SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • Fixtures for the NMI Toyota Noord/Suid-tournament of 2024 announced

    Fixtures for the NMI Toyota Noord/Suid-tournament of 2024 announced

    The annual NMI Toyota Noord/Suid-tournament will once again be one of the highlights of the South African schoolboy rugby calendar in 2024.

    Next year’s edition of the tournament will be the tenth tournament since the inaugural festival of rugby was hosted by Menlopark in Pretoria back in 2014.

    Next year’s tournament will take place from 22 to 26 March once again at the Afrikaanse Hoër Seunskool of Pretoria. All the matches will be live-streamed by SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    During that first year’s tournament four teams – Paarl Gimnasium, Waterkloof, Menlopark and Harrismith took part. The tournament arose from this humble beginnings to a total of 24 schools that will be in action during the 2024-edition.

    “When we started the tournament back in 2014 it was a nice thing that we tried to do. It has grown immensely since then with the last two to three years being on a next level,” said Pieter Rossouw, founder and organiser of the NMI Toyota Noord/Suid-tournament.

    The fixtures for next year’s tournament will once again showcase the top rugby schools from around South Africa locking horns. Some of the exciting match-ups during the Saturday include Affies vs Paul Roos Gimnasium, Monument vs Paarl Gimnasium and Noordheuwel vs Stellenberg.

    On the opening day schoolboy rugby supporters could brace themselves for match-ups between Paarl Boys’ High vs King Edward VII, Garsfontein vs Oakdale Landbou and Grey College vs Jeppe High School for Boys.

    Grey College will also face Garsfontein in their second match which also promises to be a fixture that will produce some sparks. Garsfontein’s only defeat in 2023 came at the hands of Grey College during Wildeklawer, while the team from the City of Roses finished the season unbeaten.

    Paarl Boys’ High will face Helpmekaar in their second match, while Paarl Gimnasium will take on Pretoria Boys’ High in their other clash.

    Fixtures (times and order of matches still to be confirmed): 

    Friday, 22 March 2024

    Paarl Boys’ High vs King Edward VII
    Grey College vs Jeppe High School for Boys
    Garsfontein vs Oakdale Landbou
    Helpmekaar vs Glenwood
    Hoërskool Nelspruit vs HTS Drostdy
    EG Jansen vs Welkom Gimnasium

    Saturday, 23 March 2024

    Affies vs Paul Roos Gimnasium
    Monument vs Paarl Gimnasium
    Noordheuwel vs Stellenberg
    Outeniqua vs Pretoria Boys’ High
    Waterkloof vs Durbanville
    Menlopark vs Duineveld

    Monday, 25 March 2024

    Oakdale Landbou vs Jeppe High School for Boys
    Grey College vs Garsfontein
    Paarl Boys’ High vs Helpmekaar
    Welkom Gimnasium vs Hoërskool Nelspruit
    EG Jansen vs HTS Drostdy

    Tuesday, 26 March 2024

    Affies vs Stellenberg
    Monument vs Durbanville
    Noordheuwel vs Duineveld
    Paarl Gimnasium vs Pretoria Boys’ High
    Paul Roos Gimnasium vs Waterkloof
    Outeniqua vs Menlopark

  • Garsie Bere geen gelyke noord van die Vaalrivier, Welkom Gim kampioen van die Shimla-liga

    Garsie Bere geen gelyke noord van die Vaalrivier, Welkom Gim kampioen van die Shimla-liga

    HOËRSKOOL GARSFONTEIN is die SDC Noordvaal kampioen van 2023. FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    PRETORIA. – Die Garsie Bere het Saterdag die kroon op waarskynlik sy beste seisoen nog op die rugbyveld gespan.

    Die Hoërskool Garsfontein het Saterdag met ‘n kliniese vertoning in die eindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling vir Dr. EG Jansen met 41-22 op Berepark verslaan. Die Bere het daarmee sy derde titel as kampioen van die reeks beklink.

    Die Garsies het in 2015 en 2016 ook die kroon gedra. Dit was wel nie ‘n lang droogte sonder ‘n trofee nie, maar die Garsies sou voel dat hul dalk met ‘n tikkie meer geluk dalk al ‘n titel of twee ektra kon inpalm.

    Die Garsies was van die begin in beheer in die eindstryd. Dit was veral die heelagter, Jason Hugo, wat weer uitstaande was. Hugo het telkens daarin geslaag om gapings in EG Jansen se verdediging te vind. Hy is sonder twyfel ‘n speler wat nog groot rugby in die toekoms kan speel.

    Voorlangs het die haker, De Wet Lottering, waarskynlik sy beste vertoning van die jaar vir laaste gelos. Hy het die fisieke aanslag gelei en ook in die los gewoel.

    Die Jansies het nooit gaan lê nie, maar het teen ‘n oormag baklei. Die span se slot Duwan Potgieter verdien ‘n klop op die skouer vir sy spel.

    Hoërskool Rustenburg is as kampioen van die Plaat-afdeling gekroon toe hy vir Kempton Park met 49-24 in die eindstryd uitoorlê het.

    Secunda het op sy tuisveld nie net daarin geslaag om Oos-Moot as kampioen van die Skild-afdeling te onttroon nie, maar is ook vir die tweede agtereenvolgende jaar as kampioen van een van Groep 1 se afdelings gekroon.

    Secunda het die besoekers uit Pretoria met 35-29 in die Skild-eindstryd verslaan. Verlede jaar het Secunda vir Die Anker van Brakpan met 19-18 in die eindstryd in die Bowl-afdeling uitgestof.

    Oos-Moot was die verdedigende kampioen van die Skild-afdeling na hy verlede jaar vir Hoërskool Klerksdorp in die eindstryd met 25-20 verslaan het.

    Die Anker het vanjaar op sy tuisveld nie weer oor die laaste hekkie gestruikel nie. Die span van Brakpan het vir Wesvalia van Klerksdorp met 37-28 geklop om as kampioen van die Bowl-afdeling gekroon te word.

    Die trofee as kampioen van die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga het weer staanplek in Welkom gekry.

    Welkom Gimnasium is welverdiend as kampioen van die reeks gekroon toe hy die Hoërskool Upington met 52-19 in die eindstryd op Shimlapark in Bloemfontein verslaan het.

    Die span van Welkom se Cravenweek-losskakel, Renaldo Kiewiet, was weer op sy stukke en het twee keer gaan druk en ook drie doelskoppe oorgeklits. Die blitsige regtervleuel, Naven Goeda, was ook weer witwarm op die aanval.

    Die Uppies het nooit moed opgegee nie. Sy kaptein en stut, PA Karsten, het al drie sy span se drieë afgerond.

    Wilgerivier van Frankfort het vir St Andrew’s van die Rosestad met 71-17 in die eindstryd van die Irawa-liga gekarnuffel. Hoopstad het in die Colt-liga koning gekraai deur Postmasburg met 45-14 te klop.

    Stellenberg het die bordjies met 21-14 teen die Hoërskool Durbanville in die twee spanne se jaarlikse tweestryd verhang. Die Jade Brigade se vaskopstut, Herman Lubbe, en binnesenter, Ruben Thompson, was uitstaande.

    Rondebosch Boys’ High se kaptein en binnesenter, Matthew Malherbe, het in die doodsnikke gaan druk om sy span ‘n kans tot ‘n sege oor Bishops te gee. Die linkervleuel, Ethan Gordon, het die drie vervyf om aan sy span ‘n sege van 37-36 te besorg.

    Al die uitslae: 

    SDC NOORDVAAL CUP EINDSTRYDE

    Beker – o.19: Garsfontein 41, EG Jansen 22. o.16: Helpmekaar 36, Garsfontein 19. o.15: Monument 17, Helpmekaar 8. o.14: Monument 31, Noordheuwel 29. Plaat – o.19: Hoërskool Rustenburg 49, Kempton Park 24. o.16: Transvalia 15, Hoërskool Middelburg 12. o.15: Zwartkop 15, Kempton Park 12. o.14: Hoërskool Middelburg 13, Hoërskool Rustenburg 12. Skild – o.19: Secunda 35, Oos-Moot 29. o.16: Jeugland 11, Ligbron 9. o.15: Heidelberg Volkskool 33, Ben Vorster 7. o.14: Oos-Moot 30, Ben Vorster 26. Bowl – o.19: Die Anker 37, Wesvalia 28. o.16: Hoërskool Alberton 22, Wesvalia 7. o.15: Hoërskool Pietersburg 28, Wesvalia 13. o.14: Hoërskool Pietersburg 15, Die Anker 3.

    KOVSIESTREEKKOMPETISIE EINDSTRYDE

    Shimla-liga: Welkom Gimnasium 52, Hoërskool Upington 19. Irawa-liga: Wilgerivier 71, St Andrews 17. Colt-liga: Hoopstad 45, Postmasburg 14.

    WES-KAAP

    Rondebosch Boys’ High 36, Bishops 35; Wynberg Boys’ High 36, SACS 14; Stellenberg 21, Hoërskool Durbanville 12; Vishoek 39, Grootte Schuur 0.

  • Schools Football Results – 26 August 2023

    Schools Football Results – 26 August 2023

    Catch all the action live on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    The results from around South Africa will be updated here as we receive the results from the various schools and clubs.

    If your school’s match is not listed below or you would like to send in your team’s results – please contact us via e-mail at hockey@superschoolsnews.co.za or via WhatsApp at 072 172 5455.

    All the Results: 

    GAUTENG DEVELOPMENT LEAGUE 

    [ninja_tables id=”1304″]

    NOORDVAAL 

    [ninja_tables id=”1308″]

  • SDC Noordvaal Cup Uitslae – 26 Augustus 2023

    SDC Noordvaal Cup Uitslae – 26 Augustus 2023

    Die SDC Noordvaal Cup se onderskeie se eindstryde word vandag beslis.

    Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.

    Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@superschoolsnews.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.

    Al die uitslae:

    GROEP 1 

    BEKER-AFDELING | EINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”19343″]

    PLAAT-AFDELING | EINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”19344″]

    SKILD-AFDELING | EINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”19345″]

    BOWL-AFDELING | EINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”19346″]

  • Garsie Bere en Jansies weet dat al wat saak maak is die laaste 70 minute van dié seisoen

    Garsie Bere en Jansies weet dat al wat saak maak is die laaste 70 minute van dié seisoen

    CASSIE PRINSLOO (met bal), linkervleuel van die Hoërskool Garsfontein. FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Al wat saak maak is daardie 70 minute se rugby hierdie Saterdag op Berepark in Pretoria.

    “Dit is ‘n eindstryd. Dit maak nie saak wat ses jaar gelede gebeur het, of drie weke gelede of selfs verlede week nie. Dit is net Saterdag se wedstryd wat saak maak,” het Johan du Plessis, hoofafriger van die Hoërskool Garsfontein gesê.

    Die Garsie Bere draf om 15:30 op sy tuisveld as die gunsteling teen Dr. EG Jansen van Boksburg in die eindstryd van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling uit.

    Die tuisspan is die gunsteling omdat hy nog nie vanjaar in die reeks verslaan is nie en boonop nog net een keer vanjaar teen die land se voorste span, Grey-kollege (9-23) die knie gebuig het. Die Bere het vir EG Jansen in hul kragmeting vroeër vanjaar in die reeks met 42-36 in Boksburg getroef.

    “Ons het baie respek vir EG en hul afrigters, Rudi (Dames) en Reghardt (Botha), is goeie afrigters. Ek glo albei spanne het hul huiswerk gedoen vir Saterdag en dat dit ‘n klipharde wedstryd met mooi hardlooprugby sal wees,” het Du Plessis gesê.

    Dié kragmeting sal Du Plessis se 88ste as hoofafrigter van die Garsie Bere wees. Hy is egter al 137 wedstryde as afrigter by die span betrokke. Garsies het laas in 2017 teen EG Jansen (28-34) die knie gebuig. Dit was ‘n kragmeting in die destydse Tuks-reeks.

    Die laaste keer wat Garsies teen die span van Boksburg in die Noordvaal-reeks vasgeval het, was in 2013 (8-17) in die kwarteindronde van die destydse Beeldtrofee.

    Dit sal EG se hoofafriger, Rudi Dames, se eerste eindstryd in die reeks as breier wees. Hy was natuurlik in 1999 in die eindstryd as skrumskakel vir HTS Vereeniging teen Affies in aksie. Dames wat die SA Skole-span ook daardie jaar verteenwoordig het, se direkte teenstander in die eindstryd was ‘n ene Fourie du Preez. Affies het met 19-8 as kampioen van die veld gestap.

    Dames is egter ook ‘n ervare breier op skoolvlak. As hoofafrigter het hy al 154 eerstespanwedstryde op die kerfstok. Hy het in sy loopbaan tot dusver vir Glenwood (2014-16), Pretoria Boys’ High (2017-18) en EG Jansen (2019-hede) gebrei. Reghardt Botha was in 2013 EG Jansen se hoofafrigter toe die span as kampioen van die reeks gekroon was. Die Jansies het destyds vir Kempton Park in die eindstryd met 38-17 verslaan.

    Saterdag sal die Hoërskool Garsfontein se vyfde verskyning in die eindstryd van die gesogte reeks wees. Die Bere het in 2015 en 2016 die kroon as kampioen gedra. In 2015 se eindstryd het hulle die Rooi Bulle van HTS Middelburg (42-40) in die eindstryd getroef om die kroon te dra.

    In 2016 het hulle teen EG Jansen op Bere-park in die eindstryd ontmoet en met 32-22 koning gekraai. Interresant is dat van die vier eindstryde waarin die Garsies in aksie was hulle albei op hul tuisveld gewen het en in albei wegeindstryde die aftog moes blaas.

    EG Jansen was ook drie keer in die eindstryd betrokke. Die span van Boksburg was in 2004, 2013 en 2016 teen onderskeidelik Affies, Kempton Park en Garsfontein in die eindstryd in aksie.

    Die tweestryd tussen die SA Skole-buitesenter, Demitri Erasmus (Garsfontein), en sy direkte teenstander, Jeandré Jacobs, behoort een van die hoogtepunte van die eindstryd te wees. Erasmus se vermoë op verdediging op buitesenter op skolevlak waarskynlik sonder weerga, terwyl Jacobs met 12 drieë tot dusver in vanjaar se reeks die voorste driedrukker is.

    EG Jansen se agtsteman, Zaide-Leigh Rippenaar, sal ook ‘n sleutelrol moet vertolk indien sy span vir ‘n opskudding wil sorg. Rippenaar het die Valke op die Cravenweek as flank verteenwoordig en sal sy span oor die voordeellyn met sy stormramlopies moet kry. Hy draf op agtsteman uit in die plek van die Jansies se kaptein, Nathan Matthee, wat ‘n kniebesering tydens die Cravenweek in George opgedoen het.

    Matthee los sonder twyfel ‘n leemte in EG se span nie net as speler nie, maar ook as leier.

    Die stryd in die skrums tussen EG se kaptein en vaskopstut, Marnus Swarts, en Garsfontein se DA Swart sal ook onder die vergrootglas wees.

    Die spanne is:

    Garsfontein: 15 Jason Hugo, 14 Ruan Enslin, 13 Demitri Erasmus, 12 Heinrich Cloete, 11 Cassie Prinsloo, 10 Nicallen Gabrielsen, 9 Zian Cilliers, 8 Abri van der Westhuysen (kaptein), 7 Stephan Pretorius, 6 Luan Olivier, 5 Divan Brits, 4 Aiden King, 3 Leighton-Jon Cloete, 2 De Wet Lottering, 1 DA Swart. Plaasverangers: 16 Aiden Holtzhausen, 17 Ethan van Wyk, 18 Jacques Swarts, 19 Harmandt Aucamp, 20 Thinus Oosthuizen, 21 Brooklyn Newman, 22 Luan Ferreira, 23 Handré Maree.

    EG Jansen: 15 David Twala, 14 R-Jay Pietersen, 13 Jeandré Jacobs, 12 Keanu Engelbrecht, 11 Cameron van Wyk, 10 Ruan van Heerden, 9 Gordon Smith, 8 Zaide-Leigh Rippenaar, 7 Reon Pretoris, 6 Damian Kruger, 5 Michael Devy, 4 Duwan Potgieter, 3 Marnus Swarts (kaptein), 2 Danré Pike, 1 Shawn Simpson. Plaasvervangers: 16 Quan Snyman, 17 Zian Marais, 18 Ettiene Smit, 19 Gerhard van Aswegen, 20 Storm Labuschagne, 21 Waldo Werner, 22 Matthew Bergman, 23 Jeandré Claassen.

    Skeidsregter: Vusi Msibi (Goue Leeus).
    Afskop: 15:30

    Ander eindstryde: 

    14:00 – o.16 – Garsfontein vs Helpmekaar
    12:30 – o.15 – Monument vs Helpekaar
    11:00 – o.14 – Monument vs Noordheuwel

    Vorige kampioene | SDC Noordvaal Cup Beker-afdeling:

    [ninja_tables id=”19283″]

  • Durban High School claim first title of the High School 7’s Series of 2023

    Durban High School was crowned champions of the second leg of the High School 7’s Series hosted by Glenwood in Durban.

    DHS defeated Westville Boys’ High by 21-19 in the final of the tournament. These two sides also met in the first match of the series which was won handsomely (26-10) by Westville Boys’ High.

    Westville knocked out the hosts, Glenwood, with a convincing 33-5 victory in the semi-final. DHS booked their place in the final by beating Northwood by 14-5.

    Westville Boys’ High was crowned champions of the u15-tournament after defeating DHS by 31-12 in the age-group final.

    DHS have not only secured the title but also a spot in the Champion of Champions tournament that will be hosted during the weekend of 13 & 14 October.

    Durban High School will host the third leg of the tournament this coming weekend, while Lilyfontein High School will also host a tournament in the series in East London this Saturday.

    All the Results: 

    Pool A: Westville Boys’ High 26, Durban High School 10; Kearsney College 22, Northwood II 7; Durban High School 26, Kearsney College 12; Westville Boys’ High 53, Northwood II 5; Durban High School 24, Northwood 7; Westville Boys’ High 24, Kearsney College 7.

    Pool B: Glenwood 29, Maritzburg College 0; Northwood 45, Kearsney College II 0; Northwood 12, Glenwood 5; Maritzburg College 24, Kearsney College II 5; Nortwood 50, Maritzburg College 5; Glenwood 39, Kearsney College II 0.

    Semi-Finals – Bowl: Kearsney College 22, Kearsney College II 5; Northwood II 24, Maritzburg College 19. Cup: Westville Boys’ High 33, Glenwood 5; Durban High School 14, Northwood 5.

    Finals – Bowl: Northwood II 19, Kearsney College 12. Shield: Kearsney College II 10, Maritzburg College 0. Plate: Northwood 24, Glenwood 7. Cup: Durban High School 21, Westville Boys’ High 19.

  • SDC Noordvaal Cup Beker-eindstryde (1920-2024)

    SDC Noordvaal Cup Beker-eindstryde (1920-2024)

    SDC Noordvaal Cup Beker-eindstryde

    Die SDC Noordvaal Cup is die oudste skolerugby-kompetisie in Suid-Afrika. Die kompetisie het sy ontstaan in 1920 toe spanne om die AG Robertson-beker meegeding het.

    Dié kompetisie het sedertdien al ‘n paar keer ‘n naamverandering ondergaan. Vanaf 1922 tot en met 1981 het die reeks as die Administrateursbeker bekend gestaan, voordat dit van 1982 tot en met 1994 die Direkteurstrofee geheet het.

    In 1995 het Beeld as die borg aan boord gekom en die kompetisie het tot en met 2017 as die Beeldtrofee bekend gestaan. Virseker het in 2016 saam met Beeld hande gevat as borg voordat die reeks in 2017 tot en met 2019 as die Virsekerbeker bekend gestaan het.

    SDC Noordvaal Cup/Virsekerbeker (2018-2024)

    [ninja_tables id=”19099″]

    Beeldtrofee Makroskole (2007-2017)

    [ninja_tables id=”19144″]

    Beeldtrofee (1995-2006)

    [ninja_tables id=”19163″]

    Direkteurstrofee (1982-1994)

    [ninja_tables id=”19173″]

    Administrateursbeker (1920-1981)

    [ninja_tables id=”19230″]

  • Grey sluit seisoen onoorwonne af, Viljoen sorg vir Boland Landbou genot teen Oakdale

    Grey sluit seisoen onoorwonne af, Viljoen sorg vir Boland Landbou genot teen Oakdale

    NAYLON GOEDA, heelagter van Welkom Gimnasium, sweef hier deur die lug na een van sy drieë in sy span se sege van 66-5 oor Jim Fouché in die halfeindronde van die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga. FOTO: Marnus Photography

    PRETORIA. – Cilliers Vijoen, jou doring!

    Viljoen wat haker vir Boland Landbou speel het in die doodsnikke van sy span se jaarlikse interskole teen Oakdale Landbou in Riversdal gaan druk om aan sy span ‘n sege van 17-11 te besorg.

    Voor Cilliers se drie het dit gelyk op Oakdale met die telling op 11-10 die span van die Paarl se goeie vertonings die laaste paar weke met ‘n nederlaag sou bederf.

    Garsfontein het met ‘n sege van 29-20 oor Helpmekaar-kollege in die halfeindronde van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling gewys da thy vanjaar die gunsteling is om die kroon te dra.

    Die Bere het nog nie vanjaar in die reeks verloor nie en was boonop nog net een keer vanjaar tydens die Wildeklawer-toernooi teen Grey-kollege (9-23) aan die verloorkant.

    Garsies se heelagter, Jason Hugo, was uitstaande. Daar was ‘n tydperk in die eerste helfte wat di tamper gevoel het of Hugo op slot, flank, binnesenter en heelagter diens doen. Dit was asof die bal hom oral gevolg het en hy het dit ten volle benut.

    Garsies kom in die eindstryd teen EG Jansen van Boksburg te staan. Die Jansies het vir Waterkloof met 25-5 in die ander halfeindstryd in ‘n winderige Boksburg geklop.

    Die span van Boksburg se linkervleuel, Cameron van Wyk, was uitstaande op die aanval en het twee keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak.

    Midstream College het vir die tweede agtereenvolgende jaar met die kroon as kampioen van Groep 2 van die Noordvaal-reeks weggestap. Wat vanjaar se titel ekstra spesiaal maak is dat die span vanjaar al sy wedstryde in dié reeks weg van die huis moes wen.

    Die span van Midrand het vir Bergsig in Rustenburg met 20-15 in die eindstryd verslaan om sy kroon te behou.

    Hoërskool Vryburg het sy ongelooflike rekord in eindstryde in die Noordvaal-reeks voorgesit deur Bastion in Groep 3 se eindstryd met 30-24 te verslaan.

    Vryburg het al nege keer tot die eindstryd van die reeks gevorder en was nog nie aan die verloorkant nie. Die span was boonop die verdedigende kampioen na hy verlede jaar die titel as kampioen van Groep 3 met Die Wilgers van Pretoria (15-elk) moes deel.

    Vryburg het verlede week in die halfeindronde vir Die Wilgers met 37-29 uitgeskakel.

    Die Luiperds-kampioen was in tussen 2002 en 2005 vier keer op ‘n streep as kampioen van die Beeldtrofee vir Kleinskole gekroon. Hy het ook in 2009, 2014 en 2016 die Beeldtrofee se kroon as Mediumskole-kampioen gedra.

    Indien iemand wat nie skolerugby volg nie Saterdag se kragmeting tussen Grey-kollege en Paul Roos Gimnasium in Bloemfontein bygewoon het.

    Maar wel iewers gehoor het dat Grey se agtsteman vanjaar vir die SA Skole-span gespeel het, sou daardie persoon maklik kon gedink het dat daardie agtsteman, Keagan Scholtz, is.

    Scholtz wat gewoonlik aan die kant van die skrum sak moes sy kaptein, JJ Theron, se tokse op agtsteman volstaan. Hy het die veld vol gespeel en nie net Theron se skoene volgestaan nie, maar sommer ook Marno Stopforth sin wat soos Theron vir die Suid-Afrikaanse o.18-span teen Engeland in aksie was.

    Grey het die kragmeting sonder ses van sy nasionale o.18-spelers met 28-20 gewen en daarmee ook sy seisoen onoorwonne afgesluit. Buiten Scholtz wat twee keer agter die doellyn gaan kuier het, het die haker, Liam van Wyk, ook ‘n stewige vertoning met dubbelle driedruk-plesier afgerond.

    Queen’s College was op hul stukke en het Dale College met 66-7 afgeslag. Dit was die 186ste kragmeting tussen die twee skole se eerstespanne sedert hulle 132 jaar gelede mekaar vir die eerste keer die stryd aangesê het.

    In die Kovsiestreek-kompetisie sal Welkom Gimnasium teen die Hoërskool Upington in die eindstryd van die Shimla-liga kragte meet. Albei het oortuigende seges oor onderskeidelik Jim Fouché (55-5) en Fichardtpark (53-19) behaal.

    Al die uitslae:  

    SDC NOORDVAAL CUP

    GROEP 1 – HALFEINDSTRYDE

    Beker: Garsfontein 29, Helpmekaar 20; EG Jansen 25, Waterkloof 5. Plaat: Hoërskool Rustenburg 24, Hoërskool Middelburg 3; Kempton Park 29, Transvalia 29. Skild: Secunda 50, Ligbron Akademie 17; Oos-Moot 25, Heidelberg Volkskool 5. Bowl: Die Anker 49, Merensky 3; Wesvalia 36, Eldoraigne 20.

    GROEP 2-5 – EINDSTRYDE

    Groep 2: Midstream College 20, Bergsig 15. Groep 3: Vryburg 30, Bastion 24. Groep 4: Bekker 30, Allen Glen 22. Groep 5A: Heilbron 33, Westonaria 29. Groep 5B: Koster 55, Schweizer-Reneke 10.

    OOS-KAAP

    Queen’s College 66, Dale College 7; Pearson 20, Die Brandwag (Uitenhage) 0; Marlow Landbou 42, HTS Daniël Pienaar 5; Nico Malan 21, Framesby 17; Hudson Park 43, Cambridge 12; Stirling 23, HTS Port Rex 17.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Grey-kollege 28, Paul Roos Gimnasium 20.

    KOVSIESTREEKKOMPETISIE – HALFEINDSTRYDE

    Shimla-liga: Welkom Gimnasium 66, Jim Fouché 5; Hoërskool Upington 53, Fichardtpark 19. Irawa-liga: Wilgerivier 64, Brandfort 0; St Andrews (Bloemfontein) 37, Hartswater 36. Colt-liga: Hoopstad 31, Zastron 20; Postmasburg 43, Hendrik Potgieter 24.

    WES-KAAP

    Boland Landbou 17, Oakdale Landbou 11; Rondebosch Boys’ High 21, Wynberg Boys’ High 20; Bishops 27, SACS 25; Charlie Hofmeyr 19, Robertson 19; Brackenfell 29, Tygerberg 19; DF Malan 27, Hoërskool Bellville 24; Worcester Gimnasium 50, Hermanus 0; Swartland 18, Hugenote (Wellington) 3; Curro Langebaan 70, Curro Durbanville 0; Porterville 28, Piketberg 12; Milnerton 22, Melkbosstrand 13; Labori 66, Parow 0; Langenhoven Gimnasium 24, Hoërskool Punt 22; Montagu 22, Langeberg Sekondêr 5; Bredasdorp 29, Overberg 12; Vredendal Sekondêr 19, Vanrhynsdorp 15; Vishoek 17, Hoërskool Stellenbosch 10.

  • SDC Noordvaal Cup Uitslae – 19 Augustus 2023

    SDC Noordvaal Cup Uitslae – 19 Augustus 2023

    Die SDC Noordvaal Cup se onderskeie afdelings bereik nou die uitspeelrondes van die kompetisie.

    Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.

    Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@superschoolsnews.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.

    Al die uitslae:

    GROEP 1 

    BEKER-AFDELING | HALFEINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”18842″]

    PLAAT-AFDELING | HALFEINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”18844″]

    SKILD-AFDELING | HALFEINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”18845″]

    BOWL-AFDELING | HALFEINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”18843″]

    GROEP 2 | EINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”18846″]

    GROEP 3 | EINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”18847″]

    GROEP 4 | EINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”18848″]

    GROEP 5A | EINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”18849″]

  • Bastion hoop op geskiedkundige sege oor Vryburg in SDC Noordvaal Cup

    Bastion hoop op geskiedkundige sege oor Vryburg in SDC Noordvaal Cup

    Die Hoërskool Vryburg se eersterugbyspan sal vandag vir sy negende eindstryd in die geskiedenis van SDC Noordvaal Cup (voorheen Beeldtrofee en Virsekerbeker) aantree.

    Vryburg kom hy op sy tuisveld, die Gert Lubbe-stadion in Vryburg, teen die Goue Leeus se kampioen, Bastion van Roodepoort om 12:30 in Groep 3 se eindstryd te staan.

    Vryburg was boonop ook nog nooit aan die verloorkant in ‘n eindstryd nie. Die span is boonop die verdedigende kampioen na hy verlede jaar die titel as kampioen van Groep 3 met Die Wilgers van Pretoria (15-elk) moes deel.

    Vryburg het verlede week in die halfeindronde vir Die Wilgers met 37-29 uitgeskakel.

    Die Luiperds-kampioen was in tussen 2002 en 2005 vier keer op ‘n streep as kampioen van die Beeldtrofee vir Kleinskole gekroon. Hy het ook in 2009, 2014 en 2016 die Beeldtrofee se kroon as Mediumskole-kampioen gedra.

    Bastion se span van 2023 maak geskiedenis deur vir die eerste keer ‘n verskyning in die eindstryd vir eerstespanne te maak. Die span van Roodepoort het egter vanjaar gewys dat hy glad nie gering geskat mag word nie. Hy was in sy 15 wedstryde tot op datum nog net een keer in die eindstryd van die Superreeks teen Brandwag van Benoni (26-27) aan die verloorkant.

    Brandwag het self vanjaar tot kwarteindronde van Groep 2 in die reeks gevorder.

    Vryburg was vanjaar nog net drie keer aan die verloorkant. In die NWU 16-reeks se eindstryd teen Piet Retief (14-20), teen die Hoërskool Upington (12-29) en Langenhoven Gimnasium (10-31). Dit is duidelik dat Vryburg vanjaar weer soos gewoonlik bo sy gewigsklas geboks het.

    Piet Retief se skool is een van twee skole wat na vandag se eindstryde in Groep 2 ‘n kans staan om tot Groep 1 se Bowl-afdeling bevorder te word. Die Hoërskool Upington is die Griekwa grootskole-kampioen van 2023 en kom vandag in Kimberley in die halfeindronde van die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga teen Fichardtpark te staan.

    Saterdag se eindstryd beloof om vir hope vuurwerk en intrige te sorg soos nog ‘n hoofstuk in die saga in die Noordvaalreeks geskryf word.

    Die spanne is: 

    Hoërskool Vryburg: 15 Solly Mokoka, 14 Linda Boyo, 13 Karabelo Mbolekwa, 12 Hanco Halgryn, 11 Johannes Haasbroek, 10 Zander Ackerman, 9 Rikus Nieuwoudt, 8 Kenan Joseph, 7 Marno van den Berg, 6 Diaan Janse van Rensburg, 5 Ben van Niekerk, 4 Jan Espag, 3 Daniel Nortjé, 2 Johan Steyn, 1 Kobus van den Berg.

    Bastion: 15 Liam Jacobs, 14 Benie Paich, 13 Aiden Gerber, 12 PJ Potgieter, 11 Heinrich Albrecht, 10 Devlin du Preez, 9 Juan Venter (kaptein), 8 Warren Scott, 7 Christiaan Harmse, 6 Deanin Marais, 5 Michael Bester, 4 Christo Troskie, 3 Joodre de Beer, 2 Heinrich Venter, 1 Rynhardt Koekemoer.

    Afskop: 12:30
    Skeidsregter: Jean Booyse.

    Junior Eindstryde: 

    o.16 – 11:00 – Vryburg vs Riebeeckrand
    o.15 – 10:00 – Lydenburg vs Hoogenhout
    o.14 – 09:00 – Hoogenhout vs Overvaal