SSPN Test Site

Blog

  • Griqualand West – 1989

    Results 

    Griqualand West 

    Players: 15 B van der Bergh (Kimberley Boys’ High), 14 André Vermeulen (Hopetown), 13 P Maree (HLNK Jan Kempdorp), 12 Johan de Villiers (Kimberley THS), 11 N van der Walt (HLNK Jan Kempdorp), 10 R Niemand (Richmond), 9 W van Wyk (Diamantveld), 8 Luther Bakkes (Diamantveld – captain), 7 J Steyn (Diamantveld), 6 O van Zyl (De Aar), 5 J Smit (Kimberley THS), 4 J van Heerden (Vaalharts), 3 J West (Kimberley THS), 2 J Jacobs (Hartswater), 1 E Genis (Kimberley THS). Replacements: 16 J Dreyer (Kalahari), 17 S Bothma (Hartswater), 18 A Nel (Adamantia), 19 A Myburgh (Hopetown), 20 T Botha (Kathu).

    Coach: DJS Ferreira
    Manager: N van der Merwe 

  • NWU Pukke Skouspel bepalings vir 2015

    Die jaarlikse NWU Pukke Skouspel sal vanjaar slegs twee wedstryd-dae hê. Die Hoërskool Outeniqua, Hoërskool Garsfontein en Glenwood sal ook nie vanjaar op die Skouspel in aksie wees nie. Kearsney-kollege is die enigste nuweling wat vanjaar in Potchefstroom sal speel. Die toernooi se wedstryde sal op 28 en 30 Maart beslis word.

    Die span van KwaZulu-Natal se eerste kragmeting sal teen Noord-Kaap van Kimberley wees. Die span van die Diamantstad sal op die tweede dag teen Transvalia sake uitspook. Waterkloof van Pretoria sal teen Framesby en HTS Drostdy in sy twee wedstryde te staan kom. Albei die kragmetings is die hoofwedstryde van die onderskeie dae. 

    Die bepalings: 

    28 Maart 2015 

    11:00 – Potchefstroom Gimnasium vs. Transvalia
    12:20 – Hoërskool Rustenburg vs. Florida
    13:40 – Noord-Kaap vs. Kearsney-kollege
    15:00 – Hoërskool Klerksdorp vs. HTS Drostdy
    16:20 – Framesby vs. Waterkloof 

    30 Maart 2015 

    09:30 – Noord-Kaap vs. Transvalia
    10:50 – Hoërskool Klerksdorp vs. Kearsney-kollege
    12:10 – Potchefstroom Gimnasium vs. Florida 
    13:30 – Framesby vs. Hoërskool Rustenburg
    14:50 – Waterkloof vs. HTS Drostdy 

  • King Edward VII Easter Festival Fixtures for 2015

    King Edward VII Easter Festival Fixtures for 2015

    KES2015King Edward VII’s rugby side will face Rondebosch Boys’ High in the main match of the second day of their annual Easter Festival from 2 to 6 April in Johannesburg. KES will also feature in the main match of the final day when they meet Queen’s College. The hosts other match will be against Ben Vorster from Tzaneen. 

    Rondebosch will only attend the first two days of the tournament. A KES Invitational side will be in action on the last day to cover for Rondebosch’ absence. They will play Hentie Cilliers of Virginia in the first match on the final day.

    The team from Virginia won’t be as strong as spectators at the Easter Festival got used to. With the coach Jacques Juries moving over to Welkom-Gimnasium and the head of the Harmony Sportacademy, Chris Coetzee, being on the coaching staff of Goudveld in Welkom most of the players from the Academy moved to these two schools.    

    The Fixtures: 

    2 April 2015 

    08:00 – Hentie Cilliers vs. Hudson Park 
    09:20 – Graeme College vs. St. David’s
    10:40 – Kingswood College vs. Parktown Boys’ High
    12:00 – Queen’s College vs. Northwood 
    13:20 – HTS Daniël Pienaar vs. Eldoraigne 
    14:40 – King Edward VII vs. Ben Vorster
    16:00 – Rondebosch Boys’ High vs. Durban High School

    4 April 2015 

    08:00 – Durban High School vs. St. David’s 
    09:20 – Ben Vorster vs. Eldoraigne
    10:40 – Kingswood College vs. Hentie Cilliers
    12:00 – HTS Daniël Pienaar vs. Northwood
    13:20 – Graeme College vs. Hudson Park
    14:40 – Parktown Boys’ High vs. Queen’s College
    16:00 – King Edward VII vs. Rondebosch Boys’ High 

    6 April 2015 

    08:00 – King Edward VII Invitation vs. Hentie Cilliers
    09:20 – Graeme College vs. Northwood
    10:40 – Hudson Park vs. Parktown Boys’ High
    12:00 – Eldoraigne vs. Durban High School
    13:20 – HTS Daniël Pienaar vs. Ben Vorster 
    14:40 – Kingswood College vs. St. David’s
    16:00 – King Edward VII vs. Queen’s College

  • Grey het vanjaar ekstra motivering om drieë te druk

    Die voormalige Springbok en huidige afrigter van die Universiteit van die Vrystaat se Shimlas, Franco Smith, sal vanjaar as konsultant Grey-kollege se afrigtingspan bystaan. Smith is ‘n ervare breier wat lank Treviso in Italië afgerig het.

    Nog ‘n voormalige Bok, Theo Oosthuizen, het verlede jaar as consultant opgetree. Dié pos is ook voorheen deur die voormalige Engelse heelagter, Michael Horak, beklee. Horak het in 1995 vir Grey se eerstespan uitgedraf.

    Wessel du Plessis is die span van Bloemfontein se hoofafrigter, met die gewese Cheetah, Tewis de Bruyn, wat die hulpafrigter is. Hein Vosloo hanteer die verdediging en kondisionering, terwyl Hendri Theron die spanbestuurder is.
    Spanne moet vanjaar nog meer lugtig vir Grey-kollege se eerste rugbyspan as voorheen wees. Die span van 2015 het vanjaar ‘n bietjie ekstra motivering om drieë te gaan druk.

    Dié span se nuwe borg 1Life gaan vir elke drie wat dié span druk ‘n R1500 skenk om iemand se lewe te verbeter. Elke keer wat een van Grey se spelers vanjaar die doellyn oorsteek sal dit dus meer as net vir ‘n wen wees, maar ook vir ‘n goeie doel geld insamel.

    Die span van die Rosestad het verlede jaar ‘n gemiddeld van ses drieë per wedstryd in sy 20 wedstryde gedruk. Indien dié ooreenkoms verlede jaar geldig was sou dié borg ‘n volle R 181 500 vir Grey se 121 drieë tydens 2014 opgedok het. Dit sluit nie die 18 drieë in wat ‘n Grey XV-tal teen Goudveld-Hoërskool in ‘n wegholsege van 111-0 op die Hoërskool Staatspresident Swart se jaarlikse sportdag in Brandfort.

    Buiten die span van Bloemfontein se jaarlikse interskoles sal die span ook op Kearsney-kollege se Paastoernooi teen die gasheer, HTS Middelburg en EG Jansen te staan kom. Tydens die Wildeklawer-toernooi in Kimberley sal Grey deur Waterkloof en Monument van Krugersdorp getoets word.

  • Welkom-Gimnasium kampioen op Frankfort

    NuusG KoffiefonteinWelkom-Gimnasium het met die louere op die Hoërskool Wilgerivier van Frankfort se jaarlikse sewes-toernooi weggestap. Die span van Welkom het HTS Sasolburg in die eindstryd van die toernooi met 24-15 verslaan.

    Gimmies se ster was Ezrick Alexander wat verlede jaar een van die Griffons se sterre op die 51ste Cravenweek vir hoërskole in Middelburg (Mpumalanga) was. Alexander is ook welverdiend as die speler van die toernooi aangewys. Hy het verlede jaar nog vir Hentie Cilliers van Virginia gespeel.

    Welkom-Gimnasium was na die groepwedstryde die vroeë gunsteling. Die span het vir die Afrikaanse Hoërskool Sasolburg (63-0), Vaalpark Articon (82-0) en Salomon Senekal van Viljoenskroon (65-5) behoorlik verniel. Slegs die gasheer kon in sy nederlaag van 26-14 vir Gimmies enige weerstand bied. Die kampioen het 236 punte in sy vier groepwedstryde aangeteken en slegs 19 afgestaan. Hy het 36 drieë in sy groepwedstryde gedruk.

    Wilgerivier het in die Plaat-eindstryd teen Heidelberg Volkskool met 12-7 die knie gebuig. Die gasheer het in sy groep slegs teen Gimmies vasgeval. Hy het in sy ander wedstryde met AHS Sasolburg (12-0), Vaalpark Articon (54-0) en Salomon Senekal (42-5) klaar gespeel.

    In die o.16-afdeling van die toernooi was daar geen eindstryd nie. Wilgerivier het hier die kroon gedra na hy Welkom High (50-0), HTS Sasolburg (10-7) en AHS Sasolburg (43-0) getroef het. Dié kampioen se Tat van der Watt is as speler van die toernooi in dié afdeling aangewys.

    Die jaarlikse Koffiefontein sewes-toernooi is deur Hoërskool Bultfontein gewen. Bulties het die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg oortuigend in die eindstryd verslaan. Die gasheer, Hoërskool Koffiefontein het met die louere in die o.16-afdeling weggestap. Bultfontein se GJ van Eeden is met die toekenning as o.19-speler van die toernooi beloon.

    Al die uitslae:

    Groep A: Welkom-Gimnasium 63, AHS Sasolburg 0; AHS Sasolburg 61, Vaalpark Articon 0; Wilgerivier 12, AHS Sasolburg 0; AHS Sasolburg 17, Salomon Senekal 14; Welkom-Gimnasium 82, Vaalpark Articon 0; Welkom-Gimnasium 26, Wilgerivier 14; Welkom-Gimnasium 65, Salomon Senekal 5; Wilgerivier 54, Vaalpark Articon 0; Salomon Senekal 52, Vaalpark Articon 0; Wilgerivier 42, Salomon Senekal 5.

    Groep B: Heidelberg Volkskool 29, Bothaville 12; Bothaville 64, Welkom High 0; HTS Sasolburg 24, Bothaville 24; Welkom-Gimnasium II 21, Bothaville 19; Heidelberg Volskool 61, Welkom High 0; HTS Sasolburg 24, Heidelberg Volkskool 19; Welkom-Gimnasium II 10, Heidelberg Volkskool 0; HTS Sasolburg 57, Welkom High 0; Welkom-Gimnasium II 63, Welkom High 0; HTS Sasolburg 24, Welkom-Gimnasium II 12.

  • Master Coach 2015

    Master Coach 2015

    Master CoachDie Hoërskool Monument van Krugersdorp sal op 26 en 27 Februarie weer sy jaarlikse MasterCoach-konferensie aanbied.

    Dit is ‘n opwindende en prakties-gerigte rugby konferensie. Die aanbieders is van hoogstaande gehalte wat elkeen was afrigters reeds hulle merk op die internasionale verhoog gemaak het.

    Vanjaar sal die Suid-Afrikaanse o.20-afrigter, Dawie Theron, wedstrydplanne, struktuur en die kies van spanne behandel. Die Stormers se verdedigings-guru, Jacques Nienaber, die tegniese meesterbrein Brendan Venter, die Leeus se hoofafrigter Johann Ackerman, en die Blitsbokke se Neil Powell sal ook afdelings van die spel tydens die konferensie by Monnas behandel.

    Die Leeus se hulpafrigter, Swys de Bruin en Wimpie Vermeulen sal ook hulle kennis deel.

    Slegs ‘n beperkte aantal afrigters kan geakkommodeer word teen ‘n koste van R1700 per persoon. Dit sluit tee/koffie, etes, gholfhemp en ‘n DVD in. Sluitingsdatum vir aansoeke is 16 Februarie 2015.

    Voltooi die aansoekvorm en faks terug na 011-953-6770 of epos na hans@monnas.co.za. Vir meer besonderhede bel vir Hans Coetzee by 083-459-0903.

    DAY 1 26 February 2015

    14:00 – 14:45
    ARRIVAL, TEA/COFFEE, REGISTRATION
    14:45 – 15:00
    WELCOMING AND INTRODUCTION
    15:00 – 16:30
    JOHAN ACKERMANN
    Lineout organisation and the Maul as an attacking weapon
    16:30 – 18:00
    SWYS DE BRUIN
    Counter attack and Attacking Drills
    18:00 – 18:30
    DINNER
    18:30 – 20:00
    WIMPIE VERMEULEN
    Winning The Breakdown
    DAY 2 27 February 2015
    14:00 – 15:30
    JACQUES NIENABER
    Defensive Structure
    15:30 – 17:00
    DAWIE THERON
    Game planning: Structure and Selection
    17:00 – 18:30
    NIEL POWELL
    Individual Skills
    18:30 – 19:00
    DINNER
    19:00 – 20:00
    BRENDAN VENTER
    Think Attack

  • Só lyk FNB Varsitybeker-reeks se spelers en hulle skole

    Dié invloed wat Louis Botha van Bloemfontein in skolerugby die afgelope paar jaar het, word onderstreep deur die feit dat ses van die skool se voormalige leerlinge in die eerste ronde van vanjaar se kompetisie in aksie was. Daar is ook nog spelers in spanne se groepe wat moontlik later in die kompetisie speelkans sal kry. 

     

    Die spanne was: 

    Noordwes Universiteit vs. Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit:

    Pukke: Rhyno Smith (Hoër Jongenskool Paarl), Dalen Goliath (Paul Roos Gimnasium), Rowayne Beukman (Outeniqua), Johan Deysel (Hoërskool Windhoek), Dean Stokes (Brits), Johnny Welthagen (Affies), Dillon Smit (HTS Middelburg), Jeandré Rudolph (Oakdale Landbou – kaptein), Loftus Morrison (Witteberg), Rhyk Welgemoed (Framesby), Danie Jordaan (Fochville), Ruan Venter (Monument), John-Roy Jenkinson (Glenwood), Jacques Vermaak (Potchefstroom Volkskool), Joe Smith (Potchefstroom Volkskool). Plaasvervangers: Wian Fourie (Florida), Mogau Mabokela (Ben Vorster), Marno Redelinghuys (Schoonspruit), Molotsi Bouwer, Percy Williams (Outeniqua), Warren Gilbert (Affies), Cooper Smit (HTS Windhoek/St. Andrew-kollege), Cayle Denner (Riebeeckrand).

    Madibaz: Tythan Adams (Paul Roos Gimnasium), Brian Skosana (St. Andrew-kollege), Devon Lailivaux (Randpark), Andile Jho (Dale-kollege), Yamkela Ngam (Dale-kollege) Ruan Allerston (Port Natal), Enrico Acker (Outeniqua), Andisa Ntsila (Queens-kollege), Wynand Grassmann (Despatch), CJ Velleman (Grey PE – kaptein), Tyler Paul (St. Andrew-kollege), Robert Louw (Graeme-kollege), Steven Robbeson (HTS Drostdy), Dane van der Westhuyzen (St. Andrew-kollege), Arno Ebersohn (Framesby). Plaasvervangers: Warrick Venter (Selborne-kollege), Brenden Olivier (Nico Malan), Rudolph Odendaal (Hoër Jongenskool Paarl), Ivan du Preez (Brandwag), Ivan Ludick (Oakdale Landbou), Steven Hansel (Woodridge), Marzuq Maarman (Muir-kollege).

    Universiteit van die Vrystaat vs. Universiteit van Pretoria:

    Shimlas: AJ Coertzen (Grey-kollege/Jim Fouché – kaptein), Vuyani Maqina (Noord-Kaap), Nico Lee (Affies), Tertius Kruger (Outeniqua), Maphutha Dolo (Ben Vorster), Pieter-Steyn de Wet (Paarl Gimnasium), Zee Mkhabela (Glenwood), Niell Jordaan (Grey-kollege), Henco Venter (Grey-kollege), Gerhard Olivier (Grey-kollege), Niel Claassen (Paarl Gimnasium), Nicolaas Immelman (Grey-kollege/Duineveld), Chase Morison (Selborne-kollege), Elandré Huggett (Pionier), Hennie-Schalk Theron (Grey-kollege). Plaasvervangers: Jacques du Toit (Grey-kollege), Ox Nché (Louis Botha), Boela Venter (Nylstroom), Daniel Maartens (Hoërskool Nelspruit), Nhlanhla Hlongwane (Louis Botha), Niel Marais (Grey-kollege), JP Coetzee (Oakdale Landbou), Conraad Van Vuuren (Hoërskool Nelspruit).

    Tukkies: Riaan Britz (Grey-kollege), Duncan Matthews (Swartland), Daniel Kriel (Maritzburg-kollege), Ryan Nell (Paarl Gimnasium), Jermaine Kleinsmith (Waterkloof), Joshua Stander (Queens-kollege), André Warner (Tygerberg), Clyde Davids (Paarl Gimnasium), Jannes Kirsten (Affies), Wiaan Liebenberg (HTS Drostdy – kaptein), Reniel Hugo (Paul Roos Gimnasium), Irné Herbst (Waterkloof), Neethling Fouché (Grey-kollege), Jaco Visagie (Augsburg Landbou), Juan Schoeman (Affies). Plaasvervangers: Jan Enslin (Grey PE), Nqobisiswe Mxoli (Westville Boys’ High), Dennis Visser (Affies), Ruan Steenkamp (Monument), Emile Temperman (Hoërskool Nelspruit), Dewald Human (Outeniqua), JT Jackson (Oakdale Landbou), Andrew Beerwinkel (Porterville).

    Sentrale Universiteit van Tegnologie (Ixias) vs. Universiteit van Johannesburg:

    Ixias: Henry Immelman (Grey-kollege), Luke Cyster (Louis Botha), Charles Hitchcock (Lichtenburg), Ali Mgijima (Louis Botha), Masego Toolo (Louis Botha), Naudé van Biljon (Jim Fouché), Christiaan Erasmus (Hoërskool Nelspruit), Jean Pretorius (Sentraal), Dean Kouprihanoff (HTS Welkom), Frans Sisita (Sand du Plessis), Rayno Nel (Duineveld), Daneel Botes (Stellenberg), Gerard Baard (Outeniqua), Anrich Bitzi (Grey-kollege), Len Noort (Paarl Gimnasium). Plaasvervangers: Theuns “Rot” Truter (Jim Fouché), Ian Smith (Marlow Landbou), Fanie Coetzer (Aliwal-Noord), Victor Maruping (Louis Botha), Marius Grobler (HTS Middelburg), Jean-Claude Fourie (Hoërskool Nelspruit), Duan Pretorius (Hennenman), Boetie Makethlo (Diamantveld).

    UJ: Aphiwe Dyantyi (Dale-kollege), Bradley Moolman (Monument), Robert de Bruyn (Michaelhouse), Juffrou Vermeulen (Monument), Andries Oosthuizen (Monument) James Campbell (Kempton Park), Hilton Mudariki (Michaelhouse), Dylan Peterson (King Edward VII), Kyle van Dalen (EG Jansen), Kobus Porter (Noordheuwel – kaptein), David Antonites (President), Werner Lourens (Wonderboom), Nico du Plessis (Florida), Siphatho Qinisile (Selborne-kollege), Gareth Milasinovich (St. John-kollege). Plaasvervangers: Baksteen Snyman (Kemptonpark), Brandon Landsberg (Maritzburg-kollege), Ettienne Oosthuizen (Kemptonpark), Wiaan Conradie (Hoërskool Windhoek), Chuma Faas (Grey PE), Jaco Fourie (Affies), Ronald Brown (Montagu), Raeez Salie (Bishops).

    Universiteit van Kaapstad vs. Universiteit van Stellenbosch:

    Ikeys: Khanyo Ngcukana (Rondebosch Boys’ High), Richard Stewart (Bishops), Dylan Sage (Wynberg Boys’ High), Guy Schwikkard (St. Paul’s Collegiate, NZ), Lihleli Xoli (Kingswood-kollege), Warren Seals (Kearsney-kollege), James Alexander (Hilton-kollege), Guy Alexander (Hilton College), Michael Botha (Wynberg Boys’ High – kaptein), Jason Klaasen (Maritzburg-kollege), James Kilroe (Bishops), Mark Prior (St. Andrew-kollege), Digby Webb (SACS), Chad Solomon (Paul Roos Gimnasium), Joel Carew (Rondebosch Boys’ High). Plaasvervangers: Michael Kennedy (Kearsney-kollege), Robin Murray (St. Andrew-kollege), Jade Kriel (Hoërskool Bellville), Tinotenda Zakeyo (Dale-kollege), Ryan Dugmore (St. Andrew-kollege), Nicholas Holton (Grey PE), Nathan Nel (Bishops), Kyle Whyte (Rondebosch Boys’ High).

    Maties: Mike Muller (Bishops), Craig Barry (Paul Roos Gimnasium), Christoff van Tonder (Boland Landbou), Koos Loubser (Swartland), JP Lewis (Paul Roos Gimnasium), Ernst Stapelberg (Framesby), Jean Nel (Hoër Jongenskool Paarl), Kobus van Dyk (Overberg), Lungelo Chonco (Maritzburg-kollege), Beyers de Villiers (Hoër Jongenskool Paarl), Wilhelm van der Sluys (Hoër Jongenskool Paarl – kaptein), Ian Groenewald (Nico Malan), AJ de Klerk (Boland Landbou), Marko Janse van Rensburg (Vredenburg), Niel Oelofse (Glenwood). Plaasvervangers: Wesley Adonis (Hoër Jongenskool Paarl), Grant Prior (St. Andrew-kollege), Justin Benn (HTS Daniël Pienaar), Bjorn Bernardo (Durbanville), Brandon Thomson (Ermelo), Kyle Leibrandt (Paul Roos Gimnasium), John-Hubert Meyer (Paul Roos Gimnasium).

     

  • Blue Bulls Fixtures – 2015

    3 March 2015 

    Eldoraigne vs. Hugenote

    6 March 2015 

    HTS John Vorster vs. HTS Witbank

    7 March 2015 

    Centurion vs. EG Jansen
    Wonderboom vs. Lichtenburg
    Waterkloof vs. Nelspruit
    Eldoraigne vs. HTS Rustenburg
    Garsfontein vs. Ermelo
    Montana vs. Frikkie Meyer

    14 March 2015 

    Centurion vs. Monument
    HTS John Vorster vs. HTS Tom Naudé|
    Menlopark vs. Helpmekaar
    Affies vs. Ben Viljoen
    Zwartkop vs. Bastion
    St. Alban’s College vs. St. David’s 
    Wonderboom vs. Noordheuwel
    Waterkloof vs. Sentraal
    Eldoraigne vs. HTS Middelburg
    Garsfontein vs. Marais Viljoen|
    Montana vs. Ben Vorster

    21 March 2015 

    Centurion vs. Transvalia
    Menlopark vs. Grey College
    Affies vs. Helpmekaar
    Zwartkop vs. Wesvalia
    John Vorster vs. Nylstroom
    Eldoraigne vs. Klerksdorp
    Garsfontein vs. Kemptonpark
    Montana vs. Oos-Moot

    22 March 2015 

    Waterkloof vs. Noordheuwel

    24 March 2015 

    Zwartkop vs. Hugenote 
    Sutherland vs. St. Alban’s College
    Wonderboom vs. Jeugland
    Eldoraigne vs. HTS Rustenburg

    28 March 2015 

    St. Alban’s College vs. St. John’s College

  • Opkikkerbom tref Cravenweek

    Nóg ’n opkikkerbom het die Cravenweek-rugbytoernooi vir hoërskole getref.

    In die nuutste skok het Da­nian Strauss, ’n vleuel van die Limpopo Blou Bulle, in verlede jaar se toernooi in Middelburg (Mpumalanga) positief vir die gebruik van die anaboliese steroïede nandroloon getoets.

    Strauss, ’n oud-leerling aan die Hoërskool Frikkie Meyer in Thabazimbi, het skuld erken en gevolglik nie die keuse uitgeoefen om sy B-urienmonster te laat toets nie.

    Hy is reeds twee jaar lank uit alle rugby geskors.

    Volgens ’n afrigter van dié skool, wat anoniem wil bly, was Strauss se oortreding “ ’n geweldige skok”.

    “Opkikkergebruik is ’n groot probleem op skolevlak. Afrigters weet dikwels hul spelers gebruik anaboliese steroïede, maar doen niks daaraan nie,” sê Chris Hattingh, ’n opkikker-kenner wat jare lank aan die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) verbonde was.

    Sedert 2011 was geen Cravenweek vir hoërskole opkikkervry nie.

    Saids het kort ná 2011 se toernooi aangekondig dat vier spelers positief getoets het. Dié seuns is nooit geïdentifiseer nie

    ) Op die Cravenweek van 2013 in Polokwane, het twee spelers – Salmon van Huysteen, ’n agtsteman van die Blou Bulle, en Nemo Roelofse, ’n stut van die Suidwestelike Distrikte – positief vir die gebruik van opkikkers getoets. Hulle is elk ook skorsings van twee jaar opgelê.

    In 2012 is slegs een onbekende o.17-speler in die toernooi in Port Elizabeth vasgetrek.

    Net twee spelers van elke span se urienmonsters word ná elke Cravenweek-wedstryd getoets.

    Volgens Hattingh hou ’n middel soos nandroloon ernstige gesondheidsgevare in.

    “Anaboliese steroïede help sportlui om spiermassa oor ’n baie korter tydperk op te bou, om vinniger te herstel en ook harder te oefen,” sê hy.

    “Dit kan ernstige gevare vir jong spelers inhou. Die oomblik as jy dit begin gebruik, hou jy op met groei en sal jy nie langer word nie. Seuns kan borste ontwikkel, terwyl meisies weer baard kan groei. Misbruikers kan ook aan erge aknee ly, bles word en lewerkanker ontwikkel – afhangende van die grootte van die dosis.”