Oakdale Landbou met sy generaal Neil le Roux stoom steeds voort na hulle vir Stellenberg met 33-19 in Bellville afgestof het. Le Roux het sy reputasie met nog ān blink vertoning vergroot.
Voorlangs het die span se flank Paul de Villiers uitgetroon in ān stewige vertoning deur die agttal. Soos verwag was die Jade Brigade se senterpaar, Jacquin Jacobus en Damian Markus, hul span se grootste staatmakers.
HTS Drostdy se Donkies het ān sege van 26-19 oor Boland Landbou op laasgenoemde se tuisveld behaal. Die Donkies gaan vanjaar nog ān hele paar spanne verras.
Marais Viljoen van Alberton het vir die grootste opskudding tydens die eerste ronde van die Virsekerbeker se Bekerkompetisie gesorg. Die span van Alberton het in sy eerste wedstryd in die boonste afdeling daring geslaag om vir Helpmekaar met 32-31 uit te oorlĆŖ.
DiĆ© oorwinning is danksy ān reuse strafdoel van ongeveer 51 meter deur die heelagter, Kian Coetzer, in die doodsnikke van die wedstryd beklink. Wat die laaste spiker in die doodskis nog erger gemaak het, is die feit dat Coetzer voorheen ān leerder van Helpies was.
Met ongeveer vyf minute se speeltyd oor in die kragmeting het Helpies nog ān voorsprong van 31-22 geniet. Twee minute later het Marais Viljoen se slot Zane de Swardt vir sy tweede drie oor die doellyn gebars. Coetzer het dit vervyf om die voorsprong na slegs 31-29 te laat krimp.
Drie minute later het Coetzer die sege vir sy span met ān strafdoel beklink. Coetzer het 17 punte met sy skopskoen aangeteken.
Garsfontein het weer op alle silinders begin vuur en vir HTS Middelburg op Bere-park met 48-0 kaf gedraf. Dit was egter die Garsies se verdediging wat die meeste beindruk het.
Garsfontein se heelagter, Michail Damon, het ān driekuns aan drieĆ« behaal. Hy en die twee vleuels, Ethan Maasdorp en Kyle Thompson, was op hul stukke. Die trio het tussen hulle ses van hul span se drieĆ« afgerond.
Monument moes veel harder werk om die Hoƫrskool Waterkloof met 24-14 op die Ras van Rooyen in Krugersdorp tot oorgawe te dwinge. Dit was Monnas se Wit Bulle se eerste sege oor die Klofies sedert 2017.
EG Jansen het ook sy aanslag op vanjaar se titel met ān klinkende sege van 26-3 oor Noordheuwel afgeskop. Die span se vlugvoetige heelagter, Jason Edwards, het twee keer die doellyn oorgesteek.
Menlopark het uit die kake van ān nederlaag ontsnap om met ān gelykop-uitslag van 21-elk teen die HoĆ«rskool Nelspruit van die veld te stap.
Die Parkies se agtsteman, HendrĆ© du Toit, na speeltyd reeds vertreke was, het sy span in staat gestel om ān nederlaag te verhoed. Die losskakel, Shaun Calitz, het met sy doelskop die sake gelyk getrek.
Neslpruit se skitterende losskakel, Christiaan Gates, was met ān ligte besering van die veld toe sy span ān strafskop na speeltyd reeds vertreke was pale toe gekorrel het. Die skop het teen die sterk wind nie die pale gehaal nie, waarvandaan Menlopark die aanval geloods het wat op die ou einde op Du Toit se drie uitgeloop het.
Die wedstryd is na Pretoria verskuif na die Departement van Onderwys nie aan Menlopark toestemming wou verleen om na Mbombela te reis nie. Indien die kragmeting in Mbombela gespeel was, sou dit waarskynlik nog ān moeiliker wedstryd vir Menlopark gewees het.
Al die Uitslae:
VIRSEKERBEKER
Afdeling 1 ā Bekerkompetisie: Monument 24, Waterkloof 14; Garsfontein 48; HTS Middelburg 0; Marais Viljoen 32, Helpmekaar 31; EG Jansen 26, Noordheuwel 3.
Afdeling 2 ā Limpopo: Ben Viljoen 17, Piet Potgieter 0; Hans Strijdom 21, HTS Tom NaudĆ© 21; Merensky 23, Frikkie Meyer 22.
Afdeling 5 ā Blou Bulle: Curro Roodeplaat 36, Pecanwood College 5; Maragon Mooikloof 43, Willowridge 5.
KWAZULU-NATAL
Maritzburg College 34, Durban High School 10; Glenwood 13, Westville Boysā High 3; Michaelhouse 26, Kearsney College 24; St Charles College 27, Clifton 18.
NOORDVAAL
HoĆ«rskool Nelspruit 21, Menlopark 21; Affies 15, King Edward VII 11; HoĆ«rskool Middelburg 43, Ermelo 7; Zwartkop 42, Oos-Moot 21; HoĆ«rskool Rustenburg 33, Welkom Gimnasium 31; Centurion 40, Wonderboom 3; HTS Witbank 22, Brandwag (Benoni) 13; Bekker 20, Oosterland 14; Schoonspruit 17, Volksrust 15; Delmas 11, Riebeeckrand 7; Ferrum 12, Wolmaransstad 12; Pionier 6, Fochville 3; Piet Retief 31, Linden 20; Northcliff 15 St Benedictās College 12; Potchefstroom Gimnasium 42, Kroonstad Trio 14; Oosterlig 45, Jeugland 31; Ben Vorster 28, HoĆ«rskool Pietersburg 5; Louis Trichardt 29, Northern Academy 7; Leeuwenhof Akademie 56, Herronbridge 7; HoĆ«rskool Alberton 44, Florida 12; Montana 29, Die Anker 27, Curro Heuwelkruin 26, Curro Hazeldean 24; St Stithians College 55, St Davids Marist 18; Rob Ferreira 24, Curro Nelspruit 21.
OOS-KAAP
Marlow Landbou 29, Nico Malan 5; Selborne College 32, Queenās College 20; St Andrewās College 26, Grey High School 23; HoĆ«rskool Grens 22, Dale College 20; Graeme College 19, Port Rex 15; Brandwag (Uitenhage) 48, Muir College 12, Pearson 63, Humansdorp SekondĆŖr 0.
VRYSTAAT/GRIEKWAS
Voortrekker 32, Goudveld- Hoƫrskool 14; Jim FouchƩ 40, Fichardtpark 13; Landboudal 20, Sentraal 10; Brandfort 43, Hendrik Potgieter 0; HTS Sasolburg 20, Hentie Cilliers 17.
WES-KAAP
Paarl Gimnasium 25, Paul Roos Gimnasium 10; Oakdale Landbou 33, Stellenberg 19; HTS Drostdy 26, Boland Landbou 19; Durbanville 22, Parel Vallei 14; Bishops 29, SACS 22; Wynberg Boysā High 19, Rondebosch Boysā High 5; Robertson 29, Montagu 10.
[powr-comments id=”ae89a99b_1620493896387″]