor Griekwa-platteland Maandag in Kimberley. “Ons probeer elke speler in die groep soveel speelkans as moontlik in dié wedstryde gee,” het Du Plessis gesê.

    Griekwas het ‘n lustelose vertoning in sy nederlaag van 27-10 teen die Griffons opgedis. Die span behoort egter vandag ook veel beter te vertoon. Veral die losskakel, Gerco Nortjé, sal wil wys dat hy sy span se gevaarlike agterlyn aan die gang kan kry. Griekwas se vleuel, Cameron Hufke, is een van die gevaarlikste spelers met die bal in die hand, maar hy het teen die Perses maar min geleenthede gekry.

    Die Vrystaatse span sal graag hulle skrumwerk en lynstaanspel wil verbeter. Die span wil volgens Du Plessis ook sy intensiteit heelwat lig. Die span sal ook beter by die afbreekpunte en in die losskrums wil vaar.

    Die Vrystaatse slot, George “Bakkies” Rossouw wat die span teen Griekwa-platteland aangevoer het, sal die kragmeting teen die Poubloues weens ‘n skouerbesering misloop. Die losskakel, Tiaan Schutte, sal soos in Maandag se kragmeting weer agterlangs die praatwerk doen. In Rossouw se plek sal die flank, Jurie Burger, die leisels voorlangs vir vandag se stryd oorneem.

    Burger en sy agtsteman, Dian Schoonees was van hulle span se uitblinkers in die Diamantstad en sal op die vertonings wil voortbou.

    Die Vrystaat se laaste opwarmingswedstryd voor die Cravenweek is op die jaarlikse Noordvaal Bondedag teen KwaZulu-Natal in die DP de Villiers-stadion in Sasolburg. Die Poubloues is ook op dié Bondedag in aksie. Hulle draf teen die Limpopo Blou Bulle uit.

    Die Bondedag se bepalings is:

    A-veld – 09:00: Vrystaat Arende XV-tal t. Griffons o.19; 10:20: Vrystaat Arende t. Griekwas o.19; 11:40: Griffons Akademie t. Griekwa-Akademie; 13:00: Vrystaat-Akademie t. Griekwa-platteland Akademie; 14:20: Griekwa-platteland o.18 t. Griffons o.18; 15:40: Vrystaat o.18 t. Griekwas o.18.

    Grey-ovaal – 09:00: Vrystaat LSOB t. Griffons LSOB; 10:20: Griffons o.16 t. Griekwa-platteland o.16; 11:30: Vrystaat o.16 t. Griekwas o.16; 12:50: Vrystaat Kiewiete t. Sandveld; 14:10: Suid-Vrystaat t. Oos-Vrystaat.

  • Skoppende Os moet Griffons se skrum versterk

    ‘n Skoppende voorryman van die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad, Corné “Os” Cooper, sal die Griffons se probleme tydens skrumtyd vanaf die plaasvervangersbank moet uitsorteer.

    Die Perses se skrumwerk het gelol toe sy twee eerstekeuse stutte, Fanie Vermaak en Lincoln Jordaan, in sy sege van 27-10 teen Griekwas vervang is. Cooper het Maandag soos vir sy skoolspan die Griffons se Akademie-span se stelskopwerk behartig. Hy behoort hom egter nie oor sy skopwerk vir die Cravenweek-span te kwel nie.

    Die Perses kom vandag teen sy eweknie van Griekwa-platteland op die jaarlikse Vrystaatse Bondedag op Grey-kollege se hoofveld in Bloemfontein te staan. Die span van die Noord-Vrystaat sal as gunsteling op die veld draf. Hy kan egter nie die span van die ou Noordwes-Kaap onderskat nie.

    Die span se Suid-Afrikaanse Skole-flank, Cobus Wiese, en agtsteman, Reinhard Hayes, het albei stewige vertonings Maandag teen die Vrystaat gelewer. Die manne van die Noord-Kaap se heelagter, Benna Nieuwoudt, behoort ook meer spasie deur die Perses gegun te word. Hy behoort dus gevaarliker op die aanval te wees. Sy tweestryd met die Griffons se heelagter, Marco Labuschagné, behoort een van die hoogtepunte van die kragmeting te wees.

    Die Perses se lynstaanwerk sal ook deeglik beproef word, met Griekwa-platteland se spel in die lynstane wat Maandag die meeste van al die spanne beïndruk het.

    Die Griffons se afrigter, Kassie Kasselman, wil graag hê sy span moet hulle tempo vir die kragmeting lig. Sy span sal sy tempo nog heelwat moet lig indien hy vir ‘n verrassing in sy eerste wedstryd op vanjaar se 52ste Cravenweek vir hoërskole in Stellenbosch teen sy buurman, die Vrystaat, wil sorg.

    Die span se agtsteman, SJ Malherbe, sal vandag die span aanvoer. Die skrumskakel, Jason Olivier, het teen die Poubloues voor uitgedraf. Die span se kaptein vir die Cravenweek sal eers op sy oefenkamp in Odendaalsrus aangewys word.