SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • Die lank en kort van die 50ste Cravenweek

    Die lank en kort van die 50ste Cravenweek

    Kort Groot langerSwaarder as ‘n Springbok-stut, langer as ‘n Springbok-slot. Nee, dit is nie die woorde van ‘n nuwe vers in Juanita du Plessis se Mengelmoeskardoes-liedjie nie.

    Die swaarste speler oftewel twee spelers op die 50ste Cravenweek vir hoërskole, Stefan Grundlingh (Suidwestelike Distrikte) en Carl Heydenrich (Boland) laat die skaal op 130 kg kreun. Dit is drie kilogram swaarder as die swaarste Springbok in die mees onlangse span, Coenie Oosthuizen. Grundlingh sak op vaskopstut vir die Volstruisboere, terwyl Heydenrich die Wynboere se plaasvervanger-slot is. Vra jy dié manne wat hulle eet, sê Heydenrich skertsend: “ Vleis, aartappels en rys. Nie groente nie.”

    Dit is die eerste keer dat hy aan die Cravenweek deelneem en het dit as ‘n “lekker ervaring” beskryf. Sy span het die Limpopo Blou Bulle in een van die eerste dag se spannendste wedstryde met 31-26 uitgestof.

    Die langste speler in Polokwane is die Blou Bulle se slot, RG Snyman wat ‘n allemintige 2.05m lank is. Ook hy is twee sentimeter langer as die langste Bok wat in die mees onlangse toetsreeks in aksie was, Eben Etzebeth. Snyman weeg boonop ook ‘n stewige 113 kg.

    Die kortste en ligste speler, Sphamandla Dubase is ná vandag moontlik die heel ligste en kortste speler wat nog ooit sy voete op ‘n veld in dié toernooi gesit het. Dubase, Grens-platteland se flank, weeg slegs 56 kilogram en is ‘n skamele 1.51 m lank. Hy sou op vanjaar se Cravenweek vir laerskole met sy bou as ’n kantman van gemiddelde grootte getel het. Hy is korter as die kortste Springbok ooit, Tommy Gentles, wat slegs 1.60m lank was. Hy is natuurlik ook ligter as die ligste speler Billy Sendin wat ooit die Groen-en-Goud oor die kop getrek het. Sendin het net 60 kg geweeg.

    Grens-platteland kom vandag in sy eerste wedstryd van vanjaar se toernooi teen Griekwas-platteland te staan.

  • Du Plessis maak stem dik op Cravenweek

    DIE moontlikheid dat die Westelike Provinsie se se binnesenter, Daniël du Plessis in sy pa die voormalige Springbok-senter Michael du Plessis se voetspore sal volg het gister op die eerste dag van die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole gestalte gekry.

    Du Plessis jr. het gister vier drieë in sy span se oorwinning van 40-24 oor die Pumas gedruk. Buiten sy drieë het hy ‘n indrukwekkende vertoning opgedis. Die rekord vir die meeste drieë in ‘n wedstryd op die toernooi staan agter die naam van JP van der Mescht wat in 1994 vyf keer vir Oostelike Provinsie teen Wes-Transvaal agter die doellyn gaan kuier het.

    Die Streeptruie sal waarskynlik teen die Blou Bulle in hulle tweede wedstryd van die week te staan kom.

    Boland het met die gasheer die Limpopo Blou Bulle in ‘n vermaaklike hoofwedstryd 31-26 afgereken. Die span se kaptein en agtsteman Hanro Liebenberg en slot Johan du Toit het voorlangs die wa vir die Wynboere deur die drif getrek. 

    Die Blou Bulle gaan nie maklik op vanjaar se toernooi gestuit word nie. Die Ligbloues het dit duidelik gestel met hulle oortuigende sege van 46-22 oor KwaZulu-Natal op die eerste dag van die toernooi. 

    Die Ligbloues se senterpaar, Franco Naudé en Jurie Linde was aan die spits van dié sege. Die twee het drie van hulle span se sewe drieë gedruk. Hulle het amper na willekeur bresse in die verloorspan se verdediging geslaan. Die spanne het met die telling op 17-elk gedraai, maar KwaZulu-Natal kon nie soos die Blou Bulle na ‘n hoër rat in die tweede helfte oorskakel nie. 

    Grens se senter Somila Jho het met sy vertoning in sy span se sege van 38-20 oor Namibië die tendens dat die eerste dag aan die senters behoort aan die gang gesit. Sy sentermaar, Simon Bolze het self ‘n skaflike vertoning gelewer. 

    Griekwas se se hoop om sy eerste wedstryd met ‘n sege af te skop, het soos die mis voor die son verdwyn.

    Die Poubloues het in die openingswedstryd van die dag, waarvan ‘n groot gedeelte in digte mis beslis is, skandes gemaak deur 35-17 teen Zimbabwe die knie te buig. Zimbabwe se heelagter, Brendon Mandivenga was sy span se beste speler met ‘n persoonlike bydrae van 20 punte.

    Vandag se bepalings:

    09:30: Oostelike Provinsie-platteland t. Luiperds; 11:00: Griekwas-platteland t. Grens-platteland; 12:30: Valke t. Griffons; 14:10: Leeus t. Suidwestelike-Distrikte; 15:30: Oostelike Provinsie t. Vrystaat.

  • Craven Week Scorers – 2013

    Day 1 

    Zimbabwe 35 (13) – Tries: Jabulani Mutukwa (2), Brendon Mandivenga, Munyaradzi Mashaya. Conversions: Mandivenga (3). Penalties: Mandivenga (3). Griqualand West 17 (3) – Tries: Dimitrio Tieties, GM Bruwer. Conversions: Tieties (2). Penalty: Tieties.

    Border 38 (17) – Tries: Jedwyn Harty, Justin Hollis, Lungelo Gosa, Robert Lyons, Somila Jho. Conversions: Simon Bolze (5). Penalty: Bolze. Namibia 20 (7) – Tries: Justin Newman (2). Conversions: Chris Arries (2). Penalties: Arries (2).

    Western Province 40 (19) – Tries: Daniël du Plessis (4), Dewald Naudé, Heinrich Buhr. Conversions: Grant Hermanus (5). Pumas 24 (17) – Tries: Mauro Bucuchane, Odwa Nkunjane, Thulane Mkhonto, Conrad van Vuuren. Conversions: Rowan Gouws (2).

    Blue Bulls 46 (17) – Tries: Jurie Linde (2), Jade Solomons, Hyron Andrews, Franco Naudé, Ivan van Zyl, Penalty Try. Conversions: Van Zyl (4). Penalty: Van Zyl. KwaZulu-Natal 22 (17) – Tries: Ayron Schramm (2), Mvziwandile Mazibuko. Conversions: Tristan Tedder (2). 

    Boland 31 (17) – Tries: Hanro Liebenberg (2), Johan du Toit, Leolin Zas, Raylinn Philander. Conversions: Ewan Adams (2), Zas. Limpopo Blue Bulls 26 (14) – Tries: JP van Wyk (2), Andries Bruwer, Mlungisi Ntimane. Conversions: Van Wyk. 

    Day 2 

    Eastern Province Country Districts 35 (21) – Tries: Gordon Plaatjies, Sintu Manjezi, Qhama Masiza, Robert Ball. Conversions: Jason Vers (3). Penalties: Vers (3). Leopards 10 (5) – Tries: Michael Hurn, Eric Smith. 

    Griqualand West Country Districts 51 (36) – Tries: Jonathan Steenkamp (4), Chris Opperman (2), Hendri Nel, Jasper Wiese, Junior Burger. Conversions: Clinton Toua (2), Cobus van Niekerk. Border Country Districts 0

    Day 2 

     

    Leopards 64 (40) – Tries: Tiaan Bezuidenhout (2), Mick Carroll (2), Gopolang Molefe (2), Markus Coetzer, Paul Hurn, Thabo Chirwa. Conversions: Coetzer (8). Penalty:Coetzer. Border Country Districts 0

    Valke 44 (18) – Tries: Darren de Bruin, Eldron van Rooyen, Marco Holmes, Marco Janse van Vuuren, Pieter Jansen, Ruan Potgieter. Conversions: Potgieter (4). Penalties: Potgieter (2). Griqualand West Country Districts 24 (5) – Tries: Junior Burger (4). Conversions: Clinton Toua (2).

    Griffons 26 (17) – Tries: Eloff Scheepers, Andre Janse van Vuuren. Conversions: Shaun Reynolds (2). Penalties: Reynolds (4). Eastern Province Country Districts 20 (7) – Tries: Thomas Filmer, Robert Ball. Conversions: Jason Vers (2). Penalties: Vers (2). 

    Day 3 

    Namibia 27 (6) – Tries: Johan Retief, Milaan van Wyk. Conversion: Chris Arries. Penalties: Arries (5). Griqualand West 10 (5) – Tries: Jacques van Zyl, Luke Mason. 

    Zimbabwe 43 (15) – Tries: Brandon Boshi, Barend Moolman, Brendon Mandivenga, Edo Chikwezero, Jabulani Mutukwa, Tawanda Ngosi. Conversions: Mandivenga (5). Penalty: Mandivenga. Limpopo Blue Bulls 5 (0) – Try: Saudevandre Rolls. 

    Border 37 (22) – Tries: Jedwyn Harty (3), Somila Jho (2), Michael Tyali. Conversions: Lungelo Gosa (2). Penalty: Gosa. Boland 19 (5) – Tries: Tiaan Lambrechts, Mishaun Arendse, Ewan Adams. Conversions: Leolin Zas (2). 

    Pumas 40 (13) – Tries: Mauro Bucuchane (2), Mzwakhe Fransman, Willandre Kotzenberg. Conversions: Brandon Thompson (4). Penalties: Thompson (4). KwaZulu-Natal 18 (6) – Tries: Kurt Webster, Kelvin Elder. Conversion: Webster. Penalties: Webster (2).

    Day 4 

    Leopards 64 (40) – Tries: Tiaan Bezuidenhout (2), Mick Carroll (2), Gopolang Molefe (2), Markus Coetzer, Paul Hurn, Thabo Chirwa. Conversions: Coetzer (8). Penalty:Coetzer. Border Country Districts 0

    Valke 44 (18) – Tries: Darren de Bruin, Eldron van Rooyen, Marco Holmes, Marco Janse van Vuuren, Pieter Jansen, Ruan Potgieter. Conversions: Potgieter (4). Penalties: Potgieter (2). Griqualand West Country Districts 24 (5) – Tries: Junior Burger (4). Conversions: Clinton Toua (2).

    Griffons 26 (17) – Tries: Eloff Scheepers, Andre Janse van Vuuren. Conversions: Shaun Reynolds (2). Penalties: Reynolds (4). Eastern Province Country Districts 20 (7) – Tries: Thomas Filmer, Robert Ball. Conversions: Jason Vers (2). Penalties: Vers (2). 

    Day 5 

    Namibia 33 (20) – Tries: Justin Newman (2), Chris Arries. Conversions: Chris Arries (3). Penalties: Arries (4). Zimababwe 10 (10) – Try: Brendon Mandivenga. Conversion: Mandivenga. Penalty: Mandivenga. 

    Griqualand West 94 (54) – Tries: Leon Becker (3), Jacques Nel (3), Dimitrio Tieties (2), Gerhard Holtzhausen (2), Ryan de Wee, GM Bruwer, Jacques van Zyl, Doctor Booysen. Conversions: Tieties (10), Holtzhausen, Kat Mabaleng. Border Country Districts 5 (0) – Try: Thabang Rixi.  

    Eastern Province Country Districts 39 (34) – Tries: Thomas Filmer (2), Tshepo Mabitsela, Sintu Manjezi, Jason Baggott. Conversions: Jason Vers (4). Penalties: Vers (2). Limpopo Blue Bulls 36 (12) – Tries: Toko Maebane (3), Floyd Ntimane, Jixie Molapo, Chris Durow. Conversions: Arno Maree (3).  

    KwaZulu-Natal 77 (42) – Tries: Marcell Coetzee (2), Jean-Luc du Preez (2), Akhona Nela, Tristan Tedder, Jaco Coetzee, Reece McHardy, Aaron Schramm, Daniel du Preez, Morne Joubert. Conversions: Tristan Tedder (8), Kurt Webster (3). Border 14 (7) – Tries: Kewan Gibb, Keegan Gray. Conversions: Gibb (2).

    Griffons 34 (20) – Tries: Shaun Reynolds, Shane Grobler, Gregan Hull, Andre Janse van Vuuren. Conversions: Reynolds (4). Penalties: Reynolds (2). Boland 27 (22) – Tries: Rohaan Adams (2), Warren Williams, Martin van Wyk. Conversions: Leolin Zas (2). Penalty: Zas. 

    Leopards 34 (19) – Tries: Gopolang Molefe, Beyers van Sittert, Freddie Pretorius, Michael Hurn, Gideon van der Merwe. Conversions: Markus Coetzer (3). Penalty: Coetzer. Griqualand West Country Districts 17 (17) – Tries: Jasper Wiese, Chris Opperman. Conversions: Clinton Toua (2). Penalty: Toau.  

    South Western Districts 37 (20) – Tries: Dewald Human, Geor Malan, Nemo Roelofse, Duhan van der Merwe. Conversions: Human (4). Penalties: Human (3). Blue Bulls 29 (24) – Tries: Hyron Andrews, Eduan Keyter, Justin Phillips, Jade Solomons, Ivan van Zyl. Conversions: Van Zyl (2).

     

     

  • Coca-Cola Craven Week Results 2013 – Day 1

    Western Province’s inside centre, Daniël du Plessis produced a scintilating performance as his side defeated the Pumas 40-24 in their match on the first day. Du Plessis scored four of his side’s tries. He is the son of former Springbok centre, Michael du Plessis. 

    Zimbabwe’s fullback Brendon Mandivenga impressed in the first game of the 50th Coca-Cola Craven Week in Polokwane. Mandivenga helped his side to a 35-17 victory over Griqualand West. The fullback scored 20 of his side’s points via a try, three conversions and three penalties. 

    * indicates live score

    Scorers: 

    Zimbabwe 35 (13) – Tries: Jabulani Mutukwa (2), Brendon Mandivenga, Munyaradzi Mashaya. Conversions: Mandivenga (3). Penalties: Mandivenga (3). Griqualand West 17 (3) – Tries: Dimitrio Tieties, GM Bruwer. Conversions: Tieties (2). Penalty: Tieties.

    Border 38 (17) – Tries: Jedwyn Harty, Justin Hollis, Lungelo Gosa, Robert Lyons, Somila Jho. Conversions: Simon Bolze (5). Penalty: Bolze. Namibia 20 (7) – Tries: Justin Newman (2). Conversions: Chris Arries (2). Penalties: Arries (2). 

    Western Province 40 (19) – Tries: Daniël du Plessis (4), Dewald Naudé, Heinrich Buhr. Conversions: Grant Hermanus (5). Pumas 24 (17) – Tries: Mauro Bucuchane, Odwa Nkunjane, Thulane Mkhonto, Conrad van Vuuren. Conversions: Rowan Gouws (2). 

    Blue Bulls 46 (17) – Tries: Jurie Linde (2), Jade Solomons, Hyron Andrews, Franco Naudé, Ivan van Zyl, Penalty Try. Conversions: Van Zyl (4). Penalty: Van Zyl. KwaZulu-Natal 22 (17) – Tries: Ayron Schramm (2), Mvziwandile Mazibuko. Conversions: Tristan Tedder (2). 

    Boland 31 (17) – Tries: Hanro Liebenberg (2), Johan du Toit, Leolin Zas, Raylinn Philander. Conversions: Ewan Adams (2), Zas. Limpopo Blue Bulls 26 (14) – Tries: JP van Wyk (2), Andries Bruwer, Mlungisi Ntimane. Conversions: Van Wyk. 

  • Bulle-stryd toppunt van Cravenweek

    DIE Westelike Provinsie se o.18-rugbyspan skop sy aanslag op vanjaar se 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole in Polokwane vandag teen die Pumas af. Indien die Streeptruie in die wedstryd koning kraai sal die span waarskynlik teen die wenner van die wedstryd tussen die Blou Bulle en KwaZulu-Natal in sy tweede kragmeting van die toernooi te staan kom.

    Die Streeptruie is saam met die Blou Bulle van die vroeë gunstelinge om vanjaar in die hoofwedstryd van die toernooi te speel. Dié span moet nou wel sonder sy Suid-Afrikaanse Skole-slot JD Schickerling klaar kom, maar die span het steeds genoeg ysters voorlangs om saam met enige span op die toernooi meet e ding. Die span se loskopstut Thomas du Toit, flank Jacques Vermeulen en agtsteman Rikus Bothma behoort voorlangs die pap dik aan te maak. Agterlangs behoort die voormalige Springbok Michael du Plessis se seun Daniël du Plessis op binnesenter die span se planmaker te wees.

    Die Streeptruie kan egter nie die Pumas te ligtelik opneem nie. Die span se twee vernaamste voederskole, HTS Middelburg en Hoërskool Nelspruit, het mekaar in die eindstryd van die NuPower/Tuks-reeks gepak. ‘n Kompetisie waarin meeste van die top skole van die Noordelike streek deelneem.

    Die Boland speel in die hoofwedstryd van die dag teen die gasheer die Limpopo Blou Bulle. Die wedstryd beloof om opwindende hardlooprugby op te lewer.

    Boland was laas in 2010 op Welkom onoorwonne op die toernooi en toe was die Jong Bokkies Wian Liebenberg en Pieter-Steph du Toit in sy geledere. Liebenberg was die kaptein en sou later ook die nasionale o.20-span tot wêreldkampioen aanvoer.

    Die twee se jonger broers die slot Johan du Toit en Hanro Liebenberg is vanjaar ook vir die Wynboere in aksie. Die jonger Liebenberg voer ook natuurlik dié span aan.

    Suid-Westelike Distrikte speel sy eerste wedstryd eers more teen die Leeus. Die Volstruisboere is ook een van die vroeë gunstelinge om in die hoofwedstryd in aksie te wees. Dié span moet ook sonder sy planmaker en SA Skole-senter, Warrick Gelant klaarkom wat die toernooi weens ‘n besering misloop.

    Die span het darem nog sy nasionale skole-vleuel, Duhan van der Merwe en losskakel Dewald Human in sy geledere wat gevaarlike spelers op die aanval is.

    Die bepalings:

    8 Julie – 09:20: Griekwaland-Wes t. Zimbabwe; 10:40: Grens t. Namibië; 12:00: Westelike Provinsie t. Pumas; 13:20: Blou Bulle t. KwaZulu-Natal; 15:40: Limpopo Blou Bulle t. Boland.

  • KwaZulu-Natal en Blou Bulle in stryd van die dag

    KWAZULU-NATAL se o.18-span gaan vandag meeste van sy swaargewigte op die eerste dag van die 50ste Cravenweek-toernooi vir hoërskole teen die Blou Bulle inspan. “Ons beplan om so een of twee van ons eerste keuse spelers eers in ons tweede wedstryd in te span. Dit is belangrik dat ons eers oor die eerste hekkie kom. So ons sal so te sê ons sterkste kombinasie teen die Bulle speel,” het Barend Steyn, hoofafrigter van die Piesangboere oor vandag se kragmeting gesê.

    Die Ligbloues was verlede jaar die nie-amptelike kampioen van die toernooi in Port Elizabeth en ses spelers sal vanjaar weer in Polokwane in aksie wees. Twee van dié spelers die skrumskakel Justin Phillips en senter Jurie Linde het verlede jaar die SA Skole-span gehaal.

    Die laaste keer wat die Piesangboere en die Blou Bulle mekaar op dié toernooi gepak het was op die laaste dag van die 2011-toernooi in Kimberley. KwaZulu-Natal se kaptein en slot Daniël du Preez en sy tweelingbroer Jean-Luc was lede van daardie span wat 8-29 aan die verloorkant was.

    Die Leeus het twee keer die afgelope twee jaar KwaZulu-Natal se harte in hulle tweede wedstryde van die toernooi gebreuk. “Die feit dat die afgelope twee jaar in ons tweede wedstryd vasgeval het is gewis iets waaraan aandag in ons voorbereiding tot die week gegee het. Ons moet egter eers oor die eerste hekkie kom,” het Steyn gesê.

    Die wenner van dié stryd sal heel waarskynlik op die derde dag van dié toernooi teen die wenner van die kragmeting tussen die Westelike Provinsie en die Pumas te staan kom. Die Streeptruie sal as gunsteling in die wedstryd ingaan. Die span kan egter nie die Pumas te ligtelik opneem nie. Die span se twee vernaamste voederskole, HTS Middelburg en Hoërskool Nelspruit, het mekaar in die eindstryd van die NuPower/Tuks-reeks gepak.

    In die hoofwedstryd van die dag sê die gasheer, die Limpopo Blou Bulle vir Boland die stryd aan.
    Die bepalings:

    8 Julie – 09:20: Griekwaland-Wes t. Zimbabwe; 10:40: Grens t. Namibië; 12:00: Westelike Provinsie t. Pumas; 13:20: Blou Bulle t. KwaZulu-Natal; 15:40: Limpopo Blou Bulle t. Boland.

  • Rugby-adel op Cravenweek in aksie

    Rugby-adel op Cravenweek in aksie

    SEWE spelers wat alreeds die Suid-Afrikaanse Skole-span verlede jaar verteenwoordig het, sal van more af van nuts af die naasionale skolekeurders op die 50ste Cravenweek vir hoërskole hier moet beïndruk.

    Die sewetal is Daniël du Preez, Jean-Luc du Preez (albei KwaZulu-Natal) Ox Nche (Vrystaat), Jurie Linde, Justin Phillips (albei Blou Bulle) Duhan van der Merwe (Suid-Westelike Distrikte) en Jinxi Molapo (Limpopo Blou Bulle).

    Die Du Preez-tweeling is die seuns van die voormalige Springbok-skrumskakel Robert du Preez. Dit sal die duo se derde Cravenweek wees. Voorwaar ‘n gebeurtenis wat nie meer vandag so alledaags is nie. Die twee se ouer broer Robert jr. was die Jong Bokkies se losskakel op die Wêreldkampioenskap vroeër vanjaar. Die voormalige Bok, Hugh Reece-Edwards se seun Matthew sou ook saam die Du Preez-broers vir die Piesangboere uitgedraf het. Hy moes egter weens ‘n besering onttrek.

    Die beserings van nog twee SA Skole spelers van verlede jaar JD Schickerling (WP-slot) en die Volstruisboere se senter Warrick Gelant het die mylpaal-toernooi van nog twee sterre beroof. Die besering van die Leeus se stut Frans van Wyk het nog ‘n moontlike SA Skole kandidaat se deelname beëindig.

    Boland was laas in 2010 op Welkom onoorwonne op die toernooi en toe was die Jong Bokkies Wian
    Liebenberg en Pieter-Steph du Toit in sy geledere. Liebenberg was die kaptein en sou later ook die nasionale o.20-span tot wêreldkampioen aanvoer.

    Die twee se jonger broers die slot Johan du Toit en Hanro Liebenberg is vanjaar ook vir die Wynboere in aksie. Die jonger Liebenberg voer ook natuurlik dié span aan. Die Du Toit’s se oupa is Piet “Spiere” du Toit wat 14 toetse vir die Springbokke gespeel het.

    Nog ‘n voormalige Springbok wie se seun in Polokwane gaan uitdraf is die van Michael du Plessis. Sy seun Daniël speel soos hy op binnesenter en behoort een van Westelike Provinsie se staatmakers op die toernooi te wees.

    Die spelers om dop te hou op vanjaar se toernooi is:

    Heelagters: EW Viljoen (Vrystaat), Kobus Engelbrecht (Valke), Malcolm Jaer (OP), Eduan Keyter (Blou Bulle), Corné Vermaak (KZN), Sechaba Matsoele (Griffons).

    Vleuels: Duhan van der Merwe (SWD), Jinxi Molapo (Limpopo Blou Bulle), Dylan Vermaak (OP), Banele Ngwenya (KZN), Stephen Rautenbach (Vrystaat), Ralton October (Leeus), Grant Hermanus (WP).

    Senters: Jurie Linde, Franco Naudé (albei Blou Bulle), Daniël du Plessis (WP), Sampie Hearn (Valke), Simon Bolze (Grens), Dimitrio Tieties (Griekwas), Gerdus van der Walt (Leeus). \

    Losskakels: Innocent Radebe (Leeus), Ruan Potgieter (Valke), Dewald Human (SWD), Ernst Stapelberg (OP), Lungelo Gosa (Grens).

    Skrumskakels: Justin Phillips (Blou Bulle), Johan Esterhuizen (Leeus), Remu Malan (SWD), Rowan Gouws (Pumas), GM Bruwer (Griekwas).

    Agtstemanne: Rikus Bothma (WP), Hanro Liebenberg (Boland), Jasper Wiese (Griekwas-platteland), Menzi Nhlabbathi (Pumas).

    Flanke: Jean-Luc du Preez (KZN), Marius Louw (Vrystaat), Jacques Vermeulen (WP), Geor Malan (SWD), Willandré Kotzenberg (Pumas), CJ Velleman (OP), André Janse van Vuuren (Griffons).

    Slotte: RG Snyman, Hyron Andrews (albei Blou Bulle), Daniël du Preez (KZN), Eduard Zandberg (SWD), Johan du Toit (Boland), Rhyno Herbst (Leeus).

    Vaskopstutte: Ronnie Beyl (OP-platteland), Ruan Kramer (Vrystaat), Francois van der Merwe (WP), Stefan Grundlingh (SWD).

    Loskopstutte: Oc Nche (Vrystaat), Thomas du Toit (WP), Xander van Wyk (Blou Bulle).

    Hakers: Francois Steyn (Blou Bulle), Andrew du Plessis (Vrystaat), Daniël du Plessis (WP).

  • Hou die vyf dop op Cravenweek

    DIE grootste skolerugby toernooi ter wêreld, die Cravenweek vir hoërskole vier volgende week sy 50ste bestaansjaar. School of Rugby het ‘n lys van vyf spelers saamgestel wat die mees belowendste spelers op die toernooi is en met die groot vyf unies die Blou Bulle, Sharks, Westelike Provinsie, Leeus en Vrystaat se onderskeie talentwerwers gesels oor dié spelers en ook oor wat hulle onderskeie unies aan junior spelers bied.

    Die vyf talentwerwers is André Tredoux (Vrystaat), Xander Janse van Rensburg (Blou Bulle), Bart Schoeman (Leeus), Jacques Hanekom (Westelike Provinsie) en Grant Mellville (Sharks).

    Sport24 se vyf spelers wat ‘n groot toekoms op die rugbyveld het wat voorlê is die Vrystaatse heelagter EW Viljoen, die Blou Bulle se slot RG Snyman, die Sharks se flank Jean-Luc du Preez, die Blou Bulle se senter Jurie Linde en die Vrystaatse stut Ox Nche. Daar moet egter ook in ag geneem word dat drie spelers die senter van Suid-Westelike Distrikte Warrick Gelant, die voorryman van die Leeus Frans van Wyk en die Streeptruie se slot JD Schickerling waarskynlik ook onder die voorste vyf spelers sou tel indien hulle nie weens besering aan dié toernooi moes onttrek nie.

    “Daar is nie ‘n ander heelagter op skolevlak wat vanjaar kers by EW kan vashou nie. Hy het ongelooflike voorgevoel op die aanval. Hy beskik ook oor ‘n sterk afstamp en hope vaart. Sy lengte help ook dat hy verdedigers so suksesvol kan afstamp,” het Tredoux oor Viljoen se talent op die veld gesê.

    Volgens Tredoux bied die Vrystaat aan die spelers meer geleenthede as ander unies omdat hulle oor ‘n kleiner begroting beskik. “Ons kan nie twee spelers per posisie kontrakteur op junior vlak nie, en dit bied dus meer geleenthede vir die spelers wat na ons toe kom,” het Tredoux gesê. Dié talentwerwer glo ook die Vrystaat is een van die min unies wat aan spelers met flair die geleentheid gee om hulle uit te leef.

    “Ons het RG reeds as o.15-speler geidentifiseer. Hy is ‘n speler wat baie atleties vir sy grootte is. Hy het ‘n goeie voorgevoel vir die spel en kan ook die bal goed dra. Hy is ook ‘n speler wat nie wegskrum van die fisieke deel van die spel nie,” het Janse van Rensburg oor Snyman liries geraak. Dié talentwerwer sê voorts dat die Blou Bulle spelers daaraan blootstel om saam met die beste spelers te speel en ook teen die beste vir ‘n plek in ‘n span mee te ding. “Ons het ook die beste afrigters en ons het ‘n goeie samewerking met die universiteite by ons wat ons strukture steun,” het Janse van Rensburg gesê. 

    “Jean-Luc is ‘n groot seun met natuurlike krag. Hy is ook baie doelgerig en ‘n denker oor die spel. Hy het gewis ‘n blink toekoms wat voor hom lê,” het Mellville oor Du Preez 

    Volgens Mellville is die balans wat hulle aan spelers bied deurdat elke speler ‘n akademiese kursus moet loop sowel as die Sharks-akademie se sukses sy unie se grootste bates is. 

    “Ox is ‘n speler wat baie aanpasbaar is. Hy het geen beperkinge in sy spel nie. Hy kan in meeste speelstyle inpas wat een van sy grootste bates is,” het Schoeman oor Nche se talent uitgebrei. “By die Leeus is ons benadering tot die spel een van trekpleisters vir spelers. Spelers se vaardighede word nie beperk nie asook die feit dat spelers vinnig by ons die geleentheid kry om op ‘n hoer vlak te speel,” het Schoeman gesê.

  • Saints se 150ste bestaansjaar se rugbyfees skop vandag af

    DAAR is een afdeling van die mooie spel rugby wat die Engelse skole veel beter as hulle meer geroemde Afrikaanse eweknieë onder die knie het dit is hardlooprugby. Dié Engelse skole se spel is meer gefokus op die ontwikkeling van die speler as mens en om vyftienman rugby te speel eerder as wenrugby ten alle koste.

    Rugby fynproewers in die Rosestad kan dus gerus vandag ‘n draai by die eerste dag van die tweejaarlikse privaatskole-toernooi by St. Andrew maak. Saints bied vanjaar die toernooi aan ter viering van hulle 150ste bestaansjaar. Die toernooi is wel verlede jaar ook deur Penryn-kollege aangebied.

    Die gasheer speel om 11:00 teen Clifton van Durban te staan. Dié span se heelagter Dean Tucker, agtsteman Lawrence Danso en slot Ross Middlecote is spelers wat staatmakers behoort te wees. Die span word aangevoer deur sy vaskopstut, Anthony Rawson. Saints beskik oor ‘n gedugte agttal, maar die span se agterhoede is nie bang om die bal lug te gee nie.

    Die ander span van die Rosestad wat in aksie sal wees, Hoërskool Sentraal pak St. Benedict-kollege van Johannesburg in die hoofwedstryd vandag. Tralies sal die wedstryd sonder sy Akademie-week spelers aanpak. Die span se kaptein, Ryno Gerber sal hom wel more by die span vir sy tweede wedstryd teen St. Stithian-kollege aansluit. Die span sal gewis die teenwoordigheid van sy ander Akademie-spelers, die losskakel DP de Lange en slot SJ Wessels mis. Die span se drieëmasjien, Wian Koekemoer sal wel speel en hy behoort die besoekers van die Goudstad behoorlik op die verdediging te laat bontstaan.

    Nog ‘n span om dop te hou is Michaelhouse van Natal. Die span se regtervleuel, Bader-Werner Pretorius was een van KwaZulu-Natal se voorste spelers op die Grant Khomo-week wat soos die Akademie-week gister tot ‘n einde geloop het.

    Die Rosestad het laas in 2004 dié toernooi aangebied.

    Vandag se bepalings is:

    Hickling A: 09:00: Michaelhouse t. St. David-kollege; 11:00: St. Andrew t. Clifton; 13:00: St. Stithian-kollege t. St. Charles-kollege; 15:00: Sentraal t. St. Benedict-kollege. Hickling B: 09:30: Upland-kollege t. St. John-kollege; 11:30: St. Alban-kollege t. Thomas More; 13:30: Penryn-kollege t. Somerset-kollege.

  • De Lange was netjieste speler op eerste Cravenweek

    De Lange was netjieste speler op eerste Cravenweek

    DIT is heel gepas dat die 50ste Cravenweek vir hoërskole van Maandag af in Polokwane voorheen Pietersburg aangebied word. Vyftig jaar gelede is ‘n seun van die omgewing, Koos de Lange na afloop van dié eerste toernooi in Oos-Londen as die netjieste speler op die toernooi aangewys.

    De Lange het slot vir Noord-Transvaal in die geskiedkundige toernooi gespeel.

    De Lange was ‘n leerling aan die Hoër Landbouskool Kuscke net buite Polokwane. Hy het met geleende tokse vir sy skool se eerste span uitgedraf en was heel verbaas om sy pa Adriaan en ma Sannie by die proefwedstryd te sien. “Hulle het vir my nuwe tokse gegee en ek het toe in die proewe vir die eerste keer met my eie tokse gespeel. Ons het nog met die trein van Pretoria stasie af na Oos-Londen vir die toernooi gereis. Ons het saam met Rhodesië (deesdae Zimbabwe) in Selborne-kollege se koshuis gebly,” onthou De Lange oor die eerste Cravenweek.Koos de Lange1

    De Lange het na elke wedstryd sy tokse met politoer gepoets en ook sy veters en broek daagliks gewas. Hy het ook met geleende netjiese klere na Oos-Londen gegaan en het dié ook met sorg hanteer. Dié toekenning het hy ‘n hele ruk na dié toernooi ontvang. “Ons skoolhoof het in die saal gesê dat hy goeie terugvoer van die destydse voorsitter van die Suid-Afrikaanse Skole-vereniging Jan Preuyt ontvang het. Dis toe dat ek die toekenning met Preuyt se handtekening in ontvangs geneem het,” vertel De Lange.

    Vir die mense wat dink talentwerwers is ‘n ding wat eers in die beroepsera begin kop uitsteek het, het De Lange ‘n staaltjie wat die teendeel bewys. “Ons het almal na die toernooi as afskeid gebraai en Dok Craven het sy visitekaartjie in my hand gesteek en gevra wat ek volgende jaar doen. Hy het ook gesê ek moet dat my pa hom bel as ek in Stellenbosch wil gaan swot. My pa het hom nooit gebel nie,” het De Lange vertel.

    Noord-Transvaal se skolespan is daardie jaar deur die losskakel Johan van Blommenstein aangevoer. Hy het ook later die Ligbloues se seniorspan op die veld gelei. Toekomstige Springbokke soos Martin van Rensburg (Natal) en Mike Jennings (Westelike Provinsie) het hulle tande op dié eerste toernooi geslyp.

    De Lange is die eienaar van ‘n moterhawe in Virginia wat hy en sy vrou Marissa saam bedryf. Hy het na skool vir Durban Wanderers klubrugby gespeel en ook vir Natal se o.20-span. Hier het hy ondermeer saam met die voormalige Springbok-breier Ian MacIntosh en voormalige Springbok Martin van Rensburg gespeel. Hy het daarna na Johannesburg verhuis en hy het in sy eerste wedstryd vir Diggers sy nek gebreek wat sy loopbaan kort geknip het.