SSPN Test Site

Rusties gekroon as kampioen van Noordwes

Written by

in

Hoërskool Rustenburg is gekroon as vanjaar se Noordwes-kampioen in die DSTV Schools Challenge.

Dit was ‘n dag van naelbytstryde, met elke span wat alles in die stryd gewerp het, maar ongelukkig kon net een Ubuntu- en een Botho-span as wenners wegstap.

In die Botho-groep het Hoërskool Rustenburg ál hul wedstryde gemaklik gewen om ‘n plek te verseker in die kwarteindronde, waar hulle met 40-13 teen Bergsig geseëvier het.

In die halfeindstryd teen Potchefstroom Gimnasium het Rustenburg met 29- 19 koning gekraai, voordat hulle in die eindstryd met ‘n telling van 34-15 met Hoërskool Klerksdorp afgereken het.

In die Ubuntu-groep was Kgapamadi die algehele wenner. Hulle pad na die kwarteindronde was egter nie maklik nie, met ‘n nederlaag van 6-36 wat hulle teen Potchefstroom Gimnasium op die lyf geloop het. Hulle het nietemin aanhou veg om die kwarteindronde te haal, waar hulle vir Kanana met 34-8 oorweldig het.

Die halfeindstryd het strawwer mededinging opgelewer, met Kgapamadi wat vir Iketleetso met 26-20 kon troef. In die eindstryd het hulle vir Ramoshere met 27-17 verslaan.

Die Botho-spanne se posisies:

  1. Rustenburg
  2. Hoërskool Klerksdorp
  3. Potchefstroom Gimnasium
  4. Potchefstroom Volkies

Die Ubuntu-spanne se posisies:

  1. Kgapamadi
  2. Ramoshere
  3. Iketleetso
  4. Matlaisane

Resultate:

Kwarteindronde:

Rustenburg 40, Bergsig 13; Potchefstroom Volkskool 26, Hoërskool Lichtenburg 25; Klerksdorp 26, Hartbeespoort 19; Potch Gimnasium 32, Christiana 14.

Halfeindronde:

Rustenburg 29, Potch Gimnasium 19; Klerksdorp 23, Potchefstroom Volkies 21

Eindstryd:

Rustenburg 34, Klerksdorp 15

Die res van die resultate:

[ninja_tables id=”74528″]