[ninja_tables id=”17110″]
Author: hnienaber
-
Westelike Provinsie en Leeus in hoofwedstryd van 50ste Cravenweek
DIE Leeus sal vir die derde agtereenvolgende jaar in die hoofwedstryd van die Cravenweek-toernooi vir hoerskole in aksie wees. Hulle teenstander die Westelike Provinsie sal die eerste keer sedert 2010 in die hoofwedstryd in aksie wees.
Die Leeus het hulle plek in die hoofwedstryd danksy ‘n strafdoel na speeltyd reeds verstreke was teen die Vrystaat deur sy heelagter, Erwin Harris om aan hulle ‘n naelskraapse sege van 20-19 te besorg.
Harris het met die skop gewys dat hy nie vir die groot oomblik terugdeins nie.Dit is jammer dat die skeidsregter, Daniel Fortuin se laaste twyfelagtige beslissing die wenner van die kragmeting bepaal het. Hy het deurgans swak beslissings gedurende die wedstryd na albei kante toe gemaak en daar moet dalk liewer gevra word hoe dit toegelaat is dat hy die hoofwedstryd hanteer het.
Die Vrystaatse haker, Andrew du Plessis se ingooiwerk in die tweede helfte se lynstane het sy span duur te staan gekom. Die Leeus se senter, Fernando Kermis het die Vrystaters telkens op die verdediging onkant betrap.
Die Suidwestelike Distrikte se SA Skole-vleuel, Duhan van der Merwe het sy vaart en krag teen Oostelike Provinsie ten toon gestel. Hy het twee van sy lopies in sy span se sege van 40-14 oor Oostelike Provinsie afgerond. Die wenspan se losskakel Dewald Human het ook sy kans om in die span ingesluit te word met sy vertoning verhoog.
Die Griffons is steeds onoorwonne en een van slegs vyf onoorwonne spanne wat die laaste dag sal veg om die status te behou. Die Perses het Oostelike Provinsie-platteland 26-20 getroef. Die span van die Noord-Vrystaat kon laas in 2011 die week onoorwonne afsluit. Hulle losskakel Shaun Reynolds en flank Andre Janse van Vuuren was uitstaande.
Griekwas-platteland se kantman, Junior Burger het die Valke se kalklig met sy vierkuns aan driee in hulle sege van 24-44 gesteel. Dit was Burger se vyfde driekuns aan driee die seisoen.
Die Valke se losskakel, Ruan Potgieter het met sy 19 punte die grootste bydrae tot sy span se oorwinning gelewer.
Die Luiperds het met sy gemaklike sege van 64-0 oor Grens-platteland die feit dat laasgenoemde uit hulle diepte op die week is beklemtoon. Die wenspan se senter, Markus Coetzer het ‘n persoonlike bydrae van 24 punte gelewer.
More se bepalings:
A-veld: 09:15: Zimbabwe t. Namibie; 10:45: Grens t. KwaZulu-Natal; 12:15: Blou Bulle t. Suid-Westelike Distrikte; 13:45: Vrystaat t. Pumas; 15:15: Westelike Provinsie t. Leeus.
B-veld: 09:15: Limpopo Blou Bulle t. Oostelike Provinsie-platteland; 10:45: Griffons t. Boland; 12:15: Oostelike Provinsie t. Valke.
C-veld: 09:15: Griekwas t. Grens-platteland; 10:45: Griekwas-platteland t. Luiperds.
-
Coca-Cola Craven Week Results 2013 – Day 4
Scorers:
Leopards 64 (40) – Tries: Tiaan Bezuidenhout (2), Mick Carroll (2), Gopolang Molefe (2), Markus Coetzer, Paul Hurn, Thabo Chirwa. Conversions: Coetzer (8). Penalty:Coetzer. Border Country Districts 0.
Valke 44 (18) – Tries: Darren de Bruin, Eldron van Rooyen, Marco Holmes, Marco Janse van Vuuren, Pieter Jansen, Ruan Potgieter. Conversions: Potgieter (4). Penalties: Potgieter (2). Griqualand West Country Districts 24 (5) – Tries: Junior Burger (4). Conversions: Clinton Toua (2).
Griffons 26 (17) – Tries: Eloff Scheepers, Andre Janse van Vuuren. Conversions: Shaun Reynolds (2). Penalties: Reynolds (4). Eastern Province Country Districts 20 (7) – Tries: Thomas Filmer, Robert Ball. Conversions: Jason Vers (2). Penalties: Vers (2).
-
Coca-Cola Cravenweek volgende jaar na Middelburg
DAAR is ‘n groot kans dat Griekwas slegs een span volgende jaar na die Cravenweek-toernooi vir hoërskole sal stuur.
Die feit dat Griekwas en Griekwas-platteland nie so suksesvol soos gewoonlik is sedert die twee sedert 2008 as aparte spanne aan die Cravenweek deelneem nie, kan dalk ‘n agterdeur vir die Suid-Afrikaanse Skole-rugbyvereniging (SASRV) oopmaak om ‘n harde besluit oor Grens-platteland se deelname te neem. Indien Griekwas versoek om weer as een span aan die toernooi deel te neem sal Grens-platteland se dae op die toernooi getel wees.
Die SASRV sal reeds ná die tweede dag van dié toernooi opnuut bekommerd wees oor die vertoning van Grens-platteland. Dié span was sedert 2004 se toernooi in Nelspruit nog net in drie van sy 28 wedstryde aan die wenkant. Sy laaste sege was in 2009 in Oos-Londen toe hy die SA LSOB-span (vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes) 17-5 geklop het. Die LSOB-span en die nasionale Akademie-span is as proefnemings daardie jaar by die toernooi betrek. Dit was albei spanne se laaste deelname aan dié toernooi.
“Daar is nuwe planne rondom ontwikkeling in die toekoms wat deur SA Rugby beplan word. Hopelik sal Grens-platteland daarby baatvind,” het Thys Bezuidenhout, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skole-rugbyvereniging, gesê.
Grens-platteland het in sy laaste 28 wedstryde 1155 punte afgestaan en 225 aangeteken vir ‘n gemiddelde nederlaag van 8-41.
Die Suid-Afrikaanse Skole-rugbykeurders het vanjaar waarskynlik reeds ‘n meer deeglike taak gedoen om seker te maak dat hulle nie ‘n talentvolle speler vir die nasionale skolespan oor die hoof sien nie. Die keurders het vanjaar die Akademie-week bygewoon op soek na talent en boonop tydens die seisoen met mekaar gekommunikeer oor talentvolle spelers wat hulle by skolewedstryde sowel as op televisie-wedstryde gesien het.
Dié Suid-Afrikaanse Skole-span sal vanjaar weer soos altyd na afloop van die hoofwedstryd van die Cravenweek-toernooi vir hoërskole bekend gemaak word.
Daar sal Saterdag na afloop van die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole 28 spelers se name deur SA Rugby se vise-president James Stoffberg uitgelees word. Dié nasionale o.18-span sal in Augustus teen onderskeidelik teen sy eweknie van Engeland, Frankryk en Wallis te staan kom.
Die wedstryd teen Engeland sal op 10 Augustus in Kaapstad gespeel word, waarna die span in George op 13 Augustus teen Frankryk sake sal uitspook. Die laaste wedstryd word op 17 Augustus teen Wallis in Wellington beslis.
Intussen is daar ook bekend gemaak dat volgende jaar se toernooi deur HTS Middelburg in Middelburg aangebied gaan word. Die laerskole-toernooi word volgende jaar deur Durban gehuisves, terwyl die Grant Khomo-week (vir o.16-spanne) in Pretoria gehou word. Die Akademie-week se gasheer sal Wellington wees
-

Reynolds laat talentwerwers na tjekboeke gryp
POLOKWANE. – . Geen van die talentwerwers hier het voor die Cravenweek- toernooi van die Griffons-losskakel Shaun Reynolds kennis geneem nie, maar hy het nou vir hom ‘n kontrak na die eerste twee wedstryde losgespeel.Die talentwerwers gebruik deesdae slegs die Cravenweek-toernooi vir hoerskole om vir oulaas bevestiging te kry dat hulle die regte kopies gemaak het en vir sigbaarheid vir spelers wat moontlik ook na hulle unie na skool wil verhuis. Reynolds het met sy spel in sy span se eerste wedstryd op die toernooi so beindruk dat feitlik al die talentwerwers op die toernooi sy handtekening wil bekom.
Die Leeus het met hulle werwing eerstens daarop gefokus om plaaslike talent te behou. Van die unie se blinkste aanwinste vir volgende jaar is die losskakel Jameel Warnick (Blou Bulle), skrumskakel Johan Labuschagne, senter Sampie Hearn (albei Valke), senter Gerdus van der Walt en heelagter Abrie Reynolds (albei Leeus).
Die Westelike Provinsie het sy Cravenweek-span se grootste sterre die senter Daniel du Plessis, agtsteman Rikus Bothma en flank Jaqcues Vermeulen se dienste vir die toekoms behou. Die SA Skole-slot JD Schickerling wat die toernooi weens ‘n besering misloop sal ook in die Kaap bly. Die Streeptruie se grootste aanwinste is sonder twyfel die Leeus se stut Frans van Wyk, die Bulle se SA Skole skrumskakel Justin Phillips en die Oostelike Provinsie se losskakel Ernst Stapelberg. Van Wyk is ook weens ‘n besering nie in Polokwane in aksie nie.
Die Blou Bulle wat die afgelope paar jaar die meeste sterre opgeraap het die slot RG Snyman, haker Francois Steyn, slot Hyron Andrews, skrumskakel Ivan van Zyl en die stutte Xander and Johan van Wyk in Pretoria behou. Die vernaamste aanwinste is die SA Skole-vleuel Duhan van der Merwe, losskakel Dewald Human, senter Warrick Gelant (almal Suidwestelike Distrikte), senter Peet Schoeman (OP-platteland), vleuel Jixie Molapo (Limpopo) en senter Dimitrio Tieties (Griekwas).
Die Vrystaat het vanjaar ‘n hele paar sterre opgeraap. Die voorste drie voorrymanne wat op die toernooi in aksie is die Vrystaat se Ox Nche, die Leeus se Gunther Janse van Vuuren en die Pumas se Conrad van Vuuren sal almal onder Os du Randt se wakende oog volgende jaar by die stutfabriek van Suid-Afrikaanse rugby hulle tande slyp.
Ander aanwinste is die Valke se losskakel Ruan Potgieter, Griffons se heelagter Sechaba Matsoele, Pumas se flank Willandre Kotzenberg, SWD se vleuel Lorenzo Gordon, Vrystaat se Stephen Rautenbach, Blou Bulle se Nardus Erasmus en Vrystaat Akademie se Andre Swarts.
Drie Vrystaters die flank Marius Louw en die twee voorrymanne Andrew du Plessis en Ruan Kramer sal na Durban verhuis. Die Sharks het die Du Preez-tweeling Daniel en Jean-Luc behou. Die Ligbloues se senter Jurie Linde het ook nog nie bevestig waar hy volgende jaar sy loopbaan sal voortsit nie.
Die unie se onderskeie kopies:
Leeus: Jameel Warnick, George-Lee Erasmus, Arné van Rensburg, Richard Janse van Rensburg, Roelof Diedericks, Estiaan Enslin, Pieter Jansen, Morné Swart, Marco Holmes, Johan Labuschagné, Sampie Hearn, Xander Cronjé, Kobus Engelbrecht, Arnaut Malherbe, Clinton Theron, CJ Conradie, Dwayne Pienaar, Dylon Vlok, Gerdus van der Walt, Stefan le Roux, Abrie Reynolds, Erwin Harris, Godfrey Ramaboa, Jeandré Pitzer.
Blou Bulle: Xander van Wyk, Johan van Wyk, Francois Steyn, RG Snyman, Hyron Andrews, Abongile Nontkwatane, Calvonn Allisson, Ivan van Zyl, José Shaw, Warrick Gelant, Stefaan Grundlingh, Remu Malan, Geor Malan, Dewald Human, Duhan van der Merwe, Jixie Molapo, Toko Maebane, Peet Schoeman, Kurt Webster, Simon Bolze, Vuyo Katide, Burger van Niekerk, Desmond Strauss, Jason Jenkins, Thys van Wyk, Phillip Orfer, Dimitrio Tieties.
Vrystaat: Ruan Potgieter, Sechaba Matsoele, Stephen Rautenbach, Ox Nche, Gunther Janse van Vuuren, Corné Vermaak, Conrad van Vuuren, WP Eloff, Reinach Venter, Casper Fourie, TJ Goddard, Lorenzo Gordon, Willandré Kotzenberg, Nardus Erasmus, André Swarts, Carel Durow.
Westelike Provinsie: Daniël du Plessis, EW Viljoen, Rikus Bothma, Jacques Vermeulen, JD Schickerling, Johan Momsen, Jarryd Sage, Siya Alam, Charlton Jonas, Dewald Naudé, Frans van Wyk, Ernst Stapelberg, Justin Phillips, Brandon Thompson, Wian Jacobs, Daniël Koen.
-
Westelike Provinsie verneder Blou Bulle op derde dag van die Cravenweek
POLOKWANE. – “Payback is lekker,” Dit is die woorde van Westelike Provinsie se afrigter Hein Kriek na afloop van sy span se oorwinning van 30-6 oor die Blou Bulle op die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoerskole hier. ‘n Ligblou-span is nog nooit so op die Cravenweek soos gister verneder nie.
Die Streeptruie het die Blou Bulle sy grootste nederlaag nog ooit op ‘n Cravenweek-toernooi vir hoërskole met die sege toegedien. Wat die oorwinning soeter gemaak het is die feit dat die Blou Bulle die span van die Kaap verlede jaar 47-27 ‘n drag slae toegedien het.
Die punteverskil is die grootste nog met die Ligbloues se nederlaag van 15-38 teen die Vrystaat in 2003 wat die vorige rekord was. Die span het in sy 149 wedstryde sedert die ontstaan van die toernooi in 1964 nog net sewe keer 30 of meer punte afgestaan.
Die Blou Bulle is gister van hulle eie medisyne toegedien. Die Streeptruie het in die skrums die oorhand gehad en hulle stelskopper die vleuel Grant Hermanus het sy skopskoene aangehad. Die verloorspan se skrum was deurgans in tru-rat selfs toe die Streeptruie se kaptein en agtsteman Rikus Bothma vir tien minute in die koelkas was.
Buiten Bothma het sy skrumskakel Herschel Jantjes ook tyd in die koelkas spandeer. Westelike Provinsie het vir ‘n hele ruk met slegs 13 manne gespeel. Die Bulle kon in hierdie tydperk nie daarin slaag om enige punte aan te teken nie.
Die Pumas het hom onder die voorste spanne op die toernooi met sy sege van 40-18 oor KwaZulu-Natal gevestig. Die wenspan se flank, Daniel Maartens het met nog ‘n blink vertoning ‘n duidelike boodskap aan die nasionale skolekeurders gestuur.
Grens het verras deur Boland 39-19 oortuigend ore aan te sit. Die wenspan se kantman, Jedwyn Harty het sy goeie vertoning in sy span se eerste wedstryd met nog ‘n uitmuntende een teen die Wynboere opgevolg. Hy is vir sy inklimspel beloon deur drie keer oor die doellyn te val.
Griekwas se spelers het vir hulle self gespeel en die telbord het die gevolge daarvan weerspieel. Die Poubloues is deur Namibië 27-10 verslaan met laasgenoemde se losskakel Chris Arries wat weer met sy spel beindruk het.
Die gasheer, die Limpopo Blou Bulle het sy rieme behoorlik teen Zimbabwe 5-43 styfgeloop.
Vandag se bepalings:
09:30: Luiperds t. Grens-platteland; 11:00: Valke t. Griekwas-platteland; 12:30: Griffons t. Oostelike Provinsie-platteland; 14:00: Oostelike Provinsie t. Suid-Westelike Distrikte; 15:30: Vrystaat t. Leeus.
-

Dawie Theron sees a lot of talent at the Coca-Cola Under 18 Craven Week
In the highly competitive world of age group rugby, with an international under-20 tournament every year, it’s vital that all available junior talent is spotted and that the players with the potential to play at higher levels are brought into the system and developed in the right way.That’s the view of SA under-20 head coach, Dawie Theron, who is in Polokwane this week at the Coca-Cola under-18 Craven Week running his expert eye over the players in action.
“It’s very important for us to be at all the Coca-Cola Youth Weeks to ensure that every player who has the potential is noted and that no-one slips through the cracks,” he said. “SA Rugby has been doing a great job in tracking players from the under-13 Coca-Cola Craven Week, through the Grant Khomo Week and into the under-18 Academy and Craven Weeks.”
“It’s through our involvement, and by using the opportunities provided by the Coca-Cola Youth Weeks, that we have been able to identify the likes of Handre Polalrd at an early age, and have been able to track his progress all the way to the SA under-20 team.”
Theron has had an opportunity to talk to all the players in Polokwane and he said he stressed to them that the pathway to the top has been shortened in recent times. “They need to realise that, for those who want it, and who are prepared to work hard, the next step is not very far away,” he said.
“Players like Siya Kolisi, Johan Goosen and Arno Botha were at this week just the other day, and they have played for the Springboks. That’s the motivation for the players. It’s up to us to identify them and then to work hard on their development.”
Theron is pleased with what he has seen in Polokwane so far this week. “We have had some high-scoring games, and some may say that indicates poor defences, but I believe the spirit in which the referees handle these games should take some credit for that. They are trying to keep the game going all the time and that will lead to more tries.”
He also believes the new scrumming laws have led to fewer scrum resets, and fewer penalties, and that means the ball is in play more, which will also result in more tries.
“That we have seen quite a few prop forwards run with the ball this week shows that they are spending less time with their faces in the grass, which has contributed to more open, attractive rugby.”
-

Coca-Cola Craven Week Results 2013 – Day 3
Western Province, Border and the Pumas on Wednesday had the Polokwane crowd singing their praises at the Coca-Cola Craven week as they outplayed their opposition for pleasing victories.
The Cape side’s 30-6 victory and Border’s 37-19 win – which marked back-to-back wins for the teams in the series – left the teams in a two-way race for a place in the final match of the tournament on Saturday.
The clash between the Blue Bulls and Western Province was thrilling from the outset, as the teams threw everything at each other in a physical battle. Such was the competitive nature of the clash Western Province were reduced to 13 men early on following yellow cards for dangerous tackles. But despite this, they scored the first points compliments of a penalty by Grant Hermanus.
The Bulls levelled the scores a few minutes later thanks to a penalty by Jemeel Warnick. But the Cape side dominated proceedings thanks to their powerful forwards, domination at the breakdowns and their smart game plan to string together several phases on attack. This earned them another penalty and a well-deserved try on the stroke of half time by Petrus Bothma to take a 13-3 lead.
The Bulls fought back with intent in the second half and created two try-scoring chances in the first 10 minutes, but the tenacious Western Province defence held them out. The Cape team again took control of the match by bursting over the advantage line and stretching the Bulls’ defence, which earned them two tries in nine minutes in the third quarter to shut the Bulls out and secure an emphatic 30-6 win.
Border, meanwhile, dominated possession and territory and forced Boland to defend for long periods, which set them up for their 37-19 victory. They supported this with a solid attacking display guided by flyhalf and man-of-the match Lungelo Gosa and outside centre Somila Jho, earning the team a satisfactory six tries. Boland’s main strength was their rolling mauls, but unfortunately they battled to gain much of an advantage from it.
The Pumas also produced a solid display for their 40–18 victory against KwaZulu-Natal. The clash started off conservatively with a penalty exchange between Pumas flyhalf Brandon Thomson and KwaZulu-Natal’s Kurt Webster. But the Pumas hit their straps two minutes before half time with flank Willandre Kotzenberg crashing over the tryline, which bolstered the team’s confidence significantly. The Durban side fought back early in the second half and they were particularly strong in the lineouts, but two tries in three minutes by the Puma’s Mzwakhe Fransman and Mauro Bucuchane in the last 10 minutes to add to Bucuchane’s early second-half try sealed the victory.
In the other matches, Namibia thumped Griquas 27-10, while Zimbabwe outclassed hosts, the Limpopo Blue Bulls 43-5.
In the main matches on Thursday Free State will meet the Golden Lions, while Eastern Province will take on neighbours SWD.
Scorers:
Namibia 27 (6) – Tries: Johan Retief, Milaan van Wyk. Conversion: Chris Arries. Penalties: Arries (5). Griqualand West 10 (5) – Tries: Jacques van Zyl, Luke Mason.
Zimbabwe 43 (15) – Tries: Brandon Boshi, Barend Moolman, Brendon Mandivenga, Edo Chikwezero, Jabulani Mutukwa, Tawanda Ngosi. Conversions: Mandivenga (5). Penalty: Mandivenga. Limpopo Blue Bulls 5 (0) – Try: Saudevandre Rolls.
Border 37 (22) – Tries: Jedwyn Harty (3), Somila Jho (2), Michael Tyali. Conversions: Lungelo Gosa (2). Penalty: Gosa. Boland 19 (5) – Tries: Tiaan Lambrechts, Mishaun Arendse, Ewan Adams. Conversions: Leolin Zas (2).
Pumas 40 (13) – Tries: Mauro Bucuchane (2), Mzwakhe Fransman, Willandre Kotzenberg. Conversions: Brandon Thompson (4). Penalties: Thompson (4). KwaZulu-Natal 18 (6) – Tries: Kurt Webster, Kelvin Elder. Conversion: Webster. Penalties: Webster (2).
-

The Golden Lions and Free State set the standard on the second day of the Coca-Cola Under-18 Craven Week
The Golden Lions and Free State beat SWD and Easter Province, respectively on the second day of the Coca-Cola Craven Week in Polokwane on Tuesday and in the process have likely set themselves up for what will be a semifinal in all but name on Thursday.
Although the Craven Week is not supposed to be knockout tournament, the race for the tournament’s only prize – a spot in Saturday’s final game of the week is fought between the big guns and the winners of Monday’s late games – The Blue Bulls and Western Province – meet on Wednesday, with the winners there probably going through to play the winners of the Free State v Lions clash in Saturday’s main game.
There were plenty of points scored on the second day of play, with one game drawn and several high-scoring thrillers.
The drawn game was a 37-all thriller between the Valke and Griffons, while the Golden Lions and SWD scored seven tries between them as the Lions ran out 34-27 winners.
The fortunes of the two sides fluctuated throughout the game – the Lions were well in control in the beginning,
while SWD looked like they were going to win early in the second half.
In the end it was solid defense and the good goal-kicking of flyhalf Erwin Harris that saw them home.
EP put up a brave fight against, they led at half time and looked capable of winning it, but they faded in the last quarter as the big Free State forwards took control, helping their side to a 32-21 win.
Eastern Province Country Districts beat the Northwest Leopards 35-10 in the early game, and Griquas Country Districts were too strong for Border Country Districts, beating them 51-0.
Tuesday’s Results
Eastern Province CD 35 Leopards 10
Griquas CD 51 Border CD 0
Valke 37 Griffons 37
Golden Lions 34 SWD 27
Free State 32 E Province 21Wednesday’s Fixtures
09:30 Namibia v Griquas
11:00 Limpopo Blue Bulls v Zimbabwe
12:30 Boland v Border
14:00 KwaZulu-Natal v Pumas
15:30 Blue Bulls v Western ProvinceThursday’s Fixtures
09:30 Leopards vs Border CD
11:00 Valke vs Griquas CD
12:30 Griffons vs Eastern Province CD
14:00 Eastern Province vs South Western Districs
15:30 Free State vs Lions -
Vrystaat en Leeus behaal belangrike seges op tweede dag van Cravenweek
DIE Vrystaatse o.18-rugbyspan het sy eerste struikelblok op die 50ste Cravenweek vir hoërskole hier teen Oostelike Provinsie oorkom. Hy het die span van die Baai in ‘n senutergende hoofwedstryd van die tweede dag 32-21 getroef.
Oostelike Provinsie se losskakel Ernst Stapelberg het net voor rustyd met sy tweede strafdoel geslaag sedert Vrystaat se kaptein en flank Marius Louw koelkas toe gestuur is om aan sy span vir die eerste keer die voortou net voor rustyd te gee.
Die Vrystaat het waarskynlik die sege te danke aan sy ander flank Refiloe Rampeta wat in die tweede helfte op ‘n kritieke stadium omgekeerde balbesit by ‘n losskrum verseker het.
Dié span se SA Skole-stut, Ox Nche het kort daarna dié drie gedruk wat die wedstryd in die Vrystaat se guns beklink het. Die span se senter Ali Mgijima het ‘n uitmuntende wedstryd teen sy voormalige provinsie beleef.
Die Griffons-losskakel Shaun Reynolds, se hope flair deur die wedstryd was nie genoeg om ‘n gelykop-uitslag teen die Valke af te weer nie. Die spanne het in ‘n aanskoulike wedstryd 37-elk gelykop gespeel.Reynolds was sy span se generaal op die dag en het veral met sy aanvallende spel indruk gemaak. Hy het ook sy agterlyn goed weggestuur en 24 punte met tot sy span se totaal bygedra.
Die Goue Leeus is deur die Suid-Westelike Distrikte tot met die eindfluitjie in hulle wedstryd op hul tone gehou. Die Leeus wat daarna mik om vir ‘n derde agtereenvolgende jaar in die hoofwedstryd van die week te speel het die Volstruisboere 34-27 die loef afgesteek.
Griekwas-platteland se senter, Jonathan Steenkamp het die eerste speler van Griekwas sedert André Heyns in 2006 geword om vier drieë in ‘n wedstryd op die toernooi te druk. Steenkamp het sy viertal in sy span se sege van 51-0 oor Grens-platteland gedruk. Heyns het sy vierkuns teen dieselfde teenstanders toe Griekwas se twee spanne nog een span was gedruk. Die wenspan was rustyd reeds 36-0 stewig in die saal, maar sake het in die tweede helfte losgetorring.
Oostelike Provinsie-platteland het te veel skietgoed vir die Luiperds gehad. Die span se losskakel, Jason Vers het die meeste vir die wenspan in sy oorwinning van 35-10 beïndruk.
Vandag se bepalings:
09:30: Namibië t. Griekwas; 11:00: Limpopo Blou Bulle t. Zimbabwe; 12:30: Boland vs. Grens; 14:00: KwaZulu-Natal t. Pumas; 15:30: Blou Bulle t. Westelike Provinsie.
