SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • School Rugby Results – 16 March 2024

    School Rugby Results – 16 March 2024

    The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.

    If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at rugby@superschoolsnews.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.

    Or you can submit a result via our website – Submit Result.

    All the results: 

    EASTERN CAPE 

    [ninja_tables id=”38240″]

    FREE STATE/GRIQUALAND WEST

    [ninja_tables id=”38239″]

    KWAZULU-NATAL 

    [ninja_tables id=”38241″]

    NOORDVAAL 

    [ninja_tables id=”38243″]

    NWU SPORT SERIES 

    [ninja_tables id=”38238″]

    NWU PRESTIGE SERIES 

    [ninja_tables id=”38242″]

    NWU 16 SERIES 

    [ninja_tables id=”38247″]

    WESTERN CAPE 

    [ninja_tables id=”38246″]

  • Monnas versigtig vir Welkom Gim in Malcullum Marx-gedenkwedstryd

    FOTO: Marnus Prinsloo

    Monument van Krugersdorp se Wit Bulle sal so ietwat versigter as gewoonlik vir Welkom Gimnasium wees wanneer die twee spanne mekaar vandag om 13:20 op die Ras van Rooyen-veld pak.

    Dit sal Monnas se eerste wedstryd van die seisoen wees, terwyl die span van Welkom al drie kragmetings agter die blad het.

    Volg al die aksie rekstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Soos gebruiklik is Monnas se eerste tuiswedstryd van die seisoen ook die Malcullum Marx-gedenkwedstryd. Vanjaar sal dit die 30ste gedenkwedstryd sedert die afsterwe van die gewese Wit Bul Marx wees.

    Welkom Gimnasium het in twee van sy wedstryde teen Jim Fouché (31-13) en Glenwood (26-21) die septer geswaai. In hul kragmeting teen Grey-kollege was hulle met 5-52 aan die verloorkant.

    Dié gedenkwedstryd is altyd ‘n groot wedstryd vir die Wit Bulle. Twee van Monnas se Springbokke – Willem Alberts en Jaco Taute het die Wit Bulle se truie oorhandig.

    Alberts, wat 1.92m in sy sokkies staan, sou moes opkyk vir Monnas se slot Jacques Botha. Laasgenoemde is ‘n volle 2.06m lank en kan vanjaar indien hy sy spelpeil lig een van die spelers wees om dop te hou. Voorlangs sal Welkom Gim ook die twee flanke, RJ Barnard en Jamaal Feldman, fyn moet dophou.

    Welkom Gimnasium se losskakel, Renaldo Kiewiet, kan die tuisspan probleme besorg as hy op sy stukke is. Hy was verlede jaar tydens die Cravenweek in George met 48 punte as die voorste puntemaker afgesluit. Vanjaar se Cravenweek vind reeds op die Ras van Rooyen in Krugersdorp plaas.

    Sy direkte teenstander, Justin Viljoen, het verlede jaar ook ‘n goeie seisoen beleef. Viljoen sal op sy goeie eerste seisoen vir die Wit Bulle met ‘n nog stewiger vertoningslys wil voortbou.

    Die span van Welkom Gimnasium se breier, Roean Bezuidenhout, is van vanjaar af ‘n lid van die Suid-Afrikaanse Skole-keurkomitee. So hierdie is ook ‘n ekstra geleentheid vir die spelers van Monnas om dalk al ‘n regmerkie in Bezuidenhout se boekie te kry.

    Bezuidenhout het al voorheen ook die SA Skole-span afgerig. Monnas se breier, Tjaart van der Walt, is die Goue Leeus se Cravenweek-span se afrigter.

    Die spanne is: 

    Monument: 15 Hanu Fourie, 14 Kealan Milton, 13 Jason Joubert, 12 Theuns du Plooy, 11 Ernesto Oersen, 10 Justin Viljoen, 9 Hanno du Toit, 8 Nathan Erasmus, 7 RJ Barnard, 6 Jamaal Feldman, 5 Luhan Swart, 4 Jacques Botha, 3 Wikus Meyer, 2 Kiyan Pretorius, 1 JC Oosthuizen.

    Welkom Gimnasium: 15 Dylan Kemp, 14 Terence Tsholo, 13 Joshua Coertzen, 12 Jayden Weideman, 11 Bokang Lesenyeho, 10 Renaldo Kiewiet, 9 Rewaldo Farmer, 8 Ethan Jones, 7 Rylen Kirsten, 6 Rovaun van Niekerk, 5 Jayden Auld, 4 Diekie Beuken, 3 Alexander Olivier, 2 Kganya Molapo, 1 Buchle Ngxabayi.

    Afskop: 13:20

    Geskiedenis van die Malcullum Marx-gedenkwedstryd: 

    [ninja_tables id=”38184″]

  • Helpies hoop vir ‘n bietjie Peens-magic teen Affies

    Helpies hoop vir ‘n bietjie Peens-magic teen Affies

    PHOTO: Johan Orton

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool se Wit Bulle sal na Saterdag presies weet hoeveel slypwerk nog vir hulle vir die Noord/Suid-toernooi voorlê.

    Affies reis na Johannesburg waar hy teen Helpmekaar-kollege te staan sal kom. Die wedstryd skop om 12:30 af.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Die twee skole se eerstespanne het mekaar al 66 keer vantevore op die rugbyveld ontmoet. Helpies was slegs in 20 aan die wenkant waarvan die laaste keer in 1998 was.

    Albei die spanne kon darem al vanjaar die litte losmaak. Helpies moes sweet in Balgowan om vir Michaelhouse met 10-7 in ‘n klipharde stryd tot oorgawe te dwing. Affies het na Kimberley gereis en Diamantveld met 33-10 die loef af te steek.

    Helpies se truie word vir die wedstryd deur die voormalige Italiaanse veelsydige speler Gert Peens uitgedeel. Die oud-Helpie het Italië in 24 toetse verteenwoordig.

    Helpies se afrigters sal hoop dat daar ‘n stukkie Peens-magic aan hul span afsmeer. Peens het in ‘n toets teen Ierland met ‘n skepdoel van 58 meter geslaag en is ook bekend vir die duikslag op die All Black makro-vleuel Jonah Lomu.

    Affies se skakelpaar, Ruben Pienaar en Hendré Schoeman, is sleutelspelers vir hul span. Pienaar het teen Diamantveld met sy skopvoet sy span op die voorvoet gehou, terwyl Schoeman se seepgladde diens asook sy oog vir ‘n gaping om die afbreekpunte goud werd vir die Wit Bulle was.

    Die Wit Bulle se SA Skole-binnesenter, Janco Purchase, sal ook uitsien na sy tweestryd teen Michael Benzien in die middelveld. Benzien was verlede jaar al een van Helpies se staatmakers. Voorlangs sal die span van die Goudstad se vaskopstut, Ulrich van der Merwe, ook ‘n speler wees om dop te hou.

    Die spanne is: 

    Helpmekaar: 15 Tiaan le Roux, 14 Ty Ax, 13 Clinton Cloete, 12 Michael Benzien, 11 Pieter Möller, 10 Wian Storm, 9 Tristan van Niekerk, 8 Moloi Motlatsi, 7 Darius Haasbroek, 6 Eugene de Lange, 5 JP Lombard, 4 Christiaan Tonkin, 3 Ulrich van der Merwe, 2 Gustav Grotius, 1 Dylan Engelbrecht.

    Affies: 15 Ruben Groenewald, 14 Hugo Snyman, 13 Theuns Maritz, 12 Janco Purchase, 11 Nicolaas Grobler, 10 Ruben Pienaar, 9 Hendré Schoeman, 8 Robin Lippold, 7 Albert Smit, 6 Luan Potgieter, 5 JD Hattingh, 4 Muntingh Hamman, 3 Ruan Smuts, 2 Ethan van Dyk, 1 Werner Vrey.

    Ander bepalings: 

    12:30 – o.19A – Helpmekaar vs Affies
    11:10 – o.16A – Helpmekaar vs Affies
    10:00 – o.19B – Helpmekaar vs Affies
    09:00 – o.15A – Helpmekaar vs Affies
    08:00 – o.14A – Helpmekaar vs Affies

  • SuperSport Schools celebrates successful partnership with Mzwandile Mali-tournament

    SuperSport Schools celebrates successful partnership with Mzwandile Mali-tournament

    SuperSport Schools celebrates a successful partnership with the Mzwandile Mali Schools Rugby Tournament run by the Lincoln Mall Leadership Foundation.

    We are delighted to announce the successful streaming of the Mzwandile Mali Schools Rugby Tournament in the Eastern Cape over the past few weeks, the tournament has garnered incredible support from the community showcasing the passion and enthusiasm for rugby in the region.

    We are proud to have covered the thrilling matches leading up to the finals on the 15th of March at Isaac Wolfson Stadium Live on DStv Channel 216 and the SuperSport Schools App.

    The tournament was named after Mzwandile Mali, father of Lincoln Mali has not only provided a platform for young

    talents to showcase their skills but has also fostered a sense of community and sportsmanship among participants.

    In addition to the upcoming finals, SuperSport Schools is excited to announce the coverage of the touring teams’ matches set to take place in Kent, United Kingdom on 6-12 October 2024, this presents a unique opportunity for the chosen 22 players to gain international exposure and experience, further enhancing their rugby journey with the support of the Lincoln Mali Leadership Foundation.

    For more information, visit supersportschools.com or follow us on social media for updates

  • Die groot honde ontwaak vir die 2024-seisoen

    MATTHEW BERGMAN, losskakel van EG Jansen, duik hier sierlik oor die doellyn vir een van sy span se drieë in hul oortuigende sege van 85-3 oor Kempton Park in die NWU Sport-reeks. FOTO: Tap Light Edits

    KEMPTON PARK. – Meeste van die groot honde het ontwaak en die skolerugbyseisoen van 2024 beloof om weer vir hope opwinding te sorg.

    Die Hoër Jongenskool Paarl het behoorlik wraak tydens die jaarlikse Porterville Bulfees oor die Hoërskool Durbanville geneem. Boishaai het sy nederlaag verlede jaar op die einste sportdag met 73-7 gewreek.

    Die Durbies het verlede jaar geskiedenis gemaak deur Boishaai met 26-25 te troef.

    Noordheuwel het ook die bordjies teen Outeniqua op laasgenoemde sportdag met 28-19 verhang. Die Nories se buitesenter, Cheswill Jooste, was soos gewoonlik giftig.

    Die Kwaggas was verlede jaar tydens hul Eeufees-vieringe met 18-14 oor die besoekers van Krugersdorp baas.

    Framesby het ook ‘n welcome terugkeer in George gemaak en Brackenfell met 31-12 verslaan. Die span van die Baai se losskakel, Logan Muller, sal vanjaar weer spanne met sy skopvoet op die agtervoet plaas.

    Oakdale Landbou het sy seisoen met ‘n klinkende sege van 40-0 oor Ligbron Akademie afgeskop. Die span se buitesenter, Kurt Coetzee, het 15 punte tot sy span se totaal via ‘n drie en vyf doelskoppe bygedra.

    In die eerste ronde van die NWU Sport-reeks was daar heelwat drama.

    Die Hoërskool Nelspruit se agtsteman, Vaughn van Zyl, het met ongeveer drie minute oor in sy span se kragmeting teen Hoërskool Middelburg oorgeduik om aan sy span die voorsprong te gee.

    Nelspruit se Rhinos het die kragmeting met 32-26 gewen.

    In Vanderbijlpark was dit danksy ‘n strafdoel in die doodsnikke deur HTS Middelburg se heelagter, Jacque Stassen, wat aan sy span ‘n sege van 20-19 oor Transvalia besorg het.

    EG Jansen het met ‘n sege van 85-3 oor Kempton Park sy spiere behoorlik gebult. Dit was veral die buitesenter, Juandré Jacobs, asook die linkervleuel, Keanu van Loggerenberg, wat Kempies se verdediging probleme besorg het.

    Menlopark moes so ietwat sweet om Eldoraigne met 25-19 die loef af te steek.

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het sy seisoen met ‘n sege van 33-10 oor Diamantveld aan die gang gekry.

    Dit was veral die stryd tussen Affies se SA Skole-binnesenter, Janco Purchase, en sy direkte teenstander, Simon Liversage, wat vir heelwat opwinding gesorg het.

    Affies se losskakel, Ruben Pienaar, het egter meeste van die aandag gegryp danksy sy skitterende skopwerk. Hy het Diamonds danksy sy skopwerk en ‘n hele paar 50/22-skoppe in hul gebied vasgepen gehou.

    Helpmekaar het ‘n strawwe eerste kragmeting weg. Die span van Johannesburg het vir Michaelhouse met 10-7 geklop.

    ‘n Sege oor die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort se Foxies op hul jaarlikse Pieter Swanepoel-sportdag is so skaars soos hoendertande.

    Wessel Maree van Odendaalsrus het dit egter met ‘n naelskraapse sege van 13-12 vermag.

    In Springs het Hugenote op sy tuisveld die verdedigende kampioen, Noordheuwel, se kanse op vanjaar se NWU Prestige-reeks titel ‘n reuse slag toegedien.

    Hugenote het met 28-10 in die kragmeting koning gekraai. Die Nories moes Saterdag ‘n besluit neem of hulle met hul eerstekeuse spelers teen Outeniqua in George sou uitdraf of teen Hugenote in Springs.

    Die kragmeting in George het voorkeur geniet, hoewel die NWU Prestige-reeks kragmeting ook ‘n eerstespan-wedstryd was.

    Al die uitslae:

    KWAGGA SPORTDAG

    Noordheuwel 28, Outeniqua 19; Framesby 31, Brackenfell 12; Oakdale Landbou 40, Ligbron Akademie 0; Worcester Gimnasium 19, Langenhoven Gimnasium 0; Hermanus 13, Hoërskool Punt 0; Pearson 71, Bredasdorp 7; Parel Vallei 25, Oudtshoorn 7.

    KWAZULU-NATAL

    Kearsney College 16, Maritzburg College 14; Helpmekaar 10, Michaelhouse 7; Welkom Gimnasium 26, Glenwood 21.

    NWU SPORT-REEKS

    Hoërskool Nelspruit 32, Hoërskool Middelburg 26; Menlopark 25, Eldoraigne 19; EG Jansen 85, Kempton Park 3; HTS Middelburg 20, Transvalia 19.

    NWU PRESTIGE-REEKS

    Hugenote (Springs) 28, Noordheuwel 10; Hoërskool Klerskdorp 19, Heidelberg Volkskool 19; Wesvalia 31, Montana 21; Hoërskool Rustenburg 48, Oosterlig 8; Jeugland 38, Zwartkop 14; Marais Viljoen 28, Potchefstroom Volkskool 17.

    NWU 16-REEKS

    Wolmaransstad 28, Vryburg 24; Stoffberg 20, Delmas 20; Fochville 51, Schoonspruit 17; Hans Strijdom 20, Leeuwenhof 8; Riebeeckrand 38, Ben Viljoen 31; Sarel Cilliers (Glencoe) 62, Volksrust 3; Pretoria-Noord 36, Oosterland 7.

    NOORDVAAL

    Affies 33, Diamantveld 10; Hoërskool Pietersburg 23, Die Anker 17; Lichtenburg 39, Potchefstroom Gimnasium 19; Merensky 49, Frans du Toit 14; Bergsig Akademie 47, Hoogenhout 0; Ben Vorster 41, Lydenburg 21; Monument II 52, Ermelo 0; Overkruin 67, Centurion 14; Dr. Malan 24, Dinamika 22; Wonderboom 23, Hoërskool Alberton 19; Zayo Academy 48, Menlopark XV 5; Brandwag (Benoni) 65, Birchleigh 0; St Alban’s College 36, Sutherland 6; Hartebeespoort 26, Bekker 5; Frikkie Meyer 31, Die Wilgers 13; Piet Retief 41, Standerton 7; Northern Academy 41, Nylstroom 7; HTS John Vorster 16, HTS Tom Naudé 12; Midstream College 18, Cornwall Hill College 18.

    OOS-KAAP

    St Andrew’s College 24, Nico Malan 21; Marlow Landbou 16, Duineveld 5; Queen’s College 29, Stirling 3; Brandwag (Uitenhage) 36, HTS Port Rex 12; Lilyfontein 42, Aliwal-Noord 3; Cathcart 24, Stutterheim 10; Brandwag (Uitenhage) 33, Hangklip 7; Despatch 19, Union 0.

    PIETER SWANEPOEL SPORTDAG

    Wessel Maree 13, Brandfort 12; Bothaville 34, Hendrik Potgieter 22; Parys 24, St Andrews 19; Vaalpark 10, Sandveld 5; Ficksburg 12, Grey-kollege VI 15; Ladybrand 31, President Steyn 7; Sand du Plessis 0, Grey College V 76; Hoërskool Bloemfontein 26, Winburg 0; Louis Botha 0, Grey College IV 26.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Noord-Kaap 29, Landboudal 20; Hentie Cilliers 53, HTS Sasolburg 3; Hoopstad 52, Kalahari 14; Douglas 14, Postmasburg 12; Hennenman 19, Paul Erasmus (Senekal) 14; Hopetown 52, Kalahari II 14; Curro Kathu 21, Bultfontein 0; Affies II 38, Hoërskool Upington 10; Hartswater 20, Kathu 13.

    WES-KAAP

    Hoër Jongenskool Paarl 73, Hoërskool Durbanville 7; Overberg 21, Piketberg 12; Boishaai II 40, Porterville 8; Boland Landbou 29, Milnerton 18; HTS Bellville 38, Monumentpark 17; DF Malan 12, Melkbosstrand 5.

  • School Rugby Results – 9 March 2024

    The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.

    If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at rugby@superschoolsnews.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.

    All the results: 

    NWU SPORT SERIES 

    [ninja_tables id=”37064″]

    NWU PRESTIGE SERIES

    [ninja_tables id=”37065″]

    EASTERN CAPE 

    [ninja_tables id=”37067″]

    FREE STATE/GRIQUALAND WEST 

    [ninja_tables id=”37069″]

    KWAZULU-NATAL 

    [ninja_tables id=”37071″]

    NWU 16 SERIES

    [ninja_tables id=”37079″]

    PIETER SWANEPOEL SPORTDAG 

    [ninja_tables id=”37083″]

    KWAGGA SPORTDAG

    [ninja_tables id=”37075″]

    SUPER SERIES

    [ninja_tables id=”37111″]

    NOORDVAAL 

    [ninja_tables id=”37073″]

    WESTERN CAPE 

    [ninja_tables id=”37074″]

  • Wesvalia stamp die Fichie Leeus, terwyl Tralies die keer vir Northerns hard laat werk

    FOTO: Marnus Prinsloo

    BLOEMFONTEIN. – Die derde keer was toe nie skeepsreg nie.

    Die Hoërskool Fichardtpark het sy rieme met 13-27 teen Wesvalia van Klerksdorp in die hoofwedstryd van sy jaarlikse Standard Bank Fichardtpark Sportdag vasgeloop.

    Kyk die wedstryde tydens die sportdag weer op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Dit was die derde keer wat die twee spanne mekaar die afgelope drie jaar op die rugbyveld ontmoet. Die Fichies se Leeus was in 2022 (29-3) en 2023 (17-5) baas.

    Die besoekers het egter reeds vroeg dit duidelik gemaak dat hulle van plan was op die bordjies te verhang. Dit was veral die stormlope deur die agtsteman, Hanré Venter, asook die haker, Junior Kuhn, wat die tuisspan probleme besorg het.

    Venter was voorlangs die groot doring in Fichies se vlees en het telkens die voordeellyn oorgesteek. Die Leeus het egter nooit moed opgegee nie. Dit was veral hul loskopstut, Zaine van Zyl, wat voorlangs die vonk verskaf het.

    Van Zyl het die bal goed gedra asook op verdediging sy lyf op die spel geplaas. Sy mede voorryman, Nathan Swanepoel, was ook ‘n geval van hoe later hoe kwater. Swanepoel het al hoe meer die bal begin dra asook met sy skoonmaakwerk by die afbreekpunte.

    Wesvalia was sonder twyfel die beste span op die veld. Die besoekers het waarskynlik ‘n groter voorsprong verdien as wat die telling van 12-8 teen rustyd aangedui het. Sy kantman Franco Dumond het kort na die aanvang van die tweede helfte gaan druk om sy voorsprong tot 19-8 te rek.

    Fichies se skrumskakel, Devanté Claasen, en sy direkte teenstander, Chad Hofmeyer, het mekaar ook behoorlik opgekeil. Dit was Claasen se derde kragmeting teen Wesvalia vir die Fichie Leeus.

    Vir die Hoërskool Sentraal was dit so amper stamper of hulle het die bordjies teen die Hoërskool Noord-Kaap verhang. Northerns het uiteindelik met 28-22 as oorwinnaars van die veld gestap.

    Die Tralies het eerste bloed geruik in die negende minuut toe sy binnesenter, SJ Coetzee, oor die doellyn gebars het.

    Northerns kon eers met slegs 11 minute oor in die kragmeting vir die eerste keer die voortou danksy ‘n drie deur sy flank Tyron China (19-17). Dit was veral die span van Kimberley se heelagter, Jonaden Links, wat ‘n groot doring in die Tralies se vlees was.

    Links is goed op die aanval deur die regtervleuel, Aphiwe Siyona, ondersteun. Die twee het telkens daarin geslaag om bresse te slaan.

    Die Tralies het verlede jaar op die einste sportdag ‘n drag slae van 0-43 teen Noord-Kaap op die lyf geloop. Vanjaar se span het egter gewys dat hy oor heelwat meer durf beskik.

    Buiten Coetzee kan die losskakel, Pat Cloete, asook die flank Juandré Jardim meer as tevrede met hul vertonings voel.

    Puntemakers:

    Wesvalia 27 (12) – Drieë: Ben Bierman, Hanré Venter, Franco Dumond, Junior Kuhn. Doelskoppe: Rickardt van Heerden (2). Strafdoel: Van Heerden. Fichardtpark 13 (8) – Drieë: Ayanda Qinisa, Martin Kalp. Strafdoel: Devanté Claasen.

    Noord-Kaap 28 (7) – Drieë: JP Alexander, Jonaden Links, Abdul Fischer, Tyron China. Doelskoppe: Abdul Fischer (4). Sentraal 22 (10) – Drieë: Pat Cloete, SJ Coetzee, Liam Pretorius, CJ Hertzog. Doelskop: Aiden Gotsch.

  • JF en Velties in titaniese stryd op Fichies se Sportdag

    JF en Velties in titaniese stryd op Fichies se Sportdag

    FOTO: Marius Nortjé

    Jim Fouché en Duineveld kan vandag vir een van die hoogtepunte met hul kragmeting tydens die Standard Bank Fichardtpark Sportdag in Bloemfontein sorg.

    Al die aksie van die sportdag kan regstreek op SuperSport Schools (www.supersportschools.com) gebeeldsend word.

    Albei die spanne tel jaarliks onder die voorste skolespanne in die sentrale streek.

    JF se senterpaar, Heinrich Hattingh en Bendré Vermaak, sal in ‘n hewige stryd in die middelveld teen PJ Smit en Henry Page gewikkel wees.

    Albei spanne is ook bekend daarvoor dat hul agttalle hou van die fisieke aspekte van die spel. Voorlangs gaan die gort ook behoorlik gaar wees.

    Die spanne is: 

    Jim Fouché vs Duineveld om 15:00: 

    Jim Fouché: 15 Christian Strydom, 14 Hanro Marais, 13 Bendré Vermaak, 12 Heinrich Hattingh, 11 Adrian de Necker, 10 Allderick Johnson, 9 Duardt Bester, 8 Qian Moller, 7 JW Stone, 6 Nathan van Breda, 5 Franco Oberholzer, 4 Milan Marais, 3 Darren Matthews, 2 Ian Nel, 1 SW van der Merwe.

    Duineveld: 15 Gregon Jansen, 14 Jacquin Jansen, 13 Henry Page, 12 PJ Smit, 11 AJ Burger, 10 Ethan van Zyl, 9 Franco Erasmus, 8 Wihan Liebenberg, 7 Jandries Potgieter, 6 Francois Nel, 5 Jan-Carel Claasens, 4 Arno Luttig, 3 Ethan Prins, 2 Phillip van As, 1 Adriaan Botha.

    Hoërskool Upington vs Marlow Landbou om 12:40: 

    Hoërskool Upington: 15 Louwan Harper, 14 Cayden Daniels, 13 Sylvester Hoffman, 12 Hercules Hudson, 11 Dali Gubula, 10 LJ Isaaks, 9 Phillip Green, 8 Roelof Slabbert, 7 Petri Fourie, 6 Daniel Janse van Rensburg, 5 Ruan Janse van Rensburg, 4 Jaden Williams, 3 Nathan Mayora, 2 Jade Coetzee, 1 Monqoba Hinana.

    Marlow Landbou: 15 Kunga Venkile, 14 JJ Erasmus, 13 Theuns Botha, 12 Christian van der Merwe, 11 Teagan Wiessener, 10 Gideon Jordaan, 9 Gian Steyl, 8 Jan Els, 7 IB van Heerden, 6 Robert van Zyl, 5 Danté Roux, 4 Wilco Nel, 3 JP Richter, 2 Zeiss Jordaan, 1 Hermanus Steyn.

    Hoërskool Kalahari vs Wilgerivier om 11:30: 

    Kalahari: 15 Boesman Venter, 14 Zelwyn Julies, 13 Janco Reynecke, 12 , 11 Luciano Gouws, 10 Malan Lubbe, 9 Ruan Beukes, 8 SW van Heerden, 7 Bobo Esau, 6 Zian Cengcani, 5 Yden Agenbach, 4 Siphe Korkanyang, 3 Duan Roodt, 2 Letlolo Assegaai, 1 Robbie Blaauw.

    Wilgerivier: 15 Jonty Graaff, 14 Tlhompo Motsapi, 13 Marnus Swart, 12 Gertin Terblanche, 11 Lihan Roets, 10 Wian Muller, 9 Pedri Graaff, 8 Juan de Klerk, 7 Paseka Motsoeneng, 6 JD van den Berg, 5 Ewert Kleynhans, 4 Drihan Engelbrecht, 3 Hanno Wessels, 2 Louis de Villiers, 1 Tshwanelo Rametse.

    Zastron vs Aliwal-Noord om 08:00:

    Zastron: 15 Thabang Mohoshela, 14 WG Rautenbach, 13 Mawethu Magidela, 12 Jacques-Philip Franszen, 11 Jay-Cee Knoetze, 10 Lechabile Leballo, 9 Rheinieco Nel, 8 Frans Botha, 7 Stefan Jansen, 6 Inus van den Berg, 5 Branden Venter, 4 CG Siegruhn, 3 Samuel Sehanka, 2 Juan Botha, 1 Jan-Adriaan Grobler.

    Aliwal-Noord: 15 Neels Nelson, 14 Kamohelo Ntsoetsanyane, 13 Ashley Smith, 12 Amahle Mgojo, 11 Khanta Maduna, 10 Bokomoso Sontashe, 9 Likuwe Mkundlu, 8 Adriano Jansen, 7 Tiaan Nagel, 6 Lihle Phaliso, 5 Hanno van Niekerk, 4 Qhama Saule, 3 Cwenga Nunu, 2 Zaylin du Plessis, 1 Sesam Buhlungu.

  • School Rugby Results – 2 March 2024

    School Rugby Results – 2 March 2024

    The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools.

    If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at rugby@superschoolsnews.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.

    All the results: 

    STANDARD BANK FICHARDTPARK SPORTS DAY 

    [ninja_tables id=”36560″]

    NOORDVAAL

    [ninja_tables id=”36564″]

    FREE STATE/GRIQUALAND WEST

    [ninja_tables id=”36569″]

    NWU 16 SERIES

    [ninja_tables id=”36568″]

  • Fichies Leeus wil brul teen die Bere van Wesvalia

    Fichies Leeus wil brul teen die Bere van Wesvalia

    FOTO: Dirkie Groenewald

    Fichardtpark se Leeus sal Saterdag tydens sy jaarlikse Standard Bank Fichardtpark Sportdag van die begin af op alle silinders moet vuur. Die Fichies kom in die hoofwedstryd van die dag om 16:10 teen Wesvalia van Klerksdorp te staan.

    Al die aksie van die sportdag kan regstreek op SuperSport Schools (www.supersportschools.com) gebeeldsend word.

    Dié sportdag is jaarliks een van die grootstes in Suid-Afrika en bied aan baie skole hulle eerste proesel rugby van die 2024-seisoen.

    Fichies se Leeus het Wesvalia verlede jaar met 17-5 tydens die President Steyn Sportdag verslaan. Die besoekers het dus vanjaar ‘n appeltjie met Fichardtpark te skil.

    Boonop het Wesvalia verlede week vir Potchefstroom Volkskool met 73-7 in hul eerste kragmeting van die seisoen afgeransel. Saterdag se hoofwedstryd sal die Leeus se eerste van die seisoen wees.

    Fichies se Devanté Claasen het die Vrystaat verlede op die Cravenweek verteenwoordig en sal waarskynlik die vonk vir sy span moet verskaf.

    Wesvalia se boetie-duo, Marno Dreyer (heelagter) en Eduard Dreyer (losskakel), het reeds vroeër vanjaar tydens die Kovsie Smash goeie herhinneringe op Fichies se sportgronde beleef. Die twee het Wesvalia tot die eerste titel van die kompetisie met blink vertonings gelei.

    Hoërskool Sentraal se eerstespan sal nie heeltemal uit wees vir vergelding nie, hoewel dit soet sou smaak. ‘n Veel beter vertoning as verlede jaar met meer durf en konstruktiewe spel teen die Hoërskool Noord-Kaap sal vir die Tralies baie beteken.

    Northerns het verlede jaar die Tralies met 43-0 ‘n rugbyles geleër. Die span van Kimberley het boonop weer die dienste van nege van sy beginspan-spelers van verlede jaar.

    Die Tralies se Direkteur van Rugby, Braam van Straaten, het intussen die Rosestad vir Middelburg in Mpumalanga verruil. Hy sal voortaan by die Hoërskool Middelburg se rugbyprogram betrokke wees. Tralies se hoofafrigter, Hendré Fourie, sal sonder twyfel sy troepe voorberei het vir die aanslag wat vandag op hul wag.

    Louis Botha sal vanjaar ook ‘n beter vertoning as verlede jaar wil opdis. Die span kom vanjaar teen Landboudal van Jacobsdal te staan.

    Verlede jaar het Louis Botha met 5-12 teen Hentie Cilliers van Virginia die knie gebuig. Die span word deur die gewese SA Skole-flank, Moekoa Bolofo, gebrei. Bolofo was op sy dag een van Louis Botha se voorste skolespelers.

    Die Lanties het verlede jaar vir Goudveld-Hoërskool met 25-22 geklop en is gewoonlik ‘n gedugte span.

    Sand du Plessis kom om 09:10 teen die onbekende Cathcart High te staan. Dit sal Cathcart se eerstespan se eerste verskyning op Fichies se Sportdag wees.

    Sannies se buitesenter, Oleboheng Salomane, kan die besoekers vanuit die Oos-Kaap probleme agterlangs besorg.

    Die spanne is: 

    Fichardtpark vs Wesvalia om 16:10:

    Fichardtpark: 15 Bernard Kruger, 14 Devan Martens, 13 Martin Kalp, 12 Duan Viviers, 11 Ayanda Qinisa, 10 Junior Titoti, 9 Devanté Claasen, 8 Tumelo Leputla, 7 Wouter Jonker, 6 Jannel du Plessis, 5 Adin Engelbrecht, 4 Marnus Henning, 3 Nathan Swanepoel, 2 Marno Smith, 1 Zaine van Zyl.

    Wesvalia: 15 Marno Dreyer, 14 Ben Bierman, 13 Xander Smit, 12 Rickardt van Heerden, 11 Justin Adams, 10 Eduard Dreyer, 9 Chad Hofmeyer, 8 Hanré Venter, 7 Francois Dumond, 6 Franco Dumond, 5 Wessel Sevenster, 4 Ulrigh du Preez, 3 Bernard Swanepoel, 2 Junior Kuhn, 1 Jonathan Botha.

    Noord-Kaap vs Sentraal om 13:50: 

    Noord-Kaap: 15 Jonaden Links, 14 Aphiwe Siyona, 13 Jayden Potgieter, 12 Abdul Fischer, 11 Bjorn Olifinger, 10 Lwandle Maseko, 9 Dihan Janse van Rensburg, 8 Shaw Lourens (kaptein), 7 Ambijorn Vraagom, 6 Tyron China, 5 Prince Botha, 4 Bonsanio Fiks, 3 Alonzo Johnson, 2 JP Alexander, 1 Tebogo Motswenyane.

    Sentraal: 15 Aiden Gottsch, 14 Ethan Hoffman, 13 Lee-Yagin Arendse, 12 SJ Coetzee, 11 CJ Hertzog, 10 Pat Cloete, 9 Hendrik Jonker, 8 Liam Pretorius, 7 Juandré Jardim, 6 AJ le Roux, 5 Hugo Coetzer, 4 Chris Kachelhoffer, 3 Daniël Kotze, 2 Marnus Earle, 1 Van Zyl Hetzel.

    Louis Botha vs Landboudal om 11:30: 

    Louis Botha: 15 Kamohelo Mofokeng, 14 Refilwe Motelung, 13 Siya Nyosana, 12 Nkokheli November, 11 Lebohang Setai, 10 Phiwe Mkunjana, 9 Babongkile Mafantere, 8 Kwanda Tokwe, 7 Rapeo Mokoena, 6 Musa Motlolane, 5 Nomganga Themba, 4 Mogomutsi Mokunyane, 3 Daniel Tjimbundi, 2 Neo Mothibeli, 1 Tshireletso Shongwe.

    Landboudal: 15 Marius Etzebeth, 14 Jannie de Waal, 13 Divan Vorster, 12 Simion de Klerk, 11 Jan-Louis Nel, 10 Henko Truter, 9 Craven Crause, 8 Juhan van der Westhuizen, 7 Brink Bruwer, 6 Jaco Venter, 5 Renier Pieterse, 4 Franke Fourie (kaptein), 3 Ruan van Bosch, 2 Regard Scheepers, 1 Wianco Ludike.

    Sand du Plessis vs Cathcart om 09:10: 

    Sand du Plessis: 15 Shaun Maina, 14 Raseate Seleteng, 13 Oleboheng Salomane, 12 Keanu Rafferty, 11 Diesel Motsumi, 10 Zander du Toit, 9 Junior Morolons, 8 Siya Sebata, 7 Malebo Lebetsa, 6 McDonald Reid, 5 Shadreck Khoza, 4 Jermairon Pietersen, 3 Beast Lesenyeho, 2 Boitshepo Boom, 2 Ru-Ahl Meyer.

    Catchcart: Nie beskikbaar.