SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • School Rugby Results – 27 July 2013

    Eastern Cape 

    Oakdale Landbou 17  Marlow Landbou  9
    Grey Boys’ High School 21  Grey College  50
    Aliwal-Noord 15  Fichardtpark  24
    Daniël Pienaar THS   24 Noord-Kaap 40 
    Die Brandwag 51  Oudtshoorn HS  3
    St. Andrew’s College 48  Dale College 13 
    Queen’s College  14 Selborne College 13 
    Framesby  16  Outeniqua HS  52
    Grens HS   Union HS  
    Andrew Rabie 33 Itembelihle  13
    Nico Malan  21 Langenhoven Gimnasium 14

    Free State 

    Grey College  50 Grey Boys’ High School  21
    Sentraal   23 Duineveld  28
    Zastron    Hoërskool Bloemfontein  
    Jim Fouché  51 Sand du Plessis  12
    Fichardtpark  24 Aliwal-Noord  15
    Zastron  29 Brandfort 24

    Griffons 

    Hentie Cilliers 52 Welkom THS  0
    Voortrekker  36 Witteberg 13 
    Welkom Gimnasium  35 Goudveld  15
    AHS Kroonstad  43 Kroonstad HS 16 
    Wilgerivier  50 Vrede  10
    Bothaville   50 Hennenman

    Griqualand West 

    Noord-Kaap  40 Daniël Pienaar THS  24
    Landboudal  29 Upington HS  17
    Duineveld 28   Sentraal  23
    Douglas   48 Blinkklip  10

    KwaZulu-Natal 

    Glenwood  23 Affies  53
    Maritzburg College   16 Pretoria Boys’ High  30 
           
           

    Northvaal

    Affies 53  Glenwood  23
    Garsfontein   78 Florida  21 
    Kemptonpark  48  Centurion  12 
    HTS Middelburg   57  Menlopark  18
    Klerksdorp HS   Linden  
    Frikkie Meyer 23  Overkruin 21 
    Piet Retief   Tuine THS  
    Hugenote (Springs)   Helpmekaar  
    Wolmaranstad   Trinityhouse  
    Ben Viljoen  51 Woodox College 17 
    Penryn College   Die Wilgers  
    Stoffberg   Bekker  
    Christiana    Primrose  
    Heilbron   Alberton HS  
    Pretoria Boys’ High  30 Maritzburg College 16 

    Western Cape 

    Paul Roos Gimnasium  16  Wynberg Boys’ High 
    Paarl Gimnasium   49 Boland Landbou 
    Paarl Boys’ High    39 Rondebosch Boys’ High  20 
    SACS   38 Tygerberg 
    Durbanville  10  Brackenfell 
    Bellville HS  49  Monumentpark  
    Stellenberg  37  DF Malan 
    De Kuilen   26  Kasselsvlei  
    Hottentots-Holland  27  Hermanus  27 
    President  21 JG Meiring  11

     

  • Hentie Cilliers vs. Welkom THS – 2013

    Scorers: 

    Hentie Cilliers 52 – Tries: Jaywin Juries (2), Riaan Pretorius (2), Ezrick Alexander, Jade Solomons, Justin Williams, Jamille Afrika. Conversions: Ethan Williams (5), Juries. Welkom THS 0

  • Hentie Cilliers – 2013

    Results 

    Hentie Cilliers 24,  Grey College 50
    Hentie Cilliers 37,  Zastron 24
    Hentie Cilliers 31,  Welkom Gimnasium 22
    Hentie Cilliers 21,  Voortrekker 28
    Hentie Cilliers 40,  Goudveld 17
    Hentie Cilliers 38,  Witteberg 10
    Hentie Cilliers 71,  Kroonstad HS 7
    Hentie Cilliers 47,  AHS Kroonstad 25
    Hentie Cilliers 52,  Welkom THS 0 

    Players: Jaywin Juries, Gregan Hull, Riaan Pretorius, Kyle Ess, 

    Coaches: André Vorster and Jacques Juries. 

  • Wilgerivier vs. Vrede – 2013 (2)

    Scorers: 

    Wilgerivier 50 (14) – Tries: De Wet Ungerer (2), Gerrie Muller (2), Gerhard van Rensburg, Willem Coetzee, Ricardo Frade, Eric Bibbey. Conversions: SF Meyer (5). Vrede 10 (10) – Try: Athur Longuera. Conversion: Johan Esterhuizen. Penalty: Esterhuizen. 

  • Preview – Grey-kollege vs. Grey Boys’ High School

    BLOEMFONTEIN. – Grey-kollege het tien jaar laas teen sy naamgenoot van Grey Boys’ High School van Port Elizabeth verloor. Dit blyk ook nie of die span van 2013 van sy trotse rekord oor die laaste dekade vandag in Bloemfontein teen die span van die Baai afstand gaan doen nie. Die wedstryd word regstreeks op SuperSport gebeeldsend.

    Die span van die Rosestad het laas in 2004 toe die Ierse haker Richardt Strauss sy kaptein was 14-17 teen sy besoekers die knie gebuig. Drie toekomstige Springbokke Heinrich Brüssow , Deon Stegmann en Frans Steyn het ook in 2004 vir Grey-kollege uitgedraf.

    Grey se skrum met Andrew du Plessis, Ruan Kramer en Martin Wipplinger aan die spits behoort die botoon in die kragmeting te voer. Die span van die Baai behoort ook sonder sy gereelde kaptein en Cravenweek-flank, CJ Velleman tweede in die stryd om die losbal te kom. Grey se kaptein en flank Marius Louw en agtsteman Alex Jonker behoort die stryd in die los te oorheers.

    Agterlangs sal die tuisspan se agterlyn hulle sokkies moet optrek. Die agterhoede het teen Pretoria Boys’ High teleurgestel.

    Hoërskool Witteberg sal vandag in hulle ENB Classic Clash teen ‘n onwaarskynlike moontlikheid sy alles in die stryd werp om die uitkloprondes van die Griffon-liga te haal. Witteberg kom teen sy aartsvyand Voortrekker in hulle jaarlikse derby te staan. Die Trekkers is die gunsteling om vanjaar as kampioen van die Griffon-liga gekroon te word. Witteberg sal ‘n oorwinning vandag moet behaal

    Vandag se bepalings (tuisspanne eerste vermeld): 

    10:30: Zastron t. Hoërskool Bloemfontein; 12:30: Hoërskool Upington t. Landboudal; 12:40: Sand du Plessis t. Jim Fouché; 12:55: Grey-kollege t. Grey Boys’ High School; 13:00: Noord-Kaap t. HTS Daniël Pienaar; 13:15: Sentraal t. Duineveld; 13:30: Aliwal-Noord t. Fichardtpark.

  • Dis derby-tyd in Kroonstad

    KROONSTAD. – Die eerste rugbyspan van Hoërskool Kroonstad sal vandag met hope durf en waagmoed vorendag moet kom indien hy nie sy grootste loesing nog teen die Afrikaanse Hoërskool Kroonstad op sy tuisveld op die lyf wil loop nie. Blouskool het die afgelope drie jaar maer jare. Die span van 2013 het wel beter vertoon as sy voorganger, maar Rooiskool se span van 2013 vaar ook vanjaar beter as sy voorganger.

    Rooiskool het verlede jaar in die twee spanne se ENB Classic Clash die grootste oorwinning nog oor sy aartsvyand behaal toe hy 45-0 baas was.

    Vorige uitslae tussen die twee spanne wys egter dat daar nooit vooraf te gemaklik voorspellings oor die wenner gemaak kan word nie. Dit is heel waarskynlik die 15 000 toeskouers wat die wedstryd jaarliks bywoon en die druk van die wedstryd saam met die verwagtinge van die onderskeie skole wat die spelers op hulle breë skouers wat ‘n invloed op die spelers se spel het.

    Vir Blouskool sal ‘n spanpoging deur sy losvoorspelers die kaptein Neels van Schalkwyk en Erlo Kleinhans.

    Goudveld-Hoërskool se losskakel, Shaun Reynolds staan breed in Welkom-Gimnasium se pad in die twee spanne se Classic Clash vandag. Reynolds was die voorste puntemaker op die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole vroeër vanjaar in Polokwane. Hy sal die tuisspan se sleutelspeler vandag wees.

    Gimmies is egter steeds die gunstelinge om ‘n sege in die derby te behaal. Die span in die swart truie se haker Brummer Marais en flank Retief Marais se verstandhouding in die lynstane in een van die span se sterkpunte. Marais vorm ook saam met die agtsteman Riaan Vermeulen en die kaptein Albert Brummer ‘n gedugte lostrio.

    Reynolds speel gewoontlik op binnesenter vir sy skoolspan, maar die span se losskakel Eric Herbert is beseer.

    Vandag se bepalings (tuisspanne eerste vermeld):

    13:00: Hoërskool Kroonstad t. AHS Kroonstad; 13:00: Goudveld-Hoërskool t. Welkom Gimnasium; Noordwes-stadion – 13:00: Bothaville t. Hennenman (Sandveld-eindstryd);

  • Wilgerivier mik na derde agtereenvolgende Oos-Vrystaat titel

    FRANKFORT. – Die eerste rugbyspan van die Hoërskool Wilgerivier mik vandag daarna om vir die derde agtereenvolgende jaar as kampioen van die Oos-Vrystaatse liga gekroon te word. Die tuisspan sal vandag ongetwyfeld agter sy kaptein en agtsteman De Wet Ungerer as gunsteling teen Vrede op die veld draf.
    Die span van Frankfort was in die twee spanne se laaste ses kragmetings aan die wenkant. Vrede se laaste oorwinning oor Wilgerivier was reeds in die eindstryd van die Oos-Vrystaat in 2010. Vrede wat daardie jaar ook as kampioen van die Griffons se plattelandse liga gekroon is het toe ook in die twee spanne se liga-wedstryd vroeër 3-22 die onderspit gedelf.
    Vrede se span van 2010 was egter sy beste span sedert sy span van 1994 wat as kampioen van die Vrystaatse Direkteurs-trofee gekroon is. Dié span het toekomstige Cheetah-spelers soos Boela du Plooy en Anton Pitout in sy geledere gehad.
    Wilgerivier se flank Gerrie Muller sal saam met sy kaptein voorlangs die vuur stook. Vrede se senters, Johan Esterhuizen en Mark Cockroft, behoort staatmakers vir hulle span te wees.
    Bothaville is die gunsteling om more as kampioen van die Sandveld-liga gekroon te word. Hy kom in die Noordwes-stadion in Welkom in die eindstryd teen Hennenman te staan. Die kragmeting wat om 13:00 afskop is die vernaamste voorwedstryd vir die Curriebeker-wedstryd tussen die Griffons en die Luiperds.
    Bothaville het in die spanne se twee liga-wedstryde onderskeidelik 56-5 en 62-0 oortuigend as oorwinnaars van die veld gestap. Hoewel Hennenman verlede week ‘n reuse opskudding veroorsaak het toe hy Riebeeckstad 20-17 in die halfeindstryd geklop het, na hy in die twee spanne se laaste liga-wedstryd aan die ontvangkant van ‘n loesing van 30-0 was. Sal ‘n oorwinning oor Bothaville
    Bothaville se Cravenweek-senter, Wessel Hefer is sy span se sleutelspeler saam met die losskakel Juandré Kleynhans. Hennenman se skrumskakel, Marco Pretorius sal fyn dopgehou moet word.
    Die spanne is:
    Wilgerivier: Willem Coetzee, Brian Piek, Jacques van Rensburg, SF Meyer, Ricardo Frade, Pieter Duminy, Gerhard van Rensburg, De Wet Ungerer, Gerrie Muller, Manie Swart, Eric Bibbey, MJ Lourens, Dana Janse van Rensburg, Fanna Venter, Guillaume Strydom.
    Vrede: Stefan de Villiers, Marius Broodryk, Johan Esterhuizen, Mark Cockroft, Athur Longuera, Johan Loock, Abrie Wessels, Tabas Podges, Jason Bloem, Heinn Lombard, JP Burger, Charl du Toit, JS de Villiers, Koos Prinsloo, Keanu Waters.

  • President (Cape Town) – 2006

    Results 

    President   6,  Fairburn 7
    President   0,  Cardinal Newman (Argentina) 39
    President 29,  Eersterivier 7

    Players: Chris van der Westhuizen, Radyn van Deventer, Morné Schaeffers, Dean Taylor, Meyer van der Westhuizen, Charl Geldenhuys. 

  • President – 2011

    Results

    President 17,  Edgemead 8
    President 39,  Milnerton 24
    President 18,  Monument Park 31
    President 38,  JG Meiring 3
    President 29,  Kasselsvlei 8
    President 18,  Fairburn 15
    President    5,  Schoonspruit 46
    President  29,  King Louis VII 10

    Players: Enver Brandt, Marius Zeelie, Samuel Fransman, Egbert de Waal, Anton du Preez, Wikus Zeelie, Tiaan Smit, Bert le Roux, 

  • Voorskou – President t. JG Meiring

    Voorskou – President t. JG Meiring

    Dié oudste interskole-wedstryd in die Noorde van Kaapstad word Saterdag op President se veld tussen die gasheer en JG Meiring beslis. Die interskole is ‘n instelling sedert 1988 en vanjaar sal dus die 26ste keer wees dat hierdie twee spanne mekaar in dié kragmeting pak. 

    JG Meiring het verlede jaar naelskraaps 11-8 die septer geswaai, maar President het die voor verlede jaar se nederlaag ses agtereenvolgende seges oor hulle vyand behaal. President spog ook met die beste rekord in die interskole. Hy het sedert 1988 in 13 van die wedstryde as oorwinnaars van die veld gestap. JG Meiring was in 11 wedstryde aan die wenkant, terwyl 2002 se kragmeting 6-elk gelykop geëindig het. 

    interskole kapeine 2013Soos die telbord sedert 1988 aandui is die tweestryd tussen die twee spanne gedug. Die gemiddelde telling vertel dieselfde verhaal. President wen met ‘n gemiddelde telling van 15-11 oor die afgelope 25 jaar. Die grootste sege nog in die interskole is ook deur President behaal toe hy in 2010 sy teenstander met 49-0 afgeransel het. 

    President se kaptein en voorryman, Wikus Zeelie sal Saterdag in sy 61ste wedstryd vir sy skool se eerstespan uitdraf. Die gasheer se senterpaar, Justin Benjamin en Wynand van Zyl, spog ook met heelwat ervaring op eerstespanvlak. Benjamin en Van Zyl sal onderskeidelik in hulle 33ste en 36ste kragmeting vir hulle skool se trots uitdraf. 

    Die spanne is: 

    Mr. Price President: 15 Eugene Williams, 14 Gideon Andrews, 13 Wynand van Zyl, 12 Justin Benjamin, 11 Alex Conradie, 10 Gary Diedericks, 9 Granville van Rooyen, 8 Tiaan Belmer, 7 Jacques le Roux, 6 Jacques van Schalkwyk, 5 André Radyn, 4 Juan Kallis, 3 Wikus Zeelie (kaptein), 2 Juan Pullen, 1 Mauritz Reynecke. 

    Cape Copytype JG Meiring: 15 Bhongo Nonkonyana, 14 Trevino Julies, 13 Jordan Werth, 12 Jean-Pierre Scheepers, 11 Naeem Ganief, 10 Keegan Viljoen, 9 Taufeeq Lee, 8 Jean Bannister, 7 Ulibambe Sulelo, 6 Luqmaan Sallies, 5 Mogamat Rtaima, 4 Glen Rademan, 3 Jason Nel, 2 Kyle Oliver, 1 Zyko Hadi. 

    Die bepalings: 

    08:30 – President o.15A t. JG Meiring o.15A
    09:30 – President o.16A t. JG Meiring o.16A
    10:30 – President o.19B t. JG Meiring o.19B
    11:45 – Bekendstelling van eerste spanne 
    12:00 – President o.19A t. JG Meiring o.19A

    Vorige Uitslae:

    2012 JG Meiring  11 President  8
    2011 President  38 JG Meiring 3
    2010 President 49 JG Meiring 0
    2009 President 21 JG Meiring 6
    2008 President 14 JG Meiring 11
    2007 President  13 JG Meiring 12
    2006 President 16 JG Meiring 3
    2005 JG Meiring  27 President  9
    2004 JG Meiring  23 President 3
    2003 President 19 JG Meiring 16
    2002 President 6 JG Meiring 6
    2001 JG Meiring 22 President 20
    2000 JG Meiring 10 President 6
    1999 JG Meiring  20 President 12
    1998 JG Meiring 12 President 17
    1997 President 44 JG Meiring 6
    1996 JG Meiring 12 President 10
    1995 President 13 JG Meiring 7
    1994 JG Meiring 20 President 3
    1993 JG Meiring 13 President 3
    1992 President 16 JG Meiring 15
    1991 President 16 JG Meiring 0
    1990 President 10 JG Meiring 3
    1989 President 13 JG Meiring 9
    1988 JG Meiring 4 President 3