SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • Results – Standard Bank St Stithians College Easter Festival 2025 – Day 1

    Results – Standard Bank St Stithians College Easter Festival 2025 – Day 1

    Scorers: 

    Helpmekaar 38 (12) – Tries: Xander van Niekerk (2), Francois Tonkin, Kyle Beyleveld, Clinton Cloete, AN Other. Conversions: Wian Storm (2), Ethan Lourens (2). Diocesan College 12 (7) – Tries: Rynard Gordon, Boytjie Fyfer. Conversion: Alex Laspatzis.

    Wynberg Boys’ High 19 (3) – Try: Morné Noble. Conversion: Achmat Behardien. Penalties: Behardien (4). Hartpury College 10 (5) – Tries: Ruben Cummings, Henry Packham.

    St Charles College 38 (7) – Tries: Eben Crafford (3), Ajibade Raphael (2), Likuthi Mbalana. Conversions: AJ Bosman (3), PJ Dlamini. Hoërskool Windhoek 22 (12) – Tries: Eathen Sinden (2), Lorenzo Awaseb, Steven van Wyk. Conversion: William Beukes.

    Michaelhouse 65 (34) – Tries: William Ridl (2), Oliver Guy, Dan Carr, Laird Hamilton-Brown, Noah Bates, Oliver Davis, Khethelo Mazibuko, Stefan Moolman, Lwandle Nzama. Conversions: Alex Jankowitz (6). Penalty: Jankowitz. St John’s College (Harare) 14 (7) – Tries: Joshua Green, Sean Takaindisa. Conversions: Sebastiaan du Toit (2).

    St Andrew’s College 54 (26) – Tries: Connor Malan, Amohelang Habi, Coel Trollip, Joshua van Zyl, Will Stevens, Myles Sansom, David Chaarley, Adam Nurse. Conversions: Stevens (4), Daniel Arnold (3). Northcliff 26 (12) – Tries: Christian Adams, Michael Nwogwugwu, Connor Verster, Ryan Niemand. Conversions: Matthew Hunt (3).

    St Stithians College 32 (25) – Tries: Oliver Groves (2), Cade Elsey, Louis McAslin. Conversions: Oliver Wilson (3). Penalties: Wilson (2). Clifton College 0.

    Hartpury College II 31 (19) – Tries: Hendry Packham, Arthur Shrimpton, Ellis Bowman, Jackson Bowles, Edward Collins. Conversions: Dylan Davies (3). Rand Park High 20 (10) – Tries: Cian de Jongh, Aston Billson, Siphelele Nonjola, Nkosana Nkosi.

  • Results – Standard Bank Kearsney College Easter Festival 2025 – Day 1

    Results – Standard Bank Kearsney College Easter Festival 2025 – Day 1

    Scorers: 

    Westville Boys’ High 31 (12) – Tries: Avumile Lisa (2), Langalihle Mncwango, Bandile Mncwango, Lwandile Simelane. Conversions: Jade-Will Koopman (3). Framesby 0.

    Monument 26 (14) – Tries: Tasliem Guyan, Jason Joubert, Ayden van Zyl, Jaydon Viljoen. Conversions: Cameron Kourie (2), Viljoen. Glenwood 26 (19) – Tries: Nkululeko Khumalo, Lizwe Mtetwa, Sambesiwe Ndamase, Rorisang Ngwenya. Conversions: Joshua Kopp (3).

    EG Jansen 29 (19) – Tries: Bukho Hlwatika, Otlotleng Zulu, Juan van Aswegen, Jordan van der Westhuizen, De Wet Muller. Conversions: Van Aswegen (2). Kearsney College 24 (0) – Tries: Lwandile Mkhize, Simanye Mlakalaka, Joseph Roylance, Doan Nel. Conversions: Lwazi Mbebe, Nel.

    Durban High School 41 (15) – Tries: Zingce Simka (2), Milisuthando George (2), Richard Gyamfi, Mthiyane Zinkosi. Conversions: Jordan van Wyk (3), Roberts. Penalty: Van Wyk. Hoërskool Rustenburg 7 (0) – Try: MJ Otto. Conversion: Ricardo Enos.

    Hoërskool Durbanville 66 (21) – Tries: Xander Muller (2), Jeandré Ungerer, Tiaan Kearns, Muller Janse van Vuuren, Louwrens Rademeyer, Cole Carls, Jaun Smit, Milani Madide, Penalty Try. Conversions: De Wet Viljoen (7). Dale College 22 (5) – Tries: Lakhanya Mbewu, Phikolomzi Mtyalela, Owethu Siswana, Penalty Try.

    Milnerton 34 (10) – Tries: Morgan Lodewyk (2), Nicholas Young, Kgaugelo Mokgobu, Akho Mkaya. Conversions: Mkaya (2), Lodewyk. Penalty: Lodewyk. Peterhouse 18 (8) – Tries: Mufaro Mawoyo, Michael Marimo. Conversion: James Watt. Penalties: Andrew Maringa (2).

  • School Rugby Results – 12 April 2025

    School Rugby Results – 12 April 2025

    Catch all the action live from around the country on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.

    If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results, please email us via e-mail at rugby@ssschoolsplus.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.

    You can also submit a result via our website – Submit Result.

    All the results: 

    NWU SPORT SERIES 

    [ninja_tables id=”69537″]

    NWU INTERSKOLE 

    [ninja_tables id=”69538″]

    NWU 16 SERIES 

    [ninja_tables id=”69539″]

    SUPER SERIES 

    [ninja_tables id=”69536″]

    SDC NOORDVAAL CUP | BEKER 

    [ninja_tables id=”69540″]

    EASTERN CAPE 

    [ninja_tables id=”69543″]

    FREE STATE/GRIQUALAND WEST 

    [ninja_tables id=”69544″]

    KWAZULU-NATAL

    [ninja_tables id=”69542″]

    NOORDVAAL 

    [ninja_tables id=”69541″]

    WESTERN CAPE 

    [ninja_tables id=”69535″]

  • Gimmie-vaart teen Wit Bul-krag in die Paarl

    Gimmie-vaart teen Wit Bul-krag in die Paarl

    DAWID BADENHORST, heelagter van Paarl Gimnasium, duik hier sierlik oor die doellyn in een van sy span se kragmetings vroeër vanjaar. FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria se Wit Bulle beskik vanjaar weer soos gebruiklik ‘n agttal wat skrik vir niks, maar kan hulle Paarl Gimnasium se gevaarlike agterlyn Saterdag in die Paarl hokslaan?

    Die twee spanne pak mekaar om 13:00 in die King Price Derby Series op die JA Kriel-veld in die Paarl.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com) asook op DStv kanaal 216 en SABC Plus.

    Sedert dié interskole se ontstaan kon Affies nog net een keer daarin slaag om Paarl Gimnasium te klop. Dit was in 2022 toe die Wit Bulle met 29-26 in Pretoria baas was.

    Die Gimmies met hul kaptein en senter, Markus Muller, sal ongetwyfeld as die gunsteling op die veld draf. Muller het vanjaar al drie driekunste in sy span drie wedstryde tot dusver behaal. As die stukkie statistiek nie die afrigters van Affies so paar slapelose nagte besorg het nie, is daar nie veel wat dit kan veroorsaak nie.

    Gimmies is bekend vir hul uitmuntende rolmaalbewegings en Muller het selfs van sy drieë gedruk toe hy as drywer van die kruiptrekker diens gedoen het. Die werk van Gimmies se voorspelerafrigter, Helmut Lehmann, is die aspek van die spel kan nie gering geskat word nie.

    Affies het waarskynlik gedurende hul voorbereiding die hulp van hul hoof van sport, Ryno van der Merwe, nader getrek as teenvoeter. Van der Merwe het self as die drywer van die Cheetahs se kruiptrekker vele drieë in die span se gloriejare van 2005 tot 2008 gedruk.

    Die Wit Bulle het vanjaar nog net teen die Hoër Jongenskool Paarl (17-25) vanjaar die knie gebuig. Die span van die Jakarandastad het ook vanjaar reeds vir Diamantveld (57-19), Helpmekaar (40-8) en HTS Drostdy (61-17) behoorlik kaf gedraf.

    Die span word deur sy losskakel, Ruben Groenewald, aangevoer. Groenewald se pa, Coenraad, het op sy dag vir die Blou Bulle se seniorspan op skrumskakel uitgedraf.

    Affies se krag lê veral in sy lostrio bestaande uit Stephan McDonald, Albert Smit en Luhan Potgieter. Smit het reeds langs die kant van die skrum tydens verlede jaar se Cravenweek in Krugerdorp vir die Blou Bulle gesak. Potgieter het reeds vanjaar gewys dat die Wit Bulle weer soos met Regardt du Plessis in 2016 ‘n baljagter van formaat het.

    McDonald het ook veral in die nederlaag teen Boishaai gewys dat hy vinnig besig is om sy voete op eerstespanvlak te vind. Hy is ‘n sterk baldraer wat die regte lyne hardloop.

    Gimmies se onderkaptein en agtsteman, Quintin Potgieter, het verlede jaar al die tonge los gehad oor sy uithalerspel op slot. Vanjaar terug in sy gebruiklike posisie gaan hy nog vele spanne hoofbrekens besorg.

    Die tuisspan se losskakel, Divan Pieters, het ook reeds vanjaar gewys dat hy oor die vermoë beskik om die spel goed af te wissel. Hy weet wanneer om die gevaarlike agterhoede met Muller aan die spits weg te stuur en wanneer om met ‘n goed geplaaste steek- of lynskoppie druk te verplaas.

    Die spanne is: 

    Paarl Gimnasium: 15 Dawid Badenhorst, 14 Johan Kleynhans, 13 Markus Muller (kaptein), 12 Ethan Barker, 11 Thomas Saunders, 10 Divan Pieters, 9 Nicolaz Burden, 8 Quintin Potgieter, 7 Hendré van Zyl, 6 Hendré van der Westhuizen, 5 Jean Dreyer, 4 Migael Turner, 3 Adriaan van der Lingen, 2 Charles Whitehead, 1 Pieta Cilliers.

    Affies: 15 Lamond Baaitjies, 14 Rikus Strydom, 13 Estian Marx, 12 Petrus Rautenbach, 11 Joshua Gouws, 10 Ruben Groenewald (kaptein), 9 Fourie Roberts, 8 Stephan McDonald, 7 Albert Smit, 6 Luhan Potgieter, 5 Christiaan de Wet, 4 Elwin Janse van Vuuren, 3 Deon Botes, 2 Bauke Swart, 1 Roal Kruger.

    Afskop: 13:00

    Vorige kragmetings: 

    [ninja_tables id=”69573″]

  • Liplekker tweestryd tussen Jooste en Pratt in Riversdal

    Liplekker tweestryd tussen Jooste en Pratt in Riversdal

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Die vonke gaan behoorlik Saterdag op die De Eike-veld net buite Riversdal spat wanneer twee van die land se voorste loskopstutte op skoolvlak teen mekaar te staan kom.

    Die gasheer, Oakdale Landbou, se Kai Pratt en die besoekers, die Hoër Jongenskool Paarl, se Jordan Jooste sal nou wel nie direk teen mekaar in die skrums sak nie, maar sal met hul vertonings reeds hul aanspraak wil versterk om vanjaar die Suid-Afrikaanse Skole-span se Nr. 1-trui te dra.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools). Die wedstryd sal ook op DStv kanaal 216 asook SABC Plus (18:00) uitgesaai word.

    Die kragmeting is deel van die King Price Derby Series.

    Jooste het reeds verlede jaar na afloop van die Cravenweek in Krugersdorp die SA Skole A-span verteenwoordig. Pratt het ook verlede jaar reeds die Suidwestelike Distrikte op die Cravenweek verteenwoordig en kan met sterk vertonings sy aanspraak versterk.

    Jooste is egter die man in die saal, met Jeppe se André Poulton wat ook reeds verlede jaar vir die SA Skole A-span uitgedraf het.

    Die Bulle van Oakdale het vanjaar egter ‘n omgesukkelde span wat moontlik die span van die Paarl se onoorwonne status sover vanjaar kan bedreig.

    Malan du Plessis (hoofafrigter) het egter vir Oakdale tot seges oor Boishaai in 2018 (47-29) en 2023 (20-17) gebrei. Du Plessis het op sy dag die Blitzbokke verteenwoordig. Die span se aanvalsafrigter, JB Naudé, sal ook gewis ‘n paar planne beraam om die besoekers met die kous oor die kop huis toe te stuur.

    Die Hoër Jongenskool Paarl beskik ook oor gedugte afrigtingskorps met Sean Erasmus, David Sadie en Neil de Bruin. Laasgenoemde is die oudste seun van die Springbok vrouespan se afrigter, Swys de Bruin.

    Neil is einde verlede jaar as Direkteur van Rugby by Boishaai aangestel. Hy het voorheen in die Leeus se junior strukture afgerig asook in Japan onder andere by die NTT Red Hurricanes.

    Die span van die Paarl het nog nie vanjaar die onderspit gedelf nie. Hy het tydens die onlangse NMI Toyota Noord/Suid-toernooi vir Waterkloof (66-0) en die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria (25-17) geklop. Hy het ook die seisoen met ‘n sege van 55-19 oor HTS Drostdy op Trappespark in Worcester afgeskop.

    Oakdale was vanjaar ook sover drie keer in aksie. Hy het in sy eerste kragmeting in Bloemfontein teen Grey-kollege met 10-25 die onderspit gedelf. Grey is laas in 2017 in die Rosestad verslaan. Die span van Riversdal het daarna tydens die Noord/Suid-toernooi vir Hoërskool Nelspruit (45-12) en Helpmekaar (40-21) die loef afgesteek.

    Die spanne is: 

    Oakdale Landbou: 15 Reinhart Viljoen, 14 Myburgh Eksteen, 13 Anrich Scheffer, 12 Christian Vorster, 11 Lee-Winn Pretorius, 10 CT Vosloo, 9 Tyrese Plaaitjies, 8 Jakobus de Villiers, 7 Liam Lightly, 6 Jannes Snyman, 5 Rico Ferreira, 4 Diaan Augustyn, 3 Francois le Roux, 2 Adrian Smith, 1 Kai Pratt.

    Hoër Jongenskool Paarl: 15 Mark Grindlay, 14 Jeneal Davids, 13 Tristan Joubert, 12 Iwan Jordaan, 11 Wian Delport, 10 Francois van der Merwe, 9 Liam de Villiers, 8 Gavie Kok, 7 Steph van der Merwe (kaptein), 6 Wege van Zyl, 5 Jayden Joubert, 4 AD Faul, 3 Juan van der Merwe, 2 Christiaan Grundling, 1 Jordaan Jooste.

    Afskop: 14:00

    Vorige kragmetings: 

    [ninja_tables id=”69475″]

  • Paul Roos to build on their record against Grey High at Markötter

    Paul Roos to build on their record against Grey High at Markötter

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Paul Roos Gimnasium will look to continue its winning record since 2018 against Grey High School when it faces off on Saturday at the Markötter Stadium in Stellenbosch.

    The last time the team from Gqeberha managed to defeat Paul Roos on their home turf was back in 2014 when Springbok Curwin Bosch slotted a last-minute penalty to secure a 27-26 victory.

    This year’s match is part of the King Price Derby Series.

    Catch all the action live on SuperSport Schools (www.supersportschools.com) and DStv Channel 216 and SABC Plus.

    Paul Roos Gimnasium is still unbeaten this season after victories against HTS Drostdy (25-17), Garsfontein (34-22) and Noordheuwel (26-19) to start the season off. It was especially the trusty boot of flyhalf, Travis Pheiffer, who made a difference in the victories against Garsies and Nories during the NMI Toyota Noord/Suid tournament.

    Pheiffer will know his opposition well as he attended Grey High School before moving to Paul Roos. He also represented Eastern Province at the Grant Khomo Week in 2023. Another solid performance for Pheiffer will give his coach Corné Uys will have a good problem once Matthew Seymore returns from his injury.

    The home side has a dangerous backline with the back-three of Keenan Stoffels, Tiaan Basson and Jordan Steenkamp, who has the ability to take most defenses apart.

    Grey High School is also still unbeaten, with victories over Hudson Park (45-34) and Hilton College (20-7). They also drew 28-all against Michaelhouse during the opening day of the Standard Bank Grey High Festival.

    The teams: 

    Paul Roos Gimnasium: 15 Keenan Stoffels, 14 Tiaan Basson, 13 Matthew Kleyn, 12 Ian Smith, 11 Jordan Steenkamp, 10 Travis Pheiffer, 9 Jan-Jan Nel, 8 Gert Kemp (kaptein), 7 Luke Gent, 6 Dylan van Wyk, 5 Ruben Winter, 4 Marnus van Leeuwen, 3 Pierre Labuschagne, 2 Lehan Barnard, 1 Zak Hickman.

    Grey High School: 15 Meyer Prinsloo, 14 Luc de Villiers, 13 Bradley Myburgh, 12 Ciaran Killian, 11 Akhumzi Masoka, 10 Tristan Kemp, 9 Ray-Dylan Wilkinson, 8 Sibo Stuurman, 7 Mpumulelo Magwaza, 6 Cody Wilmot, 5 Joandré van Jaarsveld, 4 Riley Higgs, 3 Ross Atkinson, 2 Evan Mucka, 1 Daniel Naudé.

    Kick-Off: 14:15

    Previous Meetings: 

    [ninja_tables id=”69582″]

  • Hansies bring die Hansie-week trofee na 19 jaar weer terug huistoe

    Hansies bring die Hansie-week trofee na 19 jaar weer terug huistoe

    Tebogo Mapologelo, heelagter van Hans Strijdom, op pad na een van sy span se drie drieë in sy sege van 17-10 oor Frikkie Meyer in die eindstryd van die Mauritz Hansen-week op Mookgophong. FOTO: Marius Nortjé

    Die Hoërskool Hans Strijdom se eersterugbyspan het met ‘n sege van 17-10 oor Frikkie Meyer van Thabazimbi seker gemaak dat hy vanjaar die kroon as kampioen van 31ste jaarlikse Mauritz Hansen-week in Mookgophong dra.

    Dit was slegs die derde keer in die geskiedenis van die toernooi wat die gasheer as kampioen gekroon is. Hy was in 1996 en 2006 ook baas.

    Kyk al die wedstryde op die hoofveld weer op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Die Hansie-week het in 1993 ontstaan met Transvalia van Vanderbijlpark wat as die eerste kampioen gekroon is.

    Die Hansies se hoofafrigter, Lebu van Heerden, se pa, Johan Frazer van Heerden, was 19 jaar gelede ook die span se hoofafrigter toe hulle die titel ingepalm het.

    Hans Strijdom het vanjaar se toernooi as die enigste onoorwonne span afgeluit. Buiten die gasheer het Frikkie Meyer en HTS Middelburg se naasbestes ook die laaste dag met ‘n vlekkelose rekord betree.

    HTS Middelburg het met 26-38 die knie in sy laaste kragmeting teen Hugenote van Springs se eerstes gebuig. Die span van Springs was die verdedigende kampioen na hy Hans Strijdom verlede jaar met 17-10 in die eindstryd geklop het.

    Die Hansies en Frikkie Meyer sal mekaar weer op 10 Mei die stryd in die eerste ronde van die Limpopo Groep 2-liga aansê. Die span van Mookgophong het dus met dié sege in die eindstryd nie net die trofee ingepalm nie, maar ook ‘n belangrike slag voor die ligawedstryd geslaan.

    Vir die Hansies was sy agtsteman, Kian du Plessis, weer uitstaande. Hy het in die vastelos asook in die lynstane goeie werk verrig. Die flank Janneman Benson en voorryman Alwyn Geyser het voorlangs ook goeie spel opgedis.

    Du Plessis is na afloop van die toernooi ook as die Speler van die Week aangewys.

    Die wenspan se heelagter, Tebogo Mapologelo, is na afloop van die eindstryd van die Speler van die Wedstryd vir sy vertoning aangewys. Hy het ‘n hele paar gevaarlike aanvalle vanuit die laaste vesting geloots asook ‘n mooi drie in die tweede helfte afgerond.

    Die binnesenter, Henriko van der Colff, se lynskoppe het ook ‘n hele paar keer verligting vir sy span gebring. Die Hansies het aanvanklik gesukkel in die lynstane met veral Frikkie Meyer se flank en kaptein, Keanu Visser, wat hier vir hulle hoofbrekens besorg het.

    Northcliff het met ‘n oortuigende sege van 34-7 oor die Hoërskool Kalahari van Kuruman gewys dat hy vanjaar nog ‘n hele paar spanne kan verras. Die span se losskakel, Matthew Hunt, kon met sy vertonings tydens die toernooi maklik ook met die toekenning as Speler van die Week weggestap het.

    Die span van Johannesburg se slot Declan Diesel en flank Tyrin Crause het ook blink vertonings teen die Kalahari Leeus opgedis. Crause het twee van die wenspan se drieë afgerond.

    Die span van Kuruman het nie op alle silinders gevuur na twee blink vertonings vroeër in die week. Sy agtsteman, SW van Heerden, verdien egter ‘n klop op die skouer.

    Puntemakers: 

    Hans Strijdom 17 (10) – Drieë: Henriko van der colff, Kian du Plessis, Tebogo Mapologelo. Doelskop: Van der Colff. Frikkie Meyer 10 (5) – Drieë: Prince Sekoboane, Anrich Fourie.

    Northcliff 34 (15) – Drieë: Tyrin Crause (2), Connor Verster, Matthew Hunt, Jensen Geyer. Doelskoppe: Caleb Sokolich (2), Hunt. Strafdoel: Sokolich. Kalahari 7 (7) – Drie: SW van Heerden. Doelskop: André Venter.

    Hoërskool Alberton 24 (17) – Drieë: Herman du Preez (2), Kayce Nel, Juan Gous. Doelskoppe: Joshua van Rensburg (2). Fochville 10 (5) – Drieë: Athi Nqele, Simphiwe Ntuli.

    Hugenote (Springs) 38 (7) – Drieë: Luan Pretorius (2), Musa Matkangu (2), Thanyani Mokiri, Yovan Prinsloo. Doelskoppe: George Loucas (3), 10. HTS Middelburg II 26 (14) – Drieë: Fourie Joubert, Driaan Els, Bertu Harmse, Ruben Kruger. Doelskoppe: Fourie Joubert (3), Ethan Dreyer.

    Jeugland 12 (7) – Drieë: Thando Ngomane, King Agbanzo. Doelskop: Agbanzo. Hoërskool Bellville 5 (5) – Drie: Ryno Higgs.

    Hoërskool Brits 12 (12) – Drieë: Ludrich Ungerer, André Potgieter. Doelskop: JP Ferreira. Empangeni 7 (0) – Drie: Phila Ntuli. Doelskop: Okuhle Gumede.

    Ander spanne: 

    Eerstespanne: Piet Retief 7, Frans du Toit 7.

    o.16: Marais Viljoen 30, Hugenote (Springs) 14 (eindstryd); Hoërskool Brits 17, Oosterlig 5; Hoërskool Bellville 13, Brandwag 8; Hans Strijdom 10, Wagpos 10; Empangeni 19, Trinityhouse 10; Merensky 12, Frikkie Meyer 0; Eldoraigne 36, HTS Middelburg 13; Hartbeespoort 24, Hoërskool Alberton 12.

    o.15: Brandwag (Benoni) 32, Kalahari 22 (eindstryd); Hans Strijdom 10, Wagpos 10; Merensky 19, HTS Middelburg 7; Hoërskool Klerksdorp 25, Marais Viljoen 10; Wilgerivier 21, Warmbad 0; Heidelberg Volkskool 28, Eldoraigne 3; Hoërskool Alberton 9, Oosterlig 0; Northcliff 36, Frikkie Meyer 0; Potchefstroom Gimnasium XV 14, Trinityhouse 0; Potchefstroom Gimnasium 24, Hugenote (Springs) 22; Empangeni 47, Hans Strijdom XV 10.

    o.14: Kalahari 21, Frikkie Meyer 5 (eindstryd); Marais Viljoen 29, Brandwag (Benoni) 10; Potchefstroom Gimnasium 52, HTS Middelburg 0; Hoërskool Klerksdorp 37, Northcliff 7; Hoërskool Alberton 33, Empangeni 14; Oosterlig 7, Hugenote (Springs) 5; Wagpos 15, Merensky 3; Eldoraigne 17, Hans Strijdom 14.

  • SuperSport Schools Plus pick their team of the NMI Toyota Noord/Suid tournament

    SuperSport Schools Plus pick their team of the NMI Toyota Noord/Suid tournament

    MARKUS MULLER, outside centre of Paarl Gimnasium, scoring one of his six tries during the NMI Toyota Noord/Suid tournament in Stellenbosch. PHOTO: Frans Lombard/Actionpix

    As per the norm, SuperSport Schools Plus decided to act as selectors during the annual NMI Toyota Noord/Suid tournament held at the Markötter Stadium in Stellenbosch.

    Please note that this is not an official team and won’t be playing any matches. We also picked our team only on performances during the tournament in Stellenbosch and did not take future potential or previous performances into consideration.

    Paarl Gimnasium has the most players in our team, with four after two comprehensive victories over King Edward VII (102-0) and Monument (66-16). Gimmies’ captain and outside centre, Markus Muller, was probably one of the easiest picks as he led his team from the front, scoring a hat-trick of tries in both outings.

    Muller also scored a hat-trick in his side’s other official match against Stellenberg (39-17) earlier this year.

    The other Gimmies in the team are Johan Kleynhans (right wing), Quintin Potgieter (eighthman) and Migael Turner (lock).

    We decided to pick Oakdale Landbou’s Christiaan Vorster on Muller’s inside after some impressive performances during the tournament. Vorster was a stalwart for his team in their two outings in Stellenbosch.

    Stellenberg’s Ralton Rhode gets the nod on the left wing. He reminded us a lot of Kurt-Lee Arendse during the tournament with his dazzling runs and scrum cap.

    Grey College’s Lamla Mgedezi will man the fullback spot on our team after a match-winning hat trick against Noordheuwel. The Nories’s fullback, Tidi Moeketsae, also deserves a mention as he put in an incredible defensive performance in the same match.

    No goal kicker had a better tournament than Paul Roos Gimnasium’s flyhalf, Travis Pheiffer. His scrumhalf in SuperSport Schools Plus’ squad, Jayden Brits (Boland Landbou), was without a doubt the best backline player during the festival.

    Our front row will definitely be strong contenders to represent the SA Schools’ side later this year as well. Jordan Jooste of Paarl Boys’ High showcased his class in Stellenbosch. He already represented the SA Schools A-side in 2024. Our tighthead prop, Luan van der Bergh of Garsfontein, is the strongest scrumworker at schoolboy level in South Africa.

    Nories’ hooker, Clinton Agu, cracked the nod after two impressive performances against Grey College and Paul Roos Gimnasium. Agu also probably had the toughest opposition to get picked as there was some excellent performances by hookers during the tournament. Other hooker which impressed was Ruan Jacobs (Waterkloof), Charles Whitehead (Paarl Gimnasium), Keenan Myners (Outeniqua), Tommy Muller (Paarl Boys’ High), Justin Blom (Garsfontein) and Declan Pelser (Menlopark).

    SuperSport Schools Plus se Noord/Suid-span van die toernooi: 

    15 Lamla Mgedezi (Grey College), 14 Johan Kleynhans (Paarl Gimnasium), 13 Markus Muller (Paarl Gimnasium), 12 Christiaan Vorster (Oakdale Landbou), 11 Ralton Rhode (Stellenberg), 10 Travis Pheiffer (Paul Roos Gimnasium), 9 Jayden Brits (Boland Landbou), 8 Quintin Potgieter (Paarl Gimnasium), 7 Josh Neill (Rondebosch Boys’ High), 6 Luhan Potgieter (Affies), 5 Jayden Joubert (Paarl Boys’ High), 4 Migael Turner (Paarl Gimnasium), 3 Luan van der Berg (Garsfontein), 2 Clinton Agu (Noordheuwel), 1 Jordan Jooste (Paarl Boys’ High).

  • Hoërskool Middelburg het die meeste spelers in die Oakdale Rugbyweek XV-tal

    Hoërskool Middelburg het die meeste spelers in die Oakdale Rugbyweek XV-tal

    MATTHEW ABBEY, losskakel van die Hoërskool Middelburg, in aksie tydens die Klein Karoo Saadproduksie Oakdale Rugbyweek net buite Riversdal. FOTO: Lunchbox Photography

    Die Hoërskool Middelburg van Mpumalanga het vanjaar met drie spelers die grootste verteenwoordiging in die Klein Karoo Saadproduksie XV-tal wat na tydens die Oakdale Rugbyweek gekies is.

    Die Middies se losskakel, Matthew Abbey, haker, Roux Grobler, asook die loskopstut, Carlo Joubert, het die uitsoekspan gehaal.

    Abbey, wat die Pumas reeds verlede jaar tydens die Cravenweek in Krugersdorp verteenwoordig het, is as Agterspeler van die Week aangewys.

    Abbey behoort weer vanjaar een van die unie se sleutelspelers op die toernooi te wees, wat vanjaar deur sy skool aangebied word.

    Die Brandwag van Kariega en Hoërskool Zwartkop het elk twee spelers in die uitsoek XV-tal. Albei die slotte van die span van Kariega, Damian le Roux en Nicolis Thysse, is hul skool se twee verteenwoordigers.

    Middelburg en Die Brandwag het op die eerste dag van die week kragte gemeet, met die Middies wat met 10-5 na ‘n titaniese stryd van die veld gestap het. Le Roux is vir sy uitmuntende spel as die Voorspeler van die Week aangewys.

    Zwartkop wat met die toekenning vir die opwindendste rugby beloon is, se twee vleuels, Luan Isaacs en Zulu Mona, het die span gehaal.

    Die span word slegs gekies om erkenning aan die spelers vir goeie vertonings tydens die week te gee. Hy sal dus in geen wedstryd in aksie wees nie.

    Die Klein Karoo Saadproduksie XV-tal is: 

    15 Paul Schutte (Die Anker), 14 Luan Isaacs (Zwartkop), 13 Lorenzo Kroutz (Overberg), 12 Johan van der Walt (Hermanus), 11 Zulu Mona (Zwartkop), 10 Matthew Abbey (Hoërskool Middelburg), 9 Jaun Nel (Ooskus Gimnasium), 8 KG Legodi (Lichtenburg), 7 Juan Janse van Vuuren (Hoërskool Middelburg), 6 Tiaan Serfontein (Hoërskool Upington), 5 Damian le Roux (Die Brandwag), 4 Nicolis Thysse (Die Brandwag), 3 Matthew Redelinghuys (Potchefstroom Gimnasium), 2 Roux Grobler (Hoërskool Middelburg), 1 Carlo Joubert (Hoërskool Middelburg).

  • Results – Standard Bank Grey High Festival – Day 2

    Results – Standard Bank Grey High Festival – Day 2

    Scorers: 

    Queen’s College 17 – Tries: Thina Fenako, Ncutu Kepe, Sambesiwe Vetman. Conversion: Bonga Nyakaza. Pretoria Boys’ High 14 – Tries: Akin Akingbola, Jeffrey Singo. Conversions: Blake Mager (2).

    Kearsney College 41 – Tries: Lwazi Mbebe (2), Jayden Jonson, Doan Nel, Keanu Williamson, Lwandle Mkhize. Conversions: Nel (2), Mbebe (2). Penalty: Mbebe. Hudson Park 31 – Tries: Ukhona Kama (2), Phindokuhle Mdlalana, Mahle Zinto, Likho Gidi. Conversions: Landile Gidi (3).

    Durban High School 35 – Tries: Zingce Simka, Zinkkosihan Mthiyame, Daniel Ikotela, Zion Smith, Nathan Anneke. Conversions: Jordan van Wyk (2), Jaydon Roberts, Cilermo Carolus. Selborne College 5 – Try: Luke Bowman.

    Westville Boys’ High 28 – Tries: Penalty Try (2), Sibusiso Hlongwa, Luxolo Sononkonkono. Conversions: Sononkonkono (2). Dale College 13 –  Try: Phawu Ludwaba. Conversion: Phikolomzi Mtyalela. Penalties: Mtyalela (2).

    Other Results: 

    u16: Grey High School 13, SACS 10; St Stithians College 24, Hudson Park 12.

    u15: Grey High School 33, SACS 17; Westville Boys’ High 55, Hudson Park 0; Selborne College 18, St Charles College 10; Michaelhouse 54, Diocesan College 7; Dale College 11, Muir College 0.

    u14: Hilton College 20, Rondebosch Boys’ High 12; Grey High School II 17, Hudson Park 0; Selborne College 14, St Charles College 7.