SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • Garsie Bere soek soete wraak teen gewonde Wit Bulle

    Garsie Bere soek soete wraak teen gewonde Wit Bulle

    PRETORIA. – Wanneer die Hoërskool Garsfontein en die Hoërskool Monument op die rugbyveld bots is daar altyd maar ‘n paar onafgehandelde sake om uit te sorteer.

    Dit kan nie anders nie die twee spanne het die afgelope paar seisoene die pas in die Noordvaal-streek en veral in die SDC Noordvaal Cup se Beker-kompetisie aangegee.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport SchoolsKyk Regstreeks.

    Vanjaar is dit weer die geval en die twee spanne wat verlede jaar mekaar in die eindstryd gepak het se mekaar ook Saterdag op Bere-park in Pretoria in ‘n titaniese stryd in die oudste skolereeks in Suid-Afrika die stryd aan.

    Monument is die verdedigende kampioen en die onoorwonne Garsies sal vanjaar die bordjies teen die Wit Bulle wil verhang. Die Garsie Bere het verlede jaar slegs twee keer in alle wedstryde die knie gebuig en albei die nederlae was teen Monnas.

    Die Wit Bulle is boonop gewond na hulle verlede week met 17-41 deur EG Jansen op hul tuisveld in Krugersdorp verslaan is. Dit was Monnas se eerste nederlaag in die SDC Noordvaal Cup sedert die halfeindronde van 2019 se reeks toe dit nog as die Virsekerbeker bekend gestaan het.

    Garsfontein spog daarenteen met ‘n onoorwonne status in vanjaar se reeks en is feitlik weer op volsterkte na hy sy vorige twee kragmetings teen Menlopark (48-6) en Marais Viljoen (64-12) sonder ‘n hele paar staatmakers moet speel.

    Die Bere het vanjaar nog net teen die land se voorste span, Grey-kollege (9-23), die knie gebuig.

    Monnas se hoofafrigter, Tjaart van der Walt, het egter duidelik die resep hoe om die Bere te klop. Hy was voorheen ook die Bere se hoofafrigter en het ook vir die Bere se eerstespan uitgedraf.

    Sedert hy Pretoria vir Krugersdorp verruil het, het Monnas nog net een keer in 2018 (39-49) teen Garsfontein die knie gebuig. Van der Walt het sedert sy skuif reeds sewe seges oor sy alma mater behaal.

    Die Bere se hoofafrigter, Johan du Plessis, is self ‘n oud-Garsie en sy lemonade sal gewis Saterdag ‘n soeter smaak he indien sy span as oorwinnaars van die veld kan stap.

    Waterkloof sal na Johannesburg reis vir ‘n baie belangrike kragmeting teen Helpmekaar-kollege. Die Klofies se kanse om tot die halfeindrondes van die Noordvaal-reeks deur te dring sal waarskynlik deur vandag se uitslag bepaal word.

    Helpies beklee op die oomblik die boonste posisie op die puntelys en is tot dusver vanjaar ‘n moeilike span om tot oorgawe op sy tuisveld te dwing.

    Volg al die aksie van die kragmeting regstreeks op SuperSport Schools Kyk Regstreeks.

    Dr. EG Jansen van Boksburg sal op sy tuisveld vir Menlopark die stryd aanse. Die Jansies is nog onoorwonne vanjaar en kan die Parkies dalk so bietjie karnuffel.

    Die kragmeting word regstreeks op SuperSport kanaal 216 uitgesaai. Dit kan ook regstreeks op SuperSport Schools gestroom word – Kyk Regstreeks.

    Die Parkies het wel in die week ‘n hele paar tree gegee om hul rugbyprogram weer ‘n hupstoot te gee. Hulle het in die week aangekondig dat Jaco Dames by hul sal aansluit om die wintersporte te bemark.

    Hy is reeds in die week ook by die afrigting op o.14-vlak nader getrek.

    Die spanne is: 

    Garsfontein: 15 Jason Hugo, 14 Ruan Enslin, 13 Dimitre Erasmus, 12 Heinrich Cloete, 11 Cassie Prinsloo, 10 Nicallen Gabrielsen, 9 Zian Cilliers, 8 Abri van der Westhuizen (kaptein), 7 Aiden King, 6 Luan Olivier, 5 James Schnetler, 4 Jacques Swarts, 3 Leighton Cloete, 2 De Wet Lottering, 1 DA Swart.

    Monument: 15 Daylon Myners, 14 Nathan Venter, 13 Kelvin van Wyk, 12 Zain Henery, 11 Ernesto Oerson, 10 Justin Viljoen, 9 Ceano Everson, 8 Jamaal Feldman, 7 RJ Barnard, 6 Ryan Coetzee, 5 Uli van der Westhuizen, 4 Jacques Botha, 3 Ricardo du Plessis, 2 Tristan da Costa, 1 Muller van Reenen.

    Afskop: 13:20

    Ander wedstryde: 

    12:30 – Helpmekaar vs Waterkloof; 14:00 – EG Jansen vs Menlopark.

  • Jansies skok Monnas op die Ras, Ferreira ryg ses drieë vir die Jade Brigade in

    Jansies skok Monnas op die Ras, Ferreira ryg ses drieë vir die Jade Brigade in

    Jeandre Jacobs, buitesenter van EG Jansen, duik hier oor die doellyn vir een van sy drie driee in sy span se skoksege van 41-17 oor Monnas. FOTO: Marius Nortje

    KRUGERSDORP. – Daar sal ongetwyfeld so bietjie bomskok onder die Hoërskool Monument se Wit Bulle en hul ondersteuners heers.

    Dr. EG Jansen van Boksburg het vir die eerste keer sedert 2015 daarin geslaag om die Wit Bulle om te dop. Of kom ons sê liewer met 41-17 af te slag.

    Die sege beteken ook dat daar slegs twee spanne, die Jansies en die Hoërskool Garsfontein met ‘n onoorwonne status in vanjaar se Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup kan spog.

    Dit was boonop Monnas se eerste nederlaag in dié reeks sedert hy in 2019 teen Helpmekaar-kollege (22-27) in die halfeindstryd die knie moes buig.

    Monnas kom volgende Saterdag in ‘n herontmoeting van verlede jaar se eindstryd teen Garsfontein in Pretoria te staan.

    EG Jansen se heelagter, David Twala, was op sy stukke teen Monnas en kon feitlik nie ‘n voet verkeerd sit nie. Hy het veral met sy lang lynskoppe die druk na die tuisspan verplaas. Hy het boonop ‘n skitterende lopie van ongeveer 50 meter vanaf ‘n teenaanval afgerond.

    Die wenspan se buitesenter, Jeandré Jacobs, het ook weer gewys hoe gevaarlik hy kan wees wanneer hy te veel spasie gegun word. Hy het drie keer ‘n draai agter Monnas se doellyn gemaak.

    Noordheuwel het nie veel probleme ondervind om die Hoërskool Nelspruit se Rhinos met 65-7 kaf te draf nie.

    Die span se losskakel, JT Kapank, het weer die punte ingeryg en 21 punte tot sy span se totaal bygedra. Kapank het ses van sy span se nege drieë verdoel en ook drie strafdoele oor die pale geklits.

    Helpmekaar se Ulrich Swart (flank) en Michael Benzien (senter) was aan die voorpunt van hul span se oorwinning van 29-22 oor Marais Viljoen van Alberton.

    In Groep 2 van die Noordvaalreeks sal dit keer kos om Midstream College te keer om sy titel suksesvol te verdedig. Die span het vir Pretoria-Noord in 39 minute met 61-10 afgeransel.

    Die Hoërskool Ermelo sal sy Puma-titel in die groep teen Rob Ferreira van Witrivier verdedig. Die Erries moes hard werk om HTS Witbank met 15-11 in die halfeindronde te verslaan. In die ander halfeindstryd het Rob Ferreira vir Piet Retief met 28-26 verras.

    Daar was gewis behoorlik feesgevier in Makhanda Saterdagaand. Die drie skole van die Oos-Kaapse dorp – Graeme College, St Andrew’s College en Kingswood College het drie indrukwekkende seges oor onderskeidelik Grey High School (22-8), Selborne College (26-13) en Dale College (22-0) behaal.

    Hilton College sal heel moontlik weer vanjaar die seisoen as die voorste skolespan in KwaZulu-Natal afsluit. Die span het vir Maritzburg College met 29-14 getroef.

    Dit was ‘n sopnat en koue dag in die Wes-Kaap. Die Hoër Jongenskool Paarl kon egter genoeg hond haaraf op die Tinkie Heyns-veld maak om die bordjies na verlede jaar teen Rondebosch Boys’ High met 12-7 te verhang.

    Paul Roos Gimnasium het in ‘n modderbad in die Markotter-stadion in Stellenbosch vir SACS met 26-7 geklop, terwyl Paarl Gimnasium se loskopstut, Xander Mynhardt, ‘n driekuns aan drieë in sy span se oorwinning van 45-7 oor Bishops behaal het.

    Stellenberg se flank Marco Ferreira het ‘n dag beleef wat hy nie sommer gou sal vergeet nie. Hy het ‘n nuwe rekord vir die Jade Brigade opgestel deur ses keer in sy span se wegholsege van 60-5 oor Parel Vallei die doellyn oor te steek.

    Hoërskool Durbanville se senter James Nero het ook ‘n driekuns aan drieë behaal in sy span se sege van 72-12 oor Hoërskool Bellville. Dit het sy totaal vir die seisoen tot ‘n allemintige 25 drieë opgestoot. Hy het verlede jaar ook 32 drieë vir sy skool se eerstespan ingeryg.

    Al die uitslae: 

    SDC NOORDVAAL CUP

    Groep 1

    Beker: EG Jansen 41, Monument 17; Noordheuwel 65, Nelspruit 7; Helpmekaar 29, Marais Viljoen 22. Plaat: Hoërskool Middelburg 43, Hoërskool Klerksdorp 25; Hoërskool Rustenburg 29, Zwartkop 22; Kempton Park 28, Montana 27. Skild: Oos-Moot 33, Heidelberg Volkskool 32; Hugenote (Springs) 18, Ben Vorster 13. Bowl: Hoërskool Alberton 29, Dr. Malan 12; Potchefstroom Volkskool 24, Hoërskool Pietersburg 23; Wesvalia 18, Merensky 8.

    Groep 2

    Blou Bulle: Midstream College 61, Pretoria-Noord 10; Wonderboom 26, Hoërskool Tuine 26; Centurion 29, HTS John Vorster 17. Goue Leeus: Limpopo: Ellisras 48, Hans Strijdom 10; Frikkie Meyer 25, Frans du Toit 5; Ben Viljoen 25, HTS Tom Naudé 14. Pumas: Rob Ferreira 28, Piet Retief 26; Ermelo 15, HTS Witbank 11. Valke: Oosterlig 29, Driehoek 17; Leeuwenhof 18, Brandwag (Benoni) 17;

    Groep 3

    Limpopo: Warmbad 24, Curro Heuwelkruin 22. Luiperds: Brits 47, Hartbeespoort 13. Pumas: Standerton 26, Generaal Hertzog 5.

    Groep 4

    Goue Leeus: Allen Glen 45, Goudrif 0; Bekker 38, President 7; Queens High 40, Carletonville 5.

    KWAZULU-NATAL

    Hilton College 29, Maritzburg College 14; Clifton 38, St David’s Marist 15; Michaelhouse 38, Northwood 12; Kearsney College 31, St Charles College 15.

    NOORDVAAL

    Jeppe 22, Pretoria Boys’ High 16; St Benedict’s College 22, Parktown Boys’ High 18; St Alban’s College 21, Northcliff 15; St John’s College 34, St Benedict’s College 22; Potchefstroom Gimnasium 17, Dinamika 10; Randburg 32, Bergsig Akademie 12.

    OOS-KAAP

    Framesby 38, Die Brandwag (Uitenhage) 8; St Andrew’s College 26, Selborne College 13; Kingswood College 22, Dale College 0; Pearson 48, HTS Daniël Pienaar 17; Graeme College 22, Grey High School 8; Marlow Landbou 45, Hudson Park 0.

    WES-KAAP

    Hoër Jongenskool Paarl 12, Rondebosch Boys’ High 7; Boland Landbou 24, Wynberg Boys’ High 15; Paarl Gimnasium 45, Bishops 7; Paul Roos Gimnasium 26, SACS 7; Brackenfell 21, Hottentots-Holland 0; Stellenberg 60, Parel Vallei 5; HTS Drostdy 73, Tygerberg 5; Melkbosstrand 32, Malibu 12; Edgemead 16, Vishoek 10; Hoërskool Durbanville 72, Hoërskool Bellville 12; Bosmansdam 41, Grootte Schuur 6; Hugenote (Wellington) 35, DF Malan 22.

  • SDC Noordvaal Cup Results – 3 June 2023

    SDC Noordvaal Cup Results – 3 June 2023

    Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.

    Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@superschoolsnews.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.

    Al die uitslae:

    GROEP 1 

    BEKER-AFDELING

    [ninja_tables id=”16178″]

    Ander spanne:

    o.16: Monument 24, EG Jansen 18; Helpmekaar 29, Marais Viljoen 15; Noordheuwel 12, Nelspruit 10.

    o.15: Monument 39, EG Jansen 7; Helpmekaar 36, Marais Viljoen 0; Noordheuwel 33, Nelspruit 3.

    o.14: Monument 35, EG Jansen 19; Helpmekaar 39, Marais Viljoen 0; Noordheuwel 10, Nelspruit 10.

    PLAAT-AFDELING

    [ninja_tables id=”16179″]

    Ander spanne: 

    o.16: Montana 43, Kempton Park 29;

    o.15: Kempton Park 24, Montana 10;

    o.14: Kempton Park 19, Montana 10;

    SKILD-AFDELING

    [ninja_tables id=”16180″]

    Ander spanne: 

    o.16: Heidelberg Volkies 13, Oos-Moot 12; Hugenote 24, Ben Vorster 19.

    o.15: Heidelberg Volkies 22, Oos-Moot 6; Hugenote 31, Ben Vorster 22.

    o.14: Oos-Moot 14, Heidelberg Volkies 10; Ben Vorster 40, Hugenote 5.

    BOWL-AFDELING

    [ninja_tables id=”16181″]

    Ander spanne: 

    o.16: Alberton 17, Dr. Malan 14; Pietersburg 29, Potch Volkies 6; Merensky 23, Wesvalia 19.

    o.15: Alberton 21, Dr. Malan 10; Pietersburg 19, Potch Volkies 18; Wesvalia 31, Merensky 7.

    o.14: Dr. Malan 29, Alberton 12; Pietersburg 28, Potch Volkies 10; Wesvalia 29, Merensky 19.

     

  • Vrystaat kies sy voorlopige spanne vir verteenwoordigende weke

    Vrystaat kies sy voorlopige spanne vir verteenwoordigende weke

    IAN VAN DER MERWE FOTO: Gallo Images

    Die Vrystaatse skolekeurders het nog ‘n paar moeilike besluit wat die naweek op hulle wag.

    Die keurders het ‘n groep van 26 spelers gekies om die naweek die unie se o.18-span teen sy eweknie van Griekwaland-Wes tydens die jaarlikse Vrystaatse Bondedag te verteenwoordig.

    Dit is ook dan die voorlopige Cravenweek-span, wat beteken dat die keurders moet nog drie spelers sny voordat die finale span aangekondig word.

    Daar is soos verwag ‘n groot aantal spelers van Grey-kollege in die groep met 16 spelers van die land se voorste rugbyskool wat in die groep ingesluit is. Daar sal 14 van Grey se spelers in die beginspan uitdraf met Jim Fouche se haker, Stefan Venter, wat die enigste leerling van ‘n ander skool is wat aanvanklik sal uitdraf.

    Louis Botha het met vyf spelers Neo  Mothibeli, Tshiamo Senoamadi, Daniel Chimpmundi, Mogomotsi Mokuyane en Kwanda Tokwe die tweede grootste verteenwoordiging in die groep.

    Fichardtpark se bulslot Jaco Grobbelaar is saam met nog twee Fichies Devante Claassen en Edward Mapinga in die groep ingesluit.

    Slegs vier spelers wat verlede jaar vir die Blikore op die Cravenweek in Kaapstad in aksie was, sal weer vanjaar die toernooi bywoon. Hulle is Ranon Fouche, Jean Erasmus, Jean-Henri Smith en Benito Goeda.

    Fouche was verlede jaar die span se een slot, maar het vanjaar na die voorry geskuif. Goeda en Smit was onderskeidelik op vleuel en agtsteman in aksie, maar sal vanjaar op buitesenter en flank ingespan word.

    Die spanne is: 

    Cravenweek: 15 Alzeadon Felix (Grey College), 14 Junior Claassen (Grey College), 13 Benito Goeda (Grey College), 12 Pieter van der Merwe (Grey College), 11 Pretorius Ekeji (Grey College), 10 Ian van der Merwe (Grey College), 9 Christiaan van der Westhuizen (Grey College), 8 JJ Theron (Grey College), 7 Keagan Scholtz (Grey College), 6 Jean-Henri Smith (Grey College), 5 Marno Stopforth (Grey College), 4 Heinrich Theron (Grey College), 3 Jean Erasmus (Grey College), 2 Stefan Venter (Jim Fouche), 1 Ranon Fouche (Grey College). Plaasvervangers: 16 Neo Mothibeli (Louis Botha), 17 Tshiamo Senoamadi (Louis Botha), 18 Daniel Chimpmundi (Louis Botha), 19 Mogomotsi Mokuyane (Louis Botha), 20 Kwanda Tokwe (Louis Botha), 21 Devante Claassen (Fichardtpark), 22 Pharrell van Wyk (Grey College), 23 Kutlo Seoko (Louis Botha), 24 Liam van Wyk (Grey College), 25 Jaco Grobbelaar (Fichardtpark), 26 Edward Mapinga (Fichardtpark).

    Akademie-week: 15 Vincent Wolhuter (Grey College), 14 Qwyd Koen (Grey College), 13 Martin Botha (Grey College), 12 Hayden Tolmay (Grey College), 11 Ayanda Qinasa (Louis Botha), 10 Dailen Geldenhuys (Fichardtpark), 9 Oratile Maphile (Louis Botha), 8 Calvin Bolt (Jim Fouche), 7 Schalk du Plesssis (Grey College), 6 Tumelo Leputla (Fichardtpark), 5 Themba Maganga (Louis Botha), 4 Guawa Mozamo (Louis Botha), 3 Danie Kruger (Grey College), 2 Emile McGeer (Sentraal), 1 Tsitseriesto Shongwe (Louis Botha). Plaasvervangers: 16 Iniphile Mabilwana (Louis Botha), 17 Kutlwano Tukulu (Louis Botha), 18 Nathan Swanepoel (Fichardtpark), 19 Juan Venter (Grey College), 20 Rorisang Masoeu (Grey College), 21 Erich Visser (Grey College), 22 Piwe Majugama (), 23 Theko Montjane (Grey College).

    Vrystaat Arende: 15 Hanre du Plessis (Grey College), 14 Barry Pretorius (Landboudal), 13 Duan Viviers (Fichardtpark), 12 Jan-Louis Nel (Landboudal), 11 Pumelele Banti (), 10 Vuyani Moore (Landboudal), 9 Tristan van der Walt (Jim Fouche), 8 Sarel Taljaard (Sentraal), 7 Wian Pienaar (Fichardtpark), 6 Ruhan Heymans (Jim Fouche), 5 Stefan van Rooyen (Jim Fouche), 4 Arno van der Merwe (Grey College), 3 Stian Marais (Jim Fouche), 2 Luan du Plessis (Fichardtpark), 1 Bernard Labuschagne (Jim Fouche). Plaasvervangers: 16 Bielie Davel (Landboudal), 17 Vernon Snyman (Grey College), 18 Loffie Ackerman (Landboudal), 19 Nathan Dodd (Fichardtpark), 20 Phelile Katse (Louis Botha), 21 Renier du Plesssis (Grey College), 22 Dillon Calitz (Jim Fouche), 23 Aubrey Adams (Landboudal), 24 Luke Reynders (Grey College).

     

  • Jansies breek Klofies se harte in tweede helfte, terwyl Helpies die Rhinos blitzkrieg

    Jansies breek Klofies se harte in tweede helfte, terwyl Helpies die Rhinos blitzkrieg

    FOTO: Johan Orton

    PRETORIA. – Dit was ‘n opwindende wedstryd vir die toeskouers, maar vir die afrigters van Dr. EG Jansen en Waterkloof sou dit ‘n hele paar gryshare besorg het.

    EG Jansen het vir Klofies met 31-26 geklop in ‘n kragmeting van twee helftes in die twee spanne se SDC Noordvaal Cup kragmeting in die Beker-afdeling.

    Kyk weer na al die aksie op SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    Die Klofies het teen rustyd ‘n stewige voorsprong van 19-0 opgebou en boonop kort na rustyd die voorsprong tot 26-0 gerek met ‘n bonuspunt vir vier drieë reeds in die sakkie.

    Drie geelkaarte waarvan een kort voor rustyd aan onderskeidelik Reuven Ferreira (binnesenter), Jean Jooste (flank) en Dylan Knoete (slot) deur die skeidsregter, Niel Bosman, het ook ‘n bydrae gehad om die momentum van die kragmeting in die guns van die Jansies te swaai.

    Jansies se vleuel Cameron van Wyk was weer op sy stukke en is vir sy vertoning as Speler van die Wedstryd aangewys. Van Wyk het twee keer ‘n draai agter die doellyn gaan maak. Die plaasvervanger-vleuel, Matthew Bergman, het self met sy spel gehelp om die wedstryd in sy span se guns te beklink.

    Voorlangs het Reon van Aswegen (flank) en Marnus Swarts (vaskopstut) blink vertonings vir die wenspan gelewer.

    Klofies se hoofafrigter, Cobus van Dyk, sou waarskynlik al sy hare uit sy kop wou trek indien hy gehad het en sal vandag steeds wonder wat fout in die tweede helfte gegaan het. Hierdie nederlaag sou gewis Klofies se kanse om die uitspeelrondes te haal ‘n gevoelige knou toegedien het.

    Die Klofies se loskopstut, Marnus Maritz, het ‘n uitstekende wedstryd beleef. Hy het met sy kraglopies sy span op die voorvoet gehou. Die span se flank Jooste asook die kaptein en agtsteman, Dale Arlow, het ook weer meer as hul kant gebring.

    Helpmekaar-kollege was al op die veld toe die Hoërskool Nelspruit se Rhinos se gedagtes nog in die kleedkamer was. Helpies se regtervleuel, Delano Maritz, het na slegs sewe sekondes vanaf die afskop gaan druk om duidelik te weer te gee dat sy span daar was met ‘n doel.

    Helpies het teen rustyd ‘n stewige voorsprong van 22-0 opgebou. Die Rhinos het in die tweede helfte terug geveg, maar dit was ongelukkig nie genoeg nie. Die tuisspan se haker, Regard Vermaak, asook die binnesenter, Heino Meiring, het moedig probeer.

    Vir die Helpies was sy loskopstut, Boela de Wet, asook die slot Ulrich Swart uitstaande.

    Garsfontein het ondanks heelwat skuiwe aan sy span weens beserings en siekte steeds nie veel probleme ondervind om vir Marais Viljoen van Alberton met 64-12 op Berepark in Pretoria kaf te draf nie. Die Bere het teen rustyd ‘n voorsprong van 26-7 geniet.

    Die flank Luan Olivier moes op binnesenter begin en het sy vryheid in die middelveld met twee drieë gevier. Die span se drieëvraat Ruan Enslin (vleuel) het self twee keer gaan afrond. Buiten die twee het die skakelpaar, Zian Cilliers en Brooklyn Newman, ook goed vertoon.

    Newman het weer op losskakel begin, terwyl die gereelde losskakel, Nicallen Gabrielsen, op die krukkelys is. Cilliers wat in Gabrielsen se afwesigheid die stelskopwerk hanteer het sewe van sy span se tien drieë verdoel.

    Vir Marais Viljoen kan Jeandre Theron (binnesenter) en Dian Scheepers (slot) kan hul koppe vandag na hul vertonings omhoog hou.

    Noordheuwel se JT Kapank was weer op sy stukke en het ‘n allemintige 28 punte met sy skopskoen in sy span se oorwinning van 73-12 oor Menlopark aangeteken. Kapank het vyf van sy span se nege drieë verdoel en ook met ses strafdoele geslaag.

    Nories was teen rustyd met die telling op 38-5 reeds stewig in die saal. Die span se vleuel Keaton van Deventer het ‘n driekuns aan drieë voltooi, terwyl die gevaarlikse heelagter, Cheswill Jooste, self twee keer gaan druk het.

    Puntemakers:

    EG Jansen 31 (0) – Drieë: Cameron van Wyk (2), Matthew Bergman, R-Jay Petersen, Strafdrie. Doelskoppe: David Twala (2). Waterkloof 26 (19) – Drieë: Stephan Jacobsz (2), Happy Makate, Hernus Marais, Sjaan Steyn. Doelskoppe: Marais (3).

    Helpmekaar 39 (22) – Drieë: Delano Maritz, Ulrich Swart, Ulrich van der Merwe, Zack Smit, Molatso Moloi, Jandre Labushagne. Doelskoppe: Michael Benzien (3). Strafdoel: Benzien. Hoërskool Nelspruit 12 (0) – Drieë: Ian Wood, Regard Vermaak. Doelskop: Theuns Meyer.

    Noordheuwel 73 (38) – Drieë: Keaton van Deventer (3), Cheswill Jooste (2), Rudolf Coetzee, Jade Muller, Coun-Lee Koekman, Jenemo Luiters. Doelskoppe: JT Kapank (5). Strafdoele: Kapank (6). Menlopark 12 (5) – Drieë: Wynand van Wyk, Mocke Balt. Doelskop: Jayden Fortuin.

    Garsfontein 64 (26) – Drieë: Ruan Enslin (2), Luan Olivier (2), De Wet Lottering, Leighton-Jon Cloete, Zian Cilliers, Cassie Prinsloo, Dimitre Erasmus, Jason Hugo. Doelskoppe: Cilliers (7). Marais Viljoen 12 (7) – Drieë: Jeandre Theron, Brandon Els. Doelskop: Rekkie Gerber.

    Ander spanne:

    o.16: Waterkloof 36, EG Jansen 6; Noordheuwel 19, Menlopark 18; Marais Viljoen 28, Garsfontein 12; Helpmekaar 24, Nelspruit 20.

    o.15: Waterkloof 21, EG Jansen 10; Noordheuwel 15, Menlopark 10; Garsfontein 66, Marais Viljoen 13; Helpmekaar 29, Nelspruit 3.

    o.14: EG Jansen 24, Waterkloof 8; Noordheuwel 24, Menlopark 8; Garsfontein 69, Marais Viljoen 0; Nelspruit 21, Helpmekaar 0.

     

  • Paul Roos klop Boishaai vir die eerste keer in twee dekades in Paarl, Kapank kasty vir Parkies

    Paul Roos klop Boishaai vir die eerste keer in twee dekades in Paarl, Kapank kasty vir Parkies

    FOTO: Johan Orton

    KRUGERSDORP. – Paul Roos Gimnasium het vir die eerste keer sedert 2003 daarin geslaag om die Hoër Jongenskool Paarl op sy tuisveld, die Brugstraat-stadion in die Paarl, om te dop.

    Paul Roos het vir Boishaai met 35-17 afgestof om vir die eerste keer in twee dekades die soete smaak van ‘n sege in die Paarl te proe. Soos in 2003 was die sege ook te danke aan die span van Stellenbosch se skakelpaar.

    Saterdag het Zeke January (skrumskakel) en Lee-Jay Petersen (losskakel) ‘n beduidende rol gespeel in die span se sukses. Twee dekades gelede was die skakelpaar van Allistair Siegelaar en Jody Rose aan die spits vir die Maroentruie.

    Buiten Petersen se skopstewel en January wat die tuisspan om die losgemale besig gehou het, verdien die twee voorrymanne, Oliver Reid en Ryan Jack, ook lof vir hul blink vertonings.

    Reid het self twee keer oor die doellyn gebars, terwyl Jack a la Finegan-Gregan met January gekombineer het vir sy drie. Petersen het 15 punte met sy skopskoen bygevoeg om seker te maak dat daar behoorlik fees gevier sal word in die Eikestad.

    In die SDC Noordvaal Cup het Noordheuwel nie enige genade vir Menlopark betoon nie en oortuigend met 73-13 as oorwinnaars van die veld gestap.

    Die Nories se losskakel, JT Kapank, het 28 punte tot die sege met sy skopskoen bygedra. Kapank het vyf van sy span se drieë verdoel asook ses strafdoele tussen deur die pale gejaag.

    Die span se vleuel Keaton van Deventer het ook baljaar deur drie keer ‘n draai agter die doellyn te maak.

    Garsfontein was ook in ‘n verwoestende bui al het die span heelwat staatmakers weens siekte en beserings langs die kantlyn gehad. Die Bere het vir Marais Viljoen met 64-12 ore aangesit.

    Die Garsies se versoolde binnesenter, Luan Olivier, asook die vleuel Ruan Enslin het dubelle driedruk-plesier ervaar.

    Helpmekaar-kollege het die Hoërskool Nelspruit met 39-12 in Mbombela verslaan. Helpies het teen rustyd reeds ‘n voorsprong van 22-0 geniet.

    Die besoekers se regtervleuel, Delano Maritz, het die eerste drie van die kragmeting binne die eerste tien sekondes vanaf die afskop gedruk. Helpies se ander vleuel, Pieter Moller, asook die slot Ulrich Swart, het ook skitterende vertonings opgedis.

    Grey-kollege se eerstespan stoom steeds voort na hy Monument se Wit Bulle met 31-10 op die Ras van Rooyen in Krugersdorp afgestof het. Dit was Grey se eerste kragmeting teen Monnas in die Wes-Rand sedert 1996.

    Grey kon dus laas in 1995 vir Monnas op sy tuisveld wen toe hy met 27-20 baas was. Monnas het die kragmeting tussen die twee spanne in 1996 met 13-8 gewen.

    Grey se lostrio JJ Theron (kaptein), Keegan Scholtz en Marno Stopforth was uitstaande. Stopforth het na die kant van die skrum vir die wedstryd vanaf slot geskuif na Jean-Henri Smit weens ‘n besering nie oorweeg kon word nie.

    Grey se senterpaar, Pieter van der Merwe en Benito Goeda, het ook ‘n uitmuntende dag op kantoor beleef.

    Outeniqua het soos verwag koning gekraai met 25-14 in sy jaarlikse interskole teen Oakdale Landbou. Die Kwaggas moes egter harder werk vir die sege as wat die telling aandui.

    Die wenspan se voorryman, Ruan Swart, asook die flank Dewald Gerber was soos gewoonlik staatmakers. Agterlangs verdien die vleuel JJ Daters lof vir sy aanvallende spel.

    Die Jade Brigade van Stellenberg sal nie baie gelukkig wees na hy met 7-22 die knie teen Bishops gebuig het nie. Met slegs twee minute oor op die skeidsregter se horlosie het die wenspan slegs ‘n voorsprong van 10-7 geniet.

    Twee drieë deur Hassiem Pead (skrumskakel) en Lucca Mynhardt (plaasvervanger-vleuel) in die laaste twee minute het egter Stellenberg se harte gebreek.

    Hendré Marnitz is vinnig besig om nie net met Maritzburg College se sukses op die veld nie, maar ook die manier hoe hulle speel meer vriende as vyande te maak.

    Maritzburg College het vir St Charles College met 46-8 verslaan met albei sy vleuels, Colm Reardon en Langelihle Makhathini, wat drie keer ‘n draai agter die doellyn gegooi het.

    Affies het in die doodsnikke van sy kragmeting teen Jeppe danksy ‘n drie deur sy agtsteman, Dieter Schubert, ‘n sege van 33-31 beklink.

    Potchefstroom Gimnasium het gewys dat ondanks die feit dat hy in Groep 2 van die Noordvaal Cup speel, dat sy aartsvyande, Potchefstroom Volkskool, hom nooit kan onderskat nie.

    Gimmies was met 26-13 in die twee spanne se jaarlikse FNB Classic Clash baas. Die wenspan se linkervleuel, David Ndala, het twee pragdrieë in die eerste helfte gedruk.

    Feitlik al hierdie wedstryde kan weer gekyk word op SuperSport Schools (www.supersportschools.com). SuperSport Schools spog nou ook met sy eie kanaal op DStv – SuperSport 216.

    Al die uitslae: 

    SDC NOORDVAAL CUP

    Groep 1

    Beker: Noordheuwel 73, Menlopark 13; EG Jansen 31, Waterkloof 26; Helpmekaar-kollege 39, Hoërskool Nelspruit 12; Garsfontein 64, Marais Viljoen 12. Plaat: Montana 24, HTS Middelburg 16; Transvalia 42, Zwartkop 7; Kempton Park 57, Hoërskool Klerksdorp 7; Hoërskool Rustenburg 23, Hoërskool Middelburg 19. Skild: Oos-Moot 31, Ligbron Akademie 17; Heidelberg Volkskool 24, Hugenote (Springs) 3; Ben Vorster 38, Jeugland 25; Secunda 23, Lichtenburg 18. Bowl: Merensky 40, Hoërskool Alberton 21; Die Anker 38, Dr. Malan 3; Eldoraigne 28, Hoërskool Pietersburg 22.

    Groep 2

    Blou Bulle: Midstream College 49, Overkruin 5; HTS John Vorster 15, Wonderboom 12. Goue Leeus: Randburg 10, Dinamika 7. Limpopo: Frikkie Meyer 31, Hans Strijdom 7. Pumas: Ferrum 17, Piet Retief 12; Hoërskool Ermelo 45, Pionier 7; Rob Ferreira 27, HTS Witbank 25. Valke: Hans Moore 27, Leeuwenhof 11; Oosterlig 17, Hoërskool Sasolburg 11; Brandwag (Benoni) 40, Driehoek 14.

    Groep 3

    Goue Leeus: Allen Glen 28, Bekker 24. Limpopo: Piet Potgieter 32, Northern Academy 5. Luiperds: Brits 24, Wolmaransstad 18.

    KWAZULU-NATAL

    Hilton College 25, Glenwood 19; Durban High School 47, Kearsney College 24; Michaelhouse 34, Pretoria Boys’ High 19; Maritzburg College 46, St Charles College 8; Westville Boys’ High 45, Clifton 22.

    NOORDVAAL

    Affies 33, Jeppe 31; King Edward VII 31, St John’s College 6; Potchefstroom Gimnasium 26, Potchefstroom Volkskool 13; St Benedict’s College 17, St Alban’s College 14; Florida 36, Bergsig 22; Parktown Boys’ High 14, St David’s Marist 0; St Stithians College 30, Northcliff 22; Hoërskool Vryburg 27, Aliwal-Noord 19.

    OOS-KAAP

    Selborne College 55, Hoërskool Grens 14; Queen’s College 18, Hudson Park 13; Hoërskool Punt 26, Framesby II 19.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Grey-kollege 31, Monument 10; Fichardtpark 33, Voortrekker (Bethlehem) 18; Diamantveld 21, Hoërskool Trio 15; Diamantveld 30, Duineveld 15; Jim Fouché 27, Landboudal 12; Sentraal 31, Louis Botha 21; Hoërskool Bloemfontein 39, Zastron 17; Bothaville 31, Wilgerivier 31; Bultfontein 38, HTS Welkom 14; Douglas 56, Prieska 0; Noord-Kaap 26, Hoërskool Upington 26; Hopetown 27, Wildeklawer Akademie 7; Paul Erasmus 23, Retief 21; Vrede 46, Marquard 8; Kathu 53, Daniëlskuil 0.

    WES-KAAP

    Paul Roos Gimnasium 35, Hoër Jongenskool Paarl 17; Outeniqua 25, Oakdale Landbou 14; Bishops 22, Stellenberg 7; Strand 30, Worcester Gimnasium 29; Swartland 22, Langenhoven Gimnasium 7; Brackenfell 36, Milnerton 29; Rondebosch Boys’ High 20, Wynberg Boys’ High 16; SACS 28, Hoërskool Bellville 10; DF Malan 41, Tygerberg 17; Robertson 39, Hermanus 27; Vishoek 25, Gordon 0; Labori 24, Wellington High 13; Lutzville 17, Calvinia 12; HTS Bellville 19, Melkbosstrand 18; Vredendal 24, Augsburg Gimnasium 22; Hottentots-Holland 20, Parel Vallei 19; Durbanville 72, Elsiesrivier 0; Worcester Gimnasium 47, Robertson 21; Schoonspruit 14, Piketberg 13; Charlie Hofmeyr 66, Hoërskool Stellenbosch 5; Charlie Hofmeyr 24, Ceres Sekondêr 5; Kasselsvlei 25, Scottsdene 13; Lambertsbaai 19, Vredendal Sekondêr 14; Primrose-klub 0, Durbanville II 118; Bosmansdam 17, Westerford 3.

     

     

     

     

     

     

  • SDC Noordvaal Cup Results – 27 May 2023

    SDC Noordvaal Cup Results – 27 May 2023

    Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.

    Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@superschoolsnews.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.

    Al die uitslae:

    GROEP 1 

    BEKER-AFDELING

    [ninja_tables id=”15938″]

    Ander spanne:

    o.16: Waterkloof 36, EG Jansen 6; Noordheuwel 19, Menlopark 18; Marais Viljoen 28, Garsfontein 12; Helpmekaar 24, Nelspruit 20.

    o.15: Waterkloof 21, EG Jansen 10; Noordheuwel 15, Menlopark 10; Garsfontein 66, Marais Viljoen 13; Helpmekaar 29, Nelspruit 3.

    o.14: EG Jansen 24, Waterkloof 8; Noordheuwel 24, Menlopark 8; Garsfontein 69, Marais Viljoen 0; Nelspruit 21, Helpmekaar 0.

    PLAAT-AFDELING

    [ninja_tables id=”15940″]

    Ander spanne: 

    o.16: Montana 33, HTS Middelburg 24; Klerksdorp 22, Kempton Park 12; Transvalia 52, Zwartkop 0; Rustenburg 25, Middelburg 14.

    o.15: Montana 29, HTS Middelburg 12; Kempton Park 40, Klerksdorp 0; Transvalia 8, Zwartkop 0; Rustenburg 33, Middelburg 22.

    o.14: Montana 24, HTS Middelburg 0; Kempton Park 21, Klerksdorp 10; Transvalia 43, Zwartkop 5; Rustenburg 10, Middelburg 8.

    SKILD-AFDELING

    [ninja_tables id=”15941″]

    Ander spanne: 

    o.16: Hugenote 16, Heidelberg Volkies 10; Ben Vorster 10, Jeugland 7; Secunda 22, Lichtenburg 5; Oos-Moot 15, Ligbron 12.

    o.15: Heidelberg Volkies 31, Hugenote 10; Jeugland 43, Ben Vorster 14; Secunda 57, Lichtenburg 0; Ligbron 36, Oos-Moot 0.

    o.14: Heidelberg Volkies 17, Hugenote 7; Ben Vorster 24, Jeugland 7; Secunda 48, Lichtenburg 7; Oos-Moot 10, Ligbron 7.

    BOWL-AFDELING

    [ninja_tables id=”15939″]

    GROEP 2 

    BlouBulle

     

    GoueLeeus

     

    Limpopo

     

    Luiperds

     

    Pumas

     

    Valke

     

  • Main match of Craven Week probably will already be played during opening day

    Main match of Craven Week probably will already be played during opening day

    The first day of this year’s 58th edition of the annual Craven Week in George promises to be action packed.

    The hosts South Western Districts will face the unofficial champions of the 2022-edition, Western Province, in the main match of the opening day. The Craven Week will take place from 3 to 8 July at Hoërskool Outeniqua.

    WP defeated the Blue Bulls by 29-21 in last year’s main match at Rondebosch Boys’ High in Cape Town. They have been crowned unofficial champions at the last three tournaments (2018, 2019 and 2022).

    The team’s last defeat came back in 2017 against Free State (33-54) during the final match of the tournament hosted in Johannesburg. This is also Western Province’s only defeat in 18 matches at the Craven Week since 2015 in Stellenbosch.

    Outeniqua who hosts this year’s festival of rugby is celebrating their centenary. Outeniqua is without a doubt one of the top sides in the country this year which means that South Western Districts will be a side to take notice of during the tournament.

    To add some spice the Sharks, Western Province XV, Eastern Province and Free State are all drawn to play on the first day. The fixtures for Day 3 of the tournament will be compiled after the first day’s matches. Free State will face EP in their opening encounter, while the Sharks will look to strengthen their position with a solid victory over Western Province’s second stringers.

    On Day 2 it will be the Blue Bulls and Border facing off in the main match. It will however be the Golden Lions and the Pumas who will attract the most attention towards their opening game of the tournament.

    The last time the tournament was hosted in George – Western Province defeated Eastern Province by 15-11 in the main match. A star-studded SWD shocked the Blue Bulls on the opening day with a 17-16 victory.

    SWD had players like Pedrie Wannenburg (Oakdale Landbou), Dean Hopp (Kairos) and Kobus Calldo (Oakdale Landbou) in their midst. The Craven Week of 1999 in George has also played a major part as stepping stone for quite a lot of players who helped the Springboks lift the William Webb Ellis Cup in 2007.

    In 1999 Western Province had two future Springboks in their midst. Gurthro Steenkamp (Paarl Boys’ High) and Schalk Brits (Paul Roos Gimnasium). A certain Haldane Luscombe (Bishops) who represented Wales in 16 test matches kept Jean de Villiers out of the Western Province side. De Villiers however did play at that Craven Week for the Western Province’s Academy side from which he made the South African Schools’ side.

    The fixtures: 

    Day 1 

    Western Province vs South Western Districts
    Sharks vs Western Province XV
    Free State vs Eastern Province
    Valke vs Boland

    Day 2 

    Blue Bulls vs Border
    Golden Lions vs Pumas
    Griffons vs Limpopo Blue Bulls
    Griqualand West vs Leopards

  • Monnas steeds baas in Krugersdorp, Grey stof Affies met rekord-telling af

    Monnas steeds baas in Krugersdorp, Grey stof Affies met rekord-telling af

    KRUGERSDORP. – Daar was nie ‘n plek vir ‘n muis nie.

    Ja, skolerugby is sonder twyfel deesdae ‘n groter trekpleister vir toeskouers as proffesionele rugby.

    Dit sou veilig wees om te sê dat daar te minste tien skolerugby-wedstryde Saterdag plaasgevind het, wat meer toeskouers as enige van die proffesionele wedstryd regoor Suid-Afrika gelok het.

    In Krugersdorp het Monument voor ‘n volgepakte veld vir Noordheuwel op sy tuisveld met 28-17 in die Beker-afdeling van die SDC Noordvaal Cup getroef. Ongeveer 8 000 toeskouers het die kragmeting tussen die stad se twee voorste rugbyskole bygewoon.

    Vir Monnas se hoofafrigter, Tjaart van der Walt, was dit ‘n spesiale dag met die feit dat dit sy 100ste wedstryd aan stuur van die Wit Bulle was.

    Die grondslag vir Monnas se sege is voorlangs gelê met veral die slot Jacques Botha, flank RJ Barnard en die agtsteman, Jamaal Feldman, wat inklimspel gelewer het.

    Nories het nie genoeg gehalte balbesit gehad om die Wit Bulle veel probleme te besorg nie. Die span se losskakel, JT Kapank, asook die vleuel Keaton van Deventer, het egter ‘n hele paar keer gewys dat hulle spelers van gehalte is.

    In Bloemfontein voor ‘n skare van meer as 13 000 mense het Grey-kollege die Afrikaanse Hoër Seunskool van Pretoria sy grootste drag slae van sy geskiedenis toegedien.

    Grey het Affies se Wit Bulle met 60-19 afgeslag. Dit is boonop 100 jaar na die eerste kragmeting tussen die twee skole in 1923.

    Grey se buitesenter, Benito Goeda, het met ‘n blitzkrieg van drie drieë laat in die tweede helfte Affies moedeloos gehad. Die span van die Rosestad het met dié vertoning gewys dat hy oor die vermoë beskik om ook sy agterhoede los te laat.

    Die span se binnesenter, Pieter van der Merwe, asook die losskakel, Ian van der Merwe, het ook weer blink vertonings opgedis. Vir Affies het Dieter Schubert (agtsteman) moedig probeer.

    In Middelburg is die hele dorp tot stillstand geruk met die jaarlikse interskole tussen HTS Middelburg en die Hoërskool Middelburg.

    Daar was werklik nie ‘n enkele sit of staanplek langs die veld beskikbaar toe die kragmeting wat ook ‘n wedstryd in die Plaat-afdeling van die Noordvaal Cup was.

    Na raming het sowat 9 000 mense die kragmeting bygewoon.

    Middies het gesorg dat die dorp vir die volgende jaar ‘n skakering van groen sal wees met ‘n oortuigende oorwinning van 21-3. Die span se heelagter, Divan van der Westhuizen, het met sy skopskoen die Rooi Bulle uit die wedstryd geskop.

    Die vier topspanne van die Wynland – Paarl Gimnasium, die Hoër Jongenskool Paarl, Boland Landbou en Paul Roos Gimnasium het hul vier teenstanders van die suidelike voorstede van Kaapstad omgedop.

    Paarl Gimnasium het 11 drieë ingeryg in sy wegholsege van 73-3 oor SACS. Boishaai is terug op die wenpad na hy vir Wynberg Boys’ High met 33-29 getroef het.

    Boland Landbou sal baie tevrede met hul sege van 22-19 oor Bishops wees, terwyl Paul Roos die bordjies teen Rondebosch Boys’ High na verlede jaar met ‘n oorwinning van 24-7 verhang het.

    Stellenberg het op sy tuisveld ‘n gulde geleentheid verbrou om Oakdale Landbou te troef. Die twee spanne het met 13-elk gelykop gespeel. Die Jade Brigade se agtsteman, Marco Ferreira, het gaan druk na speeltyd reeds vertreke was om sake gelyk te trek.

    Eldoraigne het in sy jaarlikse FNB Classic Clash teen Zwartkop met 23-10 as oorwinnaars van die veld gestap. In Welkom se Classic Clash het Welkom Gimnasium met 41-17 oor te veel skietgoed vir Goudveld-Hoërskool beskik.

    Hoërskool Sasolburg het sy vlam hoog laat brand toe hy in die doodsnikke ‘n sege van 18-17 oor HTS Sasolburg in hul jaarlikse Classic Clash in die DP de Villiers-stadion beklink het.

    Feitlik al hierdie wedstryde kan weer gekyk word op SuperSport Schools (www.supersportschools.com). SuperSport Schools spog nou ook met sy eie kanaal op DStv – SuperSport 216.

    Al die uitslae: 

    SDC NOORDVAAL CUP

    GROEP 1

    Beker: Monument 28, Noordheuwel 17; Waterkloof 37, Menlopark 6; EG Jansen 24, Helpmekaar 15; Marais Viljoen 26, Hoërskool Nelspruit 12. Plaat: Hoërskool Rustenburg 57, Hoërskool Klerksdorp 27; Transvalia 22, Montana 19; Hoërskool Middelburg 21, HTS Middelburg 3. Skild: Heidelberg Volkskool 33, Jeugland 27; Hugenote (Springs) 21, Lichtenburg 12; Ligbron Akademie 26, Ben Vorster 25. Bowl: Hoërskool Pietersburg 45, Dr. Malan 3; Die Anker 57, Hoërskool Alberton 7; Potchefstroom Volkskool 28, Wesvalia 28.

    GROEP 2

    Blou Bulle: Midstream College 59, Hoërskool Tuine 7; Pretoria-Noord 35, Centurion 31; Wagpos 24, Wonderboom 22. Goue Leeus: Randburg 41, Florida 7. Limpopo: Ellisras 50, HTS Tom Naudé 14; Frikkie Meyer 23, Ben Viljoen 19; Hans Strijdom 27, Frans du Toit 12. Luiperds: Potchefstroom Gimnasium 45, Bergsig Akademie 5. Pumas: Piet Retief 42, Pionier 14; HTS Witbank 24, Hoërskool Ermelo 14; Rob Ferreira 43, Ferrum 32. Valke: Leeuwenhof 41, Driehoek 7; Hans Moore 43, Oosterlig 13.

    GROEP 3

    Blou Bulle: Die Wilgers 64, HTS Tuine 10. Goue Leeus: Riebeeckrand 43, Fochville 26. Limpopo: Louis Trichardt 59, Northern Academy 10; Curro Heuwelkruin 38, Stanford Lake College 0; Piet Potgieter 37, Eric Louw 17. Pumas: Standerton 27, Kanonkop 17; Lydenburg 29, Lowveld High 19.

    GROEP 4

    Blou Bulle: FH Odendaal 46, Kwaggasrand 0; Maragon Mooikloof 26, Silverton 0. Goue Leeus: Bekker 28, Goudrif 8; Allen Glen 59, Glenharvie 24.

    KWAZULU-NATAL

    Glenwood 38, Clifton 10; King Edward VII 33, Westville Boys’ High 14; Jeppe 50, Northwood 17.

    NOORDVAAL

    Eldoraigne 23, Zwartkop 10; Pretoria Boys’ High 38, St Benedict’s College 19; Hoërskool Sasolburg 18, HTS Sasolburg 17; St Stithians College 31, St Alban’s College 24; St John’s College 13, Parktown Boys’ High 0; St David’s Marist 26, Springs Boys’ High 0; Northcliff 13, Pretoria Boys’ High II 12.

    OOS-KAAP

    Selborne College 31, Dale College 23; Grey high School 19, Queen’s College 13; Marlow Landbou 21, Framesby 19; Graeme College 23, Nico Malan 12; St Andrew’s College 41, Hudson Park 19; Kingswood College 59, HTS Port Rex 15; Pearson 32, Muir College 31; Despatch 35, Andrew Rabie 14; Die Brandwag (Uitenhage) 20, Bergsig 18; Graaff-Reinet Volkskool 36, Aliwal-Noord 5; Union High 18, Stirling 10.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Grey-kollege 60, Affies 19; Jim Fouché 36, Diamantveld 22; Welkom Gimnasium 41, Goudveld-Hoërskool 17; Fichardtpark 43, Louis Botha 0; Witteberg 17, Hoërskool Trio 15; Duineveld 18, Noord-Kaap 15; Voortrekker 38, Hentie Cilliers 13; President Steyn 25, St Andrews 7; Brandfort 27, Zastron 15; Ficksburg 31, Paul Erasmus 7; Ladybrand 43, Marquard 7; Harrismith 17, Reitz 9; Vrede 6, Retief 0; Hoopstad 30, Bultfontein 8; Douglas 22, Hopetown 19; Hendrik Potgieter 46, Sand du Plessis 10; Bothaville 73, HTS Welkom 3; Hartswater 43, Vaalharts 17.

    WES-KAAP

    Hoër Jongenskool Paarl 33, Wynberg Boys’ High 29; Stellenberg 13, Oakdale Landbou 13; Paarl Gimnasium 73, SACS 3; Paul Roos Gimnasium 27, Rondebosch Boys’ High 7; Boland Landbou 22, Bishops 19; Robertson 47, Worcester Gimnasium 21; DF Malan 24, Hoërskool Punt 23; Curro Langebaan 38, Augsburg Gimnasium 33; HTS Bellville 33, Milnerton 29; Montagu 26, Labori 24; Charlie Hofmeyr 31, Swartland 25; Vredendal 22, Lutzville 14; HTS Drostdy 69, Hopefield 0; Porterville 55, Jan van Riebeeck 10; Hugenote (Wellington) 32, New Orleans 19; Brackenfell 26, Strand 18; Melkbosstrand 34, Vishoek 5; Parel Vallei 13, Tygerberg 12; Gordon High 23, Kasselsvlei 8; Langenhoven Gimnasium 41, Hoërskool Oudtshoorn 33; Bosmansdam 41, Settlers 22.

  • SDC Noordvaal Cup Results – 20 May 2023

    SDC Noordvaal Cup Results – 20 May 2023

    Die SDC Noordvaal Cup se onderskeie afdelings is aan die gang in volle swang.

    Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.

    Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@superschoolsnews.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.

    Al die uitslae:

    GROEP 1 

    BEKER-AFDELING

    [ninja_tables id=”15747″]

    PLAAT-AFDELING

    [ninja_tables id=”15748″]

    SKILD-AFDELING

    [ninja_tables id=”15754″]

    BOWL-AFDELING

    [ninja_tables id=”15750″]

    GROEP 2 

    BlouBulle

    [ninja_tables id=”15759″]

    GoueLeeus

    [ninja_tables id=”15761″]

    Limpopo

    [ninja_tables id=”15762″]

    Luiperds

    [ninja_tables id=”15764″]

    Pumas

    [ninja_tables id=”15765″]

    Valke

    [ninja_tables id=”15768″]