SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • Al die rolspelers vir die Kovsiestreek-kompetisie na Saterdag bekend

    Al die rolspelers vir die Kovsiestreek-kompetisie na Saterdag bekend

    Kovsie-logo

     

    AL die rolspelers vir die sewende Kovsiestreek-kompetisie se onderskeie ligas sal na Saterdag se onderskeie Griffon- en Vrystaatse-liga eindstryde bekend wees.

    In die Shimla-liga (vir mediumskole) gaan Noord-Kaap vanjaar harder as in die verlede moet werk indien hy vir die vyfde agtereenvolgende jaar met die kroon as sentrale streek-kampioen wil wegstap. Noord-Kaap sal op 24 Augustus die gasheer op GWK-park vir die naaswenner van die Griffon-liga in vernaamste voorwedstryd vir die Curriebeker-kragmeting tussen Griekwas en die Westelike Provinsie in die halfeindstryd van die Shimla-liga pak.

    Die eindstryd van die Griffons sal Saterdag in die Noordwes-stadion tussen Voortrekker van Bethlehem en Hentie Cilliers van Virginia bepaal word. Henties het verlede jaar teen Northerns in die eindstryd vasgeval.

    Die Trekkers is die vroeë gunstelinge om as kampioen gekroon te word. Die kampioen van die Griffon-liga sal teen die Vrystaatse A1-liga kampioen in die ander halfeindstryd kragte meet. Geen span van die Vrystaat kon nog sedert die onstaan van die kompetisie in 2007 daarin slaag om die kroon in die Shimla-liga te dra nie. Louis Botha en Jim Fouché sê mekaar in die Vrystaatse A1-liga se eindstryd die stryd aan. Louis Botha is die vroeë gunsteling.

    Louis Botha is onoorwonne in die Vrystaatse liga en die span behoort ook goeie rekenskap van homself in die streekkompetisie te gee.

    Louis Botha was in 2008 kampioen van die Irawa-liga (vir kleinskole). Hy het hierna na die Vrystaatse A1-liga opgeskuif. Die span het in 2009 in die halfeindstryd van die Shimla-liga teen Hentie Cilliers die knie gebuig.

    Noord-Kaap het die afgelope paar jaar die Shimla-liga oorheers. Die span het egter vanjaar nie baie wedstryde gespeel nie. Dit kan of in sy guns tel of dalk teen hom tel. Die span het teen Hoërskool Outeniqua 23-36 Saterdag vasgeval. Die Kwaggas van George is egter een van die voorste spanne vanjaar in die land.

    Die span van George het egter sonder sy vier SA Skole-spelers in die wedstryd ingegaan. Northerns se indrukwekkendste vertoning vanjaar was sover sy oorwinning oor Waterkloof van Pretoria.

     

  • Kwaggas vier fees met oorwinning oor Noord-Kaap

    DIE rugbyspan van Hoërskool Noord-Kaap het Saterdag alles behalwe die wedstryd in sy kragmeting teen Hoërskool Outeniqua in George gewen. Die Kwaggas het die wedstryd op sy tuisveld 36-23 gewen. Die wedstryd was deel van die die Kwaggas se 90ste bestaanjaar vieringe.

    Die telling vlei egter die wenspan, met Northern swat die meeste van die speelwerk in die kragmeting gedoen het. Die span se afronding het net nie so seepglad soos die van die tuisspan geloop nie.

    Die Kwaggas wat as die derde beste span in die land gereken word en vanjaar nog net een keer teen Paarl Gimnasium aan die verloorkant was, het sonder sy vier Suid-Afrikaanse Skole-spelers gespeel. Die viertal die vleuel Duhan van der Merwe, senter Warrick Gelant, skrumskakel Remu Malan en losskakel Dewald Human is van die beste aanvallende spelers in die land.

    Albei spanne het in gister se stryd agt keer besoek in hulle teenstanders se kwartgebied afgelê, die Kwaggas het dit net beter benut.

    Noord-Kaap se flank, Lux Khoza het ‘n stil eerste helfte beleef. Hy het egter in die tweede helfte elke keer wanneer hy die bal onder die arm vasgeknyp het veld met sy kraglopies gewen. Die slot Thulani Njenje het goeie spel in die lynstane sowel as in die los gelewer.

    Agterlangs was die senter en onderkaptein, Luke Mason uitstaande. Hy het die voordeellyn aangeval en ook met goeie aangeëwerk die aanvoorwerk vir verskeie aanvalle op die tuisspan se doellyn geloods. Die heelagter, Ryan de Wee het op die aanval ook ‘n blink wedstryd beleef.

    Northerns se losskakel Guillermo Minnie het met ‘n skepdoel in die tweede helfte sy span vir die tweede en laaste keer laat voorloop. Die skepdoel het aan die span van die Diamantstad ‘n voorsprong van 23-22 gegee.

    Die uitslag van die kragmeting is kort daarna bepaal toe die Kwaggas se skrumskakel Keenan Tarentaal vir Minnie gelak het dat hy die bal verloor. Die plaasvervanger-senter JP Duvenhage het die losbal opgepik en deurgedraf vir ‘n drie. Die haker Marne Botha het kort voor die einde oorgeval om die wentelling te rek.

    Puntemakers:

    Hoërskool Outeniqua 36 (17) – Drie: Geor Malan, Wynand de Necker, Keenan Taretnaal, Hennie Barnard, JP Duvenhage, Marne Botha. Doelskoppe: Tarentaal (2), Leigthon Eksteen. Hoërskool Noord-Kaap 23 (15) – Drie: Hilfford Clarke, Joubert Steyn, Dylan Walsh. Doelskop: Dimitrio Tieties. Strafdoel: Tieties. Skepdoel: Guillermo Minnie.

  • Smith’s speel gelykop in stryd tussen Diamantveld en Nico Malan

    Die gelykop-uitslag van 17-elk tussen Diamantveld en Nico Malan was nie soos die gesegde om jou suster te soen nie, maar liewer soos om jou broer te soen. Die kragmeting was deel van Hoërskool Outeniqua se 90ste bestaansjaar vieringe Saterdag in George. Dit was Diamantveld van Kimberley se hoofafrigter, MJ Smith se laaste wedstryd aan stuur van sake van die span. Smith se jongste broer Abé is Nico Malan van Humansdorp se spanbestuurder. “Daar was gelukkig nie ‘n verloorder nie,” het Abé Smith na afloop van die wedstryd gesê.

    Grey-kollege het Vrydag op sy tuisveld gewys dat hy te veel krag vir KwaZulu-Natal se voorste span Glenwood het. Die tuisspan was 68-7 in die kragmeting baas. Die span van die Rosestad het reeds teen lemoentyd ‘n stewige voorsprong van 30-0 opgebou.

    Die heelagter Henry Immelman het met sy spel in die wedstryd gewys dat hy reg is om volgende jaar EW Viljoen se tokse in die laaste vesting van die eerstespan vol te staan. Viljoen en die stut Ruan Kramer het die kragmeting weens hulle verpligtinge saam die Suid-Afrikaanse Skole-span misgeloop.

    Die flank Luan Reynders was sy span se beste speler voorlangs. Hy is goed deur die slot De Wet Bezuidenhout, stut Andrew du Plessis en slot Casper Fourie bygestaan.

    Agterlangs het die losskakel André Swarts weer met sy spel beïndruk. Hy het 23 van sy span se punte aangeteken. Hy het een drie gaan druk, ses van sy span se tien drieë verdoel en ook twee strafdoele oorgeklits. Die senter Johan Nel en vleuel Charl Pretorius verdien ook elk ‘n klop op die skouer.

    Die Cherries het verlede week vir Sand du Plessis 58-6 afgeransel. Die wenspan het teen rutsyd wat na 31 minute se spel in die eerste gehelfte gehou is 43-6 voorgeloop. Die tweede helfte was slegs ses minute lank.

    In Upington was dit Vrydag weer Groot Interjol. Duineveld was in die jaarlikse interskole-kragmeting op die dorp 22-3 aan die wenkant. Uppies se punte het via ‘n skepdoel van Jonathan Steenkamp gekom.

    Puntemakers:

    Grey-kollege 68 (30) – Drieë: Johan Nel (2), Theo Ferreira (2), Andrew du Plessis, Luan Reynders, André Swarts, Charl Pretorius, Carel Durow, Stephanus Lingenfelder. Doelskoppe: Swarts (6). Strafdoele: Swarts (2). Glenwood 7 (0) – Drie: Nkululeko Mcuma. Doelskop: Corné Vermaak.

    Cherries 58 (43) – Drieë: Niel Stannard (2), Albert Verwey, Glen Erickson, Dian Badenhorst, Jacques du Preez, AJ Prinsloo, Dylan Harlen, Martin van Niekerk, Ruben Terblanché. Doelskoppe: Julian Delicado (2), Stannard (2). Sand du Plessis 6 (6) – Strafdoele: JB la Cock (2).

  • Noord-Kaap weet nie wat om van Kwaggas te verwag

    DIE Hoërskool Outeniqua is of besig met kopspeletjies voor sy kragmeting vandag teen die Hoërskool Noord-Kaap ter viering van sy 90ste bestaansjaar of ‘n die skool het per ongeluk die verkeerde spanlys aan die organiseerders en die media uitgestuur.

    Die Kwaggas sal op George vandag om 13:05 gasheer van die span van die Diamantstad wees. Die gasheer het vanjaar al vir Grey-kollege (22-20) geklop word gereken as die derde beste skolespan in Suid-Afrika vanjaar. Die spanlys wat uitgestuur is het nie een van die Kwaggas se vier SA Skole-spelers, nege Cravenweek-spelers en sewe Akademie-week spelers in die groep van 22 spelers gehad nie. “Ons sal maar speel wat teen ons opdraf. Ons weet in elk geval nie veel van hulle as span af nie. So ons gaan net ons spel probeer speel,” het Henk Brand, afrigter van Noord-Kaap gesê.

    Die span sal wel sonder sy vier Suid-Afrikaanse Skoles-speler die vleuel Duhan van der Merwe, senter Warrick Gelant, losskakel Dewald Human en skrumskakel Remu Malan in die kragmeting ingaan. Die ander spelers sal almal wel speel volgens hulle afrigter Jacques Wolvaardt. Sy mede-afrigter, Piet Cloete het destyds vir Hoërskool Sarel Cilliers op Koppies gebrei.

    Die kragmeting tussen Northerns en die Kwaggas sal regstreek op SuperSport gebeeldsend word. Die gasheer se kaptein en flank Geor Malan was een van die uitstaande spelers op die Cravenweek, terwyl daar vir die slot Eduard Zandberg ook ‘n blink toekoms voorspel word.

    Northens se Tieties sal aan die spits van Northerns se aanslag wees om die Kwaggas agterlangs uit te buit met dié dat hulle hier sonder hul vier beste spelers moet klaarkom.

    Grey-kollege was gister veels te sterk vir Glenwood en het gemaklik 68-7 as oorwinnaars van die veld gestap. Grey se heelagter, Henry Immelman het gewys dat hy EW Viljoen se skoene kan volstaan, terwyl Luan Reynders voorlangs vir die wenspan uitstaande was.

  • SA Schools team defeat England in Under-18 International Series

     

    The SA Schools team on Friday overcame a determined England outfit in their opening match of the Under-18 International Series at City Park stadium in Cape Town for a 19-14 victory and a strong start to the series.
    The clash proved to be thrilling, as both sides showed fantastic skills, brute physicality and put in a series of big hits.

    England stamped their authority early on with No8 James Chisholm scoring their first try in the fourth minute following a powerful scrum for a 7-0 lead.

    SA, however, hit back with the team retaining possession and showing good skills by off-loading in the tackle, which earned them a penalty. Grant Hermanus, who was in fine form for Western Province at the Coca-Cola Craven Week, made the most of the opportunity and reduced the score to 7-3.

    This bolstered SA’s confidence and prompted them to retain possession and apply pressure on England, but unfortunately penalties and turnovers at crucial times denied them a few try-scoring opportunities.

    The team, however, showed patience on attack and continued to string together phases, and they earned the rewards with inspirational captain and No8 Rikus Bothma scoring their first try of the match in the 19th minute from solid forward play. This handed the hosts a narrow 8-7 lead.

    The second quarter, however, proved to be a hard grind as the forwards battled it and out and both teams tightened up their defence. England, however, got a sniff of the tryline in the dying seconds of the first half, but the tenacious SA defence shut them out to maintain their one-point lead at the break.

    The home team continued to assert their authority in the second half and made their way to England’s half where they camped for a few minutes. A fantastic inside pass to wing Duhan van der Merwe after stringing together a few phases on attack, saw the player dance his way through the defence for their second try.

    Unfortunately, however, the conversion proved unsuccessful.

    But England hit back instantaneously with Chisholm scoring his second try after picking up the ball from the base of the scrum and breaking through to cross the tryline. Olver converted to hand the team a 14-13 lead.

    This lead, however, was short-lived as Brandon Thomson slotted over the team’s second penalty to sneak back into a two-point lead, and fortunately for SA, they managed to maintain this until the end.

    With the scores close both teams refused to give an inch which resulted in hard-fought third quarter. England, however, used their effective rolling maul well to get onto the front-foot and work their way into SA’s half. But an intercept by Thomson and quick numbers at the breakdowns earned the home side another penalty, which Thomson converted for a 19-14 lead.

    England fought back with intent until the dying seconds, but their efforts were countered by the determined SA defence, which sealed the victory.

    In the other matches, the Wales Under-18’s beat France 29-17, while the Western Province Invitational XV defeated Montpellier 36-31 and the Western Province Under-18’s thumped Italy 39-17.

    Scorers:

    SA Schools 19 (8) – Tries: Rikus Bothma, Duhan van der Merwe. Penalties: Grant Hermanus, Brandon Thomson (2). England 14 (7) – Tries: James Chisholm (2). Conversions: Sam Olver (2)

     

  • Grey pak Glenwood vandag sonder EW, Ruan en Stephen

    GREY-KOLLEGE se eerste rugbyspan draf vandag vir die laaste keer om 13:00 in Bloemfontein uit. Die span van die Rosestad kom teen Glenwood van Durban te staan. Dit is die besoekers se laaste kragmeting van dié seisoen, terwyl Grey nog vir Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch die stryd moet gaan aansê.

    Grey sal die kragmeting en die een teen Paul Roos sonder sy twee Suid-Afrikaanse Skole-speler die heelagter EW Viljoen en Ruan Kramer moet klaarkom. Viljoen en Kramer sal albei more vir die nasionale skole-span in Kaapstad teen sy eweknie van Engeland op die veld draf.

    Glenwood sal met ‘n volsterkte span opdraf, maar die span se laaste twee wedstryde teen die onoorwonne Affies van Pretoria en Maritzburg-kollege was albei fisieke wedstryde. “Ons gaan in dié wedstryd in met die gedagte om ons laaste wedstryd saam te geniet. Dit beteken glad nie dat ons nie vir die wen gaan nie, maar daar is nie druk op ons outjies om vandag om ‘n oorwinning te behaal nie. Hulle moet dit net geniet die res sal van self kom,” het Sean Erasmus, afrigter van Glenwood, gesê.

    Grey behoort die kragmeting te wen indien hy sy strukture kan behou. Die span sal boonop ook sonder sy senter Stephen Rautenbach moet klaarkom. Hy beleef sedert die Cravenweek sy beste spelpeil vanjaar, maar sal die wedstryd weens ‘n besering misloop.

    Glenwood se agterspelers hou daarvan om die bal lug te gee en veral die heelagter Corné Vermaak, vleuel Morné Joubert en senter Nkululeko Mcuma is bekend vir hulle sterk lopies op die aanval. Grey se kaptein en flank Marius Louw sal sy pak voorspelers aanvuur.

    Grey het laas in 2006 in Durban teen Glenwood die knie gebuig. Intussen het Grey se haker Martin Wipplinger ook bekend gemaak dat hy sy loopbaan volgende jaar by Westelike Provinsie sal voortsit. Hy was ook lid van die Vrystaatse Cravenweek-span na die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole vroeër vanjaar in Polokwane.

    Die spanne is:

    Grey-kollege: Henry Immelman, Charl Pretorius, Johan Nel, Carel Durow, Theo Ferreira, André Swarts, Heinrich Sander, Alex Jonker, Marius Louw (k), Luan Reynders, De Wet Bezuidenhout, Casper Fourie, Callie Janse van Vuuren, Martin Wipplinger, Andrew du Plessis.

    Glenwood: Corné Vermaak, Morné Joubert, Nkululeko Mcuma, Akhona Nela, Sphamandla Ngcobo, Curtis Jonas, Kwazi Khanyile, Jaco Coetzee, Mzwandile Mazibuko (k), Waylen Hippolite, Ntokozo Vidima, Seth van den Heever, Koos Tredoux, Kieran van Vuuren, Percy Mngadi.

  • SA Schools squad to face England announced

    SA Schools coach Chris October on Wednesday announced his squad to face England in their opening International Under-18 Series clash on Friday at the City Park Stadium in Cape Town.

    Western Province and Paarl Gym No8 Rikus Bothma will lead the squad which features seven players who took part of the victorious SA Schools team last season. These players are the Du Preez twins, Daniel and Jean-Luc, Ox Nche, Justin Philips, Duhan van der Merwe, Warrik Gelant, Abongile Nonkontwana and Jurie Linde.

    The squad boasts a fine balance of players from the traditional rugby schools in the country with Afrikaans Hoër Seuns (Affies), Outeniqua High School and Paarl Gymnasium each featuring three players.

    The Paarl Gym duo of Bothma and Jacques Vermeulen, in particular, will rely on their familiarity with each other’s style of play to make their presence felt in a quality loose trio, while the powerful tight five will be determined to dominate in the scrums against the settled England side.

    Among the backs Philips’ experience at this level and his effective distribution skills will be invaluable in guiding the team, while talented wings Grant Hermanus and Duhan van der Merwe both showed their ability to spot gaps and score tries at the Coca-Cola Craven Week, which could make them key figures on attack.

    Looking ahead at the clash against England, October was optimistic about his team’s chances of starting the series on a high note. He hoped the players would showcase their talent in what he anticipated would be a challenging clash.

    “I was impressed with the players’ attitude at training this week and we expect them to transfer that onto the field,” said October. “But we are under no illusions about the challenge ahead. We do not know a lot about the teams we will be facing in the next few days, but we are aware of the fact that they come off a Six Nations campaign, so they have played a few matches together already. With regards to England specifically I chatted to their coach after last year’s tournament and he mentioned that this year’s team would have been together for three years, so they should be a cohesive unit.

    “But that said, South Africans generally boast immense pride and we have worked hard to gel as a team, and I believe we have achieved that. There is no doubt this match is going to be tough, but we are looking forward to it.”

    In the other matches Under-18 matches on Friday, Italy meet the Western Province Craven Week XV at 12h30 and France go up against Wales at 14h00.

    SA Schools squad to face England:

    15. EW Viljoen – Grey College

    14. Grant Hermanus – Paarl Gym
    13. Warrik Gelant – Outeniqua
    12. Daniel du Plessis – Paul Roos Gymnasium
    11. Duhan van der Merwe – Outeniqua
    10. Brandon Thomson – Ermelo HS
    9. Justin Philips – Waterkloof HS
    8. Rikus Bothma (c) – Paarl Gym
    7. Jacques Vermeulen – Paarl Gym
    6. PJ Toerien – Garsfontein HS
    5. RG Snyman – Affies
    4. Daniel du Preez – Kearsney College
    3. Ruan Kramer – Grey College
    2. Joseph Dweba –Florida HS
    1. Ox Nche – Louis Botha THS

    Reserves: 

    16. Thomas du Toit – Paarl Boys High

    17. Francois Steyn – Affies
    18. Conrad van Vuren – Nelspruit HS
    19. Abongile Nonkontwana – St Albans College
    20. Jean-Luc du Preez – Kearsney College
    21. Marco van Vuuren – Transvalia HS
    22. Dewald Human – Outeniqua HS
    23. Jurie Linde – Affies

    Issued by SARU Corporate Affairs

  • Kwaggas to face Noord-Kaap in 90th celebrations match

    Outeniqua High School will play Noord-Kaap High School in George on Saturday 10 August 2013 in the next Mutual & Federal Premier Interschools that will be televised LIVE on SuperSport 1 at 12:55.

    Mutual & Federal Premier Interschools is a series of 12 matches, which feature the highest profile and most traditional interschool rugby rivalries, from South Africa’s top rugby schools, broadcast live on SuperSport from April to August.

    Schoolboy rugby has served as one of the cornerstones of domestic rugby dating back more than a century, and true to its slogan “Honouring Heritage. Playing for the Future”, Mutual & Federal Premier Interschools is about History, Heritage and Tradition. The series, now in its second year, is expected to grow even stronger.

    The Mutual & Federal Premier Interschools stories are further captured in 12 magazine shows which preview all the games and provide historical overviews of these traditional schools and highlight other academic, cultural and sporting achievements.

    Being invited to play your hosts at their 90th celebrations is enough recognition of a school’s prowess during the last couple of years and thus Noord-Kaap High can feel proud of this honour bestowed upon them by

    Outeniqua High. This can almost be listed as an Interprovincial match between Griquas and SWD as both schools had 12 players representing their province at Craven Week 2013. Although the team from Kimberley is not having the best of seasons according to their own high standards, they are still a very formidable team and rated as one of the Top 30 in the country. They have regularly appeared in the Top 10 rankings of SA Schools in the last few years and with 12 Griquas Craven Week players they will still pose a serious challenge to the home team.

    The Kwaggas, as Outeniqua High is more affectionately known, is in contrast having one of their best seasons so far in the school’s history. Having only lost to Paarl Gimnasium so far and won against Grey College and Paarl Boys’ High, they have collected some serious scalps along the way in 2013. With four SA School’s players in their backline you can expect them to play an expansive game and bring these players more into play. They can however also rough it upfront with the best of them and if Noord-Kaap High prefers that type of gameplan they will find Outeniqua High up to it and more than capable of holding their own.

    They have only played each other once before in the last five years and that was in 2011 when Noord-Kaap High downed Outeniqua High 43-22. The home team thus have a score to settle with the boys from Kimberley.

  • SA Schools team begins preparations for International U18 series

    SA under-20 coach Dawie Theron and Stormers defence coach Jacques Nienaber offered valuable insights as the SA Schools team took the training field preparing for the International Under-18 Series starting on Friday, which features England, France and Wales.

    The squad gathered in Cape Town on Sunday and had two high-intensity field trainings sessions on Monday under the guidance of coaches Chris October and Roean Bezuidenhoudt to kick off their preparations.

    The intensity of their training sessions lifted a notch on Tuesday despite the glum weather in Cape Town, as they look to emulate the team’s success last season, in which they won all three of their matches against the same teams.

    The SA Schools team will face England at the City Park stadium in Cape Town on Friday in their opening match. This will be followed by clashes against France in George and Wales in Wellington next Tuesday and Saturday respectively.

    October was delighted with the quality and intensity of the team’s first few training sessions and said he looked forward to their opening clash.

    “I am pleased with our early preparations,” said October. “The foundation has been laid for the tournament, so now we have to build on this as the week progresses. It is pleasing to see the players’ commitment and it is fantastic to have SA Under-20 coach Dawie Theron with us as he provides good guidance.

    “It is also fantastic to have Jacques Nienaber assisting. His reputation and track record speaks volumes, and to have one of the best defence coaches in the world working with these players is a treat. SARU has really taken us by the hand this year with the professionals they have brought in to assist, and I’d like to thank them for that. I am looking forward to the series.”

    Having had sufficient time to work with his squad, October was pleased with the attitude among the players and had high hopes for them.

    “Our motto is ‘boots on switch on’ so the players know they have to work as hard as they can when they train because we expect the same attitude during the matches,” said the coach. “The squad is focused on the task at hand and all of the players are hungry to learn, which is fantastic because this is a golden opportunity for them. One of our main objectives is to create an environment in which they will feel free to showcase their talent and make their presence felt, and I believe we will achieve that.”

    Unfortunately injuries ruled Western Province hooker Daniel du Plessis and lock JD Schickerling out of the squad, which resulted in call-ups for RG Snyman from the Blue Bulls and the Valke’s Marco Janse van Vuren.

    There were, however, two new niggles on Monday with Boland centre Leolin Zass and Eastern Province fullback Malcolm Jaer picking up groin strains. A final call on their fitness will be made later in the week.
    Meanwhile, England and Wales arrived in Cape Town on Tuesday morning, while France touched down in SA this past weekend. The Italian under-18 team also arrived in SA over the weekend and will participate in a series of matches against the Western Province, Boland and SWD Coca-Cola Craven Week teams.

    International Under-18 Series fixtures:

    9 August – Italy vs WP Craven Week XV – City Park Stadium, Cape Town – 12h30
    France vs Wales – City Park Stadium, Cape Town – 14h00
    SA Schools vs England – City Park Stadium, Cape Town – 15h30

    13 August – Italy vs SWD Craven Week XV – Outeniqua Park, George – 14h00
    England vs Wales – Outeniqua Park, George – 16h00
    SA Schools vs France – Outeniqua Park, George – 18h00

    17 August – Italy vs Boland Craven Week XV – Boland Stadium, Wellington – 12h30
    England vs France – Boland Stadium, Wellington – 14h00
    SA Schools vs Wales – Boland Stadium, Wellington – 15h30

    Issued by SARU Corporate Affairs

  • Affies sluit seisoen onoorwonne af

    Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het sy seisoen Saterdag op ?n hoë noot en vir die eerste keer sedert 2001 onoorwonne afgesluit.

    Voor ‘n skare van ongeveer 10 000 het Affies hul aardsvyande en bure, Pretoria Boys? High met 50-12 kaf gedraf.

    Dit sluit oorwinnings oor onder andere Grey-kollege, Paul Roos Gimnasium, Waterkloof en Maritzburg-kollege in. Hoewel die eindtelling lyk na ?n eensydige affere, was die senuwees hoog teen lemoentyd met die telling op 5 elk, na drieë deur Affies se buitesenter en SA-Skole ster, Jurie Linde en Boys High se vurige vlank, Ryn Townsend.

    Affies moes meeste van die eerste helfte in hul eie gebied spandeer met Boys? High wat alles in die stryd gewerp het. Die tweede helfte was dit egter as of ?n totaal nuwe Affie-span die veld betree het, en van die afskop af het die besoekers meeste van die besit geniet en tuisspan deurmekaar gehardloop. Die besoekers het sewe keer agter die doellyn gaan draai in die tweede helfte en die wind uit die seile van die manne oorkant die treinspoor geneem.

    Die Wit Bulle se slot, RG Snyman, het sy insluiting in SA-skolespan die afgelope week gestand gedoen deur Boys’ High se lynstane te ontwrig en die lewe moeilik vir die tuisspan gemaak sodra hy die bal onder die arm plant en meters veld wen. Hy is ook met ‘n drie beloon. Jeandre Slabbert, Tiaan Schmulian, Eduan Keyter, Thys van Wyk en WP Eloff het ook agter die doellyn ?n draai gemaak vir Affies. Boys? High se enigste drie in die tweede helfte was deur die stut, Steven Barber.