SSPN Test Site

Author: hnienaber

  • Geen plek in die middel in Middelburg vandag, jy is of Rooi of Groen

    Geen plek in die middel in Middelburg vandag, jy is of Rooi of Groen

    Daar word hierdie week geen draadsitters in Middelburg toegelaat nie.

    Jy is of Rooi of Groen. ‘n Rooi Bul of ‘n Middie.

    Boonop is daar vanjaar ekstra druk op die jaarlikse Nashua/NMI Toyota Middelburg Derby tussen HTS Middelburg en die Hoërskool Middelburg in Mpumalanga.

    Vanjaar se kragmeting is ook deel van die SDC Noordvaal Cup se Plaat-afdeling.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schoolswww.supersportschools.com

    Die Rooi Bulle is vanjaar die gasheer met die hoofwedstryd wat om 15:00 afskop. Die interskole is so ernstig dat HTS Middelburg se pale op 25 meter onder die hoogte rugbypale ter wereld tel.

    Die pale is so verleng na die interskole-kragmeting van 1983.

    Middies se aanslag sal deur sy agtsteman, Tjaart Joubert, gelei word. Joubert sal ook later vanjaar ‘n staatmaker vir die Pumas tydens die Cravenweek in George wees.

    Hierdie sal Middies se eerste kragmeting in vanjaar se Plaat-afdeling wees. HTS Middelburg het sy aanslag in die kompetisie verlede week teen Zwartkop afgeskop. Die Zwarries was met 37-24 baas.

    Die Rooi Bulle het in Kutloane Seabela op heelagter ‘n speler wat in ‘n oogwink ‘n wedstryd in sy span se guns kan swaai.

    Middelburg was verlede jaar met 31-15 baas in die kragmeting. Dit was die span in groen se eerste sege sedert 2009 (33-10) oor die Rooi Bulle.

    Transvalia is sover onoorwonne in die reeks en het laasweek ‘n goeie sege van 28-20 oor Kempton Park weg van die huis behaal. Die span kom Saterdag op sy tuisveld teen Montana van Pretoria te staan.

    Die span se losskakel, Duan du Toit, was sover vanjaar vuurwarm met sy skopskoen en indien die besoekers sukses wil he, sal hul hom eers moet hokslaan.

    In die Noordweste is daar ook ‘n lipleklekker tweestryd tussen die Hoërskool Klerksdorp en die Hoërskool Rustenburg wat in die reeks plaasvind. Vanjaar sal daar sonder twyfel duidelikheid wees oor wie die voorste skolespan vanuit die Luiperds-streek is.

    Die spanne is: 

    HTS Middelburg vs Hoërskool Middelburg om 15:00:

    HTS Middelburg: 15 Kutloano Seabela, 14 Chris Skosana, 13 Luhan Graaff, 12 Johnny dos Santos, 11 Desmond Milner (kaptein), 10 Gerry Gendall, 9 Darius Buytendach, 8 Michael-Owen Muller, 7 Luca Harmse, 6 Alex Pretorius, 5 Ben Meyer, 4 Hanco Nel, 3 Christiaan Conradie, 2 Toy Engelbrecht, 1 Kagiso Gumbi.

    Hoërskool Middelburg: 15 Divan van der Westhuien, 14 Mthokozisi Yende, 13 Smiley Sibande, 12 Luke Geldenhuys, 11 Blessing Hammandishe, 10 Crawford Joubert, 9 Simtha Maseko, 8 Tjaart Joubert, 7 Kaylin Maphutha, 6 Ronin van Niekerk, 5 Joseph Loretz, 4 Paul van der Merwe, 3 Tebogo Nkosi, 2 Fumani Chauke, 1 Shaun Marx.

    Hoërskool Klerksdorp vs Hoërskool Rustenburg om 13:20 in Klerksdorp:

    Hoërskool Klerksdorp: 15 Brink von Wielligh, 14 Decon Loots, 13 Enricqu Classen, 12 Divan Labuschagne, 11 Papino Maluleke, 10 Leonard Bevan, 9 Sakkie Nienaber, 8 HJ Erasmus, 7 Pedri Snyman, 6 Kobus de Waal, 5 Heinrich Hovener, 4 JJ Nel, 3 Liam Pretorius, 2 Janu de Wet, 1 Juandre Botha.

    Hoërskool Rustenburg: 15 Lorenzo Snyers, 14 Adriano George, 13 Adriaan Liebenberg, 12 Awie Alberts, 11 Zulu Khumalo, 10 Jaden Meyer, 9 Nathan van Aswegen, 8 GJ Steenberg, 7 MC Smit, 6 Coenraad Coeter, 5 Sybrandt Byleveldt, 4 Edrich Potgieter, 3 Divan Welgemoed, 2 Zander Steenkamp, 1 Carlo van Wijk.

    Transvalia vs Montana om 12:40 in Vanderbijlpark: 

    Transvalia: 15 Daniel Grobler, 14 Kyle Esterhuizen, 13 Siya Khambula, 12 Brandon-Lee Smit, 11 Nkanyiso McCamal, 10 Duan du Toit, 9 Anro Nagel, 8 Anro Labuschagne, 7 Xander McNiel, 6 Wynand Stols, 5 Dane Beytel, 4 Alex McNiel, 3 Arne Botes, 2 Junior van Wyngaardt, 1 Stiaan Breedt.

    Montana: 15 Divan Nel, 14 Joshua Fouche, 13 SW Nel, 12 JF Venter, 11 Ewald Willemse, 10 Rigard van Rensburg, 9 Ewan Korb, 8 Ivaan Koltzow, 7 Devan van der Merwe, 6 Zandre van Niekerk, 5 Justin Herbst, 4 Eduard Retief, 3 Henco Brits, 2 Christiaan Coetzee, 1 KC Smith.

  • Wit Bulle kan hul afrigter bederf met sege op spesiale dag in Krugersdorp

    Wit Bulle kan hul afrigter bederf met sege op spesiale dag in Krugersdorp

    TJAART VAN DER WALT, hoofafrigter van Monument se Wit Bulle. FOTO: Marius Nortjé

    KRUGERSDORP. – Die inwoners van die Wes-Rand mag dalk Saterdag ‘n bietjie meer iesegrimmig voorkom as gewoonlik in die ry by die Spar of dalk sommer net in die verkeer.

    Want Saterdag pak die stad se twee voorste rugbyspanne, Noordheuwel en Monument, mekaar in ‘n kragmeting van die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling.

    Die Nories is gasheer vir die groot stryd wat om 12:30 afskop.

    Dié tweestryd tussen die twee spanne het in 2019 herleef na Noordheuwel tot die boonste afdeling van Groep 1 van die SDC Noordvaal Cup gepromoveer is.

    Die Wit Bulle moes verlede jaar hard werk om uiteindelik met 33-29 as oorwinnaars van die veld op die Ras van Rooyen-veld te stap. Nories kon laas in 2001 daarin slaag om die Wit Bulle om te dop (20-18).

    Saterdag se kragmeting sal boonop ‘n spesiale mylperk vir die Wit Bulle se hoofafrigter, Tjaart van der Walt, wees. Dit is sy 100ste kragmeting aan stuur van sake by Monnas. Hy het sedert sy eerste wedstryd in 2017 teen die Hoërskool Pietersburg die Wit Bulle tot 72 seges gebrei.

    Die belangriker stukkie statistiek is dat Monnas sedert Van der Walt se aankoms drie keer as kampioen van die Noordvaal-reeks (2017, 2018 en 2022) asook twee keer as kampioen van die destydse Tuks-reeks (2017 en 2018) gekroon is.

    Van der Walt is nie iemand wat hom te veel stuur aan die goed wat nie tussen die vier lyne gebeur nie. Hy sal wel na afloop van die wedstryd gewis ietsie sterker as lemonade geniet om die mylpaal te vier, mits sy span vir hom rede gee om in ‘n goeie bui te wees.

    Monnas se laaste nederlaag in dié kompetisie was in 2019 toe hy teen Helpmekaar-kollege in die halfeindronde met 22-27 die knie gebuig het.

    Van der Walt was ook vir 50 wedstryde die hoofafrigter van die Hoërskool Garsfontein se Bere. Hy was by dié skool se eerstespan betrokke in ‘n totaal van 103 wedstryde tussen 2011 en 2016.

    Noordheuwel se hoofafrigter, Stefan “Botter” Lourens, is self ‘n ervare afrigter op skolevlak. Hy is self ‘n oud-Monumentaar en weet wat sy span sal doen om ‘n sege oor sy ou alma mater te behaal.

    Lourens het saam met Hans Coetzee die Wit Bulle tussen 2000 en 2003 afgerig.

    Die Nories se spelskepper, JT Kapank (losskakel), kan indien hy op sy stukke is vir Monnas groot probleme veroorsaak. Die tuisspan sal boonop krapperig wees na sy nederlaag verlede week van 32-42 teen Helpmekaar-kollege.

    Agterlangs sal Monnas boonop ook vir Marshall de Vos (buitesenter) en Cheswill Jooste (heelagter) moet hokslaan. Albei beskik oor die vermoë om soos ‘n kulkunstenaar uit niks iets te verskoon te laat bring.

    Dit sal veral ‘n interresante tweestryd tussen Jooste en sy direkte teenstander van Monnas, Jody Schambreel, wees. Die Wit Bulle se skrumskakel, Ceano Everson, sal ook sy lippe aflek vir sy tweestryd met Coun-Lee Koekman.

    Voorlangs sal die besoekers se Uli van der Westhuizen (slot) en Jamaal Feldman (agtsteman) moet sorg dat hul span op die voorvoet bly.

    Marais Viljoen en die Hoërskool Nelspruit sal poog om op die wenpad in die reeks te kom wanneer die twee spanne mekaar Saterdag om 12:20 in Alberton die stryd aansê.

    Die tuisspan het vir Dr. EG Jansen van Boksburg hard laat sweet vir ‘n sege van 22-17 verlede week. Die span van kaptein en flank, Cephas van Biljon, sal dus as die vroeë gunsteling op die veld draf.

    Die spanne is: 

    Noordheuwel: 15 Cheswill Jooste, 14 Jade Muller, 13 Marshall de Vos, 12 Jared Coetzer, 11 Keaton van Deventer, 10 JT Kapank, 9 Coun-Lee Koekman, 8 Marco Maree, 7 Juan Fourie, 6 Ludie Schutte, 5 Donovan Breedt, 4 Rudolph Coetzee, 3 Martin Nel, 2 Juandré Schoeman, 1 Meyer Opperman.

    Monument: 15 Jody Schambreel, 14 Nathan Venter, 13 Kelvin van Wyk, 12 Zain Henery, 11 Ernesto Oerson, 10 Daylon Myners, 9 Ceano Everson, 8 Jamaal Feldman, 7 RJ Barnard, 6 Tristan da Costa, 5 Uli van der Westhuizen, 4 Jacques Botha, 3 Ricardo du Plessis, 2 Stephan Uys, 1 Muller van Reenen.

    Marais Viljoen vs Hoërskool Nelspruit in Alberton om 12:20: 

    Marais Viljoen: 15 Giacchino Gerber, 14 Brandon Els, 13 Tyron Bouw, 12 Juandré Theron, 11 Tyler Woodruff, 10 Franco Horn, 9 Caydinn Fredericks, 8 Henrico Germishuizen, 7 Cephas van Biljon (kaptein), 6 Stephan van Deventer, 5 Phillip Jonker, 4 Bjorn Pieterse, 3 Dylan Alberts, 2 Lohan van Schalkwyk, 1 Calum Botha.

    Hoërskool Nelspruit: 15 Le Riche Atchison, 14 Owen Steyn, 13 Ian Wood, 12 Heino Meiring, 11 Karl Erichson, 10 Theuns Meyer, 9 Andeon Pringle, 8 Braam Basson, 7 Bradley Claassen, 6 Banele Ngwenya, 5 Juan Bezant, 4 Luke Poison, 3 Ryan Venter, 2 Regard Vermaak, 1 Hugwin Heyman.

     

  • Wit Bulle stampede over The Red Army

    Wit Bulle stampede over The Red Army

    Afrikaanse Hoër Seunsskool steamed through with a very comfortable 23 point win over King Edward VII (43-20) in Pretoria leaving the boys in red and white much to think about. 

    The first half saw an even match up with both teams showing some fight and not wanting to let the other side pull-away too early on. 

    Affies scored through  trustworthy fullback Miguel De Lange and the tenacious number nine Hendre Schoeman both putting the ball past the try line. 

    At halftime the score was neck and neck with Affies going into the break with a two point lead. The score sat 12-10 with KES showing some serious promise and would have felt right in with a chance. 

    The score ran away from The Red Army, with Affies scoring a flurry of points with outside centre Antonie Fourie and stocky hooker Ethan Van Dyk both getting stuck into the opposition. Each scoring two crucial tries.

    Flyhalf Ruben Piennar converted four of his attempted seven conversions but had a solid performance throughout the match. 

    KES managed to score two additional tries in the second half with forwards Siphosethu Mnbelele and Thomas Beling both adding much needed points to the scoreboard.

    The KES coaching staff will be disappointed with their team’s kicking display as they struggled to convert any of their kicks and will need to work on it during the week before next weekend. 

    The Witbulle will be hoping to carry over the momentum created against KES into next weekend’s fixture against a strong Grey College. 

    Scorers:

    Affies 43 (12) – Try: Miguel De Lange, Hendre Schoeman, Antonie Fourie (2), Braam Swanepoel, Ethan Van Dyk (2). Conversions: Ruben Pienaar (4). King Edward VII 20 (10) – Try: Tristan Maugeri, Joshua Aube, Siphosethu Mnbelele, Thomas Beling.

    The teams:

    Affies: 15 Migael De Lange, 14 Stephen Brits, 13 Antonie Fourie, 12 Janko Purchase, 11 Ivandre Van Wyk, 10 Ruben Pienaar, 9 Hendre Schoemen, 8 Dieter Schubert, 7 Ruan Lippoldt, 6 Braam Swanepoel, 5 JD Hattingh, 4 Jonathan Eloff, 3 Ruan Smuts, 2 Ethan Van Dyk, 1 Steyn Truter.

    King Edward VII: 15 Tristan Maugeri, 14 Haniel Monkoti, 13 Olunje Mehlomakulu, 12 Caleb Lomabard 11 Timi Oluwele, 10 Vusi Moyo, 9 Ruan Van Rensburg, 8 Kebotile Maake, 7 Thandolwethu Biyela, 6 James Kobrowhisky, 5 Andrew Engelbrecht, 4 Thomas Beling, 3 Joshua Aube, 2 Siphosethu Mnbelele 1 Lesedi Moloi. 

    Other results: 

    u19A – Affies 43, King Edward VII 20
    u16A – Affies 41, King Edward VII 12
    u15A – Affies 36, King Edward VII 0
    u14A – Affies 28, King Edward VII 0

  • Grey die Bielies van Brugstraat, Helpies nou perd van ander kleur in Noordvaal

    Grey die Bielies van Brugstraat, Helpies nou perd van ander kleur in Noordvaal

    PAARL, SOUTH AFRICA – MAY 13: Ruan van Willing of Paarl Boys High tackled by Ian van der Merwe of Grey College during the Sportsmans Warehouse Premier Interschools rugby match between Paarl Boys High School and Grey College at Brug Street Stadium on May 13, 2023 in Paarl, South Africa. (Photo by Grant Pitcher/Gallo Images)

    PRETORIA. – Hulle speel dalk nie tradisionele Grey-rugby nie, maar die span van 2023 in Greyt in sy eie opsig.

    Grey-kollege het Saterdag vir die Hoër Jongenskool Paarl in die Brugstraat-stadion in die Paarl met 39-30 getroef.

    Die sege was gemakliker as wat die telling aandui, sonder om enige iets van Boishaai se poging weg te neem.

    Niemand gaan vanjaar vir Grey klop nie. Behalwe natuurlik as heelwat van hul spelers vanjaar die SA Skole-span haal en hul sonder die staatmakers moet klaarkom. Dit sal ook vyf of meer van hul troepe moet wees.

    Die span se kaptein en agtsteman, JJ Theron, speel elke week beter as die vorige en gaan ‘n sterk aanspraakmaker vir ‘n plek in die nasionale skolespan wees. Hy was teen Boishaai uitstaande met die bal in die hand asook op verdediging.

    Die vaskopstut, Jean Erasmus, het die toekenning as Speler van die Wedstryd ontvang. Dit was ook welverdiend. Hy het telke male soos ‘n senter deur gapings in die tuisspan se verdediging gebars.

    Dan natuurlik speel die losskakel, Ian van der Merwe, met sy geleërde skopskoen ‘n beduidende rol in die span van Bloemfontein se sukses vanjaar. Hy sool die bal myle ver en hou die span se agttal daarmee op die voorvoet.

    Vir Boishaai het sy flank Divan Fuller hard voorlangs gewerk, terwyl die vleuel Jameel de Jongh twee pragtige drieë afgerond het.

    Paarl Gimnasium het nie te veel probleme in die Agter-Paarl ondervind om Boland Landbou uiteindelik met 36-18 af te stof nie.

    Durbanville se skrumskakel, Monray Daars, het 23 punte in sy span se wegholsege van 77-0 oor Parel Vallei aangeteken. Hy het nege doelskoppe oorgeklits en self een keer ‘n draai agter die doellyn gemaak.

    In die SDC Noordvaal Cup het Helpmekaar-kollege gewys dat hy vanjaar veral op sy tuisveld nie ‘n katjie sal wees wat jy sonder handskoene aanpak nie.

    Helpies het met sy kaptein en agtsteman, Christian Steyn, aan die spits vir Noordheuwel met 42-32 getroef. Die span van die Goudstad beklee tans die boonste posisie op die puntelys.

    Nories het verlede week nog sy titel as kampioen van die NWU Prestige-reeks suksesvol verdedig. Die span van Krugersdorp se heelagter, Cheswill Jooste, het wel weer gewys dat daar dalk nie vanjaar ‘n beter aanvallende heelagter op skolevlak in Suid-Afrika is nie.

    Garsfontein het nou wel meer gesukkel as verwag om vir Menlopark met 48-6 te bêre, maar die span is waarskynlik erg ontwrig deur die feit dat sy losskakel, Nicallen Gabrielsen, nie kon uitdraf nie weens ‘n besering.

    Die Parkies het egter ook heelwat meer vuur gehad as in sy vorige kragmeting met veral die agtsteman en kaptein, Steyn Landman, wat sy lyf op die spel geplaas het.

    Waterkloof sou tevrede vanaf Mbombela na die Jakarandastad na sy sege van 28-24 oor die Hoërskool Nelspruit teruggekeer het.

    EG Jansen moes behoorlik in Alberton sweet om vir Marais Viljoen met 22-17 te klop. Die Jansies het laat in die kragmeting eers die voortou geneem danksy twee drieë deur sy buitesenter, Jeandré Jacobs.

    Marais Viljoen se twee losvoorspelers Henrico Germishuizen en Cephas van Biljon (kaptein) was die twee groot dorings in die besoekers se vlees.

    In die Bowl-afdeling kon Merensky nie vir ‘n beter buiging tussen die groot honde gevra het nie. Die span het op sy tuisveld in Tzaneen vir Eldoraigne met 32-22 verslaan.

    Daar was die naweek ook heelwat FNB Classis Clashes. Noord-Kaap het in Kimberley ‘n naelskraapse sege van 18-17 oor Diamantveld behaal, terwyl Jim Fouché met 38-17 oor Sentraal koning gekraai het.

    Tydens die Klein Interjol in Upington het die Hoërskool Upington vir Duineveld met 22-17 geklop, terwyl Voortrekker in Bethlehem vir Witteberg met 24-16 in ‘n strawwe kragmeting verslaan het.

    Al die uitslae: 

    Skolerugby-uitslae – 13 Mei 2023

    SDC NOORDVAAL CUP

    Afdeling 1

    Beker: Garsfontein 48, Menlopark 6; Helpmekaar 42, Noordheuwel 32; Waterkloof 28, Hoërskool Nelspruit 24; EG Jansen 22, Marais Viljoen 17.

    Plaat: Transvalia 28, Kempton Park 20; Zwartkop 37, HTS Middelburg 24; Hoërskool Rustenburg 37, Montana 31.

    Skild: Secunda 38, Jeugland 21.

    Bowl: Wesvalia 31, Hoërskool Alberton 5; Merensky 32, Eldoraigne 22; Potchefstroom Volkskool 45, Dr. Malan 0.

    Afdeling 2

    Blou Bulle: Midstream College 93, HTS John Vorster 0; Wonderboom 12, Pretoria-Noord 12; Centurion 13, Overkruin 12. Limpopo: Frikkie Meyer 22, HTS Tom Naudé 15. Pumas: Rob Ferreira 55, Pionier 26; Ermelo 20, Piet Retief 7; HTS Witbank 43, Ferrum 17. Valke: Hans Moore 28, Brandwag (Benoni) 27.

    Afdeling 3

    Goue Leeus: Linden 25, Fochville 12. Limpopo: Louis Trichardt 24, Nylstroom 22; Eric Louw 19, Northern Academy 0. Pumas: Lydenburg 29, Lowveld High 19.

    VRYSTAAT/GRIEKWAS

    Grey-kollege 39, Hoër Jongenskool Paarl 30; Noord-Kaap 18, Diamantveld 17; Voortrekker (Bethlehem) 24, Witteberg 16; Jim Fouché 38, Sentraal 17; Hoërskool Upington 22, Duineveld 17; Welkom Gimnasium 44, Hoërskool Trio 17; Goudveld-Hoërskool 26, Hentie Cilliers 3; Fichardtpark 21, Landboudal 19; Zastron 45, President Steyn 12; Brandfort 61, Hoërskool Bloemfontein 12; Harrismith 68, Ntsu 7; Ladybrand 69, New Horizon 0; St Andrews 35, Sand du Plessis 24; Brandfort 14, Grey-kollege VI 27; Vrede 50, Reitz 0; Wilgerivier 74, Wessel Maree 7; Curro Kathu 47, Daniëlskuil 6; Hopetown 42, Adamantia 5; Hendrik Potgieter 46, Sand du Plessis 10; Douglas 40, De Aar 19.

    NOORDVAAL

    Affies 43, King Edward VII 20; St Stithians College 31, St John’s College 19; Lichtenburg 31, Hoërskool Klerksdorp 27; Jeppe 73, St David’s Marist 8; Parktown Boys’ High 38, Northcliff 25; Wagpos 26, Hoërskool Tuine 20; Cornwall Hill College 44, St Andrews (Bloemfontein) 10; St Alban’s College 22, Clifton 10; Dinamika 34, Bergsig Akademie 19; Penryn College 50, Stanford Lake College 3; Wolmaransstad 27, Schoonspruit 14; Die Anker 27, Ligbron Akademie 10.

    KWAZULU-NATAL/OOS-KAAP

    Grey High School 19, St Andrew’s College 0; Queen’s College 21, Dale College 12; Selborne College 45, HTS Port Rex 0; Marlow Landbou 25, Nico Malan 15; Glenwood 18, Kearsney College 13; Michaelhouse 31, Durban High School 27; Northwood 61, St Charles College 29; Hilton College 39, Pretoria Boys’ High 15; Kingswood College 18, Pearson 0; Winterberg Landbou 19, Aliwal-Noord 12.

    WES-KAAP

    Paarl Gimnasium 36, Boland Landbou 18; Rondebosch Boys’ High 22, SACS 7; Bishops 14, Wynberg Boys’ High 10; Durbanville 77, Parel Vallei 0; Worcester Gimnasium 30, Hoërskool Bellville 19; Hoërskool Punt 31, Montagu 7; Robertson 16, Swartland 14; Augsburg Gimnasium 27, Vredendal Sekondêr 0; Hoërskool Oudtshoorn 19, Hermanus 14; Milnerton 22, Tygerberg 20; Strand 34, DF Malan 27; Brackenfell 19, HTS Bellville 17; Melkbosstrand 38, Elsiesrivier 12; Porterville 23, Vredendal 7; Hottentots-Holland 89, Somerset College 5; Monument Park 15, Vishoek 14; Charlie Hofmeyr 17, Oakdale Landbou II 18.

     

     

     

  • SDC Noordvaal Cup Results – 13 May 2023

    SDC Noordvaal Cup Results – 13 May 2023

    Die SDC Noordvaal Cup se onderskeie afdelings is aan die gang in volle swang.

    Al die uitslae van die reeks soos wat ons dit ontvang sal hier opgedateer word.

    Indien u uitslag of wedstryd nie op die lys is nie – tree gerus met ons in kontak deur ‘n e-pos te stuur aan rugby@superschoolsnews.co.za of per WhatsApp na 072 172 5455.

    Al die uitslae:

    AFDELING 1 

    BEKER-KOMPETISIE 

    [ninja_tables id=”15440″]

    PLAAT-KOMPETISIE

    [ninja_tables id=”15441″]

    Ander spanne: 

    o.16: Montana 20, Rustenburg 17.

    o.15: Rustenburg 45, Montana 10.

    o.14: Rustenburg 15, Montana 0.

    SKILD-KOMPETISIE

    [ninja_tables id=”15444″]

    BOWL-KOMPETISIE

    [ninja_tables id=”15446″]

    Ander spanne: 

    o.16: Eldoraigne 17, Merensky 14.

    o.15: Eldoraigne 20, Merensky 16.

    o.14: Eldoraigne 20, Merensky 19.

    AFDELING 2

    BlouBulle

    [ninja_tables id=”15449″]

    Ander spanne: 

    o.16: Wonderboom 36, Pretoria-Noord 14; HTS John Vorster 12, Midstream College 5; Overkruin 48, Centurion 7.

    o.15: Wonderboom 22, Pretoria-Noord 21; Midstream College 25, HTS John Vorster 5; Centurion 33, Overkruin 7.

    o.14:
    Wonderboom 36, Pretoria-Noord 14; Midstream College 33, HTS John Vorster 0; Centurion 57, Overkruin 0.

    AFDELING 3

     

  • Some massive micro-clashes to look forward to between Boishaai and Grey

    Some massive micro-clashes to look forward to between Boishaai and Grey

    PHOTO: Frans Lombard/Actionpix

    Forget for a moment that the Premier Interschools clash between Paarl Boys’ High and Grey College at the Brug Street Stadium in Paarl today is probably the biggest schoolboy match this Saturday.

    There is some big micro-clashes during this match that will be followed closely by the rugby connoisseur.

    Catch all the action live on SuperSport Schools (www.supersportschools.com).

    The biggest of the micro-clashes will be between Boishaai’s Divan Fuller and the visitors’ Jean-Henri Smit.

    Fuller has made a name for himself as a hard-hitting tackler in the same mould of Samoa’s former centre Brian Lima nicknamed, The Chiropracter, for his ability to rearrange oppositions bones.

    Fuller hasn’t been at his best so far this year, but still has been one of the stalwarts in Boishaai’s pack of forwards. Smit is a hardman himself and has showed his class this year. He doesn’t just do a good job as a fetcher but also has the ability to take defensive lines apart with his running lines.

    The battle between these two players will without a doubt be a highlight of today’s clash.

    Smit do have the backing of his captain, JJ Theron (eighthman), as well as Keegan Scholtz to help him in this battle. These three has probably formed the most formidable loose trio this year in South African schoolboy rugby.

    In the backs the battle between the Van der Merwes. No its not the start of an Afrikaans joke. In die midfield, Pieter van der Merwe (Grey College) and Daniel van der Merwe (Boishaai), will be locked in a proper battle to help their side to get the upperhand.

    Pieter van der Merwe has impressed this year with the manner he changes gears when he is put in possesion. He is a hard-hitting runner with the ball in hand, while Daniel van der Merwe has a bit more finesse to his approach.

    Daniel will also be facing another Van der Merwe in a micro-clash as he is also responsible for the goal-kicking for his side. Grey College’s flyhalf, Ian van der Merwe, will be opposition from the kicking tea.

    Ian is playing a vital role in the new way that the team of Grey College plays in 2023. He has probably also with some solid performances thus far placed him among the top schoolboy flyhalfs in the country this year.

    Grey College will be without a doubt the favourites for victory at Brug Street. They have been on the winning side against Boishaai since 2018 in their annual encounters. Boishaai however still have a trump card in their coach, Sean Erasmus.

    Erasmus coached Boishaai to three successive victories between 2015 and 2017 over Grey College. He is therefore probably the most successful active schoolboy coach against the rugby factory of Bloemfontein.

    The teams:

    Paarl Boys’ High: 15 JC Mars, 14 Scott Nel, 13 Bryan Burger, 12 Daniel van der Merwe, 11 Jameel de Jongh, 10 Ruan van Willing, 9 Juan Loots, 8 Douw Wessels, 7 Divan Fuller, 6 Rubin Dames, 5 Van Heerden Pretorius, 4 Neil Hansen, 3 Evan Kotze, 2 HB Odendaal, 1 Christie Visser.

    Grey College: 15 Vincent Wolhuter, 14 Hayden Tolmay, 13 Benito Goeda, 12 Pieter van der Merwe, 11 Martin Botha, 10 Ian van der Merwe, 9 Christiaan van der Westhuizen, 8 JJ Theron, 7 Keegan Scholtz, 6 Jean-Henri Smit, 5 Schalk du Plessis, 4 Heinrich Theron, 3 Jean Erasmus, 2 Liam van Wyk, 1 Ranon Fouché.

    Kick-off: 14:00

  • Klofies sal die Blou Tornado se knormoer moet draai vir sege in Mbombela

    Klofies sal die Blou Tornado se knormoer moet draai vir sege in Mbombela

    HAPPY MOKATE, buitesenter van die Hoërskool Waterkloof. FOTO: Marius Nortjé

    Die SDC Noordvaal Cup se Beker-afdeling in nou in volle swang.

    Al die spanne in die reeks sal die naweek in aksie wees, behalwe natuurlik die verdedigende kampioen, Monument van Krugersdorp, wat ‘n loslooitjie geniet.

    Hoërskool Waterkloof sal sy nederlaag van 21-50 van verlede week teen Garsfontein agter hom moet sit indien hy van Mbombela met ‘n sege na die Jakarandastad wil terugkeer.

    Klofies kom Saterdag teen die Hoërskool Nelspruit op laasgenoemde se tuisveld te staan. Die span van Pretoria het ook ‘n besoek van die beseringspook gehad, maar voorlangs behoort die kaptein en agtsteman, Dale Arlow, asook die flank Jean Jooste die pap behoorlik dik aan te maak.

    Agterlangs sal Nelspruit se Rhinos die senterpaar van die besoekers, Reuven Ferreira en Happy Mokate, fyn moet dophou.

    Hierdie kragmeting is die Rhinos se eerste wedstryd terug in die Beker-kompetisie na hy aan die einde van die 2018-seisoen na die Plaat-kompetisie gerelegeer is. Die Rhinos weet dus hoe moeilik dit is om weer tussen die groot honde te kan blaf, so daar kan verwag word dat hul vanjaar met hand en tand sal baklei om hul status te behou.

    Die tuissspan se skakelpaar, Theuns Meyer (losskakel) en Andeon Pringle (skrumskakel), kan die sleutel tot sukses teen Klofies hou.

    Noordheuwel van Krugersdorp skop sy aanslag in vanjaar se reeks teen Helpmekaar-kollege in Johannesburg af. Die Nories het verlede week sy titel as kampioen van die NWU Prestige-reeks suksesvol verdedig deur vir Oos-Moot met 27-17 in die eindstryd te troef.

    Helpies het verlede week al sy Noordvaal-aanslag afgeskop met ‘n klinkende sege van 73-15 oor Menlopark.

    Die Nories het vanjaar nog net drie keer die knie gebuig teen Outeniqua (14-18), Boland Landbou (19-24) en Hilton College (30-32).

    Helpies het vanjaar sover warm en koud geblaas, maar tydens die Absa Wildeklawer-toernooi teen onderskeidelik Paarl Gimnasium (14-25) en die Hoër Jongenskool Paarl (10-15) gewys dat hy dalk ‘n span sal wees om mee rekening te hou in die Noordvaal Cup.

    Helpies sal die besoekers se gevaarlike agterhoede met die losskakel, JT Kapank, aan die spits hok moet slaan. Buiten Kapank is die heelagter, Cheswill Jooste, asook die buitesenter, Marshall de Vos, van die mees opwindende aanvallende spelers in die reeks.

    Buiten dit het die Nories ‘n paar vuurvreters voorlangs in Juan Fourie en Ludie Schutte (flanke) asook die haker, Juandré Schoeman.

    Saterdag kan dalk ‘n donker dag vir die Hoërskool Menlopark se eerstespan wees. Sy teenstanders die Garsie Bere sal geen meer tekens van enige Wildeklawer-babelas hê nie en boonop is die span in Turkoois vanjaar gereken as die tweede beste skolespan in Suid-Afrika op die oomblik.

    Die Parkies se span gaan gebuk onder beserings buiten die feit dat hul seisoen nog nie vanjaar volgens plan verloop het nie. Die span het wel ‘n oortuigende sege van 64-0 oor Hoërskool Nelspruit vroeër vanjaar behaal.

    Indien die Garsies op alle silinders vuur sal die span behoorlik wraak neem vir sy nederlaag van 40-72 teen die Parkies in die halfeindstryd van die Virsekerbeker, soos die reeks destyds bekend gestaan het, in 2019. Die Parkies het daarna die titel as kampioen verower.

    Kragmetings tussen Marais Viljoen van Alberton en Dr. EG Jansen van Boksburg is altyd interresant en vol opwinding. EG het verlede jaar se wedtryd in Boksburg met 43-15 gewen, maar dit was ‘n taaier kragmeting as gewoonlik.

    Die spanne is: 

    Menlopark vs Garsfontein in Pretoria om 12:30: 

    Menlopark: 15 Naylan Albertus, 14 Ruben Fourie, 13 Xander Loubser, 12 Handré Joubert, 11 Xander Haasbroek, 10 Jadon Fortuin, 9 Christian Herbst, 8 Steyn Landman, 7 Rocco Myburgh, 6 Ian Coetzer, 5 Xander Roets, 4 Stefan van der Bijl, 3 Owen Herbst, 2 Mocke Balt, 1 Ruan Wolmarans.

    Garsfontein: 15 Jason Hugo, 14 Ruan Enslin, 13 Dimitre Erasmus, 12 Heinrich Cloete, 11 Cassie Prinsloo, 10 Nicallen Gabrielsen, 9 Zian Cilliers, 8 Abri van der Westhuizen (kaptein), 7 Thinus Oosthuizen, 6 Luan Olivier, 5 James Schnetler, 4 Jacques Swarts, 3 Leighton Cloete, 2 De Wet Lottering, 1 DA Swart.

    Marais Viljoen vs EG Jansen in Alberton om 12:20: 

    Marais Viljoen: 15 Giacchino Gerber, 14 Brandon Els, 13 Tyron Bouw, 12 Juandré Theron, 11 Tyler Woodruff, 10 Franco Horn, 9 Caydinn Fredericks, 8 Henrico Germishuizen, 7 Cephas van Biljon (kaptein), 6 Stephan van Deventer, 5 Phillip Jonker, 4 Bjorn Pieterse, 3 Dylan Alberts, 2 Lohan van Schalkwyk, 1 Calum Botha.

    EG Jansen: 15 David Twala, 14 R-Jay Pietersen, 13 Jeandre Jacobs, 12 Cameron van Wyk, 11 Juandré Claassens, 10 Ruan van Heerden, 9 Gordon Smith, 8 Nathan Matthee, 7 Reon Pretorius, 6 Zaide-Leigh Rippenaar, 5 Michael Devy, 4 Gerhard van Aswegen, 3 Marnus Swarts, 2 Danre Pike, 1 Shawn Simpson.

    Hoërskool Nelspruit vs Waterkloof in Mbombela om 13:30: 

    Hoërskool Nelspruit: 15 Le Riche Aithison, 14 Owen Steyn, 13 Ian Wood, 12 Heino Meiring, 11 Karl Erichsen, 10 Theuns Meyer, 9 Andeon Pringle, 8 Braam Basson, 7 Bradley Claassen, 6 Banele Ngwenya, 5 Juan Bezant, 4 Luke Poison, 3 Andeon Swart, 2 Regard Vermaak, 1 Hugwin Heyman.

    Waterkloof: 15 Khumo Tlhoaela, 14 Waldimar Griesel, 13 Happy Mokate, 12 Reuven Ferreira, 11 Sjaan Steyn, 10 Franco Cronjé, 9 Migael Prinsloo, 8 Dale Arlow (kaptein), 7 Jean Jooste, 6 Kevin van Staden, 5 Edan de Bruyn, 4 Daylen Knoetze, 3 Luan Brown, 2 Stephan Jacobsz, 1 Marnus Maritz.

    Helpmekaar vs Noordheuwel in Johannesburg om 12:30: 

    Helpmekaar: 15 Junayden Seffier, 14 Ruan Nel, 13 Reynard van der Linde, 12 Michael Benzien, 11 Pieter Moller, 10 Juan Storm, 9 Tristan van Niekerk, 8 Christiaan Steyn, 7 Ulrich Swart, 6 Darius Haasbroek, 5 Christian Tonkin, 4 Jandré Labuschagne, 3 Ulrich van der Merwe, 2 Ruan Welman, 1 Petri de Wet.

    Noordheuwel: 15 Cheswill Jooste, 14 Keaton van Deventer, 13 Marshall de Vos, 12 Jarred Coetzee, 11 Divan Cruywagen, 10 JT Kapank, 9 Coun-Lee Koekman, 8 Marco Maree, 7  Ludie Schutte, 6 Juan Fourie, 5 Donavan Breedt, 4 Rudolph Coetzee, 3 Martin Nel, 2 Juandré Schoeman, 1 Meyer Opperman.

  • Merensky blaf nou tussen die groot honde in die SDC Noordvaal Cup

    Merensky blaf nou tussen die groot honde in die SDC Noordvaal Cup

    Daar sal ongetwyfeld groot opgewondenheid Saterdag in Tzaneen wees, met Merensky was sy buiging tussen die groot honde van Afdeling 1 van die SDC Noordvaal Cup op Plasie-park sal maak.

    Merensky skop sommer sy aanslag in die Bowl-kompetisie teen Hoërskool Eldoraigne se Groen Drake af.

    Eldos sal ver moet gaan delf om dalk ‘n wedstryd op te spoor waar hulle teen Merensky in Tzaneen te staan moes kom.

    Die Groen Drake het wel al ‘n keer of wat die afgelope paar jaar teen Ben Vorster van Tzaneen te staan gekom.

    Merensky het verlede jaar nog in Afdeling 2 van die Noordvaal-trofee (deesdae die SDC Noordvaal Cup) gespeel. Kyk gerus uis na die binnesenter, Clifford Ledwaba, asook die skrumskakel, Dirk de Nysschen, wat die besoekers agterlangs probleme kan besorg.

    Merensky sal ook wonder of hulle dubbelle visie het, maar dis net die Diffenthal-tweeling, Willie en Wickus, wat in die voorry vir Eldos sak. Willie op vaskopstut, terwyl Wickus vanaf haker sal poog om ‘n paar vaskoppe te haak.

    Eldoraigne het vanjaar in die nuwe NWU-reeks deelgeneem tussen swaargewigte soos EG Jansen en Menlopark wat in die boonste kompetisie van Afdeling 1 speel. Eldos het in sy laaste wedstryd teen Menlopark met 33-elk gelykop gespeel.

    Wesvalia se afrigters sal hoop dat hul span op alle silinders vuur vir vandag se kragmeting teen die Hoërskool Alberton op laasgenoemde se tuisveld.

    Die Bruin Bere van Klerksdorp sou nie te gelukkig oor hulle vertoning tydens die NWU Prestige-reeks gewees het nie, maar sal hul lippe aflek om sake in die Noordvaal-reeks reg te stel.

    In Potchefstroom sal Potch Volkskool teen Dr. Malan van Meyerton in nog ‘n Bowl-kompetisie kragmeting te staan kom.

    Die spanne is: 

    Merensky vs Eldoraigne op Plasie-park in Tzaneen om 12:45: 

    Merensky: 15 Caleb Mokgalaotse, 14 Heinrich Lubbe, 13 Klokke Mohlala, 12 Clifford Ledwaba, 11 Mahlatse Semosa, 10 Byron Hendricks, 9 Dirk de Nysschen, 8 Waldie Haasbroek, 7 Tian Viljoen-Krugel, 6 Hardus Terblanche, 5 Zander Heydenrych, 4 Luan Verster, 3 Tirelo Mashapa, 2 Ruan Marcos Cha-Cha, 1 Divan Pietersen.

    Eldoraigne: 15 Rynhardt Gelderbloem, 14 Xander Marx, 13 Hendru van Zyl, 12 Marchand Nel, 11 Juan Bothma, 10 Reynier Kidson, 9 Donnevin Naude, 8 Johan Coetzee, 7 Divan de Jager, 6 Anroux du Plessis, 5 Myburgh van Wyk, 4 Shane Henery, 3 Willie Diffenthal, 2 Wickus Diffenthal, 1 Jaco Fourie.

    Hoërskool Alberton vs Wesvalia in Alberton om 12:15: 

    Hoërskool Alberton: Nie beskikbaar.

    Wesvalia: 15 Richardt van Heerden, 14 Teboho Sekonyela, 13 Xander Smit, 12 Deon Viljoen, 11 Werner Kruger, 10 Philip Janse van Rensburg, 9 Chad Hofmeyr, 8 Hanré Venter, 7 Hennoh Visser, 6 Francois Dumond, 5 Junior Kuhn, 4 Vian Botes, 3 Koos Kleynhans, 2 André Taute, 1 Heinrich Jansen van Vuuren.

    Potchefstroom Volkskool vs Dr. Malan in Potchefstroom om 12:20: 

    Potchefstroom Volkskool: Nie foon geantwoord nie.

    Dr. Malan: Nie beskikbaar.

     

  • Secunda het vanjaar meer as genoeg vroompa vir SDC Noordvaal Cup

    Secunda het vanjaar meer as genoeg vroompa vir SDC Noordvaal Cup

    Die eersterugbyspan van die Hoërskool Secunda het vanjaar meer oemf as Sasol se Super 100-brandstof van destyds.

    Die span skop sy aanslag in vanjaar se SDC Noordvaal Cup se Skild-afdeling teen die Hoërskool Jeugland van Kempton Park af.

    Die eerstespanne se kragmeting skop om 13:00 in Secunda af.

    Die tuisspan het ses spelers in die voorlopige Cravenweek-span van die Pumas. Die dosyn spelers is Jayden Schnuir (haker), Hanré Hattingh (flank), Tian Steyn (losskakel), Tyran Moolman (senter), Luan Lottering (heelagter) en Thumelo Mtshali (stut).

    Hattingh voer Secunda se span aan en is ook die vonkprop voorlangs wat die vuur aansteek. Agterlangs het die senterpaar, Steyn en Moolman, asaook die vleuel Lottering al ‘n hele paar spanne behoorlik laat bontstaan.

    Secunda het vroeër vanjaar ‘n hele paar Stellenboschers laat Google – Waar is Secunda? Dit is toe hulle amper vir ‘n opskudding gesorg het, maar toe uiteindelik die knie met 5-17 teen een van Suid-Afrikaanse rugby se Springbok-fabrieke Paul Roos Gimnaisum die knie moes buig.

    Secunda het nie vanjaar in een van die NWU-reeks gespeel nie, maar goeie voorbereiding gekry met oorwinnings oor HTS John Vorster (57-10) en Hoërskool Pietersburg (17-16).

    Jeugland sal deeglik bewus wees van die taak wat Saterdag op hom wag asook wie die gevaarmanne vir Secunda is.

    Die span van Kempton Park is wel ook nie ‘n span wat vanjaar sommer die stryd gewonne gee nie. Hy het vanjaar in die NWU Prestige-reeks goeie seges oor die Hoërskool Middelburg (25-23) en Potchefstroom Volkskool (41-26) behaal.

    Oos-Moot is die verdedigende kampioen van die SDC Noordvaal Cup se Skild-kompetisie. Hy het verlede jaar vir die Hoërskool Klerksdorp in die eindstryd getroef om met die louere weg te stap.

    Klerksdorp is egter gepromiveer na die Plaat-kompetisie na afloop van die seisoen. Oos-Moot sal sy aanslag in vanjaar se reeks eers op 27 Mei teen Ligbron Akademie in Ermelo afskop.

    Die spanne is: 

    Secunda: 15 Ethan Coetzee, 14 Ryan Erasmus, 13 Tyran Moolman, 12 Tian Steyn, 11 Luan Lottering, 10 Jean du Toit, 9 Jarno Haaroff, 8 Mike Pretorius, 7 Hanré Hattingh (kaptein), 6 Sibusiso Ngubane, 5 Armand Kwooitz, 4 John Opperman, 3 Henrico Fourie, 2 Lie-Chaen Müller, 1 Jayden Schnuir.

    Jeugland: 15 Hassan Ruhongole, 14 Billy Rheeder, 13 Lynghe Pretorius (kaptein), 12 Jeandré Momberg, 11 Oregopotse Shilubane, 10 Jacques du Plessis, 9 Marno Maritz, 8 Relebohile Letlala, 7 Siyanda Mbanjwa, 6 Rynhardt Olivier, 5 Sharon Nsenda, 4 Thadiwa Zvomuyo, 3 Mundilu Emeraude, 2 Devan de Jager, 1 Keanan Watson.

     

     

  • Rhenish hockey girls hit the 2023-season with force

    Rhenish hockey girls hit the 2023-season with force

    Sixteen hardworking girls, one force to be reckoned with.

    The Rhenish hockey girls have made a name for themselves in the early stages of this 2023 hockey season.

    With a little bit of a slow start at the St Mary’s Hockey Festival that took place at the end of March where the girls had placed ninth overall.

    The team quickly redeemed themselves when they took part in the Eunice all girls hockey festival on 28th-30th of April 2023 and had great plays of hockey beating most of their opponents, one being against St Mary’s Festival champions, Eunice, with a 2-0 win and had placed 2nd overall, taking home the silver medals.

    Head coach, Chris Gerber, says, “This team is extremely special and has what it takes to be the best in the country, but it’s not just about their hard work, what stands out is the unique way they stand together in tough times and uplift the people around them.

    They want to learn and be better and all of them will go very far. They always have smiles on their faces and they enjoy playing and playing well.”

    The team is mixed with both experienced players and younger players having a total of 11 players returning to the team from 2022 where every player in the team understands their role and thrive in doing their job as well as they possibly can the team says that there is always room for improvement and want to work on their structure for upcoming games as well as brining in some players and giving them more exposure.

    The teams goals for 2023 are simple, “We want to improve every single game and play as a team, but the ultimate goal will be to win the top 12 tournament” which is one of the later fixtures that they are looking forward to the most alongside their winters week fixture against Hoër Meisieskool  Bloemhof.

    It goes without saying that these girls have a powerhouse for defense, but their attacking play is just as strong, Rhenish girls have won their match against Collegiate High School in their Interschools Derby 3-2 (Baylee Engelke 1; Leah du Plessis 2).

    Had a very impressive win with seven goals against DF Malan where Leah du Plessis scored a skillful number of five goals, Baylee Engelke one goal alongside Raquel Pestana with one goal for her team.

    The team also pushed through a very intense match against Herchel, one of the teams Rhenish lost to in the St Mary’s Festival, this time beating them with only one goal difference 4-3 with Kaitlyn van Binsbergen securing 2 goals, Justine Basson and Raquel Pestana both with one goal. 

    Going into this weekends game against La Rochelle on Friday at 18:00 at La Rochelle the team is looking forward to the challenge La Rochelle Girls bring, “Hopefully we can work hard to keep our shape and structure for this match, be clinical in the circle and make sure we are defensively secured.”

    The team players:

    Jasmine Aitken, Melissa Muller, Shene du Plessis, Montana de Kock, Puck Bakker, Baylee Engelke, Raquel Pestana, Halle Williams, Leah du Plessis, Kaitlyn van Binsbergen, Olivia Visser, Justine Basson, Anna Petika, Ruby Cilliers, Alex Eagles, Grace Hobbs.

    The team management:

    Chris Gerber – Coach (Head of Hockey)
    Ross Camel – Assistant Coach
    Jinne De Kock – Manager
    Christiaan De Kock – Trainer