SSPN Test Site

Author: ferasmus

  • DStv Challenge: Secunda streef na voortdurende verbetering

    Vir die eerste keer in 20 jaar is daar ‘n eerste span van Hoërskool Secunda wat eerste geëindig het in Mpumlanga.

    Die afrigter en netbalorganiseerder, Michelle Hennop, is geweldig trots op die feit dat haar span so uitmuntend gevorder het.

    Hul doelwit vir hierdie naweek se DStv Schools Netball Challenge is om in die top-agt te eindig, asook om elke dag te verbeter.

    Elke wedstryd is belangrik vir die span van Mpumalanga en hulle onderskat geen span teen wie hulle te staan kom nie.

    Hulle gaan in die poelwedstryde meeding met Ikhaheng, Moshate, Rustenburg en Bardale.

    Die span: Tatijana Kruger (doel), Elri Jacobs (hulpdoel), Tuané van der Walt (aanvallende vleuel), Vimbai Chivunga (aanvallende vleuel), Ava Steyn (senter), Micaela Berman (senter), Sihle Mthombeni (verdedigende vleuel), Kayla Hurter (hulpdoelverdediger), Murangi Rasoesoe (verdediger), en Simoné van den Berg en Kyleigh van der Walt, wat ongelukkig beseer is.

  • DStv Challenge: Waterkloof veg tot die einde

     

    Waterkloof se eerste span het hulle seisoen stadig begin, met ‘n paar nederlae en die eerste span wat gesukkel het om aan die gang te kom.

    Heelwat mense het die span afgeskryf maar die afrigters het bly vertrou, en geweet waartoe die spelers in staat is. Hulle het geglo dat as die spelers beter saamwerk as ‘n eenheid, hulle oor die vermoë beskik om te presteer.

    Waterkloof moes in hul liga in die top-drie eindig, wat hulle nie reggekry het nie, maar by Tshwane-uitspele het hulle tweede gekom. By die Gauteng-kampioenskap moes hulle die top-vier haal om deur te dring na die DStv Schools Netball Challenge, en dit het hulle inderdaad vermag.

    Die spelers het besef daar is verwagtinge van hulle om beter te vaar, hulle het harder begin werk en ook besef dat die verwagtinge nie onrealisties is omdat hulle dit in hulle het.

    Die seisoen het begin draai en die span het hul eie geluk bewerkstellig deur vir Garsfontein te klop met een punt by die Tshwane-uitspele, en met brons te eindig. Dit het hulle in ‘n poel geplaas wat dit moontlik maak om goed te doen.

    Waterkloof, soos enige ander span by die DStv Challenge, sal graag met ‘n medalje wil wegstap. Alles hang af van hoe die spelers elke wedstryd benader, wanneer hulle moeg raak en wanneer hulle op hul beste gaan speel. Hulle sal tevrede wees om in die top-ses te eindig.

    In hulle poel is dit Paarl Girls High wat die strafste kompetisie behoort te bied, en dit is ‘n kragmeting waar elke speler meer as 100% sal moet insit.

    Daar is drie spelers in die span wat al heelwat wedstryde gespeel het vir die eerstes, naamlik Mia van der Berg (169 wedstryde, 2022-24), Amoré Pretorius (105, 2023-24) en Zoey Smit (109, 2022-24).

    Die afrigtingspan bestaan uit Lizel van der Walt (hoofafrigter) en Marlize Smit (hoë-prestasie bestuurder).

    Die eerste span: Lizé Mosterd, Shiàne Fouché, Tiané de Witt, Leah Viljoen, Juané Kruger, Mia van den Berg, Charné Venter, Zoey Smit, Elzené Adendorf.

  • DStv Challenge: Rustenburg wil op hoë noot afsluit

    “Ons span kon vanjaar ál die struikelblokke wat oor ons pad gekom het op só ‘n manier oplos dat ons steeds as ‘n span lief kon bly vir mekaar.”

    Aldus Hoërskool Rustenburg se netbalafrigter, Elsa Morris.

    “Dié kere wanneer ons wel moedeloos geraak het, het ons liefde en omgee vir mekaar as ‘n span vir ons deurgetrek, en is ons harte en koppe op die beste plek waar dit kan wees.”

    Rustenburg het duidelike doelwitte gestel vir hierdie naweek se wedstryde in die eindronde van die DStv Schools Netball Challenge. Hulle wil as wenners in hul poel eindig en sodoende ‘n plek onder die top-agt losslaan. Rustenburg het sewe matrieks wat vir die laaste keer in hul skoolloopbaan vir die span gaan speel, en hulle sal uiteraard die hoofstuk op ‘n hoogtepunt wil afsluit. Hulle wil wegstap met die wete dat elkeen hul harte uitgespeel en aanhou baklei het tot die bittereinde toe.

    Vir dié span is elke wedstryd ‘n nuwe begin en ewe belangrik. Een van Rustenburg se taaiste kragmetings is dié teen Hoërskool Secunda, met beide spanne wat alles in hulle vermoë sal doen om te wen.

    “Ons weet dit gaan nie maklik wees nie, maar ons is gereed vir die uitdaging wat op ons wag,” voeg Morris by.

    Die afrigtingspan bestaande uit Morris en Maritsa Grove stap reeds van o.14 die pad saam met die spelers, en hulle hanteer die afrigting, spanbestuur en motivering van die span. Juanette Labuschagne is die biokinetikus.

    Die eerste span bestaan uit:

    Marni Lombaard (hulpdoel/doel), Chelize Durie (hulpdoel/doel), Zané Maritz (senter/ aanvallende vleuel), Karla Stieger (verdedigende vleuel, aanvallende vleuel), Kamogelo Molefe (verdedigende vleuel), Carika Arnold (verdediger), Dané Volschenk (hulpdoelverdediger, senter), Anya Matchett (doel), Mianke van der Merwe (aanvallende vleuel), Nina Breedvelt (hulpdoelverdediger/ verdediger).

  • DStv Schools Challenge: Nelspruit glo in harde werk, nie kanse nie

     

    Nelspruit het hul huidige seisoen aangepak met sewe uit 10 spelers wat nóg nie voorheen vir die eerste span gespeel het nie.

    ‘n Groot gedeelte van die seisoen het vir die span gegaan oor blootstelling en die aanpassing wat betref die tempo waarteen ‘n eerste span speel.

    Nelspruit se doelwitte vir hierdie naweek se wedstryde in die DStv Schools Netball Challenge is bloot om hard te werk. Hulle het alles ingesit tot nou toe met die hoop om die top-agt te haal, maar besef dat elke span hard gewerk het om te kwalifiseer vir die DSTV Challenge en dat elke kragmeting taai sal wees.

    Die span spog met drie spelers wat reeds meer as een seisoen in die eerste span speel, naamlik Siya Sambo (70 wedstryde), Telieze Coetzee (66) en Amore Gerber (60).

    Nelspruit gaan in hul groep in uitspele teen St Anne’s Diocesan College, Manzomthombo High, Vosloorus en Potchefstroom Gimnasium te staan kom.

    Nelspruit het ál hul ligawestryde vanjaar gewen en nie een van daardie wedstryde het plaasgevind sonder dat Siya Sambo geval het nie! Nelspruit is óók die span wat die meeste “bus-fiks” is; hulle reis wyd en syd vir wedstryde.

    Die afrigtingspan bestaan uit Coach Suzeth Kotze en hul biokinetikus, Joanita Badenhorst.

    Die span bestaan uit:

    Emma Weideman (doel), Ninke Mostert (verdedigende vleuel), Leane Veldman (hulpdoelverdediger), Siya Sambo (verdedigende vleuel, hulpdoel), Danielle Grobler (senter, aanvallende vleuel), Telieze Coetzee (verdediger), Amore Gerber (aanvallende vleuel), Lourica van der Merwe (senter, aanvallende vleuel), Marece Fourie (hulpdoel, doel), Lara Venter (beseer/mascot), Mieke Raath (verdedigende vleuel, verdediger).

  • Wes-Kaapse spanne spook sake uit vir plek in DStv Schools Netball Challenge

    Wes-Kaapse spanne spook sake uit vir plek in DStv Schools Netball Challenge

    Hierdie naweek vind die opwindende Wes-Kaapse Topskole-netbalbyeenkoms plaas, waar 15 spanne sal meeding om ‘n plek in die gesogte DStv Schools Netball Challenge.

    Dié naweek se wedstryde word aangebied by Hoërskool De Kuilen, met Hoërskool La Rochelle wat verrigtinge om 09:00 teen Hoërskool Durbanville afskop.

    Paarl Gimnasium is een van gunstelinge om deur te dring na die DStv Challenge, nadat hulle verlede jaar se eindstryd gehaal het, waar hulle teen Afrikaanse Hoër Meisieskool verloor het, asook Durbanville, die WP Liga-wenners, wat ‘n indrukwekkende seisoen beleef het.

    Uit die 15 spanne dring drie Botho- en twee Ubuntu-spanne deur na die kompetisie op 12 en 13 Julie by Hoërskool Florida.

    Al die aksie sal regstreeks op die SuperSport Schools uitgesaai word. Moet dit nie misloop nie!

    Poel A: Bardale, Desmund Tutu, Durbanville, La Rochelle, Punt

    Poel B: Bredasdorp, Hillcrest, HMS Paarl, Stellenberg, Vredendal

    Poel C: Jan v Riebeeck, Manzomthombo, Outeniqua, Paarl Gim, Weston

     

  • JOMO-liga: Noordheuwel loop oor Randburg

    Agt netbalspanne het die afgelope Donderdag mekaar die stryd aangesê in JOMO-ligawedstryde.

    Noordheuwel het hul kragmeting met Hoërskool Randburg, in Randburg, oorheers met ‘n wegholsege van 46-8.

    In die eerste kwart van die wedstryd het Noordheuwel reeds 10 doele aangeteken teenoor Randburg se vier. In die tweede kwart het Noordheuwel die krane oopgedraai met ‘n verdere 14 doele en boonop vir Randburg weerhou van enige doele.

    Hoewel Randburg dapper probeer terugveg het in die derde kwart, het Noordheuwel steeds net een doel afstaan, en in die laaste kwart nog 11 verdere doele aangeteken vir ‘n klinkende sege. Kiara van Eeden was ‘n doring in Randburg se vlees op die verdediging, en was uitstekend bygestaan deur hulp-verdediger, Lara Kruger.

    Helpmekaar het ‘n swaarverdiende tuisoorwinning van 28-22 oor Randpark behaal. Leonie Zorpic, die verdedigende vleuel van Helpmekaar, het haar goed van haar taak gekwyt, terwyl doel, Luané Human, ook haar kant gebring het.

    Hoërskool Krugersdorp het tuis teen Hoërskool Florida geseëvier met ‘n naelskraapse telling van 22-18. Dit was ‘n strawwe kragmeting vir Florida, met een van hul spelers wat ernstig beseer is.

    Hoërskool Monument het vir Linden oortuigend geklop met 32-16.

    Volgende week vind die JOMO-liga se uitspeelrondes plaas, maar die bepalings moet nog bevestig word.

    Ander ouderdomme se uitslae:

    o.14A: Monument 19, Linden 14; Noordheuwel 23, Randburg 23.

    o.14B: Monument 20, Linden 19; Noordheuwel 16, Randburg 14.

    o.14C: Linden 17, Monument 4; Noordheuwel 21, Randburg 10.

    o.15A: Monument 27, Linden 15; Noordheuwel 38, Randburg 7.

    o.15B: Monument 24, Linden 19; Noordheuwel 29, Randburg 5.

    o.15C: Linden 11, Monument 10; Noordheuwel 30, Randburg 2.

    o.16A: Monument 22, Linden 7; Noordheuwel 18, Randburg 13.

    o.16B: Monument 31, Linden 11; Noordheuwel 28, Randburg 14.

    o.17A: Monument 24, Linden 12; Noordheuwel 34, Randburg 15.

    o.18B: Monument 19, Linden 12; Noordheuwel 24, Randburg 8.

     

     

     

     

     

     

     

     

     

  • Noordheuwel baas in Potch

    Noordheuwel het Saterdag in Potchefstroom weggestap met die louere as vanjaar se netbalkampioenspan in die NWU Prestige-reeks, nadat hulle vir Potch Gimnasium met 21-12 verslaan het in die eindstryd.

    Noordheuwel het die voortou in die eerste kwart geneem met 7-3, maar Gimmies het uitstekend terugbaklei in die tweede kwart om vier verdere doele by hul totaal te plaas. Dit was egter nie genoeg nie, aangesien Nories ook vier doele aangeteken het om teen halftyd met 12-7 voor te loop.

    In die derde kwart kon elke span slegs drie doele byvoeg om die telling op 15-10 te staan te bring. Noordheuwel het in die laaste kwart egter geen kanse gevat nie en nóg ses doele aangeteken om uiteindelik met nege doele te seëvier.

    Kiara van Eeden, die span se verdediger, was briljant, terwyl aanvaller, Jessy Bekker, haarself ook uitstekend van haar taak gekwyt het.

    Wat die res van die eerste spanne betref, het Montana derde geëindig met ‘n naelskraapse oorwinning van 37-34 oor Marais Viljoen.

    Zwartkop het ook net-net vir Rustenburg met 24-22 geklop, terwyl Krugersdorp vir Pietersburg met 42-24 verslaan het. Heidelberg Volkies het vir Potch Volkies met 32-26 en Jeugland vir Hugenote (Springs) met 24-22 getroef. Wesvalia het oortuigend gewen teen Die Anker met ‘n telling van 39-19, terwyl Oosterlig vir Lichtenburg met 26-18 kon klop.

    Die res van die ouderdomsgroepe:

    o. 14 A: Pietersburg 24, Rustenburg 14; Potch Gimnasium 25, Montana 20; Noordheuwel 25, Zwartkop 20; Marais Viljoen 24, Heidelberg Volkies 14; Jeugland  23, Wesvalia 21; Krugersdorp 22, Die Anker 14; Potch Volkies 28, Hugenote 13; Lichtenburg 14, Oosterlig 9.

    o. 14 B: Zwartkop 26, Rustenburg 17; Noordheuwel 26, Pietersburg 12; Potch Gimnasium 22, Montana 11; Heidelberg Volkies 11, Marais Viljoen 10; Wesvalia 9, Oosterlig 9; Die Anker; 15, Krugersdorp 10; Jeugland 14, Potch Volkies 7; Lichtenburg 13, Hugenote 11.

    o. 15 A: Noordheuwel 26, Pietersburg 16; Rustenburg 28, Potch Volkies 28; Potch Gimnasium 30, Heidelberg Volkies 18; Wesvalia 14, Zwartkop 13; Die Anker 13, Krugersdorp 12; Jeugland 16, Marais Viljoen 12; Montana 17, Oosterlig 17; Lichtenburg 19, Hugenote 12.

    o. 15 B: Noordheuwel 19, Rustenburg 8; Marais Viljoen 30, Heidelberg Volkies 19; Zwartkop 21, Pietersburg 18; Wesvalia 2, Potch Gimnasium 13; Montana 13, Jeugland 12; Die Anker 19, Lichtenburg 13; Krugersdorp 11,  Potch Volkies 6; Hugenote 11, Oosterlig 8.

    o. 16 A: Heidelberg Volkies 24, Marais Viljoen 18; Rustenburg 22, Pietersburg 21; Noordheuwel  25, Potch Gimnasium 19; Zwartkop 18, Montana 17; Krugersdorp 17, Jeugland 12; Die Anker 24, Wesvalia 20; Lichtenburg 18, Hugenote 18; Potch Volkies 21, Oosterlig 11.

    o. 16 B: Marais Viljoen 29, Noordheuwel 20; Pietersburg  28, Montana 19; Zwartkop 21, Heidelberg Volkies 18; Rustenburg 28, Lichtenburg 15; Krugersdorp 15, Jeugland 5; Hugenote 12, Wesvalia 10; Potch Gimnasium 15,Potch Volkies 9; Die Anker 18, Oosterlig 7.

    o. 17 A: Potch Gimnasium 23, Heidelberg Volkies 20; Rustenburg 14, Marais Viljoen 13; Potch Volkies 18, Noordheuwel 17; Wesvalia 22, Pietersburg 16; Krugersdorp 22, Zwartkop 15; Montana 24, Hugenote 6; Oosterlig 22, Jeugland 4; Lichtenburg  17, Die Anker 13.

    Derdes: Marais Viljoen 16, Noordheuwel 13; Potch Gimnasium  18, Zwartkop 14; Rustenburg 19, Pietersburg 18, ; Montana 14, Heidelberg Volkies 11; Krugersdorp 18, Wesvalia 17; Oosterlig 13, Lichtenburg 5; Potch Volkies 26, Jeugland 4; Potch Gim 4des 25, Die Anker 5.

    o. 19 B: Pietersburg 25, Potch Gimnasium 16; Zwartkop 22, Montana 16; Noordheuwel 23, Krugersdorp 22; Jeugland 21, Wesvalia 14; Rustenburg 27, Heidelberg Volkies 5; Die Anker  15, Oosterlig 11; Marais Viljoen 23, Lichtenburg 12; Hugenote 21, Potch Volkies 8.

     

  • Nories en Potch Gimmies spook sake uit in NWU Prestige-finaal

     

    Die NWU Prestige-reeks se finale, waar die top skole se netbalspanne meeding om die eerste plek in hul onderskeie afdelings, vind eerskomende Saterdag, 27 April, in Potchefstroom plaas.

    Die eerste spanne is om 10:00 in aksie op die Fanie du Toit-sportgronde. Op baan een meet Noordheuwel en Potchefstroom Gimnasium kragte vir eerste en tweede plek, en op baan twee speel Montana teen Marais Viljoen vir derde en vierde plek. Zwartkop pak vir Rustenburg op baan drie vir vyfde en sesde plek, met Pietersburg en Krugersdorp wat op baan vier sake uitspook vir sewende en agste plek.

    Op baan vyf speel Heidelberg Volkies teen Potchefstroom Volkies vir negende en 10de plek, en op baan ses kom Jeugland teen Hugenote te staan vir 11de en 12de plek. Wesvalia en Die Anker gaan dit uitveg op baan sewe vir 13de en 14de plek, met Lichtenburg en Oosterlig wat op baan agt mekaar die stryd aansê vir die 15de en 16de plek.

    Die res van die ouderdomsgroepe se bepalings (die o. 14- en o. 16-finale vind plaas by Potch Gimmies):

    08:00- o. 14 B: Rustenburg, Zwartkop; Noordheuwel, Pietersburg; Potch Gimnasium, Montana; Marais Viljoen, Heidelberg Volkies; Wesvalia, Oosterlig; Krugersdorp, Die Anker; Potch Volkies, Jeugland; Lichtenburg, Hugenote.

    08:00- Derdes: Noordheuwel, Marais Viljoen; Zwartkop, Potch Gimnasium; Pietersburg, Rustenburg; Montana, Heidelberg Volkies; Krugersdorp, Wesvalia; Oosterlig, Lichtenburg; Jeugland, Potch Volkies; Die Anker, Lichtenburg.

    08:40- o. 14 A: Rustenburg, Pietersburg; Potch Gimnasium, Montana; Noordheuwel, Zwartkop; Marais Viljoen, Heidelberg Volkies; Wesvalia, Jeugland; Krugersdorp, Die Anker; Potch Volkies, Hugenote; Lichtenburg, Oosterlig.

    08:40-o. 17 A: Heidelberg Volkies, Potch Gimnasium; Rustenburg, Marais Viljoen; Potch Volkies, Noordheuwel; Pietersburg, Wesvalia; Krugersdorp, Zwartkop; Montana, Hugenote; Jeugland, Oosterlig; Die Anker, Lichtenburg.

    09:20- o. 15 B: Rustenburg, Noordheuwel; Heidelberg Volkies, Marais Viljoen; Zwartkop, Pietersburg; Potch Gimnasium, Wesvalia; Montana, Jeugland; Lichtenburg, Die Anker; Potch Volkies, Krugersdorp; Hugenote, Oosterlig.

    09:20- o. 19 B: Potch Gimnasium, Pietersburg; Montana, Zwartkop; Krugersdorp, Noordheuwel; Jeugland, Wesvalia; Heidelberg Volkies, Rustenburg; Oosterlig, Die Anker; Lichtenburg, Marais Viljoen; Potch Volkies, Hugenote.

    10:00- o. 15 A: Noordheuwel, Pietersburg; Rustenburg, Potch Volkies; Potch Gimnasium, Heidelberg Volkies; Zwartkop, Wesvalia; Krugersdorp, Die Anker; Jeugland, Marais Viljoen; Montana, Oosterlig; Lichtenburg, Hugenote.

    10:40- o. 16 B: Noordheuwel, Marais Viljoen; Montana, Pietersburg; Zwartkop, Heidelberg Volkies; Lichtenburg, Rustenburg; Krugersdorp, Jeugland; Wesvalia, Hugenote; Potch Volkies, Potch Gimnasium; Die Anker, Oosterlig.

    11:20- o. 16 A: Heidelberg Volkies, Marais Viljoen; Rustenburg, Pietersburg; Potch Gimnasium, Noordheuwel; Zwartkop, Montana; Krugersdorp, Jeugland; Wesvalia, Die Anker; Lichtenburg, Hugenote; Potch Volkies, Oosterlig.

     

     

     

     

     

     

     

  • Geen keer aan JF se eerste netbalspan

    Hoërskool Jim Fouché: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.

    Jim Fouché het Dinsdag vir Eunice High School, in laasgenoemde se se eerste ligawedstryd van die jaar, met 39-26 getroef.

    JF spog nou reeds met twee oorwinnings, nadat hulle in hul eerste ligawedstryd vir Fichardtpark met 26 doele geklop het.

    In hul onlangse kragmeting met Eunice het JF in die eerste kwart met slegs drie doele voorgeloop, maar hul voorsprong in die tweede kwart vergroot deur 10 doele teen Eunice se sewe aan te teken en so die rustydtelling op 19-13 te staan te bring.

    Jim Fouché het in die derde kwart die gaping verder vergroot met ‘n telling van 29-19, en het uiteindelik té sterk vir Eunice geëindig om met 13 doele te seëvier.

    Ansune Humphries het uitgeblink het as beide verdediger en hulpverdediger, terwyl Elri Pieters ook ‘n belangrike bydrae gelewer het as hulpdoel.

  • JF en Eunice pak mekaar in liga-stryd

    Voor (vlnr): Tarien van der Linde (onderkaptein), mev Rachelle Rautenbach (spanbestuurder), Lee-Ann Usher (kaptein), me Ané Retief (afrigter), Keren Usher.
    Agter: Daniella Ngeleka, Carné Stapelberg, Caitlyn Visser, Amy Pastor, Busisiwe Zulu, Anike van der Merwe, Nikita Kaleba.

    Hoërskool Jim Fouché en Eunice High School pak mekaar Dinsdag, 16 April, in ‘n liga-wedstryd om 16:00 by JF.

    Volgens Some van Rensburg, JF sê afrigter, is haar span uiters positief oor die wedstryd, vernaam omdat hulle twee goeie toere agter die rug het.

    “Ons sien uit uit na goeie en gesonde kompetisie, en ‘n harde wedstryd,” sê sy. “Eunice gaan dit vir seker nie vir ons maklik maak nie, maar ons is nie bang vir harde werk nie.”

    Eunice se afrigter, Ané Retief, wat ook kaptein van die Crinums is, het ook volle vertroue in haar span se vermoëns.

    “Ons doelwit is om ‘n kultuur van uitnemendheid te kweek wat gegrond is op beginsels van harde werk, spanwerk en selfbevoegdheid. Deur opregte sportmangees poog ons om inspirasie onder ons eweknieë en andere aan te wakker,” vertel Retief, met klem op die span se verbintenis tot waardes wat verder strek as die baan.

    Lee-Ann Usher, die spankaptein, deel die afrigter se afwagting vir die nuwe seisoen.

    “Ons sien uit na ‘n nuwe seisoen waar hierdie jong span met die hoogs ervare Jim Fouché kan meeding,” sê Usher, en beaam dat die span oorgehaal is om uitdagings aan te pak en hul talente op die baan ten toon te stel.

    Retief, wat ervaring op nasionale vlak bring, voeg voorts by: “Daar is diversiteit in beide die aanvallende en verdedigende kante, met sterk spelers op elke gebied.”

    Eunice High School:

    Voor (vlnr): Tarien van der Linde (onderkaptein), mev Rachelle Rautenbach (spanbestuurder), Lee-Ann Usher (kaptein), me Ané Retief (afrigter), Keren Usher.
    Agter: Daniella Ngeleka, Carné Stapelberg, Caitlyn Visser, Amy Pastor, Busisiwe Zulu, Anike van der Merwe, Nikita Kaleba.

    Hoërskool Jim Fouché: Lesedi Sebiloane, Elri Pieters, Zandria Bastone, Lindsey Neveling, Jenilee Kotze, Ansune Humphries, Dimpo Totola, Jana Rossouw, Roechelle van der Merwe.