SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • Premier Interschools | Results down the Years | Paarl Boys’ High vs Paarl Gimnasium 1915-2023

    Premier Interschools | Results down the Years | Paarl Boys’ High vs Paarl Gimnasium 1915-2023

    The annual interschools derby between Paarl Boys’ High and Paarl Gimnasium is the biggest in the world.

    More than 20 000 supporters will pack the Faure Street Stadium in Paarl to see these two schools’ rugby sides clash on Saturday.

    The interschools derby is, however, bigger than just this one rugby match as the schools and their old boys face off in numerous sports and activities during the week leading up to the 1st XV rugby match.

    Results down the years: 

    [ninja_tables id=”53912″]

  • School Rugby Fixtures – 3 August 2024

    School Rugby Fixtures – 3 August 2024

    We are looking forward to yet another week of scintillating schoolboy rugby in South Africa.

    The main course is the biggest interschools clash in the world as more than 20,000 people will cram into the Faure Street Stadium in Paarl to watch Paarl Boys’ High and Paarl Gimnasium face each other.

    Almost every match in the SDC Noordvaal Cup‘s Beker-section is important from now on, while Group 2 to Group 5 will have their semi-finals.

    In the Central Region, Welkom Gimnasium will attempt to retain their title as Griffon champions against Voortrekker from Bethlehem, while Jim Fouché is aiming for their third successive Free State A-league title as they take on Landboudal from Jacobsdal.

    Please note that the table of fixtures below is a working document and it will be updated as info about the kick-off times as well as streaming links on SuperSport Schools (www.supersportschools.co.za) are made available for publication.

    The Fixtures: 

    [ninja_tables id=”54159″]

  • SDC Noordvaal Cup Results – 27 Julie 2024

    Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.

    Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@ssschoolsplus.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.

    Al die uitslae:

    GROEP 1 

    BEKER-AFDELING

    [ninja_tables id=”53555″]

    Ander spanne:

    o.16: Monument 23, Garsfontein 20; Menlopark 24, Nelspruit 0; Noordheuwel 28, Waterkloof 19; Rustenburg 15, EG Jansen 5; Helpmekaar 93, Marais Viljoen 0.

    o.15: Garsfontein 17, Monument 15; Menlopark 43, Nelspruit 7; Noordheuwel 46, Waterkloof 10; Rustenburg 20, EG Jansen 19; Helpmekaar 54, Marais Viljoen 14.

    o.14: Monument 16, Garsfontein 13; Nelspruit 15, Menlopark 7; Noordheuwel 39, Waterkloof 20; Rustenburg 26, EG Jansen 0; Helpmekaar 106, Marais Viljoen 5.

    PLAAT-AFDELING

    [ninja_tables id=”53605″]

    Ander spanne:

    o.16: Middelburg 31, Montana 19; HTS Middelburg 22, Ligbron 14; Transvalia 21, Zwartkop 18; Oos-Moot 45, Klerksdorp 0.

    o.15: Middelburg 21, Montana 7; Ligbron 21, HTS Middelburg 14; Transvalia 27, Zwartkop 0; Oos-Moot 18, Klerksdorp 7.

    o.14: Middelburg 24, Montana 14; Ligbron 10, HTS Middelburg 5; Transvalia 14, Zwartkop 0; Oos-Moot 34, Klerksdorp 8.

    SKILD-AFDELING

    [ninja_tables id=”53606″]

    Ander spanne:

    o.16: Die Anker 31, Jeugland 28; Secunda 53, Lichtenburg 14; Wesvalia 29, Ben Vorster 20; Pietersburg 43, Hugenote 15.

    o.15: Die Anker 24, Jeugland 5; Secunda 26, Lichtenburg 12; Ben Vorster 19, Wesvalia 14; Pietersburg 31, Hugenote 5.

    o.14: Die Anker 12, Jeugland 0; Lichtenburg 14, Secunda 5; Wesvalia 25, Ben Vorster 14; Pietersburg 48, Hugenote 5.

    BOWL-AFDELING

    [ninja_tables id=”53607″]

    Ander spanne:

    o.16: Potch Gimmies 17, Wagpos 13; Randburg 26, Potch Volkies 26; Alberton 14, Piet Retief 12; Merensky 28, Dr. Malan 17.

    o.15: Wagpos 33, Potch Gimmies 3; Potch Volkies 22, Randburg 19; Piet Retief 70, Alberton 3; Merensky 35, Dr. Malan 10.

    o.14: Potch Volkies 13, Randburg 7; Piet Retief 65, Alberton 0; Dr. Malan 38, Merensky 5.

    GROEP 2 | KWARTEINDRONDE

    [ninja_tables id=”53603″]

    Ek Ander spanne:

    o.16: Lydenburg 29, Ellisras 23; Centurion 55, Oosterlig 17; HTS Witbank 12, Dinamika 8; Bergsig 13, Ben Viljoen 6.

    o.15: Ermelo 18, Ellisras 12; Dinamika 17, Midstream College 14; Leeuwenhof 24, Ben Viljoen 7; Centurion 20, Hans Strijdom 3.

    o.14: Lydenburg 15, Bergsig 15 (Lydenburg dring deur); Brandwag 29, Midstream College 15; Dinamika 24, Ermelo 5; Ben Viljoen 22, Centurion 12.

    GROEP 3 | KWARTEINDRONDE

    [ninja_tables id=”53604″]

    Ander spanne:

    o.16: Vryburg 26, Standerton 20; Bergvlam 31, Delmas 8; Florida 25, Die Wilgers 24; Hoogenhout 45, Wolmaransstad 12.

    o.15: Standerton 20, Overvaal 15; Fochville 38, Benoni High 0; Riebeeckrand 47, Die Wilgers 0; Hoogenhout 53, Brits 0.

    o.14: Standerton 19, Vryburg 15; Riebeeckrand 50, John Vorster (Nigel) 3; Bastion 19, Die Wilgers 0; Wolmaransstad 26, Barberton 7.

    GROEP 4 | KWARTEINDRONDE

    [ninja_tables id=”53691″]

    Ander spanne:

    o.16: Parys 24, Steelcrest 10; HTS Elspark 22, President 20; Bekker 29, Hendrina 20; HTS Klerksdorp 38, Warmbad 0.

    o.15: Evander 29, Parys 16; HTS Elspark 10, Alberton High 7; Curro Bankenveld 14, Queen’s High 12; Eric Louw 21, HTS Klerksdorp 19.

    o.14: Kanonkop 20, Voortrekker (Boksburg) 12; Queen’s High 25, HTS Elspark 15; Bekker 33, Hendrina 14; HTS Klerksdorp 12, Warmbad 12 (HTS Klerksdorp dring deur to volgende ronde).

    GROEP 5 | KWARTEINDRONDE

    [ninja_tables id=”53694″]

    Ander spanne:

    o.17: Adelaar dring deur na Kwa Tsaduza punte gee; HTS Rhodesfield 21, Suiderberg 3; Ingqayizivele 33, Balfour 17; Maragon Mooikloof 31, Wonderfontein 10.

    o.15: Roodepoort 36, AHS Sasolburg 7; Akasia 25, Heilbron 20; Curro Secunda 37, Vaalpark Articon 7; AHS Germiston 19, FH Odendaal 17.

  • Erries en HTS John Vorster pak mekaar weer soos in 2000

    PHOTO: Overkruin

    Die Hoërskool Ermelo is waarskynlik die enigste skolespan in die land wat daarmee kan spog dat hul deur ‘n Wêreldbeker-wenner afgerig word. Die Erries se hoofafrigter, Rudy Joubert, was die Springbokke se tegniese adviseur toe hulle in 1995 die William Webb Ellis-trofee omhoog gehou het.

    Joubert was ook die Biltongboere, Namibië, se breier toe hulle in 1999 hul buiging by die Wêreldbeker gemaak het. Boonop is Joubert se hulpafrigter, Cilliers Coetzer, wat vir onder andere die Pumas en Griekwas op seniorvlak uitgedraf het.

    Coetzer het ook natuurlik vir Ermelo se trots in 1999 uitgedraf.

    Die Erries kom Saterdag in die kwarteindronde van die SDC Noordvaal Cup se Groep 2 teen HTS John Vorster op sy tuisveld in Ermelo te staan.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Die twee spanne het mekaar natuurlik ook in 2000 in die eindstryd van die Beeldtrofee gepak met Ermelo wat destyds na 80 jaar weer as kampioen van die Noordvaal-streek met ‘n klinkende sege van 23-3 gekroon is. HTS John Vorster se kaptein op daardie dag was die toekomstige Springbok-agtsteman, Jacques Cronjé.

    Ermelo se kaptein en held was sy losskakel, Nel Fourie. Die Erries was natuurlik ook die eerste kampioen van dié reeks in 1920 toe dit nog as die Transvaalbeker bekend gestaan het.

    Die Erries het sy plek in vanjaar se kwarteindronde met ‘n naelskraapse sege van 32-29 oor Brandwag van Benoni bespreek. Dit was danksy ‘n drie in die doodsnikke deur sy agtsteman, Tredoux Ferreira. Terwyl die skrumskakel, Carel Jacobsz, se skopskoen ook ‘n sleutelrol vertolk het.

    HTS John Vorster beskik oor ‘n omgesukkelde pak voorspelers. Hul kaptein en slot, SJ van Mourik, lei van voor en het verlede week in hul uitspeelwedstryd teen Ben Viljoen van Groblersdal sy 50ste wedstryd vir dié skool se eerstespan gespeel. Die bonkige agtsteman, Tiaan van Loggerenberg, sal meeste spanne probleme besorg wanneer hy met die bal op stormloop gaan.

    In nog ‘n kwarteindstryd sal die verdedigende kampioen van Groep 2, Midstream College, moet waak daarteen om nie te oorgerus te wees nie. Die Blou Bulle-kampioen kom op sy tuisveld teen Overkruin te staan.

    Midstream College het vanjaar in hul ligawedstryd teen Overkruin met 33-27 as oorwinnaars van die veld gestap. Die span se twee afrigters, Henry Verster en Christiaan van der Merwe, sal seker maak dat hul span besef dat ‘n uitspeelwedstryd ‘n heel nuwe uitdaging is.

    Overkruin se agterhoede is gevaarlik met veral die buitesenter, Leequine Fredricks, asook die vleuels, Waylon Oncke en Tao Fabri, wat skade kan aanrig indien hul te veel spasie gegun word.

    Die spanne is: 

    Hoërskool Ermelo vs HTS John Vorster in Ermelo om 11:15: 

    Ermelo: 15 Thabo Mokwena, 14 Milo Ngwenya, 13 Edwin Smit, 12 Nicolas Steyn, 11 Phosa Mnqoba, 10 Luthando Mhlangu, 9 Carel Jacobsz, 8 Tredoux Ferreira, 7 Eben Genade, 6 Minenhle Mkhwanazi, 5 JJ Erasmus, 4 Niel Landman, 3 Lindo Linda, 2 Nardus de Wet, 1 Siba Lamola.

    HTS John Vorster: 15 Christian Nel, 14 Nathan Buckley, 13 Ruben Bester, 12 Andrew Botha, 11 Bladen Hart, 10 Xander Roesch, 9 André Huyser, 8 Tiaan van Loggerenberg, 7 Reagan van der Merwe, 6 Heinrich Coetzee, 5 SJ van Mourik (kaptein), 4 Christoff Lombard, 3 Armand Beetge, 2 Drikus Coertze, 1 Michael Oosthuizen.

    Midstream College vs Overkruin in Midrand om 10:30: 

    Midstream College: 15 Luca Jankovic, 14 Jean Holtzhausen, 13 Yanko Cronjé, 12 Ewan van Niekerk, 11 Thomas Stofberg, 10 Jeanré Lourens, 9 Thomas Pretorius, 8 Jahred Smit, 7 Nicholas Grobler, 6 Louis Verhof, 5 Nathan Judlesohn, 4 Neil de Vleeschauwer, 3 Keiran van Wijk, 2 Hanno Britz, 1 Leeunard Ehlers.

    Overkruin: 15 Jiftal Langeveld, 14 Waylon Oncke, 13 Leequine Fredricks, 12 Owam Freempong, 11 Tao Fabri, 10 Marnus Rademeyer, 9 Christon de Kooker, 8 Victory Akinwunmi, 7 Marko Smith, 6 Okuhle Hini, 5 Divan Maré, 4 Musa Vukela, 3 Justin Kunz, 2 Barend Buys, 1 Jandré Pieterse.

    Skeidsregter: Reghardt O’Neill.

     

  • Bergvlam wil vlamvat in Mbombela, terwyl Linden ‘n omgekrapte Erasmus inwag

    FOTO: Hennie Homann/HH Photography & Design

    Die Hoërskool Bergvlam van Mbombela se eerste rugbyspan sal hoop dat hy na Saterdag nog ‘n tree nader daaraan is om vir die eerste keer tot ‘n eindstryd van die SDC Noordvaal Cup deur te dring.

    Die span kom Saterdag op sy tuisveld in Groep 3 teen die Hoërskool Stoffberg van Brakpan in die kwarteindronde te staan. Dié skool van Mbombela se junior spanne het al tot die eindstryd van die reeks deurgedring, maar die eerstespan kon dit nog nooit vermag nie.

    Bergvlam se o.16-span was in 2014 naaswenners van die Beeldtrofee, terwyl dié skool se o.14-spanne in 2014 asook 2022 tot die eindstryd deurgedring het. In 2014 was die o.14-span as kampioen van die Beeldtrofee vir Middelskole gekroon, terwyl die 2022-groep die naaswenners was.

    Bergvlam se bekendste oud-leerling is die voormalige Springbok en Blou Bul-afrigter, Heynecke Meyer. Die span van 2024 het vanjaar skitterend vertoon en was nog net twee keer aan die verloorkant. Albei kere was teen spanne bo hul gewigsklas.

    Dié nederlae was teen Hans Moore (21-24) en Lydenburg (10-19) wat albei vanjaar tot die uitspeelrondes van Groep 2 van die SDC Noordvaal Cup deurgedring het.

    Bergvlam het verlede week op sy tuisveld vir Fochville met 32-26 geklop om tot die kwarteindronde deur te dring. Stoffberg is self ‘n omgesukkelde span na hy vir Hoërskool Brits met 18-3 in sy uitspeelwedstryd verslaan het.

    Die Hoërskool Linden sal in die kwarteindronde op sy tuisveld in Johannesburg teen die Hoërskool Erasmus van Bronkhorstspruit sake uitspook. Linden het sy plek in die kwarteindronde met ‘n sege van 26-18 oor Oosterland in Secunda bespreek.

    Erasmus het in sy uitspeelwedstryd teen Benoni High met 44-10 oor te veel skietgoed beskik. Die span se heelagter, Marius Erasmus, het twee keer in die wedstryd agter die doellyn gaan kuier. Hy is sonder twyfel ‘n speler wat ‘n sleutelrol vir sy span sal vertolk. Die heelagter het boonop 19 van sy span se punte in die sege aangeteken.

    Veral omdat Linden in sy losskakel en kaptein, Francois Steyn, ‘n speler het wat weet hoe om ‘n voetbal te sool. Boonop sal Steyn die dienste van Ruan Erasmus (skrumskakel) terug hê vir die kragmeting na hy van ‘n skouerbesering herstel het.

    Linden het vanjaar ook bo sy gewigsklas geboks en slegs nederlae in dié wedstryde op die lyf geloop. Hy het teen Wagpos (18-25) en Hugenote van Springs (0-38) die knie gebuig wat albei in Groep 1 van die reeks speel. In dié nederlaag teen sy aartsvyand, die Hoërskool Randburg (14-33), wat ook in Groep 1 se Bowl-afdeling speel is daar geen twyfel dat die telling nie die volle verhaal vertel nie.

    Die spanne is:

    Bergvlam vs Stoffberg in Mbombela om 09:20:

    Bergvlam: 15 Linhle Malinda, 14 Ndzaka Manyange, 13 KG Malinda, 12 Tonto Shokane, 11 Lee Mathebula, 10 Cian Maritz, 9 Gustav de Beer, 8 Daniel Aucamp, 7 Ethan Fulton, 6 Hanré Smit, 5 Siya Maisane, 4 Lufuno Bulwana, 3 Bulelani Mthethwa, 2 Steflin van den Heever, 1 Kgoshi Mashego.

    Stoffberg: 15 Estian Bouwer, 14 Matthew Smit, 13 Ollson Candan, 12 Anton Strydom, 11 Deon Viljoen, 10 Divan Joubert, 9 Kayden Grobler, 8 Luquinn Coetzer, 7 Marthyn Meyer, 6 Dewaldt de Wet, 5 Grant Esterhuyse, 4 Byron Willemse, 3 Hannes Pretorius, 2 Isak van Aswegen, 1 Garreth Willemse (kaptein).

    Hoërskool Linden vs Erasmus in Johannesburg om 11:00:

    Linden: 15 Zander Fourie, 14 Etienne Fouché, 13 Jeandré Müller, 12 Aidan Mans, 11 Ruben Little, 10 Francois Steyn (kaptein), 9 Ruan Erasmus, 8 Ayden Davel, 7 Keatin Carlse, 6 Dylan Fourie, 5 Jadon Texeira, 4 Wouter Toerien, 3 Ryan Nel, 2 Zackie Crow, 1 Xander Oelofse.

    Erasmus: 15 Marius Erasmus, 14 Leslie van Zyl, 13 Petrus van der Merwe, 12 Stephan Minnaar, 11 Nathi Msibi, 10 Ferdinand van Staden, 9 Ryno Truter, 8 Ludrick Brits, 7 Dudu Mashinini, 6 Alex Maritz, 5 Ivan Kruger, 4 George Porton, 3 Raynhardt Jacobs, 2 Dean van Staden, 1 Carrington Mache.

    Referee: Richard Kock (Golden Lions).

  • School Rugby Fixtures – 27 July 2024

    School Rugby Fixtures – 27 July 2024

    We are looking forward to yet another exciting schoolboy rugby weekend as we are at the end of the penultimate month of the season.

    The Premier Interschools clash of this weekend will be between Monument and Garsfontein. This will be without a doubt an important clash for both schools on the Ras van Rooyen in Krugersdorp. For Monnas it is a must-win to keep their fate in the SDC Noordvaal Cup in their own hands.

    In Pretoria, the big clash is between Pretoria Boys’ High and the Afrikaanse Hoër Seunskool who will attempt to finish their seasons on a high. It is one of the oldest interschools north of the Vaal River and both side’s final outings for the season.

    Maritzburg College will travel once again to Gauteng to face King Edward VII in a clash that promises to be one of the best schoolboy matches this season.

    Please note that the Free State and Griffons semi-finals for the various leagues will be hosted at Grey College and the HT Pelatona Stadium respectively.

    Please note that the table of fixtures below is a working document and it will be updated as info about the kick-off times as well as streaming links on SuperSport Schools (www.supersportschools.co.za) are made available for publication.

    The Fixtures: 

    [ninja_tables id=”53398″]

  • Ferreira beklink Ermelo sege met drie in die doodsnikke

    Ferreira beklink Ermelo sege met drie in die doodsnikke

    Die Hoërskool Ermelo het sy plek in die kwarteindronde van die SDC Noordvaal Cup se Groep 2-uitspele danksy ‘n drie deur sy agtsteman, Tredoux Ferreira, bespreek.

    Ermelo het ‘n strafskop op die halflyn in die laaste minuut van die kragmeting gekry wat sy skrumskakel, Carel Jacobsz, oor die kantlyn gejaag het.

    Ferreira het kort daarna gaan druk om aan sy span ‘n sege van 32-29 oor Brandwag van Benoni te besorg.

    Jacobsz was ook een van sy span se staatmakers. Hy het een van Ermelo se drie drieë gedruk, met een doelskop geslaag en ook drie strafdoele tussen deur die pale gejaag.

    Ermelo sal in sy kwarteindstryd teen HTS John Vorster van Pretoria te staan kom.

    HTS John Vorster was met 44-40 bobaas in ‘n opwindende wedstryd teen Ben Viljoen van Groblersdal. Nie eers ‘n vierkuns aan drieë deur die besoekers se losskakel, Mignon Stevens, kon hul van ‘n nederlaag red nie.

    Dit was ‘n stryd tussen die tuisspan se gedugte agttal en Ben Viljoen se agterhoede. Stevens was vroeër vanjaar as heelagter een van die staatmakers tydens die Stadio Cravenweek in Krugersdorp vir die Limpopo Blou Bulle.

    HTS John Vorster se kaptein en slot, SJ van Mourik, het in sy 50ste wedstryd vir die eerstespan ‘n topklas vertoning opgedis. Die agtsteman, Tiaan van Loggerenberg, het ook met sy spel beïndruk.

    Die binnesenter, Xander Roesch, se skopstewels was nie geroes nie. Hy het 17 punte met sy skopskoen aangeteken. Hy het al vier sy span se drieë verdoel en ook drie strafdoele tussen deur die pale gejaag.

    Die verdedigende kampioen, Midstream College, het ‘n reuse aanslag van die Hoërskool Hans Strijdom van Mookgophong  in hul uitspeelwedstryd oorleef. Die wenspan het met 43-32 koning gekraai nadat Hans Strijdom na 15 minute se spel ‘n voorsprong van 17-0 opgebou het.

    Midstream College het goed daarna terruggeveg om teen rustyd met 19-20 agter te loop. Die wenspan se loskopstut, Leeunard Ehlers, was op die dag sonder twyfel sy span se beste speler op dié dag. Hy het elke keer wat hy die bal onder die arm vasgeknyp het soos ‘n wafferse losvoorspeler oor die voordeellyn gestorm.

    Hy het selfs twee keer op dekverdediging gekeer dat Hans Strijdom se vleuels gaan druk.

    Midstream College se heelagter, Luca Jankovic, het ook amper ‘n foutlose dag vanaf die skopkegel beleef. Hy het vier van sy span se vyf drieë verdoel en ook met ‘n strafdoel geslaag.

    Vir Hans Strijdom het die vaskopstut, Wynand Geyer, en kantman Marcus van der Walt voorlangs uitstaande spel gelewer. Agterlangs was die losskakel, MW de Jager, en buitesenter, Lewaldt Ferreira, uitmuntend.

    Midstream College sal in die kwarteindronde teen Overkruin te staan kom. Die kampioen het vroeër vanjaar se Blou Bulle ligawedstryde tussen die twee skole met 33-27 gewen.

    Overkruin het sy plek in die kwarteindronde met ‘n indrukwekkende sege van 29-13 oor die Valke-kampioen, Oosterlig, bespreek. Oosterlig is welverdiend as Valke-kampioen gekroon, maar het nie op alle silinders in die uitspeelwedstryd teen die Ovies gevuur nie.

    Die Ovies se losskakel, Marnus Rademeyer, was vuurwarm. Hy het 14 van sy span se punte in die sege aangeteken. Hy het ‘n draai agter die doellyn gemaak, drie van sy span se drieë verdoel en ook ‘n strafdoel oorgeklits.

    Oosterlig se regtervleuel, Dylan Jordaan, het al sy span se punte aangeteken.

    Puntemakers: 

    Ermelo 32 (8) – Drieë: Tredoux Ferreira, Siyanda Yende, Carel Jacobsz. Doelskop: Jacobsz. Strafdoele: Jacobsz (3). Brandwag (Benoni) 29 (17) – Drieë: Tyrese Baatjies, Logan Turvey, Jayden Diedericks. Doelskoppe: Jason Coetzer (3). Strafdoele: Coetzer (2).

    HTS John Vorster 44 (31) – Drieë: SJ van Mourik, Heinrich Coetzee, Tiaan van Loggerenberg, Andrew Botha. Doelskoppe: Xander Roesch (4). Strafdoele: Roesch (3). Ben Viljoen 40 (21) – Drieë: Mignon Stevens (4), Joe Cloete, Mihlali Ntlebi. Doelskoppe: Janik Brits (5).

    Midstream College 43 (19) – Drieë: Yanko Cronjé (2), Leeunard Ehlers, Thomas Stofberg, Neil de Vleeschauawer, Nathan Judelson. Doelskoppe: Luca Jankovic (5). Strafdoel: Jankovic. Hans Strijdom 32 (20) – Drieë: Wynand Geyser (2), Henrico van der Colf, Louis Joubert, Janneman Benson. Doelskoppe: Van der Colf (2). Strafdoel: Van der Colf.

    Overkruin 29 (22) – Drieë: Leequine Fredricks, Waylon Oncke, Justin Kunz, Marnus Rademeyer. Doelskoppe: Rademeyer (3). Strafdoel: Rademeyer. Oosterlig 13 (6) – Drie: Dylan Jordaan. Doelskop: Jordaan. Strafdoele: Jordaan (2).

    Ander spanne: 

    o.16: Lydenburg wen (Hans Moore gee punte); Ellisras 18, HTS John Vorster 15; Centurion 43, Frikkie Meyer 15; Oosterlig 17, Wonderboom 3; Dinamika 26, Midstream College 14; HTS Witbank 21, HTS Tom Naudé 19; Ben Viljoen 19, Ermelo 18; Bergsig 54, Brandwag 19.

    o.15: Ermelo wen (Hans Moore gee punte); Ellisras 28, Bergsig 12; Midstream College 30, Frikkie Meyer 6; Dinamika 29, Hoërskool Tuine 7; Leeuwenhof 34, Pretoria-Noord 8; Ben Viljoen 26, Rob Ferreira 12; Hans Strijdom 19, HTS Witbank 15; Centurion 24, Oosterlig 13.

    o.14: Lydenburg wen (Hans Moore gee punte); Bergsig 27, Ellisras 7; Midstream College 34, Hans Strijdom 5; Brandwag 42, Wonderboom 8; Dinamika 52, Pretoria-Noord 0; Ermelo 19, HTS Tom Naudé 12; Ben Viljoen 56, Ferrum 0; Centurion 19, Leeuwenhof 10.

  • Rhinos se tuisveld word weer ’n begraafplaas

    EAGAN ROUX, linkervleuel van Affies, duik hier oor sierlik oor die doellyn in sy span se sege van 43-28 oor die Hoërskool Waterkloof. FOTO: Riaan de Bruyn

    PRETORIA. – Die Hoërskool Rustenburg het waarskynlik Saterdag Helpmekaar-kollege se kanse om tot die uitspeelrondes van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling nek omgedraai.

    Die Rusties het op sy tuisveld vir Helpies met 31-19 verslaan. Dit is waarskynlik die tuisspan se grootste sege nog sedert sy afrigter, Naas Olivier, die leisels geneem het.

    Boonop het die Rusties verlede week vir die tweede jaar op ‘n streep vir Glenwood van Durban met 27-24 met die kous oor die kop huis toe gestuur.

    Die wenspan se heelagter, Lorenzo Snyers, was op sy stukke met veral sy skopskoen wat meeste van die praatwerk gedoen het. Hy het albei sy span se drieë verdoel en ook vier strafdoele deur die pale gejaag.

    Nog ‘n strafdoelpoging deur Snyers het die regoppaal getref en op ‘n drie vir die senter John-Ré Jefthas uitgeloop.

    Die Hoërskool Nelspruit se hoofveld is vining besig om weer ‘n begrafplaas vir besoekende spanne te word. Die Rhinos het waarskynlik Monument van Krugersdorp se kanse om die uitspeelrondes te haal met ‘n sege van 21-12 nek omgedraai.

    Menlopark het sy eerste sege van die reeks behaal deur vir Marais Viljoen in Alberton in ‘n opwindende kragmeting met 40-33 te klop. Die span se agtsteman, Rocco Myburgh, het met sys pel beïndruk, terwyl die kantman Nathan du Plessis ook woelig was.

    Ficksburg het in die Oos-Vrystaatse eindstryd vir ‘n opskudding gesorg deur vir Vrede met 18-5 te verslaan. Wilgerivier van Frankfort is die Sandveld-kampioen na hy vir Wessel Maree van Odendaalsrus met 43-7 kaf gedraf het.

    Grey-kollege het die vloek van nederlae elke tien jaar teen Grey High School met ‘n oorwinning van 41-27 verdryf. Die span van die Rosestad het in 1994 (10-18), 2004 (14-17) en 2014 (20-27) die knie teen sy naamgenoot gebuig.

    Op papier moes Saterdag se kragmeting ‘n maklike sege vir die tuisspan gewees het, maar hy moes veel harder werk as verwag om uiteindelik dié vloek te verdryf.

    Paul Roos Gimnasium is steeds onoorwonne na hy vir Bishops met 42-7 die loef afgesteek het. Stellenberg en Outeniqua het met 24-elk gelykop gespeel, terwyl Oakdale Landbou ‘n sege van 25-12 oor HTS Drostdy op Trappespark in Worcester behaal het.

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het sy oorheersing oor Waterkloof met ‘n oorwinning van 43-28 voorgesit. Sy flank Lohan Potgieter was uitstaande in die oorwinining.

    In die oudste interskole van Johannesburg kan nie King Edward VII of Jeppe daarop aandring om die voorste span te wees nie. KES het eerste kragmeting tussen die twee spanne vroeër vanjaar met 38-28 gewen, terwyl Jeppe Saterdag ook met tien punte met 23-13 as oorwinnaars van die veld gestap het.

    Al die uitslae: 

    SDC NOORDVAAL CUP

    Groep 1

    Beker: Hoërskool Rustenburg 31, Helpmekaar 19; Hoërskool Nelspruit 21, Monument 12; Garsfontein 44, Noordheuwel 37; Menlopark 40, Marais Viljoen 33. Plaat: Hoërskool Middelburg 34, Zwartkop 17; HTS Middelburg 42, Kempton Park 12; Transvalia 45, Montana 24; Hoërskool Klerksdorp 38, Ligbron Akademie 31. Skild: Ben Vorster 25, Hoërskool Pietersburg 23; Lichtenburg 37, Die Anker 26; Heidelberg Volkskool 30, Hugenote (Springs) 29.Bowl: Potchefstroom Volkskool 27, Piet Retief 10; Randburg 43, Merensky 31; Eldoraigne 88, Wagpos 13; Dr. Malan 20, Hoërskool Alberton 7.

    Groep 2 Uitspeelwedstryde

    Hoërskool Ermelo 32, Brandwag (Benoni) 27; HTS John Vorster 44, Ben Viljoen 40; Midstream College 43, Hans Strijdom 32; Overkruin 29, Oosterlig 13; Dinamika 37, Wonderboom 18; Frikkie Meyer 15, Lydenburg 14; Ellisras 19, Rob Ferreira 18; Bergsig Akademie 36, Hans Moore 14.

    Groep 3 Uitspeelwedstryde

    Bergvlam 32, Fochville 26; Stoffberg 18, Hoërskool Brits 3; Linden 26, Oosterland 18; Erasmus (Bronkhorstspruit) 44, Benoni High 10; Die Wilgers 39, Vereeniging Gimnasium 8; Riebeeckrand 82, Northern Academy 0; Standerton 35, John Vorster (Nigel) 12; Vryburg 27, Piet Potgieter 3.

    KWAZULU-NATAL/OOS-KAAP

    Queen’s College 21, Selborne College 6; Maritzburg College 19, Pretoria Boys’ High 18; Durban High School 18, Northwood 11; Kingswood College 37, Graeme College 17; Pearson 29, Marlow Landbou 26; Hudson Park 66, Stirling 0; Ithembelihle 17, Ooskus Gimnasium 12; St Andrew’s College 26, Dale College 25.

    NOORDVAAL

    Affies 43, Waterkloof 28; Jeppe 23, King Edward VII 13; Parktown Boys’ High 20, Northcliff 10.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Grey-kollege 41, Grey High School 27; Goudveld-Hoërskool 34, Sentraal 12;Fichardtpark 28, Hoërskool Trio 25; Voortrekker (Bethlehem) 53, Jim Fouché 26; Diamantveld 36, Witteberg 26; Hoërskool Upington 25, Landboudal 21; Sand du Plessis 33, Heatherdale 10; Hendrik Potgieter 34, St Andrews 9; Ficksburg 18, Vrede 5; Wilgerivier 43, Wessel Maree 7.

    WES-KAAP

    Paul Roos Gimnasium 42, Bishops 7; Paarl Gimnasium 45, Wynberg Boys’ High 25; Oakdale Landbou 25, HTS Drostdy 12; Charlie Hofmeyr 33, Hermanus 14; Boland Landbou 27, Rondebosch Boys’ High 22; Hoër Jongenskool Paarl 20, SACS 12; Stellenberg 24, Outeniqua 24; Brackenfell 32, Melkbosstrand 11; Milnerton 33, Strand 19; Overberg 31, Robertson 10; Hugenote (Wellington) 23, Porterville 20.

  • School Rugby Results – 20 July 2024

    School Rugby Results – 20 July 2024

    Catch all the action live from around the country on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.

    If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results, please email us via e-mail at rugby@ssschoolsplus.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.

    For results from the SDC Noordvaal Cup – please click on the following link – SDC Noordvaal Cup Results.

    Or you can submit a result via our website – Submit Result.

    All the results: 

    EASTERN CAPE 

    [ninja_tables id=”52877″]

    FREE STATE/GRIQUALAND WEST

    [ninja_tables id=”52876″]

    KWAZULU-NATAL 

    [ninja_tables id=”52878″]

    NOORDVAAL 

    [ninja_tables id=”52879″]

    WESTERN CAPE 

    [ninja_tables id=”52887″]

  • Maritzburg College to face Candies without the muscle of Aiden Botha

    Rambo Kubheka helped Maritzburg College to a win over Westville on Reunion Weekend in 2023. College will seek a winning return against Michaelhouse in their 2024 Reunion clash on Saturday.

    Pretoria Boys’ High hosts Maritzburg College this time around and will be hoping to ride the home support to victory on Brooks Field.  It has been a challenging season for the Candies, but they’ve hung tough while playing an extremely demanding schedule.

    Maritzburg College dominated the first meeting of the sides on Goldstone’s, winning the encounter 43-15.

    Last year, College won home and away against Boys High, including an emphatic and exciting 47-15 victory in Pretoria. Kick-off is at 13:20.

    Last weekend, the Red, Black and White lost a sensational match to Affies, going down 37-39. The Pietermaritzburg school came within 30 seconds of upsetting the Wit Bulle, but showed in that contest that when they’re on their game they can go toe-to-toe with anyone.

    College’s flyhalf James Slevin, has had a good season thus far and will want to continue with his good form, which included a 100 percent goal kicking record against Affies. In the Boys High camp, Seth Venter misses out and is replaced by Kwanda Mabuza in the number 10 jersey.

    A notable absentee from the College lineup is SA Schools’ tighthead Aiden Botha. He’s replaced by Alande Ngubane in the front row.

    The teams: 

    Pretoria Boys High: 15 Itu Baloyi, 14 Ntsako Ndlovu, 13 Motheo Dimpe, 12 Tyler Mason, 11 Ompfuna Tsanwani, 10 Kwanda Mabuza, 9 Tumisho Motswi, 8 Katlego Shebu, 7 Akin Akingbola, 6 Panyaiotis Ellinas, 5 Tshepiso Shikhibana, 4 Stephen Adams, 3 Ofentse Moeng, 2 Thapelo Mphela, 1 Jeffery Singo.

    Maritzburg College: 15 Luyanda Kunene, 14 Ntsika Mkhize, 13 Swelithle Mbatha, 12 Nkululeko Sithole, 11 Amahle Hadebe, 10 James Slevin, 9 Rayke Maartens, 8 Imivuyo Kemke, 7 Wasi Vyambwera, 6 Struan Oosthuizen, 5 Naz Isaacs, 4 Bohlale Maphisa, 3 Alande Ngubane, 2 Siya Nyathi, 1 Phiwayinkosi Kubheka.

    Pretoria Boys’ High vs Maritzburg College

    u14A: 9:00 – Pretoria Boys vs Maritzburg (Dorey Near)
    u15A: 09:50 – Pretoria Boys vs Maritzburg (Oehley Far Field)
    u16A: 11:00 – Pretoria Boys vs Maritzburg (Oehley Near Field)
    u19B: 12:10 – Pretoria Boys vs Maritzburg (Brooks Field)
    u19A: 13:20 – Pretoria Boys vs Maritzburg (Brooks Field)