SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • Wilgies nie maklik gestuit in Irawa-liga, maar Curro Kathu kan makietie bederf

    FOTO: Marnus Prinsloo

    Die Hoërskool Wilgerivier van Frankfort sal nie sommer sommer as kampioen van die Kovsiestreekkompetisie se Irawa-liga onttroon word.

    Die Wilgies kom Saterdag teen Curro Kathu te staan. Die span van Frankfort het verlede jaar vir St Andrews van Bloemfontein met 71-17 in die eindstryd afgeslag.

    Die streekeindstryd skop om 13:25 op Shimlapark in Bloemfontein af.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Curro Kathu is die kampioen van die Griekwaland-Wes se mediumskole-liga. Hy het vir Hoërskool Douglas in die eindstryd met 31-30 geklop.

    Wilgerivier het sy plek in die uitspeelrondes as die Griffons se Platteland-kampioen betree. Hy het vir Hoërskool Ficksburg met 32-15 in dié eindstryd verslaan.

    Curro Kathu het vir die einste Ficksburg in die halfeindronde van die Irawa-liga met 36-24 met die kous oor die kop huis toe gestuur. Die Irawa-liga eindstryd behoort dus weer een van die hoogtepunte van die dag se rugby op Shimlapark te wees.

    Wilgerivier het in die ander halfeindstryd vir die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter van Reddersburg met 29-19 uitoorlê om sy plek in die streekeindstryd te bespreek.

    Die spanne is:

    Hoërskool Wilgerivier vs Curro Kathu op Shimlapark in Bloemfontein om 13:25:

    Wilgerivier: 15 Marnus Swart, 14 Gerhardu Lourens, 13 Thlompo Motsapi, 12 Onkarabile Mokoena, 11 Pedri Graaff, 10 Wian Muller, 9 HG Muller, 8 Rohan de Beer, 7 Tshepo Nyause, 6 JD van den Berg, 5 Ewert Kleynhans, 4 Drihan Engelbrecht, 3 Hanno Wessels, 2 Louis de Villiers, 1 Juan de Klerk. Plaasvervangers: 16 Estiaan Roodt, 17 Jannie Havenga, 18 Tshwanelo Rametse, 19 PJ Nortje, 20 Bertus Venter, 21 Thato Tsotetsi, 22 Lihan Roets, 23 Bokang Motaung.

    Curro Kathu: 15 Damian Matthys, 14 Xavior Leibrandt, 13 Julius Muzaza, 12 Luis Cassumba, 11 Carlo Cupido, 10 Leighton Hopshire, 9 Yibonge Mapi, 8 Unathi Raborife, 7 De-anzo Eilers, 6 Lindzay Peacock, 5 Boitshoko Tlhopile, 4 Motheo Motsitsi, 3 Itumeleng Lekgetho, 2 Liam Pretorius, 1 Ruan Burger. Plaasvervangers: 16 Ethan van Wyk, 17 Caramel Zweni, 18 Phontsho Modise, 19 Louis Jako, 20 Colin Swart, 21 Hlompo Rooibaadjie, 22 Mohau Shuping, 23 Stephan Ludik.

    09:40 – o.15 – Hoërskool Kathu vs Wilgerivier

  • Hoopstad kan nie vrede vanaf Vrede verwag in Colt-liga eindstryd nie

    FOTO: Jana Conradie

    Die verdedigende kampioen van die Kovsiestreekkompetisie se Colt-liga, Hoërskool Hoopstad, sal moet waak teen oorgerustheid in vanjaar se eindstryd teen die Hoërskool Vrede.

    Dié twee spanne sê mekaar om 12:00 op Shimlapark in Bloemfontein in die eindstryd van vanjaar se liga die stryd aan.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Die Hoopies is die mees suksesvolste skool sedert die ontstaan van die Colt-liga in 2013. Hulle was al drie keer vantevore in die eindstryd betrokke en het al twee keer in 2017 en 2023 met die kroon weggestap.

    Die enigste ander skool wat al twee keer vantevore die titel kon opraap, is die Hoërskool Bultonftein wat in 2013 en 2015 die kroon gedra het. Vrede was ook al kampioen toe hy in 2022 met ‘n klinkende sege van 68-12 vir Curro Kathu in die eindstryd kaf gedraf het.

    Hoopstad het vanjaar sy plek in die eindstryd met ‘n oortuigende sege van 55-10 oor Zastron bespreek. Vrede het in die ander halfeindstryd vir Hoërskool Douglas met 27-20 getroef.

    Hoopstad en Vrede het mekaar boonop vroeër vanjaar in die Griffon Plattland-liga se eindstryd ontmoet. Die Hoopies was hier gemaklik met 35-12 baas.

    Die Hoopies wat deur Schalk Botha en Ernst Conradie gebrei word sou graag die eindstryd met so bietjie minder kollig op hul span wou betree. Daar was landswyd gegons oor die veiligheid van skolerugby na ‘n boorvat op Hoopstad se agtsteman, Adam Barnard, in die sege oor Zastron.

    Barnard sal wel Saterdag weer op sy pos aan die agterkant van die skrum vir sy skoolspan wees. Hoopstad moet wel sonder sy losskakel, AJ Brink, klaarkom wat sy sleuetelbeen in die halfeindstryd gebreek het.

    Boonop is die kragmeting op SuperSport Schools uitgesaai wat aan Vrede se afrigter, Johan Malan, sonder twyfel ‘n geleentheid gegee het om sy teenstanders nog beter te leer keen. “Ons hoop om die keer beter van onsself rekenskap te gee,” het Malan gesê.

    Die stryd in die middelveld tussen die twee spanne se binnesenters, Christo van Rooyen (Hoopstad) en Wynand Engelbrecht (Vrede), behoort een van die hoogtepunte van die eindstryd te wees.

    Van Rooyen het twee keer in die sege oor Zastron agter die doellyn gaan kuier.

    Die spanne is:

    Hoërskool Hoopstad vs Hoërskool Vrede op Shimlapark in Bloemfontein om :

    Hoopstad: 15 FP Graham, 14 Barend Greyling, 13 Abrie van Zyl, 12 Christo van Rooyen, 11 Busi Mfebe, 10 Hennie Barnard, 9 Marco Wolfaardt, 8 Adam Barnard, 7 Jakes Human, 6 Michael Steyn, 5 Christiaan Liebenberg, 4 Theuns van Rhyn, 3 Cobus Liebenberg, 2 AP Meyer, 1 Schalk van der Merwe. Plaasvervangers: 17 MJ Hatem, 18 Zandré Louw, 19 AB Muller, 20 Gerhard Burger, 21 Sunny Singh.

    Vrede: 15 Leytin Kimmins, 14 Sebonelo Mnguni, 13 Frikkie Kruger, 12 Wynand Engelbrecht, 11 David Gleeson, 10 Ewan Luus, 9 Charl Cilliers, 8 Wikus Fourie, 7 BH Botha, 6 Thabang Motaung, 5 Sheldan van Tonder, 4 Akhona Mcira, 3 Hannes van Rooyen, 2 Adriaan Mostert, 1 CJ Bresler. Plaasvervangers: 16 Vincent Tsotetsi, 19 Nathan Venter, 20 Brandon Ackerman, 21 Lesedi Watls, 22 Ross Booysen.

  • Grey College to get a re-match against Jeppe at the NMI Toyota Noord/Suid tournament in 2025

    Seven new faces and a re-match between Grey College and Jeppe High School for Boys are on the table for the annual NMI Toyota Noord/Suid rugby tournament that will take place from 28 March until 1 April 2025 in the Markötter Stadium in Stellenbosch.

    The seven new faces are Boland Landbou, Rondebosch Boys’ High, SACS, Diamantveld, Nico Malan, Hoërskool Rustenburg and Framesby. In total 30 of South Africa’s top rugby-playing schools will be in action during the tournament which is starting to cement its place as the leading school rugby festival in the country.

    All schools’ second teams will also be in action during the tournament. In total 60 matches will be played in Stellenbosch.

    Some of the biggest match-ups outside traditional rugby rivalries will happen this year at the Markötter.

    Grey College will have a chance to avenge their defeat against Jeppe earlier this year during Noord/Suid in Pretoria. It was Jeppe’s first-ever victory over Grey and was reckoned to be the biggest upset in over a century in schoolboy rugby.

    Grey could also bury another ghost during this clash next year as they suffered their heaviest defeat ever at the Markötter Stadium last week against Paul Roos Gimnasium (3-36).

    The hosts, Paul Roos Gimnasium, will face Garsfontein and Noordheuwel in their two matches. The Garsie Bere has been running with the big dogs for some time now, with Nories starting to bite at the heels of the big dogs.

    Affies and Paarl Boys’ High will lock horns again in a clash that promises to be one of the tournament’s highlights. Paarl Gimnasium‘s clash on the Monday against Monument‘s Wit Bulle will also be a cracker. Boishaai will face Waterkloof in their first match before taking on Affies.

    There are too many good match-ups during the next year’s tournament to mention all in one article.

    All the matches will be live on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    The Fixtures: 

    Friday, 28 March 2025

    Paarl Gimnasium vs King Edward VII
    Paarl Boys’ High vs Waterkloof
    Affies vs HTS Drostdy
    Monument vs Hoërskool Durbanville
    EG Jansen vs Boland Landbou
    Outeniqua vs Menlopark
    SACS vs Welkom Gimnasium

    Saturday, 29 March 2025

    Paul Roos Gimnasium vs Garsfontein
    Grey College vs Noordheuwel
    Rondebosch Boys’ High vs Jeppe High School for Boys
    Oakdale Landbou vs Hoërskool Nelspruit
    Stellenberg vs Voortrekker (Bethlehem)
    Helpmekaar vs Nico Malan
    Hoërskool Rustenburg vs Diamantveld
    Framesby vs Duineveld

    Monday, 31 March 2025 

    Paarl Gimnasium vs Monument
    Paarl Boys’ High vs Affies
    EG Jansen vs HTS Drostdy
    Boland Landbou vs Waterkloof
    Hoërskool Durbanville vs Menlopark
    Outeniqua vs Welkom Gimnasium
    SACS vs King Edward VII

    Tuesday, 1 April 2025 

    Paul Roos Gimnasium vs Noordheuwel
    Grey College vs Jeppe High School for Boys
    Rondebosch Boys’ High vs Hoërskool Nelspruit
    Oakdale Landbou vs Helpmekaar
    Garsfontein vs Stellenberg
    Nico Malan vs Hoërskool Rustenburg
    Diamantveld vs Framesby
    Duineveld vs Voortrekker (Bethlehem)

  • Paul Roos gee Grey sy grootste loesing nog om seisoen onoorwonne af te sluit

    OLIVER REID, loskopstut en instaan-kaptein van Paul Roos Gimnasium, word hier platgetrek in sy span se geskiedkundige sege van 36-3 oor Grey-kollege in die Markötter-stadion in Stellenbosch. Paul Roos het met dié sege boonop vir die eerste keer sedert 1991 sy seisoen onoorwonne afgesluit. FOTO: Charmaine Sander

    Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch het vir Grey-kollege pimpel en maroen geslaan tydens die twee spanne se interskole-kragmeting in die Markötter-stadion in Stellenbosch.

    Die Maroen Masjien se sege van 36-3 is by vêre die grootste nederlaag wat Grey nog ooit op die lyf geloop het. Boonop het Paul Roos met dié sege vir die eerste keer sedert 1991 welverdiend daarin geslaag om sy seisoen onoorwonne af te sluit.

    In 1991 het twee toekomstige Springbokke Justin Swart en Cobus Visagie vir Paul Roos uitgedraf.

    Soos enige roemryke sege is dié grondslag hier ook voorlangs gelê. Dit was veral die slot Charl Holwill, flank Gert Kemp en haker, Altus Rabe, wat Grey se gal voorlangs gewerk het.

    Agterlangs het die binnesenter, Samuel Badenhorst, vir die besoekers hoofbrekens besorg. Vir Grey het die skrumskakel, Philip McLaren, asook die flank Julian Cosmo moedig probeer.

    Grey se vorige grootste nederlae was met 22 punte teen Affies (1996, 3-25) en Monument (1993, 12-34).

    Charlie Hofmeyer van Ceres het ook daarin geslaag om sy seisoen onoorwonne af te sluit met ‘n klinkende sege van 29-8 oor Robertson tydens hul jaarlikse interskole.

    Die Charlies se losskakel, Luan Giliomee, het boonop sy skool se rekord vir die meeste punte as eerstespanspeler in die kragmeting verbeter.

    Die Hoërskool Waterkloof kon vir die eerste keer sedert 2011 daarin slaag om tot die eindstryd van die SDC Noordvaal Cup deur te dring.

    Die Klofies het ‘n naelskraapse sege van 35-34 teen Monument van Krugersdorp op sy tuisveld in Pretoria behaal om sy plek na 13 jaar weer in die eindstryd te bespreek.

    Monnas het amper na speeltyd reeds verstreke was Waterkloof se makietie bederf. Die span se regtervleuel, Ewan van der Walt, het gaan druk om die telling op 35-34 te bring. Die binnesenter, Hugo van der Merwe, kon egter nie met die doelskop slaag nie.

    Die ervare Jan Mollentze wat as hoofafrigter vir die Blou Tornado waargeneem het, was in 2011 ook die Klofies se afrigter toe hulle die kroon as kampioen van die Beeldtrofee gedra het.

    Die span se hoofafrigter, Cobus van Dyk, sal volgende week weer die leisels neem wanneer hy van die Suid-Afrikaanse o.18-span terugkeer.

    Die Klofies sal op sy tuisveld in die eindstryd teen sy aartsvyande, Hoërskool Garsfontein, te staan kom. Die Garsie Bere het vir EG Jansen van Boksburg met 27-25 danksy ‘n drie kort voor die einde deur die plaasvervanger-vleuel, Brooklyn Newman, gewen.

    Newman het die nasionale o.18A-span op skrumskakel vroeër in die week verteenwoordig.

    Dit sal die eerste keer sedert 2006 wees dat albei skole in die eindstryd van Pretoria af is. Destyds was dit Affies se laaste jaar in die reeks toe hulle vir Waterkloof met 17-7 verslaan het.

    In die Kovsiestreekkompetisie se drie ligas sal die verdedigende kampioene – Welkom Gimnasium (Shimla), Wilgerivier (Irawa) en Hoopstad (Colt) almal ‘n kans staan om hul titel te verdedig.

    Vir meer omvattende verslae van die onderskeie kragmetings hou SuperSport Schools Plus dop.

    Al die uitslae: 

    SDC NOORDVAAL CUP

    Groep 1 | Halfeindstryde

    Beker: Waterkloof 35, Monument 34; Garsfontein 27, EG Jansen 25. Plaat: Transvalia 31, Ligbron Akademie 18; HTS Middelburg 22, Hoërskool Middelburg 17. Skild: Wesvalia 33, Secunda 21; Lichtenburg 32, Die Anker 29. Bowl: Potchefstroom Gimnasium 50, Merensky 32; Eldoraigne 24, Potchefstroom Volkskool 23.

    Groep 2-5 | Eindstryde

    Groep 2: Overkruin 28, Bergsig Akademie 27

    Groep 3: Riebeeckrand 31, Linden 18.

    Groep 4: Kanonkop 27, Carletonville 17.

    Groep 5: Die Wilge 21, Morgenzon Landbou 19.

    Groep 5B: Sannieshof 24, Christiana 21.

    KOVSIESTREEKKOMPETISIE | HALFEINDSTRYDE

    Shimla-liga: Voortrekker (Bethlehem) 24, Landboudal 22; Welkom Gimnasium 44, Duineveld 21. Irawa-liga: Curro Kathu 36, Ficksburg 24; Wilgerivier 29, Hendrik Potgieter 21. Colt-liga: Hoopstad 55, Zastron 10; Vrede 27, Douglas 20.

    WES-KAAP

    Paul Roos Gimnasium 36, Grey-kollege 3; Rondebosch Boys’ High 22, Bishops 5; Wynberg Boys’ High 9, SACS 7; Charlie Hofmeyr 29, Robertson 8; Stellenberg 15, Hoërskool Durbanville 8; Outeniqua 11, HTS Drostdy 0; Milnerton 36, Melkbosstrand 7; Brackenfell 25, Tygerberg 14; Hoërskool Bellville 31, DF Malan 18; Hugenote (Wellington) 17, Swartland 15; Labori 48, Parow 15.

  • School Rugby Results – 17 August 2024

    School Rugby Results – 17 August 2024

    Catch all the action live from around the country on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.

    If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results, please email us via e-mail at rugby@ssschoolsplus.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.

    For results from the SDC Noordvaal Cup – please click on the following link – SDC Noordvaal Cup Results.

    Or you can submit a result via our website – Submit Result.

    All the results: 

    FREE STATE/GRIQUALAND WEST

    [ninja_tables id=”55057″]

    WESTERN CAPE 

    [ninja_tables id=”55066″]

  • SDC Noordvaal Cup Results – 17 Augustus 2024

    Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.

    Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@ssschoolsplus.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.

    Al die uitslae:

    GROEP 1 | HALFEINDSTRYDE

    BEKER-AFDELING

    [ninja_tables id=”55058″]

    Ander spanne:

    o.16: Helpmekaar 30, Monument 14; Noordheuwel 29, Garsfontein 15.

    o.15: Monument 31, Garsfontein 12; Noordheuwel 30, Menlopark 25.

    o.14: Monument 22, Noordheuwel 19; Hoërskool Rustenburg 24, Garsfontein 20.

    PLAAT-AFDELING

    [ninja_tables id=”55063″]

    Ander spanne:

    o.16: Kempton Park 16, HTS Middelburg 14; Zwartkop 26, Transvalia 24.

    o.15: Transvalia 17, Hoërskool Klerksdorp 7; Hoërskool Middelburg 21, Oos-Moot 12.

    o.14: Oos-Moot 20, Hoërskool Middelburg 12; Transvalia 17, Kempton Park 13.

    SKILD-AFDELING

    [ninja_tables id=”55064″]

    Ander spanne:

    o.16: Hoërskool Pietersburg 22, Wesvalia 10;

    o.15: Ben Vorster 16, Heidelberg Volkskool 12; Hoërskool Pietersburg 12, Wesvalia 12 (Wesvalia dring deur na hul eerste drie druk).

    o.14: Ben Vorster 14, Hoërskool Pietersburg 13; Wesvalia 60, Lichtenburg 5.

    BOWL-AFDELING

    [ninja_tables id=”55059″]

    Ander spanne:

    o.16: Randburg 27, Potchefstroom Gimnasium 17; Wagpos 35, Potchefstroom Volkskool 10.

    o.15: Piet Retief 40, Eldoraigne 5; Merensky 19, Potchefstroom Volkskool 17.

    o.14: Piet Retief 46, Potchefstroom Gimnasium 0; Eldoraigne 10, Dr. Malan 0.

    GROEP 2 | EINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”55060″]

    Ander spanne:

    o.16: Centurion 28, Bergsig Akademie 24.

    o.15: Ermelo 38, Leeuwenhof 31.

    o.14: Dinamika 28, Lydenburg 15.

    GROEP 3 | EINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”55061″]

    Ander spanne:

    o.16: Hoogenhout 18, Vryburg 12.

    o.15: Hoogenhout 21, Fochville 15.

    o.14: Riebeeckrand 24, Wolmaransstad 12.

    GROEP 4 | EINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”55062″]

    Ander spanne:

    o.16: Parys 32, Bekker 14.

    o.15: HTS Elspark 26, Curro Bakenveld 12.

    o.14: Bekker 16, Queen’s High 12.

    GROEP 5A | EINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”55065″]

    Ander spanne:

    o.17: HTS Rhodesfield 21, Maragon Mooikloof 13.

    o.15: Hoërskool Roodepoort 27, Curro Secunda 0.

    GROEP 5B | EINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”55313″]

    Ander spanne:

    o.15: Vryburger 12, Jabulani Tech 10.

  • Bosch looking to bag a Southern Suburb Slam

    PHOTO: MBL Photography

    Rondebosch Boys’ High will most probably complete a southern suburbs white-wash as they face their old-foe Diocesan College in their final outing of the 2024 season.

    Bosch hasn’t lost a match thus far against their southern suburbs opponents during the season. They won their first encounter against their neighbours, Bishops, by 31-16 in their annual Bisch-Bosch clash.

    Bishops did not have the best season by their standards but have been producing solid performances during the last couple of weeks. They have beaten SACS by 12-10 and also led Wynberg Boys’ High by 9-7 at half-time before losing the encounter by 16-38.

    Bosch will therefore not be overly confident for Saturday’s clash at home. They will also be without their flanker Josh Neill for this encounter as he is representing South Africa at the u18 International Series in Paarl. Neill was one of the star performers during the annual Stadio Craven Week in Krugersdorp as Western Province cemented their place as the best.

    Their centre Alutha Wesi is also still on duty for the national team as a flanker. The midfield pairing of Ewan Lawrie and Randall-John Davids has however been solid the last couple of weeks.

    Their fullback who represented the SA u18A side, Dylan Miller, is however back to face Bishops. Bishops’ left wing, Lucca Mynhardt, is the dangerman and would like to finish his season off with another solid performance.

    SACS will be eying a victory over Wynberg Boys’ High as the latter missing their SA u18 flyhalf, Yaqeen Ahmed, for their final clash of the season. They have beaten a full-strength Wynberg away from home by 30-29 earlier in the season.

    Wynberg Boys’ High’s captain, Aden da Costa, will have to produce a big performance to help his side secure victory. Da Costa, Xabiso Mkiva (hooker) and Luqobo Makwedini (prop) are back after service for the SA u18A side.

    The dangerman for SACS is their fullback, Jack Benade, who had an outstanding season so far troubling defences with his eluding runs from the back.

    The teams: 

    Rondebosch Boys’ High vs Diocesan College at Tinkie Heyns field from 12:20: 

    Rondebosch Boys’ High: 15 Dylan Miller, 14 David Kadima, 13 Randall-John Davids, 12 Ewan Lawrie, 11 Shakeel Abrahams, 10 David Simon, 9 James Kirsten, 8 Collin-Paul Kemp, 7 Connor Arbuthnot, 6 Matthys du Plooy, 5 Danil-Nicolas Oosthuizen, 4 Carl Geddie, 3 Damian Spence, 2 Justin Amos (captain), 1 Luke Pretorius.

    Dioecesan College: 15 Wa-keem Fortuin, 14 Alex Newton, 13 Iviwe Dadamasi, 12 Anmar Laatoe, 11 Lucca Mynhardt, 10 Jordan Petersen, 9 Kashief Joseph, 8 Aza Gabada, 7 Alex Smith, 6 James le Feuvre, 5 Nic Reid, 4 Fouke Wagenmer, 3 Yusuf Ahmed, 2 Daniel van den Heever, 1 Gareth McKinon.

    SACS vs Wynberg Boys’ High at Memorial A from 12:45: 

    SACS: 15 Jack Benade, 14 Quewinn Lackay, 13 Nic Reynolds, 12 Mikey Skeeles, 11 Endi Sidnile, 10 Rayaan Solomons, 9 Seth Barnard (captain), 8 Daniel Grant, 7 Tashriq Bailey, 6 Zac Wilson, 5 Pierre van Selm, 4 Callum Hirst, 3 Ikhona Maxegwana, 2 Sango Zangqa, 1 Ethan Combrinck.

    Wynberg Boys’ High: 15 Morné Noble, 14 Albert Lourens, 13 Ezra Antonio, 12 Brandon Ashburner, 11 Levi Brown, 10 Luke Gertze, 9 Tyrone Gombe, 8 Aden da Costa (captain), 7 Jaden Meier, 6 Jamie Stride, 5 Tyler Jackson, 4 Jaythen Orange, 3 Luqobo Makwedini, 2 Xabiso Mkiva, 1 Benjamin Matthews.

  • Paul Roos one victory away from securing their place in folklore

    Photo: Charmaine Sander

    Paul Roos Gimnasium‘s First XV is standing on the edge of glory this Saturday as they take on Grey College of Bloemfontein in their final encounter of the season in the Markotter Stadium in Stellenbosch. The match kicks-off at 15:00.

    Catch all the action live on SuperSport Schools (www.supersportschools.com) or DStv Channel 216. The clash is also a part of the Premier Interschools calendar.

    The Maroon Machine boasts an undefeated record so far this season. A victory over Grey College will mean that the Jolla Bolla after the match might be the sweetest since 1991. The side from 1991 was the last first team of Paul Roos to secure an unbeaten season.

    One of Paul Roos’ key players flanker Gert Kemp’s father Bles Kemp was part of the unbeaten 1991 side. This team included players like Justin Swart (fullback), Cobus Visagie (prop), Johan van Wyk (hooker), Jurian Prins (centre), Thian Muller (captain and flanker) and Morné Vermeulen (flyhalf).

    The side from 2018 came close to finishing their season unbeaten but fell a couple of points short in their final match against Grey College (26-28) in Bloemfontein. The team of 2018 included players like Kade Wolhuter (flyhalf), Robbie Rodgers (prop), Tiaan Pretorius (wing), Brendan Venter (centre) and JJ Kotze (hooker).

    Back to 2024, the hosts will have to play without their influential captain, Riley Norton. To rub even more potential salt into Paul Roos’ wounds is the fact that Norton was named Man of the Match for his performance in South Africa u18’s victory of 38-26 over Ireland on Friday. Norton’s leadership on the field will be missed. The double SA Schools sportsman is probably worth more than three players for his school’s side.

    The big test for Grey College during the match will be in the midfield with Thristan Maree and debutant Jean Rossouw having to keep big Samuel Badenhorst at bay. Badenhorst is on song and he showed his class on Monday during the SA u18A’s clash against Georgia. Maree at outside centre had a couple of starts this season for Grey, but it will be Rossouw’s first which will be a true baptism by fire.

    Both Grey’s centres Pieter van der Merwe and Ethan Adams are representing South Africa during the u18 International Series.

    Badenhorst and loosehead prop, Oliver Reid‘s, presence will without a doubt boost this host’s morale. It is however Grey College that is favoured most by the returning of the South Africa u18A’s to their schools with captain and hooker, Liam van Wyk, flyhalf and Craven Week Player of the Tournament Alzeadon Felix, and scrumhalf, Philip McLaren, returning for one final outing.

    The teams: 

    Paul Roos Gimnasium: 15 Keenan Stoffels, 14 Matthew Kleyn, 13 Ian Smith, 12 Samuel Badenhorst, 11 Divan Lambrecht, 10 Joshua Dampies, 9 Liam de Silva, 8 Christian Kolbe, 7 Gert Kemp, 6 Malan Erasmus, 5 Charl Horwill, 4 Truspe Schoeman, 3 Henry du Plessis, 2 Altus Rabe, 1 Oliver Reid.

    Grey College: 15 Heinz Stockenström, 14 Pretorius Ekeji, 13 Thristan Maree, 12 Jean Rossouw, 11 Ruben Cilliers, 10 Alzeadon Felix, 9 Philip McLaren, 8 Liam Santos, 7 Juliun Cosmo, 6 Xander Smit, 5 Renier Grobler, 4 Heinrich Theron, 3 Danie Kruger, 2 Liam van Wyk (captain), 1 Dian Venter.

    Kick-Off: 15:00

    Previous Meetings: 

    [ninja_tables id=”55107″]

  • Overkruin het een laaste berg om te klim in die SDC Noordvaal Cup

    Overkruin het een laaste berg om te klim in die SDC Noordvaal Cup

    FOTO: Marius Nortjé

    Die Hoërskool Overkruin het vanjaar reeds berge versit in Groep 2 van die SDC Noordvaal Cup. Die Ovies kom Saterdag in die eindstryd van dié reeks teen Bergsig Akademie in Rustenburg voor sy laaste berg te staan.

    Die span van Pretoria het die Noordvaal-reeks as die Blou Bulle se vyfde verteenwoordiger betree. Die span moes dus nie ‘n kans gestaan het om tot in die eindstryd te vorder nie.

    Bergsig Akademie het die reeks as die Ligbloues se tweede gekeurde span betree. Hoewel die Ovies vir Bergsig tydens die liga met 35-26 die loef afgesteek het. Dit blyk dat die span van die Jakarandastad net op die regte tyd van die seisoen hul ritme gevind het.

    Die Ovies het in sy eerste uitspeelwedstryd van die SDC Noordvaal Cup die Valke se kampioen, Hoërskool Oosterlig, met 29-13 uitgeskakel. Daarna het hy ook die verdedigende kampioen van afdeling asook Blou Bul-kampioen, Midstream College, met 42-37 huis toe gestuur.

    Overkruin het sy plek in die eindstryd bespreek danksy ‘n naelskraapse sege van 30-29 oor die Puma-kampioen, die Hoërskool Ermelo, op laasgenoemde se tuisveld in die halfeindronde van dié reeks.

    Midstream College, Bergsig Akademie, HTS John Vorster en Wonderboom het die Noordvaal-reeks almal vanuit ‘n sterker posisie as Overkruin betree.

    Die span se kantman Okuhle Hini was uitmuntend met ‘n driekuns aan drieë in die sege oor Ermelo. Hy sal teen Bergsig nog ‘n groot vertoning moet opdis. Die span se losskakel, Marnus Rademeyer, is ‘n staatmaker agterlangs wat die Ovies se gevaarlike agterlyn moet ontsluit.

    Bergsig se twee vleuels, Garreth Hofsta en Lundro Scheepers, is ook twee spelers wat daarvan hou om agter die doellyn te kuier. Daar sal dus ‘n goeie tweestryd tussen die twee en Overkruin se snellers, Waylon Oncke en Tao Fabri, wees.

    Overkruin het al die Noordvaal-reeks die trofee omhoog gehou op eerstespanvlak toe hy in 2005 as kampioen van die Beeldtrofee vir mediumskole gekroon is. Bergsig het verlede jaar in die eindstryd van Groep 2 die knie met 15-20 teen Midstream College gebuig.

    Ses spelers wat verlede jaar in die beginspan vir die gasheer was – Paulo dos Santos (skrumskakel), Juhandré Steyl (agtsteman), Bhongo Sakie (stut), MJ Pretorius (buitesenter), Dewald Potgieter (flank) en en Taffa Luyanda (slot) sal vanjaar weer teen Overkruin uitdraf.

    In die o.16-eindstryd sal die Hoërskool Centurion teen Bergsig Akademie te staan kom. Die Woeries het verlede jaar die o.15-eindstryd met 25-23 teen die Hoërskool Randburg koning gekraai.

    In vanjaar se o.15-eindstryd sê die Hoërskool Ermelo en Leeuwenhof Akademie mekaar die stryd aan, terwyl die o.14-titel aan Lydenburg of Dinamika van Alberton sal behoort.

    Die spanne is: 

    Bergsig Akademie: 15 Alzandro dos Santos, 14 Gareth Hofstra, 13 MJ Pretorius, 12 Dan Bogopane, 11 Lundro Scheepers, 10 Luan Duvenhage, 9 Paulo dos Santos, 8 Juhandré Steyl, 7 Dewald Potgieter, 6 Christian de Abreu, 5 Taffa Luyanda, 4 Caleb Kihoro 3 Bhongo Sakie, 2 Phillo Thomas, 1 Tjaard Bernard. Plaasvervangers: 16 PJ Muller, 17 Thabang Machubene, 18 Trenton Coleman, 19 TK Bagwase, 20 Renaldo Prinsloo, 21 Carlo de Jager, 22 Jacque du Plooy, 23 Marlow Mowers.

    Overkruin: 15 Jiftal Langeveldt, 14 Waylon Oncke, 13 Leequine Fredricks, 12 Owam Freempong, 11 Tao Fabri, 10 Marnus Rademeyer, 9 Christon de Kooker, 8 Victory Akinwunmi, 7 Marco Smith, 6 Okuhle Hini, 5 Divan Maré, 4 Musa Vukela, 3 Justin Kunz, 2 Barend Buys, 1 Jandré Pieters. Plaasvervangers: 16 Phillip Jacobs, 17 Jason Skiepers, 18 Pedrie Kruger, 19 Tshoki Masuabi, 20 Dameon Seallie, 21 Koketso Zulu, 22 JJ Matlala, 23 KG Makubela.

    Afskop: 13:00
    Skeidsregter: Richard Schwulst (Goue Leeus)

    Junior Eindstryde | Groep II 

    o.16 – 11:30 – Centurion vs Bergsig Akademie | Skeidsregter: Imano Williams (Goue Leeus)
    o.15 – 10:15 – Ermelo vs Leeuwenhof Akademie | Skeidsregter: Francois van Staden (Luiperds)
    o.14 – 09:00 – Lydenburg vs Dinamika | Skeidsregter: Paul Schoeman (Luiperds)

  • Charlies kan seisoen onoorwonne afsluit

    Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Charlie Hofmeyr is een sege weg daarvan om ‘n droomseisoen af te sluit. Die Charlies kom Saterdag in sy jaarlikse interskole teen die Hoërskool Robertson op laasgenoemde se tuisveld te staan.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Die Charlies spog sover met ‘n perfekte seisoen en met ‘n sege oor Robertson sal hulle die jaar onoorwonne afsluit. Boonop het hulle laas in 2016 (9-10) teen Robertson die knie gebuig. Die twee spanne het wel verlede jaar met 19-elk gelykop gespeel.

    Die kragmeting Saterdag sal sonder twyfel een vir die boeke wees. Die Charlies se kaptein en losskakel, Luan Giliomee, is terug op sy pos na hy die Suid-Afrikaans o.18A-span gehelp het om Georgië met 20-3 te verslaan. Hy het tien van Suid-Afrika se punte in die kragmeting Maandag op Stellenberg se veld aangeteken.

    Giliomee staan boonop voor nog ‘n mylpaal in sy laaste skolewedstryd. Hy het tot dusver 291 punte vir sy skool se eerstespan aangeteken. Dit is slegs vyf punte kort van die heelagter, Ruan Rossel, se rekord wat hy in 2022 en 2023 opgestel het.

    Giliomee het tot dusver vanjaar in 15 wedstruyde ‘n totaal van 163 punte opgestapel wat 12 drieë, 35 doelskoppe en 11 strafdoele insluit. Verlede jaar het hy 128 punte aangeteken.

    Die losskakel wat sy loopbaan volgende jaar as ‘n skrumskakel by die Sharks sal voortsit was tydens vanjaar se Stadio Cravenweek in Krugersdorp een van die voorste puntemakers met sy 40 punte vir die Boland. Die Wynboere het daarin geslaag om die toernooi onoorwonne af te sluit.

    Robertson se buitesenter, Bernardo Diedericks, sal fyn deur die Charlies dopgehou moet word. Hy kan op die aanval die wedstryd in ‘n oomblik in sy span se guns swaai. Die besoekers se binnesenter, Philip du Plessis, sal hier ‘n belangrike rol vir sy span vertolk. Hy was ook ‘n lid van die onoorwonne Boland-span.

    Die tuisspan se vaskopstut, Petrus Coetzee, was ook vir die Wynboere op die Cravenweek in aksie.

    Die Hoërskool Melkbosstrand het ‘n moeilike dag wat voorlê in sy jaarlikse interskole teen Milnerton. Die interskole is die eerste keer in 2017 aangebied.

    Milnerton het vanjaar ‘n bulspan en sal nie sommer Saterdag die knie buig nie. Sy kaptein en binnesenter, Frank Hitima, het vanjaar vir homself naam gemaak met sy skitterspel. Hy het vanjaar reeds sy 50ste wedstryd vir sy skool se eerstespan gespeel.

    Melkbos se kaptein en buitesenter, Cyle Thys, sal vir Hitima moet hokslaan. Milnerton is natuurlik ook sonder sy SA o.18-flank Briint Davids wat op die oomblik saam die span in ‘n reeks teen Ierland, Engeland en Georgië in aksie is.

    Vredendal se flank Franco van Zyl sal in sy skool se jaarlikse interskole teen Hopefield in sy 50ste wedstryd vir die skool se eerstespan uit te draf.

    Die spanne is: 

    Hoërskool Robertson vs Charlie Hofmeyr in Robertson om 14:00: 

    Robertson: 15 Alexander Stemmet, 14 Haygan Present, 13 Bernardo Diedericks, 12 Tyron Matthys, 11 Johaylin Jansen, 10 Tyron April, 9 Kyle Cedras, 8 Ethan Fourie, 7 André Gelderblom, 6 Ivor Thompson, 5 Marvin Maans, 4 Mychal Swart, 3 Petrus Coetzee, 2 Yannick du Plessis, 1 Jeandré Viljoen.

    Charlie Hofmeyr: 15 Jay-Jay Janse, 14 Zephenith Sass, 13 Keagan Kelly, 12 Phillip du Plessis, 11 Deolyn Isaac, 10 Luan Giliomee (kaptein), 9 Izha-vin van Wyk, 8 Tyron Davids, 7 Ivan Hanekom, 6 Daniel Beukes, 5 Le Roux Groenewald, 4 Josh Swarts, 3 Aaron Richter, 2 Kyle Cardosa, 1 Glenwill Tromp.

    Hoërskool Melkbosstrand vs Milnerton in Melkbosstrand om 14:00: 

    Melkbosstrand: 15 Waydon Afrikaner, 14 Patrick van Niekerk, 13 Cyle Thys (kaptein), 12 Nstika Mtokwana, 11 Logan Becker, 10 Joel Maree, 9 Nico Mpoemelang, 8 David Kuhberger, 7 Hanno Bresser, 6 Christiaan de Beer, 5 Tristen Els, 4 Michael Janse van Rensburg, 3 Brody Nel, 2 Deyondre Andrews, 1 Janco Labuschagne.

    Milnerton: 15 Chadlin Sellidon, 14 Jaydin Smit, 13 Morgan Lodewyk, 12 Frank Hitima (kaptein), 11 Keagan Wood, 10 Chadwin Sellidon, 9 Devon Damons, 8 Keagan van Blerk, 7 Dylan Peverett, 6 Ethan Wilson, 5 Matthew Gabriel, 4 Keenan Togni, 3 Chadley Davids, 2 Keagan Harding, 1 Sheldon Puma.

    Hopefield vs Vredendal op Hopefield om 15:45: 

    Hopefield: 15 Jayden Engelbrecht, 14 JT Adams, 13 Anzo Bester, 12 Jarred Faulmann, 11 Aris Barends, 10 Evan Momsen, 9 Bronwun Williams, 8 Henro Kotze, 7 Schalk Jonker, 6 Boeta Schreuder (kaptein), 5 Clint Afrika, 4 John Evans, 3 Joshua Viljoen, 2 Ando Goosen, 1 De Villiers Kotze.

    Vredendal: 15 Jaydon Volmer, 14 Willin Fransman, 13 Branwill Arries, 12 Waylon Smit, 11 Jaco-Willem Greeff, 10 Calvin du Toit, 9 Juan-Lee le Roux, 8 Dillen Theron, 7 Chad Tieties, 6 Franco van Zyl, 5 Gilbert de Klerk, 4 AJ Botha (kaptein), 3 Ewald Goosen, 2 Paul Liebenberg, 1 Josh Engelbrecht.