SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • Bloemies maak eerste verskyning in Vrystaat B-liga eindstryde sedert 2003

    Bloemies maak eerste verskyning in Vrystaat B-liga eindstryde sedert 2003

    Die Hoërskool Bloemfontein se eersterugbyspan sal Saterdag sy eerste verskyning in ‘n eindstryd van die Vrystaatse B1-liga maak sedert 2003. Bloemies was wel in 2004 as kampioen van dié liga gekroon, maar daardie jaar was daar nie ‘n eindstryd nie.

    Die span sal weet watter reuse taak vandag om 10:20 in die Toyota-stadion in Bloemfontein op hom wag wanneer hy teen St Andrews in die eindstryd te staan kom. Die kragmeting is een van die voorwedstryde vir die Curriebeker-kragmeting tussen die Cheetahs en die Westelike Provinsie.

    Saints het sonder twyfel die laaste dekade die span geword om te klop in die Vrystaatse B1-liga. Die skool se eerstespan was sedert 2015 in ses van die agt eindstryde in die tydperk in aksie. In vier van die eindstryde het Saints koning gekraai.

    Slegs die wenner van die eindstryd sal vanjaar tot die Kovsiestreekkompetisie se Irawa-liga deurdring. Die span sal volgende week teen die Griekwa-kampioen sake in die halfeindronde van dié reeks moet uitspook.

    Die Hoërskool Prieska en De Aar pak mekaar vandag op Suzuki-park in Kimberley in die eindstryd om die Griekwa-kampioen te bepaal.

    Bloemies en Saints se spelers het vroeër vanjaar boonop die ruggraat van die Vrystaatse Kiewiete gevorm wat in die eindstryd van die VKB-week naelskraaps met 16-17 vasgeval het. Saints se slot Chris Jordaan en Kamogelo Leshupi (loskopstut) was lede van die span, terwyl nie minder as ses Bloemies in Reitz in aksie was nie.

    Die sestal is Wessel van der Merwe (agtsteman), Oratile Maleme (losskakel), Omolemo Taje (skrumskakel), Hlale Motake (buitesenter), Sandile Msimango (binnesenter) en Brandon Erasmus (flank). Msimango sal ongelukkig vir Bloemies nie in die eindstryd in aksie wees nie.

    Dit is duidelik dat die eindstryd ‘n stryd tussen Saints se agttal sal wees en die vaart en vaardighede van Bloemies se agterhoede.

    Saints het sy plek in die eindstryd met ‘n klinkende sege in die halfeindstryd van 34-7 oor Brandfort bespreek. Hoërskool Bloemfontein het sy plek met ‘n sege in die halfeindronde oor Zastron bespreek.

    Die spanne:

    St Andrew’s School: 15 Nkhahle Sematlane, 14 Miles Murray, 13 Oliver Ziegler, 12 Naudé Botha, 11 Kaelo Monyaki, 10 Leon Athanasiou, 9 Ruben van Aarde, 8 Raseatla Lepheane, 7 Thato Kalake, 6 Matthew Fletcher (captain), 5 Olin Hirwa, 4 Chris Jordaan, 3 Hloni Mkwane, 2 Lucien Hugo, 1 Kamogelo Leshupi.

    Hoërskool Bloemfontein: 15 Karabelo Sebothelo, 14 Jamie Brown, 13 Hlalele Motake, 12 Kenslyn Collins, 11 Prince Conduah, 10 Oratile Maleme, 9 Omolemo Taje, 8 Wessel van der Merwe, 7 Brandon Erasmus, 6 Boitumelo Mohale, 5 Kananelo Mohale, 4 Conwhin Fischer, 3 Sandile Msimango, 2 Themba Tipi, 1 Siya Mathumba.

    Afskop: 10:20

    Ander eindstryde: 

    09:10 – o.15A – Hoërskool Bloemfontein vs Sand du Plessis op Sentraal se B-veld

  • Kan die Fichie Leeus vir opskudding teen JF in Vrystaat-eindstryd sorg?

    Kan die Fichie Leeus vir opskudding teen JF in Vrystaat-eindstryd sorg?

    FOTO: Marius Nortjé

    Kan die Hoërskool Fichardtpark se Leeus vir ‘n opskudding in die Vrystaatse A-liga eindstryd sorg en vir die eerste keer as kampioen gekroon word?

    Of gaan die vroeë gunsteling Jim Fouché die pyp rook?

    Dit is die vrae wat Saterdag om 11:40 in die Toyota-stadion in Bloemfontein beantwoord sal word.

    Die kragmeting is boonop ook die vernaamste voorwedstryd vir die Curriebeker-kragmeting tussen die Cheetahs en die Westelike Provinsie.

    JF het die ligawedstryd tussen die twee spanne vroeër vanjaar met 22-13 gewen. Daarom sal die span met ‘n kortkop as gunsteling op die veld draf.

    In ‘n eindstryd kan die uitslag egter altyd enige kant toe gaan. Die Fichies het wel ‘n tawwer halfeindstryd teen Sentraal (15-5) gehad. JF het nie veel probleme in hul halfeindstryd teen Burgersdorp (71-10) beleef nie.

    Albei spanne het vanjaar spelers in die Vrystaatse Cravenweek-span gehad. Jim Fouché se skrumskakel, Brendon de Wee, asook die Leeus se Unathi Ntuli (losskakel) en Bukho Mali (flank) was spanmaats tydens die toernooi in Middelburg, Mpumalanga.

    Indien die Fichies gewonder het oor watter berg hul sal moet kom tydens die eindstryd is die feit dat JF se hoofafrigter, Corné Erasmus, vanjaar in sy 11de Vrystaat A-liga eindstryd die sweep sal klap sedert hy in 2010 Louis Botha se trots begin brei het.

    Erasmus was in ses van die eindstryde aan die wenkant. In 2010, 2013, 2014 en 2016 vir Louis Botha, terwyl hy JF tot kampioen in 2022 en 2023 afgerig het.

    Die Fichies wat nog nooit as kampioen van dié liga gekroon kon word nie, het sonder twyfel die afegelope paar jaar opgang in die liga gemaak. Die span word deur Zandré Pienaar en André Burger gebrei. Fichies was in 2023 die eerste keer in die eindstryd in aksie toe hy teen die einste JF met 25-31 vasgeval het.

    Die kampioen van die Vrystaat sal vanjaar in die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga te halfeindronde teen Hoërskool Diamantveld te staan kom. Diamonds is reeds vanjaar as die Wesgrow-kampioen gekroon en betree ook die sentrale reeks as die Griekwa-kampioen.

    Die spanne is: 

    Jim Fouché: 15 JG Noeth, 14 Kay-Dinn Langley, 13 Adrian de Necker, 12 RG Vorster, 11 Duardt Bester, 10 Breyten de Wee, 9 Brendon de Wee, 8 Franco Oberholzer, 7 Qian Moller, 6 JC van Niekerk, 5 Franco Greyling, 4 Rico Kellerman, 3 Jandré Opperman, 2 HJ Noeth, 1 Tristan Russle.

    Fichardtpark: 15 Allerick Jonker, 14 Matthew Valentine, 13 Divan Martens, 12 Junior Titoti, 11 Ze Mathese, 10 Unathi Ntuli, 9 JM Rensburg, 8 Jonathan Duarte, 7 Buko Mlali, 6 Josh Nelson, 5 Dian Visagie, 4 Dillon Louw, 3 Marko van der Westhuizen, 2 Marno Smit, 1 Jordan Jordaan.

    Afskop: 11:40
    Skeidsregter: Phillip Kotze

    Ander eindstryde – Sentraal A-veld: 

    12:40 – o.15A – Fichardtpark vs Sentraal
    10:20 – o.16A – Sentraal vs Jim Fouché
    08:00 – o.14A – Fichardtpark vs Sentraal

  • Witteberg mik vir twee op ‘n streep teen die Trekkers

    Witteberg mik vir twee op ‘n streep teen die Trekkers

    FOTO: Willie Kruger Fotografie

    Daar word Saterdag hoogdrama in die eindstryd van die Griffon-liga in die Downtouch Investments-stadion om 13:50 in Welkom voorspel.

    Die Hoërskool Witteberg se eerstespan staan op die drumpel van geskiedenis deur vir die eerste keer as kampioen van dié liga gekroon te word.

    Die span wat tussen Witteberg en die stukkie geskiedenis staan is niemand anders as sy aartsvyand, Voortrekker van Bethlehem.

    Die Trekkers, is die verdedigende kampioen, en het al drie keer vantevore die titel (2008, 2011 en 2024) verower.

    Vroeër vanjaar het Witteberg in die interskole-kragmeting tussen die twee skole die sege in die laaste minuut van die kragmeting beklink toe sy kaptein en flank, Pieter Nel, vir die wendrie oor die doellyn gebars het.

    Die sege het ook seker gemaak dat Witteberg vir die eerste keer sedert 1992 daarin slaag om twee jaar in ‘n ry met die Trekkers af te reken.

    Nel sal vandag weer ‘n reuse wedstryd moet speel om seker te maak die trofee word aan hom oorhandig. Sy tweestryd met sy direkte teenstander, Jayden de Jesus, sal een van die hoogtepunte van die kragmeting wees.

    Witteberg se Cobus Labuschagne (loskopstut), Sedwin Gysman (binnesenter), JC van Rhyn (regervleuel), Rico van Vuuren (haker) en Divan Marais (flank) was almal vroeër vanjaar vir die Griffons in aksie op die Cravenweek vir hoërskole in Middelburg.

    Agterlangs is veral Gysman ‘n gevaarman wat met sy dartellopies die Trekkers se verdediging kan ontsluit.

    Die Trekkers het self ‘n paar Cravenweek-spelers in sy slotpaar, Berto van Niekerk en Theo van Wyk, in sy geledere.

    Witteberg het sy plek in die eindstryd met ‘n sege van 33-18 oor Hoërskool Trio van Kroonstad bespreek. In die ander halfeindstryd moes Voortrekker sweet om vir Welkom Gimnasium met 13-12 uit te oorlê.

    Die Griffons se kampioen sal in die halfeindronde van die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga teen die Hoërskool Upington te staan kom. Uppies betree vanjaar die kompetisie as Griekwas se naaswenner.

    Die spanne is: 

    Witteberg: 15 Qlin Booyse, 14 JC van Rhyn, 13 Adieu Cramford, 12 Sedwin Gysman, 11 Kenyon Morat, 10 Tshepo Motloung, 9 Christiaan de Boer, 8 Daniel Meintjies, 7 Pieter Nel (kaptein), 6 Divan Marais, 5 Jacques Jordaan, 4 Christiaan van Niekerk, 3 Mila Oerson, 2 Rico van Vuuren, 1 Cobus Labuschagne.

    Voortrekker: 15 Linda Radebe, 14 Juhin Muller, 13 Sizwe Qwabe, 12 Siya Mdubo, 11 Renier van Niekerk, 10 JC Pretorius, 9 Edré Wille, 8 Lourens Roux, 7 Jayden de Jesus, 6 Wian Muller, 5 Berto van Niekerk, 4 Theo van Wyk, 3 Moropa Lephondo, 2 Wessel Hattingh, 1 AJ Myburgh.

    Afskop: 13:50
    Skeidsregter: JC Allan

    Ander eindstryde: 

    11:20 – o.16 – Hoërskool Trio vs Welkom Gimnasium | Skeidsregter: Cassie Heymans
    10:10 – o.15 – Voortrekker vs Hoërskool Trio | Skeidsregter: Wynand Fourie
    09:00 – o.14 – Voortrekker vs Hoërskool Trio | Skeidsregter: Basie Ferreira

  • Springbok breeding grounds go head-to-head in City of Roses

    Springbok breeding grounds go head-to-head in City of Roses

    Photo: Frans Lombard/Actionpix.

    Outside Paarl, the biggest interschools in South Africa are probably the one between Paul Roos Gimnasium and Grey College.

    This match at 14:00 in Bloemfontein on Saturday is part of the exciting King Price Derby Series. Catch all the action live on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Why is it so big, you may ask?

    These two schools are without a doubt the two rugby factories in South Africa that has been providing the most Springboks since the country played its first test back in 1891.

    Grey has produced 47 Springboks, while Paul Roos Gimnasium lay claim to 56 players who have donned the Green and Gold. Combined it is an exceptional 10.82 percent of all Springbok players ever produced.

    The saying that elephants fight, it is the grass that suffers, comes to mind. It must also be noted that by this time of year in Bloemfontein, there isn’t much grass left to suffer.

    “The boys have been looking forward to this occasion for probably their whole high school career. So, it is not a question about the pressure on the boys, but rather excitement amongst the boys for the opportunity to play in this game and be part of something so big,” said Jannie Geldenhuys, head coach of Grey College.

    Last year, the Maroon Machine of Paul Roos handed Grey their biggest defeat ever when they comfortably won by 36-3 on a muddy Markötter Stadium in Stellenbosch.

    Since the two schools’ first match back in 1967, they have played each other 39 times, with Grey coming out on top in 29 of these matches. Paul Roos has been on the winning side ten times.

    The two schools will also honour former Springbok Dawie Snyman before the match. Snyman passed away this week and played for Grey in the first match between these two schools. Snyman also later coached at Paul Roos.

    “Each year of schools’ rugby is unique, and this year is a new chapter. Our focus is on what we want to achieve within the match. This year’s match gives the boys within the team the opportunity to gather firewood for later in life. Each player will be collecting firewood, which they will have later in life when we look back at Saturday’s game,” said Geldenhuys.

    Like every year, and as the teams and supporters have become accustomed to, a couple of boys from both sides will be missing out on this occasion due to the fact that they are on national duties for the South African u18-side in their international series.

    Grey will be missing four players – Ethan Adams (outside centre), AJ Meyer (lock), JG Badenhorst (tighthead prop) and Lamla Mgedezi (fullback). On Paul Roos’ side two players, Gert Kemp (loose forward) and Altus Rabe (hooker), will be missing out on this showpiece.

    So who are the favourites, the tag no team wants, for this year’s encounter?

    Grey is at home, which plays a major factor in this interschools. Furthermore, the fact that three of the players who will be standing in for their team members on national duty – O’Ryan Klein (Ethan Adams), Alexi Tyropolis (AJ Meyer) and Marinus Oosthuizen (JG Badenhorst) were part of the Free State’s Craven Week team in Middelburg earlier this year.

    Klein played at inside centre with Adams for most of the season, while Toriq Schambreel, who also played Craven Week, will start in Kleyn’s inside had more than a couple of starts at inside centre for the First XV. Tyropolis was playing at lock while Meyer was recovering from an injury in the early part of the season before moving to flanker.

    Thristan Maree, who will be manning the fullback position in Mgedezi’s absence, has played at centre during last year’s match against Paul Roos. He also had ample playing time for his school’s pride during the season.

    Paul Roos will definitely miss their captain, Altus Rabe. While their captain earlier in the season, while Rabe was recovering from an injury, Gert Kemp, will also leave a huge void in their ranks.

    The teams: 

    Grey College: 15 Thristan Maree, 14 Benjamin van den Berg, 13 O’Ryan Kleyn, 12 Toriq Schambreel, 11 Eddie Mabena, 10 Darius Erwee, 9 Sherwin Buys, 8 AJ Booysen, 7 Adem Nieuwoudt, 6 Xander Smit (captain), 5 Alexi Tyropolis, 4 Claude Steyn, 3 Marinus Oosthuizen, 2 Tian Fourie, 1 David Hayidakis.

    Paul Roos Gimnasium: 15 Luke van Schoor, 14 Keenan Stoffels, 13 Tiaan Basson, 12 Ian Smith, 11 Jordan Steenkamp, 10 Travis Pheiffer, 9 Jan-Jan Nel, 8 Luke Kent (captain), 7 Gerhard Bekker, 6 Caleb Koeberg, 5 Manus van Leeuwen, 4 Truspe Schoeman, 3 Gerrit van Vuuren, 2 Lehan Barnard, 1 Zak Hickman.

    Kick-Off: 14:00
    Referee: Tiaan Engelbrecht

    Previous Meetings: 

    [ninja_tables id=”80371″]

  • Vryburg mik na negende eindstryd, terwyl Riebeeckrand ‘n gekweste Linden pak

    Vryburg mik na negende eindstryd, terwyl Riebeeckrand ‘n gekweste Linden pak

    Die Hoërskool Frans du Toit van Phalaborwa kom Saterdag seker voor sy grootste toets op die rugbyveld in ‘n hele paar jaar te staan.

    Die span vanuit Limpopo moes bykans 900km (871km) vir sy ontmoeting met die Hoërskool Vryburg in die halfeindronde van Groep 3 van die SDC Noordvaal Cup reis.

    En dan natuurlik is Vryburg een van die mees suksesvolste skole in die reeks wat met verskeie titels oor die jare kan spog.

    Om dit in perspektief te stel Vryburg het al agt keer ‘n verskyning in die eindstryd van die Noordvaal-reeks gemaak en ‘n trofee het al agt keer staanplek in hul trofeekas gekry.

    Die span vanuit die Luiperd-streek was kampioen van die Beeldtrofee vir kleinskole in 2002, 2003, 2004 en 2005, Beeldtrofee vir mediumskole in 2014 en 2016 asook kampioen van Groep 3 van die SDC Noordvaal Cup in 2022 en 2023.

    So selfs die twee spanne in die ander halfeindstryd, Linden en Riebeeckrand, sal hoop dat Frans du Toit hul ‘n guns kan doen.

    Frans du Toit het vanjaar ‘n gedugte span en het met ‘n oorwinning van 23-21 oor Gerrit Maritz van Pretoria sy plek in die halfeindronde bespreek. Die span van Phalaborwa het ook vir Allen Glen van Johannesburg met 17-7 in hul eerste uitspeelwedstryd geklop.

    Vryburg het ‘n loslooitjie in die uitspeelronde gehad omdat Louis Trichardt onttrek het. Die span het verlede week vir Standerton met 24-17 uitgeskakel.

    Die kragmeting tussen Linden en Riebeeckrand behoort ook vir hope vuurwerk te sorg. Die twee spanne het mekaar verlede jaar in die eindstryd van die reeks ook die stryd aangesê met Riebeeckrand wat met 31-18 as kampioen gekroon is.

    Die twee spanne is vanjaar ook nie vreemd vir mekaar nie. In die ligawedstryd tussen die twee spanne het Linden met 14-12 as oorwinnaars van die veld gestap, terwyl Riebeeckrand in die halfeindstryd van die Leeu-liga die bordjies met 21-18 verhang het.

    Linden het wel die week ‘n moeilike perd opgesaal omdat hy Woensdag in sy jaarlikse interskole teen Hoërskool Randburg moes kragte meet. Die span het met 5-26 die knie gebuig asook drie besering opgedoen.

    Die span se losskakel, Joshua Liebenberg, binnesenter Aidan Mans asook veelsydige agterspeler Ruben Little sal almal die halfeindstryd misloop.

    Die spanne is: 

    Vryburg vs Frans du Toit om 10:15 in die Gert Lubbe-stadion in Vryburg: 

    Hoërskool Vryburg: 15 Jayden Starke, 14 Bogolo Mankuroane, 13 Michael Mazonzo, 12 Jordan Rarhebe, 11 Cat Dikhudu, 10 Marco Halgryn, 9 Janko Venter (kaptein), 8 Aiden Jonker, 7 WD Ferreira, 6 Tsiamelo Mereekane, 5 Rigardt Muller, 4 Olerato Bonokwane, 3 Daniel Nortjé, 2 Dirk Visser, 1 Petri Weideman.

    Frans du Toit: 15 Olavi Muhela, 14 Melane Mphahlele, 13 Lawrence Maswanganyi, 12 Kenny Moreku, 11 Tumelo Mametja, 10 Dehan Peach, 9 Darren Ceko, 8 Shaun Ngwena, 7 Edrich Steyn, 6 Shoun Mmola, 5 Shan Mmola, 4 Steyn Cronjé, 3 Jayden Taljaard, 2 Chalru Grobler, 1 Xavier Buitendag.

    Skeidsregter: Michael Viljoen (Blou Bulle)

    Linden vs Riebeeckrand om 12:00 in Johannesburg: 

    Linden: 15 Morné Steyn, 14 Roelof Smit, 13 Etienne Fouché, 12 Hanru van Aswegen, 11 Schuyler van den Berg, 10 Ruan Erasmus, 9 Jaydan Griessel, 8 Zacky Crow, 7 Eric Beyl, 6 Nathan van Aswegen, 5 Wouter Toerien, 4 Jordan Welle, 3 Keanu Thomas, 2 Kyle Kotze, 1 Xander Oelofse.

    Riebeeckrand: 15 Hassan Amed, 14 Relebogile Ntwe, 13 Nthando Lamola, 12 Tyler Vereynne, 11 Obakeng Nye-Nye, 10 Thabo Moleme, 9 Aiden Botes, 8 Luyanda Khubeka, 7 Marco Grobler, 6 Kobus Malan, 5 Ndosi Mahlanga, 4 Angel Mongwe, 3 Marko Labuschagne, 2 Zander Viljoen, 1 Jean Liebenberg.

    Skeidsregter: Christo Erasmus (Goue Leeus)

  • School Rugby Results – 9 August 2025

    School Rugby Results – 9 August 2025

    Catch all the action live from around the country on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools. For results of the SDC Noordvaal Cup – click on the following link – SDC Noordvaal Cup Results.

    If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results, please email us via e-mail at rugby@ssschoolsplus.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.

    You can also submit a result via our website – Submit Result.

    All the results: 

    EASTERN CAPE 

    [ninja_tables id=”79814″]

    FREE STATE/GRIQUALAND WEST

    [ninja_tables id=”79815″]

    KWAZULU-NATAL

    [ninja_tables id=”79813″]

    NOORDVAAL

    [ninja_tables id=”79812″]

    WESTERN CAPE

    [ninja_tables id=’79803′]

  • SDC Noordvaal Cup Results – 9 Augustus 2025

    SDC Noordvaal Cup Results – 9 Augustus 2025

    Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.

    Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@ssschoolsplus.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.

    Al die uitslae:

    GROEP 1 

    BEKER-AFDELING

    [ninja_tables id=”79811″]

    Ander spanne:

    o.16: 

    o.15: 

    o.14: 

    PLAAT-AFDELING 

    [ninja_tables id=”79806″]

    Ander spanne:

    o.16: 

    o.15: 

    o.14: 

    SKILD-AFDELING

    [ninja_tables id=”79805″]

    Ander spanne: 

    o.16: 

    o.15: 

    o.14: 

    BOWL-AFDELING 

    [ninja_tables id=”79810″]

    Ander spanne: 

    o.16: 

    o.15: 

    o.14: 

    GROEP 2 | UITSPEELWEDSTRYDE

    [ninja_tables id=”79809″]

    Ander spanne:

    o.16: 

    o.15: 

    o.14: 

    GROEP 3 | KWARTEINDRONDE

    [ninja_tables id=”79808″]

    Ander spanne:

    o.16: Riebeeckrand 24, Overvaal 5; Bergvlam 12, Wolmaransstad 5; Standerton 29, Benoni High 19; Fochville 38, Birchleigh 12.

    o.15: Riebeeckrand 50, Vryburg 0; Wolmaransstad 22, Volksrust 14; Standerton 22, Vereeniging Gimnasium 12; Bastion 33, John Vorster (Nigel) 3.

    o.14: Riebeeckrand 53, Curro Hazeldean 5;  Vryburg 22, Vereeniging Gimnasium 14; Linden 31, Overvaal 7; Fochville 46, Sutherland 0.

    GROEP 4 | KWARTEINDRONDE

    [ninja_tables id=”79807″]

    Ander spanne:

    o.16: Steelcrest vs Kempton Panorama; President 34, Curro Heuwelkruin 34 (President druk eerste drie); Alberton High 26, Witbank High 7; Voortrekker (Boksburg) 12, Schoonspruit 6.

    o.15: Voortrekker (Boksburg) 14, Kanonkop 6; Alberton High 14, Warmbad 7; President 36, Hendrina 10; HTS Klerksdorp 29, Die Ankerskool 12.

    o.14: Voortrekker (Boksburg) 30, Kanonkop 17; Reddamhouse Bedfordview 21, Curro Heuwelkruin 12; Carletonville 17, Hendrina 7; Parys 43, Schoonspruit 5.

    GROEP 5 | KWARTEINDRONDE

    [ninja_tables id=”79804″]

    Ander spanne:

    o.17: Vryburger 17, Curro Secunda 12; Curro Bankenveld 31, Ingquyizivele 22; AHS Germiston 53, Curro Serengeti 0; Curro Roodeplaat 22, Johan Jurgens 20; Roodepoort 54, SunRei 12.

    o.15: Morgenzon Landbou 24, HTS Rhodesfield 17; Vryburger 34, Curro 0; Schweizer-Reneke 7, Jabulani Secondary 5; FH Odendaal 47, Reigerpark 5; Curro Pretoria 19, HTS Springs 10.

     

  • RUGBY | Garsfontein – 2025

    RUGBY | Garsfontein – 2025

    Results 

    [ninja_tables id=”79148″]

    Players: Luan van der Berg, Junade Pasensie, Junaide Stuart, Levi Jordaan, Joshua Gouws, Derrick Kuhn, Lourenz de Jager, Derik Potgieter, JJ Fourie, Justin Blom, Morné Coetzer, Keagan Knighton, Drewyn Baron, Yuvrah George, Stefan van der Vyver, JP Pieterse, JP Meintjies, Dian van Aswegen, Brendon Branford, Xian Erasmus, Matt Kleingeld, Alwyn du Toit, Francois van Niekerk.

    Coaches: Johan du Plessis and Sylvester Booysen.

  • School Rugby Results – 2 August 2025

    School Rugby Results – 2 August 2025

    Catch all the action live from around the country on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools. For results of the SDC Noordvaal Cup – click on the following link – SDC Noordvaal Cup Results.

    If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results, please email us via e-mail at rugby@ssschoolsplus.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.

    You can also submit a result via our website – Submit Result.

    All the results: 

    CENTRAL REGION

    Fichardtpark 26, Voortrekker (Bethlehem) 19; Diamantveld 39 Hoërskool Trio 10; Witteberg 70, Sentraal (FS) 7

    EASTERN CAPE 

    Pearson 26, Marlow Landbou 24; Graeme College 17, Dale College 10; Nico Malan 38, HTS Daniel Pienaar 8; Hudson Park 33, Stirling 5; Ooskus Gym  35, Cathcart 22; Die Brandwag (Uitenhage) 109, DF Malherbe 0; Grey College 48 Grey High School 15; Port Rex 22, Cambridge 17; Queen’s College 31 Selborne College 28

    FREE STATE/GRIQUALAND WEST

    Duineveld 48, Hoërskool Kathu 12;

    KWAZULU-NATAL

    Durban High School 36, Northwood 5;

    NOORDVAAL

    Affies 64, Waterkloof 19; Jeppe High School for Boys 39, King Edward VII 31

    WESTERN CAPE

    DF Malan 31, Strand 19; Stellenberg 18, Boland Landbou 10; Charlie Hofmeyr 42, Hermanus 27; Outeniqua 45, Worcester Gimnasium 13; Oakdale Landbou 21, Paul Roos Gimnasium 17; Hopefield 31, Swartland 20; Diocesan College 42, Milnerton 36; Melkbos 44, Tygerberg HS 29; Paarl Boys’ High 35, Paarl Gimnasium 33

  • Woeries en Hoogies sal vroeg stempel in SDC Noordvaal Cup wil afdruk

    Woeries en Hoogies sal vroeg stempel in SDC Noordvaal Cup wil afdruk

    Daar sal vanjaar ‘n nuwe kampioen van die SDC Noordvaal Cup Groep 2 gekroon word.

    Die verdedigende kampioen, Overkruin van Pretoria, kon nie vanjaar daarin slaag om tot die uitspeelrondes deur te dring nie. Die naaswenner, Bergsig Akademie, het vanjaar in Groep 1 in die Bowl-afdeling deelgeneem.

    Die Puma-kampioen, Hoërskool Hoogenhout, sal vir sy eerste uitspeelwedstryd na Alberton reis om teen die Hoërskool Alberton te staan te kom.

    Die Allies het die reeks as die Valke se vierde gekeurde span deurgedring. Hoogenhout het in die Puma-eindstryd vir Lydenburg met 34-24 die loef afgesteek.

    Die span van Alberton het ook tot dusver ‘n goeie seisoen beleef en het vroeër vanjaar ‘n vyfde plek in die NWU 16-reeks verdien.

    Wagpos van Brits sal in sy uitspeelwedstryd teen die Limpopo-naaswenner, Hans Strijdom, te staan kom. Die span van Brits het verlede week in die uitspeelwedstryd om die derde en vierde posisie in die Blou Bul-liga vir Pretoria-Noord met 45-25 kaf gedraf.

    Hans Strijdom het in die Limpopo-eindstryd naelskraaps met 23-27 teen Ben Viljoen vasgeval. Die Hansies het vroeër vanjaar die titel as kampioen van die NWU 16-reeks ingepalm.

    Die span se flank Janneman Benson, binnesenter Hendriko van der Kolf asook die heelagter, Tebogo Mapologelo, kan die tuisspan probleme besorg.

    Die Blou Bulle se kampioenspan, Hoërskool Centurion, kom op sy tuisveld teen Frikkie Meyer van Thabazimbi te staan. Die Woeries het vir Midstream College met 26-21 in die eindstryd onttroon.

    Die Valke se naaswenner, Dr. Malan van Meyerton, sal in sy uitspeelwedstryd teen Wonderboom van Pretoria wat beloof om ‘n titaniese stryd te wees, te staan kom. Dokkies het in die Valke-eindstryd naelskraaps met Brandwag van Benoni met 11-13 die knie gebuig.

    Wonderboom se Tiere het Die Wilgers met 46-40 in ‘n opwindende kragmeting verlede week geklop om te bepaal wie die Bulle se vyfde en sesde kwalifiseerder vir die Noordvaal-reeks sal wees.

    Die spanne is: 

    Hoërskool Alberton vs Hoogenhout om 11:30 in Alberton: 

    Hoërskool Alberton: 15 Mbuso Zuma, 14 Jarron Geldenhuys, 13 Kgosi Matsena, 12 Ewan Muller, 11 Vian Nieuwoudt, 10 Dewald de Jager, 9 Jaydon Mostert, 8 Jay C Nienaber, 7 Luke Joubert, 6 Juan Crous, 5 Herman du Preez, 4 Ruan van Wyk, 3 Jayden Graaff, 2 Reuben van der Westhuizen, 1 Ivan Venter.

    Hoogenhout: 15 Lesedi Moselane, 14 Sizwe Madonsela, 13 Sonwabo Simelane, 12 Pieter Viljoen, 11 Ryan Nel, 10 Siyabonga Shabangu, 9 Kegan Berry, 8 Thabang Mphore, 7 Stian Naudé, 6 FJ Maritz, 5 Dandré Els, 4 Eythan Martin, 3 Bertie Botha, 2 Pieter van Zyl, 1 Ikhona Masango.

    Wagpos vs Hans Strijdom om 11:10 in Brits: 

    Wagpos: 15 JG Olckers, 14 Franco Dippenaar, 13 Ivan du Preez, 12 Heinrich Wiehahn, 11 Dylan Joubert, 10 Myburgh Henning, 9 Arrie Joubert, 8 Hendrik de Jager, 7 David van Breda, 6 Wian Botha, 5 Matt Killian, 4 Anthony Bezuidenhout, 3 Killian Kirchner, 2 Adriaan Venter, 1 MG Hattingh.

    Hans Strijdom: 15 Tebogo Mapologelo, 14 Keano van der Walt, 13 Francois Koen, 12 Hendriko van der Kolf, 11 Louis Joubert, 10 Jayden Enslin, 9 Mario Opperman, 8 Heigers Ferreira, 7 Janneman Benson, 6 Paul de Beer, 5 Ewandré Jonker, 4 Deon Otto, 3 Wessel Strooh, 2 Leander Janse van Rensburg, 1 Willie Vermaak.

    Centurion vs Frikkie Meyer om 11:30 in Centurion: 

    Centurion: 15 Donnell Farmer, 14 Dylan Schoeman, 13 Moeketse Legodi, 12 Kyle Fourie, 11 Ge-Raldo Danster, 10 Bernick Fourie, 9 Stefan Vorster, 8 Darius Durie, 7 CJ Niemandt, 6 Malan le Roux, 5 Ulrich van Wyk, 4 Ruben Pretorius, 3 Coenraad du Toit, 2 Robbie Herholdt, 1 Lincoln Hattingh.

    Frikkie Meyer: 15 Barnabas Nyamakupe, 14 Poppie Mphela, 13 Prince Sekoboane, 12 Mare Pieterse, 11 HW du Plessis, 10 Leon Deysel, 9 MJ Kloppers, 8 Darren Pretorius, 7 Wian Pretorius, 6 Stefan Mulder, 5 Herman Prinsloo, 4 Kgosi Leteane, 3 Johnny Barnard, 2 Ruben Venter, 1 Lourens Pieterse.

    Dr. Malan vs Wonderboom om 11:20 in Meyerton: 

    Dr. Malan: 15 Shawn van Wyk, 14 Kallie Goosen, 13 Ambrogio van der Westhuizen, 12 Reinhardt Groenewald, 11 Enrico Janse van Rensburg, 10 Estian van der Westhuizen, 9 Dewald Erasmus, 8 Dillon Gouws, 7 Lex Grimsdel, 6 Jordan Bouwer, 5 Duvan Bornman, 4 Enrico van Zyl, 3 Shano Kukard, 2 Bernard Benson, 1 Ruben la Grange.

    Wonderboom: 15 Iwan van Rooyen, 14 Nathan Roesch, 13 Carlo Schmahl, 12 Navan Jansen, 11 Christiaan Swanepoel, 10 Kyle dos Santos-Joubert, 9 Barend Bossert, 8 Ryan Otto, 7 Nathan Wilke, 6 Jancu Nel, 5 Nolan Lourens, 4 Darius van Loggerenberg, 3 Branden Freemantle, 2 Dian Dreyer, 1 Ethan Cotton.

    Ander uitspeelwedstryde: 

    Eerstes | 15:00 – Hartbeespoort vs Lydenburg; 10:15 – Die Wilgers vs Ben Viljoen; 11:15 – Brandwag (Benoni) vs Pretoria-Noord.

    o.16 | 10:00 – Dr. Malan vs Hoërskool Tuine; 10:00 – Wagpos vs Ben Viljoen; 10:15 – Centurion vs Hans Strijdom;

    o.15 | 09:00 – Dr. Malan vs Midstream College; 09:00 – Wagpos vs HTS Witbank; 09:00 – Centurion vs HTS Tom Naudé; 09:00 – Die Wilgers vs Ellisras;

    o.14 | 08:00 – Dr. Malan vs HTS John Vorster; 08:00 – Wagpos vs Frikkie Meyer; 09:00 – Leeuwenhof Akademie vs Centurion; 10:00 – Hoërskool Alberton vs Die Wilgers;