Die verdedigende kampioen van Groep 2 van die SDC Noordvaal Cup, Midstream College, het Saterdag nog een tree nader daaraan gegee om sy titel te behou.
Midstream College het daarin geslaag om die Hoërskool Ermelo met 36-20 in die kwarteindronde van die reeks in Ermelo uit te skakel. Midstream se agtsteman, Tian Pretorius, was op sy stukke en het ‘n driekuns aan drieë behaal.
Die span van Midrand sal in die halfeindronde teen ‘n gedugte span van Potchefstroom Gimnasium te staan kom.
Potch Gimmies het nie veel probleme ondervind om sy kwarteindstryd teen Brandwag van Benoni met 41-19 te wen nie.
Die wenner van die halfeindstryd tussen dié twee spanne behoort die eindstryd as die gunstelinge te betree. Gimmies het vroeër vanjaar al vir Dinamika van Alberton met 40-31 geklop.
Dinamika het egter ook sy plek in die halfeindronde met ‘n naelskraapse sege van 16-15 oor die Hoërskool Ellisras bespreek. Die Leeus se kampioen is gewis ook ‘n span wat ‘n sterk aanspraakmaker op die titel behoort te wees.
Die Limpopo-kampioen, Ellisras, was self ‘n sterk aanspraakmaker voordat hy sy rieme in Alberton styfgeloop het.
Die span van Alberton kom Saterdag in sy halfeindstryd teen die Luiperds se naaswenner, Bergsig Akademie van Rustenburg, te staan. Bergsig wat die kompetisie as die Luiperds se naaswenner betree het, het die Valke-kampioen, Hans Moore van Benoni, met 27-25 in die kwarteindronde uitgeskakel.
Bergsig se kantman CJ van Rooyen het twee keer ‘n draai agter Hans Moore se doellyn gemaak.
BOKSBURG. – Die tafel is gedek vir ‘n opwindende laaste ronde groepwedstryde in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup.
Die enigste twee onoorwonne spanne in die kompetisie, EG Jansen en Garsfontein, sal mekaar in Boksburg pak om te besluit wie bo-aan die puntelys sal eindig.
Die Jansies was amper hul onoorwonne status kwyt toe hul Saterdag danksy ‘n drie in die doodsnikke deur sy buitesenter, Jeandré Jacobs, ‘n sege van 31-29 teen Noordheuwel kon deurskraap.
Jacobs is tot dusver die voorste driedrukker in die reeks. Hy het al 12 keer vanjaar in sy span se sewe wedstryde agter die doellyn gaan kuier.
Nories se afrigtingspan onder leiding van Stefan “Botter” Lourens sal na die seisoen terugkyk as een van wat kon gewees het. Lourens sou ongetwyfeld so paar gryshare deur die jaar bygekry het.
Dit was Saterdag die derde week in ‘n ry wat Noordheuwel se Blues in die doodsnikke van ‘n sege ontneem is. Boonop was die twee laaste wedstryde moontlike seges oor die twee voorlopers in die reeks, EG Jansen en Garsfontein (28-30).
Drie weke gelede het die Nories met 42-elk gelykop teen Waterkloof gespeel na hulle ook vir die grootste deel van die wedstryd voorgeloop het voordat Klofies in die doodsnikke sake gelyk getrek het.
Buiten Jacobs wat met sy twee drieë op die aanval vir EG Jansen uitmuntend was, het sy agtsteman, Storm Labuschagne, asook die flank Zaide-Leigh Rippenaar goeie vertonings gelewer. Die plaasvervanger-vleuel, Jeandré Claassens, het ook ‘n waardevolle bydra tot die sege gelewer.
Nories se twee losvoorspelers Ludie Schutte en Marco Maree was hul span se beste spelers op die dag. Veral Schutte was by die afbreekpunte asook op die verdediging vir sy span goud werd. Die tuisspan het meeste van die balbesit asook gebiedsvoordeel in die eerste helfte geniet, maar danksy die twee se spel kon Nories ‘n voorsprong van 19-0 geniet.
Indien ons dit nog nie vanjaar gesê het nie – Noordheuwel se buitesenter, Cheswill Jooste, is ‘n spesiale rugbyspeler. Of hy op heelagter of die middelveld diens doen het geen impak op sy spel nie. Sy sentermaat, Marshall de Vos, het ook in die eerste helfte amper soos nog ‘n baljagter vir Schutte en Maree by die afbreekpunte bygestaan.
Waterkloof het sy kanse om tot die halfeindronde deur te dring lewend gehou deur vir Marais Viljoen van Alberton met 38-34 te klop. Die bonuspunt-sege beteken dat Klofies se kragmeting volgende week op sy tuisveld teen die verdedigende kampioen, Monument, nou as ‘n kwarteindstryd gesien kan word.
Klofies het teen rustyd ‘n voorsprong van 24-14 teen Marais Viljoen opgebou. Die span van Alberton het in die tweede helfte nie gaan lê nie en Waterkloof se Blou Tornado moes vasbyt vir hul sege.
Garsfontein was in ‘n vernietigende bui op Bere-park in Pretoria teen die Hoërskool Nelspruit. Die span se Cravenweek-losskakel, Nicallen Gabrielsen, het 23 van sy span se punte in hul wegholsege van 89-10 oor die Rhinos aangeteken.
De Wet Lottering (haker), Cassie Prinsloo (vleuel), Heinrich Cloete (binnesenter) en Ruan Enslin (vleuel) het elk dubbelle-driedrukplesier ervaar terwyl die Bere 13 drieë ingeryg het.
Monument se Wit Bulle was soos ‘n stoomtrein en het Menlopark met 111-7 in Pretoria afgeransel. Die span van Krugersdorp was teen rustyd met die telling op 52-7 reeds stewig in die saal.
Monnas se Jody Schambreel (buitesenter) en Ceano Everson (skrumskakel) het behoorlik baljaar en elk vier keer ‘n draai agter die doellyn gemaak. Die linkervleuel, Ernesto Oersen, het self ‘n driekuns aan drieë voltooi, terwyl die regtervleuel, Hanu Fourie, self twee keer die doellyn oorgesteek het.
Die Wit Bulle het 18 drieë ingeryg, waarvan die losskakel, Daylon Myners, elf vir ‘n persoonlike bydra van 22 punte verdoel het.
Puntemakers:
EG Jansen 31 (0) – Drieë: Jeandré Jacobs (2), Danré Pike, R-Jay Pietersen, Gordon Smith. Doelskoppe: David Twala (3). Noordheuwel 29 (19) – Drieë: Cheswill Jooste, Jenemo Luiters, Jade Muller, Keaton van Deventer. Doelskop: JT Kapank (3). Strafdoel: Kapank.
Na nege jaar as hoofafrigter van Paarl Gimnasium kon Pieter Rossouw Saterdag in die Faure-stadion hier vir die eerste keer daarin slaag om Sean Erasmus uit te oorlê.
Gimmies het vir die Hoër Jongenskool Paarl met 20-17 in soos gebruiklik ‘n spannende interskole-kragmeting verslaan. Die Bloedworse het teen rustyd reeds ‘n gerieflike voorsprong van 13-0 geniet voordat Boishaai met ‘n reuse terugvegpoging met slegs 20 minute se speeltyd oor geloots het.
Rossouw het wel in 2019 vir Gimmies tot ‘n sege van 18-17 oor die Galpille gebrei, maar toe was Peter Engeldow hul breier. Dit was slegs Erasmus se tweede nederlaag in dié interskole wat as die grootste ter wêreld gereken word.
Erasmus het in sy eerste interskole in 2014 met 15-16 teen Christoff Lötter se Gimmies vasgeval.
Soms weeg geen nasionale o.18-spelers swaarder as vier SA o.18-spelers. Geen van Paarl Gimnasium se spelers was as goed genoeg vir die Suid-Afrikaanse o.18-span geag wat die week af saamtrek nie.
Vier Boishaaiers JC Mars (heelagter), Jameel de Jongh, Scott Nel (albei vleuels) en Divan Fuller (losvoorspeler) sal wel vir die nasionale span in die internasionale reeks teen Frankryk en Engeland in aksie wees.
Gimmies se kaptein en losskakel, Kyle Smith, het behoorlik vir die keurders met sy blink vertoning tong uitgesteek. Hy was saam met die binnesenter, Kobus Blanckenberg, die grootste doring in Boishaai se vlees.
Gimmies het al hul punte reeds aangeteken toe Mars uiteindelik in die 50ste minuut Boishaai se rekening kon open. Mars was self uitstaande op dié dag.
Op die ou einde het Erasmus se Boishaai amper daarin geslaag om weer Rossouw van ‘n sege te weerhou, maar Gimmies het op die ou einde genoeg gedoen om die kroon op ‘n suksesvolle seisoen te span.
Boland Landbou het vir die eerste keer sedert 2016 daarin geslaag om vir Paul Roos Gimnasium die loef af te steek. Die span van die Agter-Paarl het wel verlede jaar met 12-elk gelykop teen Paul Roos gespeel.
Dit sou hul teenstanders vir hul laaste wedstryd van die seisoen, Oakdale Landbou, regop laat sit het. Die span van Riversdal het egter ook in hul kragmeting in Bloemfontein teen Grey-kollege gewys dat hulle slaggereed vir ‘n stryd soos min is.
Grey moes harder sweet as verwag om vir Oakdale Landbou met 36-25 met die kous oor die kop huis toe te stuur.
Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het in sy jaarlikse interskole teen Pretoria Boys’ High die meeste punte in die geskiedenis van dié kragmeting opgestapel.
Affies het met 76-24 koning gekraai. Die Wit Bulle het 12 drieë ingeryg waarvan die skrumskakel, Hendré Schoeman, drie gedruk het.
In die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling het Waterkloof en Monument albei hul kanse om die halfeindronde te haal lewend gehou. Die twee spanne pak mekaar volgende week om te bepaal wie vir ten minste nog ‘n week in aksie sal wees.
Monnas het Menlopark met 111-7 verniel met Ceano Everson (skrumskakel) en Jody Schambreel (buitesenter) wat elk vier keer ‘n draai agter die doellyn gemaak het.
Waterkloof het vir Marais Viljoen met 38-33 verslaan om sy kanse lewendig te hou.
EG Jansen het sy onoorwonne status in die liga net-net behou toe sy buitesenter, Jeandré Jacobs, in die doodsnikke gaan druk het om Noordheuwel se harte met 31-29 te breek.
Die Nories het die afgelope drie weke elke keer in die doodsnikke verloor.
Fichardtpark se Leeus spog steeds met ‘n onoorwonne rekord na hulle vir Sentraal met 52-0 in die Vrystaatse halfeindstryd afgeransel het. Die Leeus sal in die eindstryd teen Jim Fouché te staan kom.
JF was met 39-13 oor Landboudal van Jacobsdal in die ander halfeindstryd baas. Albei spanne het met die sege ook tot die halfeinronde van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga deurgedring.
In die Griffon-liga sal daar ‘n nuwe kampioen gekroon word. Voortrekker van Bethlehem kom teen Welkom Gimnasium in die eindstryd te staan na hy die verdedigende kampioen met 27-24 geklop het.
Welkom Gimnasium het oor te veel skietgoed in die ander halfeindstryd vir Witteberg (58-17) beskik.
Glenharvie 13, Zeerust 12; Bekker 24, HTS Carel de Wet 16; Edenvale 43, Witbank High 17; Allen Glen 31, Steelcrest 7.
NOORDVAAL
Affies 76, Pretoria Boys’ High 24; Maritzburg College 33, King Edward VII 24; Jeppe 39, Durban High School 36; Hoërskool Rustenburg 26, Glenwood 24.
OOS-KAAP
Dale College 36, Selborne College 31; Nico Malan 59, Die Brandwag (Uitenhage) 3; Grey High School 58, Muir College 5; Hudson Park 27, Hoërskool Grens 12; Graeme College 24, Queen’s College 21; Hoërskool Punt 24, HTS Daniël Pienaar 18.
Die SDC Noordvaal Cup se onderskeie afdelings bereik nou die uitspeelrondes van die kompetisie.
Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.
Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@superschoolsnews.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.
Die Wilgers van Pretoria kom Saterdag in die kwarteindronde van Groep 3 in die SDC Noordvaal Cup teen waarskynlik sy grootste toets vanjaar te staan.
Die span van Pretoria moet na Mbombela reis om teen die Puma-kampioen, Curro Nelspruit, sake om ‘n plek in die halfeindronde uit te spook. Die Wilgers is saam met Hoërskool Vryburg die verdedigende kampioene in die reeks na hulle verlede jaar die louere in die eindstryd gedeel het.
Curro Nelspruit was vanjaar nog net een keer aan die verloorkant. Dit was teen ‘n toerspan van die Hoër Jongenskool Paarl wat uit grootliks spelers vanuit die spogskool in die Wes-Kaap se derdespan bestaan het.
Die Wilgers word aangevoer deur sy kantman, Ajay Lottering, wat saam met die haker, Tiaan Joubert, voorlangs vir die tuisspan probleme kan besorg.
Die ander verdedigende kampioen, Vryburg, sal op sy tuisveld, die Gert Lubbe-sportgronde, teen Vereeniging Gimnasium te staan kom. Vryburg is nog altyd ‘n gedugte teenstander op sy tuisveld en dit sal ‘n reuse poging van die span van Vereeniging kos om vir homself ‘n plek in die volgende ronde te bespreek.
Die Hoërskool Erasmus van Bronkhorstspruit hoop ook om vir ‘n opskudding weg van die huis te sorg wanneer hy Saterdag teen die Hoërskool Brits te staan kom. Erasmus het die Valke se kampioen-span, Delmas, met 24-15 uitgeskakel.
Brits het in sy uitspeelwedstryd teen die Zayo Academy oortuigend met 35-6 koning gekraai.
Bastion van Roodepoort is ook ‘n sterk aanspraakmaker op vanjaar se titel. Hy kom op sy tuisveld in die kwarteindronde teen Overvaal te staan. Die span van Vereeniging sal egter nie ‘n maklike teenstander wees nie.
Overvaal het vir Louis Trichardt met 21-19 in die uitspeelrondes uitgeskakel. Bastion was op sy beurt met 30-15 oor Volksrust baas.
Die spanne is:
Hoërskool Vryburg vs Vereeniging Gimnasium in Vryburg om 11:15:
Vryburg: 15 Sally Mokoka, 14 Kutlwano Mamoga, 13 Linda Boya, 12 Karabelo Mbolekwa, 11 Johannes Haasbroek, 10 Zander Ackerman, 9 Rikus Nieuwoudt, 8 Kenan Joseph, 7 Marno van den Berg, 6 Ben van Niekerk, 5 Niel van der Vyver, 4 Jan Espag, 3 Daniel Nortjé, 2 Johan Steyn, 1 Kobus van den Berg.
Vereeniging Gimnasium: 15 Duncan Scheun, 14 Henno van Heerden, 13 Shaun van der Merwe, 12 Neil Helberg, 11 Duandré Kloppers, 10 Tony Prince, 9 André Labuschagne, 8 Thato Lehohla, 7 Dominique Britz, 6 Zander Jonck, 5 Hennie Coetsee, 4 Werner Lottering, 3 Janco Nel, 2 Marco Steyn, 1 Leon Ferreira.
Curro Nelspruit vs Die Wilgers in Mbombela om 11:00:
Curro Nelspruit: 15 Josch Gouws, 14 Mbuyelo Rikatso, 13 Devon Bezuidenhout, 12 Enrique van der Merwe, 11 Taku Taderera, 10 Jodi Berlington, 9 Hopewell Khoza, 8 Hermanus Robbertze, 7 Bonolo Mphahlele, 6 Tihan Rademeyer, 5 ED Ndhlala, 4 Eben van Wyk, 3 Waltd Stander, 2 Musa Ngwenya, 1 Lwazi Ngwenyama.
Die Wilgers: 14 David Valentine, 14 Armand Pretorius, 13 Armand Griessel, 12 Jonathan Hefer, 11 Jason Beets, 10 Willem Ferreira, 9 Vicky Beukes, 8 Vincent Marucchi, 7 Ruben Botha, 6 Ajay Lottering (kaptein), 5 Caleb Klein, 4 Herman Rogers, 3 Willem Minny, 2 Tian Joubert, 1 Ruaan Minny.
Hoërskool Erasmus vs Hoërskool Brits in Brits om 10:00:
Erasmus: 15 Hein Burgers, 14 Thoriso Legodi, 13 Petrus van der Merwe, 12 Reinhardt Uys, 11 Boka Sebothoma, 10 Pieter Uys, 9 Marnus Erasmus, 8 André Bezuidenhout, 7 Dudu Mashinini, 6 Frikkie de Klerk, 5 Gustav van der Walt, 4 Tiaan Coetzee, 3 Raynardt Jacobs, 2 GJ Smuts, 1 Jayden Hilliar.
Brits: Nie ontvang.
Bastion vs Overvaal in Roodepoort om 11:00:
Bastion: 15 Liam Jacobs, 14 Bennie Paich, 13 Aiden Gerberg, 12 Duwandré Greyling, 11 Heinrich Albrecht, 10 Devlin du Preez, 9 Juan Venter (kaptein), 8 Christiaan Harmse, 7 Christo Troskie, 6 Deanin Marais, 5 Michael Bester, 4 Estuan Reynolds, 3 Joordre de Beer, 2 Christopher Strydom, 1 Rynhardt Koekemoer.
Overvaal: 15 Jamie van der Lith, 14 Dwayne Oosthuizen, 13 Tristen Ward, 12 Miquel Carolus, 11 Zandré Ferreira, 10 Jason Pretorius, 9 Wynand Vermeulen, 8 Ruan Krauze, 7 Zander de Leeuw, 6 CJ du Toit, 5 Sean Dubery, 4 Vian Kruger, 3 Ewaldt de Klerk, 2 Branden Mocke, 1 Declan Booth.
Daar is agt rolspelers oor in Groep 2 van die SDC Noordvaal Cup met vyf van die rolspelers wat hul onderskeie unies se kampioene is.
Limpopo se kampioen, die Hoërskool Ellisras, kom in die kwarteindronde teen Dinamika van Alberton te staan. Die span van Lephalale sal na LA oftewel Lower Alberton moet reis vir die kragmeting.
Dinamika is die Goue Leeus se kampioen. Die span van Alberton het vir die Hoërskool Randburg met 23-15 in die Leeu-eindstryd uitoorlê. Ellisras is as Limpopo-kampioen gekroon toe hy Frikkie Meyer van Thabazimbi met 33-22 in dié eindstryd getroef het.
Die span van Ellisras het vroeër vanjaar ook die kroon as kampioen van die Mauritz Hansen-week of Hansie-week soos dit in die volksmond bekend staan. Hier het hy ook vir Frikkie Meyer met 17-8 in die eindstryd verslaan.
‘n Wedstryd se uitslag tydens die week wat Dinamika met belangstelling sou dophou is die sege van 5-0 oor die Hoërskool Linden op die tweede dag in Mookgophong.
Dinamika het vanjaar al twee spanne wat in die Bowl-afdeling van die SDC Noordvaal Cup meeding slae gegee. Hy het vir Dr. Malan (23-14) en die Hoërskool Alberton (32-10) vroeër in die seisoen geklop.
Die kragmeting tussen Dinamika en Ellisras behoort dus een van die hoogtepunte van die kwarteindronde te wees.
Die verdedigende kampioen van die SDC Noordvaal Cup, Midstream College, het self ‘n moeilike besoek aan Ermelo wat op hul wag. Die span van Centurion is ook die Blou Bulle-kampioen, terwyl sy gasheer die Hoërskool Ermelo die Puma-kampioen is.
Ermelo het sy titel as Puma-kampioen beklink met ‘n sege van 20-17 oor Rob Ferreira van Witrivier. Midstream College het nie veel probleme in die Bulle-eindstryd teen Overkruin (49-3) ervaar nie.
Ermelo het ‘n trotse rugbygeskiedenis en was die eerste houer van die kompetisie se trofee in 1920 toe hy vir Heidelberg Volkskool met 3-0 in die eindstryd verslaan het. Die skool moes wel 80 jaar wag voordat hy sy tweede titel in 2000 (toe Beeldtrofee) sou verower.
Midstream College se Cravenweek-vleuel, Hilton Thomas, sal ook fyn deur die tuisspan dopgehou word. Thomas is ook ‘n bekwame naelloper wat met skitterende tye van 21 .88 sekondes (200m) en 48.09 sekondes (400m) vanjaar op die tartanbaan spog.
Die Valke se kampioen, Hans Moore van Benoni, sal na Rustenburg reis om teen die Luiperds se naaswenners, Bergsig Akademie, te staan te kom. Hans Moore het vir Brandwag naelskraaps in die Valke-eindstryd met 18-17 getroef.
Bergsig kan egter nie gering geskat word nie. Die span het vanjaar reeds onder andere met Frikkie Meyer (47-28), Randburg (46-29) en Rob Ferreira (12-10) afgereken.
Al die spanne sal wel die uitslag van die kragmeting langs die oewer van die Mooirivier in Potchefstroom met groot belangstelling dophou. Die Luiperds se kampioen, Potchefstroom Gimnasium, speel gasheer vir Brandwag van Benoni.
Die Gimmies beskik vanjaar oor ‘n span wat ‘n sterk aanspraakmaker op die titel is. Hulle het vanjaar in hul jaarlikse FNB Classic Clash vir Potchefstroom Volkskool met 26-13 verslaan. Die Volkies neem in die kompetisie in Groep 1 in die Bowl-afdeling deel.
Potch Gimmies het die Luiperds se naaswenners, Bergsig Akademie, oortuigend met 45-5 in hul kragmeting ore aangesit.
Die span van Potchefstroom het wel vanjaar teen Dinamika met 6-31 die knie behoorlik gebuig.
Die spanne is:
Potchefstroom Gimnasium vs Brandwag (Benoni) in Potchefstroom om 11:20:
Potchefstroom Gimnasium: 15 Jaap van der Westhuizen, 14 Lourens Jacobs, 13 Jean Groenewald, 12 Delarey Joubert, 11 Toks Becker, 10 Jhanco de Beer, 9 Dian Smith, 8 Morné van Aswegen, 7 Dewald Lubbe, 6 Bart du Plooy, 5 Tobias van Dyk, 4 Kyle Williams, 3 Deandré Lombard, 2 Franco van Dyk, 1 Daneil Potgieter.
Brandwag (Benoni): 15 Stefan Horn, 14 Tyrese Baatjies, 13 Logan Turvey, 12 Ruan Joubert, 11 Sheldon Lucas, 10 Kevin van der Merwe, 9 Jayden Smith, 8 Ruben Riekert, 7 Ruan Nelson, 6 Fred Terblanche, 5 Eben Pretorius, 4 Charl van Zyl, 3 Edward Kotze, 2 Theuns Goosen, 1 Nardes Bloemhoff.
Hoërskool Ermelo vs Midstream College in Ermelo om 10:15:
Midstream College: 15 Jaedon Louw, 14 Hilton Thomas, 13 Justin Hattingh, 12 Anru Cronjé, 11 Nicolaas Vlok, 10 Christiaan Mare, 9 Xander Senekal, 8 Tian Pretorius, 7 Joshua Smit, 6 Jahred Smit, 5 Kago Montene, 4 Jacques Vos, 3 Deon le Roux, 2 Mika Lubbe, 1 Kobus van der Merwe.
Bergsig Akademie vs Hans Moore in Rustenburg om 11:20:
Bergsig: 15 Waldo Pretorius, 14 Siya Buthelezi, 13 JL Janse van Rensburg, 12 Jaysen de Abreu, 11 Alzandro dos Santos, 10 Simeon Botha, 9 Paulo dos Santos, 8 Jacques du Plooy, 7 CJ van Rooyen, 6 Cobus Ferns, 5 Dewald Potgieter, 4 Taffa Luyanda, 3 Hercu du Plessis, 2 Clayton Reed, 1 Bongi Sakie.
Hans Moore: 15 Warren Minnaar, 14 Carl Muller, 13 Shanden Mays, 12 Stephan Kellerman, 11 Lex Laurens, 10 Tristan Fletcher, 9 Jean Maré, 8 Keagan van Zyl, 7 Liam Diedericks, 6 Luan Zeelie, 5 Nico Boshoff, 4 Marnus van der Walt, 3 Jayden van Heerden, 2 Johan du Plessis, 1 Lian Jansen.
Dinamika vs Hoërskool Ellisras in Alberton om 10:00:
Sake begin nou ernstig raak in Groep 2 van die SDC Noordvaal Cup.
Daar is slegs agt eerstespanne oor na die naweek se uitspeelwedstryde wie nog met die titel kan wegstap. Potchefstroom Gimnasium, Hans Moore van Benoni en Ellisras van Lephalale het almal hul spiere behoorlik tydens die uitspeelrondes gebult.
Potchefstroom Gimnasium het op sy tuisveld neffens die Mooirivier vir Centurion met 39-12 behoorlik die loef afgesteek. Potch Gimmies se losskakel, David Ndala, het 14 van sy span se punte in die oorwinning aangeteken.
Die kragmeting sou ‘n bittersoet ervaring vir die Woeries se spanbestuurder, Koot Booysen, gewees het. Booysen was voorheen die rugbyorganiseerder by Potch Gimmies.
Potch Gimmies sal op sy tuisveld in die kwarteindronde teen Brandwag van Benoni te staan kom. Die span van Benoni het sy plek in die volgende ronde met ‘n sege van 24-19 oor Rob Ferreira van Witrivier bespreek.
Die Valke se kampioen, Hans Moore, het op alle silinders gevuur en HTS Tom Naudé van Polokwane met 47-17 verslaan. Die span van Benoni sal in die kwateindronde na Rustenburg moet reis om teen Bergsig Akademie kragte te meet.
Bergsig was self op sy stukke en het die Hoërskool Randburg met 46-29 in hul uitspeelwedstryd verslaan.
Limpopo se kampioen, Ellisras, is sonder twyfel een van die vroeë gunstelinge om die titel te verower. Die span van Lephalale het die Blou Bulle se naaswenners, Overkruin, met 55-10 afgeransel.
Ellisras sal na Alberton vir hul kwarteindstryd reis waar hulle teen die Goue Leeus se kampioenspan, Hoërskool Dinamika, te staan sal kom. Dinamika wat deur Ashley Roodt en Barry Geel gebrei word, het sy plek in die kwarteindronde met ‘n oorwinning van 19-8 oor HTS Witbank bespreek.
Geel het op sy dag as speler vir Griekwas en die Cheetahs uitgedraf.
Die verdedigende kampioen van die reeks, Midstream College, moes so ietwat sweet om vir Frikkie Meyer in Thabazimbi met 28-23 te troef. Die tuisspan het teen die omdraaislag ‘n voorsprong van 9-7 geniet, voordat die verdedigende kampioen na ‘n hoër rat oorgeskakel het.
Midstream College sal in hul kwarteindstryd teen die Hoërskool Ermelo te staan kom. Die Erries het vir Oosterlig met 20-10 uitgeskakel. Die kragmeting sal in Ermelo plaasvind, terwyl die Erries nog ‘n bondgenoot in hul hoek het in die vorm van die Springbokke se tegniese adviseur tydens die Wêreldbeker-toernooi van 1995, Rudy Joubert.
Puntemakers:
Hans Moore 47 – Drieë: Keagan van Zyl (2), Tristan Fletcher, Dian Britz, Denzil Kotze, Strafdrie. Doelskoppe: Stephan Kellerman (2). Strafdoele: Kellerman (3). HTS Tom Naudé 17 – Drieë: Dylan Potgieter, Kenielwe Phosa, Nathan Johnson. Doelskop: Potgieter.
Bergsig Akademie 46 – Drieë: MJ Pretorius (2), Dewald Potgieter, Siya Buthelezi, Clayton Reed. Doelskoppe: Simeon Botha (5). Strafdoele: Botha (2). Hoërskool Randburg 29 – Drieë: Dareau du Plessis (2), Hendré Breet, Dewald Booysen. Doelskoppe: Charl le Roux (3). Strafdoel: Le Roux.
Noordheuwel se eersterugbyspan het amper vir ‘n opskudding gesorg in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup.
Die Nories sou gedink het dat hul die onoorwonne Bere teen die planke het, toe hy danksy ‘n drie deur sy vleuel Keaton van Deventer en doelskop deur die losskakel, JT Kapank, ‘n voorsprong van 28-27 met net minder as vier minute se speeltyd oor geneem het.
Die Garsie Bere het egter met ‘n minuut se speeltyd oor ‘n sege van 30-28 beklink danksy ‘n strafdoel deur sy losskakel, Nicallen Gabrielsen.
Marais Viljoen het sy eerste sege van die reeks behaal deur vir Menlopark met 48-15 kaf te draf. Die span van Alberton se binnesenter, Henrico Germishuizen, het met sy sterk lopies in die middelveld vir die Parkies hoofbrekens besorg.
Germishuizen sak gewoontlik op agtsteman, maar het in die kragmeting vanuit die middelveld ‘n skrikbewind gevoer. Die wenspan se linkervleuel, Brandon Els, het op die aanval asook op verdediging ook ‘n uitmuntende vertoning gelewer.
Vir die Parkies kan sy agtsteman, Rocco Myburgh, heelagter en kaptein, Jayden Fortuin, asook die slot Jacques Oberholzer tevrede met hul vertonings voel. Myburgh het twee keer ‘n draai agter Marais Viljoen se doellyn gemaak.
EG Jansen moes in Mbombela ook so bietjie sweet in die eerste helfte voordat hulle uiteindelik met 48-17 as oorwinnaars van die veld teen die Hoërskool Nelspruit kon stap. Die twee spanne het gaan rus met die telling op 12-elk.
Die Rhinos van Nelspruit het na 50 minute se speeltyd ‘n voorsprong van 17-12 geniet, voordat die Jansies daarin kon slaag om uit eerste rat te kom.
Die Jansies is saam met Garsfontein die enigste twee onoorwonne spanne oor die liga.
Die geluksgodin het Saterdag op die Ras van Rooyen-veld hier nie net vir Helpmekaar-kollege se eerstespan geglimlag nie, maar sommer diep uit haar maag geskaterlag.
Helpies het in die doodsnikke daarin geslaag om ‘n soen van hul sussie te vermy en ‘n sege van 38-31 oor Monnas se Wit Bulle te behaal.
Dié sege beteken dat die span van Johannesburg se kanse om die uitspeelrondes van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling te haal ‘n stewige hupstoot gegee.
Die span se slot JP Lombaard het terwyl die sirene geloei het ‘n skop afgestorm en die bal opgepik om onder die pale oor te duik om aan sy span ‘n bonuspunt-sege te besorg.
Dit was Helpies se laaste ligawedstryd en hulle sal die laaste twee rondes voor die uitspele aandagtig dophou. Die span beklee tans die derde posisie op die puntelys met 28 punte.
Monnas (18) en Waterkloof (20) is die ander rolspelers wat nog tot die halfeindronde kan deurdring. Die Wit Bulle moet nog teen Menlopark en Klofies sake uitspook, terwyl Waterkloof ook nog vir Marais Viljoen die stryd moet aansê.
Puntemakers:
Garsfontein 30 (10) – Drieë: Aiden King, Stephan Pretorius, DA Swart. Doelskoppe: Nicallen Gabrielsen (3). Strafdoele: Gabrielsen (3). Noordheuwel 28 (14) – Drieë: Coun-Lee Koekman, Jenemo Luiters, Meyer Opperman, Keaton van Deventer. Doelskoppe: JT Kapank (5).
Marais Viljoen 48 – Drieë: Henrico Germishuizen (2), Stephan van Deventer (2), Cephas van Biljon, Juandré Theron, Dylan Botha, Brandon Els. Doelskoppe: Recce Gerber (4). Menlopark 15 – Drieë: Rocco Myburgh (2). Doelskop: Jayden Fortuin. Strafdoel: Fortuin.
EG Jansen 48 (12) – Drieë: Reon Pretorius (2), Zaide-Leigh Rippenaar (2), R-Jay Pietersen, Jeandré Jacobs, Alonso Meyer, Gerhard van Aswegen. Doelskoppe: David Twala (3), Matthew Bergman. Hoërskool Nelspruit 17 (12) – Drieë: Hughwinn Heyman (2), Regard Vermaak. Doelskop: Theuns Meyer.
Die twee verdedigende kampioene van Groep 2 van die SDC Noordvaal Cup, Hoërskool Vryburg en Die Wilgers, staan nog sterk in vanjaar se reeks.
Die twee spanne sal mekaar egter vanjaar reeds in die halfeindronde ontmoet indien hul die naweek se kwarteindronde oorleef.
Vryburg kom Saterdag teen Vereeniging Gimnasium in die kwarteindronde te staan. Die Noordwes-kampioen het in sy uitspeelwedstryd vir Standerton met 36-17 verslaan.
Vereeniging Gimnasium was naelskraaps met 24-22 teen Lydenburg baas. Lydenburg se buitesenter, Siya Fakude, het een van sy span se drieë afgerond. Dit was Fakude se 23ste drie vir sy skoolspan dié seisoen.
Die Wilgers sal in die kwarteindronde teen Puma-kampioen, Curro Nelspruit, sake uitspook. Die span van Pretoria het sy plek in die ronde met ‘n sege van 37-29 oor die Hoërskool Nylstroom bespreek.
Curro Nelspruit beleef self ‘n skitterende seisoen en het vir Piet Potgieter met 37-7 ore in die uitspeelwedstryd aangesit.
Hoërskool Erasmus van Bronkhorsspruit sal in sy kwarteindstryd vir die Hoërskool Brits die stryd aansê. Erasmus het die Valke se kampioen, Delmas, met 24-15 in die uitspeelronde uitgeskakel. Brits was met 35-6 oortuigend baas oor Zayo Academy om sy plek in die kwarteindronde te bespreek.
Bastion gaan sonder twyfel ook ‘n groot rolspeler in vanjaar se reeks wees. Die span van Roodepoort het vir Volksrust met 40-19 in die uitspeelronde verslaan. Die Leeus se kampioen sal in die kwarteindronde teen Overvaal te staan kom.
Die span se kaptein en skrumskakel, Juan Venter, asook die heelagter, Liam Jacobs, is spelers wat hul teenstanders hoofbrekens kan besorg.
Puntemakers:
Die Wilgers 37 (22) – Drieë: Tian Joubert, Ajay Lottering, Ruben Botha, Vicky Beukes, Jeandré van der Walt. Doelskoppe: Armand Griessel (3). Strafdoele: Griessel (2). Nylstroom 29 (3).
Bastion 40 (19) – Drieë: Liam Jacobs (2), Michael Bester, Heinrich Albrecht, Bennie Paich, Aiden Gerber. Doelskoppe: Juan Venter (4), Devlin du Preez. Volksrust 17 (0).
Vryburg 36 (24) – Drieë: Johannes Haasbroek (2), Hanco Halgryn, Ben van Niekerk, Diaan Janse van Rensburg. Doelskoppe: Zander Ackerman. (4). Strafdoel: Ackerman. Standerton 17 (5).
Lydenburg 22 – Drieë: Stefan van der Berg, Elje Kok, Siya Fakude. Doelskoppe: Fakude (2). Strafdoel: Fakude. Vereeniging Gimnasium 24.
o.14: Standerton 12, John Vorster 12 (Standerton het eerste punte aangeteken); Brits 31, Bergvlam 31 (Brits het eerste punte aangeteken); Nylstroom 13, Die Wilgers 5; Louis Trichardt 19, Vereeniging Gimnasium 10; Hartbeespoort 24, Erasmus 5.
RYNHARDT VAN DER LINDE (met bal), buitesenter van Helpmekaar-kollege sit hier af op een van sy gevaarlike lopies in die middelveld in sy span se sege van 38-31 oor Monument van Krugersdorp. Helpies moes die kragmeting wen om sy kanse in die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling lewendig te hou. FOTO: Marius Nortjé
KRUGERSDORP. – Die geluksgodin het Saterdag op die Ras van Rooyen-veld hier nie net vir Helpmekaar-kollege se eerstespan geglimlag nie, maar sommer diep uit haar maag geskaterlag.
Helpies het in die doodsnikke daarin geslaag om ‘n soen van hul sussie te vermy en ‘n sege van 38-31 oor Monnas se Wit Bulle te behaal.
Dié sege beteken dat die span van Johannesburg se kanse om die uitspeelrondes van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling te haal ‘n stewige hupstoot gegee.
Die span se slot JP Lombaard het terwyl die sirene geloei het ‘n skop afgestorm en die bal opgepik om onder die pale oor te duik om aan sy span ‘n bonuspunt-sege te besorg.
Dit was Helpies se laaste ligawedstryd en hulle sal die laaste twee rondes voor die uitspele aandagtig dophou. Die span beklee tans die derde posisie op die puntelys met 28 punte.
Monnas (18) en Waterkloof (20) is die ander rolspelers wat nog tot die halfeindronde kan deurdring. Die Wit Bulle moet nog teen Menlopark en Klofies sake uitspook, terwyl Waterkloof ook nog vir Marais Viljoen die stryd moet aansê.
Garsfontein en EG Jansen is die enigste onoorwonne spanne in die reeks. Albei het met seges teen onderskeidelik Noordheuwel (30-28) en Hoërskool Nelspruit (48-17) seker gemaak dat hul ‘n plek in die halfeindronde het.
Garsies het met ‘n strafdoel in die doodsnikke deur sy losskakel, Nicallen Gabrielsen, seker gemaak dat hy die Nories kon klop. Sy direkte teenstander, JT Kapank, het minder as ‘n minuut te vore met ‘n strafdoel sy span met 28-27 laat voorloop.
Die Hoërskool Fichardtpark het gesweet om Witteberg van Bethlehem met 29-27 te troef, maar kon met dié sege die Wesgrow-liga onoorwonne afsluit. Die Fichies Leeus is ook daarmee as kampioen van die liga gekroon.
Die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria het vir Waterkloof met 57-31 gekarnuffel om te wys dat hulle nie sommer net die stryd gewonne sal gee nie.
Affies se linkervleuel, Eagan Roux, het ‘n driekuns aan drieë behaal, terwyl die heelagter, Migael de Lange, ook ‘n pragdrie vanuit sy span se eie halfgebied afgerond het.
Grey-kollege van Bloemfontein het in Gqeberha sy naamgenoot op die Kolisi-veld met 38-14 kaf gedraf.
Outeniqua het danksy ‘n strafdoel deur die plaasvervanger-skrumskakel, Ellie Meyer, ‘n sege van 10-8 teen Hoërskool Stellenberg deurgetrek.