SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • Garsies dié span om te klop, maar die Bere sal lugtig vir Helpies wees

    Garsies dié span om te klop, maar die Bere sal lugtig vir Helpies wees

    FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Daar sal vanjaar ‘n nuwe kampioen in  die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling gekroon word.

    En drie van die spanne in aksie in Saterdag se twee halfeindstryde weet dat indien hulle die seisoen op ‘n hoogtepunt wil afsluit sal hul die Bere van Garsfontein moet klop.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Garsies was die hele seisoen nog net een keer teen die land se voorste span, Grey-kollege (9-23), tydens die Wildeklawer-toernooi aan die verloorkant.

    Garsfontein kom op sy tuisveld Bere-park in Pretoria in die een halfeindstryd teen Helpmekaar-kollege te staan. Die tuisspan sal egter glad nie oorgerus wees nie.

    Die span van die Jakarandastad het vroeër vanjaar in die twee spanne se kragmeting in die liga benoude oomblikke beleef voordat hy met 49-48 as oorwinnaars van die veld gestap het.

    Helpies het nog altyd ‘n manier gehad om die Bere te ontwrig, selfs toe hulle tussen 2015 en 2017 in die destydse Grootskole-afdeling van die reeks deelgeneem het. Helpies was vir drie agtereenvolgende seisoen die Grootskole-kampioen. Die span van die Goudstad het tussen 2016 en 2018 die Bere vier keer op ‘n streep geklop.

    Garsfontein was in 2015 en 2016 die Beeldtrofee-kampioen vir Makroskole soos die kompetisie destyds bekend gestaan het. Die Garsies sal alles in die stryd werp om vanjaar weer sy hande op die gesogte trofee te kry. Die span van Pretoria was in sy laaste drie kragmeting teen Helpmekaar aan die wenkant.

    Vroeër vanjaar (49-48), 2022 (34-10) en in 2019 (50-22). Die Helpies sal bly wees om hul stelskopper, Michael Benzien, terug op binnesenter in die span te hê. Hy moes die veld in die wedstryd vroeër vanjaar teen Garsies weens ‘n besering verlaat. Die voorste puntemaker in vanjaar se reeks was nie op die veld in die doodsnikke toe hy sy span tot ‘n sege kon skop nie.

    Die Bere is ook weer terug op só te sê volsterkte met sy kaptein en agtsteman, Abri van der Westhuysen, asook die flank Luan Olivier wat hul terugkeer tot die span maak. Van der Westhuyzen kom terug na ‘n besering, terwyl Olivier die SA o.18-sewespan op die Statebond Jeugspele in Trinidad en Tobago verteenwoordig het.

    Een saak waaroor al vier spanne gelukkig sal wees is die feit dat daar vanjaar vir die eerste keer in die geskiedenis van die reeks onpartydige skeidsregters vir die halfeindstryde ingespan word.

    Monument van Krugersdorp sal nie vanjaar sy titel as kampioen kan verdedig nie. Monnas is verlede week deur Waterkloof met 26-22 verslaan. Dié nederlaag het aan die Blou Tornado hul plek in die uitspele besorg, terwyl Monnas vir die eerste keer seder 2013 nie tot die reeks se halfeindronde kon deurdring nie.

    Dr. EG Jansen het die kragmeting vroeër vanjaar teen Klofies met 34-26 in Pretoria gewen. Die Jansies sal vandag op hul tuisveld as die gunstelinge op die veld draf, maar sal ook nie die Klofies onderskat nie.

    Klofies het in die kragmeting ‘n voorsprong van 19-0 opgebou voordat die Jansies in die tweede helfte sake oorheers het. EG Jansen se buitesenter, Jeandré Jacobs, is met 12 drieë die voorste driedrukker sover in vanjaar se kompetisie.

    Klofies se senterpaar, Reuven Ferreira en Riwan van Aswegen, was verlede week teen Monnas op hul stukke en sal vandag ook hul beste voet voor moet sit.

    EG Jansen was laas in 2013 kampioen, toevallig die laaste keer wat Monnas nie tot die halfeindronde kon deurdring nie. Die Jansies het daardie jaar vir Kempton Park met 38-17 in die eindstryd verslaan.

    Die tuisspan word deur die ervare duo, Rudi Dames en Reghardt Botha, gebrei. Dames het die SA Skole-span in 1999 vanuit HTS Vereeniging gehaal.

    Klofies se enigste Cravenweek-verteenwoordiger, Happy Makate, sal op heelagter in die wedstryd diens doen. Makate het meeste van sy rugby vanjaar vir sy skoolspan in die middelveld gespeel, terwyl hy verlede week teen Monnas aan die kant van die skrum diens gedoen het. Makate het ook die Blou Bulle op die Cravenweek as ‘n flank verteenwoordig.

    Daar wag ook ‘n hewige stryd voorlangs tussen die twee agtstemanne, Dale Arlow (Waterkloof) en Zaide-Leigh Rippenaar (EG Jansen). Klofies se Jean Jooste is ook ‘n klipharde speler wat nog nie vanjaar ‘n afdag op die rugbyveld beleef het nie.

    Die spanne is: 

    Garsfontein vs Helpmekaar op Berepark in Pretoria om 11:30:

    Garsfontein: 15 Jason Hugo, 14 Ruan Enslin, 13 Demitri Erasmus, 12 Heinrich Cloete, 11 Cassie Prinsloo, 10 Nicallen Gabrielsen, 9 Zian Cilliers, 8 Abri van der Westhuysen (kaptein), 7 Stephan Pretorius, 6 Luan Olivier, 5 Divan Brits, 4 Aiden King, 3 Leighton-Jon Cloete, 2 De Wet Lottering, 1 DA Swart.

    Helpmekaar: 15 Trityne Parsons, 14 Delano Maritz, 13 Rynhardt van de Linden, 12 Michael Benzien, 11 Pieter Möller, 10 Junayden Seffier, 9 Tristan van Niekerk, 8 Christiaan Steyn (kaptein), 7 Ulrich Swart, 6 Motlatsi Moloi, 5 Darius Haasbroek, 4 JP Lombaard, 3 Ulrich van der Merwe, 2 Ruan Welman, 1 Pedri de Wet.

    Skeidsregter: Johré Botha (Valke).

    EG Jansen vs Waterkloof in Boksburg om 12:00: 

    EG Jansen: 15 David Twala, 14 R-Jay Pietersen, 13 Jeandré Jacobs, 12 Keanu Engelbrecht, 11 Cameron van Wyk, 10 Ruan van Heerden, 9 Gordon Smith, 8 Zaide-Leigh Rippenaar, 7 Reon Pretoris, 6 Damian Kruger, 5 Michael Devy, 4 Duwan Potgieter, 3 Marnus Swarts, 2 Danré Pike, 1 Shawn Simpson.

    Waterkloof: 15 Happy Makate, 14 Waldimar Griesel, 13 Riwan van Aswegen, 12 Reuven Ferreira, 11 Sjaan Steyn, 10 Franco Cronjé, 9 Migael Prinsloo, 8 Dale Arlow, 7 Jean Jooste, 6 Dewald Muler, 5 Stephan de Beer, 4 Dylan Knoetze, 3 Luan Brown, 2 Stephan Jacobsz, 1 Marnus Maritz.

    Skeidsregter: Graciano Pienaar (Goue Leeus).

    Bepalings | Junior Halfeindstryde (tuisspanne eerste vermeld):

    o.16 – 09:00: Waterkloof vs Garsfontein; Helpmekaar vs Menlopark.

    o.15: Noordheuwel vs Monument; Helpmekaar vs Waterkloof.

    o.14: Monument vs Helpmekaar; Noordheuwel vs EG Jansen.

  • Garsies geen gelyke in Noordvaal, Klofies gaffel Wit Bulle vir plek in halfeindronde

    Garsies geen gelyke in Noordvaal, Klofies gaffel Wit Bulle vir plek in halfeindronde

    HEINRICH CLOETE (met bal), binnesenter van Garsfontein stamp hier EG Jansen se skrumskakel, Gordon Smith, minagtend uit die pad in die twee spanne se kragmeting in die SDC Noordvaal Cup. Garsies het met 42-36 as oorwinnaars uit die stryd getree. FOTO: Frans Lombard/Actionpix

    BOKSBURG. – Die gort was Saterdag behoorlik gaar in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup.

    Daar sal boonop vanjaar ‘n nuwe kampioen in die kompetisie gekroon word na Waterkloof die Wit Bulle van Monument met 26-22 in hul laaste groepwedstryd verslaan het.

    Dié kragmeting tussen die twee spanne kon as ‘n kwarteindstryd aangesien gewees het. Die wenner sou deurdring tot die halfeindronde van die reeks, terwyl die verloorder se seisoen vroeg beëindig sou word.

    Monnas het teen rustyd ‘n voorsprong van 14-5 geniet. Sy skrumskakel, Ceano Everson, was witwarm en het twee keer agter Klofies se doellyn gaan kuier.

    Die tuisspan se senterpaar, Reuven Ferreira en Riwan van Aswegen, het egter in die tweede helfte te veel vrae gehad vir Monnas se verdediging. Klofies se kantman Jean Jooste was ook uitstaande.

    Garsfontein se Bere het in Boksburg met ‘n sege van 42-36 oor EG Jansen gesorg dat hulle bo-aan die puntelys met ‘n onoorwonne status in die liga eindig. Die Jansies was voor die kragmeting ook nog onoorwonne in die reeks.

    Garsies se losskakel, Nicallen Gabrielsen, het met sy akkurate stelskopwerk beïndruk. Indien hy die peil van die kegel kan behou vir die uitspeelwedstryd gaan sy span nie maklik geklop word nie.

    Die grondslag vir die sege is egter deur die verdediging van die buitesenter, Dimitre Erasmus, gelê. Hy was in ‘n hewige tweestryd met sy direkte teenstander, Jeandré Jacobs, gewikkel.

    Jacobs is die voorste driedrukker in die reeks en het weer op die aanval ‘n hele paar keer gevaarlik vertoon.

    In die Bowl-afdeling van die Noordvaal-reeks het Wesvalia vir Dr. Malan van Meyerton ‘n drag slae van 99-0 toegedien. Wesvalia se Junior Kuhn (haker), Francois Dumond (flank) en Teboho Sekonyela (vleuel) het elk drie keer agter die doellyn gaan kuier.

    Wesvalia se losskakel, Richardt van Heerden het self 24 punte tot sy span se totaal met 12 doelskoppe bygedra.

    In Groep 2 van die Noordvaal-reeks sal Midstream College sy titel as kampioen teen Bergsig Akademie van Rustenburg verdedig. Midstream College het vir Potchefstroom Gimnasium met 42-26 in die halfeindronde uitgeknikker, terwyl Bergsig naelskraaps met Dinamika (23-22) klaargespeel het.

    In Groep 3 het verlede jaar se kampioene, Vryburg en Die Wilgers, mekaar reeds vanjaar in die halfeindronde ontmoet. Die twee spanne het verlede jaar die louere met 15-elk gedeel. Vanjaar was Vryburg op sy tuisveld met 37-29 baas om ‘n afspraak met Bastion vir die eindstryd vas te maak.

    Bastion het oor te veel skietgoed in sy halfeindstryd vir Erasmus van Bronkhorstspruit beskik en met 68-25 as oorwinnaars van die veld gestap.

    In die Vrystaat A-liga eindstryd het Jim Fouché die bordjies met 31-25 teen Fichardtpark verhang. Dit was boonop Fichies se eerste nederlaag van die seisoen.

    Fichies was vroeër vanjaar met 39-33 oor JF baas. Albei spanne sal vanjaar tot die halfeindronde van die Kovsiestreekkompetisie se Shimla-liga deurdring.

    JF se sege in die eindstryd beteken dat hy in die halfeindronde teen die Griffons se kampioen, Welkom Gimnasium, te staan sal kom. Welkom Gimnasium het vir Voortrekker van Bethlehem met 29-26 in die Griffon-eindstryd verslaan.

    Fichies se Leeus sal na Kimberley moet reis om teen die Griekwa-kampioen sake uit te spook. Hoërskool Upington dra vanjaar dié kroon.

    In dié streekkompetisie se Irawa-liga sal die Hoërskool Staatspresident Swart van Brandfort volgende week in die halfeindronde teen Wilgerivier van Frankfort sake uitspook.

    Brandfort het die Vrystaatse B-liga eindstryd teen Zastron met 29-27 gewen. Wilgerivier as met 29-14 in die Vrystaat Platteland-eindstryd oor Bothaville baas.

    In die Paarl het New Orleans sy oorheersing die afgelope paar jaar oor Klein Nederburg in die twee skole se interskole met ‘n sege van 13-8 voortgesit. Die wenspan se regtervleuel, Jayden Solomons, het twee keer in die hoekie oorgedraf.

    Hoërskool Durbanville het met ‘n wegholsege van 91-0 oor Tygerberg sy spiere behoorlik gebult voor sy jaarlikse interskole teen Stellenberg. Durbies se Jayden Nell het drie van sy span se 15 drieë afgerond.

    Die Kwaggas van Outeniqua het hul eeufeesjaar met ‘n oorwinning van 38-19 oor HTS Drostdy afgesluit.

    Al die uitslae: 

    SDC NOORDVAAL CUP

    GROEP 1

    Beker: Garsfontein 42, EG Jansen 36; Waterkloof 26, Monument 22; Noordheuwel 44, Marais Viljoen 28. Plaat: Transvalia 40, HTS Middelburg 11; Hoërskool Rustenburg 38, Kempton Park 15; Hoërskool Klerksdorp 27, Montana 26; Hoërskool Middelburg 21, Zwartkop 7. Skild: Lichtenburg 31, Ben Vorster 17; Secunda 38, Heidelberg Volkskool 28; Ligbron 34, Hugenote (Springs) 26; Oos-Moot 34, Jeugland 17. Bowl: Eldoraigne 67, Hoërskool Alberton 12; Die Anker 43, Potchefstroom Volkskool 13; Wesvalia 99, Dr. Malan 0; Hoërskool Pietersburg 38, Merensky 26.

    GROEP 2 – HALFEINDSTRYDE

    Midstream College 42, Potchefstroom Gimnasium 26; Bergsig Akademie 23, Dinamika 22.

    GROEP 3 – HALFEINDSTRYDE

    Vryburg 37, Die Wilgers 29; Bastion 68, Erasmus (Bronkhorstspruit) 25.

    GROEP 4 – HALFEINDSTRYDE

    Bekker 26, Glenharvie 10; Allen Glen 29, Edenvale 15.

    GROEP 5A – HALFEINDSTRYDE

    Westonaria 26, Highveld 10; Heilbron 29, Hoërskool Roodepoort 10.

    KWAZULU-NATAL/OOS-KAAP

    Selborne College 12, Grey High School 10; Glenwood 27, Maritzburg College 24; Framesby 30, Marlow Landbou 25; Graeme College 15, Muir College 13; Nico Malan 31, Hoërskool Punt 7; HTS Daniël Pienaar 20, Die Brandwag (Uitenhage) 13; Hudson Park 17, Dale College 14; Pearson 38, Parel Vallei 12; Queen’s College35, Cambridge 12.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Jim Fouché 31, Fichardtpark 25; Brandfort 29, Zastron 27; Welkom Gimnasium 29, Voortrekker 26; Wilgerivier 29, Bothaville 14; Hoopstad 33, Vrede 12; Diamantveld 33, Kalahari (Kuruman) 12; Postmasburg 22, Namakwaland 14; Hartswater 27, Curro Kathu 17.

    WES-KAAP

    Outeniqua 38, HTS Drostdy 19; New Orleans 13, Klein Nederburg 8; Wynberg Boys’ High 27, Bishops 20; Rondebosch Boys’ High 29, SACS 21; Montagu 21, Charlie Hofmeyr 17; Hoërskool Durbanville 91, Tygerberg 0; Robertson 26, Langenhoven Gimnasium 12; Brackenfell 48, Melkbosstrand 15; Stellenberg 24, Milnerton 7; Hoërskool Bellville 36, Strand 26; Kasselsvlei 41, Parkland College 19; Piketberg 25, Dirkie Uys 20; Overberg 39, Hoërskool Stellenbosch 12; Bredasdorp 46, Swellendam 16; Westerford 32, SK Walmers 7; Bergrivier 81, Weltevrede 17.

  • SDC Noordvaal Cup Uitslae – 12 Augustus 2023

    SDC Noordvaal Cup Uitslae – 12 Augustus 2023

    Die SDC Noordvaal Cup se onderskeie afdelings bereik nou die uitspeelrondes van die kompetisie.

    Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.

    Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@superschoolsnews.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.

    Al die uitslae:

    GROEP 1 

    BEKER-AFDELING

    [ninja_tables id=”18622″]

    Ander spanne:

    o.16: Garsfontein 26, EG Jansen 25; Marais Viljoen 30, Noordheuwel 29; Waterkloof 56, Monument 19.

    o.15: EG Jansen 26, Garsfontein 10; Noordheuwel 47, Marais Viljoen 3; Monument 20, Waterkloof 17.

    o.14: EG Jansen 15, Garsfontein 5; Noordheuwel 45, Marais Viljoen 7; Monument 33, Waterkloof 7.

    PLAAT-AFDELING

    [ninja_tables id=”18624″]

    Ander spanne:

    o.16: Middelburg 50, Zwartkop 10; Klerksdorp 31, Montana 14; Rustenburg 38, Kempton Park 12;

    o.15: Zwartkop 15, Middelburg 0; Klerksdorp 12, Montana 3; Kempton Park 12, Rustenburg 10;

    o.14: Middelburg 75, Zwartkop 7; Klerksdorp 24, Montana 14; Rustenburg 8, Kempton Park 8;

    SKILD-AFDELING

    [ninja_tables id=”18625″]

    Ander spanne:

    o.16: Hugenote 32, Ligbron 23; Ben Vorster 22, Lichtenburg 20;

    o.15: Hugenote 29, Ligbron 17; Ben Vorster 46, Lichtenburg 7;

    o.14: Ligbron 22, Hugenote 0; Ben Vorster 59, Lichtenburg 10;

    BOWL-AFDELING

    [ninja_tables id=”18623″]

    Ander spanne: 

    o.16: Wesvalia 37, Dr. Malan 9; Alberton 22, Eldoraigne 14; Die Anker 40, Potch Volkies 33; Pietersburg 28, Merensky 17.

    o.15: Wesvalia 29, Dr. Malan 0; Alberton 28, Eldoraigne 19; Potch Volkies 24, Dr. Malan 12; Pietersburg 61, Merensky 10.

    o.14: Wesvalia 8, Dr. Malan 7; Eldoraigne 48, Alberton 0; Die Anker 17, Potch Volkies 15; Pietersburg 18, Merensky 8.

    GROEP 2 HALFEINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”18626″]

    Ander spanne: 

    o.16: Brandwag (Benoni) 30, Piet Retief 10; Hans Strijdom 50, Wagpos 8.

    o.15: Centurion 22, Piet Retief 0; Wagpos en Randburg se halfeindstryd word Dinsdag beslis.

    o.14: Wagpos 31, Midstream College 15; Piet Retief 39, Potchefstroom Gimnasium 12.

    GROEP 3 HALFEINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”18627″]

    Ander spanne: 

    o.16: Vryburg 36, Hoogenhout 15;

    o.15: Lydenburg 17, Bergvlam 10;

    o.14: Hoogenhout 20, Standerton 5;

    GROEP 4 HALFEINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”18628″]

    Ander spanne:

    o.16: Patriot 43, Carletonville 15; Allen Glen 22, Glenharvie 19.

    o.15: Parys 27, HTS Klerksdorp 10; Allen Glen 15, HTS Carel de Wet 15 (Allen Glen scored first try).

    o.14: Allen Glen 20, Queen’s High 5.

    GROEP 5A HALFEINDSTRYDE

    [ninja_tables id=”18629″]

    Ander spanne: 

    o.17: Die Wilge 19, HTS Rhodesfield 17;

    o.15: HTS Elspark 31, Stella 29; Koster 26, Vryburger 22.

  • Oranje and Eunice to face-off once again, while Rhenish will test Paarl Gimnasium in other semi-final

    Oranje and Eunice to face-off once again, while Rhenish will test Paarl Gimnasium in other semi-final

    PHOTO: Marnus Prinsloo

    The hosts of the annual Fairtree Super 12-tournament, Hoër Meisieskool Oranje of Bloemfontein, will have to dig deep today if they want to keep their crown as champions and probably their position on top of the national rankings.

    Oranje will face their arch-rivals, Eunice of Bloemfontein, in the semi-final of the tournament at 10:40 on Saturday. Oranje defeated Eunice by 3-1 in last year’s final to be crowned champions.

    Catch all the action from the tournament live on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Eunice defeated Oranje earlier in the week during the final of the Southern Free State League by 4-3 in a shootout. It was the first time since 2011 that Eunice managed to defeat Oranje Southern Free State final.

    Eunice also defeated Oranje (1-0) earlier this year in the semi-final of the St Mary’s Festival in Johannesburg. A victory in the semi-final could mean than Eunice dethrone Oranje at South Africa’s top girls hockey team.

    Important to note is that Oranje’s captain and star player, Germarie Spershott, got injured in the Southern Free State final earlier in the week, which without a doubt had a major impact on their Super 12 campaign.

    Oranje suffered two defeats during the second day of the tournament against St Mary’s Waverley (0-1) and Paarl Gimnasium (1-2) but still managed to reach the semi-finals. Eunice and Paarl Gimnasium is the only two undefeated sides left in the City of Roses.

    Oranje booked their place in the semi-finals thanks to a better goal difference than St Mary’s Waverley. Both teams finished on seven log points.

    Paarl Gimnasium will face Rhenish of Stellenbosch in the other semi-final. Rhenish’s only defeat thus far came against Eunice and will without a doubt test Paarl Gimnasium in their play-off match.

    Paarl Gimnasium’s Arisha van Niekerk scored a brace of goals in their final pool match against Oranje to help het side bag a 2-1 victory.

    Scorers: 

    Pearson 1 (Jorja Andrews 25′); Garsfontein 0.

    Eunice 3 (Bianca Rees-Gibbs 9′, Khanya Mtimkulu 25′, Zandri Wiid 34′); Bloemhof 0.

    St Mary’s Waverley 1 (Isabelle Barrow 40′); Oranje 0.

    Paarl Gimnasium 4 (Anke Botes 3′, Marli van Lierop 8′, Tanya Pieterse 12′, Anine le Roux 29′); Collegiate 0.

    Menlopark 0, Herschel Girls’ High 0.

    Rhenish 3 (Halle Williams 16′ Justine Basson 38′, Raquel Pestana 40′); Garsfontein 1 (Arista van Zyl 8′).

    Eunice 2 (Anebel Venter 13′, Trusten Barnard 20′); Durban Girls’ College 1 (Emily Macquet 31′).

    HMS Bloemhof 1 (Janke Viljoen 10′); Pearson 1 (Isabelle Hofmeyr 38′).

    Menlopark 1 (Ashley Moreira); St Mary’s Waverley 0.

    Collegiate 2 (Gemma Bower 18′, Elizabeth Porter 40′); Herschel Girls’ High 1 (Sofia Dearnaley 14′).

    HMS Bloemhof 1 (Nina Stanich 35′); Garsfontein 0.

    Durban Girls’ College 1 (Ruby Kraus 6′); Pearson 0.

    Paarl Gimnasium 2 (Arisha van Niekerk 15′, 28′); Oranje 1 (Nadine Claassens 30′).

    Eunice 1 (Megan Pelser 16′); Rhenish 0.

  • Titaniese stryd tussen Potch Gimmies en Midstream College Saterdag in SDC Noordvaal Cup

    Titaniese stryd tussen Potch Gimmies en Midstream College Saterdag in SDC Noordvaal Cup

    FOTO: Frans Lombard

    Daar kan Saterdag ‘n titaniese stryd tussen Potchefstroom Gimnasium en Midstream College in die halfeindronde van Groep 2 van die SDC Noordvaal Cup verwag word.

    Potch Gimmies is op sy tuisveld en het vanjaar reeds gewys dat hy bo sy gewigsklas kan boks. Midstream College is die verdedigende kampioen van die kompetisie.

    Midstream het sy plek in die halfeindronde met ‘n sege van 36-20 oor die Hoërskool Ermelo bespreek. Potch Gimmies het op hul beurt vir Brandwag van Benoni met 41-19 uit die pad gestamp.

    In die ander halfeindstryd sal Dinamika van Alberton na Rustenburg reis om vir Bergsig Akademie die stryd aan te sê.

    Dinamika het verlede week naelskraaps vir Ellisras met 16-15 uitgekakel, terwyl Bergsig ook hard moes werk om Hans Moore met 27-25 in die kwarteindronde te verslaan.

    Die spanne is: 

    Potchefstroom Gimnasium vs Midstream College in Potchefstroom om 10:30: 

    Potchefstroom Gimnasium: 15 PC Schutte, 14 Lourens Jacobs, 13 Jean Groenewald, 12 Delarey Joubert, 11 David Ndlala, 10 Jhanco de Beer, 9 Dian Smith, 8 Morné van Aswegen, 7 Dewald Lubbe, 6 Bart du Plooy, 5 Tobias van Dyk, 4 Kyle Williams, 3 Altus van Zyl, 2 Franco van Dyk, 1 Daneil Potgieter.

    Midstream College: 15 Jaedon Louw, 14 Hilton Thomas, 13 Justin Hattingh, 12 Anru Cronjé, 11 Kobus Alberts, 10 Christiaan Mare, 9 Xander Senekal, 8 Tian Pretorius, 7 Joshua Smit, 6 Jahred Smit, 5 Kago Montene, 4 Jacques Vos, 3 Deon le Roux, 2 Mika Lubbe, 1 Kobus van der Merwe.

    Bergsig Akademie vs Dinamika in Rustenburg om 10:00: 

    Bergsig: 15 Waldo Pretorius, 14 Siya Buthelezi, 13 MJ Pretorius, 12 Jaysen de Abreu, 11 Alzandro dos Santos, 10 Simeon Botha, 9 Paulo dos Santos, 8 Juandré Steyl, 7 CJ van Rooyen, 6 Cobus Ferns, 5 Dewald Potgieter, 4 Taffa Luyanda, 3 Hercu du Plessis, 2 Clayton Reed (kaptein), 1 Bongi Sakie.

    Dinamika: 15 Josh Egwatu, 14 Ansley Govender, 13 Jaden Jonker, 12 Dylan Serfontein, 11 Jayden Serfontein, 10 Kyle Young, 9 Dylan Feenstra, 8 Dwayne Roodt, 7 Keanu Viljoen, 6 Jonathan Rebelo, 5 Usher Booysen, 4 Marco Gomes, 3 Wesley Williamson, 2 Kyle Middelton, 1 Tiaan Saayman.

  • Vandag kan Die Wilgers en Vryburg nie weer sussies soen nie

    Vandag kan Die Wilgers en Vryburg nie weer sussies soen nie

    Dit is min dat albei spanne in ‘n kragmeting ‘n appeltjie met mekaar te skil het.

    Maar die unieke geval doen hom Saterdag voor wanneer die Hoërskool Vryburg en Die Wilgers mekaar die stryd in die Gert Lubbe-stadion in Vryburg in die halfeindronde van Groep 3 van die SDC Noordvaal Cup pak.

    Die twee spanne het verlede jaar met 15-elk in die eindstryd van die reeks gelykop gespeel en daarmee ook dan die louere gedeel. Vanjaar sal albei voel dat hul die saak kan regstel.

    Vryburg het tuisspan wel ‘n reuse voordeel, maar Die Wilgers het reeds met ‘n sege van 28-24 oor Curro Nelspruit in Mbombela reeds gewys dat hy weer vanjaar ‘n sterk aanspraakmaker op die titel sal wees.

    Die span van Pretoria se heelagter, David Valentine, haker, Tiaan Joubert, en flank en kaptein, Ajay Lottering, was verlede jaar ook sleutelspelers vir hul span. Joubert het verlede jaar twee keer in die eindstryd gaan druk, terwyl Lottering ‘n groot doring in Vryburg se vlees was.

    Die twee voorrymanne, Ruan en Willem Minny, was ook verlede jaar in die eindstryd in aksie.

    Vryburg het vir Vereeniging Gimnasium met 41-19 in die kwarteindronde geklop om sy plek in die volgende ronde te bespreek. Die span wat deur Joubert Horn en Dawid Viviers gebrei word is terug op volsterkte vir die halfeindstryd. Die tuisspan se kaptein en onderkaptein, Hanco Halgryn (binnesenter) en Diaan Janse van Rensburg (flank), maak ook hul terugkeer tot die beginspan.

    Halgryn en Janse van Rensburg was saam met Linda Boyo (vleuel), Johan Steyn (haker) en Kobus van den Berg (stut) verlede jaar in die eindstryd ook teen Die Wilgers in die beginspan. Zander Ackerman (losskakel), Jan Espag (slot) en Solly Mokoka (heelagter) het vanaf die plaasvervangersbank ‘n rol gespeel.

    In die ander halfeindstryd sal Bastion van Roodepoort op sy tuisveld teen die Hoërskool Erasmus van Bronkhorstspruit sake uitspook. Bastion moes verlede week hard werk om vir Overvaal met 26-20 uit te skakel, Erasmus het op sy beurt vir Hoërskool Brits met 34-13 kaf gedraf.

    Die kragmeting beloof ook om kliphard te wees. Bastion se sleutel tot sukses lê by sy skakelpaar, Juan Venter (kaptein) en Devlin du Preez, se vermoë om hul span aan die gang te kry.

    Erasmus het in sy geledere vir Reinhardt Uys wat oor ‘n geleerde skopskoen beskik. Die binnesenter het nie ‘n enkele stelskop pale toe in die kwarteindstryd teen Brits verbrou nie. Selfs die Springbokke sal wet hoe belangrik ‘n akkurate stelskopper in die uitspeelrondes van ‘n toernooi is.

    Die spanne is: 

    Hoërskool Vryburg vs Die Wilgers om 11:15 in Vryburg: 

    Vryburg: 15 Solly Mokoka, 14 Linda Boyo, 13 Karabelo Mbolekwa, 12 Hanco Halgryn, 11 Johannes Haasbroek, 10 Zander Ackerman, 9 Rikus Nieuwoudt, 8 Kenan Joseph, 7 Marno van den Berg, 6 Diaan Janse van Rensburg, 5 Ben van Niekerk, 4 Jan Espag, 3 Daniel Nortjé, 2 Johan Steyn, 1 Kobus van den Berg.

    Die Wilgers: 15 David Valentine, 14 Armand Pretorius, 13 Jeanré van der Walt, 12 Jonathan Hefer, 11 Jason Beets, 10 Willem Ferreira, 9 Vicky Beukes, 8 Kyle Painter, 7 Ruben Botha, 6 Ajay Lottering (kaptein), 5 Caleb Klein, 4 Wiehann Ferreira, 3 Willem Minny, 2 Tian Joubert, 1 Ruaan Minny.

    Bastion vs Erasmus (Bronkhorstspruit) om 11:00 in Roodepoort: 

    Bastion: 15 Liam Jacobs, 14 Benie Paich, 13 Aiden Gerber, 12 PJ Potgieter, 11 Heinrich Albrecht, 10 Devlin du Preez, 9 Juan Venter (kaptein), 8 Warren Scott, 7 Christiaan Harmse, 6 Deanin Marais, 5 Michael Bester, 4 Christo Troskie, 3 Joodre de Beer, 2 Heinrich Venter, 1 Rynhardt Koekemoer.

    Erasmus: 15 Thoriso Legodi, 14 Marius Erasmus, 13 Petrus van der Merwe, 12 Reinhardt Uys, 11 Boka Sebothoma, 10 Pieter Uys, 9 Marnus Erasmus, 8 André Bezuidenhout, 7 Storm Hailstone, 6 Frikkie de Klerk, 5 Gustav van der Walt, 4 Nardo Craucamp, 3 Raynardt Jacobs, 2 GJ Smuts, 1 Jayden Hilliar.

     

  • Four teams unbeaten after opening day of Fairtree Super 12 in Bloemfontein

    Four teams unbeaten after opening day of Fairtree Super 12 in Bloemfontein

    TAHEERA AUGOUSTI (Eunice) PHOTO: Marnus Prinsloo

    Four sides managed to stay unbeaten during the opening day of the annual Faitrtree Super 12-tournament hosted by the Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein.

    Paarl Gimnasium bagged three victories during the opening day as they defeated Herchel Girls’ High (1-0), St Mary’s Waverley (1-0) and Menlopark (1-0) for a more than satisfactory start to their campaign.

    Eunice of Bloemfontein and Rhenish of Stellenbosch also stayed unbeaten securing two victories each during the opening day.

    Eunice defeated Pearson of Gqeberha during their opening match by 1-0 thanks to a freakish goal by Bianca Rees-Gibbs in the 22nd minute. Rees-Gibbs lobbed the ball over the goalkeeper to secure the victory.

    Eunice beat Garsfontein by 2-1 thanks to goals by Megan Pelser and Georgia Kambanis to keep their unbeaten status on day one.

    Rhenish started their campaign with a solid 3-0 victory over Hoër Meisieskool Bloemhof. Leah du Plessis, Kaitlyn van Binsbergen and Ruby Cilliers finding the back of the net.

    Van Binsbergen scored a brace of goals in her side’s second match against Pearson to help secure a 2-0 victory.

    The hosts and defending champions, Oranje, is also still unbeaten. They started slow with a goalless draw against Menlopark, before they found their rhythm against Hershel Girls’ High (4-0) and Collegiate (5-1).

    In the victory over Herschel Kayla Olivier and Mia Prinsloo both scored a brace of goals. Against Collegiate Olivier managed to score another two goals to help her side end the opening day on a high.

    Results | Day 1 

    ROUND 1

    Rhenish 3 (Leah du Plessis 20′, Kaitlyn van Binsbergen 23′, Ruby Cilliers 30′); HMS Bloemhof 0.

    Oranje 0, Menlopark 0.

    Paarl Gimnasium 1 (Tanya Pieterse 21′); Herschel Girls’ High 0.

    St Mary’s Waverley 2 (Isabelle Barrow 16′, Emily Hicks 26′); Collegiate 0.

    Eunice 1 (Bianca Rees-Gibbs 22′); Pearson 0.

    Garsfontein 1 (Lize-Mari Claassens 32′); Durban Girls’ College 0.

    ROUND 2

    Oranje 4 (Kayla Olivier 1′, 7′; Mia Prinsloo 16′, 22′); Herschel 0.

    Collegiate 1 (Elizabeth Porter 40′); Menlopark 1 (Danielle McCann 7′).

    Paarl Gimnasium 1 (Anke Botes 32′); St Mary’s Waverley 0.

    Rhenish 2 (Kaitlyn van Binsbergen 7′, 20′); Pearson 0.

    Durban Girls’ College 1 (Ruby Kraus 14′); HMS Bloemhof 0.

    Eunice 2 (Megan Pelser 6′, Georgia Kambanis 27′); Garsfontein 1 (Monique van Rooyen 39′).

    ROUND 3 

    Oranje 5 (Nadine Claassens 2′, 28′; Kayla Olivier 23′, 29′; Mia Prinsloo 36′); Collegiate 1 (Gabriella Smit 15′).

    St Mary’s Waverley 0, Herschel 0.

    Paarl Gimnasium 1 (Arisha van Niekerk 26′); Menlopark 0.

    Rhenish 1 (Leah du Plessis 33′); Durban Girls’ College 0.

  • Springbok World Cup squad for 2023 and their schools

    Springbok World Cup squad for 2023 and their schools

    SIYA KOLISI in action during the Craven Week. PHOTO: Carl Fourie/Gallo Images

    Since the oldest player in the Springbok squad for the World Cup in France matriculated back in 2003 until the youngest player matriculated in 2020 a total of 427 players represented the South African Schools side.

    Of which only 11 of them are part of the squad of 33 who will attempt to defend the Springboks’ title. The oldest Springbok in the squad, Deon Fourie (Hoërskool Pietersburg), matriculated back in 2003.

    He represented the Limpopo Blue Bulls at the Craven Week that year. The youngest Canan Moodie (Boland Landbou) matriculated in 2020 and didn’t get a chance to take part in the Craven Week as no tournament was held in 2020 due to the Coronavirus-pandemic.

    This means Moodie was in his first year of life when Fourie played at the Craven Week in 2003.

    Yes, the statistic is skewed a bit due to the fact that some of the 427 players did go on to represent the Springboks or even other nations during their careers. But it is still interesting and worth noting that being picked for the SA Schools’ side certainly doesn’t warrant success later on in a player’s rugby career.

    Further what is interesting is that 13 players in the squad never even made it to the Craven Week.

    Only two schools, Paul Roos Gimnasium and Hoërskool Tygerberg, have more than one representative the the Bok-squad. Willie le Roux, Steven Kitshoff and Damian Willsemse all played that schoolboy rugby for Paul Roos, while Eben Etzebeth and Marvin Orie formed a lock-pairing in the first team of Hoërskool Tygerberg.

    South Africa’s 65th Springbok-captain, Bongi Mbonambi, is the only player in the squad that gets his schooling career allocated to two schools in St Alban’s College and Voortrekker in Bethlehem. Mbonambi represented the Griffons at the Grant Khomo Week and also played a couple of matches for Voortrekker’s First XV before making the move to Pretoria.

    Mbonambi represented the Blue Bulls at the Craven Week in East London in 2009 and also made the SA Schools’ side of that year.

    In our statistics a player is allocated to a school via the following criteria. He matriculated from that school or represented said schools’ First XV during his schooling career.

    Springbok World Cup Squad and their schools: 

    BACKS 

    [ninja_tables id=”18480″]

    FORWARDS 

    [ninja_tables id=”18477″]

  • Oranje – 2023

    Oranje – 2023

    Oranje – 2023

    Results

    [ninja_tables id=”2087″]

    Players: Roline Louw, Mariaan Louw, Minke Delport.

    Coaches: Corné Erasmus and Burta de Kock.
    Team Manager: Karlien Jansen van Vuuren.

  • Oranje intending to keep their dominance at the Super 12-tournament intact

    Oranje intending to keep their dominance at the Super 12-tournament intact

    The defending champions, Oranje Meisieskool of Bloemfontein, could expect some stiff opposition as they eye to bag their seventh Fairtree Super 12-title later this week. The prestigious tournament will also once again be hosted by Oranje in the City of Roses from 10 to 12 August.

    Catch all the action live on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Oranje could expect challenges to their reign from Eunice from Bloemfontein, Rhenish Girls’ High from Stellenbosch and St Mary’s of Waverley.

    Oranje defeated Eunice in last year’s final by 3-1. This year the two teams are a bit closer in their ability. Eunice was crowned champions of St Mary’s Waverley’s Festival in Johannesburg after beating Oranje by 1-0 in the semi-final.

    The two teams drew 2-all in their Bloemfontein league encounter earlier this year. This Tuesday before the Super 12-tournament they will face each other in a much anticipated Bloemfontein final.

    It means that these two teams could face each other twice this week in a final in which victory would mean a whole lot to them. Oranje and Eunice also claims to two top spots in the schools rankings for the season.

    The Bloemfontein final will be Oranje’s 41st match of the season. So far they have won 32 matches and drew six times. This means that the side coached by Gyster van Schalkwyk have only lost twice this season. The defeat against Eunice during the semi-final of the St Mary’s Festival and a 2-1 defeat against Pearson during the same tournament.

    Oranje smashed Pearson by 3-0 later in the year during their interschools clash in Gqeberha.

    Oranje is captained by Germarie Spershott who made her 100th appearance for the first team in their 4-1 victory over Collegiate of Gqeberha two weeks ago. Spershott was also selected for the SA Schools u18 team at the conclusion of this year’s SASHOC u18 national tournament that also took place in Bloemfontein.

    Oranje was crowned the inaugural champions of the Super 12-tournament in 2014. The side also went on to be crowned champions in 2015, 2016, 2017, 2019 and 2022. The only time they were dethroned was in 2018 when Menlopark of Pretoria was crowned champions after beating St Mary’s by 5-3 in the fina;

    The team: 

    Germarie Spershott (captain), Kristin Booysen, Nadine Claassens, Carien de Wet, Chanette Janse van Vuuren, Elné Lourens, Kayla Olivier, Carli Oosthuizen, Elré Oosthuizen, Anriette Otto, Anné Prinsloo, Mia Prinsloo, Mira Rossouw, Mia Schimper, Karla van der Westhuizen, Carolien Wessels.

    Oranje’s Fixtures for the Fairtree Super 12-tournament: 

    Thursday, 10 August 2023 

    08:20 – Oranje vs Menlopark
    12:30 – Oranje vs Herschel
    17:30 – Oranje vs Collegiate

    Friday, 11 August 2023

    09:10 – Oranje vs St Mary’s Waverley
    17:30 – Oranje vs Paarl Gimnasium

    Oranje’s results during the 2023 season: 

    [ninja_tables id=”1899″]