SSPN Test Site

Author: slabuschagne

  • Kaapse spanne, Parkie-eerstes beïndruk op Dag 2 van Menlo-toernooi

    Kaapse spanne, Parkie-eerstes beïndruk op Dag 2 van Menlo-toernooi

    Die tweede dag van die Menlo-Netbaltoernooi 2025 het nogmaals spel van hoogstaande gehalte opgelewer, met ‘n aantal spanne wat bo die res begin uitstyg het.

    Spanne vanuit die Kaap, soos Durbanville, Bellville, Paarl Gimnasium, Paarl Girls’ High, DF Malan, Swartland, Brackenfell en Rhenish, sowel as die gasheerspan, Menlopark 1, het uitgestaan op die tweede dag van aksie in Pretoria.

    Durbanville het stewig vertoon met seges van 31–20 oor Duineveld en 27–19 oor Edenvale, terwyl Bellville met 25–4 vir Wonderboom kafgedraf het voordat hulle vir Alberton met 37–4 afgeransel het.

    Menlopark 1 het ’n taai kragmeting teen Bloemhof met 26–18 gewen en ’n belangrike oorwinning van 29–21 teen Monnas aangeteken. Parkies se tweede span het egter teen Brackenfell (10–20) en Rhenish (14–16) vasgeval. Rhenish het ’n goeie dag beleef deur ook vir Krugersdorp met 21–10 en Oosterland met 16–7 te troef.

    DF Malan het afgeskop met 23–21 teen Linden, vir Capricorn met 22–17 verslaan en ook ‘n indrukwekkende sege van 13–11 behaal oor Middelburg, wat met ’n 24–18 gewen het teen Dr Malan en naelskraaps met 17–16 die pyp gerook het teen Milnerton.

    Swartland het hulself onderskei as een van die konsekwentste spanne met oorwinnings oor Merensky (21–10) en Frans du Toit (19–12), terwyl Stellenbosch ook met Frans du Toit (24–13), Hans Moore (13–9) en Merensky (16–14) afgereken het, danksy puik taktiese spel en afronding.

    Paarl Girls’ High het oortuig met seges van 30–9 oor Secunda en 29-10 oor Outeniqua, terwyl Paarl Gimnasium twee swaar- maar welverdiende oorwinnings behaal het teen Helpmekaar (22–16) en Oranje 1 (20–17), en later ook net-net vir Ermelo met 16–15 verslaan het.

    Brackenfell het drie stabiele vertonings opgedis, teen Menlopark 2 (20–10), Capricorn (17–14) en Drostdy (15–9). Oranje 1 was in ‘n titaniese stryd gewikkel met Rand Park, wat met 7–7 gelykop geëindig het, nadat hulle vroeër met 18–14 teen Monnas geseëvier het. Oranje 2 het oortuigend met 25–8 teen Capricorn gewen en ook vir Hans Moore met 18–13 verslaan.

    Onder die naelbyt-uitslae van die dag tel die eenpunt-seges van Dr Malan oor Rand Park (11–10) en Secunda oor Northcliff (17–16), terwyl Potch Gim vir Hugenote met 21–16 getroef het. Randburg het Lydenburg met 20–6 verslaan, en Ben Vorster het hul momentum behou met ’n sege van 22–13 oor Diamantveld.

    Helpmekaar het indrukwekkend vertoon met hul sege van 29–8 oor Duineveld, terwyl Wonderboom vir Vredendal met 13–8 en Worcester Gimnasium vir Hans Moore met 15–9 verslaan het.

    Die sukses van die Menlo-Netbaltoernooi lê egter nie slegs in dié tellings nie, maar verál ook in die gees van sportmangees en verbondenheid wat by hierdie gewilde byeenkoms heers.

    Dag 2 | Uitslae

    [ninja_tables id=”68145″]

  • Menlo-toernooi bied skolenetbal-skouspel

    Menlo-toernooi bied skolenetbal-skouspel

    Vanjaar se Menlo-Netbaltoernooi was oudergewoonte ’n viering van spanwerk, uithouvermoë en ‘n passie vir die spel.

    Met spanne van regoor Suid-Afrika wat op die Menlopark-bane saamgetrek het, was die gehalte van spel uitsonderlik en die gees tussen skole bewonderenswaardig. Elke span het gekom om hul merk te maak, en dit was duidelik van die heel eerste fluitjie af dat hierdie ’n netbalfees van hoogstaande gehalte sou lewer.

    Gasheerskool, Menlopark, het twee spanne ingeskryf wat albei hul staal gewys het. Menlopark 1 het uithalerspel teen Diamantveld gelewer om met 29–13 te wen, met vernaam hul blitsige sirkulasie van die bal wat beïndruk het. Hoewel hulle teen ’n uiters sterk Durbanville-span vasgeval het met 20–28, het Parkies nietemin karakter getoon en aanhou veg tot die einde.

    Benewens Menlopark, het verskeie ander spanne op die eerste dag van die toernooi hul teenwoordigheid bekendgemaak. Noordheuwel het ’n duidelike boodskap gestuur met ‘n sege van 28–14 oor Secunda, terwyl Bellville hul teenstanders, Randburg en Pretoria-Noord, met onderskeidelik 22–10 en 29–3 verslaan het.

    Outeniqua het verbete vasberadenheid getoon teen Monument om met 28–27 as oorwinnaars te tree uit ’n stryd wat as een van die hoogtepunte van die dag beskou is. Dr.Malan het ewe briljant vertoon teen Potchefstroom Gimnasium, om met twee doele in die doodsnikke die pyp te rook met 23-21.

    Helpmekaar het self hope karakter aan die dag gelê deur Oranje met 16–15 te klop in ’n naelbytstryd gelaai met spanning. Bloemhof het hulself as ’n krag in skolenetbal onderskei deur met  sowel Edenvale (29–17) as Duineveld (25–17) klaar te speel, terwyl Paarl Gimnasium ook met gemak geseëvier het, onder andere met 35–12 oor Secunda.

    Dag 1 van die Menlo-Netbaltoernooi het gesorg vir naelbyt-aksie, opskuddings en sterre wat hand opgesteek het. Met sulke uitslae as verwysingspunt, het die die res van die toernooi beloof om nóg heelwat vonke te laat spat.

    Dag 1 | Uitslae

    Brackenfell 26 Wonderboom 15
    DF Malan 19 Diamantveld 19
    Dr Malan 23 Potch Gim 21
    Oosterland 16 Pretoria Noord 18
    Bellville 22 Randburg 10
    Noordheuwel 28 Secunda 14
    Linden 13 Middelburg 15
    Leeuwenhof 18 Merensky 16
    Alberton 11 Menlopark 2 26
    Ben Vorster 20 Drostdy 10
    Hugenote 14 Northcliff 20
    Merensky 7 Frans du Toit 24
    Lydenburg 13 Swartland 20
    Monnas 27 Outeniqua 28
    Helpmekaar 16 Oranje 15
    Durbanville 28 Menlopark 1 20
    Duineveld 19 Paarl Girls 29
    Paarl Gim 25 Rand Park 9
    Bloemhof 29 Edenvale 17
    Hans Moore 16 Rhenish 22
    Capricorn 21 Milnerton 19
    Krugersdorp 15 Vredendal 17
    Oranje 2 18 Stellenbosch 12
    Ermelo 15 Worcester Gim 19
    Bellville 29 Pretoria Noord 3
    Oosterland 14 Wonderboom 11
    Frans du Toit 15 Menlopark 2 23
    Durbanville 17 Monnas 17
    Krugersdorp 15 Stellenbosch 19
    Secunda 5 Oranje 2 19
    Drostdy 17 Linden 13
    Dr Malan 15 Outeniqua 29
    Brackenfell 24 Lydenburg 15
    Alberton 14 Worcester Gim 18
    DF Malan 21 Randburg 10
    Noordheuwel 20 Rand Park 12
    Leeuwenhof 14 Swartland 23
    Diamantveld 13 Menlopark 1 29
    Oranje 25 Potch Gim 18
    Helpmekaar 18 Paarl Girls 15
    Paarl Gim 35 Secunda 12
    Bloemhof 25 Duineveld 17
    Edenvale 21 Milnerton 16
    Ermelo 18 Vredendal 19
    Hans Moore 17 Middelburg 14
    Capricorn 20 Hugenote 14
    Merensky 9 Rhenish 25
    Ben Vorster 19 Northcliff 15
  • Tralies sluit Kloof-Netbalfees 2025 onoorwonne af

    Tralies sluit Kloof-Netbalfees 2025 onoorwonne af

    Die laaste dag van die gewilde Kloof-Netbalfees het vanjaar in egte kampioenskapsgees afgesluit met die spanne wat vir oulaas alles in die stryd gewerp het.

    In die o.19-kategorie het Sentraal hul segetog voortgesit met ’n indrukwekkende oorwinning van 26–7 oor Centurion en sodoende hul status as die enigste onoorwonne span behou.

    La Rochelle, wat ook onoorwonne was, moes egter reeds na die tweede dag terugkeer huis toe, ten einde voor te berei vir die Rhodes-toernooi, en het dus nie die geleentheid gehad om enduit op hul momentum voort te bou nie.

    ‘n Kragmeting tussen La Rochelle en Sentraal sou inderdaad ‘n titaniese stryd af te gegee het.

    Windhoek Hoërskool het weer hul staal getoon met oorwinnings oor Potch Volkies (22–16) en Reitz (25–12). Potch Volkies het nietemin vergoed vir die nederlaag om met 25–16 teen Eunice te seëvier.

    Redhill het hul toernooi op ’n hoë noot afgesluit met ’n oortuigende sege van 38–12 oor Vrede. Die Redhill-meisies het deurlopend heelwat trots aan die dag gelê en hul laaste wedstryd het hul groei en veggees skitterend weerspieël.

    Ander noemenswaardige kragmetings op die laaste dag sluit in Ferrum se gesaghebbende sege van 25–10 oor Gerrit Maritz en Klerksdorp se kragtige sege van 33-8 oor Bergvlam. Waterkloof se tweede span het hul wedstryd teen Wagpos met 19–16 beklink in een van die naelbytstryde van die dag, terwyl Oosterlig met 9–14 teen Wesvalia vasgeval en Voortrekker vir Ashton met 24–13 geklop het.

    Potch-Volkies o.16 wen 11/11 wedstryde

    ’n Spesiale vermelding gaan aan Potch Volkies se o.16-span, wat ál 11 hul wedstryde gewen het – ’n uitsonderlike prestasie wat beslis nie ongesiens verbygegaan het nie. Dié jong span het deurgaans spel van die hoogste gehalte gelewer en is beslis ’n groep om dop te hou in die toekoms.

    Die Kloof-Netbalfees 2025 het afgesluit met ’n oorweldigende gevoel van prestasie en trots, met spelers, afrigters en ondersteuners wat reeds begin aftel na volgende jaar se aksie. Sentraal se onoorwonne segetog het beslis die toon aangegee, en beklemtoon dat deursettingsvermoë, spanwerk en passie steeds die hart van skolesport vorm.

    Uitslae | Dag 4

    Windhoek Hoërskool 22 Potch Volkies 16
    Kemptonpark 17 Framesby 19
    Sentraal 26 Centurion 7
    Hoërskool Alberton 18 Witteberg 21
    Reitz 12 Windhoek Hoërskool 25
    Voortrekker 24 Ashton 13
    Oosterlig 9 Wesvalia 14
    Windhoek Privaatskool 22 Ellisras 11
    St Anne’s 20 Piet Potgieter 11
    Ferrum 25 Gerrit Maritz 10
    Vrede 12 Redhill 38
    Piet Retief 27 Empangeni 26
    Potch Volkies 25 Eunice 16
    Klerksdorp 33 Bergvlam 8
    Waterkloof 19 Wagpos 16
  • Sentraal steeds onoorwonne ná Dag 3 van Kloof-Netbalfees

    Sentraal steeds onoorwonne ná Dag 3 van Kloof-Netbalfees

    Die derde dag van Kloof-Netbalfees 2025 het verskeie verrassings opgelewer, sowel as spelers wat hulself as ware kampioene onderskei het.

    Van gevestigde netbalkragte tot opkomende sterre, Dag 3 het gewys hoekom die Kloof-Netbalfees ’n hoogtepunt is op die skolesportkalender.

    Waterkloof se eerste span was goed op dreef met drie indrukwekkende seges. Hulle het Brandwag met 23–12 en Klerksdorp met 20–15 geklop, en Framesby se segetog beëindig met ‘n naelbytsege van 22–20. Klofies het hul teenstanders onder konstante druk geplaas met rotsvaste verdediging en kliniese afronding in die doelsirkel.

    Voortrekker het ewe puik spelpeil gehandhaaf om vir Oosterlig (27–8) en Jeugland (19–12) te verslaan, terwyl hulle vir Wagpos met 30–8 oorrompel het. Vories het ontluik as ’n span wat met hope selfvertroue speel en hul wedstryde doelgerig benader.

    Sentraal was weer een van die groot uitblinkers op die dag en het hul onoorwonne status behou met met seges oor Framesby (22–10), Potch Volkies (20–12) en Ellisras (25–10).

    Die ster van die span was ongetwyfeld senter, Marli van der Merwe, wat die bal doeltreffend deur die baan beweeg op die aanval, terwyl sy op verdediging ‘n aantal kritieke onderskeppings gemaak het. Haar spel-intellek en energieke teenwoordigheid het beslis Sentraal se doele aangespoor om kalm te bly onder druk en met akkuraatheid te skiet.

    Redhill het hul spelpeil na ‘n nuwe vlak geneem met oortuigende seges oor Piet Potgieter (41–7), Gerrit Maritz (38–13) en St Anne’s (25–9). Hul vinnige, direkte spel en ongenaakbare verdediging het teenstanders se kanse geweldig beperk.

    Amanzimtoti het ook spiere gebult met drie oorwinnings, oor Empangeni (33–18), Piet Retief (28–22) en Gerrit Maritz (32–7). Die span van Toti het met selfvertroue gespeel en elke fout van hul opponente genadeloos uitgebuit.

    Windhoek Privaatskool het ook ‘n goeie dag beleef. Die Namibiërs het 20–14 teen Wesvalia en 17–13 teen Framesby gewen, en in ’n spannende stryd met 18–18 gelykop gespeel teen Hoërskool Alberton. Ashton het hul veerkragtigheid onderstreep om ook drie wedstryde te wen, teen Bergvlam (33–10),  Oosterlig (19–11) en naelskraaps met 16–15 teen Waterkloof II.

    Klerksdorp het met 19–9 teen Potch Volkies afgeskop, vir Brandwag met 17–15 getroef en hul dag afgesluit met ’n ewe naelskraapse sege van 13–11 oor Windhoek Hoërskool. Witteberg het goed vertoon met oorwinnings van 21–11 teen Ellisras, 18–14 teen Wesvalia en 15–12 teen Potch Volkies.

    Ferrum het hul wedstryde teen Piet Potgieter (17–10), Vrede (17–10) en Bergvlam (13–11) gewen – spogvertonings van ’n span wat onder die radar begin het maar met elke wedstryd momentum gebou het.

    Kempton Park het ook hul invloed op Dag 3 laat geld deur vir Eunice met 25–19 te wen en Wagpos met 32–8 af te ransel, voordat hulle ná ‘n taai kragmeting met Windhoek Hoërskool met 21–17 as oorwinnaars uit die stryd getree het. Kempies het met hul vaart en samespel beïndruk, terwyl hulle op die verdediging verskeie deurslaggewende balle teruggewen het.

    Dag 3 | Uitslae

    Waterkloof 23 Brandwag 12
    Sentraal 22 Framesby 10
    Kemptonpark 25 Eunice 19
    Jeugland 11 Windhoek Hoërskool 18
    Windhoek Privaatskool 20 Wesvalia 14
    Centurion 22 Wagpos 15
    Voortrekker 27 Oosterlig 8
    Potch Volkies 9 Klerksdorp 19
    St Anne’s 27 Waterkloof II 18
    Witteberg 21 Ellisras 11
    Hoërskool Alberton 22 Ferrum 10
    Gerrit Maritz 13 Reitz 16
    Vrede 16 Piet Retief 28
    Redhill 41 Piet Potgieter 7
    Ashton 33 Bergvlam 10
    Amanzimtoti 33 Empangeni 18
    Sentraal 20 Potch Volkies 12
    Voortrekker 19 Jeugland 12
    Waterkloof 22 Framesby 20
    Windhoek Privaatskool 17 Eunice 18
    Centurion 14 Waterkloof II 17
    Klerksdorp 17 Brandwag 15
    Wagpos 8 Kemptonpark 32
    Wesvalia 14 Witteberg 18
    Oosterlig 11 Ashton 19
    Windhoek Hoërskool 18 St Anne’s 10
    Hoërskool Alberton 30 Piet Potgieter 14
    Vrede 19 Reitz 19
    Redhill 38 Gerrit Maritz 13
    Piet Retief 22 Amanzimtoti 28
    Ferrum 17 Ellisras 11
    Empangeni 14 Bergvlam 23
    Piet Retief 15 Brandwag 26
    Witteberg 15 Potch Volkies 12
    Windhoek Hoërskool 17 Kemptonpark 21
    Waterkloof 20 Klerksdorp 15
    Windhoek Privaatskool 18 Hoërskool Alberton 18
    Waterkloof II 15 Ashton 16
    Wesvalia 12 Jeugland 14
    Framesby 19 Eunice 12
    Voortrekker 30 Wagpos 8
    Sentraal 25 Ellisras 10
    Oosterlig 12 Centurion 14
    Ferrum 17 Vrede 10
    St Anne’s 25 Reitz 9
    Piet Potgieter 15 Empangeni 20
    Gerrit Maritz 7 Amanzimtoti 32
    Redhill 31 Bergvlam 7
    Brandwag 19 Jeugland 9
    Voortrekker 22 Eunice 18
    Waterkloof II 18 Witteberg 9
    Wesvalia 16 Ellisras 4
    Klerksdorp 13 Windhoek Hoërskool 11
    Ferrum 13 Bergvlam 11
    Amanzimtoti 16 Hoërskool Alberton 15
    Reitz 9 Centurion 22
    Oosterlig 12 Empangeni 10
    St Anne’s 9 Redhill 25
    Windhoek Privaatskool 17 Framesby 13
  • Sentraal, La Rochelle en Framesby sit segetogte voort by Kloof-Netbalfees

    Sentraal, La Rochelle en Framesby sit segetogte voort by Kloof-Netbalfees

    Die tweede dag van vanjaar se opwindende Kloof-Netbalfees het nogmaals nie teleurgestel nie. Spanne het alles in die stryd gewerp in ’n reeks kragmetings wat toeskouers op die punte van hul stoele vasgenael gehou het.

    Hoërskool Sentraal het hul merk gemaak deur die dag onoorwonne af te sluit. Hulle het verál teen Oosterlig (30–9) en Waterkloof (19–12) netbal van die hoogste gehalte opgedis.

    Dit was vernaam Sentraal se beheerde spel, kragtige aanval en vlymskerp verdediging wat ‘n blywende indruk gelaat het. Met Protea- en Fast 5-verteenwoordigers, Refiloe Nketsa en Zandre Smit, as afrigters, is Sentraal beslis in ‘n bevoorregte posisie en besig om die vrugte daarvan te pluk.

    La Rochelle en Framesby is nóg twee spanne wat hul segetogte voortgesit het – en dit het in die proses tonne drama opgelewer.

    In een van die vele naelbytstryde van die dag, het La Rochelle en Framesby kragte gemeet in ’n titaniese gelykopstryd van 24–24. Die spanne het hope karakter getoon en verbete geveg tot die einde, maar kon mekaar eenvoudig nie uitoorlê nie. Alhoewel dit nie as ’n nederlaag tel nie, het dit nietemin so hittete die einde van een van dié twee spanne se perfekte rekord beteken.

    Een van die uitblinkers van die dag was sonder twyfel La Rochelle se Christelle Greyling wat in haar rol as hulpverdediger haas ondeurdringbaar was. Haar spel-intellek en vermoë om spel te lees het gelei tot talle kritieke onderskeppings, wat keer op keer die momentum ten gunste van haar span laat swaai het. Christelle se teenwoordigheid op die baan het ’n tasbare verskil gemaak en sy is tereg as een van die spelers van die dag uitgelig.

    Redhill het ’n kragtige sege van 45–5 oor Reitz behaal, terwyl Amanzimtoti hulself ook as ’n span van formaat bevestig het met ’n indrukwekkende oorwinning van 33–11 oor Vrede. Voortrekker was ook op dreef met drie puik seges, oor onder andere teen Klerksdorp (28–21) en Windhoek Privaatskool (23–16). Kempton Park het ook ‘n bevredigende dag beleef met ‘n oorwinning oor Ashton (18-11), asook ‘n gelykopuitslag teen Wesvalia (18-18).

    Namate die Kloof-Netbalfees vorder, begin die koring hulself van die kaf te skei. Met die halfpadmerk van die toernooi wat bereik is, sal dit interessant wees om te sien of spanne soos Sentraal, La Rochelle en Framesby hul momentum kan behou om die kompetisie onoorwonne af te sluit. Hou gerus dop om te sien wié volgende die kollig gaan steel – Dag 3 beloof selfs meer aksie, uitmuntende spel en onvergeetlike oomblikke.

    Uitslae | Dag 2

    Hoërskool Alberton 19 Centurion 10
    Ellisras 10 Eunice 23
    Ferrum 18 Waterkloof 22
    St Anne’s 20 Empangeni 20
    Amanzimtoti 31 Bergvlam 6
    Ashton 29 Gerrit Maritz 6
    Piet Potgieter 15 Vrede 22
    Reitz 11 Piet Retief 23
    Redhill 24 Windhoek Hoërskool 19
    Brandwag 25 Potch Volkies 19
    Framesby 25 Witteberg 17
    Wesvalia 12 Voortrekker 25
    Klerksdorp 15 La Rochelle 26
    Windhoek Privaatskool 30 Wagpos 6
    Waterkloof 12 Sentraal 19
    Oosterlig 8 Jeugland 20
    Piet Retief 29 Piet Potgieter 14
    Gerrit Maritz 14 Empangeni 23
    Vrede 11 St Anne’s 19
    Reitz 5 Redhill 45
    Hoërskool Alberton 27 Bergvlam 11
    Amanzimtoti 25 Witteberg 21
    Ferrum 5 Centurion 25
    Windhoek Hoërskool 28 Ellisras 7
    Windhoek Privaatskool 6 Waterkloof 16
    Wagpos 10 Brandwag 19
    Potch Volkies 10 Kemptonpark 18
    Ashton 11 Jeugland 18
    Wesvalia 16 Eunice 19
    Klerksdorp 21 Voortrekker 28
    La Rochelle 24 Framesby 24
    Oosterlig 9 Sentraal 30
    Centurion 24 Ellisras 10
    Windhoek Hoërskool 22 Brandwag 20
    Potch Volkies 17 Framesby 23
    Waterkloof 15 La Rochelle 25
    Klerksdorp 11 Sentraal 18
    Hoërskool Alberton 25 Waterkloof II 15
    St Anne’s 19 Ferrum 17
    Eunice 15 Witteberg 16
    Jeugland 29 Wagpos 9
    Windhoek Privaatskool 16 Voortrekker 23
    Oosterlig 8 Kemptonpark 18
    Wesvalia 18 Ashton 21
    Vrede 11 Amanzimtoti 33
    Reitz 19 Empangeni 23
    Piet Retief 21 Redhill 37
    Piet Potgieter 13 Bergvlam 16
  • La Rochelle, Klofies staan uit op eerste dag van Kloof Netbalfees

    La Rochelle, Klofies staan uit op eerste dag van Kloof Netbalfees

    La Rochelle in aksie. FOTO: Monya Lombard

    Die eerste dag van Kloof-Netbalfees 2025 het afgeskop met kragmetings tussen van die land se voorste skole, en die aksie het geensins teleurgestel nie.

    Met ‘n propvol skedule is daar reeds ‘n aanduiding van wie die gunstelinge is, watter spanne die verrassingselement bring en watter spanne nog die regte kombinasies soek.

    Waterkloof se eerste span het ’n onoorwonne openingsdag geniet met drie stewige vertonings teen Jeugland (16–11), Potch Volkies (18–11) en Eunice, laasgenoemde wat hulle swaarverdiend met 21–17 deurgetrek het.

    Teen Jeugland het hulle die wedstryd in die tweede helfte oorheers, en teen Potch Volkies het hul verdediging, spesifiek hul VV met haar tweede verdediging, die verskil gemaak.

    Die wedstryd teen Eunice het gewys dat Waterkloof nie bloot op talent staatmaak nie, maar ook kalmte onder druk kan aan die dag lê.

    Waterkloof II, daarenteen, het swaar getrek teen van die sterker spanne. Hulle het verloor teen Framesby (9–36) en Ellisras (9–13), maar die ervaring op hierdie vlak sal van onskatbare waarde wees vir hul jonger spelers.

    Framesby was beslis een van die uitblinkers van die dag, met dominante vertonings teen Wagpos (36–5), Waterkloof II (36–9), en Wesvalia (19–14). Die span se tempo en presiese afronding het teenstanders oorrompel, en hulle wys vroeg in die toernooi dat hulle hier is om te wen.

    La Rochelle het op die eerste dag nie alleen ook ál hul wedstryde gewen nie, maar hulle het dit met oortuiging gedoen. Oorwinnings teen Witteberg (37–14) en Wesvalia (33–12), asook ’n wegholsege oor Wagpos (40–3) getuig van ’n span wat ten volle in beheer is.

    Die hulpdoel, Marone Uys, het met haar akkuraatheid en beweging uitgeblink, terwyl die span se verdediging meedoënloos was. Daarbenewens het hul doel, Iselle, haar 100ste wedstryd gespeel – ’n spesiale mylpaal wat die oorwinning des te meer betekenisvol gemaak het.

    Ashton het puik uitslae behaal teen Reitz (32–11) en Vrede (34–8), maar die knie gebuig teen ’n kragtige Redhill-span (8–29). Ashton toon nietemin belofte dat hulle nog ver kan vorder in die toernooi. Kempton Park het goeie strukture tentoongestel en drie oorwinnings behaal teen Wesvalia (22–15), Witteberg (27–19) en Brandwag (19–22 – ’n taai stryd teen ’n goed georganiseerde span).

    Hoërskool Alberton het ook sterk vertoon met ’n gelykopuitslag teen Piet Retief (19–19) en oorwinnings oor Ellisras (27–12) en Vrede (25–14).

    Centurion het twee belangrike oorwinnings behaal teen Empangeni (22–8) en St Anne’s (14–11), ondanks ‘n naelskraapse nederlaag teen Amanzimtoti (14–15). Brandwag het indrukwekkend vertoon om te wen teen Windhoek Pvt (17–10), Eunice (22–19) en Kempton Park (22–19), wat hulle beslis as ’n gevaarlike span onderskei.

    Hoërskool Klerksdorp was ook uiters mededingend teen Windhoek Privaatskool (25–13) en Jeugland (18–9). Redhill het hul gehalte uitgestal met drie oortuigende seges, teen Amanzimtoti (23–16), Empangeni (31–6) en Ashton (29–8).

    Sentraal het hul dag afgesluit met twee indrukwekkende seges oor Voortrekker (18–13) en Windhoek Pvt (23–7), met hul verdediging wat telkens die verskil gemaak het. Amanzimtoti se indrukwekkende telling van 38–5 oor Reitz was een van die grootste punteverskille van die dag, terwyl hulle ook vir Centurion met 15–14 getroef het.

    Na die eerste dag is daar ’n aantal spanne wat steeds onoorwonne is, naamlik La Rochelle, Framesby, Waterkloof (eerste span), Brandwag en Redhill. Hierdie spanne beskik nie bloot oor talent nie, maar ook struktuur, fiksheid en ’n wil om te wen – sleutelkenmerke van sukses in ’n kompetisie van hierdie formaat.

    Al die uitslae | Dag 1: 

    [ninja_tables id=”68137″]

  • Menlo-Netbaltoernooi 2025: Die room van skolenetbal in aksie

    Menlo-Netbaltoernooi 2025: Die room van skolenetbal in aksie

    Facebook: Die Hoërskool Menlopark

    Die jaarlikse Menlo-Netbaltoernooi skop Saterdag af en beloof om vanjaar groter en meer opwindend as ooit tevore te wees.

    Hierdie toernooi is reeds vir etlike jare ’n hoogtepunt op die skolenetbal-kalender. Met meer as ’n dosyn van Suid-Afrika se voorste netbalskole wat deelneem, sal toeskouers getrakteer word op aksie wat nie net tegnies knap is nie, maar ook getuig van sportmangees, selfdissipline en uithouvermoë.

    Die o.19-afdeling, wat die eerste spanne van skole verteenwoordig, trek vanjaar heelwat aandag. Onder die spanne wat in hierdie kategorie gaan uitdraf, is bekende kragspanne soos Menlopark, die gasheerspan wat gereeld onder die topspanne in Gauteng tel. Hulle kan kwaai teenstand verwag van Helpmekaar, wat bekend staan vir hul slim en gedissiplineerde speelstyl. Voorts is daar ook Rand Park, ’n skool wat dikwels onderskat word, maar al bewys het dat hulle groot kragmetings kan wen.

    Vanuit die Wes-Kaap maak Paarl Gimnasium weer sy opwagting. Hierdie historiese skool het ’n lang en trotse tradisie in skolenetbal en bring sonder uitsondering ’n span wat goed afgerig en strategies ingestel is. Ander Wes-Kaapse skole soos Bloemhof en Bellville sal ook meeding en beloof om fyn afgeronde netbal te lewer. Spanne soos Frans du Toit, Duineveld, Pretoria-Noord, Secunda en Noordheuwel vul die kompetisie aan en verseker dat geen wedstryd voorspelbaar sal wees nie.

    Een van die kragmetings waarna verál uitgesien word, is dié tussen Paarl Gim en Rand Park, waar twee uiteenlopende speelstyle gaan bots. ’n Ander wedstryd om dop te hou, is dié tussen Menlopark en Helpmekaar, ’n klassieke Pretoria-Johannesburg-tweestryd wat altyd vir vonke sorg. Bloemhof teen Bellville beloof om ’n Wes-Kaapse derby van formaat te wees.

    Wedstryde:

    Dag 1: Saterdag, 29 Maart 2025

    Brackenfell t. Wonderboom
    DF Malan t. Diamantveld
    Dr Malan t. Potch Gim
    Oosterland t. Pretoria Noord
    Bellville t. Randburg
    Noordheuwel t. Secunda
    Linden t. Middelburg
    Leeuwenhof t. Merensky
    Alberton t. Menlopark 2
    Ben Vorster t. Drostdy
    Hugenote t. Northcliff
    Merensky t. Frans du Toit
    Lydenburg t. Swartland
    Monnas t. Outeniqua
    Helpmekaar t. Oranje
    Durbanville t. Menlopark 1
    Duineveld t. Paarl Girls
    Paarl Gim t. Rand Park
    Bloemhof t. Edenvale
    Hans Moore t. Rhenish
    Capricorn t. Milnerton
    Krugersdorp t. Vredendal
    Oranje 2 t. Stellenbosch
    Ermelo t. Worcester Gim
    Frans du Toit t. Menlopark 2
    Durbanville t. Monnas
    Krugersdorp t. Stellenbosch
    Secunda t. Oranje 2
    Drostdy t. Linden
    Dr Malan t. Outeniqua
    Brackenfell t. Lydenburg
    Alberton t. Worcester Gim
    DF Malan t. Randburg
    Noordheuwel t. Rand Park
    Leeuwenhof t. Swartland
    Diamantveld t. Menlopark 1
    Oranje t. Potch Gim
    Helpmekaar t. Paarl Girls
    Paarl Gim t. Secunda
    Bloemhof t. Duineveld
    Edenvale t. Milnerton
    Ermelo t. Vredendal
    Hans Moore t. Middelburg
    Capricorn t. Hugenote
    Merensky t. Rhenish
    Ben Vorster t. Northcliff
    Ermelo t. Oranje 2
    Drostdy t. Middelburg
    Menlopark 2 t. Worcester Gim
    Oosterland t. Vredendal
    Krugersdorp t. Pretoria Noord
    Hans Moore t. Hugenote
    Alberton t. Lydenburg
    Brackenfell t. Edenvale
    Randburg t. Secunda
    Frikkie Meyer t. Leeuwenhof
    Merensky t. Milnerton
    Menlopark 1 t. Outeniqua
    Duineveld t. Paarl Gim
    Capricorn t. Stellenbosch
    Helpmekaar t. Rand Park
    Frans du Toit t. Wonderboom

    Ben Vorster t. Oranje 1
    Bellville t. Linden
    DF Malan t. Northcliff
    Noordheuwel t. Swartland
    Diamantveld t. Rhenish
    Durbanville t. Potch Gim
    Bloemhof t. Dr Malan
    Monnas t. Paarl Girls

    Dag 2: Sondag, 30 Maart 2025

    Leeuwenhof t. Oosterland
    Ben Vorster t. Rand Park
    DF Malan t. Linden
    Capricorn t. Worcester Gim
    Alberton t. Vredendal
    Duineveld t. Durbanville
    Bellville t. Wonderboom
    Outeniqua t. Randburg
    Frans du Toit t. Stellenbosch
    Dr Malan t. Middelburg
    Brackenfell t. Menlopark 2
    Ermelo t. Milnerton
    Merensky t. Swartland
    Krugersdorp t. Rhenish
    Hugenote t. Lydenburg
    Paarl Girls t. Secunda
    Helpmekaar t. Paarl Gim
    Drostdy t. Northcliff
    Diamantveld t. Noordheuwel
    Menlopark 1 t. Bloemhof
    Edenvale t. Potch Gim
    Hans Moore t. Oranje 2
    Diamantveld t. Pretoria Noord
    Monnas t. Oranje 1
    Alberton t. Hugenote
    Durbanville t. Merensky
    Bellville t. Northcliff
    Hans Moore t. Stellenbosch
    Oosterland t. Rhenish
    Leeuwenhof t. Vredendal
    Milnerton t. Oranje 2
    Ermelo t. Frans du Toit
    Linden t. Secunda
    DF Malan t. Middelburg
    Oranje 1 t. Rand Park
    Brackenfell t. Capricorn
    Dr Malan t. Paarl Girls
    Durbanville t. Outeniqua
    Krugersdorp t. Worcester Gim
    Bloemhof t. Lydenburg
    Ben Vorster t. Randburg
    Menlopark 2 t. Pretoria Noord
    Monnas t. Potch Gim
    Swartland t. Wonderboom
    Helpmekaar t. Menlopark 1
    Diamantveld t. Paarl Gim
    Drostdy t. Edenvale
    Duineveld t. Noordheuwel
    Brackenfell t. Drostdy
    Middelburg t. Milnerton
    Hugenote t. Potch Gim
    Lydenburg t. Randburg
    Northcliff t. Secunda
    Frans du Toit t. Swartland
    Alberton t. Bellville
    Capricorn t. DF Malan
    Bloemhof t. Linden
    Krugersdorp t. Oosterland
    Leeuwenhof t. Pretoria Noord
    Menlopark 1 t. Monnas
    Menlopark 2 t. Rhenish
    Dr Malan t. Rand Park
    Outeniqua t. Paarl Girls
    Durbanville t. Edenvale
    Oranje 1 t. Paarl Gim
    Capricorn t. Oranje 2
    Hans Moore t. Worcester Gim
    Merensky t. Stellenbosch
    Vredendal t. Wonderboom
    Duineveld t. Helpmekaar
    Paarl Gim t. Ermelo
    Ben Vorster t. Diamantveld

    Dag 3: Maandag, 31 Maart 2025

    Bellville t. Lydenburg
    Linden t. Worcester Gim
    Ben Vorster t. Potch Gim
    Alberton t. Stellenbosch
    Ermelo t. Wonderboom
    Leeuwenhof t. Oranje 2
    Frans du Toit t. Oosterland
    Brackenfell t. Merensky
    Durbanville t. Noordheuwel
    Milnerton t. Pretoria Noord
    Edenvale t. Hugenote
    Secunda t. Swartland
    Drostdy t. Randburg
    Menlopark 1 t. Rand Park
    Bloemhof t. Northcliff
    Oranje 1 t. Paarl Girls
    Monnas t. Paarl Gim
    DF Malan t. Hans Moore
    Helpmekaar t. Outeniqua
    Diamantveld t. Dr Malan
    Middelburg t. Rhenish
    Frikkie Meyer t. Oosterland
    Diamantveld t. Durbanville
    Northcliff t. Paarl Girls
    Menlopark 1 t. Paarl Gim
    Dr Malan t. Helpmekaar
    Oranje 1 t. Outeniqua
    Edenvale t. Middelburg
    Duineveld t. Monnas
    Bellville t. Noordheuwel
    Leeuwenhof t. Milnerton
    DF Malan t. Wonderboom
    Capricorn t. Rhenish
    Pretoria Noord t. Worcester Gim
    Hans Moore t. Lydenburg
    Ben Vorster t. Stellenbosch
    Hugenote t. Krugersdorp
    Merensky t. Secunda
    Ermelo t. Linden
    Frans du Toit t. Vredendal
    Menlopark 2 t. Oranje 2
    Bellville t. Ermelo
    Frans du Toit t. Krugersdorp
    Leeuwenhof t. Wonderboom
    Hugenote t. Randburg
    Duineveld t. Edenvale
    Lydenburg t. Oranje 2
    Pretoria Noord t. Vredendal
    Menlopark 2 t. Merensky
    Alberton t. Rhenish
    Dr Malan t. Secunda
    Bloemhof t. Monnas
    Menlopark 1 t. Oranje 1
    Paarl Girls t. Potch Gim
    Outeniqua t. Rand Park
    Linden t. Stellenbosch
    Hans Moore t. Swartland
    Ben Vorster t. DF Malan
    Capricorn t. Drostdy
    Durbanville t. Helpmekaar
    Brackenfell t. Middelburg
    Diamantveld t. Northcliff
    Milnerton t. Oosterland
    Menlopark t. Worcester Gim

    Dag 4: Dinsdag, 1 April 2025

    DF Malan t. Merensky
    Linden t. Oosterland
    Ermelo t. Hans Moore
    Randburg t. Stellenbosch
    Drostdy t. Rhenish
    Dr Malan t. Duineveld
    Wonderboom t. Worcester Gim
    Capricorn t. Northcliff
    Brackenfell t. Frans du Toit
    Leeuwenhof t. Menlopark 2
    Alberton t. Secunda
    Noordheuwel t. Oranje 1
    Bellville t. Middelburg
    Lydenburg t. Milnerton
    Helpmekaar t. Potch Gim
    Krugersdorp t. Swartland
    Hugenote t. Pretoria Noord
    Bloemhof t. Outeniqua
    Durbanville t. Rand Park
    Menlopark t. Paarl Girls
    Oranje 2 t. Vredendal
    Diamantveld t. Monnas
    Ben Vorster t. Edenvale
    Linden t. Menlopark 2
    Hugenote t. Middelburg
    Brackenfell t. Hans Moore
    Oranje 2 t. Pretoria Noord
    Lydenburg t. Rhenish
    Bloemhof t. Noordheuwel
    Edenvale t. Worcester Gim
    Krugersdorp t. Wonderboom
    Ermelo t. Leeuwenhof
    Diamantveld t. Potch Gim
    Randburg t. Vredendal
    Duineveld t. Menlopark 1
    Ben Vorster t. Helpmekaar
    Paarl Girls t. Rand Park
    Northcliff t. Stellenbosch
    Outeniqua t. Swartland
    Capricorn t. Secunda
    Dr Malan t. Monnas
    Drostdy t. Merensky
    Alberton t. Milnerton
    DF Malan t. Oosterland
    Durbanville t. Oranje 1
    Bellville t. Frans du Toit

  • Kloof-Netbalfees 2025: Skole slaggereed om te skitter

    Kloof-Netbalfees 2025: Skole slaggereed om te skitter

    Die Kloof-Netbalfees 2025 vind van Vrydag af plaas by Hoërskool Waterkloof en die opwinding is tasbaar.

    Vanjaar se fees bring ’n indrukwekkende verskeidenheid spanne van regoor Suid-Afrika én Namibië byeen vir vier dae van hoë-intensiteit netbal. Oudergewoonte is dit die eerste spanne wat die kollig steel, met ’n skedule propvol topwedstryde.

    Die aksie skop vroeg Vrydag af met ’n reeks o.19-kragmetings wat beslis die toon vir die res van die fees sal aangee. Onder die dag se hoogtepunte tel wedstryde soos Waterkloof teen Jeugland, Kempton Park teen Wesvalia, en La Rochelle teen Wagpos. Ander spanne wat hul staal sal wys sluit in Oosterlig, Empangeni, Bergvlam, Witteberg, Vrede, Centurion, Potch Volkies, Sentraal en Ellisras – almal spanne met ‘n reputasie vir kragtige vertonings en onwrikbare vasberadenheid.

    Wat dié toernooi uniek maak, is nie alleen die hoeveelheid wedstryde of gehalte van die spel nie, maar die feit dat soveel eerste spanne op een plek bymekaarkom vir ’n fees van talent, tegniek en trots.

    Hoërskool Waterkloof se eie twee o.19-spanne – Waterkloof I en Waterkloof II – sal natuurlik onder die vergrootglas wees. As gasheerspanne sal hul prestasie nie net hul eie naam dra nie, maar ook dié van Klofie self. Ander groot name soos Eunice, Framesby, La Rochelle, Witteberg en Kempton Park is almal spanne wat bekend is vir hul struktuur, spoed en afronding, en sal mekaar beslis tot die uiterste beproef.

    Vanuit Namibië verwelkom die fees vanjaar vir Windhoek Hoërskool (WHS), sowel as Windhoek Privaat Skool (Windhoek Pvt). Hierdie spanne het reeds in vorige toernooie hul vaardigheid en deursettingsvermoë tentoongestel en sal beslis alles in die stryd werp om hul land se trots hoog te hou. Die Namibiese teenwoordigheid verleen ’n internasionale “flair” aan die toernooi.

    Met vier dae propvol netbal, honderde spelers en aanhangers wat van heinde en ver saamtrek, gaan die Kloof-Netbalfees 2025 beslis een wees vir die boeke. Dit is meer as bloot ’n sportgeleentheid – dit is ’n viering van gemeenskap, kompetisie en die onmiskenbare gees van skolenetbal.

    Wedstryde:

    Dag 1: Vrydag, 28 Maart 2025

    Hoërskool Alberton t. Piet Retief
    Amanzimtoti t. Redhill
    Waterkloof t. Jeugland
    Framesby t. Wagpos
    Eunice t. Windhoek Hoërskool
    Ashton t. Reitz
    Oosterlig t. St Anne’s
    Empangeni t. Centurion
    Kempton Park t. Wesvalia
    Gerrit Maritz t. Ellisras
    Brandwag t. Windhoek Privaatskool
    La Rochelle t. Witteberg
    Bergvlam t. Vrede
    Amanzimtoti t. Centurion
    Potch Volkies t. Waterkloof
    Sentraal t. Voortrekker
    Ashton t. Vrede
    Bergvlam t. Reitz
    Hoërskool Alberton t. Ellisras
    Eunice t. Brandwag
    Framesby t. Waterkloof
    Oosterlig t. Wagpos
    Gerrit Maritz t. Piet Retief
    Empangeni t. Redhill
    Jeugland t. St Anne’s
    Piet Potgieter t. Ferrum
    La Rochelle t. Wesvalia
    Klerksdorp t. Windhoek Privaatskool
    Kempton Park t. Witteberg
    Centurion t. St Anne’s
    Hoërskool Alberton t. Vrede
    Eunice t. Waterkloof
    Bergvlam t. Piet Retief
    Framesby t. Wesvalia
    Ellisras t. Waterkloof
    Amanzimtoti t. Reitz
    Gerrit Maritz t. Piet Potgieter
    Kempton Park t. Brandwag
    Sentraal t. Windhoek Privaatskool
    Ferrum t. Windhoek Hoërskool
    Ashton t. Redhill
    Oosterlig t. Witteberg
    Klerksdorp t. Jeugland
    Voortrekker t. Potch Volkies
    La Rochelle t. Wagpos

    Dag 2: Saterdag, 29 Maart 2025

    Hoërskool Alberton t. Centurion
    Ellisras t. Eunice
    Ferrum t. Waterkloof
    St Anne’s t. Empangeni
    Amanzimtoti t. Bergvlam
    Ashton t. Gerrit Maritz
    Piet Potgieter t. Vrede
    Reitz t. Piet Retief
    Redhill t. Windhoek Hoërskool
    Brandwag t. Potch Volkies
    Framesby t. Witteberg
    Wesvalia t. Voortrekker
    Klerksdorp t. La Rochelle
    Windhoek Privaatskool t. Wagpos
    Waterkloof t. Sentraal
    Oosterlig t. Jeugland
    Piet Retief t. Piet Potgieter
    Gerrit Maritz t. Empangeni
    Vrede t. St Anne’s
    Reitz t. Redhill
    Hoërskool Alberton t. Bergvlam
    Amanzimtoti t. Witteberg
    Ferrum t. Centurion
    Windhoek Hoërskool t. Ellisras
    Windhoek Privaatskool t. Waterkloof
    Wagpos t. Brandwag
    Potch Volkies t. Kempton Park
    Ashton t. Jeugland
    Wesvalia t. Eunice
    Klerksdorp t. Voortrekker
    La Rochelle t. Framesby
    Oosterlig t. Sentraal
    Centurion t. Ellisras
    Windhoek Hoërskool t. Brandwag
    Potch Volkies t. Framesby
    Waterkloof t. La Rochelle
    Klerksdorp t. Sentraal
    Hoërskool Alberton t. Waterkloof
    St Anne’s t. Ferrum
    Eunice t. Witteberg
    Jeugland t. Wagpos
    Windhoek Privaatskool t. Voortrekker
    Oosterlig t. Kempton Park
    Wesvalia t. Ashton
    Vrede t. Amanzimtoti
    Reitz t. Empangeni
    Piet Retief t. Redhill
    Piet Potgieter t. Bergvlam

    Dag 3: Maandag, 31 Maart 2025

    Waterkloof t. Brandwag
    Sentraal t. Framesby
    Kempton Park t. Eunice
    Jeugland t. Windhoek Hoërskool
    Windhoek Privaatskool t. Wesvalia
    Centurion t. Wagpos
    Voortrekker t. Oosterlig
    Potch Volkies t. Klerksdorp
    St Anne’s t. Waterkloof
    Witteberg t. Ellisras
    Hoërskool Alberton t. Ferrum
    Gerrit Maritz t. Reitz
    Vrede t. Piet Retief
    Redhill t. Piet Potgieter
    Ashton t. Bergvlam
    Amanzimtoti t. Empangeni
    Sentraal t. Potch Volkies
    Voortrekker t. Jeugland
    Waterkloof t. Framesby
    Windhoek Privaatskool t. Eunice
    Centurion t. Waterkloof
    Klerksdorp t. Brandwag
    Wagpos t. Kempton Park
    Wesvalia t. Witteberg
    Oosterlig t. Ashton
    Windhoek Hoërskool t. St Anne’s
    Hoërskool Alberton t. Piet Potgieter
    Vrede t. Reitz
    Redhill t. Gerrit Maritz
    Piet Retief t. Amanzimtoti
    Ferrum t. Ellisras
    Empangeni t. Bergvlam
    Piet Retief t. Brandwag
    Witteberg t. Potch Volkies
    Windhoek Hoërskool t. Kempton Park
    Waterkloof t. Klerksdorp
    Windhoek Privaatskool t. Hoërskool Alberton
    Waterkloof II t. Ashton
    Wesvalia t. Jeugland
    Framesby t. Eunice
    Voortrekker t. Wagpos
    Sentraal t. Ellisras
    Oosterlig t. Centurion
    Ferrum t. Vrede
    St Anne’s t. Reitz
    Piet Potgieter t. Empangeni
    Gerrit Maritz t. Amanzimtoti
    Redhill t. Bergvlam
    Brandwag t. Jeugland
    Voortrekker t. Eunice
    Waterkloof II t. Witteberg
    Wesvalia t. Ellisras
    Klerksdorp t. Windhoek Hoërskool
    Ferrum t. Bergvlam
    Amanzimtoti t. Hoërskool Alberton
    Reitz t. Centurion
    Oosterlig t. Empangeni
    St Anne’s t. Redhill
    Windhoek Privaatskool t. Framesby

    Dag 4: Dinsdag, 1 April 2025

    Windhoek Hoërskool t. Potch Volkies
    Kempton Park t. Framesby
    Sentraal t. Centurion
    Hoërskool Alberton t. Witteberg
    Reitz t. Windhoek Hoërskool
    Voortrekker t. Ashton
    Oosterlig t. Wesvalia
    Windhoek Privaatskool t. Ellisras
    St Anne’s t. Piet Potgieter
    Ferrum t. Gerrit Maritz
    Vrede t. Redhill
    Piet Retief t. Empangeni
    Potch Volkies t. Eunice
    Klerksdorp t. Bergvlam
    Waterkloof t. Wagpos

  • NWU Prestige-reeks: Kwarteinde gekenmerk deur hope opwinding, talent

    NWU Prestige-reeks: Kwarteinde gekenmerk deur hope opwinding, talent

    Die kwarteindronde van die NWU Prestige-reeks  het ‘n indrukwekkende skouspel van skolenetbal opgelewer, met die beste spanne van die streek wat kragte gemeet het om ‘n plek in die halfeindronde te bespreek. Slim strategie en dinamiese spel het behoorlik die koring van die kaf geskei.

    In die vroeë wedstryde, waar die o.14-spanne kragte gemeet het, het Wesvalia met 19-13 vir Zwartkop geklop, wat hulle as gunstelinge vir die volgende ronde na vore laat tree het. Potch Gimnasium het ‘n taai stryd teen Klerksdorp met 20-17 gewen, met elke doel wat deurslaggewend was. Hugenote het hul stempel afgedruk met ‘n indrukwekkende oorwinning van 21-13 oor Wagpos, met akkurate afronding en puik spanwerk wat dié sege gekenmerk het.

    In die daaropvolgende wedstryde tussen die o.15-spanne, was Zwartkop beslis die sterre van die dag met ‘n spogsege van 29-16 oor Wesvalia, met vernaam hul blitsige spel en dodelike verdediging wat die deurslag gegee het. Potch Gimnasium het ‘n gemaklike sege van 27-14 oor KHS behaal, en Hugenote het met ‘n telling van 19-15 teen Wagpos aangedui dat hulle vasberade is om die eindstryd te haal.

    Die o.16-wedstryde het hope opwinding en spanning opgelewer, met Wesvalia wat ‘n naelbytstryd teen Zwartkop met 21-19 deurgetrek het. Potch Gimnasium het die wenkbroue gelig met ‘n reuse oorwinning van 38-11 oor KHS, terwyl Hugenote hul strategie bykans perfek uitgevoer het om Die Anker met 20-11 ore aan te sit.

    In die o.17-afdeling het Zwartkop geen genade betoon nie om Wesvalia met 25-8 te oorweldig, terwyl KHS hul aanspraak op die titel bevestig het deur Potch Gimnasium met 30-11 af te stof. Hugenote het vir Die Anker met 24-8 oorrompel.

    Die hoofwedstryde tussen die o.19-spanne het nie teleurgestel nie en ‘n ware eindronde-atmosfeer geskep. KHS het vir Wesvalia met 27-15 verslaan danksy vlymskerp afronding en uitstekende spanverdediging. Potch Gimnasium het met ‘n indrukwekkende sege van 34-15 oor Zwartkop gewys dat hulle nie sommer gestuit sal word nie, en Hugenote het die dag op ‘n hoë noot afgesluit deur vir Wagpos met 27-20 te troef.

    Uitslae:

    o.14 Zwartkop 13, Wesvalia 19; Potch Gimnasium 20, KHS 17; Hugenote 21, Wagpos 13.

    o.15 Zwartkop 29, Wesvalia 16; Potch Gimnasium 27, KHS 14; Hugenote 19, Wagpos 15.

    o.16 Zwartkop  19, Wesvalia 21; Potch Gimnasium 38, KHS 11; Hugenote 20, Anker 11.

    o.17 Zwartkop 25, Wesvalia 8; Potch Gimnasium 11, KHS 30; Hugenote 24, Anker 8.

    o.19 KHS 27, Wesvalia 15; Potch Gimnasium 34, Zwartkop 15; Hugenote 27, Wagpos 20.

  • NWU Sportreeks: Klipharde kompetisie in kwarteinde

    NWU Sportreeks: Klipharde kompetisie in kwarteinde

    Facebook: Hoërskool Pietersburg

    Die kwarteindronde van die NWU Sportreeks het nogmaals opwindende netbal opgelewer, met talle spanne wat hul staal getoon het op die baan.

    In die o.14-afdeling het Marais Viljoen indrukwekkend presteer met ‘n oorwinning van 25-12 oor Bergsig. Montana het ‘n naelbytstryd gewen teen Potch Volkies (15-11), terwyl Heidelberg Volkies vir Jeugland met 19-13 uitgestof het. Pietersburg Hoërskool het stewig vertoon met ‘n sege van 18-7 oor Lichtenburg. Marais Viljoen en PHS het ongetwyfeld as die voorste spanne in hierdie groep uitgestaan.

    In die o.15-kategorie het PHS welverdiend geseëvier teen Marais Viljoen (20-13), terwyl Montana hul goeie spelpeil gehandhaaf het om Heidelberg Volkies met 22-17 te troef. Potch Volkies se vasberadenheid het uitgestaan in hul sege van 18-8 oor Lichtenburg, en Bergsig het die botoon gevoer teen Jeugland (23-16). Bergsig se strategiese spel en PHS se oorheersing was noemenswaardig in hierdie ouderdomsgroep.

    Wat die o.16’s betref, het Potch Volkies ‘n kragtige vertoning gelewer teen Marais Viljoen om met 28-18 te seëvier, terwyl PHS hulself onderskei het as sterk aanspraakmakers met ‘n wegholsege van 35-7 oor Jeugland. Heidelberg Volkies het uitgeblink met ‘n oorwinning van 27-13 oor Lichtenburg, en Bergsig het momentum behou om Montana met 21-17 te troef. PHS en Potch Volkies lyk na gunstelinge om die eindstryd te haal.

    Die o.17-afdeling het klipharde kragmetings opgelewer, met Heidelberg Volkies wat net-net met 27-26 die knoop deurgehak het teen Montana. Marais Viljoen het ‘n oortuigende sege van 37-17 oor PHS behaal, terwyl Bergsig hul uitstekende spelpeil voortgesit het teen Lichtenburg (28-16). Potch Volkies het geswoeg en sweet, maar uiteindelik met 16-14 die paal gehaal teen Jeugland. Heidelberg Volkies se veggees en Marais Viljoen se aanvallende strategie was van die hoogtepunte.

    In die o.19-afdeling het die kwarteindronde ‘n klimaks bereik, met Heidelberg Volkies wat ‘n naelbytstryd teen Marais Viljoen gewen het (24-22). Montana se ervaring het deurgekom in hul sege van 35-32 oor PHS, terwyl Potch Volkies ‘n indrukwekkende oorwinning van 28-20 oor Lichtenburg behaal het. Bergsig het hul plek in die volgende ronde verseker deur vir Jeugland met 28-20 te verslaan. Heidelberg Volkies en Montana het as topkandidate na vore getree met hul vasberadenheid teen sterk teenstand.

    Uitslae:

    o.14 Marais Viljoen 25, Bergsig 12; Potch Volkies 11, Montana 15; Heidelberg Volkies 19, Jeugland 13; PHS 18, Lichtenburg 7.

    o.15 Marais Viljoen 13, PHS 20; Heidelberg Volkies 17, Montana 22; Potch Volkies 18, Lichtenburg 8; Bergsig 23, Jeugland 16.

    o.16 Marais Viljoen 18, Potch Volkies 28; Jeugland 7, PHS 35; Heidelberg Volkies 27, Lichtenburg 13; Bergsig 21, Montana 17.

    o.17 Marais Viljoen 37, PHS 17; Heidelberg Volkies 27, Montana 26; Bergsig 28, Lichtenburg 16; Potch Volkies 16, Jeugland 14.

    o.19 Marais Viljoen 22, Heidelberg Volkies 24; PHS 32, Montana 35; Potch Volkies 28, Lichtenburg 20; Bergsig 28, Jeugland 20.