SuperSport Schools is thrilled to announce a groundbreaking partnership with Kynoch Fertilizer to launch the Kynoch Cup, a premier rugby fixture between two of South Africa’s top agricultural schools: Boland Landbou and Oakdale Landbou.
This partnership promises to bring an exciting new dimension to school sports, fostering both athletic excellence and agricultural advancement.
The inaugural Kynoch Cup will see Boland Landbou and Oakdale Landbou competing fiercely on the rugby field for the prestigious title on 10 August 2024.
The stakes are high, as the winning team will receive 10 tons of premium fertilizer from Kynoch, a valuable prize that underscores the importance of both sports and agriculture in these communities. In addition to the Kynoch Cup, Kynoch Fertilizer will also be a sponsor for a series of fixtures involving various schools which will be put on SuperSport Schools fixture posters.
This commitment highlights Kynoch’s dedication to supporting youth sports and the agricultural sector, fosters growth and development both on and off the field.
“Kynoch Fertilizer is committed to nurturing growth and development in agriculture and sports. Our partnership with SuperSport Schools enables us to support young talent and foster a culture of excellence, dedication, and teamwork. We look forward to a thrilling Kynoch Cup and a lasting legacy in the world of agriculture and sports,” said Niren Murugan, head of RSA from Kynoch Fertilizer.
The inaugural Kynoch Cup promises to be an event to remember, showcasing top-tier school sports and the vital role of agriculture in our communities. Stay tuned for more details on this exciting fixture and a possible expansion in 2025. We at SuperSport Schools are dedicated to bringing you the sport you care about most.
For more information, visit supersportschools.com or follow us on social media for updates
LOGAN MULLER, kingpin and flyhalf of Framesby in action earlier in the season. PHOTO: Hannah-Shirley
The Wolramme from Marlow Landbou managed to turn the tables against Framesby in their clash just outside Cradock on Saturday.
The home side came out on top by 31-26 after trailing by 10-21 at the break. It was thanks to a try just before half-time by their captain and outside centre, Theuns Botha, which kept them in the match.
Framesby easily won the first encounter between the two sides in Gqeberha by 52-12. Their flyhalf and kingpin, Logan Muller, was once again a key player on Saturday for the visiting side.
His trusty boot kept their pack of forwards on the front foot as they enjoyed a breeze from behind in the first half.
The Wolramme only took the lead for the first time with about six minutes left as their fullback, Gideon Jordaan, slotted a penalty from 50 meters out. This gave them a 28-26 lead. He stretched this lead with seconds left on the clock with his fourth and final penalty goal of the game.
Jordaan’s boot contributed 16 points to the victory. The flyhalf, JJ van der Mescht, as well as the inside centre, Christiaan van der Merwe, and the scrumhalf, Kunga Venkile, also deserve a pat on the back.
In the pack of forwards, it was Jan Els (eighthman) and Robert van Zyl (flanker) who produced outstanding performances for the Wolramme. Van Zyl was a nemesis at the breakdowns.
Framesby will face Nico Malan of Humansdorp this weekend in their final clash of the season at home.
The Tigers of HTS Daniël Pienaar are the kings of Uitenhage. They defeated Die Brandwag in a closely contested match by 26-25.
This after they lost by 5-18 against Die Brandwag earlier in the season. The victors’ lock Ntsako Maimela was the standout player on the day. The Tigers still have one match left in 2024 against Muir College.
Pearson travelled to Somerset West where they faced Parel Vallei. The hosts came out on top by 15-10.
Denilo Jordaan, scrumhalf of Pearson, scored all of his side’s points. Parel Vallei’s fullback, Luchen Meyer, also contributed ten points towards his side’s total via a try, conversion and a penalty.
Scorers:
Marlow Landbou 31 (10) – Tries: Theuns Botha, Jan Els, Teagan Wiessener. Conversions: Gideon Jordaan (2). Strafdoele: Jordaan (4). Framesby 26 (21) – Tries: Sean Vermaak, Johan van Zyl, Mondré van Heerden, CJ Felckers. Conversions: Logan Muller (3).
HTS Daniël Pienaar 26 – Tries: Byron Chamberlain, Mauriano Pillay, Juan van Zyl. Converson: Pillay. Penalties: Pillay (2), Ikombe Tyatya. Die Brandwag (Uitenhage) 25 – Tries: Zandré van der Mescht (2), Nicolis Thysse, Lu-crain Muggels. Coversion: Angelo Adams. Penalty: Muggels.
Die Rassie Erasmus-paviljoen van die Hoërskool Despatch. FOTO: Hoërskool Despatch Facebook
Twee rugbyspelers van die Hoërskool Despatch het klagte by die polisie ingedien nadat hulle glo tydens ’n wedstryd deur ’n skeidsregter aangerand is.
Die klagte volg kort op die hakke van ’n aantyging deur die Oostelike Provinsie-skeidsregtersvereniging vroeër in die week dat die blaser, Mzo Sotyana, deur Despatch se spelers aangeval is. Die skool ontken dié bewering.
Despatch se kaptein en flank, Louis Fourie (18), sê in sy polisieverklaring dat Sotyana gedreig het dat hy hom sal “bliksem” ná die kragmeting met Muir College.
“Ons was op die verdediging en een van my spanmaats het homself gereed gemaak vir ’n duikslag toe die skeidsregter tussen die aanvallende speler en my spanmaat inbeweeg het. Hy het sagkens met die skeidsregter gebots. Die skeidsregter was woedend en het hom voor die bors gegryp voordat hy hom rofweg weggestoot het.
Fourie het die Oostelike Provinsie op die Akademie-week in Johannesburg verteenwoordig.
Hy het verskeie aanbiedinge ontvang om sy rugbyloopbaan ná skool voort te sit, maar vrees dat dit nou in die weegskaal is.
“Ek het as kaptein dadelik na die skeidsregter gegaan en vir hom gesê dat dit ontoelaatbaar vir hom is om spelers rond te stamp. Ek het die skeidsregter op sy skouer getik om sy aandag te kry. Hy het omgedraai en my voor die bors gegryp en teruggestoot voordat hy my met sy vuis op die bors geslaan het. Dit was baie seer,” lui Fourie se verklaring.
Fourie se spanmaat wat 17 jaar oud is en wie se naam aan Rapport bekend is, beaam in sy verklaring Fourie se weergawe van gebeure.
Elric van Vuuren, hoofafrigter van Despatch, het vir sy spelers in die bres getree.
“Hoekom het die skeidsregter nie die wedstryd gestop na hy volgens hom deur die spelers aangerand is nie? Hy het nie eens ’n rooikaart aan enige van die twee spelers gegee nie,” het die breier gesê.
Die OP-skeidsregtersvereniging het Dinsdag ’n sterk bewoorde brief aan al die skole in die unie gestuur waarin daar aangedui is dat hy nie skeidsregters vir enige skolewedstryde in die nabye toekoms sal voorsien nie.
“Verskeie voorvalle van skeidsregter-mishandeling, verbaal en fisies, is die afgelope maand aan ons gerapporteer, waarvan die mees onlangse oor die afgelope naweek gebeur het. Ons het dus geen ander keuse as om ’n beroep op die hoofde en beheerliggame van skole te doen om streng op te tree teen hierdie oortreders nie,” lui die brief wat deur Fernando Uithaler, asook Dante Rademeyer, onderteken is.
Uithaler is voorsitter van die OP-skeidsregtersvereniging, terwyl Rademeyer die bestuurder van skeidsregtersake is. Die besluit is egter ná ‘n vergadering by die Hoërskool Framesby in die Baai herroep en skolewedstryde in die unie kon Saterdag voortgaan.
Ondanks herhaalde pogings kon Rapport nie kommentaar by Uithaler of Rademeyer verkry nie.
Tydens die vergadering by Framesby het skeidsregters, asook die onderskeie hoofde van skole in die unie, hul bekommernisse en ook moontlike oplossings gedeel.
Daarna is besluit dat die skeidsregters wel gister in aksie sou wees en groot interskole-kragmetings tussen Grey High School en Selborne College, Marlow Landbou en Framesby, Nico Malan en Hoërskool Punt kon onder andere plaasvind. Die Hoërskool Despatch was ontsteld omdat die skeidsregters ’n brief uitgestuur het voordat ’n ondersoek na die voorval glo plaasgevind het.
Sotyana was verlede jaar ook in ’n voorval in ’n klubwedstryd tussen Star of Hope en Joubertina United betrokke, waar hy na bewering deur spelers verbaal mishandel is.
Sover vasgestel kon word, is daar geen beeldmateriaal van die Despatch-voorval beskikbaar nie. Muir College het die kragmeting by die Danie Gerber-sportterrein met 26-18 gewen. Sowel Gerber as Rassie Erasmus het hul eerste groot tree as rugbyhelde op dié veld gegee.
Daar was Saterdag geen keer aan Paarl Gimnasium tydens die grootste interskole ter wêreld in die Paarl nie.
Die Gimmies het hul tweede grootste sege nog sedert 1915 oor die Hoër Jongenskool Paarl met 30-8 in die Faurestraat-stadion behaal.
Dié sege is merkwaardig as daar in ag geneem word dat die gemiddelde punteverskil tussen die twee spanne sedert 2014 slegs 3 punte per wedstryd was. Eintlik 2.75 om statisties presies korrek te wees.
Die Gimmies was teen rustyd met die telling op 16-0 reeds stewig in die saal. Die span se slot Quintin Potgieter is na afloop van die kragmeting welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys.
Potgieter het fisiek nie ‘n tree vir Boishaai teruggestaan nie. Hy het die bal goed gedra en by die afbreekpunte sy lyf op die spel geplaas. Die feit dat hy en die buitesenter, Markus Muller, nog in graad 11 is sal Boishaai-ondersteuners slapelose nagte besorg.
Vir Boishaai het sy kantman Rubin Dames moedig probeer.
Paul Roos Gimnasium is na sy sege van 59-20 oor Boland Landbou steeds onoorwonne met slegs een afspraak teen die magtige Grey-kollege in Stellenbosch wat nog voorlê.
Die kragmeting wat op 17 Augustus plaasvind is reeds al uitverkoop na daar nog paviljoene gereël is.
Gepraat van onoorwonne Charlie Hofmeyr van Ceres het sy seisoen onoorwonne afgesluit deur Montagu met 48-24 die loef af te steek. Die span sal as een van die bestes in die skool se geskiedenis bekend staan.
Voor die naweek se kragmeting in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup was daar agt van die tien spanne in die reeks wat nog tot die halfeindronde kon deurdring.
Ná Saterdag se kragmeting is die vier rolspelers vir die halfeindronde nou bekend. EG Jansen, Waterkloof, Garsfontein en Monument sal in die halfeindronde in aksie wees.
Monnas het ratte verwissel om vir Hoërskool Rustenburg met 87-8 pak slae toe te dien. Die Wit Bulle se heelagter, Theuns du Plooy, het vier keer ‘n draai agter die doellyn gemaak en ook met ‘n doelskop geslaag.
Menlopark het vir Noordheuwel met 26-19 verras, terwyl EG Jansen met ‘n sege van 50-7 oor Hoërskool Nelspruit seker gemaak het van ‘n tuishalfeindstryd.
Waterkloof het vir Marais Viljoen met 47-14 kaf gedraf. Op Berepark het Garsfontein soos verwag gesukkel om hul nemesis, Helpmekaar Kollege, te bêre. Die Garsies was op die ou einde met 54-40 baas.
Verlede jaar was die Turkoois Bere met 50-49 baas. Die twee spanne gee mekaar gewoonlik behoorlik gas.
Voortrekker van Bethlehem het met ‘n sege van 36-28 vir Welkom Gimnasium as Griffon-kampioen onttroon. Dit was die Trekkers se vierde titel en hul eerste sedert 2014 in die liga.
Die Vrystaatse eindstryd het ook vir ‘n opskudding gesorg deurdat Landboudal van Jacobsdal vir die eerste keer in sy geskiedenis as Vrystaatse kampioen gekroon is. Die Lanties het die verdedigende kampioen, Jim Fouché, met 34-23 in die eindstryd getroef.
Die Vrystaatse kampioen sal nou in die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga halfeindronde teen die Trekkers te staan. Welkom Gimnasium sal in die ander halfeindtryd teen Duineveld van Upington te staan kom.
Die Velties het sy rieme in die jaarlikse Groot Interjol naelskraaps met 14-15 teen Hoërskool Upington vasgeloop.
Sannieshof 32, Sizanane 5; Christiana 34, Glenbrack 27.
KWAZULU-NATAL/OOS-KAAP
Grey High School 48, Selborne College 27; Durban High School 24, Jeppe 20; Maritzburg College 39, Glenwood 20; Marlow Landbou 31, Framesby 26; Hudson Park 24, Dale College 17; Graeme College 38, Muir College 19; Nico Malan 29, Hoërskool Punt 19; Parel Vallei 15, Pearson 10; Queen’s College 55, Cambridge 6; HTS Port Rex 33, Bergsig 19; HTS Daniël Pienaar 26, Die Brandwag (Uitenhage) 25.
Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.
Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@ssschoolsplus.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.
The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.
If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results, please email us via e-mail at rugby@ssschoolsplus.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.
DAWIE FOURIE, agtsteman van Voortrekker, skuif hier oor die doellyn vir een van sy twee drieë in die eindstryd van die Griffon-liga. Fourie was een van sy span se uitblinkers in sy oorwinning van 36-28 oor Welkom Gimnasium. FOTO: Marnus Prinsloo
Die trofee van die Griffon-liga het Saterdag vir die eerste keer sedert 2014 weer staanplek in Bethlehem gekry.
Dit is ook dan die vierde keer in dié liga se geskiedenis dat Voortrekker van Bethlehem die kroon dra. Dié skool het ook in 2008, 2011 en 2014 die titel verower. Die skool het wel voorheen in die Oos-Vrystaatse liga gespeel voordat hy te sterk vir dié liga geword het.
Die Trekkers het Saterdag in die Downtouch Investments-stadion die bordjies met 36-28 teen WelkomGimnasium verhang. Die Gimmies het dié ligawedstryd tussen die twee spanne naelskraaps met 25-23 gewen.
ZAIDE-LEIGH RIPPENAAR (met bal), op die aanval vir die onoorwonne EG Jansen tydens die SDC Noordvaal Cup. FOTO: Tap Light Edits
Indien iemand gewonder het hoe taai die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup is, kan hulle net gaan kyk hoe sake in die reeks staan met nog twee rondes van die rondomtalie-wedstryde oor.
Van die tien eertstespanne in die reeks kan daar agt nog die uitspeelrondes van die reeks haal. Slegs die Hoërskool Menlopark en Marais Viljoen kan wiskundig nie meer tot die uitspeelrondes deurdring nie.
Daar is egter slegs drie plekke oor vir die halfeindronde met die onoorwonne EG Jansen van Boksburg wat indien hy albei sy oorblywende kragmetings onderskeidelik teen die Hoërskool Nelspruit en Garsfontein sonder bonuspunte verloor in die vierde posisie op die puntelys sal klaarmaak.
Die span van Boksburg sal natuurlik nie op sy baadjie wil kry nie en sodoende ‘n tuis halfeindstryd en moontlike eindstryd met twee seges beklink. EG beklee die boonste posisie op die puntelys met 33 ligapunte.
Die Hoërskool Waterkloof se aanslag beleef ‘n insinking na hy sy agtsteman, Marko Kok, weens ‘n besering verloor het. Die span van Pretoria beklee tans die tweede posisie op die puntelys met 29 punte. Hy het nog net in die reeks teen Noordheuwel van Krugersdorp verlede Saterdag met 32-52 die knie gebuig.
Dié bonuspunt sege van Noordheuwel het natuurlik sy kanse om tot die uitspeelrondes deur te dring lewendig gehou. Die span beklee nou die sesde posisie op die puntelys met 19 ligapunte.
Die Klofies se twee oorblywende kragmetings sal teen Marais Viljoen en Monument wees. Albei die kragmetings sal weg van die huis wees. Boonop sal die span van Pretoria se SA o.18-afrigter, Cobus van Dyk, van volgende week af die nasionale spanne met hul skrumwerk bystaan. Van Dyk sal eers weer die week voor die eindstryd by die Blou Tornado kan aansluit indien die span nog staande is.
‘n Sege hierdie naweek oor Marais Viljoen sal die Klofies se plek in die halfeindronde virseker. Die span sal waarskynlik ook Monnas se Wit Bulle in Krugersdorp moet klop om seker te maak hy sal tuisveld voordeel tydens sy halfeindstryd geniet.
Garsfontein beklee die derde posisie op die puntelys met 28 punte. Die Turkoois Bere sal daarom een oog op ‘n tuishalfeindstryd hê.
Die span kom eerkomende Saterdag op sy tuisveld, Berepark, teen Helpmekaar Kollege te staan. Die Helpies is daarvoor bekend dat hulle die Bere gewoonlik meer probleme as ander spanne besorg. Die feit dat hierdie kragmeting die Helpies se laaste van die reeks se ligawedstryde is, maak die span van Johannesburg nog meer gevaarlik.
Hulle sal ‘n sege moet behaal om hul kanse om die uitspeelrondes te haal lewendig te hou. Die span beklee tans die vierde posisie met 24 ligapunte, maar het natuurlik een minder wedstryd as die res om te speel.
Die Garsies sal natuurlik die rondomtalie-wedstryde teen EG Jansen afsluit. Die span sal dus nie sy kanse vir ‘n tuishalfeindronde tot op die laaste nippertjie wil los nie.
Monument van Krugersdorp het sedert die nuwe kwartaal begin het, nog nie uit eerste rat gekom nie. Die span het teen die Hoërskool Nelspruit (12-21) en Garsfontein (28-31) in die stof gebyt.
Die Wit Bulle beklee egter steeds die vyfde posisie op die puntelys en twee seges in sy laaste twee wedstryde sal vir hulle ‘n plek in die uitspeelrondes virseker. Die span van Tjaart van der Walt (afrigter) kom in sy laaste twee wedstryde teen die Hoërskool Rustenburg en Waterkloof te staan.
Albei die kragmetings word op die Ras van Rooyen-veld in Krugersdorp beslis. Die span van Krugersdorp sal dus wil seker maak hul tuisveld in vir hom ‘n belangrike bondgenoot in sy aanslag.
Die Hoërskool Nelspruit se Rhinos het ook natuurlik ‘n buitekans om die uitspeelrondes te haal. Die span beklee tans die sewende posisie op die puntelys met 19 ligapunte. Die Rhinos het veral met drie seges die afgelope drie Saterdae teen Garsontein (30-29), Monument (21-12) en Menlopark (33-28) sake behoorlik in die liga omgekrap.
Die span van Mbombela het waarskynlik die twee moeilikste wedstryde van al die spanne oor met afsprake teen EG Jansen en Noordheuwel.
Die Rusties is die agtste op die puntelys asook die agtste span wat nog tot die uitspeelrondes kan deurdring. Die span het tot dusver 16 ligapunte ingesamel en moet nog teen Monnas en Menlopark te staan kom. Die span wat deur Naas Olivier afgerig word sal albei hul oorblywende wedstryde met bonuspunte moet wen en ook hoop vir ‘n paar gunsies van ander spanne die volgende twee weke.
Die oorblywende kragmetings (tuisspanne eerste vermeld:
3 Augustus 2024
Monument vs Hoërskool Rustenburg
Menlopark vs Noordheuwel
Garsfontein vs Helpmekaar
EG Jansen vs Hoërskool Nelspruit
Marais Viljoen vs Waterkloof
10 Augustus 2024
Noordheuwel vs Hoërskool Nelspruit
Monument vs Waterkloof
Garsfontein vs EG Jansen
Hoërskool Rustenburg vs Menlopark
CECIL PARSONS, SA Skole-vaskopstut van Voortrekker vuur hier op alle silinders tydens sy skool se halfeindstryd teen Witteberg. FOTO: Marnus Prinsloo
Die vonke gaan behoorlik spat in die Griffon-eindstryd Saterdag op die Downtouch Investments-stadion in Welkom.
Welkom Gimnasium is die verdedigende kampioen, terwyl Voortrekker van Bethlehem sy derde agtereenvolgende verskyning in die eindstryd maak. Die eindstryd skop om 14:00 af.
Daar was nie veel tussen die twee spanne in hul ligawedstryd vroeër vanjaar te kies nie. Die span van Welkom het die kragmeting in Bethlehem met 26-24 gewen.
Die Trekkers het sy plek in die eindstryd met ‘n klinkende sege van 37-3 oor Witteberg bespreek. Dit nadat die Trekkers met 23-25 vroeër vanjaar teen sy aartsvyande die knie gebuig het. Die Gimmies het vir die Hoërskool Trio van Kroonstad met 35-7 in die ander halfeindstryd afgestof.
Die Gimmies se senterpaar, Joshua Coertzen en Jayden Weideman, sal weer ‘n rotsvaste vertoning op verdediging moet lewer indien hul span weer vanjaar die trofee omhoog wil hou. Die span se losskakel, Ronaldo Kiewiet, sal natuurlik sake vergemaklik indien hy op sy stukke is.
Kiewiet was verlede jaar die voorste puntemaker op die Cravenweek in George.
Voorlangs sal die Trekkers se aanslag deur sy SA Skole-vaskopstut, Cecil Parsons, gelei word. Parsons hou boonop ook daarvan om die bal onder die arm vas te knyp en etlike meters met sy stormramlopies te wen. Gimmies se afrigter, Roean Bezuidenhout, was Parsons se afrigter by vanjaar asook verlede jaar se Cravenweek. Só hy sal presies weet wat vandag op sy span voorlangs wag.
Voorlangs sal Gimmies se Ethan Jones (agtsteman) en Jayden Auld (slot) sleutelspelers vir hul span wees.
Welkom Gimnasium en Voortrekker het reeds met hul seges in die halfeindstryde hul plek in vanjaar se Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga bespreek. Duineveld van Upington is reeds Griekwas se verteenwoordiger in dié liga, terwyl die wenner van die Vrystaatse A-liga ook tot die kompetisie se halfeindronde sal deurdring.
In die Vrystaatse eindstryd pak Jim Fouché en Landboudal van Jacobsdal mekaar.
The Eastern Province Rugby Referee’s Society (EPRRS) has decided to go on an extended strike for officiating school rugby matches in the union.
This follows after a couple of incidents at various school matches around the province over the last few weeks. The EPRRS won’t appoint any referees for any school matches for the remainder of the the season.
According to sources a referee was assaulted by a schools’ player during a match in Despatch last weekend.
The strike will also continue into 2025 until the schools can supply the society with the necessary steps taken by the schools to take action against perpetrators and keep referees safe while officiating at their schools.
An official letter about the strike was circulated to all schools within the union. It was signed by the referees’ manager, Dante Rademeyer, as well as the acting chairman, Fernando Uithaler.
“We have no other option but to request that all schools in Eastern Province give us an action plan as to what measures they will put in place to secure the safety of our match officials when doing duty at your institution (s). Numerous incidents of referee abuse, both verbally and physically have been reported to us in the last month, of which the most recent ones happened over the last weekend,” stated the letter.
The letter also appeal to the various schools’ principals and its governing bodies to act harshly against perpetrators that make themselves guilty by abusing referees.
“The action plan should clearly state what actions will be taken against anyone who makes themselves guilty of abuse towards match officials on match days.”
“It has come to light that all stakeholders (players, spectators and coaches/teachers) make themselves guilty of abusive actions. Therefore, referees have taken a strong stance that they will not officiate any further, meaning, NO REFEREE, NO MATCH.” states the letter to the schools.
All the schools in the region is looking for solutions so that their matches could go on this weekend. The EPRRS only provide matches for the first team matches of the interschools with school teachers officiating the other clashes during interschools.
Schools matches scheduled for this Saturday:
13:45 – Marlow Landbou vs Framesby; 14:00 – Graeme College vs Muir College; 14:15 – HTS Daniël Pienaar vs Die Brandwag (Uitenhage); 15:00 – Grey High School vs Selborne College; Nico Malan vs Hoërskool Punt.