The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.
If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at rugby@ssschoolsplus.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.
Or you can submit a result via our website – Submit Result.
The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.
If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at hockey@ssschoolsplus.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.
The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.
If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at hockey@ssschoolsplus.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.
Die Kobus Wiese XV-tal het die Absa Wildeklawer o.13-toernooi met ‘n sege van 12-7 oor Laerskool Tygerpoort van Pretoria afgeskop. Dié toernooi word deur die Laerskool Newton in Kimberley aangebied.
Meer uitslae volg soos die wedstryde voltooi word.
Die eerste dag van die Absa Wildeklawer o.13-toernooi beloof om reeds vir heelwat opwinding op Laerskool Newton se hoofveld, Boeta Dippenaar-park, in Kimberley te sorg.
Die hoofwedstryd van die eerste dag word om 19:00 tussen Grey-kollege van Bloemfontein en Penzance van Durban beslis.
Die span van die Rosestad het vroeër vanjaar in die eindstryd van die Top Lay Super Series vir Paarl Gimnasium met 17-10 verslaan. Hy het wel onlangs sy rieme met 14-15 teen Bastion van Brackenfell styfgeloop.
Slegs die eerste dag van die toernooi se bepalings is uitgesit met die volgende twee dae se wedstryde wat na elke dag se wedstryde uiteengesit sal word.
Bastion is ook in Kimberley in aksie en sal op die eerste dag sy staal teen Laerskool Vastrap van Rustenburg uitspook. Vastrap is tradisioneel een van die beste skolespanne in die Noordwes.
Nog twee spanne vanuit die Luiperds – Laerskool Saamtrek van Klerksdorp asook Laerskool Rustenburg sal ook in die Diamantstad in aksie wees. Saamtrek kom teen Gene Louw van Durbanville te staan, terwyl Rustenburg teen die gasheer, Newton, in aksie sal wees.
Vanjaar se toernooi het ook heelwat meer spanne wat in aksie is. Die Oostelike Provinsie se sterkste rugbyskool, Sunridge Primary van Gqeberha, kom teen die nuwe kampioen van die Super 12-reeks, Laerskool Helderkruin van Krugersdorp, te staan.
Laerskool Durbanville se kragmeting teen die Laerskool Garsfontein beloof ook om een van die hoogtepunte van die eerste dag te wees.
Al die bepalings asook direkte skakels tot die SuperSport Schools uitsendings:
HAPPY MAKATE, binnesenter van Waterkloof, duik hier sierlik oor die doellyn in sy span se oorwinning van 23-8 oor Menlopark in die eindstryd van die NWU Sport-reeks. FOTO: Frans Lombard
PRETORIA. – Dit blyk of die stryd om vanjaar se voorste rugbyskool op eerstespanvlak eers in die pylvlak beslis sal word.
Grey-kollege het Paarl Gimnasium se onoorwonne status in die Paarl met ‘n sege van 29-27 beëindig.
Dit was ‘n klipharde skolewedstryd wat enige kant toe kon gaan, met Gimmies se losskakel, Chandler Green, wat met ‘n doelskop in die doodsnikke sake nog gelyk kon trek.
Grey se senterpaar, Pieter van der Merwe en Ethan Adams, was weer uitstaande. Die twee gaan vanjaar nog baie spanne se verdedigingslyne hoofbrekens besorg.
Grey se slot AJ Meyer asook die haker, Liam van Wyk, het ook uitstaande vertonings opgedis. Vir Gimmies was niemand beter as die agtsteman, Quintin Potgieter, nie.
Paul Roos Gimnasium het sy onoorwonne status met ‘n klinkende sege van 25-10 oor die Hoër Jongenskool Paarl behou. Die kragmeting tussen die Maroen-masjien en Grey kan dus heel moontlik in Augustus bepaal wie bo-aan meeste ranglyste sal eindig.
Affies het teen Jeppe het ‘n hoër rat in die eerste helfte gevind. Die Wit Bulle het uiteindelik met 39-26 gewen na hulle teen lemoentyd ‘n stewige voorsprong van 25-7 geniet het.
Monument het sy aanslag in vanjaar se SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling met ‘n sege van 31-25 oor Helpmekaar-kollege in Johannesburg afgeskop. Monnas het goed begin, maar die Helpies het amper genoeg gedoen om die span van Krugersdorp behoorlik te laat sweet teen die einde.
Waterkloof is as kampioen van die NWU Sport-reeks gekroon na hy vir Menlopark met 23-8 in die eindstryd geklop het. Menlopark het as skool wel die trofee ontvang vir die algehele beste rugbyskool in dié reeks.
Die Klofies het nie op alle silinders gevuur nie, maar die Parkies sal ook voel dat die telling nie hul volle inspanning weerspieël nie. Dit was amper gevoel of die twee spanne mekaar nog uitkyk diep in die tweede helfte, voordat die Klofies die sege beklink het.
Die Klofies se agtsteman, Marko Kok, was soos gewoonlik ‘n staatmaker vir sy span.
Op die B-veld van Eldoraigne kon die Puma-keurders amper ‘n volle proewe aanskou het. Hoërskool Nelspruit het HTS Middelburg naelskraaps met 36-34 verslaan, terwyl Hoërskool Middelburg vir Kempton Park met 40-12 kaf gedraf het.
Transvalia was met 76-7 te sterk vir die gasheer van die NWU-reeks se eindronde, Eldoraigne. Die span van Vanderbijlpark het 12 drieë in die wegholsege ingeryg.
Noordheuwel van Krugersdorp sal sy titel as kampioen van die NWU Prestige-reeks teen Wesvalia van Klerksdorp volgende week in die eindstryd verdedig.
Die Nories het vir Marais Viljoen met 44-13 in die halfeindronde verslaan, terwyl Wesvalia sy plek met ‘n sege van 30-17 oor Hoërskool Pietersburg bespreek het.
Riebeeckrand is in Potchefstroom as nuwe kampioen van die NWU 16-reeks gekroon. Die nuwe kampioen het vir Pretoria-Noord in die eindstryd met 20-7 die loef afgesteek.
Hilton College 55, Kearsney College 37; Westville Boys’ High 35, Glenwood 32; Michaelhouse 24, Northwood 22; Durban High School 21, Maritzburg College 18; St Charles College 50, Clifton 15.
NOORDVAAL
Affies 39, Jeppe 26; Secunda 41, Ligbron Akademie 21; King Edward VII 24, Pretoria Boys’ High 14; Ellisras 15, HTS Tom Naudé 14; Merensky 101, Louis Trichardt 7; Ben Vorster 38, Randburg 29; Hartbeespoort 56, Nylstroom 24; Northcliff 26, Randpark Ridge 4; Piet Potgieter 61, Eric Louw 3; Curro Heuwelkruin 31, Stanford Lake College 5; Northern Academy 40, Warmbad 38.
Grey High School 10, Wynberg Boys’ High 10; Die Brandwag (Uitenhage) 18, HTS Daniël Pienaar 5; Ithembelihle 20, Gelvan Academy 12; Queen’s College 29, Dale College 15; Graeme College 50, Hudson Park 12; Selborne College 49, HTS Port Rex 10; Graaff-Reinet Volkskool 38, Despatch 10.
Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.
Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@ssschoolsplus.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.
This weekend is action-packed as for the first time there will be two Premier Interschools matches – Paarl Gimnasium vs Grey College – as well as Paul Roos Gimnasium vs Paarl Boys’ High.
The NWU Sport Series final will be decided between Menlopark and Waterkloof, while Affies will face a determined Jeppe High School for Boys at home. In the Eastern Cape – Queen’s College will host Dale College which promises to produce some exciting moments.
The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.
If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at rugby@ssschoolsplus.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.
Or you can submit a result via our website – Submit Result.
PRETORIA. – Wynberg Boys’ High het gesorg vir nog ‘n opskudding in die skolerugbyseisoen van 2024 toe hy die Hoër Jongenskool Paarl vir die eerste keer in 36 jaar verslaan het.
Die span se losskakel, Yaqeen Ahmed, het koelkop gebly om ‘n strafdoel na die sirene oor te klits om aan sy span ‘n geskiedkundige sege van 30-27 oor Boishaai te help beklink.
Boishaai se linkervleuel, Ashwin Swarts, het vyf minute voor die einde gaan druk met die losskakel, Viaan Mentoor, se doelskop wat sake gelyk getrek het. Wynberg se vorige sege oor die span van die Paarl was in 1988.
Die wenspan se kaptein, Aden da Costa, se pa Joe was ‘n lid van die Wynberg-span wat 36 terug vir Boishaai omgedop het.
Paarl Gimnasium het sy onoorwonne status net-net in die Jakarandastad behou deur vir die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria naelskraaps met 20-19 uit te oorlê.
Dit was ‘n strawwe tweestryd van twee helftes, waar Gimmies in die eerste helfte die oorhand gehad het. In die tweede helfte het Affies die meeste van die speelwerk gedoen.
Op die ou einde was ‘n onderskepdrie deur Paarl Gimnasium se regtervleuel, Immanuel Prinsloo, die verskil tussen die twee spanne. Die akkurate skopskoen van die heelagter, Freek de Kock, verdien egter ook lof.
Affies se linkervleuel, Eagan Roux, het deurgans probleme vir Gimmies se verdediging besorg, terwyl Affies se SA Skole-binnesenter, Janco Purchase, sy spel goed afgewissel het.
Gimmies se twee flanke, Jan Koegelenberg en Wihan Kotze, het by die afbreekpunte veral in die eerste helfte skitterende werk verrig.
Almal het verwag dat Grey-kollege nie in ‘n goeie bui sou wees na hul skoknederlaag teen Jeppe (19-22) tydens die Noord/Suid-toernooi nie.
Die span van die Rosestad het egter nie net eers ses van die bestes teen Outeniqua uitgedeel nie, maar ‘n drag slae van 90-3. Grey het 14 drieë in totaal ingeryg met sy buitesenter, Ethan Adams, wat ‘n driekuns behaal het.
Die nuweling heelagter, Heinz Stockenström, het ook seker gemaak dat hy volgende week teen Paarl Gimnasium weer die laaste vesting sal beman. Hy hete agt van sy span se drieë verdoel en self ook ‘n draai agter die doellyn gemaak.
Waterkloof het vriend en vyand in die NWU Sport-reeks verras deur EG Jansen in Boksburg met 45-38 te klop. Die Jansies was voor die kragmeting nog onoorwonne vanjaar en ‘n vroeë gunsteling om as kampioen van dié reeks gekroon te word.
Die Klofies sal egter nou volgende Saterdag teen Menlopark in die eindstryd van die reeks te staan kom. Die Parkies het van sy plek in die eindstryd met ‘n sege van 31-14 oor die Hoërskool Nelspruit in Mbombela seker gemaak.
Die Klofies se senterpaar, Riwan van Aswegen en Happy Makate, was uitmuntend in die oorwinning oor EG. Van Aswegen het die wendrie na ‘n lopie van ongeveer 50 meter gaan druk.
In die NWU Prestige-reeks het die verdedigende kampioen, Noordheuwel, sy plek in die halfeindronde met ‘n oorwinning van 43-33 oor Lichtenburg bespreek. Die Nories sal teen Wesvalia in hul halfeindstryd te staan kom.
In die ander halfeindstryd sal die Hoërskool Pietersburg en Marais Viljoen teen mekaar sake uitspook.
Strand se buitesenter, Sherwin April, was op sy stukke in die maand wat sy van dra. Hy het vier keer gaan druk om sy skoolspan tot ‘n sege van 52-22 oor DF Malan te help. Die linkervleuel, Heinrich April, het self dubbelle driedruk-plesier ervaar.
Al die uitslae:
KWAZULU-NATAL
Maritzburg College 43, Pretoria Boys’ High 7; Glenwood 34, Clifton 7; Northwood 7, Durban High School 7.
NOORDVAAL
King Edward VII 80, Parktown Boys’ High 0; Jeppe 31, Westville Boys’ High 21; Secunda 47, Hans Moore 16; Dr. Malan 22, Hoërskool Sasolburg 13; Merensky 62, Nylstroom 13; Bergsig Akademie 43, Driehoek 3; Wonderboom 69, Florida 0; Centurion 23, HTS Witbank 19; Midstream College 24, Northcliff 17; HTS Sasolburg 19, HTS Carel de Wet 16; Edenvale High 19, Fourways 18; Brandwag (Benoni) 36, Wagpos 0.
The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.
If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at rugby@ssschoolsplus.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.
Or you can submit a result via our website – Submit Result.