SSPN Test Site

Author: ferasmus

  • Oranje kan tawwe stryd in Suzuki Netball Power Series van die Tralies verwag

    Oranje kan tawwe stryd in Suzuki Netball Power Series van die Tralies verwag

    Die Hoërskool Sentraal se eerste netbalspan het sonder twyfel ‘n appeltjie met hul mees gedugte teenstander in die Rosestad, Oranje, te skil.

    Die twee spanne ontmoet mekaar Donderdag om 17:30 in die Suzuki Netball Power Series op Oranje se baan. Die kragmeting is ook deel van die Motheo-liga.

    Oranje het die afgelope paar jaar die botoon teen die Tralies op die netbalbaan op eerstespanvlak gevoer. Hy het verlede jaar vir Sentraal met 21-13 in die eindstryd van die Vrystaatbeker verslaan.

    Dit was ook die laaste ontmoeting tussen die twee skole se eerstespanne. Oranje sal weer vanjaar die baan as die gunsteling tussen die twee spanne betree, maar dit beloof om ‘n veel moeiliker uitdaging te wees.

    Volg al die aksie regstreeks op SuperSport Schools (www.supersportschools.com) of op DStv kanaal 216.

    Oranje was reeds vanjaar in die Suzuki Netball Power Series in aksie. Hy het teen die Hoër Meisieskool Paarl met 11-31 die knie op 18 April gebuig. Die Tralies sal Donderdag hul buiging in die reeks maak.

    Volgens Sentraal se hoofafrigter, Cora-Lee Venter, is haar span se grootste fokuspunt om foutlose netbal tydens die kragmeting op te dis. Die span se Ceinwin Lindeque (S/AV) en Kayleigh Parsons (V/HV) is onlangs tot die Motheo Metro-span opgeneem.

    Albei die spanne was op Menlopark se Netbal-toernooi vroeër vanjaar in aksie. Oranje het hier goed gevaar en sy beste vertonings was waarskynlik in sy drie wedstryde op die tweede dag van die toernooi. Hoewel hy die knie teen Helpmekaar Kollege (17-21), HMS Paarl (16-21) en Menlopark (20-25) gebuig het, het die span hom goed van sy taak gekwyt.

    Die Tralies het ook tydens die toernooi teen Helpmekaar (10-30), Menlopark (12-26) en HMS Paarl (11-16) vasgeval.

    Die tuisspan word deur Anja Cohen (verdedigende vleuel) aangevoer. Sy aanvanklike kaptein, Karin Truter, is beseer. Haar ma, Flolinda Marais, het 36 jaar gelede ook Oranje se eerstespan op die baan gelei.

    Die spanne is: 

    Sentraal: Dani Fourie (D/HD), Huibré Goosen (HD/AV), Sunél Fourie (AV/VV), Ceinwin Lindeque (S/AV), Kara Fourie (VV), Kyla Myburg (HV/VV), Kayleigh Parsons (V/HV), Su-Hesri van Zyl (D), Anneen Posthumus (V).

    Oranje: Louise Liebenberg (D), Mienke du Plessis (HD), Roné Strydom (AV), Savanah Olivier (S), Anja Cohen (VV, kaptein), Carli Uys (HV), Erika Reynolds (V), Cara Louw, Lu-ann Visser.

  • Secunda oorgehaal om DStv Challenge-titel in Mpumalanga te verdedig

    Secunda oorgehaal om DStv Challenge-titel in Mpumalanga te verdedig

    Die DStv Schools Netball Challenge se streeksuitdunronde in Mpumalanga vind hierdie naweek plaas, met 20 skole wat sake uitspook om te bepaal wie die topskole is wat deurdring na die nasionale DStv Challenge.

    Hoërskool Secunda was verlede jaar gekroon as Mpumalanga se kampioenspan.

    Die spanne word onderverdeel in die Ubuntu- en Botho-groepe, elk met sy eie kwarteind-, halfeind- en eindrondes, en die wenner van elke groep wat deurdring na die nasionale DStv Challenge.

    Die Ubuntu-groep bevat skole wat nie dikwels die geleentheid kry om teen groot skole mee te ding nie, en vir dié meisies bied dit ‘n wonderlike geleentheid om blootstelling te kry en raakgesien te word.

    Die groot vraag op almal se lippe is of Secunda hul titel suksesvol kan verdedig, of gaan ‘n nuwe skool as kampioen van Mpumalanga gekroon word?

    Die groepe:

    Groep A: Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Delmas, Piet Retief, Madzuma, Khula Sakhile.

    Groep B: Hoërskool Lydenburg, Middelburg Hoërskool, Ligbron, Lambalati, KleWa.

    Groep C: Hoërskool Bervlam, HTS Middelburg, Hoërskool Secunda, Sibongamandla, Sidlamafa Senior.

    Groep D: Curro Nelspruit, HTS Witbank, Hoërskool Ermelo, Chief Ampie Mayisa, Hlom.

     

    Die Bepalings vir  Vrydag 20 Junie:

    13:20:  Hoërskool Nelspruit t. Khula Sakhile; Lydenburg t. KleWa; Bergvlam t. Sidlamafa; Curro Nelspruit t. Hlom.

    14:10: Hoërskool Delmas t. Madzuma; Middelburg Hoërskool t. Lambalati; HTS Middelburg t. Sibongamandla; HTS Witbank t. Chief Ampie Mayisa.

    15:20: Hoërskool Secunda t. Sidlamafa Senior; Hoërskool Ermelo t. Hlom; Ligbron t. KleWa; Piet Retief t. Khula Sakhile.

    16:10: Hoërskool Nelspruit t. Madzuma; Lydenburg t. Lambalati; Bergvlam t. Sibongamandla; Curro Nelspruit t. Chief Ampie Mayisa.

    17:20: Delmas t. Khula Sakhile; Middelburg Hoërskool t. KleWa; HTS Middelburg t. Sidlamafa Senior; HTS Witbank t. Hlom.

    18:30: Piet Retief t. Madzuma; Ligbron t. Lambalati; Hoërskool Secunda t. Sibongamandla; Hoërskool Ermelo t. Chief Ampie Mayisa.

    20:30: Lydenburg t. Ligbron; Bergvlam t. Hoërskool Secunda; Curro Nelspruit t. Hoërskool Ermelo; Hoërskool Nelspruit t. Piet Retief.

     

    Die Bepalings vir Saterdag 21 Junie:

    08:20: Madzuma t. Khula Sakhile; Lambalati t. KleWa; Sibongamandla t. Sidlamafa Senior; Chief Ampie Mayisa t. Hlom.

    09:10: Middelburg Hoërskool t. Ligbron; HTS Middelburg t. Hoërskool Secunda; HTS Witbank t. Hoërskool Ermelo; Delmas t. Piet Retief.

  • Pieties, Vossies bespreek plek in nasionale DStv Challenge

    Pieties, Vossies bespreek plek in nasionale DStv Challenge

    Ben Vorster is gekroon as Limpopo se topskool in vanjaar se DStv Schools Challenge.

    Vossies het ál hul wedstryde van die dag oortuigend gewen in die Botho-afdeling, terwyl Tshiawelo gekroon is as die Ubuntu-kampioen.

    Die dag het ‘n reeks van naelbytstryde opgelewer, met elke span wat hul hart uitgespeel en alles op die baan gelos het.

    Ben Vorster het in die kwarteindronde weggestap met ‘n sege van 23-11 oor Frans du Toit, maar in die halfeindstryd het dit ‘n taaier kragmeting afgegee teen HTS Tom Naudé, met Vossies wat naelskraaps met 17-15 geseëvier het.

    Die eindstryd was ewe spannend, met Ben Vorster wat net-net met 18-17 vir Hoërskool Pietersburg getroef het. Sowel Vossies as Pieties dring dus deur na die nasionale fase van die toernooi.

    In die Ubuntu-afdeling het Tshiawelo ‘n moeiliker pad gehad na kwarteindronde en twee van hul sewe wedstryde verloor. In die kwarteindstryd het dit bloedsweet gekos om vir Seboye met 25-23 te klop, maar die halfeindstryd teen Hluvuka het ‘n effens makliker sege van 18-13 opgelewer.

    In die eindstryd het Tshiawelo vir Khaiso met 20-12 verslaan.

    Botho-posisies:

    1. Ben Vorster
    2. Hoërskool Pietersburg
    3. HTS Tom Naudé

    Ubuntu-posisies:

    1. Tshiawelo
    2. Khaiso
    3. Sebakananga

    Resultate:

    Kwarteindronde:

    Ubuntu: Hluvuka 10, Ramathope 0; Khaiso 24, Bela-Bela 11; Tshiawelo 23, Seboye 15; Sebakanaga 22, Russel Bungeni 16.

    Botho: Hoërskool Pietersburg 23, Louis Trichardt 9; HTS Tom Naudé 21, Merensky 9; Frikkie Meyer 17, Hans Strijdom 14; Ben Vorster 23, Frans du Toit 11.

    Halfeindronde:

    Ubuntu: Tshiawelo 18, Hluvuka 13; Khaiso 23, Sebakanaga 22

    Botho: Hoërskool Pietersburg 21, Frikkie Meyer 13; Ben Vorster 17, HTS Tom Naudé 15.

    Eindronde:

    Ubuntu: Tshiawelo 20; Khaiso 12.

    Botho: Ben Vorster 18, Hoërskool Pietersburg 17.

    Die res van die resultate:

    [ninja_tables id=”75166″]

  • Kan Pieties en Vossies weer hul plekke in DStv Schools Challenge se nasionale toernooi bespreek?

    Kan Pieties en Vossies weer hul plekke in DStv Schools Challenge se nasionale toernooi bespreek?

    Dit is die naweek Limpopo se beurt om deel te neem aan die DStv Schools Challenge.

    Twintig van Limpopo se voorste skole word op gedeel in vier groep waar hulle teen mekaar uit speel vir die top spanne om deur te gaan na die nasionale DStv Schools Challenge.

    Die spanne word ook op gedeel in die Ubuntu- en Botho-groepe wat in hul eie kwarteindrondes, halfeindrondes en eindstryd sal speel, die wenner van albei groepe gaan deur na die nasionale DStv Schools Challenge.

    Die Ubuntu-groep is die skole wat nie gereeld die geleentheid kry om teen groot skole te speel nie, en vir die meisies is dit die geleentheid om raak gesien te word en blootstelling te kry.

    In 2024 was die top twee skole van die Ubuntu-groep Hluvuka en Ntshuzeko, en in die Botho-groep was dit Hoërskool Pietersburg en Ben Vorster wat deur gegaan het na die nasionale DStv School Challenge.

    Sal dit die jaar dieselfde vier skole wees wat deur gaan of is daar ‘n verrassing wat vir ons wag?

    Die groepe:

    Groep A: Hoërskool Pietersburg, Sebakanaga, Frans du Toit, Ntshuxeko, Hluvuka

    Groep B: HTS Tom Naudé, Hans Strijdom, Seboye, Khaiso, Hlabi,

    Groep C: Merensky, Frikkie Meyer, Tshiawelo, Bela-Bela, Kopa

    Groep D: Ben Vorster, Ben Viljoen , Louis Trichardt, Ramathope, Russel Bungeni,

    Bepalings vir Vrydag 13 Junie:

    15:30: Hoërskool Pietersburg vs Sebakanaga; Ben Vorster vs Ben Viljoen.

    16.05: Merensky vs Frikkie Meyer.

    16:40: Hoërskool Pietersburg vs Frans du Toit; HTS Tom Naudé vs Hans Strijdom.

    17:15: Louis Trichardt vs Ben Vorster; Frans du Toit vs Sebakanaga.

    17:50: HTS Tom Naudé vs Seboye.

    18:25: Louis Trichardt vs Ben Viljoen.

    18:30: Hans Strijdom vs Seboye

    Bepalings vir Saterdag 14 Junie:

    08:00: Frans du Toit vs Ntshuxeko; Seboye vs Hlabi; HTS Tom Naude vs Khaiso; Merensky vs Kopa; Frikkie Meyer vs Bela-Bela; Louis Trichardt vs Ramathope; Ben Vorster vs Russel Bungeni.

    10:00: Ben Vorster vs Ramathope; Ben Viljoen vs Russel Bengeni; Sebakanaga vs Hluvuka; Hoërskool Pietersburg vs Ntshuxeko; Merensky vs Bela-Bela; Frikkie Meyer vs Tshiawelo; Hans Strijdom vs Hlabi.

    11:00: Khaiso vs Hlabi; Frans du Toit vs Hluvuka; Kopa vs Tshiawelo; Ramathope vs Russel Bungeni.

    12:00: Merensky vs Tshiawelo; Bela-Bela vs Kopa; Ntshuxeko vs Hluvuka; Seboye vs Khaiso

  • Rusties gekroon as kampioen van Noordwes

    Rusties gekroon as kampioen van Noordwes

    Hoërskool Rustenburg is gekroon as vanjaar se Noordwes-kampioen in die DSTV Schools Challenge.

    Dit was ‘n dag van naelbytstryde, met elke span wat alles in die stryd gewerp het, maar ongelukkig kon net een Ubuntu- en een Botho-span as wenners wegstap.

    In die Botho-groep het Hoërskool Rustenburg ál hul wedstryde gemaklik gewen om ‘n plek te verseker in die kwarteindronde, waar hulle met 40-13 teen Bergsig geseëvier het.

    In die halfeindstryd teen Potchefstroom Gimnasium het Rustenburg met 29- 19 koning gekraai, voordat hulle in die eindstryd met ‘n telling van 34-15 met Hoërskool Klerksdorp afgereken het.

    In die Ubuntu-groep was Kgapamadi die algehele wenner. Hulle pad na die kwarteindronde was egter nie maklik nie, met ‘n nederlaag van 6-36 wat hulle teen Potchefstroom Gimnasium op die lyf geloop het. Hulle het nietemin aanhou veg om die kwarteindronde te haal, waar hulle vir Kanana met 34-8 oorweldig het.

    Die halfeindstryd het strawwer mededinging opgelewer, met Kgapamadi wat vir Iketleetso met 26-20 kon troef. In die eindstryd het hulle vir Ramoshere met 27-17 verslaan.

    Die Botho-spanne se posisies:

    1. Rustenburg
    2. Hoërskool Klerksdorp
    3. Potchefstroom Gimnasium
    4. Potchefstroom Volkies

    Die Ubuntu-spanne se posisies:

    1. Kgapamadi
    2. Ramoshere
    3. Iketleetso
    4. Matlaisane

    Resultate:

    Kwarteindronde:

    Rustenburg 40, Bergsig 13; Potchefstroom Volkskool 26, Hoërskool Lichtenburg 25; Klerksdorp 26, Hartbeespoort 19; Potch Gimnasium 32, Christiana 14.

    Halfeindronde:

    Rustenburg 29, Potch Gimnasium 19; Klerksdorp 23, Potchefstroom Volkies 21

    Eindstryd:

    Rustenburg 34, Klerksdorp 15

    Die res van die resultate:

    [ninja_tables id=”74528″]

  • Noordwes se kampioen van die DStv Schools Challenge Saterdag gekroon

    Noordwes se kampioen van die DStv Schools Challenge Saterdag gekroon

    Die komende naweek is dit Noordwes se beurt om deel te neem aan die DStv Schools Challenge by Potchefstroom Gimnasium.

    Sestien skole van die Noordwes-provinsie gaan teen mekaar uitspeel om die top skool van provinsie te bepaal.

    Die DStv Schools Challenge, is ‘n goeie geleentheid vir spelers om blootstelling te ontvang, deur teen die top spelers van die provinsie te speel.

    Die spanne speel almal teen mekaar uit om deur te gaan na die nasionale DStv Schools Challenge wat in Julie 2025 gaan plaasvind.

    Die skole is opgedeel in Botho en Ubuntu groepe, Die Ubuntu groep is die skole wat nie baie blootstelling kry aan groot kompetisies nie, dit waar die DStv Schools Challenge hulle die geleentheid bied om raak gesien te word.

    Elke groep het hulle eie kwarteindrondes, halfeindrondes en eindstryd. Die wenners van die finaal gaan dan deur na die nasionale DStv Schools Challenge.

    Die groepe is: 

    Groep A: Hoërskool Klerksdorp, Christiana, Matlaitsane, Kanana.

    Groep B: Potchefstroom Volkies, Bergsig, Zeerust, Lerona.

    Groep C: Potchefstroom Gimnasium, Hartebeespoort, Kgapamadi, Khumosejo.

    Groep D: Lichtenburg, Hoërskool Rustenburg, Iketleetso, Ramoshere.

    Bepalings vir Saterdag, 7 Junie 2025:

    08:30: Matlaisane vs Kanana; Potchefstroom Volkies vs Lerona; Hartbeespoort vs Potchefstroom Gimnasium; Iketleetso vs Ramoshere; Bergsig vs Zeerust; Kgapamadi vs Khumosejo; Hoërskool Rustenburg vs Lichtenburg; Hoërskool Klerksdorp vs Christiana.

    09:35: Hoërskool Rustenburg vs Iketleetso; Potchefstroom Gimnasium vs Kgapamadi; Potchefstroom Volkies vs Zeerust; Klerksdorp vs Kanana; Lichtenburg vs Ramoshere; Hartbeespoort vs Khumosejo; Christiana vs Matlaisane; Bergsig vs Lerona.

    10:40: Potchefstroom Gimnasium vs Khumosejo; Hoërskool Rustenburg vs Ramoshere; Potchefstroom Volkies vs Bergsig; Kgapamadi vs Hartbeespoort; Lichtenburg vs Iketleetso; Zeerust vs Lerona; Hoërskool Klerksdorp vs Matlaisane; Christiana vs Kanana.

  • Bloemhof behaal naelskraapse sege oor La Rochelle in Boland-derby

    Bloemhof Netbal

    Hoër Meisieskool Bloemhof het verlede Vrydag drie uit vier van hul kragmetings met Hoër Meisieskool La Rochelle gewen.

    Bloemhof se o.18-span het in die hoofwedstryd van die Boland-derby naelskraaps met 31-30 die pyp gerook.

    Dit is ‘n grootse prestasie vir Bloemhof nadat die spanne mekaar reeds drie keer vanjaar ontmoet het en La Rochelle ál drie vorige kere as wenners uit die stryd getree het.

    Die onlangse kragmeting tussen die eerste spanne het ‘n titaniese stryd afgegee, met die spanne wat kop aan kop was in elke kwart.

    In die eerste en tweede kwart was die telling gelykop met onderskeidelik 9-9 en 16-16. Na die derde kwart het Bloemhof met slegs een doel voorgeloop (24-23).

    Die spanne het selfs in die laaste kwart nie hul voet van die pedaal afgehaal nie, maar dit was uiteindelik Bloemhof wat met 31-30 kon seëvier.

    Maroné Uys is aangewys as die speler van die wedstryd in die o.18-kragmeting.

    Slegs die o.15-span van La Rochelle kon ‘n oorwinning behaal.

    Uitslae:

    o.14A LaR 13-22 BH
    o.15A LaR 18-16 BH
    o 17A: LaR 22-25 BH
    o 18: LaR 30-31 BH.

    Die ander wedstryde is uitgestel as gevolg van ongure weer en vind Woensdag, 24 Julie, plaas.

  • Affies keep title as DStv Schools Challenge champions Lehe

    Affies keep title as DStv Schools Challenge champions Lehe

     

    All the Results: 

    DAY 1

    Pool A: Framesby 31, Khombindlela 30; Ben Vorster 38, Ki Twala 14; Framesby 22, Hoërskool Klerksdorp 18; Ben Vorster 38, Khombindlela 25; Hoërskool Klerksdorp 35, Ki Twala 12; Framesby 28, Ben Vorster; Khombindlela 30, Hoërskool Klerksdorp 28; Framesby 45, Ki Twala 7; Khombindlela 29, Ki Twala 23; Ben Vorster 30, Hoërskool Klerksdorp 30.

    Pool B: Brandwag 36, Kgaphamadi Secondary 8; Affies 43, Lambalati Secondary 12; Shayamoya Secondary 35, Brandwag 20; Affies 55, Kgaphamadi Secondary 4, Shayamoya Secondary 43, Lambalati Secondary 6; Affies 32, Brandwag 15; Lambalati Secondary 21, Kgaphamadi Secondary 6; Affies 24, Shayamoya Secondary 22; Brandwag 27, Lambalati Secondary 14; Shayamoya Secondary 48, Kgaphamadi Secondary 4.

    Pool C: Menlopark 42, Duineveld 25; Joe Slovo Secondary 21, Kwavusumuzi 11; Joe Slovo Secondary 21, Mamadibo 20; Menlopark 44, Kwavusumuzi 11; Menlopark 45, Joe Slovo Secondary 7; Duineveld 27, Mamadibo 10; Duineveld 30, Joe Slovo Secondary 5; Kwavusumuzi 21, Mamadibo 19; Duineveld 40, Kwavusumuzi 18; Menlopark 47, Mamadibo 9.

    Pool D: Hoërskool Pietersburg 36, Bulelani 11; Diamantveld 29, Sikhulikile Secondary 10; Bulelani 25, Sikhulikile Secondary 23; Paarl Gimnasium 35, Diamantveld 12; Paarl Gimnasium 25, Hoërskool Pietersburg 7; Diamantveld 37, Bulelani 16; Paarl Gimnasium 40, Sikhulikile Secondary 10; Diamantveld 23, Pietersburg 20; Pietersburg 32, Sikhulikile Secondary 9; Paarl Gimnasium 56, Bulelani 4.

    Pool E: Garsfontein 21, Oranje 17; Hluvuka 20, Monwabisi 7; Oranje 19, La Rochelle 17; Garsfontein 28, Hluvuka 5; Oranje 44, Hluvuka 2; La Rochelle 57, Monwabisi 4; La Rochelle 49, Hluvuka 16; Garsfontein 60, Monwabisi 1; La Rochelle 27, Garsfontein 18; Oranje 90, Monwabisi 2.

    Pool F: Jim Fouche 24, Waterkloof 19; Ntshuxelo High School 19, Saul Damon 10; Waterkloof 62, Saul Damon 5; Paarl Girls’ High 21, Jim Fouche 20; Paarl Girls’ High 48, Ntshuxelo High School 4; Jim Fouche 52, Saul Damon 3; Paarl Girls’ High 46, Saul Damon 1; Waterkloof 47, Ntshuxelo High School 7; Jim Fouche 64, Ntshuxelo High School; Paarl Girls’ High 20, Waterkloof 19.

    Pool G: Hoërskool Rustenburg 29, Ikaheng 15; Secunda 21, Bardale 10; Hoërskool Rustenburg 31, Moshate Secondary 15; Secunda 37, Ikaheng 21; Hoërskool Rustenburg 24, Bardale 12; Moshate Secondary 23, Ikaheng 22; Secunda 26, Hoërskool Rustenburg 20; Moshate Secondary 19, Bardale 19; Secunda 35, Moshate Secondary 21; Bardale 26, Ikaheng 18.

    Pool H: Hoërskool Nelspruit 17, St Anne’s Diocesan College 11; Potchefstroom Gimnasium 36, Vosloorus 7; Vosloorus 23, St Anne’s Diocesan College 18; Hoërskool Nelspruit 21, Manzomthombo High 12; Hoërskool Nelspruit 29, Vosloorus 19; Potch Gimnasium 22, Manzomthombo High 18; Potchefstroom Gimnasium 29, Hoërskool Nelspruit 9; St Anne’s Diocesan College 23, Manzomthombo High 23, Vosloorus 26, Manzomthombo High 18; Potchefstroom Gimnasium 39, St Anne’s Diocesan College 8.

    DAY 2 

    Uitspeelwedstryde: Affies 36, Duineveld 16; Menlopark 34, Diamantveld 17; La Rochelle 20, Paarl Gimnasium 19; Oranje 29, Jim Fouché 18; Paarl Girls’ High 31, Hoërskool Rustenburg 17; Secunda 20, Hoërskool Nelspruit 19; Potchefstroom Gimnasium 23, Ben Vorster 16; Shayamoya 37, Framesby 22.

    Hoërskool Klerksdorp 33, Brandwag 17; Garsfontein 36, Hoërskool Pietersburg 20.

    Kwarteindronde: Affies 26, La Rochelle 16; Oranje 35, Secunda 10; Potchefstroom Gimnasium 19, Paarl Girls’ High 15; Menlopark 27, Shayamoya 17.

    Halfeindronde: Oranje 16, Menlopark 21; Affies 31, Potchefstroom Gimnasium 17.

    Eindstryd: Affies 32, Oranje 21.

     

  • DStv Challenge: Menlopark ryg die titels in

    Menlopark het ‘n bedrywige seisoen agter die rug, waartydens hulle die Paarl Gimnasium Netbalfees, NWU-reeks en Irene Seymore-toernooi gewen het. Hulle het ook tweede geëindig in die Gauteng-uitspele en derde by die Wildeklawer-toernooi.

    Minette Boshoff, die span se kaptein, spog met 100 wedstryde en is nou eers in graad 11, terwyl Lente Kroukamp die SA o.17-span verteenwoordig het.

    Met soveel titels op hul kerfstok, word daar hoë verwagtinge gekoester vir Menlo hierdie naweek by die DStv Schools Netball Challenge. Hulle doelwit is natuurlik om op die podium te eindig.

    Menlo voel nietemin dat die Afrikaanse Hoër Meisieskool (Affies), Paarl Gimnasium en Meisieskool Oranje altyd die hardste en moeilikste opposisie bied.

    Die eerste span: Amy van Staden (aanvallende vleuel), Marisa van den Berg (verdedigende vleuel), Minette Boshoff (senter), Cellonika van den Berg (hulpdoelverdediger), Lente Kroukamp (hulpdoel), Lua Neeb (hulpdoelverdediger), Gabby Smith (doel), Lisa van Vuuren (verdediger), Ghitte Wiid (verdediger).

  • DStv Challenge: Klerksdorp kwalifiseer deur klippe kou

    Hoërskool Klerksdorp is slaggereed om hierdie naweek die sterkste skole aan te vat met konstruktiewe netbal, en om elke wedstryd wat hulle speel op meriete aan te pak.

    Volgens hulle bied elke skool wat vir die DStv Schools Netball Challenge gekwalifiseer het strawwe kompetisie, en sal slegs die span wat die beste gekondisioneer is, fisies sowel as sielkundig, bo uitkom.

    Ervaring speel ook ‘n belangrike rol, en Laurike Mynhardt en Liane Engelbrecht het albei reeds meer as 50 wedstryde vir Klerksdorp se eerste span gespeel.

    Die afrigtingspan: Merinda du Preez, Michelle Pretorius.

    Die eerste span : Laurike Mynhardt (doel), Chiara Vermeulen(hulpdoel),  Liane Engelbrecht (aanvallende vleuel), Chene Coetzee (senter), Julindi Wilkens (verdedigende vleuel), Jenna van Dyk (hulpdoelverdediger), Jay-Lee Mayo (verdediger), Thelane Joubert (hulpdoelverdediger).