Met die Jubilee-liga wat vinnig einde se kant toe staan, het die afgelope week ‘n paar spanningsbelaaide kragmetings opgelewer, met bitter min wat die spanne geskei het.
Waterkloof het puik vertoon om met 36–24 oor Eldoraigne te seëvier. Die Klofies het doeltreffend gekombineer met vinnige voere en kwaai druk toegepas op die verdediging, wat Eldoraigne min ruimte gebied het om momentum te bou.
In een van die naelbytkragmetings van die week het Montana daarin geslaag om Garsfontein met 32–30 te troef. Dit was ’n titaniese stryd met elke doel wat getel het, maar Montana se deursettingsvermoë het in die doodsnikke die deurslag gegee.
Garsfontein het vergoed vir dié naelskraapse nederlaag deur vir Menlopark op ewe spannende wyse met 38–34 te verslaan. Die kombinasie van Karen Roothman (AV) en Dane Boshoff (S) op die aanval was uiters gevaarlik, met presiese voere en dinamiese beweging. Anke Janse van Rensburg (D) het met haar akkuraatheid op doel uitgeblink, terwyl Isabella le Roux (V) rotsvas was op die verdediging en in kritieke stadiums balle omgekeer het.
Uitslae:
Waterkloof 36, Eldoraigne 24
Garsfontein 38, Menlopark 34
Montana 32, Garsfontein 30


Die Jubilee-liga het vandeesweek nogmaals kragtige netbalaksie opgelewer, met spanne wat elke sentimeter van die baan benut het, asook ‘n viertal spelers wat spesiale mylpale gevier het.
Met die JOMO-liga wat die pylvak inbeweeg, raak die prentjie vir kwalifikasie duideliker – en die kompetisie al hoe strawwer.
Die laaste ronde wedstryde in die gewone fase van Sedibeng-liga het weer uitsonderlike spel en indrukwekkende oorwinnings opgelewer, maar óók diep emosie – vernaam vir ‘n aantal Transvalia-spelers wat hul laaste wedstryd op tuisbodem gespeel het.
Die Jubilee-liga het weer gesorg vir aksiebelaaide netbal, met Menlopark en Affies wat oortuigende seges behaal het, terwyl Garsfontein in ‘n klipharde stryd vir Oos-Moot getroef het.
Die JOMO-liga in Gauteng het weer netbal van hoogstaande gehalte, ‘n paar dominante vertonings en ook ‘n skoksege opgelewer.
Die Sedibeng-netballiga het vandeesweek nogmaals aksiebelaaide spel opgelewer, met Hoër Volkskool Heidelberg wat ‘n dramatiese sege behaal het oor Transvalia in een van die spannendste kragmetings van die seisoen.
Die Jubilee-netballiga het behoorlik momentum opgetel met ‘n reeks uiters mededingende kragmetings tussen van Pretoria se voorste hoërskoolspanne.
Die o.19A-span van Noordheuwel het hul stempel deeglik afgedruk in die JOMO-liga in Johannesburg met ‘n reeks indrukwekkende oorwinnings.
Twee bepalings in die Sedibeng-liga is onlangs afgehandel toe Heidelberg Volkskool teen Hoërskool Driehoek te staan gekom en Dr Malan met Hoërskool Transvalia kragte gemeet het.