SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • School Profile – St. John’s College

    School Profile – St. John’s College

    Founded:

    Teams: 2007, 2008.

    St. John’s College Easter Festival: 2004, 2005, 2006, 2007, 2008.

  • School Profile – St. Andrew’s (Bloemfontein)

    School Profile – St. Andrew’s (Bloemfontein)

    St. Andrews Bloemfontein Founded: 1863
    Motto: Fiat Lux
    Website:  www.sasb.co.za
    Teams: 2013, 2012, 2011, 2010, 2009, 2008, 2007, 2006, 2005, 2004, 2003, 2002, 2001, 2000, 1999, 1998, 1997, 1996, 1995, 1994, 1993, 1992, 1991, 1990, 1989, 1988, 1987, 1986, 1985, 1984, 1983, 1982, 1981, 1980, 1979.

    Cravenweek Players: Luke Wollenschlaeger (1991), Mas Tyali (2001), Kali Moahloli (2001), Dries van Schalkwyk (Cats – 2002), Johnny Danso (2003), Lefa Mosena (2005).

    Springboks: *Guy Kebble (1993).

    Other Internationals: Dries van Schalkwyk (2016).

    *Guy Kebble didn’t matriculate at St. Andrews in Bloemfontein, but at Diocesan College (Bishops) in Cape Town. Kebble however did represent Saints’ first XV in 1981.

     

  • President Steyn – 2013

    Results 

    President Steyn 18,  Aliwal-Noord 10 

    President Steyn   7,  Nylstroom 10

    President Steyn 58,  Goudrif 0

    President Steyn 47,  Springs Boys’ High 0

    President Steyn 22,  Welkom Gimnasium 24 

    President Steyn 21,  Brandfort 14
    President Steyn 37,  Zastron 31

    Players: Janus Sander, 

  • HTS Middelburg – 1995

    Results 

    HTS Middelburg 32,  General Hertzog 8
    HTS Middelburg 29,  Witbank THS 3
    HTS Middelburg 24,  Ben Viljoen 3

    HTS Middelburg 33,  Middelburg HS 6

    HTS Middelburg 42,  Oosterland 7
    HTS Middelburg 15,  Ben Viljoen 3 

    HTS Middelburg 30,  Klerksdorp HS 6

    HTS Middelburg 31,  Monument 25 

    HTS Middelburg 24,  Affies 24 

    Players: Frans Allers (captain), Grant Bartle, 

    Coaches: Poerie van Rooyen and Chris Grobler. 

  • HTS Middelburg – 1991

    Results

    HTS Middelburg 45, General Hertzog 0
    HTS Middelburg 10, Ben Viljoen 0
    HTS Middelburg 6, Middelburg HS 12
    HTS Middelburg 37, Witbank THS 0
    HTS Middelburg 50, Oosterland 0
    HTS Middelburg 3, Menlopark 22
    HTS Middelburg 27, Reynopark 6
    HTS Middelburg 6, Ermelo 6
    HTS Middelburg 24, Ermelo 22
    HTS Middelburg 16, Middelburg HS 3
    HTS Middelburg 16, Sasolburg THS 9
    HTS Middelburg 12, Nelspruit HS 6
    HTS Middelburg 18, Menlopark 10

    Players: Roelf Luus, Justus Killian, Martin Erasmus, Bertus Fouché, Steven Ferreira; Kallie Benadé, Richard McKechnie, Kobus Beukes, Francois Cilliers, Gunder Williamson, Theo le Roux, Jaco Prinsloo, Jacques Hattingh, Frans Luus, Japie Kleynhans (captain).

  • HTS Middelburg – 1993

    Players: Riaan Stoltz, Grant Bartle, André Hurn, Edmond Muller, Rudie Nyschen, Gertjie van Aswegen, Francois van Rensburg, Gysbert de Vries, Cecil Botha, Henry Milner, Frans Allers, Werner French, Braam du Preez and Christo Potgieter.

  • HTS Middelburg – 1996

    Results

    Middelburg THS   5,  Brandwag (Benoni) 15
    Middelburg THS 15,  Affies 24 (Beeld Trophhy final) 
    Middelburg THS 15,  Waterkloof 15
    Middelburg THS 35,  Marais Viljoen 20
    Middelburg THS 24,  Piet Potgieter 3
    Middelburg THS 47,  Piet Potgieter 0
    Middelburg THS 38,  Tuine THS 0
    Middelburg THS 40,  Hugenote (Springs) 0
    Middelburg THS 29,  Vereeniging THS 0
    Middelburg THS 53,  Hoogenhout 5
    Middelburg THS 17,  Ben Viljoen 0
    Middelburg THS 27,  Ermelo 6
    Middelburg THS 23,  Ermelo 14
    Middelburg THS 58,  Kanonkop 10
    Middelburg THS 41,  Oosterland 10
    Middelburg THS 42,  Pretoria Boys’ High 13
    Middelburg THS 37,  Middelburg HS 0
    Middelburg THS 53,  Witbank THS 6
    Middelburg THS 42,  Ligbron THS 19
    Middelburg THS 61,  Drostdy THS 10
    Middelburg THS 56,  Bellville THS 0
    Middelburg THS 45,  Standerton 11
    Middelburg THS 24,  Brandwag (Benoni) 13
    Middelburg THS 24,  Nelspruit 6

    Players: Jacques du Toit; Gerhard Oosthuizen, Kobus Kruger, Johan Oberholzer, Jeremy Montgomery; John Brummer, Rudi Kern; Hansie Bezuidenhout, Dawid de Wet, Armand Moll, Manie du Preez, Danie van Wyk, Paul Esterhuysen, Herman Visser and Jacques Coetzer.

  • HTS Middelburg – 2011

    Results

    Middelburg THS 38,  Outeniqua HS 10

    Players: Aubrey Joubert, Neil Meyer, Donny Smith, Wygie Johnstone, Christo Meyer, Gysie du Plessis, Cornie Oosthuizen, Jano Venter, Reinhardt Griessel, Kwagga Smit, Wayne Allen, Tiaan Viljoen, Ivan Gouws, JP Schonfeldt, Rohan Raath, Sean Smook, Divan Swart, Jean du Toit, Stephan Vorster, Kobus Wolmarans, Gerhard Volschenk, Jean Joubert.

  • Noord-Kaap klop Diamantveld in FNB Classic Clash

    KIMBERLEY. – Hoërskool Noord-Kaap se eerste rugbyspan het sy onoorwonne rekord sedert 2008 teen sy eweknie van Diamantveld behou met ‘n sege van 27-19 in die twee spanne se ENB Classic Clash op GWK-park Saterdag in hier. Die wedstryd was die vernaamste voorwedstryd vir die Vodacombeker-kragmeting tussen Griekwas en die Luiperds.

    Dié Classic Clash is ook regstreeks op SuperSport gebeeldsend. Diamantveld het rustyd 13-10 voorgeloop, ondanks die feit dat Northerns meeste van die balbesit en gebiedsvoordeel in dié helfte geniet het.

    Diamantveld het kort voor rustyd vir die eerste keer die voortou geneem toe sy losskakel, Deon van Zyl met sy tweede strafdoel geslaag het. Noord-Kaap se pak voorspelers het hulle span op die voorvoet gehou. Die wenspan het ook die oorhand in die scrums gehad met Willie van Aswegen wat twee vaskoppe gehaak het danksy die sterk skrumwerk van die agttal.

    Die agtsteman, Gerhard Holtzhausen het sy span se tweede drie gedruk na Van Aswegen ‘n vaskop slegs vyf meter van Diamantveld se doellyn gehaak het. Holtzhausen het die bal agter die skrum opgepik en oorgeval.

    Noord-Kaap se stelskopper en buitesenter, Dimitrio Tieties het sy skopskoene in Noord-Kaap se koshius, Huis Nerina vergeet. Tieties het sy eerste vyf pogings na die pale mis gekorrel. Hoewel hy die bal goed getref het, was sy rigting nie daar nie.

    Diamantveld sal vandag terug kyk na dié kragmeting en besef dat hy net so maklik as oorwinnaar van die veld kon gestap het. Diamonds het in die tweede helfte meer besit geniet en steeds hulle kanse om punte aan te teken goed gebruik.

    Noord-Kaap het met die oorwinning ook die eerste span geword om sy plek in die halfeindstryd van die Kovsiestreek-kompetisie se Shimla-liga (vir mediumskole) te bespreek. Northerns is die afgelope vier jaar die kampioen van hierdie liga. Volksblad is ‘n medeborg van die kompetisie.

    Die verloorspan se agtsteman, Jacques van Zyl het met hope durf gespeel. Hy het die bal goed gedra en ‘n hele paar keer oor die voordeellyn gekom. Agterlangs kan Deon van Zyl tevrede met sy vertoning voel. Die haker en kaptein, Daniël van Zyl het ook in die los gewoel.

    Ongetwyfeld die speler van die wedstryd was Northerns se flank, Luaan Dowie. Hy het veral met sy spel by die afbreekpunte beïndruk. Hy het ‘n hele paar keer Diamonds se besit vertraag sowel as omgekeerde besit verseker. Dowie was ook ‘n goeie skakel tussen voor- en agterspelers. Die span se agtsteman, Gerhard Holtzhausen het ook met sy spel beïndruk en het sy span telkens oor die voordeellyn met kragtige lopies gekry.

    Agterlangs het die vleuel, Hillford Clarke die kanse wat na sy kant toe gekom het aangegryp. Hy het twee drieë gedruk. Waarvan die eerste drie vanaf ‘n losgemaal gekom het waar hy agter die losgemaal die bal gekry oorgeval het toe die losgeskrum oor die doellyn gevorder het.

    Puntemakers: 

    Noord-Kaap 27 (10) – Drieë: Hillford Clarke (2), Ryan de Wee, Gerhard Holtzhausen Thulani Njenje. Doelskop: Dimitrio Tieties. Diamantveld 19 (13) – Drie: Daniël van Zyl. Doelskop: Deon van Zyl. Strafdoele: Van Zyl (4).

  • Bothaville en Riebeeckstad gunstelinge in Sandveld-liga

    DIE eerste rugbyspanne van Bothaville en Riebeeckstad is die spanne wat vanjaar in die Sandveld-liga se A-afdeling geklop moet word. Bothaville is die verdedigende kampioen en het Hennenman 56-5 Saterdag verslaan. Riebies het vir Wessel Maree van Odendaalsrus ‘n drag slae van 65-14 toegedien.

    Geen wedstryde in die Griffons se A-liga is die naweek weens swaar reën en sopnat velde beslis nie. Dié naweek se bepalings sal nou eerskomende Donderdag beslis word.

    Vir Bothaville het sy flank Wikus Lourens ?n uitmuntende vertoning gelewer. Agterlangs het dié span se losskakel, Jeandré Kleinhans die spel dikteer. Die senter, Heinrich Hoops ka nook tevrede met sy vertoning voel. Vir Hennenman het sy skrumskakel, Marco Pretorius suiwer diens aan sy agterlyn van agter die oond gegee. Hy het ook ?n hele paar vlymskerp breekslae ingekry. Voorlangs het die flank Didier Botes nooit moed opgegee nie, terwyl die linkervleuel

    Kammi Sethlana saam met hom met hulle rotsvaste verdediging beïndruk het.

    Riebeeckstad se linkervleuel, Johan Engelbrecht het ‘n driekuns aan drieë in sy span se weghol-sege behaal. Hoewel dit

    ‘n spanpoging was, was die kaptein en agtsteman JM Uys weer aan die spits van sy span se vertoning. Uys het self twee keer gaan druk en ook vyf doelskoppe oorgeklits vir ‘n persoonlike bydrae van 20 punte in die kragmeting.

    Hy is goed deur sy twee flanke Morné Nortjé en Zander Bester voorlangs geondersteun. Agterlangs was Engelbrecht, die losskakel Siegie van Wyk en heelagter Wanga Schumi uitstaande. Vir Wessel Maree het Jean-Luc Blignaut ?n alleenstryd gevoer.

    In die Oos-Vrystaat het Reitz sy rieme teen Vrede vasgeloop. Vrede het met sy oorwinning van 39-0 gewys dat hy nog in vanjaar se wedloop om die titel as kampioen in die Riemland is. Vrede het die vorige week teen die verdedigende kampioen, Wilgerivier van Frankfort verloor. Wilgerivier het verlede week ‘n loslootjie gehad.

    Paul Erasmus van Senekal is ook nog onoorwonne na hy Saterdag vir Ficksburg 19-7 getroef het. In die Sandveld B-liga het Sandveld sy twee oortuigende sege in soveel weke behaal deur Harmony 64-0 af te ransel.

    Die Hoërskool Kalahari van Kuruman gaan vanjaar gewis een van die kragte in die Kovsiestreek-kompetisie se Irawa-liga (vir kleinskole) wees. Kalahari het Hoërskool Upington Saterdag 25-18 uitoorlê. Die tuisspan het rustyd reeds 20-10 voorgeloop.

    Landboudal het danksy ?n reuse terugveg poging in die tweede helfte ‘n seldsame sege van 23-22 oor Hoërskool Duineveld in Upington behaal. Duineveld het op sy tuisveld teen lemoentyd ‘n stewige voorsprong van 22-6 opgebou. Dit het toe reeds geblyk of alles vir die span van Jacobsdal verlore was, maar dié besoekers het veggees en durf in die tweede helfte gewys. Lanties het in die tweede helfte die bal hope lug gegee. ?Albei spanne het goeie rugby gespeel en ek ding ons manne wou dit op die ou einde net meer gehad het, het Cassie Carstens, afrigter van Landboudal na die tyd gesê.

    Vir Duineveld het die binnesenter Brendan-Lee Faro en losskakel Cobus van Niekerk agterlangs meer as hul deel gedoen. Terwyl die agtsteman, Junior Burger voorlangs sy span se beste speler was.

    De Aar was naelskraaps 13-12 in hulle ligawedstryd teen Hartswater baas. Prieska het Douglas ‘n les geleer en 51-10 as oorwinnaars uit die stryd getree. Douglas se vleuel, Nicolas de Bruin is vroeg in die kragmeting met ?n rooikaart van die veld gejaag.

    Puntemakers: 

    Bothaville 56 (36) – Drieë: Sakkie Bester (2), Ayrton Veira (2), Derek Beeslaar, Wikus Lourens, Sakkie Wessels, Armand van der Merwe, Jeandré Kleinhans. Doelskoppe: Kleinhans (4). Strafdoel: Kleinhans. Hennenman 5 (0) – Drie: Andries Germishuizen.

    Riebeeckstad 65 (36) – Drieë: Johan Engelbrecht (3), JM Uys (2), Wanga Schumi (2), Siegie van Wyk (2), Teboho Pesa, Kobus Scheepers. Doelskoppe: Uys (5). Wessel Maree 14 (0) – Drieë: Chris Norton (2). Doelskoppe: Evert Grobbelaar (2).

    Vrede 39 – Drieë: JP Burger (2), Charl du Toit, Abrie Wessels, Jason Bloem. Doelskoppe: Johan Esterhuizen (4). Strafdoele: Esterhuizen (2). Reitz 0.

    Paul Erasmus 19 (12) – Drieë: Michael Brown, Reirotele Mosia, Katlego Moahloli. Doelskoppe: Edwin Gower (2). Ficksburg 7 (0).

    Sandveld 64 – Drieë: Michael Marx (2), Reinhardt Lennox (2), Jaco Groenewald, Johan Fick, Naledi Madungwa, Mpho Manesi, Victor Mhlakaza, Nyakalo Moketsi. Doelskoppe: Monwabesi Mexico (7). Harmony 0.

    Kalahari 25 (20) – Drieë: Dylan du Plessis, Andrew Byleveldt, Jandré de Klerk. Doelskoppe: Clinton Toüa (2). Strafdoele: Toüa (2). Hoërskool Upington 18 (10) – Drieë: Jasper Wiese, Jonathan Steenkamp. Doelskop: DJ van den Heever. Strafdoele: Van den Heever.

    Landboudal 23 (6) – Drieë: Zach Janse van Vuuren (2), Henroux Benadé. Doelskop: Morris Rossouw. Strafdoele: Rossouw (2). Duineveld 22 (22) – Drieë: Rayno Nel, Jan-Hendrik van Wyk, Coenie Lampbrecht. Doelskoppe: Attie Brits, Christiaan du Plessis. Strafdoel: Brits.

    Prieska 51. Douglas 10 – Drie: Rikus Nel. Doelskop: Morné Morolong. Strafdoel: Morolong.