Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.
Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@ssschoolsplus.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.
The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.
If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at rugby@ssschoolsplus.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.
The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.
If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at hockey@ssschoolsplus.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.
The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.
If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at hockey@ssschoolsplus.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.
HEINZ STOCKENSTRÖM, fullback from Grey College, has become a vital cog in the Grey-machine for 2024. PHOTO: The Weekend Photography
Grey College’s last visit to Affies ended in tears, but since that loss against Jeppe High School for Boys’ during the NMI Toyota Noord/Suid-tournament the team from Bloemfontein has been in superb form.
It is their recent form that will make the rugby factory from Bloemfontein take the field as favourites for Saturday’s FNB Classic Clashagainst the Afrikaanse Hoër Seunskool of Pretoria.
Last year Grey College brought down the hammer on Affies beating them by 69-19 in Bloemfontein. This year’s clash will be a much tighter affair as Affies would fancy their chances to claim a seventh victory over Grey since the two schools’ first encounter back in 1923.
The Wit Bulle is also enjoying a fruitful season thus far with only two defeats at the hands of Paul Roos Gimnasium (25-30) and Paarl Gimnasium (19-20) so far. Both these teams who will also face each other on Saturday in their annual clash have occupied the top spot on the rankings.
Affies’ victory of 43-21 over Paarl Boys’ High during Wildeklawer was their first since 2012 over Boishaai. Grey College also defeated the side from Paarl last week by 40-28.
The clash between Affies and Grey College will see some good contests between some of South Africa’s top schoolboy talent. The big contest will without a doubt be in the midfield between last year’s SA Schools centre, Janco Purchase, who is also captaining Affies, and Pieter van der Merwe.
Van der Merwe’s midfield partner, Ethan Adams, will without a doubt test his direct opposition, Hendré Schoeman. The latter moved from scrumhalf to outside centre recently due to injury woes in this position for Affies. Schoeman has however shown so far that he might even be a better outside centre than a scrumhalf.
Affies’ pack of forwards and the boot of Ruben Pienaar will be key for their success. If Pienaar has his kicking boots on today and his touch finders are pin-point he could put the Wit Bulle’s pack of forwards on the front foot. The battle between Danie “Boer” Kruger (Grey College) and Ruan Smuts (Affies) in the scrum could also be one of the highlights of the game.
In the line-outs, JD Hattingh (Affies) and AJ Meyer (Grey College) could also produce some fireworks.
The teams:
Affies: 15 Ruben Groenewald, 14 Rikus Strydom, 13 Hendré Schoeman, 12 Janco Purchase (kaptein), 11 Hugo Snyman, 10 Ruben Pienaar, 9 Zirk Meyer, 8 Ruan Lippold, 7 Albert Smit, 6 Stefan McDonald, 5 JD Hattingh, 4 Muntingh Hamman, 3 Ruan Smuts, 2 Ethan van Dyk, 1 Werner Vrey.
Grey College: 15 Heinz Stockenström, 14 Pretorius Ekeji, 13 Ethan Adams, 12 Pieter van der Merwe, 11 Ruben Cilliers, 10 Alzeadon Felix, 9 Philip McLaren, 8 Liam Santos, 7 Julian Cosmo, 6 Xander Smit, 5 AJ Meyer, 4 Heinrich Theron, 3 Danie Kruger, 2 Liam van Wyk, 1 Dian Venter.
KIMMY STRYDOM, verdediger van Garsfontein, in aksie tydens die kragmeting teen Waterkloof. FOTO: Hannes Nienaber
Die Hoërskool Garsfontein se eerste netbalspan het onoorwonne rekord sedert 2021 oor sy eweknie van die Hoërskool Waterkloof in die Jubilee-liga behou.
Die Garsies was Saterdag met 29-20 op Klofies se bane baas. Die laaste keer wat die Klofies vir Garsfontein op die netbalbaan in dié liga kon troef was in 2019 toe hulle met 32-22 baas was.
Die Garsies se hulpdoel, Luané Smith, is welverdiend as Speler van die Wedstryd aangewys. Smith was nie bang om doele van enige plek in die sirkel te gooi nie.
Die Garsies het in die eerste kwart ‘n voorsprong van drie doele met die telling op 8-5 opgebou. Daarna het hulle sewe doele teenoor Klofies se vier doele in die tweede kwart aangeteken om die rustydtelling op 15-9 te staan te bring.
Klofies het hard teruggeveg in die derde kwart hoewel Garsfontein steeds met sewe doele teenoor ses sake beheer het. Met die telling op 22-15 in Garsies se guns met nog net die laaste kwart wat voorgelê het, sou dit ‘n reuse poging van die tuisspan moes wees om die besoekers met die kous oor die kop huis toe te stuur.
Vir Waterkloof was hul hulpverdediger, Leah Viljoen, hul beste speler op die dag. Garsies se Kimberley Strydom (verdediger) asook Chanique Eyberg (hulpverdediger) het ook uitmuntende vertonings vir die wenspan opgedis.
Die Garsies kom Woensdag teen Montana in sy volgende wedstryd van die liga te staan. Waterkloof sal teen Oos-Moot kragte meet. Die span van die Moot het die vorige kragmeting tussen die twee skole in die halfeindronde van die NWU Sport-reeks met 21-14 as oorwinnaars van die veld gestap.
Die Hoërskool Menlopark het sy onoorwonne status in vanjaar se liga met ‘n sege Vrydag van 41-25 oor Eldoraigne behou. Die Parkies het reeds in die eerste kwart ‘n voorsprong van sewe doele met die telling op 10-3 opgebou.
Die span se Lente Kroukamp het skitterende spel in die eerste kwart gelewer. In die tweede kwart het die wenspan sy voorsprong van 22-7 gerek, met Amy van Staden wat hier goeie spel opgedis het.
Aan die einde van die derde kwart was die skrif met die telling op 32-17 reeds teen die muur. Ghitte Wiid en Minette Boshoff het in die laaste twee kwarte uitstaande spel vir die Parkies gelewer.
Die Parkies kom eerskomende Saterdag teen Waterkloof te staan. Eldoraigne kom in sy jaarlikse FNB Classic Clash teen Zwartkop te staan. Die kragmeting is ook deel van die Jubilee-liga.
Die Afrikaanse Hoër Meisieskool se netbalspanne het skoonskip Vrydag teen Montana gemaak. Affies se eerstes het hul wedstryd gemaklik met 42-23 gewen.
Die wenspan se doel, Bianca Lubbe, was op haar stukke, terwyl die twee verdedigers, Emma Strydom en Liané van Lochem, ook elk ‘n klop op die skouer verdien.
Die span wat vanjaar as kampioen van die Jubilee-liga gekroon wil word, sal sonder twyfel eers verby dié span van Affies moet kom.
Affies het teen Montana teen rustyd reeds met 21-12 voorgeloop en die voorsprong in die derde kwart tot 28-17 gerek.
LUHAN GRAAFF, buitesenter van HTS Middelburg, duik hier oor die doellyn vir een van sy span se drieë in die jaarlikse derby teen Hoërskool Middelburg. Die Rooi Bulle het die kragmeting voor ‘n rekordskare met 31-24 gewen. FOTO: Frans Lombard/Actionpix
PRETORIA. – Dit het ‘n volle 11 jaar geneem, maar die Blou Tornado van die Hoërskool Waterkloof het uiteindelik weer daarin geslaag om Garsfontein se Bere weg te waai.
Die Klofies was met 47-36 op sy tuisveld baas. Soos enige goeie wenresep het jy ‘n kok oftewel in Waterkloof se geval Marco Kok nodig. Kok het telke male met sy stormramlopies sy span oor die voordeellyn gekry.
Boonop het die heelagter, Ronan Bastiaanse, sy skopskoene aangehad. Hy het nie net ‘n skepdoel vanuit sy eie helfte oorgeklits nie, maar ook ‘n bydrae van 22 punte met sy skopskoen gelewer.
Die Klofies se senterpaar, Happy Makate en Riwan van Aswegen, het agterlangs ook baljaar.
Dit was die Garsies se sesde agtereenvolgende nederlaag vanjaar. Die Turkoois Bere het laas in 2010 só ‘n droogte beleef toe hy vier keer in ‘n ry teen onderskeidelik Oos-Moot (8-32), Waterkloof (0-102), Centurion (14-59) en Wonderboom (14-17) die onderspit gedelf het.
Die Bere se ses nederlae tot dusver vanjaar was egter meestal teen groot honde soos Affies, die Hoër Jongenskool Paarl, Oakdale Landbou, Stellenberg en Grey-kollege.
Die Klofies was teen rustyd met die telling op 38-12 stewig in die saal. Die Garsies sal dus sook positiewe punte uit die nederlaag kan neem soos hul terugvegpoging in die einde asook hul skrumwerk.
Dit is sover vanjaar ook nie die Hoër Jongenskool Paarl se seisoen nie.
Maar die eerstespan van Boishaai het Saterdag in Bloemfontein gewys dat hy steeds oor hope durf beskik. Die span se afrigter, Sean Erasmus, se planne is ook duidelik nog vêr van klaar.
Grey-kollege was soos verwag in die interskole met 40-28 baas, maar dit was ‘n veel moeiliker taak as wat meeste vooraf verwag het. Grey het teen lemoentyd ‘n skrale voorsprong van 19-14 geniet.
Grey se skrumskakel, Phillip McLaren, wat uitstaande veral op verdediging waar hy waarskynlik meer as drie keer sy eie gewig in goud werd was. Die linkervleuel, Ruben Cilliers, was ook uitstaande.
Vir Boishaai het sy twee flanke, Rubin Dames en Stephan van der Merwe, vir die tuisspan probleme by die afbreekpunte besorg.
In Middelburg het HTS Middelburg en Hoërskool Middelburg gesorg dat die meer as 13 000 toeskouers getrakteer word tot alles wat ‘n volwaardige derby behoort te hê.
Die twee spanne het behoorlik inmekaar geklim. Veral met hul duikslae asook by die afbreekpunte. Daar is sonder twyfel ‘n hele paar seer lywe vandag in Middelburg.
Die Rooi Bulle se kaptein en flank, Toy Engelbrecht, was vooraan in sy span se sege van 31-24 oor die Middies.
Agterlangs het die binnesenter, Johnny dos Santos, ook deurgans puik spel opgedis.
Vir die Middies het sy losskakel, Matthew Abbey, ‘n skitterende wedstryd beleef. Die tweestryd met sy direkte teenstander, Jacque Stassen, was een van die hoogtepunte van die kragmeting.
Albei losskakels het 16 punte in die kragmeting aangeteken. Die wedstryd was ook deel van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling.
Diamantveld het in Kimberley sy grootste sege nog oor sy aartsvyand Noord-Kaap behaal. Die Diamonds was witwarm het en met ‘n allemintige 71-7 as oorwinnaars van die veld in die FNB Classic Clash gestap.
Die tuisspan het tien keer agter Northerns se doellyn gaan kuier.
Duineveld het koning gekraai in die Klein Interjol teen Hoërskool Upington met 17-15, terwyl Jim Fouché in sy jaarlikse FNB Classic Clash met 32-12 oor Sentraal baas was.
Die groot verrassing in die sentrale streek was die gelykop-uitslag van 17-elk tussen Welkom Gimnasium en die Hoërskool Trio. Witteberg het vir Goudveld-Hoërskool behoorlik met 52-0 afgestof.
In die Wes-Kaap moes Paarl Gimnasium behoorlik sweet om Rondebosch Boys’ High met 19-12 te troef. Gimmies se teenstanders van volgende week, Paul Roos Gimnasium, het ook hard gewerk om vir SACS met 28-10 te klop.
Blou Bulle: Bergsig Akademie 26, Midstream College 23; Overkruin 36, Pretoria-Noord 28; Wonderboom 31, Centurion 26. Goue Leeus: Dinamika 41, Hoërskool Sasolburg 29. Limpopo: Ben Viljoen 82, Frans du Toit 3; Ellisras 26, Nylstroom 13; Frikkie Meyer 29, HTS Tom Naudé 18. Valke: Brandwag (Benoni) 55, Hans Moore 26; Oosterlig 39, Leeuwenhof 26.
Groep 3
Blou Bulle: Die Wilgers 40, HTS Tuine 13. Limpopo: Louis Trichardt 62, Eric Louw 10. Luiperds: Vryburg 40, Hartbeespoort 21. Pumas: Hoogenhout 15, Generaal Hertzog 15.
Groep 4
Blou Bulle: Curro Roodeplaat 44, Suiderberg 0; FH Odendaal 26, Silverton 0; Magalieskruin 22, Maragon Mooikloof 10; Akasia 41, Kwaggasrand 7. Goue Leeus: Bastion 29, Allen Glen 24; Linden 62, Glenharvie 5; Bekker 53, Queen’s High 21; Alberton High 43, President 6; Bracken 30, Jan Viljoen 21; Randpark High 41, Fourways 20.
KWAZULU-NATAL
Maritzburg College 24, Michaelhouse 17; Westville Boys’ High 34, Kearsney College 22; St Charles College 36, Clifton 12; Hilton College 29, Pretoria Boys’ High 17.
NOORDVAAL
Jeppe 40, Northwood 8; St John’s College 80, St Andrew’s (Bloemfontein) 3; Lichtenburg 12, Hoërskool Klerksdorp 7; Parktown Boys’ High 23, St Stithians College 15; St Alban’s College 27, Northcliff 25; King Edward VII 75, St Benedict’s College 3; Rob Ferreira 57, Uplands College 14.
OOS-KAAP
Grey High School 15, Queen’s College 5; Nico Malan 31, Marlow Landbou 27; Framesby 47, HTS Daniël Pienaar 19.
Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.
Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@ssschoolsplus.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.
CECIL PARSONS, tighthead prop of the Griffons will once again be one of the stalwarts for the team during the Craven Week. PHOTO: Shaun Roy/Gallo Images
It’s no surprise that the Griffon selectors named ten players from Welkom Gimnasium in their provisional Craven Week side for the prestigious tournament later this year in Krugersdorp.
This year’s Craven Week presented by Stadio will be hosted at Monument in Krugersdorp from 24 until 29 June.
Four players who represented the Griffons at last year’s edition in George – Cecil Parsons (tighthead prop), Buhle Ngxabayi (loosehead prop), Jayden Auld (lock) and Lungile Samson (prop) are named in the provisional squad.
Another six players represented the Griffons at the Academy Week in Johannesburg last year. They are Jan Coetzee (hooker), Oyama Frans (lock), Rylen Kirsten (flank), Kenyon Moerat, Kganya Molapo (hooker) and Revaldo Farmer (scrumhalf).
JC van Rhyn (outside centre) and Reabetswe Olifant (flanker) are players who made the grade from the Grant Khomo Week team of 2023 straight into the Craven Week side.
The Griffons will face the Free State in their opening match in Krugersdorp. The last time these two sides met at the week was back in 2015 in Stellenbosch when the Purple People Eaters came out on top by 41-27. Gift Dlamini and Richman Gora were two of the Griffons’ stars in this famous victory.
The Purple People Eaters will be coached by Roean Bezuidenhout (Welkom Gimnasium) with Taro Maarman (Hentie Cilliers) and Andries Kruger (Hentie Cilliers) as his assistants.
Maarman represented the Griffons’ senior side in 145 matches, while Kruger also boasts a total of 51 appearances for the senior side.
The team manager is Frans Crous (Goudveld-Hoërskool) who has coached the Griffons’ Grant Khomo Week-side for the last couple of years.
Die eerste tennisspan van die Oranje Meisieskool het die 25ste Amanda Coetzer-toernooi in Bloemfontein met twee seges oor onderskeidelik Rhenish Girls’ High en die Hoërskool Waterkloof afgeskop. Die gasheer is die verdedigende kampioen en mik boonop na ‘n derde agtereenvolgende titel.
Die Schimper-tweeling, Nina en Mia, is vanjaar weer vir die gasheer in aksie. Die duo was ook in 2022 en 2023 in Oranje se span wat die kroon gedra het. Boonop het Oranje in hul geledere ook nog vir Donna le Roux wat verlede jaar as die voorste nommer een speler op die toernooi gekroon is. Le Roux is die dogter van die voormalige Springbok-stut Ollie le Roux.
Oranje het teen Waterkloof skoonskip gemaak en in al agt kragmetings (ses enkelspel en twee dubbelspel) koning gekraai. Le Roux het haar direkte teenstander van Klofies, Ciaran McConnell, met 8-3 verslaan. Oranje se nommer-twee, Cara le Grange, het haar direkte teenstander, Isabelle van Wyk, met 8-2 geklop.
Le Roux het kragte saam met Nina Schimper is die een dubbelspel-kragmeting gespan en vir McConnell en Zene Claassen met 6-2 uitoorlê. In die ander dubbelspel-kragmeting het Oranje se Le Grange en Ansone Theron vir Van Wyk en Tania Venter met 6-0 kaf gedraf.
Oranje moes veel harder werk om vir Rhenish van Stellenbosch met 5-3 te klop. Le Roux het haar tweestryd met Lisa-Marie du Toit met 8-2 gewen, terwyl Le Grange ook met 8-3 oor Jenna Theron baas was.
In die enkelspelwedstryde tussen die twee skole se nommer drie en vier gekeurdes het Rhenish se Katrien Booysen (8-6) en Jenna Pettipher (8-5) met onderskeidelik Nina Schimper en Theron klaargespeel. Oranje Mia Schimper het die kragmeting tussen die vyfde gekeurdes teen Christie Kotzé met 8-3 gewen, terwyl Lisa Louw met ‘n sege van 8-4 oor Nestine van Rooyen seker gemaak het dat die kragmeting tussen die twee skole in die dubbelspel-wedstryde beslis sou word.
Le Roux en Nina Schimper het vir Lisa-Marie du Toit en Pettipher met 6-2 in hul wedstryd verslaan, terwyl Mia Schimper en Ameli Bezuidenhout ook met 6-2 in hul dubbelspel-kragmeting teen Kotzé en Emily du Toit baas was om die oorwinning te beklink.
Oranje kom Vrydag vanaf 07:30 teen Menlopark in hul laaste groepwedstryd van die toernooi te staan.
FOTO: Marnus Prinsloo
Die Parkies het albei sy kragmetings tot dusver teen onderskeidelik Rhenish en Waterkloof verloor. Rhenish het Menlopark met 8-0 verslaan, terwyl die Klofies met 7-1 koning gekraai het.
In die ander groep blyk dit of die Hoër Meisieskool Paarl en Hoër Meisieskool Bloemhof die twee aanspraakmakers op die titel sal wees.
Die twee spanne was in ‘n hewige stryd gewikkel met die meisies van die Paarl wat uiteindelik met 10-8 as oorwinnaars van die baan gestap het.
Die span van die Paarl se twee voorste spelers, Hanmaré McAslin en Kelly Coetzee het hulle onderskeie enkelspelwedstryde teen Milla Kotze (8-6) en Carli Kruger (8-7) gewen.
Bloemhof se Nina van Eeden, Charlotte Bouwer en Anandie de Waal het hul enkelspelwedstryde teen onderskeidelik Minke van Zyl (8-3), Wilmien Oosthuizen (8-2) en Roné du Preez (8-5) gewen.
Hoër Meisieskool Paarl se Karin Fabricius het met haar sege van 8-5 oor Marline Stoop seker gemaak dat sake gelyk is na die ses enkelspelwedstryde.
McAslin en Du Preez het in die dubbelspel teenoor Kotze en De Waal met 6-3 koning gekraai, terwyl Kelly Coetzee en Van Zyl ook ‘n oorwinning van 7-5 oor Bouwer en Stoop behaal het.
Die span van die Paarl het vir die Afrikaanse Hoër Meisieskool van Pretoria met 7-1 geklop. Bloemhof het sy stryd teen Paarl Gimnasium gemaklik met 8-0 gewen.
Bloemhof is sedert die eerste Amanda Coetzer-toernooi die mees suksesvolle skool met 14 titels. Slegs vier skole kon sedert die ontstaan in 1998 die titel opraap. Waterkloof was al vier keer as kampioen gekroon, terwyl die Hoërskool Stellenbosch een keer die gesogte titel verower het.
Die gasheer het self al ses keer die trofee omhoog gehou.