SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • Vryburg kan vanjaar driekuns in SDC Noordvaal Cup behaal

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Die Hoërskool Vryburg sal vanjaar weer ‘n sterk aanspraakmaker om die titel as kampioen van Groep 3 van die SDC Noordvaal Cup te wees.

    Vryburg het in 2022 en 2023 ook die kroon gedra. Hy het wel in 2022 die trofee mer Die Wilgers van Pretoria gedeel na die twee spanne met 15-elk gelykop in die eindstryd gespeel het.

    Vryburg het verlede jaar vir Bastion met 30-24 in die eindstryd verslaan. Die span sal egter al sy wedstryde vanjaar weg van die huis speel behalwe indien hy teen ‘n span van Limpopo, soos Saterdag die geval is, te staan kom.

    En natuurlik ook indien hy en Brits daarin slaag om tot die eindstryd deur te dring.

    Die verdedigende kampioen sal egter reeds vroeg in vanjaar se reeks getoets word. Hy kom Saterdag in sy eerste uitspeelwedstryd teen die Hoërskool Piet Potgieter van Mokopane te staan. Piet Potgieter is die Limpopo-naaswenner na hy met 5-20 teen Northern Academy die knie gebuig het.

    Vryburg het tot dusver vanjaar nog net drie keer die onderspit gedelf. Een keer tydens die NWU 16-reeks teen Wolmaransstad. Vryburg het wel later die titel in dié reeks verower.

    Sy ander twee nederlae teen Hoërskool Upington (19-22) en Lichtenburg (14-21) was teen skole in ‘n ander gewigsklas.

    Die Wilgers en Vryburg kan mekaar dalk vanjaar weer in die halfeindronde van die SDC Noordvaal Cup ontmoet.

    Die Blou Bulle se kampioenspan kom in sy eerste uitspeelwedstryd teen Vereeniging Gimnasium te staan. Die Wilgers het sy eindstryd teen die Hoërskool Erasmus van Bronkhorstspruit op ‘n drafstap met 37-7 gewen. Die span van die Jakarandastad behoort dus vanjaar weer ‘n sterk aanspraakmaker op die titel te wees.

    Die Limpopo-kampioen, Northern Academy, se krag sal ook behoorlik op die proef teen Riebeeckrand gestel word. Die span hou daarvan op die bal lug te gee en kan die tuisspan dalk agterlangs laat bontstaan.

    Die Puma-naaswenner, Standerton, sal gasheer vir John Vorster van Nigel speel. Standerton het in die Puma-eindstryd die knie met 32-36 teen Bergvlam van Mbombela gebuig.

    Die spanne is: 

    Vereeniging Gimnasium vs Die Wilgers in Vereeniging om 10:00: 

    Vereeniging Gimnasium: 15 De Waal Viljoen, 14 Musi Mashiloana, 13 AJ Theron, 12 Tiaan Brits, 11 Tumi Masilo, 10 Duncan Scheun, 9 André Labuschagne, 8 Deon Lombaard, 7 Thato Lehohla, 6 Mike Machogo, 5 Hennie Coetzee, 4 Vuyani Mcombolo, 3 Leon Ferreira, 2 Lee-Ray Paulsen, 1 Handré Brits.

    Die Wilgers: 15 Mitchell Obi, 14 Declin Farham, 13 Leo Owen, 12 Jason Pienaar, 11 Byron Esterhuizen, 10 Reinhardt Uys, 9 Armandt Pretorius (kaptein), 8 SP Schutte, 7 Kyle Painter, 6 Zander Bothma, 5 Caleb Klein, 4 Herman Rogers, 3 JP Olivier, 2 Adriaan Jacobs, 1 Aidon Moolman.

    Skeidsregter: Marais Botha.

    Riebeeckrand vs Northern Academy in Riebeeckrand om 11:10: 

    Riebeeckrand: 15 Junaid Fortuin, 14 Cayleb Hadebe, 13 Onthatile Moruledi, 12 Peet de Bruin, 11 Mika Seatle, 10 Zac Smit, 9 Freddy Parrott, 8 Luyanda Kubheka, 7 Kobus Malan, 6 Xander Wray, 5 Terry Billa, 4 Dylan Jacobs, 3 Hardus Carew, 2 Zander Viljoen, 1 Reinhard Eloff.

    Northern Academy: 15 Tumisho Segoale, 14 Tendani Tsananwi, 13 Dickson Pesulo, 12 Mahlatse Mosehla, 11 Boitumelo Nkuna, 10 Paballo Sebola, 9 Mphiwa Ledwaba, 8 Blessing Risaba, 7 Joyous Mpahanga, 6 Dimpho Mashifane, 5 Andries Gabara, 4 Blessing Kanyunyi, 3 Bokang Selepe, 2 Phindulo Tshikota, 1 Tsakile Mabunda.

    Skeidsregter: PJ Nel

    Standerton vs John Vorster (Nigel) in Standerton om 12:20: 

    Standerton: 15 Olwethu Simelane, 14 Tshiko Mulovhedzi, 13 Hlalanenkosini Mtshali, 12 Sandile Hlatswayo, 11 Junior Khoza, 10 Bandile Radebe, 9 Johan Schoonraad, 8 Khayalethu Nhlapo, 7 Nathan Bouwer, 6 Yolanda Tshabalala, 5 Reghardt Burger, 4 Sam Hadebe, 3 Siphiwesihle Ndlovu, 2 Arno Bosman, 1 Lwandile Vilakazi.

    John Vorster: 15 Sean de War, 14 Khamo Hlatswayo, 13 Diago George, 12 Stean van den Venter, 11 Tshepo Mohale, 10 Vama Makubo, 9 Gabriel Combrinck, 8 Stefan Louw, 7 Jaco van der Nest, 6 Dawie Viljoen, 5 Marnus Smith, 4 Hannes Muller, 3 Melusi Mhlambi, 2 Harald van der Merwe, 1 Jason Prinsloo.

    Skeidsregter: Stefan Jacobs.

    Hoërskool Vryburg vs Piet Potgieter in Vryburg om 11:00: 

    Vryburg: 15 Christopher Isaacs, 14 FJ van Zyl, 13 Karabelo Mbolekwa, 12 Jordan Rathebe, 11 Tefo Sejake, 10 Jayden Starke, 9 Rikus Nieuwoudt, 8 Kenan Joseph, 7 Aiden Jonker, 6 Janco Venter, 5 Juan Smit, 4 Olerato Bonokwane, 3 Daniel Nortjé, 2 Johan Steyn, 1 Cobus van den Berg.

    Piet Potgieter: 15 Evan Pretorius, 14 Jabu Mnisi, 13 Du Preez Coetzee, 12 Jevonski Gordon, 11 theo Lottering, 10 Waldo Nell, 9 Lefa Rammutla, 8 Jakkie Botha, 7 Stiaan le Roux, 6 Arno Liebenberg, 5 Smangi Tjale (kaptein), 4 Ramogau Mathato, 3 Daniel Seabi, 2 Roraka Mothoa, 1 Regard Human.

  • Grey College would be cautious for history repeating itself against Grey High

    Grey College would be cautious for history repeating itself against Grey High

    PHOTO: The Weekend Photography

    Grey College could have probably eyed a comprehensive victory over their namesakes from Gqeberha, Grey High School if it wasn’t for the fact this is 2024.

    Catch all the action live on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Since the 1990’s Grey High School has only managed to beat Grey College five times.

    Even more, foreshadowing is the fact Grey College have lost to the team from Gqeberha in 1994 (10-18), 2004 (14-17) and 2014 (20-27). So for anybody who is superstitious, this pattern will leave them with some sleepless nights before Saturday’s clash.

    The home side will also be a bit more emotional as their matrics will jog onto their home field for one last time. College’s last two matches against Oakdale Landbou and Paul Roos Gimnasium will both be away from home.

    Grey College will without a doubt take the field as favourites as four of their players Alzeadon Felix (flyhalf), Pieter van der Merwe (inside centre), AJ Meyer (lock) and Ethan Adams (outside centre), represented the South African Schools’ side earlier this year. Felix was also named the Player of the Tournament for the magic he produced during the Stadio Craven Week in Krugersdorp.

    It helped the Free State to reach the prestigious main match at the tournament for the first time since 2011. Grey’s fullback, Heinz Stockenström, was the leading point scorer during the Craven Week as he amassed a total of 45 points.

    Another two players Liam van Wyk (hooker) and Philip McLaren (scrumhalf) represented the SA Schools A-side.

    Grey High School on the other hand would’ve preferred a better approach leading up to this clash.

    The team from Gqeberha lost for a third year on a trot against Framesby (17-19) in their last encounter before packing for Bloemfontein. This would’ve left the side wounded.

    The battle up-front between Liam van Wyk (Gey College) and Jon Hobson (Grey High) could be one of the highlights of the encounter. Also watch out for Grey College’s centre pairing of Van der Merwe and Adams.

    The teams: 

    Grey College: 15 Heinz Stockenström, 14 Tristan Maree, 13 Ethan Adams, 12 Pieter van der Merwe, 11 Siyabonga Kenny, 10 Alzeadon Felix, 9 Philip McLaren, 8 Liam Santos, 7 Juliun Cosmo, 6 Xander Smit, 5 AJ Meyer, 4 Marcel Coetzee, 3 Danie Kruger, 2 Liam van Wyk (captain), 1 Dian Venter.

    Grey High School: 15 Meyer Prinsloo, 14 Lavela Pongolo (captain), 13 Ruan Oelofse, 12 Dylan Garrod, 11 Luc de Villiers, 10 Adam Holmboe, 9 Ray-Dylan Wilkinson, 8 Caylum Jansen, 7 Tanner Howard, 6 Fletcher Britz, 5 Likhona Sodlaka, 4 Blayton Ward, 3 Ross Atkinson, 2 Jon Hobson, 1 Evan Mucka.

    Referee: Tiaan Engelbrecht

    Kick-Off: 13:00

    Other fixtures: 

    11:45 – u14A – Grey College vs Grey High School (Tommix A)
    09:15 – u16A – Grey College vs Grey High School (Main Field)
    08:00 – u15A – Grey College vs Grey High School (Main Field)

    PREVIOUS MEETINGS: 

    [ninja_tables id=”52833″]

  • Lydenburg en Robbies sal hul Limpopo-teenstanders in SDC Noordvaal Cup met kous oor die kop huis toe wil stuur

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Die SDC Noordvaal Cup se Groep 2 is sonder twyfel een van die mees opwindendste ligas in dié reeks.

    Meeste spanne weet nie te veel van mekaar af nie, terwyl die faktor van reis buite jou provinsie asook dat dit uitspeelwedstryde is, sonder twyfel ‘n element van opgewondenheid na die tafel toe bring.

    Die Pumas beklee vanjaar die boonste posisie op die reeks se prioriteitslys. Dit beteken dat die unie se drie spanne – die Hoërskool Ermelo, Lydenburg en Rob Ferreira al hul wedstryde tuis sal speel, buiten natuurlik as hulle teen mekaar te staan kom. Ermelo kan eers in die eindstryd teen ‘n skool vanuit die Pumas te staan kom, terwyl Lydenburg en Rob Ferreira mekaar eers in die halfeindstryd kan ontmoet.

    Daar moet egter nog heelwat water in die see loop voordat bogenoemde homself in die reeks sal uitspeel.

    Die Pumas se naaswenner, Lydenburg, sal in sy eerste uitspeelwedstryd teen Frikkie Meyer van Thabazimbi op sy tuisveld in Mashishing te staan kom. Lydenberg het in die Puma-eindstryd met 26-31 die knie teen Ermelo gebuig. So daar was nie veel tussen die twee spanne te kies nie.

    Frikkie Meyer is nou wel Limpopo se derde gekeurde span maar daar was in die provinsie ook nie veel te kies tussen die voorste drie spanne nie. Die Limpopo-kampioen, Ellisras, het vir die span van Thabazimbi met 25-22 in hul ligawedstryd getroef.

    Hoewel Midstream College van Midrand die verdedigende kampioen is, sal die spanne vanuit Mpumalanga en Limpopo sonder twyfel almal sterk aanspraakmakers op vanjaar se titel wees. Midstream College het in 2022 en 2023 die kroon as kampioen van dié liga gedra.

    Lydenburg het vir Rob Ferreira met 34-27 in die halfeindronde van die Puma-liga geklop. Die uitslag was ietwat van ‘n verrassing na Rob Ferreira vir Lydenburg met 32-14 in hul ligawedstryd gekarnuffel het.

    Ellisras het ‘n moeilike taak wat op hul wag wanneer hul na Witrivier reis om teen ‘n omgesukkelde Rob Ferreira kragte te meet.

    Die Robbies se agtsteman, Tlotlo Ratshwene, asook die flank Zander Visser kan die besoekers heelwat hoofbrekens met hul kraglopies besorg. Die Rassies sal vertrou dat hul haker, Hanno Kay, weer soos in die Limpopo-eindstryd teen Ben Viljoen soos ‘n vierde losvoorspeler op verdediging woel.

    Rob Ferreira het vroeër vanjaar teen die verdedigende Noordvaal-kampioen, Midstream College, met 0-15 tydens sy jaarlikse Danie Rossouw-week die knie gebuig. Die span het intussen van krag-tot-krag gegaan. Interresant is dat die Robbies se twee ander kragmetings tydens die week ook teen twee van die Ligbloues se ander verteenwoordigers in die uitspeelwedstryde was.

    Die span van Witrivier het ook vir Wonderboom (29-8) en HTS John Vorster (30-20) tydens dié week geklop.

    Hans Moore van Benoni sal hoop dat sy tuisveld vir hom ‘n bondgenoot in sy uitspeelwedstryd teen die Bergsig Akademie van Rustenburg sal wees. Hans Moore het in die Valke se eindstryd die knie naelskraaps met 24-25 teen Oosterlig gebuig.

    Hans Moore was ook vroeër vanjaar by die Danie Rossouw-week in aksie en het daar vir Midstream College met 21-7 omgedop. Die span van Benoni het ook vir Bergvlam van Mbombela met 24-21 tydens die week geklop.

    Bergsig spog self met ‘n gedugte span en het vanjaar saam aan die Blou Bul-liga deelgeneem tot en met die uitspele. Die span van Rustenburg is self ‘n gedugte span en dié uitspeelwedstryd in Benoni behoort vir vele hoogtepunte te sorg.

    Dinamika van Alberton sal op sy tuisveld teen Wonderboom te staan kom. Die span van Alberton het vroeër vanjaar vir Hans Moore in die liga met 28-18 geklop. So hy behoort as die gunteling op die veld teen die Wonnies uit te draf.

    Die spanne is: 

    Dinamika teen Wonderboom in Alberton om 11:45:

    Dinamika: 15 Zavian Matthys, 14 Shawlynne Minnies, 13 Shane Serfontein, 12 Kyle Young, 11 Josh Egwatu, 10 Dylan Feenstra, 9 Gustav Schutte, 8 Morné van Wyk, 7 Keanu Viljoen, 6 Jonathan Rebelo, 5 Janco Fourie, 4 Darren Pretorius, 3 Ruan du Preez, 2 Duandré Boshof, 1 Gydeon Keevy.

    Wonderboom: 15 Eduan Kritzinger (kaptein), 14 Jayden van der Ryst, 13 Ryan van Greunen, 12 Tyron Janse van Noordwyk, 11 Carlo Schmahl, 10 Navan Jansen, 9 Barend Bossert, 8 Ryan Otto, 7 Kevin Fensham, 6 Jancu Nel, 5 Jayden Prinsloo, 4 Donovan van Heerden, 3 CJ Snyman, 2 Guillaume Luüs, 1 Zander van der Merwe.

    Skeidsregter: Ruan Benadie (Goue Leeus Skeidsregters-vereniging).

    Hoërskool Lydenburg teen Frikkie Meyer op Mashishing om 11:30:

    Lydenberg: 15 Thabelo Moloi, 14 Candice Kok, 13 Siya Fakude, 12 André Roux, 11 Jaiden Koetzee, 10 Curtleigh Koetzee, 9 Elje Kok, 8 Lesedi Mahlangu, 7 Jaiden Venter, 6 Diego Mbanjwa, 5 PP Malan, 4 Kobus Oosthuizen, 3 AJ van Deventer, 2 FJ Terblanche, 1 Phillip Pienaar.

    Frikkie Meyer: 15 HP van Heerden, 14 Wian Pretorius, 13 Omphile Masopha, 12 Prince Sekoboane, 11 MC Barnard, 10 Merico Venter, 9 Luan Ras, 8 Echard de Klerk, 7 Keanu Visser, 6 Darren Pretorius, 5 Devonric Swart, 4 Janco van Deventer, 3 Johnny Barnard, 2 Stefan Mulder, 1 Lourens Pieterse.

    Rob Ferreira teen Ellisras op Witrivier om 10:15:

    Rob Ferreira: 15 Mayare Mbatsane, 14 Asanda Shiba, 13 Londani Nyathikazi, 12 CJ Pretorius, 11 Bundas Mabanda, 10 Ofentse Maunye, 9 Shapard Khoza, 8 Tlotlo Ratshwene, 7 Zander Visser, 6 Lungelo Mokwena, 5 Jaco Bekker, 4 Daniel Ferreira, 3 Juan-Dean Nunes, 2 Marcelle Nel, 1 Sandile Nkoana.

    Ellisras: 15 Tinyeko Nkuna, 14 Garreth Mosima, 13 FJ Drotskie, 12 Rabadiba Lebo, 11 Ashley Monyelo, 10 Anzio Swartbooi, 9 Malose Moshupje, 8 Funi Simba, 7 Derik Besseling, 6 Bismark van Blerk, 5 Daniel Leahy, 4 Samuel Leahy, 3 Boom Mfisa, 2 Hanno Kay, 1 Rigby Hobarth.

    Hans Moore teen Bergsig Akademie in Benoni om 11:20:

    Hans Moore: Nie ontvang.

    Bergsig Akademie: 15 Alzandro dos Santos, 14 Lundro Scheepers, 13 Jacques du Plooy, 12 Dan Bogopane, 11 Marlon Mowers, 10 Luan Duvenhage, 9 Paulo dos Santos, 8 Juhandré Steyl, 7 Dewald Potgieter, 6 Christian de Abreu, 5 Caleb Kihoto, 4 Taffa Luyanda, 3 Bhongo Sakie, 2 Phillo Thomas, 1 Tjaard Bernard.

  • Moerat will become only the second SA Schools’ captain to lead the Boks

    Moerat will become only the second SA Schools’ captain to lead the Boks

    CAPE TOWN, SOUTH AFRICA – JULY 30: Salmaan Moerat of Paarl Boys High School during the WP Schools U19A match between SACS and Paarl Boys High School at SACS on July 30, 2016 in Cape Town, South Africa. (Photo by Peter Heeger/Gallo Images)

    For only the second time a former South African Schools captain will captain the Springboks when they take on Portugal in Bloemfontein this Saturday.

    Salmaan Moerat will become the 66th Springbok captain since South Africa played their first test in 1891. Interestingly the only other SA Schools’ captain to also lead the Springboks onto the rugby field, Corné Krige, is like Moerat also a former pupil from Paarl Boys’ High.

    Krige captained the South African School’s side in 1993. He captained the national side in 18 tests during his career which spanned between 1999 and 2003. 

    Moerat captained the national schools’ side in 2016.

    No less than another four Boishaaiers will also take the field on Saturday with Moerat on this special occasion. They are Evan Roos (2018), Thomas du Toit (2013), Ruan Venter (2021) and Quan Horn (2019).

    Venter and Horn will make their Springbok debuts if they take the field against Portugal.

    Bok coach, Rassie Erasmus, also named another five uncapped players in his team for Saturday. Johan Grobbelaar (Paarl Gimnasium), Phepsi Buthelezi (Durban High School), Jan-Hendrik Wessels (Grey College), André-Hugo Venter (Grey College) and Morné van den Berg (Linden) are all set to make their debut in the City of Roses.

    Wessels will become South Africa’s rugby factory’s first Springbok since Francois Venter made his debut back in 2016. Venter matriculated in 2009 which made this dry spell an unusual one for Grey College.

    The Springbok side to face Portugal in Bloemfontein and their schools: 

    [ninja_tables id=”52690″]

  • Rhinos sorg vir skok teen Garsfontein, Jeppe weer Monnas se baas

    ANDRÉ SMIT (met bal), slot van die Hoërskool Nelspruit se Rhinos, storm hier op Garsfontein se Luan Ferreira (links) en Ruan Enslin (links) in die twee spanne se wedstryd in die SDC Noordvaal Cup in Mbombela af. Die Rhinos het die kragmeting met 30-29 gewen om vir die eerste keer sedert 2014 die Turkoois Bere te verslaan. FOTO: Dirk Kotze

    LEPHALALE. – Die Hoërskool Nelspruit se Rhinos het vir die grootste opskudding van die naweek gesorg toe hy vir Garsfontein met 30-29 in Mbombela uitoorlê het.

    Die Rhinos het teen rustyd ‘n voorsprong van 16-0 opgebou met sy losskakel, Theuns Meyer, wat met sy skopskoen die telbord aan die rol gehou het. Dit was die eerste keer sedert die Beeldtrofee van 2014 se eindstryd wat die Rhinos daarin kon slaag om die Turkoois Bere om te dop.

    In ‘n senutergende wedstryd waarin Waterkloof en Helpmekaar nie minder as drie keer in die laaste ses minute die voortou verwissel het, was die Klofies uiteindelik danksy ‘n onderskepdrie deur die linkervleuel, Malcolm George, met 31-29 baas.

    Albei spanne se heelagters, Tiaan le Roux (Helpmekaar) en Ronan Bastiaanse (Waterkloof), was vuurwarm.

    Jeppe het vir die tweede jaar in ‘n ry vir Monument (47-31) kaf gedraf.

    Die Hoërskool Ellisras het op sy tuisveld in Lephalale sy titel as kampioen van Groep 2 in die Limpopo-liga met ‘n oorwining van 27-19 oor Ben Viljoen van Groblersdal suksesvol verdedig.

    Die kampioen se se haker, Hanno Kay, en agtsteman, Funi Simba, was die groot dorings in die besoekers se vlees. Die twee se werksverrigting op die aanval sowel as verdediging het aan hul span die deurslag gegee.

    Die Rassies sal nou teen Rob Ferreira van Witrivier in die uitspeelrondes van die SDC Noordvaal Cup te staan kom.

    Die verdedigende kampioen van die streekkompetisie, Midstream College, het vir die vierde keer die titel as kampioen van die Blou Bulle verower. Hy het vir HTS John Vorster met 39-19 in die eindstryd geklop.

    Oosterlig is die nuwe Valke-kampioen nah y vir Hans Moore met 25-24 getroef het.

    Framesby het in Gqeberha vir die derde agtereenvolgende keer daarin geslaag om vir Grey High School om te dop. Hy het met 19-17 as oorwinnaars van die veld gestap.

    In die Wesgrow-reeks kan niemand meer vir Diamantveld ontroon as kampioen nie. Die agtsteman, Jayden de Klerk, was uitstaande in die span se oorwinning van 45-7 oor Goudveld-Hoërskool.

    Die Hoërskool Trio het ook vir ‘n verrassing gesorg deur op sy tuisveld in Kroonstad vir Jim Fouché met 28-26 te klop.

    Al die uitslae: 

    SDC NOORDVAAL CUP

    Groep 1

    Beker: Hoërskool Nelspruit 30, Garsfontein 29; EG Jansen 62, Menlopark 22; Noordheuwel 31, Marais Viljoen 24; Waterkloof 31, Helpmekaar 29. Plaat: Hoërskool Middelburg 40, Kempton Park 7; Hoërskool Klerksdorp 23, HTS Middelburg 14; Ligbron Akademie 50, Oos-Moot 41; Montana 15, Zwartkop 14. Skild: Ben Vorster 25, Secunda 20; Licthenburg 27, Hugenote (Springs) 14; Jeugland 27; Hoërskool Pietersburg 24; Die Anker 32, Heidelberg Volkskool 29. Bowl: Potchefstroom Gimnasium 29, Merensky 24; Eldoraigne 44, Potchefstroom Volkskool 27; Randburg 21, Dr. Malan 18; Hoërskool Alberton 29, Wagpos 19.

    Groep 2

    Blou Bulle: Midstream College 39, HTS John Vorster 19; Limpopo: Ellisras 27, Ben Viljoen 19. Valke: Oosterlig 25, Hans Moore 24.

    Groep 3

    Blou Bulle: Die Wilgers 26, Erasmus 7. Pumas: Bergvlam 36, Standerton 32. Valke: Stoffberg 25, John Vorster (Nigel) 6.

    Groep 4  

    Goue Leeus: Bekker 47, Carletonville 5. Valke: Elspark 21, Parys 14.

    Groep 5

    Valke: Heilbron 34, Johan Jurgens 19.

    NOORDVAAL

    King Edward VII 18, Pretoria Boys’ High 23; Jeppe 47, Monument 31; Hoërskool Rustenburg 27, Glenwood 24; Affies 39, Maritzburg College 37; Northcliff 20, Dinamika 10.

    OOS-KAAP

    Framesby 19, Grey High School 17; St Andrew’s College 42, Marlow Landbou 14; Selborne College 29, Hudson Park 23; Ithembelihle 33, Humansdorp Sekondêr 23; Queen’s College 48, Ooskus Gimnasium 17; Kingswood College 27, Nico Malan 15; Pearson 17, Graeme College 14; Die Brandwag 38, Muir College 13.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Witteberg 35, Fichardtpark 15; Voortrekker (Bethlehem) 59, Sentraal 12; Diamantveld 45, Goudveld-Hoërskool 7; Hoërskool Trio 28, Jim Fouché 26; Duineveld 32, Landboudal 24; Wilgerivier 62, Bothaville 7; Wessel Maree 24, Hoopstad 19; Curro Kathu 31, Postmasburg 12; St Andrews 50, Sand du Plessis 0; Ficksburg 12, Retief 10; Vrede 15, Paul Erasmus 9; Douglas 13, Hartswater 10.

    WES-KAAP

    SACS 27, Hoërskool Bellville 10; Bredasdorp 40, Hoërskool Langenhoven 3; Bosmansdam 24, Monument Park 20; HTS Drostdy 41, Hopefield 5.

  • Rassies het strawwe stryd wat voorlê om titel as kampioen van Limpopo te behou

    FLIPPIE NIEMAN, haker van Ben Viljoen, probeer hier twee verdedigers van Frikkie Meyer vroeër in die seisoen afskud. FOTO: Jean-Marie Heyns

    LEPHALALE. – Die tafel is gedek vir nog ‘n spannende eindstryd in die Bosveld wanneer die Hoërskool Ellisras teen Ben Viljoen van Groblersdal in die eindstryd van Groep 2 van die Limpopo-liga hier te staan kom.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Die Rassies is die verdedigende kampioen van dié Limpopo-liga na hy verlede jaar vir die eerste keer sedert 1997 daarin geslaag het om die kroon te dra.

    Daar is egter nie vanjaar veel te kies tussen die voorste drie spanne in dié Limpopo-liga nie.

    Ellisras het regstreeks tot die eindstryd deurgedring deur sy ligaverpligtinge teen Frikkie Meyer van Thabazimbi met 25-22 onoorwonne af te sluit.

    Ben Viljoen het op sy beurt in die halfeindstryd die bordjies met 26-24 teen Frikkie Meyer verhang. Die span van Thabazimbi was met vroeër in die twee spanne se ligawedstryd met 29-26 baas.

    Die Rassies het danksy ‘n drie in die doodsnikke van sy ligawedstryd teen Ben Viljoen in Groblersdal met 20-13 koning gekraai.

    Die Rassies moet wel met ‘n kortkop vandag as die vroeë gunsteling op hul tuisveld uitdraf. Vier van die Rassies het vanjaar die Limpopo Blou Bulle op die Cravenweek in Krugersdorp verteenwoordig.

    Die viertal is FJ Drotskie (buitesenter), Derik Besseling (flank), Boom Mfisa (vaskopstut) en Boela van Heerden (vaskopstut). Laasgenoemde sal nie in die eindstryd in aksie wees nie. Drotskie is saam met die linkervleuel, Ashley Monyelo, die enigste twee spelers van Ellisras wat verlede jaar ook in dié eindstryd in aksie was.

    Ben Viljoen het self ‘n Cravenweek-speler in Mignon Stevens op heelagter in sy geledere. Stevens was een van die Limpopo Blou Bulle se staatmakers op die toernooi in Krugersdorp. Stevens sal met sy dartellopies sonder twyfel vir ‘n paar hoogtepunte in die eindstryd sorg.

    Die Rassies word deur Peter Schutte en Dandré Grobler afgerig. Grobler was ook verlede jaar deel van die afrigtingspan wat gesorg het dat ‘n trofee staanplek in Lephalale kry.

    Die vier voorste spanne van Limpopo sal vanjaar tot die uitspeelrondes van die SDC Noordvaal Cup deurdring. Frikkie Meyer weet reeds dat hy teen die Pumas se naaswenners, Hoërskool Lydenburg, in sy eerste uitspeelwedstryd te staan sal kom.

    Die verloorder van dié eindstryd van teen HTS John Vorster van Pretoria in die uitspeelrondes te staan kom. HTS John Vorster kom vandag in die Blou Bulle se eindstryd teen die verdedigende kampioen van die reeks, Midstream College, te staan.

    Bergsig Akademie van Rustenburg dring egter as die Blou Bulle tweede gekeurde tot die streekkompetisie deur.

    Die spanne is: 

    Hoërskool Ellisras: 15 Tenyeko Nkuna, 14 Garreth Mosima, 13 FJ Drotskie, 12 Rabadiba Lebo, 11 Ashley Monyelo, 10 Anzio Swartbooi, 9 Malose Moshupje, 8 Funi Simba, 7 Derik Besseling, 6 Bismark van Blerk, 5 Daniel Leahy, 4 Samuel Leahy, 3 Boom Mfisa, 2 Hanno Kay, 1 Rigby Hobarth.

    Ben Viljoen: 15 Mignon Stevens, 14 Dylan Nieuwenhuys, 13 Clementino Bowers, 12 Mihlali Ntlebi, 11 Janik Brits, 10 Anvernio Adonis, 9 Joe Cloete, 8 Asheeq Bradford, 7 Jaco Botha, 6 Tiaan Scheepers, 5 Erich Labuschagne, 4 Henrico Hall, 3 Leuco Robinson, 2 Flippie Nieman, 1 JP Singleton.

    Afskop: 11:45

    Ander Eindstryde | Limpopo | Groep 2 

    08:00 – o.14 – Ellisras vs Ben Viljoen
    09:15 – o.15 – Ellisras vs Hans Strijdom
    10:30 – o.16 – Ellisras vs Ben Viljoen

  • Siyaya grabs opportunity for SA Schools with hat-trick over SA Schools A

    PIETER VAN DER MERWE, centre of the SA Schools side, is on his way to help his side down the SA Schools A-side in Krugersdorp. PHOTO: Marius Nortjé

    KRUGERSDORP. – The South African Schools side survived another onslaught from their “second stringers” SA Schools A during their annual clash.

    The SA Schools side won the encounter on the Ras van Rooyen field by 31-22 after trailing 17-19 at the break.

    The first half of the match belonged to the second stringers as flyhalf Luan Giliomee showcased his class by outshining his opposite number, Yaqheen Ahmed.

    The flyhalf from Charlie Hofmeyr in Ceres kept his pack on the forefoot with some long kicks while providing his backline with quality possession.

    This gave Markus Muller at outside centre enough quality ball to slip more than a couple of times past the SA Schools centres. Muller scored a beautiful try as he slipped past Janco Purchase.

    The national school side’s left winger, Zekhe Siyaya, scored a hat-trick of tries which helped his team bag the victory. Siyaya was named on the bench for the SA Schools side but got his opportunity once Cheswill Jooste (Noordheuwel, Golden Lions) had to withdraw from the team due to injury.

    Jooste also missed the Golden Lions’ final match of the Stadio Craven Week against South Western Districts due to concussion. He will be ready to return to play just in time for the u18 International Series.

    The SA Schools A-side also had the upper hand come scrum time which will have the selectors questioning a couple of their selections. It could also be that the SA Schools scrum doctor, Cobus van Dyk, who assists both teams with their scrummaging spent more time during the week with the second stringers.

    Scorers:

    SA Schools 38 (17) – Tries: Zekhe Siyaya (3), Kebotile Maake, Pieter van der Merwe, Ellie Meyer. Conversions: Vusi Moyo (3), Yaqheen Ahmed. SA Schools A 22 (19) – Tries: Junaide Stuart, Markus Muller, Dylan Miller. Conversions: Luan Gilliomee (2). Penalty: Viaan Mentoor.

  • Streeptruie spog nou met 15 Cravenweek seges op ‘n streep

    Western Province unofficial champions of the 59th Craven Week in Krugersdorp. PHOTO: Frans Lombard/Actionpix

    KRUGERSDORP. – Die Westelike Provinsie beleef ‘n goue era by die Cravenweek vir hoërskole. Die unie is vir die vyfde agtereenvolgende toernooi as die nie-amptelike kampioen gekroon.

    Die Streeptruie het Saterdag op die Ras van Rooyen-veld hier sy 15de agtereenvolgende sege op die toernooi behaal. Hy het die Vrystaat welverdiend met 37-24 in die hoofwedstryd geklop. Die telling vlei wel die wenspan, maar hy was gewis weer die voorste span op die Cravenweek.

    Die wenspan se senterpaar, Markus Muller en Samuel Badenhorst, het blink vertonings in die hoofwedstryd opgedis. Voorlangs was die loskopstut, Oliver Reid, asook die agtsteman, Aden da Costa, uitmuntend.

    Die Vrystaters se kaptein en haker, Liam van Wyk, asook die skrumskakel, Philip McLaren, het vir die verloorspan hul lywe op die spel geplaas.

    Hul heelagter, Heinz Stockenström, het die toernooi as die voorste puntemaker met 45 punte afgesluit. Boonop is die Vrystaatse losskakel, Alzeadon Felix, vir sy vertonings aan die Wes-Rand as die Speler van die Toernooi aangewys.

    Die Goue Leeus het amper sy toernooi met ‘n nagmerrie afgesluit, maar sy plaasvervanger-haker, Keenan Myners, het met ‘n drie na die sirene gesorg dat sy span met 45-40 oor die Suidwestelike Distrikte kon koning kraai.

    Die Leeus se haker en kaptein, Siphosethu Mnebelele, is as voorspeler van die toernooi aangewys. Die tuisspan sal egter nie tevrede met hul vertoning in Krugersdorp wees nie.

    Die Pumas het sy toernooi onoorwonne afgesluit deur die Westelike Provinsie XV-tal met 27-22 te verslaan.

    Dié span sou so stukkie ekstra genot uit die sege geput het na die SA Skole-keurders nie ‘n enkele speler van die unie as goed genoeg vir een van die twee nasionale skolespanne geag het nie.

    Voeg daarby die feit dat vyf spelers van die Streeptruie – Reuben Kruger (agtsteman), Tom Barnard (slot), Briint Davids (senter), Ikhona Maxegwana (stut) en Markus Muller (senter) almal goed genoeg geag was om die SA Skole A-span te haal.

    Muller is wel na beserings opgetrek na die Westelike Provinsie se uitsoekspan.

    Die Pumas bied volgende jaar die Cravenweek in Middelburg aan en die keurders moet dalk liefs hul eie verblyf bespreek.

    Die Pumas was in 2022 ook onoorwonne toe het die keurders ook nie enige van die unie se spelers as goed genoeg vir hoër louere beskou nie.

    Die twee slotte van die Pumas, Franko Rossouw en Zach Loock, was deurgans uitmuntend. Boonop het die span se kaptein en flank, Toy Engelbrecht, twee keer tydens die week die toekenning as Speler van die Wedstryd ontvang.

    Boland het ook daarin geslaag om die toernooi onoorwonne af te sluit danksy ‘n sege van 35-27 oor Oostelike Provinsie op Monnas se B-veld.

    Die Wynboere se losskakel, Luan Giliomee, het die naasmeeste punte in Krugersdorp met 40 punte aangeteken. Hy is vir sy skitterende spel met ‘n plek in die SA Skole A-span beloon.

    Boland sal ook nie tevrede wees oor die feit dat hulle hul toernooi op die B-veld moes klaarmaak nie. Dok Craven sou gewis ook nie met dié besluit van die bepalingskomitee gestem het nie. Veral oor die aanskoulike voetbal wat deur die Wynboere gedurende die week opgedis was.

    Griekwas se heelagter, Gregan Jansen, het sy toernooi met ‘n driekuns aan drieë teen die Valke afgesluit. Dit was egter nie genoeg om sy span van ‘n nederlaag van 24-30 te red nie.

    Jansen het ‘n uitstaande toernooi vanuit die laaste vesting beleef.

    Puntemakers: 

    Luiperds 43 (12): Drieë: Junior Kuhn, Pedrie Human (2), Francois Dumond, Jordan Radebe, David Ndala, KG Legodi. Doelskoppe: Chris Dennis (2), Lorenzo Snyers (2). Limpopo Blou Bulle 39 (17): Drieë: Chifu Banda, Aza Mabe, Divan Brown, Cleminyino Bowers, Hanno van Zyl (2). Doelskoppe: Byron Hendricks (3). Strafskop: Hendricks.

    Pumas 27 (3): Drieë: Franko Rossouw, Vaughn Van Zyl, Ryan Erasmus, Kefilwe Phamotse. Doelskoppe: Matthew Abbey (2). Strafskop: Abbey. Westelike Provinsie XV 22 (17): Drieë: Jayden Joubert, Randall-John Davids, Ashwin Swarts, Danté Christians. Doelskop: David Simon.

    Valke 30 (20): Drieë: Danré Pike (2), Ruwan Potgieter, Zade-Leigh Rippenaar, Tyron Hand. Doelskop: Kayle Venter. Strafskop: Venter. Griekwas 24 (17): Drieë: De Wet du Plooy, Gregan Jansen (3). Doelskoppe: Sylverster Hoffman (2).

    Goue Leeus 45 (21): Drieë: Siphosethu Mnebelele, Lindsey Jansen (2), Tiaan le Roux, Khutadzo Rasivhaga, Keenan Myners, Thomas Beling. Doelskoppe: Vusi Moyo (5). Suidwestelike Distrikte 40 (20): Drieë: Kai Pratt, Erick Steyn, Luca Potgieter, Kurt Coetzee. Doelskoppe: Ellie Meyer (3), Coetzee. Strafskoppe: Meyer (2), Coetzee (2).

    Sharks 26 (0): Drieë: Zekhethelo Siyaya (2), Khanyisa Stamper (2). Doelskoppe: Luke Davidson (3). Blou Bulle 19 (7): Drieë: Junaid Stuart, Janco Purchase, strafdrie. Doelskop: Ruben Pienaar.

    Grens 16 (8): Drieë: Ryan Denston, Anjola Sogbanmu. Strafskoppe: Landile Gidi, Denston. Griffons 10 (5): Drieë: Ru-bran de Kock, Kamohelo Moses.

    Boland 35 (18): Drieë: Kallie Boutsikaris, Bennedict George (2), Howard Ocks (2). Doelskoppe: Luan Giliomee (2). Strafskoppe: Giliomee (2). Oostelike Provinsie 27 (5): Drieë: Jon Hobson, Johan Van Zyl, Munangi Kamwendo (2), Damien Witbooi. Doelskop: Praise Matsila.

    Westelike Provinsie 37 (18): Drieë: Adeeb Boraine, Samuel Badenhorst, Quintin Potgieter, Freek de Kock, Torren February. Doelskoppe: Yaqheen Ahmed (3). Strafskoppe: Ahmed (2). Vrystaat 24 (17): Drieë: Ethan Adams, Liam van Wyk, Siyabonga Kenny. Doelskoppe: Heinz Stockenström (3). Strafskop: Stockenström.

  • Van Zyl to officiate the main match at the 59th Craven Week

    EON VAN ZYL will referee the main match at the 59th annual Stadio Craven Week in Krugersdorp. The main match will be between Western Province and the Free State. PHOTO: Frans Lombard/Actionpix

    KRUGERSDORP. – The honour of officiating the main match of this year’s Stadio Craven Week will fall onto the shoulders of Eon van Zyl.

    Van Zyl, a member of the Griffons Referee Association, who is also a member of the national panel will be the man in the middle when Western Province and Free State lock horns to be crowned unofficial champions of the 59th Craven Week.

    He officiated the Varsity Shield final between Tukkies and Varsity College earlier this year. So he has more than enough experience to handle the pressures of such a big occasion.

    Western Province will be aiming to bag their fifth unofficial title, while also securing their 15th consecutive victory at the Craven Week.

    This will be a new record for the tournament which started back in 1964.

    The previous referee from the Griffons who handled the main match was AJ Jacobs in 2015 when Western Province recorded a record 95-0 victory over Eastern Province in Stellenbosch.

    Jacobs will be officiating at the Olympic Games later this year in Paris.

    Last year Ben Connor from Wales became the first overseas referee to blow his whistle in the main match of the prestigious tournament.

    The URC’s head of referees, Tappe Henning, once again brought over a couple of overseas referees to gain experience from the Craven Week.

    This year Robbie Jenkinson (Ireland), Alex Frasson (Italy) and Rob McDowell (Scotland) all added their names to Craven Week folklore.

    Referees in charge of the main match of the Stadio Craven Week through the years:

    [ninja_tables id=”51418″]

  • SA Schools squads for 2024 announced

    WELLINGTON, SOUTH AFRICA – JULY 13: Siphosethu Mnebelele of SA Schools scores a try during the U18 International Series, Warm Up match between SA Schools and SA Schools ‘A’ at Boland Stadium on July 13, 2023 in Wellington, South Africa. (Photo by Ashley Vlotman/Gallo Images)

    KRUGERSDORP. – The South African Schools’ squad of 2024 will face their SA Schools A team on Thursday at the Ras van Rooyen in Krugersdorp.

    The match will kick-off at 15:00.

    The SA Schools side will be captained by Esethu Mnebelele, hooker from the Golden Lions, while the SA Schools A-side will be captained by JD Hattingh (Affies and Blue Bulls).

    James Winstanley (Kingswood College) will coach the national schools’ side with Lwazi Zangqa (Hudson Park) as his assistant. Their team manager will be Dean Moodley (Kearsney College).

    The two squads and their respective management will get together for a camp in Krugersdorp from tomorrow, Saturday, 29 June to Friday 5 July.

    Dave Wessels, the GM: High Performance Rugby at SA Rugby, said: “The two squads represent the best available talent which was on show at Craven Week.

    “The Elite Player Development (EPD) programme managers at SA Rugby, and the SA Selectors have done another great job in identifying a strong pool of players from the incredible amount of talent that was on display in Krugersdorp.

    “I want to congratulate all the players and management on their selection and wish them well in their preparations as they build-up towards the big match on Thursday,” said Wessels.

    The squads: 

    SA Schools: 15 Alzeadon Felix (Grey College, Free State), 14 Kuthadzo Rasivhaga (Jeppe High School for Boys, Golden Lions), 13 Pieter van der Merwe (Grey College, Free State), 12 Janco Purchase (Affies, Blue Bulls), 11 Cheswill Jooste (Noordheuwel, Golden Lions), 10 Yaqeen Ahmed (Wynberg Boys’ High, Western Province), 9 Adeeb Borraine (Paul Roos Gimnasium, Western Province), 8 Aden da Costa (Wynberg Boys’ High, Western Province), 7 Josh Neill (Rondebosch Boys’ High, Western Province), 6 Kebotile Maake (King Edward VII, Golden Lions), 5 Riley Norton (Paul Roos Gimnasium, Western Province), 4 James Schnetler (Garsfontein, Blue Bulls), 3 Aiden Botha (Maritzburg College, Sharks), 2 Esethu Mnebelele (King Edward VII, Golden Lions – captain), 1 Phiwayinkosi Khubeka (Maritzburg College, Sharks). Replacements: 16 Mahle Sithole (Durban High School, Sharks), 17 Oliver Reid (Paul Roos Gimnasium, Western Province), 18 Cruz Davey (Paarl Boys’ High, Western Province), 19 AJ Meyer (Grey College, Free State), 20 Vuyo Gwiji (Northwood, Sharks), 21 Ellie Meyer (Outeniqua, South Western Districts), 22 Vusi Moyo (King Edward VII, Golden Lions), 23 Ethan Adams (Grey College, Free State), 24 Cecil Parsons (Voortrekker, Griffons), 25 Torren February (Wynberg Boys’ High, Western Province), 26 Zekhe Siyaya (Westville Boys’ High, Sharks).

    SA Schools A: 15 Aka Boqwana (Durban High School, Sharks), 14 Ntsako Ndlovu (Pretoria Boys’ High, Blue Bulls), 13 Markus Muller (Paarl Gimnasium, Western Province), 12 Zingce Simka (Durban High School, Sharks), 11 Junaid Stuart (Garsfontein, Blue Bulls), 10 Luan Giliomee (Charlie Hofmeyr, Boland), 9 Hendré Schoeman (Affies, Blue Bulls), 8 Reuben Kruger (Paul Roos Gimnasium, Western Province), 7 Sipho Nonyalela (Kingswood College, Eastern Province), 6 Briint Davids (Milnerton, Western Province), 5 JD Hattingh (Affies, Blue Bulls – captain), 4 Tom Barnard (Rondebosch Boys’ High, Western Province), 3 Duwan Potgieter (EG Jansen, Valke), 2 Liam Van Wyk (Grey College, Free State), 1 Jordan Jooste (Paarl Boys’ High, Western Province). Replacements: 16 Xabiso Mkiva (Wynberg Boys’ High, Western Province), 17 André Poulton (Jeppe High School for Boys, Golden Lions), 18 Luquobo Makwedini (Rondebosch Boys’ High, Western Province), 19 Ruan Viviers (Boland Landbou, Western Province), 20 Risima Khosa (Jeppe High School for Boys, Golden Lions), 21 Zaide-Leigh Rippenaar (EG Jansen, Valke), 22 Philip McLaren (Grey College, Free State), 23 Viaan Mentoor (Paarl Boys’ High, Western Province), 24 Kurt Coetzee (Oakdale Landbou, South Western Districts), 25 Gcina Puzi (Selborne College, Border), 26 Gregan Jansen (Duineveld, Griqualand West).