SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • Grey College vs. Fichardtpark – 1995

    Scorers: 

    Grey College 81 – Tries: Werner Rautenbach (2), Michael Horak (2), Anton Noordman (2), Gustav Rademeyer (2), Emile Marais, Kobus Nell, Charl Blom, Jacques Swanepoel. Conversions: Hein van Vuuren (9). Penalty: Van Vuuren. Fichardtpark 11 – Try: Fanie Ferreira. Penalties: Gerrie Labuschagné (2). 

  • JBM Hertzog – 1994

    JBM Hertzog – 1994

    Results 

    JBM Hertzog 12,  Oliën 38
    JBM Hertzog 32,  Heidedal 14
    JBM Hertzog 20,  St. Andrews 3
    JBM Hertzog   7,  President Steyn 25

    Players: Ettienne Marais, Theuns van der Nest, Gerhard Naudé, Douw Grobler, Kobus Wiese, Johan Prinsloo, Clinton Lerm, Chris Otto. 

  • JBM Hertzog – 1993

    JBM Hertzog – 1993

    Results 

    JBM Hertzog 45,  Hoër Handel en Tegnies 0
    JBM Hertzog   5,  President Steyn 39
    JBM Hertzog 19,  Dr. Viljoen 3
    JBM Hertzog   5,  St. Andrews 10

    Players: Ettienne Marais, Casper Knoester, Neil van Niekerk, Eben van Deventer, Stefan Klopper, Johan de Klerk, Theuns van der Nest, Frans van Aardt and Douw Grobler. 

  • Preview – Irawa-liga halfeindstryde

    Preview – Irawa-liga halfeindstryde

     

    Kovsie-logoIn die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) pak verlede jaar se kampioen die Hoërskool Wilgerivier van Frankfort en die naaswenner Zastron mekaar in die een halfeindstryd. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.

    Zastron het heelwat beserings gedurende die seisoen opgetel met veral die beserings van die senter AJ Goosen en skrumskakel Ruhan Goosen wat groot leemtes gelaat het. Die span het ook sy haker Tumi Slabbert verloor wat na Grey-kollege geskuif het. Wilgerivier het die kern van sy span behou wat verlede jaar as kampioen van die liga gekroon is. AJ Goosen is Zastron se hoofseun en was verlede jaar die voorste driedrukker op skolevlak in die land. Zastron het vanjaar al vir Louis Botha en Hentie Cilliers met hulle volsterkte span die skrik op die lyf gejaag.

    Die span skrumskakel Gerhard van Rensburg beskik waarskynlik oor die suiwerste aangee van enige skoleskrumskakel in die sentrale streek. Sy tweelingbroer, Jacques van Rensburg draf op buitesenter vir die span van Frankfort uit. Albei was verlede jaar ook lede van die seëvierende span wat Zastron 15-11 in die eindstryd getroef het.

    Zastron sal more sterk op die skopskoen van sy losskakel Nakkie Naudé steun. Die span se twee gevaarmanne op die aanval agterlangs is die heelagter Stephan Nel en senter Henri Roodt. Voorlangs sal Wilgerivier die flank Rikus Smit en haker Wayne Slabbert in toom moet hou.

    Een van die grensregters in die halfeindstryd, Drikus Kotze was die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort se senter toe die span in 2007 die eerste kampioen van die Irawa-liga geword het deur Wilgerivier te klop. 
    Landboudal van Jacobsdal sal as gunsteling teen Hoërskool Bothaville op GWK-park uitdraf. Lanties het laas in 2008 toe hy nog in die Shimla-liga (vir mediumskole) gespeel het tot die kompetisie se halfeindstryde deurgedring. Die span van net buite Jacobsdal het 127 seuns wat rugby speel volgens die span se breier Cassie Carstens. Die ander skole in dié liga het soortgelyke getalle. Wilgerivier (108 seuns), Bothaville (140) en Zastron (110) het almal slegs vier spanne in die skool.

    Albei spanne het ‘n Cravenweek-speler, Wessel Hefer (Bothaville) en Kat Mabaleng (Lanties) in hulle geledere. Carstens was ook Griekwas se breier op die 50ste Coca-Cola Cravenweek vir hoërskole in Polokwane. Die manne van Wilgerivier sal ook Lanties se senter Erick Reynecke ken wat ook al vir die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad se eerste span uitgedraf het.

    Lanties het onlangs ‘n indrukwekkende sege van 21-19 oor Jim Fouché behaal. JF het teen Louis Botha in die Vrystaatse A1-liga eindstryd (30-18) die knie gebuig. Jim Fouché het ook vroeër vanjaar vir Kemptonpark 30-20 getroef. Kemptonpark speel more in die eindstryd van die Beeld-trofee (vir Makroskole) teen EG Jansen van Boksburg. 

    Die spanne is:

    Landboudal vs. Bothaville om 11:20 op GWK-park:

    Landboudal: 15 Morris Rossouw, 14 Kat Mabaleng, 13 Petrie Fourie, 12 Erick Reynecke, 11 JD Mans, 10 Guillaume Oberholster, 9 Conrad du Toit, 8 Henroux Benadé, 7 Zak van Vuuren, 6 Danie du Toit, 5 Morné Kleynhans, 4 Adriaan Brits, 3 Francois Jacobs, 2 Christo Bothma, 1 Guan Botha.

    Bothaville: 15 WJ Crous, 14 Armand van der Merwe, 13 Wessel Hefer, 12 Heinrich Hoops, 11 Francois Jonker, 10 Juandré Kleynhans, 9 Sakkie Wessels, 8 Sakkie Bester, 7 Ayrton Veira, 6 Wikus Louwrens, 5 JJ Botha, 4 Dylan Vermaak, 3 Armand van Wyk, 2 Jan Bothma, 1 Donovan van Wyk.

    Skeidsregter: Marlize Jordaan (Vrystaat)

    Zastron vs. Wilgerivier om 11:20 op Louis Botha:

    Zastron: 15 Stephan Nel, 14 Marco Swanepoel, 13 Christiaan Strauss, 12 Henri Roodt, 11 Tsepo Kente, 10 Nicholas Naudé, 9 Jason Scorgie, 8 Peter MacKay, 7 Rikus Smit, 6 Derik Senekal, 5 Johan Nel, 4 Stefan Greyling, 3 Ivan van Breda Bothma, 2 Wayne Slabbert, 1 Coenraad de Bruyn.

    Wilgerivier: 15 Willem Coetzee, 14 Brian Piek, 13 Jacques van Rensburg, 12 SF Meyer, 11 Ricardo Frade, 10 Pieter Duminy, 9 Gerhard van Rensburg, 8 De Wet Ungerer, 7 Gerrie Muller, 6 Manie Swart, 5 Eric Bibbey, 4 MJ Lourens, 3 Dana Janse van Rensburg, 2 Fanna Venter, 1 Guillaume Strydom.

    Skeidsregter: Jeffrey van Rooyen (Griekwas)
    Grensregters: Phillip van Sittert (Griekwas) en Drikus Kotze (Vrystaat) 

     

  • Preview – Colt-liga halfeindstryde

    DIE eerste rugbyspan van Hoërskool Bultfontein sal vandag in die halfeindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se eerste Colt-liga teen die Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter as die gunsteling op die veld draf. Bultfontein is vanjaar nog onoorwonne na 14 kragmetings, met slegs ‘n gelykop-uitslag van 0-elk teen Hoërskool Postmasburg wat die span van ‘n vlekkelose status weerhou.

    Bultfontein het boonop sy teenstander in vandag se halfeindstryd op die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort se jaarlikse sportdag 50-7 kafgedraf. “Daar gebeur baie dinge deur ‘n seisoen en ons sal moet waak daarteen om oorgerus vir die wedstryd te wees,” het Pieter Burger, afrigter van Bultfontein, gesê.

    Een van Bultfontein se sleutelspelers is sy agtsteman en stelskopper, GJ van Eeden. Hy het vanjaar reeds 141 punte vir sy skoolspan aangeteken. Hy het in die vorige kragmeting teen Reddersburg 20 punte tot sy span se totaal via twee drieë en vyf doelskoppe bygedra. Die span se senterpaar Erik Helm en Arno Taljaard sal ook fyn deur Reddersburg dopgehou moet word. Die vaskopstut, Brian van Bosch is ‘n sterke derduiwel.

    Die span van Reddersburg se twee senters Donovan Pretorius en Zaan Momberg is self vanjaar twee staatmakers die span gewees. Die slot Lukas Muller sal voorlangs weer soos in die Vrystaatse B2-liga eindstryd teen Seonela sy kant moet bring.

    In die ander halfeindstryd van die Colt-liga pak die Hoërskool Blinkklip van Postmasburg en die Hoërskool Sandveld van Wesselsbron mekaar. Vir die span van Wesselsbron sal dit ‘n reuse geleentheid wees om op GWK-park in ‘n voorwedstryd vir ‘n Curriebeker-wedstryd uit te draf. Die span kan egter nie te grootoog vir die geleentheid wees nie indien hy tot die eindstryd van die liga wil deurdring nie.

    Vir Sandveld sal sy losskakel Monwabesi Mexico, agtsteman Reinhardt Lennox en flank Michael Fulton sleutelspelers wees.

    Die spanne is:

    Bultfontein vs. Reddersburg om 10:00 op Louis Botha:

    Bultfontein: 15 Bernard Fourie, 14 Marnus Guestyn, 13 Erik Helm, 12 Arno Taljaard, 11 Barend van der Linde, 10 Andrich Olivier, 9 Marnes van Staden, 8 GJ van Eeden, 7 Tefelo Ramathello, 6 Guilliam Viljoen, 5 Niel Grobbelaar, 4 Corné Pohlman, 3 Brian van Bosch, 2 Stefan Basson, 1 Bongani Dikana.

    Hoër Landbouskool Hendrik Potgieter (Reddersburg): 15 Marcell van Niekerk, 14 Louis Witbooi, 13 Donovan Pretorius, 12 Zaan Momberg, 11 Johan Meiring, 10 PJ Thiart, 9 Erwee Prinsloo, 8 Luan Terblanché, 7 Hanno Coetzee, 6 Katli Moletsane, 5 Nganga Ndamase, 4 Lukas Muller, 3 Dewaldt Badenhorst, 2 William Kasselman, 1 Cassie van Wyk.

    Skeidsregter: Phillip van Sittert (Griekwas)
    Grensregters: Reinie Nel en Dewald Smit

    Hoërskool Blinkklip vs. Hoërskool Sandveld om 10:00 op GWK-park:

    Blinkklip: 15 Sandrake Ndala, 14 Brandon Davids, 13 Brendan Matlhare, 12 Jason Boorman, 11 Graig Willemse, 10 Ryan Paulsen, 9 Anthony Tattas, 8 Romano Jina, 7 Ricardo Louw, 6 Melville Pieterse, 5 Fernando Poya, 4 Valentino Jacobs, 3 Yombi Tshineva, 2 Brandon van der Westhuizen, 1 Renaldo Ready.

    Sandveld: 15 Michael Marx, 14 Wittes Kgotso, 13 Ishmael Masiu, 12 Johan Fick, 11 Sonnyboy Booysen, 10 Monwabesi Mexico, 9 Donald Grant, 8 Reinhardt Lennox, 7 Michael Fulton, 6 Naledi Madungwa, 5 Wian le Roux, 4 Jeremiah Kgang, 3 Alexis Havenga, 2 Jaco Groenewald, 1 Lusapho Mabele.

    Skeidsregter: Sakkie Meyer (Vrystaat)

  • Preview – Shimla-liga halfeindstryde

    Preview – Shimla-liga halfeindstryde

    Kovsie-logoDIE eerste rugbyspan van Hoërskool Noord-Kaap behoort more sy plek vir die vyfde agtereenvolgende jaar in die eindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) te bespreek. Die span van die Diamantstad pak vandag in die vernaamste voorwedstryd van die Curriebeker-kragmeting tussen Griekwaland-Wes en die Westelike Provinsie vir Hoërskool Voortrekker in die halfeindstryd van die liga. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.

    Noord-Kaap mik vanjaar onder leiding van sy kaptein Lehan Muller daarna om vir die vyfde agtereenvolgende jaar as kampioen van die Shimla-liga gekroon te word. Voortrekker sal sonder sy Cravenweek-voorryman, Ernie Sumner na die Diamantstad reis. Dit terwyl Noord-Kaap genoeg diepte het om sy kragtige voorryman, Joubert Steyn van die plaasvervangersbank af te laat speel.

    Vir Noord-Kaap behoort sy heelagter Ryan de Wee, vleuel Hillford Clarke, senter Luke Mason en flank Lux Khoza heelwat vrae aan die Trekkers se verdediging te vra. Northerns speel ook sonder sy Cravenweek-skrumskakel GM Bruwer. Dylan Walsh wat in sy plek opdraf was egter ook ‘n lid van die Griekwas se span na die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole in Polokwane.

    Die Trekkers sal hoop dat sy heelagter Sechaba Matsoele op alle silinders vuur. Die span se senterpaar, Junior Smit en Wian van der Watt, sal ook op hulle stukke moet wees indien die span van Bethlehem vir ‘n verrassing wil sorg. Die besoekers se kaptein en flank, André Janse van Vuuren beleef ‘n skitterende seisoen en sal sy spogvertonings hier op GWK-park wil voortsit.

    In die ander halfeindstryd van die Shimla-liga in Bloemfontein sal Louis Botha gasheer vir Hentie Cilliers van Virginia speel. Albei spanne speel dieselfde tipe rugby en die wedstryd behoort hope vuurwerk op te lewer. Boonop het die Vrystaatse kampioen, Louis Botha sy twee Suid-Afrikaanse Skole-spelers, die stut Ox Nche en flank Refiloe Rampeta terug in sy geledere.

    Hentie Cilliers wat op sy beurt die Griffon-kampioen is, sal egter nie ‘n tree vir sy eweknie van die Rosestad terugstaan nie. Henties se senter Ethan Williams en skrumskakel Jaywin Juries sal more sleutelrolle moet vertolk indien die span van Virginia tot die eindstryd wil deurdring.

    Die spanne is:

    Noord-Kaap vs. Voortrekkers om 12:40 op GWK-park:

    Noord-Kaap: 15 Ryan de Wee, 14 Leon Becker, 13 Dimitrio Tieties, 12 Luke Mason, 11 Hillford Clarke, 10 Guillermo Minnie, 9 Dylan Walsh, 8 Gerhard Holtzhausen, 7 Lux Khoza, 6 Lehan Muller (kaptein), 5 Bradley Leijdekkers, 4 Thulani Njenje, 3 Doctor Booysen, 2 Willie van Aswegen, 1 Geo Davel.

    Voortrekker (Bethlehem): 15 Sechaba Matsoele, 14 Tiisetso Madonsela, 13 Junior Smit, 12 Wian van der Watt, 11 Lethole Mokoena, 10 Tokkie van Zyl, 9 Eloff Scheepers, 8 Robert de Jongh, 7 Seeff Theron, 6 André Janse van Vuuren (kaptein), 5 Frederik Marais, 4 Henko Naudé, 3 Thinus van Staden, 2 Christo van Zyl, 1 Niel Janse van Rensburg.

    Skeidsregter: Pieter van Vuuren (Vrystaat)
    Grensregters: Marlize Jordaan en Johan Wagner

    Louis Botha vs. Hentie Cilliers om 12:40 op Louis Botha:

    Louis Botha: 15 Olwethu Ndakisa, 14 Masego Toolo, 13 Dale Koopman, 12 Ali Mgijima, 11 Sheldon Fortuin, 10 Luke Cyster, 9 Sharwin Cupido, 8 Whaseem Galant, 7 Thando Malaganqa, 6 Refiloe Rampeta, 5 Lebohang Mosala, 4 Victor Maruping, 3 Othello Sebotsa, 2 Grayden Benn, 1 Ox Nche.

    Hentie Cilliers: 15 Jameel Afrika, 14 Jamie Joseph, 13 Ethan Williams, 12 Rian Pretorius, 11 Jonathan April, 10 Sylvester Lewis, 9 Jaywin Juries, 8 Gregan Hull, 7 Anwar Ohlsen, 6 Nathan Kemp, 5 Brandon Kuzatjike (kaptein), 4 Jade Solomons, 3 Justin Williams, 2 Cheslyn van Rayner, 1 Kyle Ess.

    Skeidsregter: Nico Schmahl (Griekwas)
    Grensregters: Jeffrey van Rooyen en R Nel

  • Outeniqua baas oor Marlow Landbou in Die Burger halfeindstryd

    Outeniqua baas oor Marlow Landbou in Die Burger halfeindstryd

    Marlow Landbouskool en Hoërskool Outeniqua het Woensdag, 21 Augustus 2013, teen mekaar kragte gemeet op George. Dit was die halfeindstryd van die Burger se rugbykompetisie. Marlow het die OP verteenwoordig in die groot skoleafdeling en Outeniqua het vir SWD verteenwoordig.

    Die weervoorspelling het aangedui dat wind en reëntoestande spel sou moeilik maak. Die loting vooraf deur die twee spanne se kapteine was ook kritiek, aangesien die weersomstandighede net slegter sou raak. Outeniqua wen die loot en besluit om teen die wind te speel. Die tuisspan het dadelik met die begin van die wedstryd met mening aangeval en speel spog hardlooprugby. Marlow was egter vasberade en verdedig met hul goeie spelpatroon met oorgawe. Outeniqua teken die eerste punte aan met ‘n strafdoel deur losskakel, Dewald Human. Marlow het namate die eerste helfte gevorder het, al hoe meer met hul voorspelers die bal effektief begin dra.Marlow se agterlyn kry ook die bal op die voorvoet. Die Wolramme kon net nie goed afrond nie. Marlow slaag met twee strafdoele deur heelagter, Dirk van Wyk. Ronnie Beyl, vaskopstut van Marlow, het ook reg aan die einde van die eerste helfte oor die doellyn gebeur vanaf ‘n goeie lynstaanbeweging, deur die Wolramme se pak voorspelers. Die grensregter het egter beslis dat die bal skeef ingegooi was. Die reën het ook halftyd begin val, met die wind wat ook al hoe sterker begin waai het. Marlow verras vriend en vyand en loop halftyd 6-3 voor.

    In die tweede helfte speel beide spanne met tye goeie rugby, maar begaan ook ongedwonge foute. Beide spanne se hantering was belemmer deur die swaar reën en sterk wind. Outeniqua het die wind al hoe meer begin gebruik deur hul agterlyn wat goeie steek-skoppies uitoefen. Outeniqua gaan druk hul eerste drie van die wedstryd deur ‘n hanteringsfout van die Wolramme in hul eie kwartgebied, met Outeniqua wat die bal toeval. Die drie word maklik verdoel deur Dewald Human. Outeniqua se tweede drie word ook gedruk vanaf ‘n goeie aanvallende steekskoppie. Marlow se agterlyn was egter nie in posisie gewees nie en hulle plaas baie druk op hulself met die tuisspan wat kapitaliseer hierop. Beide Outeniqua se drieë word gedruk deur die buitesenter, Hennie Barnard. Marlow se voorspelers het skitterspel by die afbreekpunte gelewer en ook die wyse waarop hulle die bal gedra het, was puik. Toestande was baie sleg in die laaste 20 minute van die kragmeting, met Marlow se losskakel wat ‘n geelkaart gekry het, deur ‘n onverklaarbare beslissing deur die wedstrydbeampte. Outeniqua slaag ook laat in die tweede helfte met ‘n strafdoel deur Dewald Human. Outeniqua wen 18-6.

    Die wedstryd word gekenmerk deur Marlow wat baie goed verdedig het. Outeniqua was goed in die vaste skrums en ook hul skopwerk in die tweede helfte was deurslaggewend. Marlow se voorspelers het met effektiewe en aggressiewe spel in die hele wedstryd hul stem behoorlik dik gemaak. Die Wolramme kan trots wees op die wyse waarmee hulle die sterk span van Outeniqua aangevat het.

  • Bultfontein – 2013

    Results 

    Bultfontein 42,  Bloemhof 0
    Bultfontein 50,  Reddersburg 7
    Bultfontein 38,  Vaalharts 3
    Bultfontein   0,  Postmasburg 0
    Bultfontein 58,  Welkom HS 0
    Bultfontein 52,  Salomon Senekal 7
    Bultfontein 27,  Sandveld 3
    Bultfontein 45,  Lesideng 0
    Bultfontein 43,  Welkom Secondary 5
    Bultfontein 33,  Hoopstad 17
    Bultfontein 62,  Harmony 0
    Bultfontein 53,  Theunissen 14
    Bultfontein 28,  Fichardtpark II 10
    Bultfontein 62,  Marquard 0
    Bultfontein 50,  Reddersburg 9
    Bultfontein 29,  Sandveld 10 

    Players: GJ van Eeden, Brian van Bosch, Corné Pohlman, Marnus Guestyn, 

    Coach: Pieter Burger

  • Schools Representation in the Absa Currie Cup

     

    Grey College of Bloemfontein, Paarl Gimnasium and Affies of Pretoria are the three schools with the most representation under the Absa Currie Cup players after the first two weeks of the 2013 edition of the tournament.

    Grey College of Bloemfontein is leading the charge and honouring their legacy with 16 old-boys who have played a part in the first two weeks of the tournament. One old boys Marcel van der Merwe also played for Paarl Boys’ High’s first XV before moving to Bloemfontein. The school from the City of Roses is also the only school with a player in each of the six provinces.

    If taken into consideration that Springboks Jannie du Plessis, Flip van der Merwe, Bismarck du Plessis, Adriaan Strauss, Ruan Pienaar, Coenie Oosthuizen and Jan Serfontein also went to Grey College the school is truly South Africa’s premier rugby school.

    Paarl Gimnasium is ranked second with ten former pupils in the Currie Cup thus far. Griqualand West have the most players from Paarl Gimnasium with captain Ryno Barnes, Lourens Adriaanse and Marnus Hugo all being former pupils from Paarl Gimnasium. Barnes also had a stint at DF Malan.

    Affies have seven representatives. It is interesting that three of the four top ranked school teams of 2013 are also the three schools with the most players so far in the Absa Currie Cup.

    An interesting school on the list is Standerton who has three former pupils Jaco Kriel (Lions), Gary van Aswegen (Western Province) and Howard Mnisi (Griqualand West) in the competition. All three of them played for Standerton’s first XV in 2007. Mnisi and Kriel also played for the Pumas at the Coca-Cola Craven Week that year in Stellenbosch. Van Aswegen played at the Coca-Cola Craven Week in Pretoria in 2008.

    Four players have sat on the bench during the first two weeks and didn’t get some playing time. They are Joubert Engelbrecht (Upington HS), Willie du Plessis (Affies), Du Randt Gerber (Outeniqua) and Ross Geldenhuys (St. Andrew’s College).

    The Representation of schools during the first two weeks of the ABSA Currie Cup:

    16 – Grey College (Pieter Labuschagné, Boom Prinsloo, Waltie Vermeulen, Piet Lindeque, Francois Venter, Wian du Preez, Piet van Zyl, Hercu Liebenberg, Robert Ebersohn, CJ van der Linde, Francois Venter, Jean Cook, Marcel van der Merwe, Steph Roberts, Cobus Reinach, Tiaan Liebenberg)

    10 – Paarl Gimnasium (Hennie Daniller, Johann Sadie, Ryan Nell, Louis Schreuder, Marnus Hugo, Jurgen Visser, Ryno Barnes, Lourens Adriaanse, Stokkie Hanekom, Dylan des Fountain)

    7 – Affies (Frik Kirsten, Ruan Snyman, Edwin Hewitt, Heimar Williams, Gerbrandt Grobler, Gerhard van den Heever, Willie du Plessis)

    5 – Michaelhouse (Pat Cilliers, Michael Rhodes, Pat Howard, Guy Cronjé, Robert de Bruyn), Paarl Boys’ High (De Kock Steenkamp, Marcel van der Merwe, Wilhelm Steenkamp, Callie Visagie, SP Marais)

    4 – Westville Boys’ High (Tian Meyer, Brynard Stander, Dale Chadwick, Waylon Murray)

    3 – Glenwood (John-Roy Jenkinson, Fred Zeilinga, Kyle Cooper), Standerton (Jaco Kriel, Howard Mnisi, Gary van Aswegen), Outeniqua (Marco Wentzel, Jaco van Tonder, Du Randt Gerber), Drostdy THS (Wian Liebenberg, Rohan Kitshoff, Sampie Mastriet), Maritzburg College (Craig Burden, Butch James, Nick Schonert), Ermelo (Jacques du Plessis, Sizo Maseko, Ulrich Beyers).

    2 – Hugenote – Springs (Lood de Jager, Ethienne Reynecke), Louis Botha (Raymond Rhule, Oupa Mahoje), Bastion (Rudy Paige, Brok Harris), New Orleans (Hilton Lobberts, Clayton Blommetjies), Queen’s College (Rocco Jansen, Lionel Cronjé), Paul Roos Gimnasium (Lambert Groenewald, Steven Kitshoff), EG Jansen (Louis Ludik, Morné Mellet),), Worcester Gimnasium (JP Nel, Hugo Kloppers), Florida (Elton Jantjes, Francois du Toit), Waterkloof (Francois Brummer, Marnus Schoeman), Voortrekker – Bethlehem (RJ Liebenberg, Bongi Mbonambi), Klerksdorp HS (Martin Bezuidenhout, Wiehan Herbst), Monument (Ruan Dreyer, Paul Willemse), Grey Boys’ High School (Tim Whitehead, Kurt Coleman)

    1 – Welkom Gimnasium (Peet Marais), Noord-Kaap (PJ Vermeulen), Springs THS (Riaan Smith), Adelaide Gimnasium (Philip van der Walt), Oudtshoorn HS (Caylib Oosthuizen), Reitz (Sarel Pretorius), Montagu (Rynardt Elstadt), Somerset West (Burton Klaasen), King Edward VII (Scara Ntubeni), St. Andrew’s College (Ross Geldenhuys), Milnerton (Damian de Allende), Brackenfell (Cheslin Kolbe), Hawston (Gio Aplon), Pietersburg HS (Deon Fourie), Potchefstroom Gimnasium (Jacques Botes), Framesby (Rayno Gerber), Wonderboom (Charl McLeod), Maria Louw (Lwazi Mvovo), Rondebosch Boys’ High (Chris van Zyl), St. Charles College (Matthew Dobson), Hudson Park (Odwa Ndungane), Nico Malan (Nico Scheepers), Hentie Cilliers (Jean Deysel), Marlow Landbou (Gouws Prinsloo), Heidelberg Volkskool (Jacques Coetzee), Hangklip (Jaco Nepgen), Boland Landbou (Burger Schoeman), Napier (Jonathan Adendorff), Schoonspruit – Klerksdorp (Carel Greeff), Bellville HS (Leon Karemaker), Dale College (Lubabalo Mtembu), Helpmekaar (Willie Wepener), Tygerberg (Travis Ismail), Menlopark (Tony Jantjes), Kingswood College (Grant Hattingh), St. Stithian’s College (Jonno Ross), Jeugland (Werner Kruger), Eldoraigne (Robbie Coetzee), Pretoria-Noord (Jacques van Rooyen), Gill College (Stephan Greeff), Bredasdorp (Anthony Volmink), Walvis Bay (Chrysander Botha), Klein Nederburg (Elgar Watts), Pacaltsdorp (Davon Raubenheimer), HTS Middelburg (Deon Helberg), Diamantveld (Willie Britz), Uplands College (Warwick Tecklenberg), Marais Viljoen (Derrick Minnie), Diocesan College (Nizaam Carr), DF Malan (Ryno Barnes), Despatch (Ligtoring Landman), St. Alban’s College (Bongi Mbonambi), Nelspruit HS (Marnitz Boshoff), Upington HS (Joubert Engelbrecht).

     

  • Standerton vs. General Hertzog – 2007

    Scorers: 

    Standerton 90 – Tries: Jaco Kriel (3), Francois Breedt (3), Jacques Botha, Hanno Botha, Clive Mphela, Rudolph Lubbe, Ryno Matthyssen. Conversions: Gary van Aswegen (10). General Hertzog 0